Etiket: anker+van+hoop

  • Nuwe toerusting & missie vir 2023!

    Nuwe toerusting & missie vir 2023!

    Liewe vriende,

    Dis so lekker vir my om hallo te sê in ‘n nuusbrief-tipe-blog.

    Ek hoop dat dit werklikwaar baie goed gaan met elkeen van julle?

    Sê gerus terug hallo in die kommentaar boksie, dit is altyd lekker om van julle te hoor.

    ‘n Paar dae gelede is daar ‘n nuwe video vrygestel op ons video platforms en ek wil dit graag deel met julle.

    Kliek hierdie skakel om hom te kyk!

    Ek sien uit na ‘n vrugbare jaar, saam met Abba en saam met julle. Mag ons elke dag van 2023 wandel in Sy oorwinning, krag, leiding en liefde.

    Jesus-groete uit my hart,

    Letitia

  • Soeklig van die Hart

    Soeklig van die Hart

    U weet
    U lees die taal van my hart
    Dankie dat U verstaan
    Meer as wat ek of enige mens ooit kan

    Dankie dat ons U kan vertrou
    Abba
    Met die seer, die vrese
    Die vrae, die wonder

    Baie male in ons hart
    Mense vertrou ons nie
    Dit maak te seer
    Ons glo dit

    Soms, partymale is dit so
    Maar ons moet nooit vergeet
    Om Jesus deel te maak
    Van die vrese, vrae, wonder en seer

    Is een van die beste dinge
    Wat ons ooit op aarde sal kan baas-raak
    Ja julle
    Ons moet vertrou

    God weet beter
    Hy sal genees
    Hy kan
    Het julle geweet?

    Ons hoef nie met pyn in ons binnestes te loop
    Lank nadat iets gebeur het nie
    Soms maak ons mos ook
    Asof dit lankal nie meer bestaan, bêre dit diep

    Ek wil julle net vra
    Kinders van God
    God se kinders
    Begin Lig daaroor bid

    Jesus se Lig
    Begin Hom as soeklig aanstel
    Die Soeklig van jou hart
    Jesus se Heilige Gees

    Dat Hy met Sy vrede en voorspoed
    Jou hart se donkerte begin verlig
    Julle verstaan nie
    Ja ons wil nie altyd hoor

    Daai seer moet oop kinders, hulle moet begin oopgaan
    Anders gaan die wonde net aanhou sweer
    Ja op die seerste maniere
    Sweer hulle in julle lewens kinders

    Hulle tas julle huwelike aan
    Julle verhoudings met julle mans, vrouens
    Kinders en selfs die bure en naastes
    Soveel sere en swere wat woon in die harte van mense

    Hulle het seer
    Hulle het seer
    Tog wil hulle dit nie glo
    Kan Ek aan julle net die warmste uitnodiging van julle lewe bied?

    Dis die Heilige Gees wat praat
    God se Gees
    Die Lewensveranderende Gees
    Die Gees sonder gelyke

    Die Gees
    Die Ewige God se Bondgenoot
    Ja ek en Abba het lank terug ‘n verbond gesluit
    Saam, saam sal ons mense se mismaakte mishandelende lewens weer optel en oprig

    Ja hoop kom gee
    Waar hoop gebreek is
    Heel dikwels sommer van kleintyd af al
    Die duiwel het geen genade-skaal

    Kinders julle moet dit weet
    Julle moet besef
    Ek gee geen pad aan ‘n mens as Ek nie weet dat Ek en sy of hy dit saam kan oorwin nie
    Geliefdes onthou

    Daai woorde sê julle te vinnig
    Julle sê dit te vinnig, te gereeld
    Hoekom is dit dan nie vra die Gees van Abba
    Dat julle hierdie woorde nie onthou

    Wanneer Ek saam met julle die pyn van die verlede in die oë wil gaan kyk?
    Ek wil julle by vryheid uitbring liefstes
    Al die vryheid waarvoor Jesus so duur betaal het aan die Kruis
    Dis nie nodig My kinders

    Om met kneukels styf aan daai kettings vas te hou
    Julle het nou al lief geraak vir hulle
    Vir jare nou al vir hulle begin sê
    Julle is my getroue volgelinge

    Vir julle sal ek in my vertroue bly neem
    Ja ek sal vir julle vertel
    Dit is veiliger en beter dat ons vriende bly
    Ons paaie moet nie skei

    Julle vertrou hulle meer as wat julle My vertrou
    Sê God se Gees
    Hoekom nie aan My
    Die wonderwerkende krag van God ‘n kans met jou seer gee?

