Etiket: bemoediging+hoop

  • Dis ‘n proses van groei nie ‘n wiel van prestasie

    Dis ‘n proses van groei nie ‘n wiel van prestasie

    Ek is ‘n geregverdig-gemaakte kind van God
    Nie perfek nie maar op ‘n journey saam met Abba
    Saam met Hom sal ek bly opstaan
    Die werk wat Hy in my begin het sal Hy voltooi

    Daarom sal ek nie opgee
    Maar die pad saam met Hom bly loop
    Nooit nie bly lê
    Sy genade, krag en liefde is my behoud

    Altyd sal ek onthou
    Sy genade is vir my genoeg
    En geen versoeking of sonde
    Is groter as Hy

    Jesus het oorwin
    In Hom is ek oorwinnaar en vry
    Geen sonde sal ek toelaat om ‘n houvas op my te kry
    Want Jesus se prys aan die Kruis was vir vryheid

    Joune ja en ook my
    Hierdie vryheid sal ek nastreef
    Sy hand bly vashou
    Tot die end

    Hy’s die Perfekte Een…
    Jesus
    In Hom is ek volmaak
    In Hom is ek goed-genoeg

    In Hom, saam met Hom
    Moet ek net bly groei
    Dis al wat my Hemelse Pappa van my vra
    Groei in liefde vir My

    Liefste kind elke dag meer
    Moenie dat sonde se tentakels jou onderkry
    Haar seekat-manier sal bly verloor
    Soos jy oë op God bly hou

    Kyk na die horison kind
    Blou en rooi gemeng
    Daar is ‘n hemelshuis wat wag
    Kyk vorentoe, nooit ondertoe

    Selfs in en met die verkeerd
    Kan Ek bly werk
    Hou jou oë net op My
    Vorentoe kind, vorentoe

    Ek vergewe die sonde
    Dit waarmee Satan julle altyd vuil smeer
    Kyk altyd liewe dogter, seun
    Hoe vinnig julle kan opstaan na verkeerd-doen

    Ek veroordeel nooit
    Ek sê altyd Staan op
    Vee die stof van julle klere af
    En probeer weer

    As julle net kon sien
    Liefstes
    Altyd sê Pappa
    Die blink oë waarmee Ek vergeef

    Want Ek sien die harte waarmee julle sonde pleeg
    En dis altyd, gewoonlik
    Daddy ek wil nie, ek wil rerig nie
    Maar daar is iets in my wat ek net nie gekeer kry

    Oe Pappa se liefstes
    Myne
    Hoekom begin julle julself nie vergewe
    Soos wat Ek doen?

    Ja Ek weet
    Dis altyd seer
    En Ek weet
    Julle wens altyd julle het nie

    Maar liefstes
    Kan ons asseblief van die plek bly opstaan?
    Julle moet weet
    Ek vergeef

    Ek wil julle help, altyd
    Om weer op julle voete te kom
    Moenie in stof en as bly sit
    Die kere wat julle misluk, die kere wat julle verkeerd-maak

    O kinders
    Vat veel eerder Pappa se hande

    Daddy ek sal uit die stof opstaan

    Julle is nie gemaak liefstes vir op die grond bly lê
    Kyk na My, hou aan opstaan
    Ek vergewe
    Dis Ek wat altyd sê Probeer net weer

    Ja mense gee vinnig op
    Baie vinniger as wat Ek ooit doen
    Ek wil hê julle moet hoop en krag put
    Uit My eindelose geduld vir julle

    Sal julle vinniger vergeef
    Die kere wat julle faal
    En die leisels
    Uit julle hande laat val?

    Nee liefstes
    Neem net weer die leisels op saam met Daddy
    Sê jy’s jammer
    En galop aan

    Baie kinders van My
    Sê Abba
    Kom nooit oor die verkeerd-doen
    En sleg-voel

    Van julle sit al daar vir jare en jare
    Kamp-opgeslaan
    Net soos wat Satan My kinders kry om te doen
    By die Kruis van Golgota

    Liefstes
    Daddy wil Satan se sonde en skaamte
    Van julle harte afbreek
    Hy hou julle so hard en seer daarmee

    Wees sag My liefstes
    Altyd sag vir Pappa se hart en hand
    Laat My altyd toe
    Om in jul binnestes te bly werk

