Etiket: persoonlike+ervaring

  • Kaf of koring

    Kaf of koring

    Mooi is U
    So baie mooi
    Pappa U is so mooi
    My hart is so, so baie dankbaar daarvoor

    Pappa
    Dankie
    Liefste Pappa
    Dankie, dankie, dankie

    Oe U is so mooi
    My hart sê dit
    Oor en oor
    Maar dit is rerig so

    Soos Daddy
    My hart sing ‘n liedjie
    Ek kan dit hoor
    Hy sing dit vir U

    U is so groot
    U is so wonderlik
    U is
    So baie mooi

    Oor en oor
    Wil my hart dit net aan U vertel
    Daddy oor en oor
    Want dit is net so

    U het die blindings van my hart kom afhaal Pappa
    Al die blindings
    Wat nog altyd vir my vertel het
    U is nie waarlik mooi

    Oe Abba U weet dit
    U weet hoe sê die wêreld
    Oor en oor vir ons dieselfde ding
    Julle God is nie goed

    Abba dis net soos die liedjie
    Wat in my hart vas bly steek
    Oor en oor
    Speel hulle dieselfde deuntjie

    Oe Pappa
    Ek weet nie lekker
    Ek verstaan nie
    Hoe kan ons twee se opinies oor U so hemelsbreed verskil

    Abba dis soos een van ons
    Het die kat goed aan die verkeerde stert beet
    Ons moet net uitvind
    Hoe is dit dan so?

    Pappa
    Die wêreld vertel ons een ding
    Die Woord van God ‘n ander
    Hoe kan albei waar wees?

    Kinders sê Daddy-God
    Kan Pappa net vir julle vertel
    Ek stem saam
    Die wêreld is verkeerd

    Ek wil nie nou net blaam op ‘n ander sit
    Sodat Ek nie skuldig lyk
    Nee liefste kinders
    Pappa wil net die waarheid praat

    Ek weet
    Sê Daddy-God
    Ek weet
    Dis dikwels baie moeilik om My te vertrou

    Dis die dinge sê Abba
    Wat die wêreld julle oor My vertel
    Wat maak sê Daddy
    Dat julle My nie voluit kan liefhê

    Abba se kinders sê Daddy-God
    Is dit nie so
    Vra julleself sê Abba
    Wat is daar wat skeiding bring tussen ons twee

    Kinders
    Sê Daddy-God
    Dis altyd My hart
    Altyd My hart om julle nader aan My te bring

    Dis nie iets sê Abba
    Wat hierdie wêreld en haar leuens regkry
    Dis glad nie so nie
    Dis daarom dat Ek sê so sal jy weet

    So sal jy die kaf van die koring kan skei
    My liefste kinders
    Sê Pappa
    Altyd en altyd en altyd

    God se guns
    Sê Pappa-God
    Rus op julle My kinders
    Julle wat My waarlik vra

    Julle wat waarlik wil weet
    Wat is die waarheid
    Oor God
    Wat is glad nie waar

    Oe daar is min mense
    Sê Abba
    Min mense wat My so goed ken
    Die meeste mense gee maar gou op en leer My deur die wêreld ken

    Oe kinders
    Gesels Pappa
    Hoe kan julle so verkeerd wees oor My
    En die waarheid nogsteeds nie wil ken?

    Oe kinders
    Sê Pappa
    Altyd is die uitnodiging daar om My beter te leer ken
    Julle sê net nie ja

    Hoekom sê Pappa
    Hoekom is dit so
    Hoekom vat julle alles wat die wêreld julle oor My sê
    Hoekom leer julle My nie self ken

    Oe Abba-God se kinders
    Kan Ek julle net vertel
    Die waarheid oor My
    Gaan julle nooit so vind

    Oe ja nee My liefste kinders
    Julle gaan moet verder krap
    Verder as al die rommel
    Wat julle pad nou verberg

    Ja-nee liefste kinders
    So verkeerd is julle oor My
    Julle Abba-God
    So verkeerd oor My

    Julle moet bereid raak
    Liefste kinders
    Om net ‘n entjie verder te gaan soek
    Net ‘n entjie verder

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Ek is die skoonste, reinste, mooiste waarheid
    Wat jy ooit sal kan vind

