Kategorie: Blinde oë

  • Die heelbeste vakansie

    Die heelbeste vakansie

    Vakansie
    Die heerlikste vakansie waarop jy al ooit was
    Dink so daaraan
    Dis wat tyd met God is

    Die beste wegbreek, ooit
    Ja baie-baie mense dink nog nie so daaraan nie
    Baie mense het dit nog nie ondervind
    Maar ja, dis so, dis waar

    Die beste brosjures word mos altyd so uitgestal
    Op die vertoonrakke van reisagentskappe
    Waarnatoe gaan julle volgende?
    Julle hou mos van reis…

    Die beste, die mees eksotiese plekke
    Hulle wag om ontdek te word
    Hulle wag vir julle om te vind
    Ja sê Abba 

    Dit is so
    Dit is presies-presies so
    Presies so 
    Dat My teenwoordigheid ook wag om deur julle besoek te word

    Julle weet mos
    Die beste, die meeste eksklusiewe hotelle
    Wat wag om mense van oral-oor te verwelkom in hulle midde
    Ja hulle wag, die kelners in die restuarante

    Die hotel-portiere wat gaste verwelkom wanneer hulle die eerste keer arriveer
    Oorlaai met vriendelikheid, oorlaai met gasvryheid
    Vir julle gaan ons verseker die beste vakansie van julle leeftyd gee
    Ja hulle word opgelei om dit te sê, hulle word so opgelei om dit te bied

    Valse beloftes
    Ware beloftes
    Nie almal is so mooi en so goed soos wat hulle voorblaaie beloof
    Gelukkig is dit nie dieselfde met Myne nie

    My hotel beloof die beste
    My hotel gee die beste 
    Ja die beste kamerdiens
    Wanneer daai klokkie gelui word of is dit wanneer die oproep gemaak word?

    Room service please
    Reception thank you

    Will you do this?
    Will you please arrange that?

    Ja Ek weet, Ek weet…
    Dis presies hoe baie mense My hanteer…
    Hoekom nie dit nie
    Hoekom nie dat nie

    Ek dink dis omdat te veel mense na hulle pype dans
    Dan dink hulle, hulle kan ook vir My vertel wat hulle wil
    My kinders
    Julle moet steeds onthou


    Daai respek wat julle het en bewys aan die rykste sakemanne ooit
    Daai met geld
    Die eerbied…
    Dit is wat julle steeds vir My ook moet bewys

    Ja julle kan gaaf bly
    Sonder om ooit oor en weer te hiet en te gebied
    Sien dis die ding
    Wanneer mense te gemaklik begin raak

    Wanneer hulle nie meer besef maar hulle besoek
    Die koning van alle konings se paleis
    Beter as Trump se White House sê Abba
    Dit is wat Ek julle bied

    Met My teenwoordigheid
    Sal julle daarvoor begin ja sê?
    Sal julle begin sê…
    Ek wil dit graag ondervind

    Hoekom, hoekom vra Abba
    Kom besoek julle nie My WIT HUIS nie?
    My kind, dis nou nie dat Ek wil onvriendelik wees en Trump op sy neus wil laat kyk nie 
    Maar regtig, selfs sy Trump Hotelle kom nie naby wat Ek My kinders bied

    Wanneer hulle by My hotel inboek nie
    Ja Ek het die beste
    Die beste pamper-klinieks
    Die beste self-sorg eenhede

    Die beste, die beste sê Ek vir julle
    Dit wat nog nie by mense opgekom of hulle aan gedink het nie
    Dit is wat Ek voorberei het vir hulle wat My ken
    Dalk het julle vergeet…

    Strate van goud
    Dit is wat Ek bied
    Strate van goud
    Het julle dit al gesien of ooit ervaar op planeet aarde?

    Nee Ek bedoel nie die goud om julle ringe te laat blink nie
    Ek bedoel die strate waarop julle gaan loop
    Ek sou sê dit is nogals iets wat My kop en skouers vêr bo die ander contenders laat uitstaan
    Julle weet dis mos wat julle vir die reisagente vra

    Wat maak hierdie plek anders as al die ander plekke wat ons kan gaan besoek?
    Ja julle soek altyd die uitsonderlikste van uitsonderlikste plekke
    Steeds het julle nog nooit by My kom aandoen?
    Hoekom, hoekom nie vra Abba

    Hoekom nie?
    Ja julle mis uit
    Hierdie meeste eksotiese plek ooit
    Hierdie gem of a place

    Hy wag vir julle om hom te kom besoek
    En dit, dit lê als in My teenwoordigheid
    Julle weet soos wanneer julle onder masseuses se hande lê né
    En hulle begin julle koppe en lywe so masseer

