Kategorie: Inspirasie

  • Die heelbeste vakansie

    Die heelbeste vakansie

    Vakansie
    Die heerlikste vakansie waarop jy al ooit was
    Dink so daaraan
    Dis wat tyd met God is

    Die beste wegbreek, ooit
    Ja baie-baie mense dink nog nie so daaraan nie
    Baie mense het dit nog nie ondervind
    Maar ja, dis so, dis waar

    Die beste brosjures word mos altyd so uitgestal
    Op die vertoonrakke van reisagentskappe
    Waarnatoe gaan julle volgende?
    Julle hou mos van reis…

    Die beste, die mees eksotiese plekke
    Hulle wag om ontdek te word
    Hulle wag vir julle om te vind
    Ja sê Abba 

    Dit is so
    Dit is presies-presies so
    Presies so 
    Dat My teenwoordigheid ook wag om deur julle besoek te word

    Julle weet mos
    Die beste, die meeste eksklusiewe hotelle
    Wat wag om mense van oral-oor te verwelkom in hulle midde
    Ja hulle wag, die kelners in die restuarante

    Die hotel-portiere wat gaste verwelkom wanneer hulle die eerste keer arriveer
    Oorlaai met vriendelikheid, oorlaai met gasvryheid
    Vir julle gaan ons verseker die beste vakansie van julle leeftyd gee
    Ja hulle word opgelei om dit te sê, hulle word so opgelei om dit te bied

    Valse beloftes
    Ware beloftes
    Nie almal is so mooi en so goed soos wat hulle voorblaaie beloof
    Gelukkig is dit nie dieselfde met Myne nie

    My hotel beloof die beste
    My hotel gee die beste 
    Ja die beste kamerdiens
    Wanneer daai klokkie gelui word of is dit wanneer die oproep gemaak word?

    Room service please
    Reception thank you

    Will you do this?
    Will you please arrange that?

    Ja Ek weet, Ek weet…
    Dis presies hoe baie mense My hanteer…
    Hoekom nie dit nie
    Hoekom nie dat nie

    Ek dink dis omdat te veel mense na hulle pype dans
    Dan dink hulle, hulle kan ook vir My vertel wat hulle wil
    My kinders
    Julle moet steeds onthou


    Daai respek wat julle het en bewys aan die rykste sakemanne ooit
    Daai met geld
    Die eerbied…
    Dit is wat julle steeds vir My ook moet bewys

    Ja julle kan gaaf bly
    Sonder om ooit oor en weer te hiet en te gebied
    Sien dis die ding
    Wanneer mense te gemaklik begin raak

    Wanneer hulle nie meer besef maar hulle besoek
    Die koning van alle konings se paleis
    Beter as Trump se White House sê Abba
    Dit is wat Ek julle bied

    Met My teenwoordigheid
    Sal julle daarvoor begin ja sê?
    Sal julle begin sê…
    Ek wil dit graag ondervind

    Hoekom, hoekom vra Abba
    Kom besoek julle nie My WIT HUIS nie?
    My kind, dis nou nie dat Ek wil onvriendelik wees en Trump op sy neus wil laat kyk nie 
    Maar regtig, selfs sy Trump Hotelle kom nie naby wat Ek My kinders bied

    Wanneer hulle by My hotel inboek nie
    Ja Ek het die beste
    Die beste pamper-klinieks
    Die beste self-sorg eenhede

    Die beste, die beste sê Ek vir julle
    Dit wat nog nie by mense opgekom of hulle aan gedink het nie
    Dit is wat Ek voorberei het vir hulle wat My ken
    Dalk het julle vergeet…

    Strate van goud
    Dit is wat Ek bied
    Strate van goud
    Het julle dit al gesien of ooit ervaar op planeet aarde?

    Nee Ek bedoel nie die goud om julle ringe te laat blink nie
    Ek bedoel die strate waarop julle gaan loop
    Ek sou sê dit is nogals iets wat My kop en skouers vêr bo die ander contenders laat uitstaan
    Julle weet dis mos wat julle vir die reisagente vra

    Wat maak hierdie plek anders as al die ander plekke wat ons kan gaan besoek?
    Ja julle soek altyd die uitsonderlikste van uitsonderlikste plekke
    Steeds het julle nog nooit by My kom aandoen?
    Hoekom, hoekom nie vra Abba

    Hoekom nie?
    Ja julle mis uit
    Hierdie meeste eksotiese plek ooit
    Hierdie gem of a place

    Hy wag vir julle om hom te kom besoek
    En dit, dit lê als in My teenwoordigheid
    Julle weet soos wanneer julle onder masseuses se hande lê né
    En hulle begin julle koppe en lywe so masseer

    Dan maak julle julle oë toe
    En julle word getransporteer na ander plekke
    Ja die beste plekke
    Die heel-heel beste plek

    Dit voel so lekker, dit voel so verfrissed
    Julle wil net meer hê
    Julle wil net nie daai oë van julle weer oopmaak nie
    Nee, nog ‘n bietjie

    Net nog ‘n bietjie van hierdie amazing wonder
    Kan dit nie net nog ‘n rukkie langer aanhou nie?
    Oe dit is die beste, dit is net een van die heerlikste gevoelens ooit
    Een van die wat julle rerig wil hê moet net nooit ophou of vervaag

    Dis mos hoekom julle terugkeer na die masseer-plekke nie?
    Dis hoekom julle aanhou teruggaan
    Dis hoe dit is met My kinders ook
    Die wat nou al ontdek het en genoeg aangedoen het by My Hemelse Hotel

    Hulle sê oor en oor We Are Returning Customers
    Ons wil rerig weer ervaar
    Die wonderlike diens wat julle ons laas keer gebied het
    Sjoe dit was ‘n ondervinding en ‘n half

    Regtig, dit was net iets besonders
    En ons wil dit weer beleef
    My kinders, dis presies
    Die presies hoe dit met My ook is

    Ek bied julle ‘n belewenis uit hierdie wêreld
    ‘n Belewenis uit hierdie wêreld
    En al wat julle sê is
    Nee, volgende keer

    Dalk, dalk volgende keer
    Ek wil julle ‘n belewenis bied, elke keer, wat julle sal onthou
    Ja julle weet
    Julle wat gereeld kom kuier

    Julle weet hoe word My gaste trakteer
    Die beste
    Die beste salon-aanbiedings
    Die beste bederf-pakette

    Julle kan kies
    Waarvoor is julle vandag lus?
    ‘n Pedi in die gees of is dit dalk ‘n massering?
    Waar is die seer?

