Etiket: satan+wellus

  • Hemelse-liefde-maak

    Hemelse-liefde-maak

    Hoor julle die klokke
    Van die Evangelie
    Luid en helder word dit uitbasuin
    Jesus is die enigste Koning!

    In hierdie wêreld
    Weet nog nie almal dit
    Nog nie almal het gevind
    Daar is baie wat nog verlore is

    Dis vir hulle wat die klokke so helder lui
    Net soos ‘n kerk se toring
    Word die nuus vandaar
    Aan die wêreld verkondig

    Kinders julle wat nog moet bekeer
    Asseblief kom nou
    Kom gou
    Voor dit is te laat

    Ja sê Daddy-God
    Net soos wat ‘n haan op die kerk se toring sit
    Net so word daar ook nou, tot en met vandag
    Gekraai deur die heilige God

    Bekeer julle liewe wêreld
    Bekeer julle
    Kom nou, kom gou
    Voor dit is te laat

    Vir baie jare al
    Sê Daddy-God
    Word hierdie boodskap
    Na die wêreld uitgesaai

    Nou nog sê Daddy-God
    Is dit so
    Die wêreld wat nie altyd wil hoor
    Ek wat aanhou vra

    Dis baie kere sê Daddy-God
    Wat Ek eerder kies
    Om liewers te veel
    As te min te doen

    Ja liefste kinders, ja
    Dis maar eerder nodig dat Ek nou My gewete skoonhou
    As wat Ek eendag gaan sê
    Het Ek maar, het Ek nie eerder maar

    Nee wat liefste kinders van Pappa-God
    Dis eerder My hart
    Om liewers te veel kere te vra
    As te min

    Ja-nee dis baie-baie beter
    Sê Daddy-God
    Dan gaan nie een van julle eendag na My hoef te wys en te sê
    Hoekom het U nie maar

    Nee liefste kinders
    Ek sal maar eerder nou vra
    Het Ek genoeg gedoen
    Kan Ek nie maar nog iets probeer om hulle in te bring

    Ja sê Daddy-God
    Dit gebeur nie te gereeld dat mense My pleidooie verstaan
    Maar dit gebeur darem
    Meer dan as wan maar ja

    Kinders sê Daddy, kinders
    Ek kan nie anders nie
    Maar Ek wil hê julle moet weet dis die rede
    Julle wat so gereeld geirriteerd met My raak

    Is dit al waaroor God kan praat?
    Is dit al wat vir Hom belangrik is?
    Kinders dit is nogals My missie
    Om heel eerste Christene van die wêreld te maak

    Ja sê Daddy-God
    Ja dit is so
    Ek wil heel eerste hê dat mense in hierdie wêreld
    Volgers van Jesus word

    Dis mos maar wat Christenskap beteken
    Om My met jou alles te bemin
    Om in wat jy doen
    Jesus se voetspore na te volg

    Dis so maklik kinders
    Sê Pappa-God
    Dis net julle wat dit dikwels so moeilik maak
    Baie moeiliker as wat dit nodig is om te wees

    Kinders Ek nooi julle nader
    Sê Pappa-God
    Altyd met die lied van die Kruis
    En dit wat daar gebeur het

    Kinders dis gedane dinge
    Sê Daddy-God
    Dis verby, dis agter julle
    Maar tot en met vandag dra die Kruis nog soveel waarde

    Kinders asseblief
    Moet nooit uit oog verloor
    Gebede werk
    Ek wil dit vir julle sê

    Sal julle asseblief begin bid
    Vir die kinders van die wêreld
    Dat hulle hulle harte vir My sal oopgooi
    En My waarlik innooi

    Oe kinders sê Daddy-God
    Die lied en klanke van die Kruis
    Wat so deur die wêreld weerklink
    Dit bly vir My so mooi

    Dit vul hierdie wêreld
    Met soveel hoop sê Daddy
    Soveel, soveel hoop
    Ek wens julle kon sien