    Dis My begeerte sê Abba
    Dat julle harte altyd lig en vry sal voel
    Dis wat Ek altyd doen, dis waarnatoe My Woord altyd die pad aandui
    Lig en vol vrede

    Nie ‘n swaar en donker gemoed
    Ek haat dit sê Pappa
    As Ek My kinders so morbied deur die lewe sien gaan
    Ek het gesterf sê Jesus om julle veel meer as dit te gee

    Daar is ‘n lewe beskikbaar
    Van oorvloed vreugde, lig en lewe
    Sê Pappa, ons Hemelse Pappa
    In My Seun

    Sal julle die lewe asseblief
    Asseblief
    Saam met My
    Begin doen

    Hou op om My uit te sluit
    Maak My veel eerder kinders deel van als in jou
    Die sleg, die verkeerd
    Die mooi, die gehoorsaamheid

    Julle harte faal
    Kinders dit is so
    Tog wil Ek hê julle moet weet
    Ek vergewe gou

    Ek wil net hê ons moet die pad bly loop
    Hand-aan-hand
    Soos geliefdes doen
    Oor die strand van die lewe

    As jy bereid sou wees kind
    Om in vasberadenheid en volharding
    Die pad saam met My te bly stap
    Kan Ek jou beloof

    ‘n Ewige oorwinning
    Vol kleiner oorwinnings op jou pad tot daar
    Sonde sterf nie altyd eensklaps ‘n dood
    Dis ‘n pad tot daar

    Kind ‘n reis tot by die Ewigheid
    Waar jy elke dag kies om die vlees te bly neerlê
    Nie altyd maklik want sy wil altyd uit die dood opstaan
    Maar My Seun se bloed en opstanding het die ewige oorwinning vir jou behaal

    Daarom wandel dan op hierdie pad
    Laat jou Gees-mens bly groei
    En weet dis nie altyd ‘n pad van perfeksie
    Maar Jesus wat alreeds perfek is in jou

    Ja kind ‘n pad van groei
    ‘n Pad van Jesus toelaat om volwasse gestalte in jou te verkry
    Ja Hy moet groei
    Van baba na die gekruisigde Heer

    In jou
    Kind en dit gebeur
    Soos jy jouself
    Elke dag aan My oorgee

    Begin elke dag net saam met My
    Hou aan oorgee
    En vertrou
    Ek’s altyd besig om julle by die mooier mooi in My te wil uitbring

    Dis ‘n groei-proses
    ‘n Proses so mooi
    ‘n Proses van groot-word-in-Jesus
    Groei, groei, groei

    Kind solank as wat jy altyd bereid is om te groei
    Sal jy nooit in ‘n rat van sonde en ek-kan-nie-aanbeweeg verval
    Hou aan groei
    Saam met My

    Nooi Jesus se lig konstant in

    Jesus ek gee U toestemming
    Hê U manier in my

    Dis die mooiste werk
    My liefste kind
    Wat die Hemelse Pottebakker in jou wil kom doen
    Daarom laat jou gebed altyd toe om te wees

    Jesus ek die aardse klei gee U toestemming
    Vorm my, knie my
    Maak my soos U
    Die Hemelse Pottebakker my wil hê

    Met harte bereid om sulke gebede te bid
    Kan Ek altyd bly werk sê ons Hemelse Pappa
    Altyd-Altyd
    Want Ek het jou ja

    Soveel mense wat nog vassit in ‘n rat van nie-verandering
    Julle kan nie glo
    Maar soveel mense wat sê
    Ek hoef nie te verander, daar is niks fout met my

    My liefste kind
    Kan jou Pappa in die hemel vandag vir jou kom vra
    Weerspieël jy al ten volle vir Jesus
    In jou lewe en hoe jy optree?