    Ja Ek weet
    Julle is al vetrouelinge
    Julle voel veilig by mekaar
    Julle kom al ‘n lank pad saam

    Maar
    Dis of sy of Ek
    Kind nie Ek en sy kan jou pyn gesond maak nie
    Ek wil hê julle moet verstaan

    Dis of Ek of sy
    Sy vertel vir julle gereeld
    Dis veiliger
    Moenie praat

    Jy kan net vir my vertrou
    Hoekom sê sy nie eerder
    Nee dis reg
    Heeltemal reg

    Gaan na die Heilige Gees
    Hom die geneesheer van jou seer
    Hoekom, hoekom
    Sê sy nie dit?

    Nee Ek is die een wat met daardie woorde bemoedig en aanmoedig
    Dis tyd
    Dis tyd
    Kom nou, kom gou

    Solank as wat jy die seer in jou hart wil koester
    Gaan sy dit vir jou moeilik bly maak
    Om by My volle genesingsplan vir jou uit te kom
    Kind jy het al geleer

    Luister bietjie na jouself
    Jy praat net soos sy
    So negatief en sonder hoop
    Nes sy

    Het jy haar nie al ‘n bietjies te veel ‘n plek van beskorenheid in jou hart gegee?
    My kind
    Jy moet kies
    Wil jy met haar in ooreenkoms en saam-stem bly gaan

    Of sal jy begin sê
    Nee-a
    Ons elkeen moet ons eie rigting inslaan
    Jy joune, ek myne

    Ek vra jou om te begin totsiens wuif aan die seer in jou hart
    My kind
    Dis tyd
    Sê vir haar

    Laat dit goed gaan
    Julle kan die pad nie meer saam loop
    Sy het al so ‘n knussige plekkie vir haarself ingerig
    Sy sal nie te maklik of vinnig wil trek

    Daarom sal jy vir haar ‘n notasie-brief moet gee
    Net soos eienaars aan huurders
    Tot hiertoe en nie verder
    Op hierdie dag sal jy moet trek

    Dis ‘n kopskuif My kind
    Vir baie is dit rerig so eenvoudig
    ‘n Kopskuif wat sê
    Van hierdie dag af neem genesing en oorwinning okkupasie van die plek in my hart

    Ja die vyand het seergemaak
    Ja hy het ongelooflik gesteel
    Jy wonder nou nog hoekom, hoekom moes sekere goed gebeur?
    Kan Ek net vir jou goeie nuus bring

    Liefste kind
    Die seer in jou hart het soveel potensiaal
    Soveel potensiaal om stroke van goud en God se liefde oor hierdie aarde te verf
    Ek vra net

    Gee dit vir My
    Laat My toe om jou vertroueling te word
    Jou beste vriend, die Een met wie jy alles deel
    Die een wie se raad jy sonder huiwering aanneem

    Ek wil sê
    Dogter, seun
    Begin dit doen
    Al voel dit vreemd aan die begin

    Dis verstaanbaar
    Dis net omdat ons mekaar nog nie goed ken
    Hoe langer ons in mekaar se lewe is
    Hoe meer sal jy sien

    Ek is vir jou
    Ek is vir jou
    Ek is vir jou
    Net soos daai liedjie wat julle deesdae so gereeld sing

    Ek vra jou om daai woorde te begin glo
    In jou kom en in jou gaan
    In die môre en in die aand
    Ek is vir jou! Ek is vir jou!