    Begin verder soek
    Liefstes van My hart
    As net die bolangse soek
    Tussen wat die wêreld julle oor My vertel

    Kinders sê Daddy-God
    Daar is diamante wat wag
    Heelwat van hulle
    As julle net ja sou begin sê

    Ja sê Pappa
    Ja
    Ja vir dieper soek
    Ja vir waarheid vind

    My liefde sê Daddy
    Kinders dit is so genoeg
    Dit is so so genoeg
    Om alles in jou wat stukkend is te heel

    Begin My asseblief glo
    Vra Pappa
    Rerig-erig
    Begin My glo

    Kinders sê Daddy
    Daar is baie meer
    Wat Ek vir julle kan vertel
    Ek wil net graag hê julle moet My eers glo

    Ja liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Ek het nodig dat julle eers glo
    Dan kan Ek julle meer vertel

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Oe kinders
    Kan Ek dit vra

    Oe kinders
    Sê Pappa
    Dis so gereeld wat Ek vra
    Asseblief, glo My

    Glo My kinders
    Vra Pappa
    Glo My as Ek sê
    Elke woord uit My mond is waar

    Dis ‘n saak van geloof
    Liefste kinders
    Dis ‘n saak van geloof
    Dis hoekom Pappa vra

    Geloof vra My liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Dat julle eers sal glo
    Voordat julle My waarlik kan sien

    Die wêreld sê Daddy
    Sy leer julle anders
    Sy leer julle Ek is verkeerd
    En julle reg

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Kan Ek julle nog iets vertel
    Kan Ek julle vertel dat Ek waarheid is

    Alles sê Pappa-God
    Alles wat goed en reg en mooi is
    Dit is Ek
    Kan Ek julle vra om dit te glo?

    Daar’s te veel mense
    Sê Abba
    Wat mondevol oor My te sê het
    Maar oe hulle is so verkeerd

    Luister asseblief vandag mooi na My
    Vra Abba
    Luister asseblief
    Wat Ek vra

    Begin reg glo kinders
    Asseblief begin reg glo
    Julle kan nie meer met die verkeerde-glo oor My
    Hierdie wêreld inloop

    Kinders
    Sê Pappa
    Julle is besig om verkeerd te maak
    So so verkeerd

    Kinders
    Sê Daddy-God
    Julle is besig om skade aan te rig
    Aan My Naam, julleself en die om julle

    Oe kinders
    Sê Abba-God
    Asseblief moet dit nie meer doen
    Ek is hier by julle

    Ek vra julle baie mooi
    Sê Daddy-God
    Begin om My beter te leer ken
    Asseblief liefste kinders, asseblief

    Pappa vra weer
    Pappa vra mooi
    Begin net om My liewer te kry
    En julle sal die waarheid oor My vind

    Oe kinders
    Sê Daddy-God
    Volg My
    Volg in My voetspore vir julle lewens

    Dis so belangrik
    Sê Abba-God
    So belangrik dat julle dit sal begin doen
    Groei, groei, groei in liefde vir My

    Kinders vertel Daddy-God
    My hart raak partymaal seer
    So so seer as Ek sien
    Mense wat verkeerd oor My glo

    Ek wil eintlik hê sê Daddy-God
    So so graag
    Dat die wêreld se mense My sal begin liefkry
    Soos hulle die wêreld liefhet

    Dit is My vra
    Sê Daddy-God
    Dis net so moeilik om reg te kry
    As mense My nie beter wil leer ken

    Dis die nodige stap kinders
    Dis wat julle sal moet doen om uit te vind
    Of die ‘waarheid’ oor My
    Waarlik die waarheid is

    Dit vat ons terug
    Sê Daddy-God
    Na die begin, na die onderskeiding
    Tussen reg en verkeerd

    Ja wat die waarheid is
    Oor My
    En wat
    Is die verkeerd

    Ja baie mense sê Pappa-God
    Wat verdwaal op afdwaal-padjies oor My
    Hulle dink hulle is reg
    Maar hulle is so verkeerd

    Hoe, hoe, hoe
    Gaan hulle die waarheid vind
    Hoe gaan hulle uitvind
    Ek is niks verkeerd?

