Etiket: beste+kom+nog

  • Mooiste Mosaïek

    Mooiste Mosaïek

    Soos gebreekte glas
    By ‘n mens se voete
    Op die vloer bly lê
    So lyk baie mense se toekomsdrome vir hulle

    Ja hulle het net geen lus
    Om mee met die lewe aan te gaan
    Als lê aan skerwe
    Dit is hoe hulle dink

    Pappa wil vandag aan julle
    Gebroke kinders van die wêreld
    Hoop kom gee
    Hoop dat daar ‘n God is wat baie omgee

    Dit gebeur te gereeld
    Sê Daddy-God
    My kinders dat julle opgee
    Sonder dat julle My kom probeer

    Daddy se kinders
    Hoekom, hoekom bly julle wegloop
    Hoe hou julle aan om toe te laat
    Dat die wêreld julle so seermaak

    Kinders sê Daddy
    Asseblief
    Ek weet daar’s seer in julle harte
    Maar kinders asseblief julle moet begin wys raak

    Julle moet asseblief begin
    Om wys te raak met julle besluite
    Julle moet begin om My in elkeen te ken
    Sodat Ek julle paaie gelyk kan begin maak

    Kinders sê Daddy
    Asseblief
    Begin om My wysheid te leer
    Begin om by My te kom stilsit

    Kinders daar is soveel wonderlike dinge
    Wat Ek vir julle instoor hou
    Wonderlike dinge
    Sal julle glo?

    Dit gebeur te gereeld
    Kinders van die wêreld
    Kinders van My
    Dat julle opgee

    Kinders dis nie nodig sê Daddy
    Dat julle tussen daardie versplinterde stukkies van julle lewe bly sit
    Nee kinders sê Daddy
    Julle moet begin om daardie stukkies saam met My op te tel

    Kinders sê Daddy
    Ek kan die mooiste mosaïek-werk
    Met daardie stukkende stukkies van jou lewe maak
    Ek kan, as jy dit als vir My sou gee

    Ja sê Daddy-God
    Die stukkies sal nie eers mee gebreek vertoon
    Want al wat sou wys
    Is die volmaakte eenheid wat hulle vorm!

    Oe kinders
    Sê Daddy-God
    Dit is My hart vir elkeen van julle
    Om te herstel, om heel te maak

    Elke mens op aarde
    Sit maar met ‘n ietsie seer
    Dis onmoontlik om op aarde te wees
    Sonder dat jy al ooit ‘n ietsie seer ervaar het

    Kinders maar vandag wil Ek net sê
    Daddy gee om
    Ek sien julle seer
    En Ek wil graag genees

    Ek wil hê vra Daddy
    Kinders dat julle My sal toelaat
    Om daardie gebroke stukkies van julle lewe saam met julle op te tel
    En dat julle My sal toelaat om daarmee te werk

    Kinders Ek weet sê Daddy
    Hoe lyk die geheel
    Ek weet waar elke stukkie die beste sal werk
    Sal jy My asseblief daarmee vertrou

    Kinders Ek weet sê Daddy
    Julle sit tussen hierdie stukkende
    Glasskerwe van julle lewe en dink
    Hoe op dees aarde gaan ek nou maak?

    Die duiwel probeer julle oortuig
    Hy bly sê
    Dit is nuttelose gemors
    Jy kan maar jou lewe weggooi

    Kinders dis nie so sê Daddy
    Dis nie so
    Dis nie net ‘n nuttelose gemors
    Dit het die potensiaal om die mooiste toekoms te bou

    Kinders asseblief
    Sê Daddy
    Moenie opgee, moenie bang-wees
    Ek sal altyd by julle wees

    Ek gee altyd so baie om
    Sê Daddy
    So baie
    Dis hoekom Ek vra vertrou My

    Kinders asseblief
    Laat gaan van die hopeloosheid in julle harte
    Kom gee dit vir My
    Kom kyk wat Ek daarmee kan maak

    Kinders het julle al gesien
    Sê Daddy-God
    Die gebreekte stukkies glas van ‘n mosaïek-werk
    Dit lyk asof als presies pas, asof dit is hoe dit moet wees