    Dan maak julle julle oë toe
    En julle word getransporteer na ander plekke
    Ja die beste plekke
    Die heel-heel beste plek

    Dit voel so lekker, dit voel so verfrissed
    Julle wil net meer hê
    Julle wil net nie daai oë van julle weer oopmaak nie
    Nee, nog ‘n bietjie

    Net nog ‘n bietjie van hierdie amazing wonder
    Kan dit nie net nog ‘n rukkie langer aanhou nie?
    Oe dit is die beste, dit is net een van die heerlikste gevoelens ooit
    Een van die wat julle rerig wil hê moet net nooit ophou of vervaag

    Dis mos hoekom julle terugkeer na die masseer-plekke nie?
    Dis hoekom julle aanhou teruggaan
    Dis hoe dit is met My kinders ook
    Die wat nou al ontdek het en genoeg aangedoen het by My Hemelse Hotel

    Hulle sê oor en oor We Are Returning Customers
    Ons wil rerig weer ervaar
    Die wonderlike diens wat julle ons laas keer gebied het
    Sjoe dit was ‘n ondervinding en ‘n half

    Regtig, dit was net iets besonders
    En ons wil dit weer beleef
    My kinders, dis presies
    Die presies hoe dit met My ook is

    Ek bied julle ‘n belewenis uit hierdie wêreld
    ‘n Belewenis uit hierdie wêreld
    En al wat julle sê is
    Nee, volgende keer

    Dalk, dalk volgende keer
    Ek wil julle ‘n belewenis bied, elke keer, wat julle sal onthou
    Ja julle weet
    Julle wat gereeld kom kuier

    Julle weet hoe word My gaste trakteer
    Die beste
    Die beste salon-aanbiedings
    Die beste bederf-pakette

    Julle kan kies
    Waarvoor is julle vandag lus?
    ‘n Pedi in die gees of is dit dalk ‘n massering?
    Waar is die seer?

    Waar is die styf?
    Waar is die swaar?
    Ja ons wil dit ook uitdruk en uitvryf met ons behendige en ervare hande
    Ons wil vir daai stywe knots in jou skouers laat verdwyn en ligter maak

    Dis wat gebeur
    Dis wat gebeur wanneer julle deel
    Wanneer julle oopmaak, wanneer julle sê…
    Dit is waar die probleem lê, asseblief druk en werk daar

    Ja ons hoor die “instruksies” van ons “kliënte” baie mooi
    Oe okay, okay
    Ons sien, ons hoor
    Laat ons daaraan werk

    En dit terwyl die spyseniers en kelnerinne inkom om te kom hoor
    Is daar enige spesifieke happies of drankies wat ons vir julle kan voorberei?
    Ja julle vertel hulle mos
    Die mense met wie julle gesels by die rykste hotelle

    Dis hoe ek daarvan hou, dis hoe ek dit nie verkies
    Soos ‘n steak wat mens gaar maak … ek hou van dit sus, ek hou nie van dit so
    Julle laat hulle mos weet
    Sodat hulle die beste diens vir julle kan bied

    Maar weet julle wat is die beste vir My
    Dis vir My en ons so belangrik
    Om regtig die voorkeure en beswil van ons kliënte bo alles te hou
    Wat is vir hulle belangrik?

    Waarvan sal hulle hou?
    Ja Ek vra My kliënte waarvan hou hulle en waarvan hou hulle nie
    Soos wanneer iemand ‘n bord op sy deur hang wat sê
    Do not disturb gaan ons wragtie nie aan jou deur kom klop

    As iemand sê van dié musiek hou ek nie dan kyk ons, kan ons vir jou iets anders bied
    Ja dis nie te sê
    Julle gaan altyd-altyd julle voorkeure kan geniet nie
    Daar is mos ook ander kliënte vir wie ons ook ‘n graag ‘n wonderlike belewenis wil gee

    Maar met elke versoek wat ons kan waar maak
    Kan julle verseker weet
    Ons sal 
    Ons sal vir ons kliënte die heelbeste gee!

    Dis mos ook waarna julle soek, wanneer julle die reis brosjures deurgaan nie?
    Aanlyn of op die rak?
    Die beloftes van puik diens
    Die Google Reviews wat julle kan gaan naslaan

    Ja dit help nogals né, wanneer julle julle besluite maak…
    Wat sê ander mense wat daar was?
    Beveel hulle dat ‘n mens gaan of moet ‘n mens eerder net wegbly?
    Sien dis die ding

    Dis rerig-rerig die ding
    Julle wil weet, boek ek ‘n kat in die sak of is dit die moeite werd?
    Mense gee mos om daaroor
    Hulle wil nie hulle geld waarvoor hulle hard gewerk het net mors op dit wat nie eintlik waarde dra