    Waar is die styf?
    Waar is die swaar?
    Ja ons wil dit ook uitdruk en uitvryf met ons behendige en ervare hande
    Ons wil vir daai stywe knots in jou skouers laat verdwyn en ligter maak

    Dis wat gebeur
    Dis wat gebeur wanneer julle deel
    Wanneer julle oopmaak, wanneer julle sê…
    Dit is waar die probleem lê, asseblief druk en werk daar

    Ja ons hoor die “instruksies” van ons “kliënte” baie mooi
    Oe okay, okay
    Ons sien, ons hoor
    Laat ons daaraan werk

    En dit terwyl die spyseniers en kelnerinne inkom om te kom hoor
    Is daar enige spesifieke happies of drankies wat ons vir julle kan voorberei?
    Ja julle vertel hulle mos
    Die mense met wie julle gesels by die rykste hotelle

    Dis hoe ek daarvan hou, dis hoe ek dit nie verkies
    Soos ‘n steak wat mens gaar maak … ek hou van dit sus, ek hou nie van dit so
    Julle laat hulle mos weet
    Sodat hulle die beste diens vir julle kan bied

    Maar weet julle wat is die beste vir My
    Dis vir My en ons so belangrik
    Om regtig die voorkeure en beswil van ons kliënte bo alles te hou
    Wat is vir hulle belangrik?

    Waarvan sal hulle hou?
    Ja Ek vra My kliënte waarvan hou hulle en waarvan hou hulle nie
    Soos wanneer iemand ‘n bord op sy deur hang wat sê
    Do not disturb gaan ons wragtie nie aan jou deur kom klop

    As iemand sê van dié musiek hou ek nie dan kyk ons, kan ons vir jou iets anders bied
    Ja dis nie te sê
    Julle gaan altyd-altyd julle voorkeure kan geniet nie
    Daar is mos ook ander kliënte vir wie ons ook ‘n graag ‘n wonderlike belewenis wil gee

    Maar met elke versoek wat ons kan waar maak
    Kan julle verseker weet
    Ons sal 
    Ons sal vir ons kliënte die heelbeste gee!

    Dis mos ook waarna julle soek, wanneer julle die reis brosjures deurgaan nie?
    Aanlyn of op die rak?
    Die beloftes van puik diens
    Die Google Reviews wat julle kan gaan naslaan

    Ja dit help nogals né, wanneer julle julle besluite maak…
    Wat sê ander mense wat daar was?
    Beveel hulle dat ‘n mens gaan of moet ‘n mens eerder net wegbly?
    Sien dis die ding

    Dis rerig-rerig die ding
    Julle wil weet, boek ek ‘n kat in die sak of is dit die moeite werd?
    Mense gee mos om daaroor
    Hulle wil nie hulle geld waarvoor hulle hard gewerk het net mors op dit wat nie eintlik waarde dra

    Ja, dit bring My by My kind op die Kruis
    ‘n Duur-duur prys wat Ek daai dag moes betaal
    Maar Ek glo
    Ek glo steeds dit was die moeite werd

    As dit nie was dat Hy gekom het
    En julle ‘n kans kom gee het om My Hotel te besoek nie
    Was daar nooit ‘n kans vir julle nie
    Ja dis soos ‘n boemelaar wat by ‘n hotel wil ingaan…

    Verslons en verslete
    Die sekuriteitwagte gee hom net een kyk dan weet hy sommer hier is nie plek vir hom
    Gaan bedel maar op ‘n ander plek
    Of is dit soos ‘n bespreking wat ‘n persoon nie gemaak het nie

    Maar dan wil hy vra, kan jy plek gee asb?
    Ja dis hoekom hulle vra, die mense by die ingangstoonbank
    Waar is jou bespreking
    Meneer/Mevrou waar is jou bespreking?

    En dan die verligting en flinke diens wanneer hulle sien jy het betaal, jy is geboek
    Daar is plek vir jou
    Meneer/Mevrou jy kan maar deurgaan
    Geniet jou verblyf!

    Ja My kinders, ja 
    Dis maar hoe dit in die Gees ook werk
    Kom boek in by My hotel
    Kom sien wat het Ek vir julle beskikbaar gemaak deur die bloed en prys van My Seun

    Soos Ek sê, dit was ‘n duur prys
    Maar ja
    Elke keer as ‘n kliënt of gas kies om by ons Hotel te kom aandoen
    Dan word My hart warm en Ek voel trots

    Dat ons die beste is
    Ja dis mos lekker, vir enige hotel of diensleweraar wanneer mense vir jou sê…
    Sjoe ja-nee, julle diens is puik
    Ons kan nie kla nie

    Regtig-regtig dis uit die boonste rakke
    Wat sou julle verbeter, as julle kon?
    Waar sou julle iets anders doen?
    En dan te hoor…

    Nee regtig, dis puik
    Dis puik, dis puik
    Daar’s hier en daar dalk ‘n klein-klein dingetjie maar dis nie eers die werd om genoem te word
    Want die totale ervaring was net ongelooflik

    Ongelooflik dis hoe Ek ook voel
    Wanneer julle kom en dit vir My vertel
    Ja Ek hoor dit vele male, sonder tal
    Deur die eeue, steeds nou

    Dankie dankie Jesus
    Dankie dat U gekom het
    Dankie dat U my sonde se prys kom betaal het
    Dankie Jesus

    Dankie dankie
    U is die grote Een
    Die Een waardig om deur al die eeue geprys en aanbid te word
    Ek sou sê ons is ‘n 7-ster hotel

    Die beste
    Die heel-heelbeste wat mense kan kry
    Ons 7-ster hotel het nogals baie komplimente
    Julle moet net gaan kyk

    Die beste in die Mark! Verseker!
    Boek by hulle in nou!
    Jy sal nie spyt wees!
    Jy mis uit as jy nie gaan!

