Reghelp-Pappa

‘n Ruk terug hoor ek hoe my boetie vir sy seuntjie sê: “Dis omdat jy speel waar jy nie moet speel nie.” Oomblikke vantevore het kleinding kliphard begin skree, daai tipiese o-tog-wat-het-nou-gebeur-oomblik! Wat die oorsaak was van sy pynkreet weet ek nie maar sy pappa was dadelik naderby met sy reddende hande en vertroosting.

Onwillekeurig begin ek dink aan hoe dit baie dieselfde is met ons en die Here. Hoeveel kere waarsku Sy omgee ons (ek dink nou maar byvoorbeeld aan die stil sagte stem van Heilige Gees) om nie op sekere plekke, saam met sekere mense of met sekere dinge te gaan speel nie maar ore is min of hoe sê ons nog vir die kinders?  😉

Ek onthou aan die begin van verhouding met God hoeveel kere ek verskriklik veroordeel gevoel het as ek iets in die Bybel raaklees of iemand iets sê en ek die prikkel van Waarheid voel steek. Reghelp is nooit lekker nie tot jy besef dis eintlik nie veroordeling nie maar geleenthede vir pragtige groei (sien Romeine 8:1). Dit is, tot volwassenheid in Christus. Die doelwit vir enige Christen veral as jy intimiteit met Hom wil smaak.   

Met lesse geleer kan ek vandag vir jou sê dis eintlik ‘n wonderlike ding om toe te laat dat God se manier jou manier konfronteer en affronteer. Dis hoe die pad van LiG en Sy glorie meer in ons lewens begin skyn. Dis hierdie lewe in oorwinning. Ek bid meer mense begin dit glo!

Elke goeie mamma of pappa op aarde wil sy kind alle onnodige seer spaar. Geen ouer gaan sy of haar kind willens en wetens die gevaar instuur. Nee hulle leer hulle veel eerder hoe om dit te vermy nie waar nie? Presies net so met ons Pappa in die Hemel.

Kom ons leer die prag van God se hart ken. Om Sy manier te vertrou bo ons eie is eintlik ‘n skat want ek meen, kan daar rerig enige iemand beter wees om ons die ropes van die lewe te leer? ♥

Hierdie blog is ook vroeër op Voelgoed se Blogwerf gepubliseer.
ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

2 thoughts on “Reghelp-Pappa”

Leave a comment