Liewe vriende,
Hoop dit gaan baie goed met julle almal. 🙂
Ek is opgewonde om julle te vertel van ‘n wonderlike projek wat so paar maande terug my pad gekruis het. Lees meer daaroor hieronder!
Royal Family Kids Kampe. Kampe met soveel amazingness. Sjoe my hart word skoon warm en hartseer tegelyk wanneer ek na videos oor dié kampe kyk. Warm omdat daar mense is wat omgee. Hartseer omdat daar soveel kinders is daarbuite wat diep pyn ken.
Ek stel julle graag voor aan I.C.U. / Influeincing Children & Youth (http://www.i-c-y.co.za). Hulle is ‘n nie-winsgewende organisasie gewy daaraan om die lewens van mishandelde en verwaasloosde kinders tussen die ouderdom 7-14 op te helder.
Een van die maniere waarop hulle dit doen is deur jaarlikse kampe en mentorskap-programme aan te bied vir hierdie minderbevoorregte kinders. Kinders uit die gemeenskap wat nie die omgee en liefde van ‘n gesonde gesinsverband ken nie.
Hulle doen soveel moeite om die kinders spesiaal en geliefd te laat voel gedurende die 5-dag kamp. Die kinders word ook in hierdie tyd vertel van God se liefde, die Kruis van Jesus en dat daar ‘n plan vir hulle elkeen se lewe is.
Benoni, Roodepoort, Secunda, Alberton, Ladismith (in die Kaap), Brits en Namibië is voorbeelde van waar die kampe aan die suide van die Afrika kontinent aangebied word.
Vind hier uit hoe mens hulle kan help met hierdie jaar se Kempton-Park kamp:
Met die hulp van ons ondersteuners kon & kan Liefde in Aksie (ons praktiese omgee-been) al R 925.00 bydra vir hierdie jaar se kamp benodighede. So wonderlik, dankie julle!
Maar daar is nog ietsie wat ek graag met julle wil deel. Ek sal die kamp (24 Junie – 29 Junie 2018) baie graag wil bywoon as vrywilliger. Dit sal vir my ‘n voorreg wees om saam met die res van die span vir die kiddies te gaan wys hoe Jesus se liefde in aksie lyk. Hiervoor benodig ek R1 200.00. As jy in jou hart voel om ‘n bydrae te maak in hierdie verband is jy welkom om my te laat weet of RFK as verwysing te gebruik met jou donasie inbetaling.
Baie dankie vir jou omgee, al is dit net om in jou gebede aan die seer-hart-kinders van hierdie wêreld te dink. ‘n Verskil kan ons maak! x
Kyk hier om te sien hoe die kampe lewens impakteer…
Dankie dat ek kon deel.
Groetnis en baie seën!
Letitia xxx