    Dis mos wat julle laat glimlag
    Dis mos wat vir julle vrede in die hart bring wanneer julle boek
    Ek het die beste keuse gemaak
    I did my due diligence

    Vertrou die mense wat vir julle sê dit is die plek
    Dit is die plek wat julle moet gaan besoek!
    Jesus se teenwoordigheid
    Daar is NIKS soos dit

    Daar is soveel Reviews daarbuite
    Julle kan net gaan luister en gaan kyk
    Jesus and His goodness Testimonies please … #InternetSoekIdee
    En ta-da!

    Daar is ‘n hele biblioteek van My 
    Op die Internet
    Julle kan net gaan kyk
    My travel brosjures kan mens orals kry

    Oral-oral oor sal julle sien
    Ons bly julle nooi!
    Hou aan met julle goeie werk
    Sê vele vir ons

    Hou aan, julle doen regtig goed
    Selfs al is die Mark anders op party plekke
    Selfs al stel nie almal belang
    Selfs al is julle nie bestemming nommer 1 vir vele

    Jong, julle doen reg
    Julle moet aanhou
    Julle is ‘n aanwins vir hierdie wêreld, beslis!

    Ons sal ons kliënte die beste bly bied

    Hulle op die hande dra
    Tot hulle eendag hierdie aardse “huis” vir hulle hemelse een verlaat
    Dan sal hulle aandoen by die Hemelse Hotel
    Die een wat Ek hulle nou bied is ‘n vae afbeelding, ‘n proesel van wat kom 

    Die beste, die heel-heel-beste kom nog
    Vir die wat sal sê ja, vir die wat op aarde gesê het ja
    Sien dis jou besprekingskaartjie
    As jy eendag daar kom gaan hulle vir jou vra…

    Meneer/Mevrou waar is jou besprekingskaartjie?
    En dan gaan jy moet antwoord
    Dan gaan jy moet weet
    Ek is gered deur Jesus se bloed

    Hy het vir my betaal
    Oe ja dis reg Meneer/Mevrou ons sien jou rekening is vereffen
    Kom asseblief in
    Jy is welkom om te bly, solank as wat jy wil!

    En dan die vreugde, die vreugde wat jy gaan ervaar
    Omdat jy gaan weet, ek het reg gekies!
    Watter wonderlike vakansie wag op my
    Hier wil ek vir altyd bly!

    “Maar daar staan geskrywe: ‘Wat die mens nog nooit gesien of gehoor het nie, en wat in geen mens se hart
    ooit opgekom het nie – dit het God gereed gemaak vir dié wat vir Hom lief is.’” (1 Korintieërs 2:9 NLV)

  • Kom rus ‘n bietjie

    Hallo vriende,

    Soms maak die wêreld moeg, baie moeg. Al die verantwoordelikhede, al die rond-hardloop, jong dit hou vir ‘n mens so besig dat mens skaars grond vat. As die warrelwind-wiel van die wêreld jou uitgeput en gedreineer laat, is die antwoord God se oase van herlaai … Besoek jy hom gereeld? Beter as die beste eiland, bereikbaar van waar jy is, enige tyd!

    Kliek hier vir die boodskap en prentjies wat Abba op my hart gelê het om te deel.

    Daar is vele meer VLOEI boodskappe op ons Youtube Kanaal wat jou verhouding met God beslis sal inspireer. Gaan loer gerus in en onthou om te SUBSCRIBE wanneer die video’s daarop waarde tot jou lewe byvoeg!

    As jy die kanaal wil ondersteun kan jy hier so maak.

    Shalom, tot volgende keer vriende.

    Letitia

  • Maak Spasie…

    Liewe vriende,

    Welkom by die eerste nuusbrief vir 2024! Kan julle glo, dit is al Februarie?

    My gebed is dat ons elkeen hierdie jaar in ‘n hegte noue band met die Here sal bly wandel. Dit gebeur soms so vinnig dat mens begin afdwaal en ander dinge belangriker raak so ek wil saam met julle vir Jesus toestemming gee om ons te kom herinner sodra ander dinge te veel tyd en aandag van ons in beslag begin neem. Amen? Amen.

    Bank besonderhede:
    Rekening Naam: Anker van Hoop
    Bank: Capitec
    Rekening Nommer: 1507489631
    Takkode: 470010

    Dis vir my so lekker om in te loer, om hierdie boodskap vir julle te skryf. Ek hoop dit bemoedig en versterk julle verhouding met Jesus. Ons moet Sy hand in elke seisoen bly vashou vriende, dis al hoe ons smaak wat Hy voorberei het in hierdie pragtige liefdesreis saam met Hom.

    Moenie opgee op jouself of die werk wat die Heilige Gees in jou wil voltooi nie. Die werk gebeur dalk nie oornag nie maar dit gebeur as ons sal aanhou en uithou. Elke tree met Abba Vader is mooi en het goud so moet geen dag saam met Hom wegwens nie! Elke stukkie as kan Hy verander in sieraad. Laat toe dat Vader vir jou vergifnis en genade vir jouself leer. Dit spruit uit die perfekte prys betaal aan die Kruis van Golgota.