    Ek wil hê jy moet weet kind
    As jy nie volmondig kan saamstem
    – Wie kan? 😉 –
    Is daar altyd ruimte vir groei

    Want sien
    Mense sien die deel nie altyd nie
    Volgens hemel-standaarde
    Skiet hulle veels te kort

    En sien sê Pappa
    Nie omdat dit ‘n wiel
    Van prestasie is nie
    Maar ‘n proses van groei

    Altyd wil Ek julle
    By die dieper en mooi in My uitkry
    Maar dit kan net gebeur
    Met die wat volwasse is in Gees

    Ai My liefste kinders
    Asseblief, bly groei
    Altyd, altyd
    Wees bereid om te groei

    Is dit nie ook altyd vra Pappa
    Wat julle bewonder in mense nie
    Hulle uithouvermoë, die begeerte om hulself te verbeter
    En hoe bereid hulle is om daarvoor te werk

    Dis maar dieselfde met My
    Liefstes
    Ek soek maar net kinders
    Wat altyd bereid is om te groei saam met My

    Nie perfeksie nie kinders
    Maar groei
    Dis Pappa se hart
    Dis al wat Ek vandag vir julle wou kom sê

    Liefde My kinders
    Pappa bewonder julle
    Julle groei en bly-opstaan, julle nooit opgee
    Dit bemoedig en seën My hart

    Amen.

  • Swaar word soet

    Swaar word soet

    Dis so swaar
    Om aardse laste te dra
    Dis dikwels so moeilik
    Net om kop bo water te hou

    Tog hoor ek so so gereeld
    Die woorde van ons Abba-Vader
    Wat sê
    Kind vertrou My

    Oe kind van Pappa
    Ek weet
    Ek weet dis dikwels so swaar
    As dit voel asof jy dit net nie regkry

    Oe kind van God
    Ek weet, Ek weet
    Dis swaar om na My te bly kyk
    As daar soveel disruptions is wat jou aandag aftrek

    Oe kinders sê Daddy-God
    Julle moet na My bly kyk
    Deur die sukkel en swaar
    Deur die moeilik regkry

    Ek wil vandag net vir julle sê
    Kind van Abba-God
    Julle moet aanhou na Bo kyk
    Julle moet vertrou dat Ek van beter weet

    Daddy se kinders
    Kinders van My hart
    Asseblief kom luister vir My
    Daar is iets gouds wat Ek met julle wil deel

    Kinders sê Daddy
    Asseblief
    Julle moet My bly vertrou
    Selfs as dit baie donker om jou is

    Sien sê Daddy-God
    Veral dan
    Veral dan liefste kinders
    Veral dan

    Moet nooit opgee nie
    Sê Daddy-God
    Op die moedeloses onder julle
    Nee liefste kinders, moenie

    Hulle het nog nie geleer liefste kinders
    Dit wat Ek vir julle kon leer
    Daarom moet julle altyd bly sê
    Daar is hoop

    Ja liefste kinders
    Sê Abba-God
    Laat toe dat Ek julle wys en leer
    Daar is altyd hoop

    Die wat moedeloos is van hart
    Kinders
    Kyk op
    Asseblief kyk op

    Ek weet dis dikwels swaar
    Kinders Ek weet
    Julle wil dikwels nie eers julle kop oplig
    Maar kinders probeer

    Ja liefste kinders
    Daddy is groter
    Dis hoe julle dit regkry
    As julle dit glo

    Julle moet asseblief
    Nooit opgee op My
    Nee kinders asseblief
    Dit hoort nie so

    Solank as wat Ek
    Julle hoop is in die lewe
    Kinders sal daar
    Altyd hoop wees vir julle

    Julle sal nooit kinders
    Hoop-verlore wees
    As julle vir My bly kyk
    As julle bly glo dat Ek in beheer is

    Hou julle oë op die regte plekke
    Liefste kinders
    Hou dit op die regte plek
    Ek en Ek wat deurkom vir julle

    Ek weet en Ek besef
    Sê Daddy-God
    Dis dikwels vir julle moeilik om te bly doen
    Maar dis wat julle moet doen

    My liefde en genade kind
    Dit is wat jou
    Deur die moeilikste omstandighede van jou lewe
    Sal bly dra

    Kyk net altyd op
    Liefste kinders
    Na My
    En kyk hoe daardie hoop nuwe lewe kry

    Kinders sê Daddy-God
    Saam met My
    Sal geen-geen situasie ooit
    Sonder hoop kan wees

    Nee liefste kinders
    Dis omdat Ek saam met My altyd hoop saambring
    Altyd, altyd sê Daddy-God
    Dis net wie Ek is

    Party mense sal sê
    Ek is van hoop aanmekaargesit
    Kinders dit is nogals so
    Sê Daddy-God met ‘n glimlag