    Hierdie wêreld sê Daddy-God
    Hierdie wêreld waarin julle bly
    Oe kinders dit sou so leeg
    En doelloos gewees het sonder My

    Ek wil hê julle moet dit weet
    Ek wil hê julle moet dit begin raaksien
    Ek wil hê julle moet dit glo
    Ek is al die ware mooi wat in hierdie lewe bestaan

    Daddy sê dit sing kinders
    Die natuur en skepping wat julle omring
    Hulle sing die mooiste liedjies
    Hulle vertel van God en Sy Seun se kruis

    Dis hoekom Ek julle aanhou nader nooi
    Dis hoekom Ek julle altyd vra
    Kom net nader asseblief
    Kom sien wie is Ek rerig

    Oe liefste kinders
    Daddy se kinders
    Kinders van die wêreld
    Kom asseblief nader aan My

    Kinders die lied wat Ek uitbasuin
    Die klokke wat weerklink
    Kinders dis die boodskap van hoop
    Wat hierdie wêreld so nodig het om te hoor

    Kinders sê Daddy-God
    Dis geweldig moeilik om in My te glo
    As jy nie jou hart oopmaak
    En genade en liefde innooi

    Oe kinders sê Daddy-God
    Oe kinders
    Julle wonder te gereeld hieroor
    Maar julle wil My nooit nader nooi

    Hoekom wonder julle so daaroor
    Kinders dis so onnodig sê Daddy
    Die boodskap van die Kruis
    Hy is net mooi

    Dit vertel van hoop herstel kinders
    Liefde weer gevind
    Die Ewige Lewe saam met God
    Bo in Sy hemelse huis

    Ja liefste kinders
    Al was die prys verskriklik swaar
    Al moes My Seun met Sy bloed betaal om jou vry te koop
    Bly die boodskap een van ware goud

    Oe Daddy se kinders
    Oe Daddy se kinders
    Julle van die wêreld
    Kom net asseblief nader aan My

    Dis so genoeg sê Daddy-God
    Dat julle My bly wegskuif
    Net nooit nader nooi
    Ek hou nie daarvan

    As julle net geweet het
    As julle net wou weet
    Die diep vlakke van intimiteit
    Wat ons saam kan bereik

    Oe kinders sê Daddy-God
    I wanna take you deeper
    So so much deeper
    As waar julle nog ooit voorheen was

    Net soos liefste kinders
    Die pad van intimiteit in ‘n huwelik
    Veronderstel is om ‘n wonderlike reis van ontdekking te wees
    Soveel te meer ook vir ons, My en jou

    Oe liefste kinders
    Sê Daddy-God
    Daar is soveel-soveel meer
    Wat Ek julle ook oor intimiteit tussen man en vrou kan leer

    Daar is soveel ooreenkomste
    Sê Daddy-God
    Tussen ons huwelik
    En ‘n aardse huwelik

    Oe kinders saam met My
    Sê Daddy-God
    Tussen ons huwelik
    En ‘n aardse huwelik

    Oe kinders saam met My
    Sê Daddy-God
    Kan julle julle aardse huwelike
    Na hemelse plekke neem

    Yes sê Daddy-God
    Dit is so
    Dis net so jammer sê Daddy-God
    Dat daar so min huwelike op aarde is wat My raad kom probeer

    Oe Daddy-God se kinders
    Oe kinders van die wêreld
    Ek wil julle net vertel
    My raad vir intimiteit in die huwelik bly die beste

    Oe kinders
    Julle moet naderkom sê Daddy-God
    Julle moet elke dag ‘n bietjie meer
    Van wie Ek is kom ontdek

    Net soos met jou
    Aardse man of vrou
    Moenie ooit ophou daarmee
    Dis hoe ware intimiteit moet lyk

    Kinders in die begin is dit so né
    Julle kan net nie genoeg van mekaar kry
    Vir ure en ure kan julle gesels, tot in die vroeë oggendure 😉
    En dan hou julle skielik op daarmee