    Vrede en vreugde, dis wat ek oor julle spreek in Jesus se almagtige Naam. Sonder Hom, waar sou ons wees?

    Liefde, tot volgende keer!

    Letitia

  • Die Wêreld en Die Woord

    Die Wêreld en Die Woord

    Hallo vriende,

    Ek hoop dit gaan ongelooflik goed met julle elkeen.

    In my hart ervaar ek dat Abba wil hê ek moet die volgende FLOW night met julle deel. Kyk dit asseblief en onthou … Hy is waardig, Hy is liefde. Sy goedheid met Jesus se koms het dit vir altyd bewys!

    Onthou gerus, julle kan LIVE saam met my kuier op die FLOW aande en ook tydens die Potgooie saam met die gaste. Vra gerus vrae in die kommentaar boksie dan antwoord ons dit vir julle soos die Heilige Gees lei.

    Hou aan om Jesus se hand vas te hou en saam met Hom te groei. Hierdie wêreld het dit nodig!

    Seën vir julle elkeen en baie liefde,

    Letitia

  • Restorasie Proses

    Restorasie Proses

    Opgesluite potensiaal
    Soveel van God se kinders
    Hulle sit met opgesluite potensiaal
    Soveel waarde en krag wat in hulle lê

    Opgesluit lê hulle en wonder
    Wanneer, wanneer gaan die mens wat ons dra se oë oopgaan?
    Wanneer gaan hulle besef
    Ons sit in donker en wonder

    Here gebruik eerder ‘n ander een
    Nee My liefste kind
    Dogter, seun
    Dis jy, jy is die een wat Ek wil gebruik

    Waardeloosheid hou My kinders teë
    Hulle meet hulle waarde met hulle treë wat soms verkeerd stap
    Ek wonder
    Hoe lank gaan dit neem sê Abba

    Vir My kinders om te besef
    Die waarde wat hulle het is reeds bepaal
    Bepaal aan die Kruis van Golgota
    Die dag toe My Seun sê

    Pappa Ek sal gaan
    Ek sal hulle gaan haal
    U kinders terugbring
    Vir hulle gaan sê hulle het nie te vêr geval

    Ek sal hulle terugbring
    Herinner aan die woorde wat U gesê het
    Toe U hulle klaar gemaak het
    Dit is baie goed

    Pappa hulle is geskenke
    Geskenke aan hierdie wêreld gegee
    Hulle sien dit nog net nie Abba
    Want hulle hou aan om hulle ore vir die duiwel uit te leen

    Liefste Pappa
    Ek sal gaan
    Hulle terugbring
    Soms gaan dit moeilik wees My Kind

    Hulle gaan jou nie almal aanvaar
    Hulle gaan jou verwerp
    Met hulle tonge uitmekaar skeur
    Hulle gaan so ‘n omgedopte prentjie met hierdie wêreld deel

    Ek is nie goed
    Ek wil hulle net haat
    ‘n Bespotting van hulle maak
    En hulle Hel toe stuur

    So asof dit My die grootste bevrediging gee
    Hierdie wêreld My kind
    Hulle gaan nie vriendelik met jou wees
    Inteendeel jy gaan heelwat kere op jou tande moet kners van pyn en frustrasie, seer

    Hulle gaan nie sien soos Jy sien
    Hulle gaan nie weet wat Ons weet
    Jy sal hulle moet leer
    Ons gaan hulle ‘n Boek moet gee

    ‘n Boek vol van Ewige Waarhede
    ‘n Boek wat hulle sal help sien
    Want soos wat hulle hom gaan lees
    So gaan die skille begin afval

    Een vir een kind
    Een vir een gaan hulle begin val
    En My kinders meer en meer die Waarheid begin leer
    Soos in My hart

    Dis ‘n transformasie proses om soos Jesus te word
    Maar een vir een gaan hulle leer
    Meer en meer
    Ons Lig en Waarheid op aarde reflekteer

    Liefste Seun, liefste Een
    Sal jy gaan
    Sal jy vir hulle gaan vertel
    Ek wil hulle steeds hê?

    Ja selfs al het die wêreld hulle seergemaak
    Selfs al het sy dinge vir hulle kom vertel wat hulle rond-om geglo en van My verwyder het
    Sal jy Seun, steeds gaan
    Al gaan dit vir jou baie seer inhou?

    Seun hulle gaan vir jou seermaak
    Hulle gaan jou liggaam breek
    Fisies Seun gaan jy vermink wees
    Onherkenbaar vir die wat jou gaan ken op aarde

    Kind hulle gaan vir jou seermaak
    Die wraak en rebellie van hulle sondige geaardheid op jou uithaal
    Sal Ek dit kan doen Pappa?
    Sal Ek dit regkry?

    Sal dit nie te veel vir My wees?
    Pappa hoe, hoe gaan Ek dit regkry?
    Dit klink te groot vir My Pappa
    Vreesaanjaend

    Dit maak My skoon bang en benoud
    Hier diep binne
    Pappa hoe
    Hoe gaan Ek dit regkry?

    Dis ‘n groot eina
    Om so ‘n lydingspad deel te raak
    Maar Ek sal gaan Pappa
    Gaan as dit is wat U plan vra

    Ek weet, Ek weet … U sal met My wees
    My kind
    My liefste liefste Seun
    Eersgeborene van God

    Ek gaan die Heilige Gees saam met jou stuur
    Met Sy krag sal jy dit kan doen
    Hy gaan vir jou versterk die kere wat jy nie meer kan
    Of die pad wil loop

    Die Heilige Gees gaan vir jou herinner en help om te onthou
    Als wat ons hier en nou gesê en besluit het
    Jy gaan om My te verteenwoordig
    Okei My kind

    Doen jy net jou beste
    Ek sal die res doen
    Ek sal hulle terugbring
    Een vir een

    Aanhou tot Ek nie meer kan nie
    Jou bloed sal nie verniet vloei nie My kind
    Jou bloed gaan waarde dra
    Tot die bitter end