    Dikwels maak die lewe nie sin
    Kind Ek weet
    Ek verstaan
    Soos Ek gesê het die duiwel het nie ‘n genade-skaal

    Hoe meer skade hy kan aanrig hoe meer doen hy
    Maar jy kind
    Jy het nodig om te weet, te glo, dit te vat
    Ek is groter as dit als

    Ek is groter
    By en met My hou jou lewe
    Selfs en veral jou pyn
    Soveel betekenis in

    Ek wil hê jy moet dit vind My kind
    Ek wil hê jy moet uitkom by die pragstories wat Ek geskryf het met jou verlede en hede se seer
    Ek kan dit doen en Ek kan dit doen
    Ek kan dit ook byvoeg

    Oe jong as hy of sy My net die kans wil gee!
    Kind Ek is opgewonde
    Staan in afwagting
    Hoop dat jy vir eens en vir altyd sal besluit

    Om vir die Seer in jou hart te sê
    Jou huurkontrak is verstreke
    Dit was aangenaam maar nou is dit verby!
    Jesus is ‘n veel beter huurder as jy

    Vir Hom gaan ek nou aanstel
    Om na die seer in my hart om te sien
    Okkupasie-huur is betaal
    Aan die kruis van Golgota!

    Amen.

  • Soek Jesus die jaar met ‘n volkome hart

    Liewe vriende,

    My nuwejaars-seënwens aan julle elkeen. Ek wil dit graag met julle deel, al is dit al Februarie! 😋

    Vroeër die jaar lees ek hierdie woorde van Paulus aan die Korinte en sien ewe skielik duidelik ‘n strategie van die duiwel. Dit is die vyand van my en jou se verhouding met God.

    “Ek is tog bang dat julle gedagtes weggevoer sal word van julle opregte en suiwer toewyding aan Christus, net soos die slang Eva met sy listigheid verlei het.”

    Wat val Satan aan, konstant, in elke gelowige se lewe?

    Ons heelhartige, opregte, suiwer toewyding aan God.

    Hoe doen hy dit?  Deur listigheid en bedrog, baie subtiel en slinks.

    Hy probeer altyd om ons toewyding te verminder deur onder andere baie aantreklike aanloklikhede te stuur wat ongelooflik moeilik is om te weier. En hy sê nie vir ons nie, ons is besig om te divert wanneer ons vir hulle ja sê.

    Dit herinner my aan ‘n storie wat julle dalk al gehoor het. Dit vertel van ‘n persoon wat reguit geloop het maar na ‘n rukkie het hy koers verander. Dit was effe, soos ek meen ‘n millimeter dalk maar toe hy eers die koers kies en begin stap en al hoe verder aanhou daarmee het dit hom naderhand op ‘n 90 grade of meer punt weg van sy punt waar hy sou opeindig gebring. Dis wat begin gebeur as ons toelaat dat ander dinge die aandag begin kry wat Abba toekom. Dit steel ons devotion aan Hom, dit maak dit halfhartig, afgewater, tweedehands en dis nie wat ons wil hê moet gebeur.

    Daar is ‘n battle te baklei kind van God, in elkeen van ons se lewens. Ons kan God nie met halfhartige harte dien nie. Nie as ons regtig by die wonder van wie Hy is en wat ons in verhouding met Hom kan smaak wil uitkom nie. Wees bewus.

    Dis maar tot wat ek my en jou vandag wil aanspoor … WHOLEHEARTED DEVOTION aan Pappa-God. Die heel-jaar deur.

    Mag 2020 julle beste jaar nog saam met God wees. Mag Jesus regtig Koning in ons lewens wees.

    Baie liefde!

    Letitia

    #HerstelFokus #HouFokus #GodEerste #WeesBewusVanDitWatAandagSteel
    #aanloklikhede #BegeerlikhedeVanDieVlees #JesusIsDieLekkersteLekker #OnsIsGemaakVirDieEwige #IetsInOnsElkeenSmagNaMeer #DieTydelikeVervulNieNaastenbyDieselfdeHulleKanNie

  • Terugvoer: Royal Family Kids Kamp Junie 2019

    Terugvoer: Royal Family Kids Kamp Junie 2019

    Hallo vriende!

    Dis vir my so lekker om bietjie terugvoer te gee oor die kamp wat ek in Junie bygewoon het. Weet dis nou al ‘n rukkie terug maar dink tog dit sal goed wees om met julle te deel.

    Hier onder is ‘n groepfoto van die vrywilligers wat hulle beskikbaar gestel het die week wat ons weg was. Ek kan eerlik sê op albei kampe wat ek bygewoon het is daar ‘n enorme opgewondenheid wat heers voor en tydens kamp.