    Liefste kinders sê Daddy-God
    Ek weet nie eintlik hoekom dit gebeur
    Ek vermoed dis omdat julle dink
    Nou is als gesê

    Maar nee liefste kinders
    Ek wil hê julle moet weet, Ek wil julle leer
    Daar is dieper lae van jou man en vrou
    Wat Ek wil hê jy moet saam met My ontdek

    Sien dis waar Ek inkom sê Daddy
    Dis waar Ek deel word van hierdie 3-some
    Nie kinders om julle uit te gril
    Maar om julle na nuwe vlakke saam met My te neem

    Dis hoekom Ek altyd so nodig het
    Dat man en vrou een is
    Waarlik, met mekaar
    Maar individueel ook met My

    Kinders Ek weet sê Daddy-God
    Dis waar julle begin sê
    Dinge word nou te oorgekompliseerd vir my
    Maar Ek wil hê jy moet by bly

    Kinders sê Daddy-God
    My kinders, die van die wêreld ook
    Julle moet die raad wat die wêreld julle altyd oor seksualiteit leer
    Nie altyd so gou opslurp

    Julle is baie kere sê Pappa-God
    Besig met verkeerde goeters in julle huwelike
    Goeters wat Ek nie daarbinne wil hê
    Goeters wat My nie eer

    Ja sê Daddy-God
    Aan Sy kinders
    Julle weet My kinders
    Julle weet want Ek praat gereeld met julle

    Julle kies baie dikwels sê Daddy-God
    Om My ‘n dowe te bly gooi
    Net omdat julle so graag
    Fisiese vervulling wil geniet

    Liefste kinders
    Julle kan die heel hoogste graad van fisiese bevrediging geniet
    Tog gaan dit diep binne leeg en doelloos bly voel
    Omdat jy sal weet Ek is nie daar

    Dis hoekom sê Daddy-God
    Die Satan
    Sex-toys uitgedink het
    Dis hoekom hy wil hê kinders dit moet deel van julle huwelik uitmaak

    Kinders sê Daddy-God
    Dis omdat hy ‘n manier moes vind
    Om My uit te sluit
    Selfs in julle hemelse verbond

    Ja sê Daddy-God
    My kinders dis vir My baie hartseer
    Die aardse bevrediging wat julle najaag
    Die aardse bevrediging wat maak dat julle nooit die hemelse gaan ontdek

    Oe kinders sê Daddy-God
    Ek het julle liggame gemaak
    Om mekaar te ontdek
    Dis hoekom man en vrou se liggame net so perfek bly pas

    Julle vorm soos die mees perfekste unity
    Sê Daddy-God
    Wanneer julle een is
    Wanneer julle in mekaar se arms bly lê

    Liefste kinders
    My kinders, die van die wêreld ook
    Hoekom wil julle vir die mooiste mooi wat in huwelik moontlik is
    Nee dankie bly sê?

    Hierdie wêreld sê Daddy-God
    Leer julle so so verkeerd
    Dis die Satan se insae
    Dis hoekom Ek vra luister eerder na My

    Die mooiste raad vir huwelike
    En aardse intimiteit
    Is by My te kry
    Daarom wil Ek vra hou asseblief op om wêreld-geinspireerde tydskrifte daaroor te lees

    Kinders sê Daddy-God
    Die wat omgee om van My te hoor
    Asseblief hou op daarmee
    Doen soos Ek vra

    Kinders sê Daddy-God
    Julle is besig om duiweltjies
    In julle huweliksbeddens in te nooi
    Deur die goetertjies wat julle toelaat

    Oe kinders sê Daddy-God
    Ek wil nie meer hê dat hulle handjies sal klap
    En gul sal glimlag en hulle honger blink ogies sal aanhou
    Om hulle in die stout te verlekker

    Oe kinders sê Daddy-God
    Oe kinders
    Julle doen so verkeerd
    Liefde-maak is liefde-maak

