Gebroke harte
Wat die wêreld vollê
Dit maak My hart seer
Ek wonder of julle dit weet
Etiket: moedeloos+hopeloos
-
Hoop op die ashoop
Weet julle kinders
Vra Abba-God
Dat Ek so graag wil hê
Julle moet in My hart kom woon -
Nooit alleen
In die valleie
Van hierdie lewe
Is Ek altyd saam met jou
Sê Pappa-God