    Persoonlike kennis
    Sê Abba
    Uit persoonlike ervaring
    Van wie Ek is

    Baie mense sê Abba-God
    Word bly as Ek dit sê
    Hulle dink goed so
    Nou gaan ek jou die waarheid oor God vertel

    Al die slimy detail
    Wat Hy gedoen het
    In my lewe
    Wat Hy alles veroorsaak

    Oe kinders sê Pappa-God
    Julle wat seer het
    Kan julle nie sien
    Julle maak My julle slaan-sak

    Ja sê Pappa-God
    Baie mense voel dis nodig
    Hulle voel hulle moet uitvind wie sit agter die verkeerd en seer in hierdie wêreld
    Dan kry Ek die skuld

    Ek is nie te blameer
    Liefste kinders
    Vir al die verkeerd en seer
    Wat julle in julle harte ronddra

    Ja sê Daddy-God
    Dit is nie so
    Ek is nie te blameer
    Vir al die verkeerd wat hierdie wêreld vollê

    Oe kinders sê Pappa-God
    Oe kinders
    Ek weet daar is seer in julle harte
    Maar dis nie reg wat julle doen

    Ek wil julle nader nooi
    Ek wil julle dieper nooi
    Ek wil hê julle moet eers die waarheid oor My vind
    Voordat julle vir die wêreld als wat sleg is oor My vertel

    Oe kinders
    Sê Abba-God
    Die tyd is nou reg daarvoor
    Asseblief kom nader aan My

    Die waarheid liefstes
    Wil Ek so graag
    Vir julle wys
    So graag

    Ek soek net mense
    Bereid om self te kom sien
    Is ek reg
    Of is ek dalk verkeerd

    Sien dis baie-baie male
    Sê Daddy
    Die probleem
    Julle wil nie erken julle is verkeerd

    Daar is soveel mense
    Sê Abba-Vader
    Wat verkeerd glo
    Hulle glo nie Ek is net goed

    Ek wil dit so graag verander
    Julle sieninge oor My
    Sê Daddy
    Want Ek wil laat ons nader aan mekaar groei

    Ek wil so graag hê
    Liefste kinders
    Ek en jy Pappa se kind
    Moet mekaar se harte hoor

    Asseblief sal julle
    Nader aan My groei
    Asseblief sal julle
    Nie vêr weg van My af bly

    Asseblief
    Kom nader sê Abba
    Kom nader aan My
    Kom vind die waarheid en nie meer die leuen oor My

    Julle is veels te oop
    Sê Abba-God
    Veels te vinnig
    Om die verkeerd oor My op te slurp

    Bietjie stadiger
    Liefste kinders
    Drink ‘n bietjie stadiger
    Die gif wat Satan julle oor My voer

    Stadig liefste kind
    Stadig maar seker
    Is Satan besig om oorhand te kry
    Omdat jy al sy leuens glo

    Nie so vinnig nie
    My kind
    Asseblief sê vir hom
    Nie so vinnig nie

    Julle is verkeerd
    Sê Abba
    So verkeerd
    Julle wat nie ‘n goeie woord oor My kan sê

    Julle ken My voorwaar glad nie
    Dit is hoekom
    Liefstes
    Ek hierdie uitnodiging aan julle rig

    Asseblief begin ja sê
    Begin ja sê
    Vir die waarheid oor My vind
    Asseblief, dit is tyd

    Vir jare en jare
    Sê Abba-God
    Vir baie generasies al
    Probeer Satan tussen My en mense kom

    Oe hy is al so gekonfyt daarin
    Sê Abba
    Hy het al vele kere probeer
    En daar is strategieë van hom wat baie beslis werk

    Ek wou julle maar net sê Abba
    ‘n Blikkie op My hart gee
    Ek wou julle maar net sê
    Dit is wat gebeur

    Sal julle asseblief slimmer word
    Liefste kinders
    Met sy aanslae
    Sal julle hulle sien kom

    Sy hart is altyd, altyd
    Om verwydering tussen ons te bring
    Altyd
    Julle moet dit weet