    Ja, dit bring My by My kind op die Kruis
    ‘n Duur-duur prys wat Ek daai dag moes betaal
    Maar Ek glo
    Ek glo steeds dit was die moeite werd

    As dit nie was dat Hy gekom het
    En julle ‘n kans kom gee het om My Hotel te besoek nie
    Was daar nooit ‘n kans vir julle nie
    Ja dis soos ‘n boemelaar wat by ‘n hotel wil ingaan…

    Verslons en verslete
    Die sekuriteitwagte gee hom net een kyk dan weet hy sommer hier is nie plek vir hom
    Gaan bedel maar op ‘n ander plek
    Of is dit soos ‘n bespreking wat ‘n persoon nie gemaak het nie

    Maar dan wil hy vra, kan jy plek gee asb?
    Ja dis hoekom hulle vra, die mense by die ingangstoonbank
    Waar is jou bespreking
    Meneer/Mevrou waar is jou bespreking?

    En dan die verligting en flinke diens wanneer hulle sien jy het betaal, jy is geboek
    Daar is plek vir jou
    Meneer/Mevrou jy kan maar deurgaan
    Geniet jou verblyf!

    Ja My kinders, ja 
    Dis maar hoe dit in die Gees ook werk
    Kom boek in by My hotel
    Kom sien wat het Ek vir julle beskikbaar gemaak deur die bloed en prys van My Seun

    Soos Ek sê, dit was ‘n duur prys
    Maar ja
    Elke keer as ‘n kliënt of gas kies om by ons Hotel te kom aandoen
    Dan word My hart warm en Ek voel trots

    Dat ons die beste is
    Ja dis mos lekker, vir enige hotel of diensleweraar wanneer mense vir jou sê…
    Sjoe ja-nee, julle diens is puik
    Ons kan nie kla nie

    Regtig-regtig dis uit die boonste rakke
    Wat sou julle verbeter, as julle kon?
    Waar sou julle iets anders doen?
    En dan te hoor…

    Nee regtig, dis puik
    Dis puik, dis puik
    Daar’s hier en daar dalk ‘n klein-klein dingetjie maar dis nie eers die werd om genoem te word
    Want die totale ervaring was net ongelooflik

    Ongelooflik dis hoe Ek ook voel
    Wanneer julle kom en dit vir My vertel
    Ja Ek hoor dit vele male, sonder tal
    Deur die eeue, steeds nou

    Dankie dankie Jesus
    Dankie dat U gekom het
    Dankie dat U my sonde se prys kom betaal het
    Dankie Jesus

    Dankie dankie
    U is die grote Een
    Die Een waardig om deur al die eeue geprys en aanbid te word
    Ek sou sê ons is ‘n 7-ster hotel

    Die beste
    Die heel-heelbeste wat mense kan kry
    Ons 7-ster hotel het nogals baie komplimente
    Julle moet net gaan kyk

    Die beste in die Mark! Verseker!
    Boek by hulle in nou!
    Jy sal nie spyt wees!
    Jy mis uit as jy nie gaan!

    Dis mos wat julle laat glimlag
    Dis mos wat vir julle vrede in die hart bring wanneer julle boek
    Ek het die beste keuse gemaak
    I did my due diligence

    Vertrou die mense wat vir julle sê dit is die plek
    Dit is die plek wat julle moet gaan besoek!
    Jesus se teenwoordigheid
    Daar is NIKS soos dit

    Daar is soveel Reviews daarbuite
    Julle kan net gaan luister en gaan kyk
    Jesus and His goodness Testimonies please … #InternetSoekIdee
    En ta-da!

    Daar is ‘n hele biblioteek van My 
    Op die Internet
    Julle kan net gaan kyk
    My travel brosjures kan mens orals kry

    Oral-oral oor sal julle sien
    Ons bly julle nooi!
    Hou aan met julle goeie werk
    Sê vele vir ons

    Hou aan, julle doen regtig goed
    Selfs al is die Mark anders op party plekke
    Selfs al stel nie almal belang
    Selfs al is julle nie bestemming nommer 1 vir vele

    Jong, julle doen reg
    Julle moet aanhou
    Julle is ‘n aanwins vir hierdie wêreld, beslis!

    Ons sal ons kliënte die beste bly bied

    Hulle op die hande dra
    Tot hulle eendag hierdie aardse “huis” vir hulle hemelse een verlaat
    Dan sal hulle aandoen by die Hemelse Hotel
    Die een wat Ek hulle nou bied is ‘n vae afbeelding, ‘n proesel van wat kom 

    Die beste, die heel-heel-beste kom nog
    Vir die wat sal sê ja, vir die wat op aarde gesê het ja
    Sien dis jou besprekingskaartjie
    As jy eendag daar kom gaan hulle vir jou vra…

    Meneer/Mevrou waar is jou besprekingskaartjie?
    En dan gaan jy moet antwoord
    Dan gaan jy moet weet
    Ek is gered deur Jesus se bloed

    Hy het vir my betaal
    Oe ja dis reg Meneer/Mevrou ons sien jou rekening is vereffen
    Kom asseblief in
    Jy is welkom om te bly, solank as wat jy wil!

