Etiket: sonde+skuld+skaamte

  • Skaamte se dood

    Skaamte se dood

    Die groot voorreg
    Wat ek het
    Om als met Pappa te deel
    Die goed maar ook die sleg

    Liefste wêreld
    Besef julle die wonder
    Die wonder om na Pappa te hardloop
    En al die skaam met Hom te deel

    Dis te veel kere sê Daddy-God
    My kinders
    Dat julle bly wegkruip
    Met die verkeerd wat julle doen

    Kinders sê Pappa
    Liefste kinders van My hart
    Pappa wil julle kom wys
    By My is daar geen veroordeling nie

    Hierdie wêreld
    Kry dit so reg sê Abba-God
    Om julle te skei van My
    Om julle te vertel julle moet self met julle sonde deel

    Kinders sy vertel vir julle
    So gereeld
    Die hoer van hierdie wêreld
    Die verkeerde manier

    Sy vertel vir julle, julle moet bly weg-kruip
    In die skaam-wees bly sit
    Tot julle My liefste kinders
    In soveel waardeloosheid sit

    Liefste-liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Myne, Myne
    Kom asseblief na My

    Kom laat toe sê Pappa
    Dat My liefde met julle skaamheid deel
    As julle net kon verstaan
    Ek wil julle so graag vry hê

    Vry van haar aantuigings
    Vry van haar beledigings
    Skuld-op-julle-bly-pak
    Dis al wat sy doen

    Liefste kinders sê Daddy-God
    My waardevolle kosbare kinders
    Kom asseblief na Daddy
    Laat Ek julle wys, hoe lyk vryheid vir My

    Dis jy wat jou hart met My bly deel
    Kind dis hoe Ek jou vry-maak
    As jy als vir My vertel
    Ook hoe skaam jy oor sekere dinge in jou lewe voel

    Oe besef julle
    Pappa se kinders
    Ek’s by julle
    Elke keer as julle voor sonde val

    Julle besef dit nie gereeld
    Maar liefste kinders
    Daddy is daar
    Gereed om julle uit die put van self-veroordeling te help

    Julle moet asseblief sê Daddy-God
    Nie bly wegkruip
    Kinders dit help nie
    Die donkerte waarin julle bly sit

    Oe kinders sê Pappa-God
    Oe kinders
    Daddy wil julle vra
    Kom asseblief na My

    Kom kyk hoe lyk vryheid vir My
    Kom vind uit
    Asseblief liefste kinders
    Daddy wil julle vry hê

    Die skuld wat op julle skouers gelaai word
    As julle in die donker daarmee bly
    Kinders dis verskriklik
    Bring die verkeerd-doen veel eerder vir My

    Kinders
    Ek wil daai skaamheid nie deel van julle lewens hê
    Ek wil dit afbreek
    Ek wil laat dit kraak met My perfekte liefde vir julle elkeen

    Ja sê Daddy-God
    Liefste kinders
    Van julle sit vas
    In marmerblokke gebou met skaamte

    Kinders sê Daddy
    Asseblief
    Ek wil julle bevry
    Ek wil julle los-maak

    Daddy is besig
    Liefste kinders
    Om die swaar van julle skouers af te help
    Met hierdie woorde wat Ek stuur

    Asseblief liefste kind
    Asseblief
    Begin als met My deel
    Veral dit waarvoor jy so skaam kry

    Kinders sê Daddy-God
    Asseblief
    Begin om My
    Deel van julle verslawings op aarde te maak

    Kinders sê Daddy-God
    Daai verslawing aan pornografie
    Daai verslawing aan verkeerde dinge
    Begin om My lig daarin te nooi

    Begin My net vra
    Sê Abba
    Asseblief
    Om jou daarmee te help

    Kind besef jy sê Daddy-God
    Wil jy weet
    Ek’s baie groter
    As elkeen van hulle

    Ja liefste kind
    Sê Pappa-God
    Begin asseblief om My lig in elke area van jou lewe in te nooi
    En jy sal so sien

    Liefste kinders sê Daddy-God
    Skaam-wees kan nie in My oorvloed liefde en aanvaarding oorleef
    Daarom hou asseblief aan om dit vir My te bring
    Kinders sê Daddy-God dis hoe Ek julle skoonkry