    Dit gaan seer gesond maak
    Dit gaan wonde heel
    Dit gaan bloed-wit-gewastes maak
    Van die wat swart was van die sondekleed wat hulle dra

    Ja My liefste Seun
    Ons gaan vir hulle nuwe klere vat
    Rein-Gewas, Wit-Soos-Sneeu
    Dis die name wat op hulle sal staan

    Jesus s’n
    Jesus s’n
    Wit gewas, skoon gewas
    Jesus s’n

    Hoekom kinders
    Hoekom sit julle nog met die donker klere van Verwerping en Nie-Goed-Genoeg?
    Trek uit liefstes
    Trek uit daai ou en dooie klere

    Hulle herinner julle net aan wie julle was sonder My
    Trek uit, trek uit
    Begin in julle nuwe identiteit wandel
    Begin ontdek wie julle in Christus is

    Begin vind als wat in en deur Hom moontlik gemaak is My kinders
    ‘n Lewe vol oorwinning
    My Lewe en Lig wat deur jou skyn
    Sodat ons meer mense kan vertel

    Die wonder, die wonder van wie Jesus is
    Wat Hy kom doen het, vir elkeen wat sal glo
    Hom aanneem as Verlosser
    Saligmaker van hulle harte

    Neem afskeid kinders van gister
    Julle hou aan klou
    Aan die vleispotte van Egipte
    Terwyl julle Beloofde Land wag om in besit geneem te word

    Liefstes seblief
    Wees dapper
    Soos Josua en Kaleb
    Hulle het gesê … Ja daar is reuse om te verslaan

    Maar God is groter as hulle
    Ja die verspieders was vol twyfel
    Twaalf het gegaan
    Tien het terug gekom met ‘n negatiewe rapport

    Ja liefstes
    Dis wat julle ook baie doen
    As Ek sê … Kind jy sal moet laat gaan van dit en dit
    Ja julle wonder reeds … nee ek sal nie, nee ek wil nie

    Kind kan Ek net sê
    Jy kan jou nie in Egipte en die Beloofde Land op dieselfde tyd bevind nie
    Dis een van hulle
    Nie albei

    Maak seblief die keuse
    My kind
    Om deur die Rooi See te trek
    Laat jou doop

    Maak daai doelbewuste besluit
    Vandag trek ek en ek kom nie weer terug
    Ek gaan daai nuwe pak klere waarvoor Jesus betaal het aantrek
    Ek gaan skitter en blink daarin!

    Ja liefstes
    Laat julle doop
    Laat julle gevul word met die krag van My Heilige Gees
    En julle sal sien hoeveel makliker die pad raak

    Nooit sonder stampe en stote
    Maar met ‘n aanhou wat julle sal verstom
    Kom kruip weg My kinders, kom kruip weg by My
    Ek is die Heilige van Israel

    Die Hoogste God, die Hoogste Een
    Verheerlik My dan asseblief met julle lewens kinders
    Verheerlik My met die teruggee van julle lewens
    Met die vertroue en hoop wat julle in My stel

    Julle is gemaak vir groter dinge kinders
    As waarby julle bly
    Soos hoenders bly julle pik tussen die aardse
    Terwyl hemelse vlugte op jou as arend wag

    Kom My kinders
    Kom lig daai kenne
    Begin besig raak met die dinge van die Gees
    Daar waar Lewe en Lig lê

    In verhouding met My
    Die gordyn is geskeur
    Alle skeiding verwyder
    Tussen My en jou

    Kom deur Jesus
    Sy wonde het betaal
    Geen ander het Sy las gedra
    Geen mens kan die eer daarvoor kry

    Ek is die Een
    Wat die sleutel van die Hemel hou
    Kom sluit oop die deur daarna
    Met jou oorgawe aan My

    Leer My ken liefste
    Die Een wat gekom het
    Sodat God se kinders
    Weer Syne genoem kon word

    Identiteit en Waarde is herstel
    Die restorasie-proses in plek gesit
    Die dag toe Jesus sê
    Dit is volbring

    Hou aan kinders
    Hou aan om Hom Heer en Meester te noem
    Hy is dit waardig
    Net Hy, net Hy

    Het met Sy bloed betaal
    Kosbare bloed
    Die bloed wat nooit sy krag sal verloor
    Vind jou identiteit daarin

    In Jesus se Naam, Amen.

  • Oorloë & Veldslae

    Oorloë & Veldslae

    Seer in Jesus se hande
    Is soos klei in die hande van ‘n Pottebakker
    Wees verseker
    Hy werk versigtig

    Vertrou Hom
    Vertrou wat Hy wil doen
    Daar is geen Pottebakker
    So bekwaam soos Hy!

    Sag en seker
    Vou Hy die klei
    “Ek is besig met ‘n meesterstuk
    Oe die storie wat hy gaan vertel!”

    Ek wonder of mense
    Dit besef, dit weet
    Ek het vir lank ook nie
    Prys die Heer ek is nou hier

    Ja vir my het Hy kom wys
    Oorhandig dit aan My
    Daai diep seer binne
    Daai pyn wat jou soms verblind

    Is daar ‘n situasie in jou lewe
    ‘n Gebeurtenis
    Iets wat gebeur het
    Wat jou nou nog pla?

    Hoekom moes dit so gebeur
    Kon dit nie anders wees
    Ek wens dit was nie so
    Ek wens ek het nooit nodig gehad om dit te beleef

    Sukkel jy ook soms
    Met sulke gedagtes
    Steke van pyn
    Wat gereeld jou hart deurboor?

