Etiket: verwagting+toekoms

  • Oudag drome

    Oudag drome

    Hou op terugkyk
    Liefste kinders
    Asseblief moet dit nie meer doen
    Begin kyk na dit wat voorlê

    Ja liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Dit gebeur te gereeld
    Dat julle vassit in wat in die verlede lê

    Julle moet ophou terug verlang
    Kinders
    Julle moet ophou dink
    Dit was die beste van my lewe gewees

    Daddy se kinders
    Ek wil graag vir julle sê
    Dit maak My hart bly as julle dankbaarheid in julle harte het
    Tog moet jy weet dat ook die toekoms mooi dinge inhou

    Ja liefste kinders
    Sê Daddy-God
    Dit gebeur gereeld dat julle opgee met drome
    As julle ‘n sekere ouderdom bereik

    Ek wil maar net vandag vir julle kom sê
    Dit maak My hart bly as jy bly glo
    Saam met God
    Kan ek nog groot dinge bereik

    Julle moet nooit die verwagting
    Van groot-dinge-saam-met-My verloor
    Kinders daar’s soveel hoop in daardie verwagting
    Daar’s soveel wat Ek daarmee kan doen

    Kinders sê Daddy
    Hou asseblief aan glo
    Daar’s ‘n rede vir jou lewe
    En Ek kan jou selfs in jou oudag gebruik

    Ja-nee My liefste kinders
    Dis nie ooit nodig
    Om boedel oor te gee en te dink
    Die beste van my lewe het al gebeur

    Nee liefste kinders
    Sê Daddy
    Dit werk eintlik andersom
    Die beste van jou lewe kan nog voorlê

    Ja liefste kinders
    Sê Abba
    Ek wil julle vra om met daai verwagting te leef
    Die een waar jy nog hoop het vir môre

    Oe kinders
    Sê Abba
    As julle net kon sien
    Hoeveel mense vassit in het-ek-maar

    Ja daar is verlore drome
    Wat My kinders partymaal inhaal
    Drome wat hulle laat dink
    Dit is nou te laat

    Kinders Pappa wil maar net vandag
    ‘n Bietjie vir julle kom bemoedig
    Dis nooit te laat
    Selfs vandag nog kan jy iets wonderliks-mooi vir iemand beteken

    Kinders sê Daddy
    Asseblief glo
    Glo dat jou lewe nog waarde dra
    En dat jy selfs nou nog saam met My kan droom

    Ja liefste kinders
    Pappa sien
    Julle het lank gelede opgegee op julle drome
    Gedink dit kan nie meer wees

    Ek wil vandag vir julle kom sê
    Daar is nog hoop
    Solank as wat daar nog asem is in jou longe
    Solank nog is daar ‘n plan vir jou lewe

    Ek sien julle kinders
    Ek weet van julle
    Partymaal twyfel julle
    Maar dis nie ooit nodig nie

    Saam kan ons nog heelwat verrig kinders
    Saam kan ons nog oor die onmoontlike droom
    Moet asseblief nie aanhou terugkyk na die verlede
    Jou jonger dae en dink jy het al die beste beleef

    Soos wat Ek sê
    Liefste kind
    Die beste kan nog vir jou voorlê
    Als as jy sou glo

    Julle moenie bang wees sê Daddy
    Om te glo
    Die krag van glo liefste kinders
    Dit is mooi

    Ek sal julle sterk maak
    As julle naby My sal bly
    As julle net altyd sal erken
    God is groot

    Bely julle afhanklikheid
    Liefste kinders
    Bely altyd dat Ek jou krag en psalm bly
    Vir sulkes is die onmoontlike waarlik moontlik

    Ek wou maar net sê kinders
    Bly naby My
    En julle sal nie ooit nodig hê om te dink
    Dat die beste vir jou in jou verlede lê

    My hart vir julle is altyd
    Om ‘n toekoms en ‘n verwagting vir julle te gee
    Dis hoekom Ek altyd bly sê liefste kinders
    Hou aan vorentoe kyk

    Hou aan sien
    Dat Ek die God van die onmoontlike by julle is
    En dat saam met My
    Alle dinge waarlik moontlik is

    Kinders sê Daddy
    Dis hoop
    Dis verwagting
    Wat Ek nou vir julle gee

    Dit maak My maar net altyd ‘n bietjie hartseer
    Sê Daddy-God
    Wanneer Ek na hierdie wêreld kyk
    En soveel sien wat sonder hoop leef

    Kinders dit was nooit My hart
    Dis nie My bedoeling
    Dis daarom dat Ek vra
    Bly kyk na My

    Bly kyk na My
    Bly kyk na My
    En nie jou verlede nie
    So sal hoop in jou hart lewend bly

    Kinders die beste was nog nie gewees
    Hy kom nog! 🙂
    Dis maar al wat Ek graag wil hê
    Mense in hierdie wêreld moet glo

    By My is dit altyd so
    By My is dit altyd meer as moontlik
    Veral vir die hart
    Wat bereid is om dit te glo

    Amen.

  • Dié slaaf is vry

    Om die seer van die verlede
    Konstant in die oë te kyk
    Bring net pyn en teleurstelling
    Dit maak dat ‘n mens nie kan aanbeweeg

    (meer…)

  • God van die onmoontlike

    Ek kan die onmoontlike doen
    In die harte en lewens
    Van My kinders sê Abba-God
    Ek kan die onmoontlike vermag

    (meer…)