    Ek wil hê julle moet begin bak kinders
    In My warm liefde en aanvaarding
    Rerig
    Ek wil hê julle moet begin gewoond raak daaraan

    Kinders
    Sê ons liefste Daddy-God
    Sal julle verstaan
    Ek wil julle deur die donker areas van julle lewens help

    Kinders Ek wil nie hê
    Sê Daddy-God
    Dat julle in die donker sal bly
    En elke krummeltjie leuen van die Satan opeet

    Hy laat julle so skaam-kry kinders
    Ek weet
    Ek kan sien
    Dis hoekom julle My nie in die oë kan kyk

    Liefste kinders
    Sê Daddy-God
    Hoekom anders wil julle nie na My toe kom
    Hoekom anders vermy julle alles en almal wat van die LiG is

    Kinders
    Dis omdat julle skaam-kry
    Dit is omdat julle glo
    Julle is nie goed genoeg om in My teenwoordigheid te leef

    Oe kinders sê Abba-God
    Oe kinders
    Julle is so verkeerd
    Julle is goed genoeg, meer as

    Dis omdat julle waarde as mens
    In julle skaamkry en foute lê
    Dit is liefste kinders
    Hoekom julle nie terug na Pappa toe wil kom

    Liefste kinders
    Sê Daddy-God
    My hart is altyd so verwelkomend teenoor julle
    Ek wens julle kon sien hoe graag Ek wil hê julle moet kom

    Julle skaamheid
    Is geen niks vir My
    Sê Daddy-God
    Kinders julle sal sien

    Dis die vinnigste
    Dat donkerte vlieg
    Sê Daddy-God
    As hulle met My LiG en waarheid kennis maak

    Kinders sê Daddy-God
    Asseblief
    Bring jou skaam-wees vir My
    Kom kyk wat Ek als daarmee kan doen

    Julle waarde lê dieper
    Liefste kinders
    Dit lê nie in wat julle reg of verkeerd doen
    Dit lê als in My

    Ek wil so graag hê
    Liefste seun en dogter
    Dat julle
    In hierdie bevrydende waarheid sal begin leef

    Kinders sê Daddy-God
    Besef julle
    Besef julle dat My hart breek
    Elke keer as Ek sien julle wil bly wegkruip

    Kinders sê Daddy-God
    Die tronke se deure is lankal reeds oop
    Tog besef julle nie
    Ek hoef nie meer hier te sit

    Hier is die warm uitnodiging My liefste kind
    Asseblief kom uit
    Kom sit by jou Pappa in die hemel
    Begin om als met My te deel

    Begin net deel My liefste kind
    Dat dit nie vir jou lekker is
    Om so vêr van My te wees
    En dat jy My verskriklik baie mis

    Kinders begin net vir My vertel
    Asseblief
    Dat jy nie meer ‘n muur
    Tussen My en jou hart wil hê

    Oe kinders
    Sê Abba-God
    Oe kinders
    Ek mis julle net soveel

    My hart pyn
    My liefste kinders
    Pyn as Ek dink
    Hoekom kan jy nog nie by My wees

    Ek het soveel verlange
    Soveel verlange in My hart
    Na jou
    My verlore afgedwale kind

    Daddy sê
    Asseblief My liefste kinders
    Julle wat vêr van My af voel
    Asseblief, asseblief kom nader aan My

    Ek mis julle so groot
    So baie
    Sê Pappa-God
    Ek wens julle kon My hart sien

    Van julle My liefste-liefste kinders
    Wat al ontdek het
    Die wonder van als
    Met jou Pappa in die hemel deel

    Kinders dankie
    Sê Pappa-God
    So baie dankie vir die vertroue wat julle in My plaas
    Dat julle My met julle geheime vertrou

    Kinders sê Daddy
    Kinders
    So baie dankie daarvoor
    Asseblief hou aan om dit vir My te bring

    Sodoende
    Kan Ek daarmee werk
    Sodoende
    Kan Ek vryheid bly bring

    Kinders sê Daddy
    Kinders
    Liefste-liefste kinders
    Dit is My hart vir julle