    Kinders
    Dis presies wat Ek doen
    Dis presies hoe dit kan wees
    As jy dit als vir My bring

    Ja kom sê net
    Sê Daddy-God vir Sy kind
    Daddy ek het hulp nodig
    Ek kan dit nie meer alleen doen

    Asseblief kind kom vra net
    Kom sê net
    Daddy help my asseblief bou
    Help my bou die mooiste stuk mosaïek-werk

    Kind dit is wat Ek vir jou wil gee
    Dit is wat Ek vir jou wil doen
    Sal jy My toelaat om vir die gebreekte stukkies van jou lewe
    Weer hoop te gee

    Kind dis maar al sê Daddy-God
    Waarvan ‘n stuk mosaïek-werk getuig
    Dat selfs die mees nuttelose stukke glas
    Die vermoë het om mooi te vertoon

    Kinders dis hoekom Ek vra
    Gee als vir My
    Als wat jy dink
    Kan net nooit weer mooi lyk

    Kind dit kan sê Daddy-God
    Kind dit gaan
    Asseblief laat My toe
    Om met daai stukkies te werk

    Ek gee so baie om kind
    En Ek wil jou vra
    Rerig om te weet
    Ek sal nie ooit opgee op jou

    Kind
    Ek glo nog in jou
    Ek glo in die toekoms wat ons saam kan hê
    Dit is hoekom Ek vra

    Begin asseblief vandag
    Om My meer te vertrou
    Kind dis al wat Ek nodig het
    Om jou by die mooiste mooi’s uit te bring

    Kind sê Daddy
    Dit is so
    Dit gebeur gereeld dat mense
    Tussen daai gebreekte stukke glas moed opgee

    Ja sê Daddy
    Hulle glo net nie
    Dinge kan vir my beter lyk
    Nee al wat hulle hoor is, dit help nie eens jy probeer

    Kind sê Daddy
    As julle net kon sien
    As julle net in oog kon hou
    Hoe baie groot Ek is!

    Kinders sê Daddy
    My grootheid is baie groter as wat julle dink
    Daar is niks-niks
    Wat Ek nie kan doen

    Kind asseblief
    Voordat jy toelaat dat Satan
    Jou te diep in daardie gat van vergetelheid laat insak
    Kyk na My

    Kyk na My sê Daddy
    Kind begin om My in oog te kry
    Asseblief
    En hou My daar

    Moet My nie uit oog laat gaan kind
    Dis hoe julle hoop verloor
    Dis hoe Satan sy voet in die deur kry
    Deur julle wat nie meer glo

    Nee liefste kind
    Sê Daddy
    Jy kan dit doen saam met My
    Ons kan dit saam doen

    Oe kinders
    Sê Daddy-God
    My genade is so groot
    Daar is niemand wat dit nie sal gaan haal

    Begin net glo kind
    Begin glo daar is hoop vir daardie stukkende stukkies rondom jou
    Kind as Ek dit saam met jou sou begin optel
    Jy sou dit skaars kon glo!

    Kinders, kinders
    Sê Daddy
    Die wonderlike dinge wat Ek vir julle kan wys
    As julle als vir My sou gee

    Asseblief kind
    Laat My toe om die mooiste toekoms
    Uit jou stukkende verlede te bou
    Dis wat Ek kan doen kind, as jy sou glo

    Ek glo so baie in julle kinders
    Ek glo so baie in julle
    Ek weet ons kan dit doen
    Jy moet net sê ja

    Jy moet net sê ja Daddy
    U kan my maar kom help
    Om met hierdie stukkende stukkies van my lewe
    Weer sin te maak

    Kind nooit hoef jy te weet
    Hoe Ek dit regkry
    Nooit hoef jy te verstaan
    Al wat Ek vra is glo en bring als vir My

    Daar’s baie gebroke stukkies lewe
    Wat op hierdie aarde rondlê
    Party mense het My al toegelaat om aan hulle s’n te bou
    En oe die stories wat hulle vertel