    Nie met ‘n masjientjie nie My kinders
    Met mekaar
    Begin om jou man of vrou se lyf te ontdek My kind
    Begin om te bewonder hoe Ek hom of haar gemaak het

    Dis uit daai bewondering
    My liefste-liefste kind
    Wat die mooiste intimiteit voortvloei
    Jy wat tyd maak daarvoor

    Oe kinders
    Ek weet sê Daddy-God
    Ek weet
    Daar is van julle wat so seer het hieroor

    Ek wil hê julle moet
    Julle mans en vrouens se liggame koester
    Mans hê respek vir hoe jy jou vrou se liggaam hanteer
    Vrouens bewonder jou man, wees sag en teer

    Oe My kinders
    Sê Daddy-God
    Oe My kinders
    Die van die wêreld ook

    Julle laat dikwels sê Daddy-God
    Verkeerde goeters toe
    Julle maak nie reg
    In hoe julle met mekaar te werk gaan

    Wees net sag kinders
    Wees sag en bewonderend
    Dis hoe julle by die mooiste sagste wonderlikste intimiteit gaan uitkom
    Die stukkie van My in julle

    Dis te dikwels sê Daddy-God
    Wat dit gebeur dat julle die wêreld se manier naspoor
    En dan vergeet om sag en stadig
    Met jou man of vrou om te gaan

    Kinders Ek verstaan sê Daddy-God
    Julle noem dit passie
    Maar hoe gemaak
    As dit die dierlike instinkte in julle wakker maak?

    Kinders dis net hier
    Sê Daddy-God
    Waar die speelgrond gevaarlik raak
    En jy vir Satan beheer begin gee

    Julle moet versigtig wees daarvoor
    Kinders julle moet uitkyk
    En julle moet bewus wees daarvan
    As Satan se gees van wellus in julle wil oorneem

    Ja liefste kinders sê Daddy-God
    Daai deel van liefde-maak
    Dit is nie van My
    Ek wil hê julle moet dit weet

    Ek is nie in dierlike luste
    Wat in julle vlees leef
    Nee liefste kinders daai deel in julle
    Wil Ek hê julle moet saam met My onder beheer bring

    Kinders sê Daddy-God
    En dis daai deel van julle wat dikwels gevoed word
    Met die verkeerde beelde van seks wat jy in boeke, flieks en musiekvideos kry
    Die aardse deel, die fisiese bevrediging

    Kinders julle moet versigtig wees daarvoor
    Julle moet uitkyk en bewus wees daarvan
    Julle moet Satan
    Nie so ‘n plek in julle huwelike gee

    Hy soek dit gereeld kinders
    Hy kry dit in baie huwelike reg
    Moenie net die vleeslike begeertes kos gee
    Kinders kyk asseblief ook na die geestelike en emosionele kant wat daar in liefde-maak-lê

    Oe want kinders
    Daai deel mis julle gereeld
    Daai deel waar julle vra
    Kan ons in mekaar se arms lê, kan ons net gesels?

    Julle moet dit ‘n bietjie probeer doen
    Julle moet mekaar se harte ontdek
    Altyd meer
    Soos wat julle mekaar se lywe ontdek

    Julle is konstant besig
    Om te groei as mense kinders
    Daarom kan dit nooit vervelig raak
    Om met jou man of vrou te praat

    Kinders sê Daddy-God
    Asseblief moenie ooit daarmee ophou
    Hou altyd aan om te ontdek
    Wie jou man of vrou van vandag en nie gister is

    Kinders en dit bring My terug
    Dit bring My terug na daai plek van ooreenkomste waarvan Ek praat
    Tussen My en jou verhouding
    Met ‘n aardse huwelik

    Kinders dit is so
    Dis is presies dieselfde
    Ek wil hê jy moet dit weet
    Ek wil nie hê ons moet ooit ophou om mekaar te ontdek