    Hierdie mense se harte is vol omgee vir die kinders, om die kamp vir hulle onvergeetlik te maak is fokus nommer een. Dalk wil jy dit oorweeg om betrokke te raak? Jy is baie welkom. Ek weet van een wat oppad is. Dit is in Desember, die Benoni groep se jaarlikse kamp.

    Hierbo is ek en Kemi, my mede ‘counsellor’ vir die week besig om ons kamer te versier en verwelkomend te maak voordat die kinders met wie ons die kamer gedeel het tydens die kamp arriveer. Ons tema vir die week was ‘The Lord is my Shepherd’ daarom die skapies!

    Seker dit is geen verrassing maar die dogterjies wat ons kamer gedeel het, het hulle kamer gelove!

    Die kinders is gedurende die week geseën met pragtige geskenkies soos byvoorbeeld by hulle onderste-bo agterste-voor verjaarsdag-partytjie, het my kop daai dag gespin. Die Woord van Abba is nie nagelaat. Elke oggend was daar ook Bible Club, poppespel en al!

    Die week is tjok en blok met aktiwiteite wat wonderlike herinneringe skep om saam terug te neem en altyd te koester. ‘n Hindernisbaan en handwerk-stasies het hulle onder andere gehelp om soos-hulle-gemaklik-voel en aangemoedig-word struikelblokke en vrese te oorwin.

    Hier kry ek en Kemi ‘n vinnige kans om ook deel te neem aan pyl-en-boog-skiet, een van die aktiwiteite wat die kinders baie geniet het. En daar skiet Kemi toe wragtie ‘n bullseye!

    Ek onthou op een van die dae het ons ‘n dagstap gaan doen in die berge. Watter wonderlike geleentheid het Abba my toe gegee om prakties te kan uitbeeld wat dit beteken om die leiding van ons Hemelse Herder te vertrou.

    Ek het een van die dogtertjies saam met wie ek ‘n kamer gedeel het se hand geneem en vasgehou soos ons begin stap het. Meer in ‘n poging om haar naby my te probeer hou want sy was nogals ‘n rats een en baie gereeld vinnig onder my oë uit.

    Soos ons stap besef ek dis ‘n gulde geleentheid vir ‘n teachable moment en ek sê toe vir haar dat Jesus ons ook so mooi wil lei soos wat sy my lei. Ek kon sommer sien hoe die aanmoedigende woorde presies doen waarvoor dit gestuur is. Sy het elke nou en dan ‘n watch out laat hoor en so deeglik en versigtig te werk gegaan om my veilig te hou. Dit was so kosbaar vir my en ek bid dat sy dit vir altyd sal onthou.

    Ons het ook ‘n kampliedjie wat hope pret en dans beteken. Die kinders en grootmense wikkel daai heupe dan lekkerrr.

    Daar was ook ‘n cowboy aand en hoe het die kinders die op-dress met hoed en serpie geniet. Hulle het nie daardie spesifieke aand enige aanmoediging nodig gehad om aangetrek te kom!

    Met die terugkeer is mens dalk fisies en emosioneel meer moeg as vroeër die week maar die harte is propvol. Selfs ons, die volwassenes, groet met heimweë en prag-herinneringe. Ons sien dalk nie maklik weer die kinders nie maar in ons gedagtes en gebede bly hulle voortleef.

    Hierdie kampe het nogals rerig kom nes skrop in my hart. Ek glo in hulle. Abba gebruik hulle om stukkende kinderlewens op te beur en hoop te kom plant. As jy meer informasie benodig, kontak my gerus of sommer direk vir die span. Hulle webtuiste is: https://www.i-c-y.co.za of https://rfk.org/.

    Baie dankie vir elkeen van julle wat deel was van die kamp, of dit nou met gebede of finansies was. Julle deel in die vrug wat voortkom! Elke kindjie wat op die kamp was is dankbaar. As julle hulle totsiens-briefies of -gesiggies kon lees sou julle saamstem.

    Hoop julle het die kiekies en nuus van die kamp geniet.

    Liefde en goed-gaan vriende.

    Letitia

    Nota:

    As jy weet van enige projekte of waardige sake wat Liefde in Aksie – ons praktiese omgee been hier by die blog – kan ondersteun laat weet gerus. Ek sal graag wil weet daarvan of selfs net bewusmaking wil skep soos Abba lei. Dankies!