So baie kere
Wat Ek in julle binneste
Wil fluister
Tog laat julle My nie altyd toe
Kinders het julle nie geweet
Wil julle nie weet
Daai stemmetjie is die beste
Lei net na die Lewe
Kinders asseblief
Ek vra net
Dat julle My meer en meer sal toelaat
Om die stemmetjie van jou hart te wees
Luister asseblief
Vra Vader
Weet dat Ek altyd
Die beste vir jou wil hê
Geluk, vrede
Blydskap en hoop
Dit is My hart vir jou
Sal jy asseblief ja sê
Liefste kinders
Hierdie wêreld hoef julle nie alleen te doen
Wees wys, wees dapper
Kies My
Abba se kinders
Kinders van My hart
Ek is so lief vir julle
Sal julle dit asseblief glo
Moenie meer terughou nie
Vra Abba Vader
Ek wag vir jou liewe kind
Sal jy jou hart met My kom deel
Ek weet van die versugtinge
Die drome, die ideale, die verwagtinge
Kom My liefste kind
Word asseblief in alles een met My
Ek is so lief vir julle
Ek wil rerig hê julle moet My glo
Net elke dag
Bietjie meer in My hart van goud kom klim
Asseblief kinders van My hart
Kom, Glo
Ek weet van jou
Ek ken jou naam
Dit is so sê Abba
Dit is so
Die wie soek
Hulle vind voorwaar!
Begin soek My kind
Begin soek
En weet Ek maak jou wildste drome
Meer as waar
Ek weet wat Ek vir julle beplan
Sê die Vader
Lewe en Oorvloed
‘n Verwagting en toekoms
Laat dit jou hart
Begin vul met hoop
My kinders asseblief
Begin glo, daar is meer!
Julle moet rerig nie meer terughou nie
Julle moet begin om meer en meer
Wie julle is
Voor My oop te breek
Kinders weet julle
Besef julle
Dat My grootste begeerte is
Om in VOLHEID in julle te woon
Begin asseblief ja sê vir die beste van My
Moenie meer met die krummeltjies tevrede wees nie
Asseblief My kinders Ek weet wat My hart is vir julle
En dit is so-so mooi
Vul my hart Vader
Vul my hart met vreugde en alles wat mooi is
Laat dit blom
Dit moet julle gebed wees
Liefste kinders asseblief verstaan
Julle moet My toestemming gee
Om in julle binneste te werk
Ek kan nie net inklim en My weg oopforseer
Kinders dit is nie hoe dit werk nie
Dit is nie wie Ek is nie
My hart en weë is sag
Vir die wie in My wil loop
Asseblief My liefste kind
Kom nou
Kom en weet
Ek gee om vir jou
Nooit sal Ek Myself kan afskei van julle nie
Nee My liefste kinders dit gaan nie werk
Ek gee so baie om vir julle
En Ek wil hê julle moet dit weet
Abba se kinders kan Ek vra
Dat julle asseblief begin nee sê
Vir die donkerte wat julle so omring
Abba se kinders Ek wil nie hê dat dit meer so moet wees
Wees sterk My liefste kinders
In en deur My krag wat in julle woon
Sê nee sê ons liefste Abba vir al die verkeerd
Kinders asseblief julle hoef nie ja te sê
Julle het ‘n keuse sê Abba
Asseblief
Altyd
Laat dit wyse keuses wees
Abba sê My liefste kinders
Julle verstaan nie, wil dit nooit sien
Maar elke keuse wat julle maak
Bring of lewe of dood in julle lewens in
Begin wyse keuses maak
My kinders
Keuses wat julle lewens en harte
Vul met soveel hoop
Kinders asseblief
Wees wakker
En sê vir al die verkeerd nee
Wanneer hulle aan julle deur kom klop
My kinders asseblief dis dan wat julle moet weet en onthou
Ek is ‘n kind van God en ek is baie beter af sonder die twak
Ek is geroep vir meer en dit is wat ek gaan nastreef
Onthou My liefste kind, onthou dan veral
Die lewe is ‘n voorreg
En jy lewe net 1 keer
Laat dit die beste een wees
Wat jy moontlik kan loop
Asseblief My liewe kind
Seun en dogter van Abba-God
Kom leef voluit vir My
Sê nee, sê nee vir die verkeerd en laat My toe om jou sodoende met meer van My te vul
Ek kan net vul dit waar dit oop is om te ontvang
Asseblief seun, dogter luister asseblief
Stel jouself oop en ontvanklik sê Abba
Om te ontvang al die wonderlike waarheid en lewe in My hart
Kinders daar is meer
Soveel meer as die lewens
Waarmee julle julle elke dag besighou
Die lewens wat julle leef
My kinders, Abba se kinders
Soek julle nie meer?
Soek My, My liefste kinders
Asseblief meer en meer
Dit is al wat Ek vra
Dis omdat Ek weet dat dan net die beste instoor vir jou lê
Ek glo in julle My liefste kinders en Ek weet
Ek weet dat julle kan
Kom glo dan net in julleself
Soos wat Ek in julle glo
Moenie meer sê dat julle nie kan nie, nee
Sê eerder Ek kan want Jesus self leef in my
Sien kinders van Abba dis wat Ek julle wil leer
Om op te kyk na My
Om te bly kyk
Omdat julle weet julle krag kom van My en nie van julleself
Sien julle kinders
Sien julle hoe Ek self die krag in julle bene word
Dis hoekom My liefste kinders
Glo in My
Glo in die prys betaal
En weet Ek is die Enigste Lewende God
Die Een wat nou met jou praat
Die Een wat konstant, konstant, konstant besig is om julle harte te pursue
Liefste kinders
Asseblief
Begin ja sê vir My liefde
Begin ja sê vir wie Ek binne is
Asseblief My kinders
Kom nou
Kom gou
Begin asseblief om lewens van oorvloed saam met My te leef
Eenheid met My sê Abba
Eenheid met My
Dit is wat My hart van jou vra
Dit is waarna My hart verlang
Ek en jy
Een
In alles
Sodat selfs My en jou hartklop later met dieselfde ritme klop
Dis hoekom Ek altyd vir My kinders vra
Asseblief kinders, asseblief kom in lyn met julle Pappa se hart
Laat toe dat Ek julle harte besny
Laat toe dat Ek julle bring op plekke waar julle net meer lyk soos Ek
Asseblief liewe kinders, asseblief
Die vorming wat Ek deurwerk met My kinders
Liefste kinders dit is altyd die moeite werd
Dit is altyd vir julle beswil
Pappa sê asseblief My kinders
Ek glo in julle, weet dit vandag
Sê ja, sê ja vir alles van My
En moet asseblief nie meer vir 1 oomblik terughou
Amen.