    Kind Ek wil ook van jou lewe
    ‘n Storie van hoop maak
    Waarmee ander mense hoop sal vind
    Om My ook te vertrou

    Sal jy asseblief naderkom
    Kind sal jy kom hoor
    Ek gee om vir jou
    En dat Ek so mooi plan vir jou lewe het

    Kind dis hoekom Ek God genoem word
    Want Ek kan alles doen
    Niks is te groot of klein vir My
    En Ek gee waarlik om

    Ja selfs vir jou sê Daddy
    Selfs en veral vir jou
    Die een met die stukkendste verlede
    Die een wat dink daar is nie ‘n kat se kans

    Kind daar is sê Daddy
    As jy sou glo
    Sou jy sien
    Die onmoontlike kan Ek in jou lewe vermag

    Al wat Ek altyd nodig het
    Sê Daddy
    Is geloof
    Geloof wat glo God kan

    Kind Ek kan
    Glo My
    My Seun se Kruis
    Het dit in Golgota bewys

    Daar is niks-niks sê Daddy
    Wat Ek nie kan doen
    Verlore dooie situasies is My spesialiteit
    Net soos die storie van Lasarus vertel

    Jy sit hier en jy dink
    Kind Ek kan sien!
    Hy’s vier dae laat
    My situasie stink al!

    Kind sê Daddy
    As Ek net geloof kon kry
    Sou Ek jou wys
    Vier dae laat is niks vir My

    Is dit nou veertig of vier dae laat
    Kind Ek gee rerig nie om
    Dooie situasies kan maar gaan slaap
    As Ek naby is

    Wie Ek is, is om lewe te bring
    Om dooies op te wek
    Om gevangenes vry te laat
    Sal Ek die geloof vind?

    Dit gebeur te gereeld sê Daddy-God
    Daar’s te veel situasies op aarde
    Waar mense nie die hoop in My vind
    Voordat hulle opgee

    Kinders asseblief sê Daddy
    Aan almal wat seer het, stukkend is
    Aan almal wat selfmoord oorweeg
    Asseblief moet dit nie doen

    Kinders dis nie die antwoord nie
    Sê Daddy
    Dis nie die antwoord nie
    Glo My

    Kinders dis net die stukkende
    Stukkies van jou lewe
    Wat op die vloer lê en sê
    Gee op, op my!

    Nee kind, nee
    Dis nie die oplossing nie
    Daddy wil jou vra
    Sit jou geloof in My

    Sit jou geloof in dit wat Ek
    In en deur jou lewe hier op aarde kan doen
    Kinders dis groot, dis mooi
    Begin om daai stukkies saam met My op te tel!

    Ek sal nooit opgee op jou
    Sê die Here
    Kind al wat Ek vra
    Is doen jy asseblief ook dieselfde

    Daar’s ‘n mooi toekoms wat wag
    Kind Ek wens jy kon sien
    Dis soos die mooiste mosaïek-werk
    Waarop die son skyn

    Kinders dis soos My liefde
    Dit maak als warm en mooi
    Dis blink kind
    Die toekoms wat op jou wag!

    Moet net nie opgee kind
    Moet net nie opgee op jouself
    Dis wat Ek nodig het
    Dit en jou geloof om jou daar uit te bring

    Amen.

    “All the broken pieces of your life are nothing more than a beautiful mosaic of your future” ~ Retah McPherson

  • Hoop op die ashoop

    Weet julle kinders
    Vra Abba-God
    Dat Ek so graag wil hê
    Julle moet in My hart kom woon

    (meer…)

  • Ontdek die ware God

    Ek is so bly
    My hart het gevind
    Ek is so bly ek kon opspoor
    My grote God

    (meer…)

  • Dooie geskenke

    Lank genoeg wat julle terughou
    Asseblief My kinders
    Kinders van My hart en die van die wêreld
    Ek wil nie hê dat julle meer so moet terughou

    (meer…)

  • Mooiste stemmetjie

    So baie kere
    Wat Ek in julle binneste
    Wil fluister
    Tog laat julle My nie altyd toe

    (meer…)