    Oe kinders sê Daddy-God
    Oe kinders
    Ek wens julle kon sien
    Wat Ek alles kan vermag

    Oe kinders
    Sê Daddy-God
    Die grootste wonderlikste goed
    Ek wens julle wou glo

    Kinders dis wanneer
    Sê Daddy
    Daai hoop in julle harte begin groei
    Dat julle My waarlik vir groot goeters begin vertrou

    O ja kinders
    Sê Daddy-God
    Ek wens julle kon sien
    Wat Ek met julle wildste verwagtinge kan doen

    Kinders
    Sê Daddy-God
    Ek kan julle wildste verwagtinge oortref
    By vêr

    Oe ja kinders
    Sê Pappa-God
    Ek love dit om groot te droom
    Dis van die goeters wat Ek die heelbeste doen

    Ja-nee kinders
    Ek hou baie daarvan
    Om dinge in die oortreffende trap te doen
    Veral wanneer dit kom by vertroue in My

    Oe kinders
    Sê Daddy-God
    Ek’s in baie van die kosbare klein oomblikkies op aarde
    Maar ook in daardie oomblikke wat julle asems totaal wegslaan

    Ja liefste kinders
    Daai tye wat julle te oorstelp is om iets te sê
    En net een ding kan uitkry
    Wat, wat, w-a-t?

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Ek is in die groot goeters ook
    Daardie goeters wat dikwels aan julle lewensdeure kom klop

    Kom ons sê maar net
    Sê Daddy-God
    Ek is die God van wonderwerke
    Die kleintjies en grotes ook

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Dis dikwels wat My verrassings
    Mense totaal verstom

    Ja hulle sien dit nie altyd kom
    My mensekinders hier op aarde
    Hulle sien nie altyd kom
    Hoe baie lief Ek hulle het

    Want ja sê Daddy-God
    Dis dikwels
    Hoe Ek My kinders verras
    Met liefde-geskenkies wat aan hulle deur kom klop

    Pappa se kinders
    Asseblief luister vir My
    Ek is by julle
    Nie om julle ooit te verlaat

    Julle liefde vir My was diep sê Daddy
    Deur die jare het julle dit so bewys
    Die kere wat Ek gevra het, het julle gedoen
    Die kere wat Ek gesê het wag, gewag

    Oe Pappa-God se kinders
    My liefste-liefste kinders
    Die beloning is groot
    Wat op julle wag

    Moenie moed-verloor
    Seun, dogter van Pappa-God
    Ek is by julle
    Julle sterk Rots

    Bly op My staan
    Kind van God
    Moenie dat iets jou laat wegbeweeg
    Wag op My

    My tyd sê Daddy
    Is perfek
    Kinders Ek wil hê julle moet dit glo
    My waarlik vertrou

    Oe kinders sê Pappa-God
    Nog net ‘n entjie
    Sterk-wees
    Amper is ons daar

    Kinders
    Sê Daddy-God
    My geskenk aan julle gaan julle verstom
    Julle kan maar nou alreeds dankie sê

    Oe Pappa-God se kinders
    My kinders
    Hou net vas
    Vaster aan My

    Ek’s besig kinders
    Ek’s so besig
    Vertrou My net
    Wag op My

    My liefde is genoeg
    Liefste kinders
    Julle kan op My bly staatmaak
    Ek sal julle nie in die steek laat

    Dis omdat Ek altyd getrou is
    Kinders
    Dat julle kan aanhou
    Om My te vertrou

    Kinders sê Pappa
    Kyk net op
    Kyk net op
    En hou aan … dankie sê

    Die oorwinning is oppad
    Dis so te sê hier
    Kinders moenie opgee op My
    Asseblief … Daddy vra mooi

    Vertrou My
    Dis Daddy se vra
    Nog net ‘n klein entjie kinders
    Amper-amper is ons daar

    Amen.

  • Diep kosbare plekkie

    Sal jy ja sê vir My hart
    As Ek jou aanhou vra
    Dit is wat Ek jou Hemelse Pappa
    So graag wil weet

    (meer…)

  • Altyd-altyd

    Ons God kan ons altyd
    Vertrou
    Altyd-altyd
    Al sê die wêreld wat

    (meer…)

  • Fonteine van Lewe

    Alle lof en eer
    Alle aanbidding
    Wil ek bring
    Aan die Een wat ewig is

    (meer…)