Hallo vriende!
Dis vir my so lekker om bietjie terugvoer te gee oor die kamp wat ek in Junie bygewoon het. Weet dis nou al ‘n rukkie terug maar dink tog dit sal goed wees om met julle te deel.
Hier onder is ‘n groepfoto van die vrywilligers wat hulle beskikbaar gestel het die week wat ons weg was. Ek kan eerlik sê op albei kampe wat ek bygewoon het is daar ‘n enorme opgewondenheid wat heers voor en tydens kamp.
Hierdie mense se harte is vol omgee vir die kinders, om die kamp vir hulle onvergeetlik te maak is fokus nommer een. Dalk wil jy dit oorweeg om betrokke te raak? Jy is baie welkom. Ek weet van een wat oppad is. Dit is in Desember, die Benoni groep se jaarlikse kamp.
Hierbo is ek en Kemi, my mede ‘counsellor’ vir die week besig om ons kamer te versier en verwelkomend te maak voordat die kinders met wie ons die kamer gedeel het tydens die kamp arriveer. Ons tema vir die week was ‘The Lord is my Shepherd’ daarom die skapies!
Seker dit is geen verrassing maar die dogterjies wat ons kamer gedeel het, het hulle kamer gelove!
Die kinders is gedurende die week geseën met pragtige geskenkies soos byvoorbeeld by hulle onderste-bo agterste-voor verjaarsdag-partytjie, het my kop daai dag gespin. Die Woord van Abba is nie nagelaat. Elke oggend was daar ook Bible Club, poppespel en al!
Die week is tjok en blok met aktiwiteite wat wonderlike herinneringe skep om saam terug te neem en altyd te koester. ‘n Hindernisbaan en handwerk-stasies het hulle onder andere gehelp om soos-hulle-gemaklik-voel en aangemoedig-word struikelblokke en vrese te oorwin.
Hier kry ek en Kemi ‘n vinnige kans om ook deel te neem aan pyl-en-boog-skiet, een van die aktiwiteite wat die kinders baie geniet het. En daar skiet Kemi toe wragtie ‘n bullseye!
Ek onthou op een van die dae het ons ‘n dagstap gaan doen in die berge. Watter wonderlike geleentheid het Abba my toe gegee om prakties te kan uitbeeld wat dit beteken om die leiding van ons Hemelse Herder te vertrou.
Ek het een van die dogtertjies saam met wie ek ‘n kamer gedeel het se hand geneem en vasgehou soos ons begin stap het. Meer in ‘n poging om haar naby my te probeer hou want sy was nogals ‘n rats een en baie gereeld vinnig onder my oë uit.
Soos ons stap besef ek dis ‘n gulde geleentheid vir ‘n teachable moment en ek sê toe vir haar dat Jesus ons ook so mooi wil lei soos wat sy my lei. Ek kon sommer sien hoe die aanmoedigende woorde presies doen waarvoor dit gestuur is. Sy het elke nou en dan ‘n watch out laat hoor en so deeglik en versigtig te werk gegaan om my veilig te hou. Dit was so kosbaar vir my en ek bid dat sy dit vir altyd sal onthou.
Ons het ook ‘n kampliedjie wat hope pret en dans beteken. Die kinders en grootmense wikkel daai heupe dan lekkerrr.
Daar was ook ‘n cowboy aand en hoe het die kinders die op-dress met hoed en serpie geniet. Hulle het nie daardie spesifieke aand enige aanmoediging nodig gehad om aangetrek te kom!
Met die terugkeer is mens dalk fisies en emosioneel meer moeg as vroeër die week maar die harte is propvol. Selfs ons, die volwassenes, groet met heimweë en prag-herinneringe. Ons sien dalk nie maklik weer die kinders nie maar in ons gedagtes en gebede bly hulle voortleef.
Hierdie kampe het nogals rerig kom nes skrop in my hart. Ek glo in hulle. Abba gebruik hulle om stukkende kinderlewens op te beur en hoop te kom plant. As jy meer informasie benodig, kontak my gerus of sommer direk vir die span. Hulle webtuiste is: https://www.i-c-y.co.za of https://rfk.org/.
Baie dankie vir elkeen van julle wat deel was van die kamp, of dit nou met gebede of finansies was. Julle deel in die vrug wat voortkom! Elke kindjie wat op die kamp was is dankbaar. As julle hulle totsiens-briefies of -gesiggies kon lees sou julle saamstem.
Hoop julle het die kiekies en nuus van die kamp geniet.
Liefde en goed-gaan vriende.
Letitia
Nota:
As jy weet van enige projekte of waardige sake wat Liefde in Aksie – ons praktiese omgee been hier by die blog – kan ondersteun laat weet gerus. Ek sal graag wil weet daarvan of selfs net bewusmaking wil skep soos Abba lei. Dankies!
Mooi!
Dankie Christa! 🙂
Verkies jy eerder Dr Christa? Laat weet gerus.
Awesome geskryf sussa. excellento!
Dankie Laan! ♥