    Die pyn is daar
    Dis eg, dis seer
    Jy voel dit
    Jesus sien dit

    Jy moet weet
    Jesus-sussie
    Jesus-boetie
    Vir daai pyn het Jesus alreeds soveel moontlikhede

    Stories van herstel
    Redemptive stories
    Comeback stories
    Die waarvan ons almal hou

    Ons moet Jesus net toelaat
    Om hulle met ons lewens te skryf
    Want so dikwels hou ons vas aan die seer
    Dan raak ons soos ‘n soutpilaar

    Net soos Lot se vrou
    Hard en koud
    Stagnant
    Ja want ons bly terugkyk, in die verlede leef

    Ons kan nie bly terugkyk
    Kinders van God
    Om daar te leef
    Ons moet daarna kyk om aan te beweeg

    Kan ek ons almal herinner
    Die Bybel sê
    Vergeet wat agter is, strek jou uit na wat voor is
    Dit beteken, glo in wat Jesus met jou pyn kan doen

    In Sy hande word seer
    Die sagste mees werkbaarste klei
    Hy verander dit in voorwerpe van soveel eer
    God se glorie skyn daaruit voort!

    Ja vir lank moes ook ek
    Situasies saam my dra
    Dinge wat seer maak
    Want ek het nie verstaan

    Dalk moet ons meer gereeld vir Jesus vra
    Jesus waar was U
    Wys my asseblief
    Gee my U perspektief

    Dit bring mens
    Op ‘n plek van heling
    ‘n Plek waar Jesus se liefde so gesond maak
    Daar waar eens so seer was

    Heelwat mense sit met harte
    Gelykstaande aan oorlogsvelde
    Heelwat oorloë is gevoer
    Baie skade is nagelaat

    Dit is God se hart
    Om altyd die skade te herstel
    Om op te bou
    Daar waar verwoesting gestrooi lê

    Mense kan dit nie alleen regkry!
    Al probeer baie
    Die Geneesheer van elke hart en lewe
    Bly die Skepper daarvan

    Met hierdie skrywe vandag wil ek net aanmoedig
    Begin die seer in jou hart
    Daai wat ‘n pyn in jou binneste laat as jy daaraan dink
    Oorhandig aan die Here

    Begin dit vir Hom gee
    Dalk moet jy Hom eers beter leer ken
    Want dan raak vertrou makliker
    En sal oorgee nie so ‘n struikelblok meer wees

    Jy sal en kan oorwin
    Al die terugslae van jou lewe
    Want Jesus is op die Troon
    En jy is Syne

    Al wat dit vat
    Is ‘n jy wat kies
    Ek wil die stories van Jesus
    Met my lewe skryf!

    Amen.

  • Hoe behou ons hoop?

    Hoe behou ons hoop?

    Liewe vriende,

    Ons leef tans in ‘n tyd waar hoop besig is om teen rasse skede te verdwyn uit die harte van soveel mense – jip net soos die sandstraaltjie deur die nek van ‘n uurglas – want die effekte van die Korona-virus begin ernstig aan lewens knaag.

    Pappa-God is steeds in beheer. Hy wil ons hoop laat toeneem en help om stewig te staan teen al die aanslae.

    Ek het onlangs ‘n potgooi-reeks “Hoop Leef” opgeneem en deel dit graag met julle hieronder. As jy nie weet hoe jy hierdie seisoen gaan oorleef nie of dalk benodig jy net ‘n tikkie inspirasie nooi ek jou om die skakels te volg en te gaan luister.

    1. https://soundcloud.com/user-127446156/trek-nader-aan-god
    2. https://soundcloud.com/user-127446156/2-prop-in-by-hoop
    3. https://soundcloud.com/user-1274461…/3-lofprysing-aanbidding
    4. https://soundcloud.com/user-127446156/4-deel-jou-hart
    5. https://soundcloud.com/user-127446156/5-krag-van-die-woord
    6. https://soundcloud.com/user-127446156/6-god-is-groter
    7. https://soundcloud.com/user-127446156/7-dankbaarheid
    8. https://soundcloud.com/user-127446156/8-god-is-daar
    9. https://soundcloud.com/user-127446156/9-fondasies
    10. https://soundcloud.com/user-127446156/10-hoop-wat-gee

    Mag dit ‘n kombers van Hemelse-vrede-want-God-is-in-beheer oor jou skouers kom gooi.

    Sterk staan kind van God. Hierdie is ‘n gulde geleentheid vir groei in die Gees.

    Kom ons onthou … HOOP LEEF!

    En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!

    Romeine 15:13

    Jesus liefde,

    Letitia

  • Fondasies (‘n Woord in seisoen)

    Fondasies (‘n Woord in seisoen)

    Liewe vriende en vriendinne,

    Laas week sit ek so bietjie by Jesus. Net om te besin. En om uit te vis waar Abba se hart is in hierdie opgesluit-in-ons-huise-deur-die-Corona-virus-seisoen.

    Wat ervaar ek toe in die tyd van rustig raak en aandag gee aan Abba? Hoe Hy die volgende vir my kom wys…

    Ek sien ‘n pilaar … stewig en sterk … onbeweegbaar vas. ‘n Ware kruidjie-roer-my-nie. En ek besef opnuut … Jesus is die pilaar van krag in die harte van Sy kinders. Dit is Hy wat ons onderhou en so styf vashou in elke teëspoed-tyd.

    Tye van donkerte en onsekerheid soos die een waarin ons onsself bevind ontbloot net wat onder die oppervlak lê of is.

    Hoe anders sal die wêreld die krag van die kerk sien as hulle fondasies nie geskud word nie?

    Waarop is jou huis, vertroue, rus gebou? Op Christus of ‘n ander? Die Bybel sê net een gaan bly staan. Net een.

    Jesus Christus.
    Die Sterk Een.
    Die Rots onder Sy kinders se voete.

    Dis eintlik ‘n wonderlike ding. Die ding wat op die oomblik gebeur … die ruk en skud van fondasies … want … dit wys die betrouheid en krag daarvan.

    God se Woord sê…

    Geseënd is die man wat op die Here vertrou, en wie se vertroue die Here is.

