Etiket: afrikaanse+blog

  • Maak Spasie…

    Liewe vriende,

    Welkom by die eerste nuusbrief vir 2024! Kan julle glo, dit is al Februarie?

    My gebed is dat ons elkeen hierdie jaar in ‘n hegte noue band met die Here sal bly wandel. Dit gebeur soms so vinnig dat mens begin afdwaal en ander dinge belangriker raak so ek wil saam met julle vir Jesus toestemming gee om ons te kom herinner sodra ander dinge te veel tyd en aandag van ons in beslag begin neem. Amen? Amen.

    Bank besonderhede:
    Rekening Naam: Anker van Hoop
    Bank: Capitec
    Rekening Nommer: 1507489631
    Takkode: 470010

    Dis vir my so lekker om in te loer, om hierdie boodskap vir julle te skryf. Ek hoop dit bemoedig en versterk julle verhouding met Jesus. Ons moet Sy hand in elke seisoen bly vashou vriende, dis al hoe ons smaak wat Hy voorberei het in hierdie pragtige liefdesreis saam met Hom.

    Moenie opgee op jouself of die werk wat die Heilige Gees in jou wil voltooi nie. Die werk gebeur dalk nie oornag nie maar dit gebeur as ons sal aanhou en uithou. Elke tree met Abba Vader is mooi en het goud so moet geen dag saam met Hom wegwens nie! Elke stukkie as kan Hy verander in sieraad. Laat toe dat Vader vir jou vergifnis en genade vir jouself leer. Dit spruit uit die perfekte prys betaal aan die Kruis van Golgota.

    Vrede en vreugde, dis wat ek oor julle spreek in Jesus se almagtige Naam. Sonder Hom, waar sou ons wees?

    Liefde, tot volgende keer!

    Letitia

  • Oorloë & Veldslae

    Oorloë & Veldslae

    Seer in Jesus se hande
    Is soos klei in die hande van ‘n Pottebakker
    Wees verseker
    Hy werk versigtig

    Vertrou Hom
    Vertrou wat Hy wil doen
    Daar is geen Pottebakker
    So bekwaam soos Hy!

    Sag en seker
    Vou Hy die klei
    “Ek is besig met ‘n meesterstuk
    Oe die storie wat hy gaan vertel!”

    Ek wonder of mense
    Dit besef, dit weet
    Ek het vir lank ook nie
    Prys die Heer ek is nou hier

    Ja vir my het Hy kom wys
    Oorhandig dit aan My
    Daai diep seer binne
    Daai pyn wat jou soms verblind

    Is daar ‘n situasie in jou lewe
    ‘n Gebeurtenis
    Iets wat gebeur het
    Wat jou nou nog pla?

    Hoekom moes dit so gebeur
    Kon dit nie anders wees
    Ek wens dit was nie so
    Ek wens ek het nooit nodig gehad om dit te beleef

    Sukkel jy ook soms
    Met sulke gedagtes
    Steke van pyn
    Wat gereeld jou hart deurboor?

    Die pyn is daar
    Dis eg, dis seer
    Jy voel dit
    Jesus sien dit

    Jy moet weet
    Jesus-sussie
    Jesus-boetie
    Vir daai pyn het Jesus alreeds soveel moontlikhede

    Stories van herstel
    Redemptive stories
    Comeback stories
    Die waarvan ons almal hou

    Ons moet Jesus net toelaat
    Om hulle met ons lewens te skryf
    Want so dikwels hou ons vas aan die seer
    Dan raak ons soos ‘n soutpilaar

    Net soos Lot se vrou
    Hard en koud
    Stagnant
    Ja want ons bly terugkyk, in die verlede leef

    Ons kan nie bly terugkyk
    Kinders van God
    Om daar te leef
    Ons moet daarna kyk om aan te beweeg

    Kan ek ons almal herinner
    Die Bybel sê
    Vergeet wat agter is, strek jou uit na wat voor is
    Dit beteken, glo in wat Jesus met jou pyn kan doen

    In Sy hande word seer
    Die sagste mees werkbaarste klei
    Hy verander dit in voorwerpe van soveel eer
    God se glorie skyn daaruit voort!

    Ja vir lank moes ook ek
    Situasies saam my dra
    Dinge wat seer maak
    Want ek het nie verstaan

    Dalk moet ons meer gereeld vir Jesus vra
    Jesus waar was U
    Wys my asseblief
    Gee my U perspektief

    Dit bring mens
    Op ‘n plek van heling
    ‘n Plek waar Jesus se liefde so gesond maak
    Daar waar eens so seer was

    Heelwat mense sit met harte
    Gelykstaande aan oorlogsvelde
    Heelwat oorloë is gevoer
    Baie skade is nagelaat

    Dit is God se hart
    Om altyd die skade te herstel
    Om op te bou
    Daar waar verwoesting gestrooi lê

    Mense kan dit nie alleen regkry!
    Al probeer baie
    Die Geneesheer van elke hart en lewe
    Bly die Skepper daarvan

    Met hierdie skrywe vandag wil ek net aanmoedig
    Begin die seer in jou hart
    Daai wat ‘n pyn in jou binneste laat as jy daaraan dink
    Oorhandig aan die Here

    Begin dit vir Hom gee
    Dalk moet jy Hom eers beter leer ken
    Want dan raak vertrou makliker
    En sal oorgee nie so ‘n struikelblok meer wees

    Jy sal en kan oorwin
    Al die terugslae van jou lewe
    Want Jesus is op die Troon
    En jy is Syne

    Al wat dit vat
    Is ‘n jy wat kies
    Ek wil die stories van Jesus
    Met my lewe skryf!

    Amen.