    Dit gesê
    Liefstes van My hart
    Sal julle altyd weet
    Kyk uit daarvoor

    Kyk uit vir die leuens
    Wat hy vertel
    Kyk uit en wees bewus
    Hoe hy verlei en mislei

    Enige stories sê Abba
    Enige stories wat hy vir julle vertel
    Wat skeiding tussen ons bring
    Moet jy asseblief bevraagteken

    My Woord is die Waarheid
    Sê Abba
    Altyd en altyd
    Dis hoe Ek met julle praat

    Partykeer gaan julle wonder
    Partykeer gaan julle twyfel
    Partykeer gaan julle nie weet
    Hou net aan, Ek sal julle self leer

    Ek’s altyd naby
    Sê Abba
    Altyd naby
    Veral aan die wat My glo

    Julle hoef nooit bang te wees
    Liefstes
    Ek’s aan julle kant
    Ons maak die wenkant

    Partykeer gaan dit nie
    Vir julle so voel
    Partykeer is dit swaar
    Ek weet

    Oe kinders
    Sê Abba
    Ek wil julle so graag sterk in My kry
    Rerig sterk in geloof in My

    Dis omdat Ek weet
    Sê Abba
    Ek weet wat doen die wêreld
    Met branders wat deur die wind gejaag word

    Eers die kant toe
    En dan daai kant toe
    Oe kinders sê Pappa
    Dis glad nie goed vir julle

    Julle moet gewortel wees
    Sê Abba
    Julle moet gewortel wees in My
    En My kosbare standvastige waarheid

    Oe kinders
    Sê Abba-God
    Oe kinders
    Kan Ek julle vra, weer

    Leer My ken
    Leer My ken
    Ek wil nie hê liefstes van My hart
    Julle moet deurmekaar gejaag word met elke lering oor My

    Party sê sus, party sê so
    Kinders sê Daddy
    Julle het seker al gesien
    Elkeen het ‘n opinie oor My

    Party goed
    Ander sleg
    Ek weet nie sê Abba
    Ek wil net so so graag hê julle moet My waarlik ken

    Ek wil hê sê Daddy
    Die waarheid oor My
    Moet begin welkom wees
    Op die luidsprekers van hierdie lewe

    Soveel mense
    Sê Abba
    Uitbasuin die verkeerd
    Hulle glo nie reg oor My

    Kan ons net daai siek beeld van My
    Verander sê Pappa-God
    Asseblief liefste kinders
    Asseblief

    Help My sê Pappa
    Asseblief
    Ek vra julle om meer en meer
    Saam met My die waarheid vir hulle te leer

    Oe dis genoeg
    So so genoeg
    Dat soveel van die mense in hierdie wêreld
    Verkeerd oor My glo

    Dit kan nie meer wees
    Sê Abba-God
    Nee Ek wil dit so so graag verander
    Dit is nie reg

    Oe hoor My hart
    Asseblief
    Vra ons geliefde Pappa in die hemel
    Asseblief hoor My hart

    Ek praat en praat
    So, so gereeld
    Tog wil mense nie altyd hoor
    Tog is baie van hulle maar altyd te besig vir My

    Ja daar is baie gereeld
    Sê Pappa-God
    Mense wat verkeerd oor My glo
    Maar glad nie belangstel om dit te verander nie

    Vir party mense
    Sê Abba
    Is om My te haat hulle lewe
    Kan jy nou meer

    Ja-nee Ek weet nie
    Sê Abba-God
    Ek weet nie
    Hoekom hulle so glo

    Hulle sit sê Abba
    Met diep gewortelde kwaad teenoor My
    Tog moet ons glo
    Hulle glo nie in My

    Oe kinders
    Sê Abba-God
    Vir hulle wat in die wêreld
    Met ‘n haat teenoor Hom in hulle harte sit

    Hoekom sê Pappa
    Maak julle My en julleself so seer
    Hoekom glo julle verkeerd
    Hoekom glo julle nie dat daar ‘n God is

    Iewers sê Abba
    Iewers moet Ek verstaan
    Ek probeer
    Kind dis net nie maklik nie

    Hoe kan jy
    Liefste seun, dogter
    Vir My blameer
    As daar seer in hierdie wêreld is