    Jeremia 17:7

    Die Bybel beloof ook dat hulle wat op God vertrou nie beskaamd sal staan nie.

    Die krag van perde, die hulp van Egipte…
    Dis nietigheid.

    Die krag van fondasies word in die tyd openbaar … dis al.

    Ken jy al vir Jesus?
    Het jy Hom al in jou lewensboot genooi?
    Het jy die fondasies van jou lewe al op Hom gebou?

    Oe julle Abba wag. Hy wag om vir julle sekerheid te gee. Oor die hiernamaals ja. Maar veral hier en nou. Hy wil vir jou die rustigheid en krag bring van ‘n onwankelbare fondasie. Sy Koninkryk kan nie geskud word nie.

    Ja elke ander koninkryk gaan neergewerp word, die vestings van goud en vertroue wat ons gebou het. Abba kom gee hoop vandag … bou in geloof, hou aan en weet … dié fondasie kan homself nie te pletter val nie.

    Wie is tog die Erekoning? Die Here, sterk en geweldig, die Here geweldig in die stryd. Hef op julle hoofde, o poorte, ja, hef op, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan! Wie is dan tog die Erekoning? Die Here van die leërskare – Hy is die Erekoning!

    Psalm 24:7-10

    Hy is ons magtige Toring in tawwe tye. Daar is soveel mooi verse in die Bybel hieroor.

    Fokus altyddeur op Jesus en wandel in Sy volmaakte vrede (Jesaja 26:3-4).

    Die Naam van die Here is ‘n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut.

    Spreuke 18:10

    Kom ons laat hierdie tye toe om ons geloof in God sterker te weef en nie te laat uitrafel nie.

    God is vir ons ‘n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in ‘n hoë mate beproef.

    Psalm 46:1

    Rig jou oë tot die hemele. Waar kom ons hulp vandaan? Ons hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.

    Mag ons hierdie tyd regtig benut om God se hartklop te vind en te hoor.

    Ek bid Abba se vrede oor julle elkeen se gemoed. Sy almag is op die Troon. Ewig in elke eeu. Amen.

    Deel hierdie kuberbriefie gerus met ander om te inspireer.

    Liefde vir almal, so baie.

    Letitia

    Twee ander dinge wat ek ook ervaar het ek met julle moet deel:

    1) Linda Chuter van Lady Rose het haar boek “Purified 7 times over” uit gehoorsaamheid aan Abba gedurende hierdie lockdown periode gratis beskikbaar gestel. Dis ‘n hemelse uitnodiging vir nou. Laai die pdf weergawe af by hierdie skakel en lekker lees.

    2) Worship SA is ‘n platform waar verskeie aanbiddingsleiers van regoor ons land daagliks tot die 15de April aanlyn-sessies lei. Dit begin 6 uur soggens en hou aan tot 12 uur saans. Gaan vind vars vrede en vreugde in Jesus saam met hulle op die Facebook bladsy.

    Hierdie uitbeelding is vir my so pragtig & kragtig!
  • Sterk-staan!

    So hier in Suid-Afrika staan ons op die drumpel van ‘n nasionale afsluiting … iets wat ons in my lewensjare op aarde nog nie ondervind het nie. Mense wêreldwyd lê ook maar laag tans. Verstaanbaar so. Die risiko wil ons verlaag.

    Tog wonder ek … sien mense die wonderlike potensiaal opgesluit in die tyd tussen ons huis en erf se mure?

    Julle Abba wil ons vandag bemoedig … Hou My hoog bo alles in hierdie storm en julle sal My vrede, hoop en vreugde steeds ken. Bo alles – ook die Corona Virus Covid 19 – troon Abba nogsteeds as Heer.

    As jy sukkel om positief te bly of om die goed in dit wat soos een groot gemors voel te vind gaan klop liewe vriend en vriendin by Abba aan en vra Hom om jou te wys Sy goud in hierdie pad.

    Hierdie is ‘n gulde geleentheid om God beter te leer ken. Trek nader, altyd nader aan Hom.

    Pappa wil nie hê ons moet verslaan deur hierdie ding ons koppe laat hang nie. Nee Hy is die God wat steeds prag uit as kan voortbring. Die konsekwensies gaan ons dalk ervaar maar net so veel Sy getrouheid steeds. Soos deur al die jare voor dit.

    Ons HOOP is Jesus Christus se koms na die aarde & Sy rotsvaste teenwoordigheid by ons in die dale en valleie van die lewe.

    Mag jou geankerde geloof skyn in die tyd! Mag dit ongereddes lok na die redding van God! Die saadjies van LIG, LIEFDE en WAARHEID wat jy met jou woorde en dade saai in die tyd is heel moontlik die einste dit wat Abba wil, kan en sal gebruik om dit reg te kry.

    Bybelverse wat by my opkom soos ek hier tik.
    > Jesaja 43:2
    > 1 Johannes 5:5
    > Romeine 8:31
    > Johannes 3:16

    Gaan lees, onderstreep en oordink hulle bietjie. Laat toe dat die vrede wat hulle besit jou hart stywe drukkies gee.

    Liefde boetie en sussie. Saam met Jesus gaan ons hierdeur, weet dit!

    Letitia

    #BlyPositief #BlyBely #GodIsGetrou #GodisGoed #GodIsMetOns #GodIsVirOns #GeloofInAksie #DieBybelSeBeloftesIsSoveelMeerAsSoetsappigeSuiker #StaanVas #GodIsGroter #TydOmTeSkyn #DonkerDaeNooiOnsUitOmGodSeMooiHartMeerTeOntdek
    #HoeDonkerderDieNagHoeHelderderSkynGodSeLigInOns
    #JesusRotsVanDieEeeue #BouJouHuisOpDieROTS

  • Soek Jesus die jaar met ‘n volkome hart

    Liewe vriende,

    My nuwejaars-seënwens aan julle elkeen. Ek wil dit graag met julle deel, al is dit al Februarie! 😋

    Vroeër die jaar lees ek hierdie woorde van Paulus aan die Korinte en sien ewe skielik duidelik ‘n strategie van die duiwel. Dit is die vyand van my en jou se verhouding met God.