    Sien sê Daddy-God
    Die Satan sal vir julle bly vertel
    Julle kan dit nie doen
    Julle kan nie als vir My vertel

    Kinders sê Daddy-God
    Liefste-liefste kinders
    Ek veroordeel nie
    Ek was skoon

    Die kere wat jy val
    Kom net weer na My
    Bring alles na die LiG
    Oor en oor

    Dis hoe ons die onkruid
    Wat die Satan
    In julle lewens geplant het
    Bly uitroei

    Ja liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Ek vra julle
    Volg asseblief My Raad

    My raad is vir julle
    Om julle waarde te ken
    Om te onthou
    Ek is God s’n

    Kinders
    Dis nie iets wat kan gebeur
    As jy in die donker bly sit
    En nie als vir My bring

    Maak My asseblief deel
    Dogter, seun
    Van die donkerte
    Wat in jou lewe wil bly wegkruip

    Bring dit kind
    Als vir My
    Bring dit kind
    Na die Kruis van Golgota

    Oe My Seun se bloed is genoeg
    Meer as genoeg
    Vir die swartste sondaar
    Asseblief weet dit vandag

    Oe kind Ek glo in jou
    Daddy weet
    Jy kan in vryheid begin loop
    Bring als vir My

    Als kind
    Asseblief als
    Jou swakhede
    Ek kan wondere daarmee verrig

    Dis rerig nonsens sê Abba
    Rerig nonsens
    Dat die wêreld en vyand vir julle vertel
    Dat Ek perfekte mense soek

    Oe God se kinders
    Verlore kinders
    Julle sal nooit in elke tree
    Volmaak kan wees

    Daai voorreg liefste kinders
    Sê Abba-God
    Is slegs vir My
    Beskore

    Oe ja liefste kinders
    Oe ja
    Die wonderlikste mooi dinge
    Kan Ek met stukkende lewens maak

    Daar’s soveel hoop vir jou kind
    Soveel
    Jy wat nou hier lees
    Ek hoop dat jy dit in jou hart voel brand

    Kom nader
    Asseblief
    Seun en dogter van God
    Dit is wie jy is

    Dis tyd sê Abba
    Dat hierdie wêreld se mense
    Hulle waarde onthou
    Dis tyd dat hulle besef

    Vir meer is ons gemaak
    Soveel meer
    Wegkruip-in-die-donker
    Dis wat My lewe aan bande lê

    Kinders sê Daddy
    Kinders
    Ek wil so graag hê
    Julle moet kom huppel in die vryheid van My genade

    Vry kind
    Vry!
    Ek wil hê jy moet kom dans
    Van vreugde in die rondte draai

    Oe kinders
    Sê Daddy-God
    Vir vryheid is julle gemaak
    Nie om in die donker weg te kruip

    Kyk na jou lewe kind
    Besef sê Daddy
    Besef asseblief
    Ek en jy is nie in als een

    Ek wil vra kind
    Begin om daai areas met My te deel
    Daai areas waar jy weet en besef
    Hier kruip ek weg van God

    Van julle sê Daddy
    Is al jare lank vas in die donker
    Julle besef nie eers meer
    Ek wil julle red

    Kom vry
    Liefste seun
    Liefste dogter
    Kom na My

    Als in die LiG kind
    Bring als na die LiG
    Dit is waar Satan se donker
    Houvas verloor

    Moenie wegkruip kinders
    Asseblief
    Kom uit vanagter die bosse
    Waar jy skuil

    Ek wil jou aantrek kind
    Ek wil vir jou vertel
    Dat daar nogsteeds
    So ‘n mooi plan vir jou lewe is

    Die vreugde van als met My deel
    Kind dit is waarlik mooi
    Dis vryheid
    Dis waar skaamheid jou nie meer kan terughou

    Amen.

    Ietsie wat ek nie oornag reggekry het nie maar klein treëtjies bring groot groei mee soos mens daarmee aanhou. Probeer dit boetie, sussie. Dis ‘n wonderlike waarheid! Het julle dalk ‘n storie of staaltjie wat julle wil deel in die verband? Deel gerus, ek hoor graag van jou! 🙂