    Hoe kan jy My die skuld gee
    Kinders asseblief
    Ek probeer verstaan
    Dis net, dis moeilik vir My

    Ek verstaan nie sê Abba-God
    Hoe julle julle rug kan draai
    Op ‘n wonderskone mooie God
    Wat elke dag die son op die sondaar en nie-sondaar laat skyn

    Hoe kan julle My blameer
    Asseblief kinders
    Ek probeer verstaan
    Pappa probeer rerig-rerig verstaan

    Dis vir My so moeilik
    Sê Abba-God
    Ek mis jou My verlore kind
    Pappa mis jou so, so baie

    Ek is konstant besig
    Sê Abba
    Konstant
    Besig om vir jou te probeer vertel Ek is nie so sleg soos jy glo

    Geliefde
    Verlorene
    Hoekom is jy so hard besig
    So hard besig om My uit te hou

    Oe kind sê Pappa-God
    Verstaan jy
    Weet jy
    Ek kan daai hardheid in jou hart weer sag maak

    Ja liefste kind sê Pappa
    Ek weet, Ek weet
    Baie van julle sit met seer
    Seer wat julle nie kan alleen oor

    My hart is so so sag
    Sê Abba
    Ek weet hoe om met die gebrokenes van hart te werk
    Ek weet so, so goed

    Sal jy My asseblief kind
    Nie meer uithou op jou seer
    Sal jy My asseblief net wys
    Daar is ‘n bietjie hoop

    Net ‘n flikkering
    Sê Abba
    Net ‘n flikkering wat sê
    Dalk, dalk moet ek probeer

    Oe geliefde
    Geliefde
    Jy glo verkeerd
    Jy die een wie Ek so baie liefhet

    Daar is selfs
    Sê Pappa-God
    Van julle wat glo
    Dat Ek julle nooit weer kans sal gee

    Ja sê Pappa, ja
    Dis wat gebeur My liefste kinders
    Wanneer julle
    Julle ore vir die vyand uitleen

    Kinders sê Pappa
    Asseblief
    Asseblief kom luister vir My
    Waar berou is sal Ek altyd vergeef

    Dis genoeg
    Sê Daddy-God
    Dat Satan julle in tronke van sleg-voel wil hou
    As gevolg van die keuses lank-terug-gemaak

    Ja sê Pappa, ja
    Van julle sit nou hier en lees
    En julle weet, julle weet
    Ek moes lank terug alreeds vrede gemaak het met God

    My kind sê Daddy
    Verlore-verdwaalde een
    Dis so My hartsbegeerte
    Dat jy My offer van vrede sal aanneem

    Ja liefste kind
    Sê asseblief ja, sê asseblief ja
    Vir My vredesoffer aan die wêreld
    Toe My Seun aan die kruis kom sterf

    Die Amplified-Bybel
    Sê dit so mooi
    God reconciled Himself to this world
    Through the death of His Son

    Gister en vandag
    Liefstes van My hart
    Bly My begeerte dieselfde
    Vrede met die mensdom

    Dis waarvoor My Seun die prys kom betaal het
    Vir jou sonde
    Hy’t gesê nee wag Ek gaan nie wag totdat hulle eendag jammer sê
    Voordat Ek met My bloed betaal

    Nee Jesus het dit vir Homself uitgemaak
    Hy het gesê Ek sal kom
    Selfs al wil die wêreld
    My nog nie weer in hulle lewens hê

    Oe kinders sê Pappa-God
    Sien, sien
    Ek het julle vergeef toe julle almal
    Hierdie wêreld nog sondaars was

    Oe ons Abba-God
    Hy is so goed
    Hy is so mooi
    Dis wat ek nog die heeltyd vir julle probeer sê

    Hy staan met arms
    Wa-wyd oop
    Hy staan en Hy nooi
    Kind sal jy asseblief kom?