    “Ek is tog bang dat julle gedagtes weggevoer sal word van julle opregte en suiwer toewyding aan Christus, net soos die slang Eva met sy listigheid verlei het.”

    Wat val Satan aan, konstant, in elke gelowige se lewe?

    Ons heelhartige, opregte, suiwer toewyding aan God.

    Hoe doen hy dit?  Deur listigheid en bedrog, baie subtiel en slinks.

    Hy probeer altyd om ons toewyding te verminder deur onder andere baie aantreklike aanloklikhede te stuur wat ongelooflik moeilik is om te weier. En hy sê nie vir ons nie, ons is besig om te divert wanneer ons vir hulle ja sê.

    Dit herinner my aan ‘n storie wat julle dalk al gehoor het. Dit vertel van ‘n persoon wat reguit geloop het maar na ‘n rukkie het hy koers verander. Dit was effe, soos ek meen ‘n millimeter dalk maar toe hy eers die koers kies en begin stap en al hoe verder aanhou daarmee het dit hom naderhand op ‘n 90 grade of meer punt weg van sy punt waar hy sou opeindig gebring. Dis wat begin gebeur as ons toelaat dat ander dinge die aandag begin kry wat Abba toekom. Dit steel ons devotion aan Hom, dit maak dit halfhartig, afgewater, tweedehands en dis nie wat ons wil hê moet gebeur.

    Daar is ‘n battle te baklei kind van God, in elkeen van ons se lewens. Ons kan God nie met halfhartige harte dien nie. Nie as ons regtig by die wonder van wie Hy is en wat ons in verhouding met Hom kan smaak wil uitkom nie. Wees bewus.

    Dis maar tot wat ek my en jou vandag wil aanspoor … WHOLEHEARTED DEVOTION aan Pappa-God. Die heel-jaar deur.

    Mag 2020 julle beste jaar nog saam met God wees. Mag Jesus regtig Koning in ons lewens wees.

    Baie liefde!

    Letitia

    #HerstelFokus #HouFokus #GodEerste #WeesBewusVanDitWatAandagSteel
    #aanloklikhede #BegeerlikhedeVanDieVlees #JesusIsDieLekkersteLekker #OnsIsGemaakVirDieEwige #IetsInOnsElkeenSmagNaMeer #DieTydelikeVervulNieNaastenbyDieselfdeHulleKanNie

  • Hoop vir jou dag! 🍁

    Hoop vir jou dag! 🍁

    Partykeer as die lewensstorms woed en ons kry net nie gewen in hierdie aardse stryd wat mens DIE LEWE noem nie is dit menslik, so menslik om te begin twyfel aan God se daar-wees. Want. ‘n Mens kry Hom en Sy nabyheid net nie gevoel nie. En ons wil so graag daai sekerheid hê in die Hy-voel-so-vêr en asof-Hy-glad-nie-omgee-nie.

    Ek het al so gevoel. Alleen en heeltemal verlate. Ja God-verlate. Maar dan … saggies … hoor ek hoe Sy Gees kom herinner … Het jy jou Woord gelees? Sal jy onthou … dit sê … Al gaan jy deur dale van doodskaduwees, Ek sal by jou wees. Al wil die waters jou boot binnestroom en oorstroom, al wedywer die oondvure om warmer as mekaar te wees … hulle sal nie die oorhand kry.

    Die Woord sê ook … God Sjamma … God Altyd daar. Dis een van Sy kosbare name. Weet dit vandag liewe kind van die Almagtige. Jy mag hoe alleen VOEL maar dis net nie waar nie want GOD se WOORD kan nie jok nie en dit beloof … Ek sal jou NOOIT begewe of verlaat nie (Hebreërs 13:5).

    Ek dink dis waar geloof inkom. Ons moet glo. Dit wat ons nie kan sien of noodwendig ervaar nie (Hebreërs 11:1). Dis hoe ons geloof sterker spiere bou. Weet dit vandag liewe boetie en sussie, jou glo, dit is die moeite werd.

    🍁 Geseënd is jy!

    Die woorde van die Here is rein woorde, silwer wat gelouter is in ‘n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal.

    – Psalms 12 vers 7. #onskangodmaarglo #godismeerasonsemosies
    Ek nooi jou graag om ons ook op Facebook te volg as jy sou belangstel.
    Partymaal deel ek prentjies, ens. daar wat ek nie alles hier op die blog plaas nie.
    En ook andersom. Hulle werk maar so hand aan hand! ♥
  • Om God te ken

    Om God te ken

    Hierdie laat my sommer dink aan wat ons in Johannes 17:3 raaklees.

    Die Amplified Bible skets die versie met so mooi prentjie;

    And this is eternal life: (it means) to know (to perceive, recognize, become acquinted with, and understand) You, the only true and real God, and (likewise) to know Him, Jesus (as the) Christ (the Anointed One, the Messiah), Whom You have sent.

    Het julle geweet ‘ken’ in hierdie vers verwys na intimieme ken?

    Soos tussen man en vrou. Nie soseer op seksuele vlak maar meer die emosionele hart en kop-konneksie wat dit voorafgaan.

    Om God te ken is bedoel om veel meer te wees as net weet-van.

    Dis ‘n uitnodiging na ‘n persoonlike intieme verhouding met God, soos die mooiste en spesiaalste verhouding tussen twee mense.

    My stuiwer in die ambeurs vir vandag! 

    👫♥👫

    #daarismeerasdieKruisvanJesus #DaarIsVerhoudingMetGod #OmUTeKenIsLewe