    Dis waar die ware lekker
    Van ‘n verhouding, huwelik lê
    Daai harte wat as 1 klop
    Daai harte wat nie skaam is om een te wees

    Oe kinders sê Daddy-God
    Dis die ware mooi
    Ek vra jou asseblief om dit te kom naspoor
    Ware intimiteit met My, ware intimiteit met jou man of vrou wat in die aand in jou arms lê

    Begin om die kommunikasie-brûe te oorbrug
    Kinders leer om met mekaar te begin praat
    Oor alles
    Net soos wat Ek en jy alles deel

    Kinders dis hoe huwelike ‘n unbroken chain word
    ‘n Hegte eenheid (ring) wat nie kan breek
    Asseblief kinders hou aan daarmee
    Begin om My in die huwelik te ontdek

    Ek het dit gemaak
    En Ek is so trots daarop
    Veral as man en vrou die volheid van hoe Ek dit ontwerp het
    Ontdek en leef

    Oe dit is so mooi
    So mooi
    En daar is so min huwelike
    Wat dit ken

    Kinders kom smaak die hemel
    In julle huwelike
    Kom vra My vir raad
    Kom volg dit en oelala sal julle sien!

    Die beste manier kinders
    Hoe dit kan gebeur
    Is in My te vind
    Kom vra vir My hoe kan julle dit speels, opreg en eerlik maak

    Kinders die beste skoonste truuks is by My te leer
    Van kaal saam met jou man of vrou slaap
    Tot nie onderklere dra
    Wanneer net jy en jou man die dag by die huis is

    Kinders daar is soveel mooi maniere
    Waaruit julle die mooiste bevrediging kan put
    Kom leer net by Daddy
    Kom en laat toe dat My manier joune word

    Van ‘n man wat van sy vrou ‘n skelm fototjie kry
    Waar sy agter ‘n kussing vir hom lê en wag
    En vra of hy vanaand vroeër huis toe kom
    Tot ‘n middernag-piekniek wat hy onder die sterre vir hulle hou

    Kinders My manier
    Sê Daddy
    My manier wen altyd
    As jy kyk na dit wat waarlik mooi is

    Begin in jou gebede My manier vra
    Daddy se kinders
    Kinders van My hart
    Laat toe dat Ek ook die Koning van jou huweliksbed word

    Laat My toe om vereer te word
    Met wat julle daarbinne doen
    Asseblief liewe kinders, asseblief
    Dis My vra

    Ek weet julle het dikwels vrae
    Wat is toelaatbaar, wat is nie
    Kinders kom vra vir Daddy
    Kom vra My net en Ek sal julle leer

    Die wat My ken in al hulle weë
    Oe hulle sal ervaar kinders
    Hoe Ek hulle paaie gelyk maak
    Ook die bulte wat partykeer in huweliksbeddens opduik 😉

    Amen My liefste kinders, Amen
    Daddy eer julle wat My kom vra
    Ek eer julle, die wat My manier voorstaan
    Julle is voorwaar kinders om op trots te wees

    Kinders sê Daddy, alle kinders
    Kom vra My net
    Kom maak My deel van alles wat julle in huweliksbeddens doen
    En julle sal sien, soet hy is toe waarlik stout! 😉

    Stout en mooi kinders
    Dis My hart vir julle
    Nie stout en lelik
    Soos die wêreld julle leer

    Kom vind My manier kinders
    Kom sit My grenslyne om julle huweliksbeddens
    En julle sal ervaar hoe engele-kore in verwondering saamsing
    Wanneer julle die hemel met julle liefde-maak aanraak

    So skoon, so mooi
    Kinders dit is wie Ek is
    Dit is ook hoe die huwelik-spel
    Tussen man en vrou veronderstel is om te wees

    Daar’s te veel van My kinders sê Daddy
    Wat donkerte en Satan en wellus in hulle huwelike toelaat
    Toe wou Ek maar net met hierdie briefie kom sê
    Daar is ‘n beter manier en asseblief kom spoor dit na

    Amen. 🙂