    Verlore en verdwaal
    Wil Ek so nie meer hê
    Jy moet voel
    Ek wil hê jy moet jou rus in My warm vaderhart kom vind

    As Ek jou net kon laat voel
    My liefste kind
    Dogter, seun
    Hoe warm en uitnodigend My hart vir jou klop

    Jy sal net nooit ooit weer kon twyfel
    Jy sou hardloop
    Jy sou sê
    Daddy ek wil so graag

    My skoot sê Abba
    My arms
    Wag so groot en oop vir julle
    Hulle sê kom sit, laat Pappa jou in Sy liefde toevou

    Die liefde, die liefde
    Wat ek in my God se hart voel
    Sy warm omgee
    Oe wêreld dit smelt my hart

    Dit smelt my hart
    Hoe kan ‘n God wat so baie verdien om liefgehê te word
    Nogsteeds met verlange
    Hunkering en smagting in Sy hart sit

    Ja Hy wens kind
    Ja jy die verlore een
    Jy was al lankal terug in Sy arms
    Hy wil nie hê jy moet dit so hard, weer en weer, oordink

    Kom net kind
    Kom net sê Hy
    Die heeltyd, oor en oor
    Kom soos jy is

    My liefde vir jou
    Dis genoeg
    Dis oor, oor, oorgenoeg
    Dis al wat jy in hierdie lewe ooit sal nodig kry

    So, so genoeg
    Is my Pappa se liefde
    So, so volmaak
    Dis die hemel self wat ek proe in my hart

    Liefste Pappa
    Grote God
    U genade is My anker
    U liefde my lewende hoop

    Oe Pappa
    U sit diep
    U en U mooi-wees
    Het al ‘n diep plekkie in my hart kom bou

    Dis soos die mooiste wonderskoonste paleis
    Waarby ek kan gaan aandoen
    Dis wat gebeur
    As ek vir U en tyd saam met U ja sê

    Oe Daddy, oe
    Ek weet nie of U weet
    Maar ek wil dit sooo graag vir U sê
    Vir dit sê ek altyd ja

    Oe Daddy
    Ek wil so graag hê
    U mooi-wees moet dieper in my hart kom sit
    Ek wil sooo graag hê ek en U moet nog baie kere so saamkuier

    Oe Pappa
    Van dit kry ek net nie genoeg
    Ek kry net nie genoeg
    Ek wil veel-veel meer hê

    Ek wil hê Daddy
    Die druppel in ‘n emmer moet groter word
    Ek wil hê dit moet ‘n oseaan
    Van U mooi-wees wees wat in my hart woon

    U is ondeurgrondelik diep
    Onnaspeurlik sê die Ou Vertaling
    Oe Pappa sê Daddy se kind
    Dit is so so waar

    Die eindes van U mooiheid
    Sal ons nooit kan bereik of begryp
    U raak net mooier en mooier en mooier
    Dit is waaroor die engele voor U Troon nou al vir jare sing

    Maar Pappa
    Ek wil meer
    Ek wil dieper
    Van U mooi-wees ontdek

    Wow
    Wow
    Wow
    Wow

    Dis wat ek weet
    Ek oor en oor gaan sê
    Maar Pappa ek wil
    Ek wil U so graag dieper en meer ontdek

    Pappa hoe sê mens nee dankie daarvoor
    Ek kry dit net nie reg
    Ek kry dit net nie reg om vir U te sê
    Weet Pappa ek het nou genoeg

    Ek kry dit net, net, net nie reg
    Oe nee ek sukkel daarmee
    Verskriklik
    Baie erg

    Die lewe saam met Pappa is ‘n lied
    Voorwaar, rerig
    Nie omdat alles altyd seepglad en voor die wind gaan gaan
    Maar omdat Hy die manier het om selfs die donkerste, seerste nag op te helder

    Oe ek weet nie
    Ek weet nie hoe ons bonatuurlike God dit regkry
    Ek’s net so dankbaar, so so dankbaar
    Dat Hy wel kan

    Van Hom kan ek nie genoeg kry
    En eerlik-waar ek wil ook nie
    Want o my word, o my dear
    Hy is dit so die moeite werd

    Al my gesoek
    Al my gevra
    Al my ge-weer-opdaag
    Ja-nee tyd saam met Pappa dit is goud

    Die mooiste vrugte
    Bring dit in my lewe voort
    Ek geniet dit so
    Die smaaklike vrugte waaraan ek kan smul

    Dankie daarvoor Abba-God
    Dankie so so baie daarvoor
    U maak my hart
    So so verskriklik baie bly

    Amen.