    En dan die vreugde, die vreugde wat jy gaan ervaar
    Omdat jy gaan weet, ek het reg gekies!
    Watter wonderlike vakansie wag op my
    Hier wil ek vir altyd bly!

    “Maar daar staan geskrywe: ‘Wat die mens nog nooit gesien of gehoor het nie, en wat in geen mens se hart
    ooit opgekom het nie – dit het God gereed gemaak vir dié wat vir Hom lief is.’” (1 Korintieërs 2:9 NLV)

  • Die hart van Kersfees

    Die hart van Kersfees

    Wie vier ons…
    Kersfeesvader of die Christuskind?
    Is dit ‘n Christus-fees
    Of ‘n wêreld-fees?

    Is ons deel van die kommersialiteit daarvan
    Of die hart daarvan?
    Christus is gebore
    Kom terug na die hart, die hart van Kersfees

    Te veel kinders het afgedwaal van die hart, die hart van Kersfees
    Sien hulle nog die betekenis daarvan?
    Die waarde daarvan?
    Of is dit net geld uitgee en geskenke koop?

    Die waarde van Kersfees
    Is die koms van Christus na aarde
    Hoeveel van julle
    Leer dit nog vir julle kinders?

    Hulle raak opgewonde oor geskenke
    Hulle raak nie opgewonde oor My
    Die grootste geskenk…

    Ek is vol waardering vir die harte van My kinders
    Wie se harte oorloop van dankbaarheid
    Die tyd van die jaar
    Jesus het gekom

    Elke nativity scene
    My kinders, My kinders
    Ek het gekom!
    Ek het gekom!

    Ek wil hê julle moet dit onthou!
    Wanneer julle saam met julle families
    Om die Kersfees-tafel sit…
    Onthou julle nog vir My?

    Weet julle hoeveel mense Kersfees vier sonder om ooit My Naam te noem?
    Dis familie-tyd
    Dis saam-wees-tyd
    Dis nie Christus-is-gebore-tyd

    Vir baie mense is dit onaangenaam om gedurende hierdie tyd
    Herinner te word aan My
    Hulle wens lankal dat Christus se Naam en Kersfees-tyd
    Nie sinoniem was met mekaar

    Hulle hou van Krismis-Vader en hulle vier hom graag
    Maar hierdie Kersfees-Kind
    Gebore op Kersfees-Dag
    Nee, hulle wens lankal dit was nie so

    Ek weet baie van My kinders
    Vier nie Christus se geboorte-dag
    Ek weet
    Hulle het ook baie goeie redes daarvoor

    Tog wil Ek sê…
    My kinders, Ek weet
    Ek weet dat dit vir julle baie beteken
    Die koms van My kind, na aarde

    En julle wil dit so graag vier, vier
    Die feit dat julle Koning en Messias gekom het
    Julle wil ook vir Hom, net soos die Maji
    Die manne van die Ooste julle hulde bring

    Goud, mirre, wierook
    Julle wil geskenke bring
    Dit voor Sy voete plaas
    En Hom aanbid

    Julle het ‘n dag gevind
    Om dit te doen
    My kinders
    Dankie

    Dankie vir julle aanbidding op die dag
    En ook elke dag
    Ek is nie so gepla oor die 25ste Desember
    Ek is aangeraak oor die feit dat julle dit vier

    Die 25ste is ‘n dag
    Soos enige ander dag
    My kinders
    Moet dit nie groter maak as wat dit is

    Die wêreld-geskiedenis het dit bepaal
    Vier dit dan maar My kinders
    Vier dit elke dag
    Jesus het gekom, Jesus het vir my sonde betaal

    As Hy nie gekom het
    Was ek vandag nie vry
    So ek sal, ek sal Sy geboorte-dag vier
    Of dit nou vandag is of ‘n ander dag

    Jesus het gekom
    Hoop is gebore
    Die dag toe Hy in ‘n stal arriveer
    Ons is so dankbaar daarvoor!

    Ons is so dankbaar daarvoor
    Jesus … die Christus-kind
    Die beloofde Messias
    Hy het Sy opwagting gemaak

    Amen.

    Ek het ervaar dat Abba nog so paar ander gedagtes vir my gee oor Kersfees en dat Hy my vra om dit te deel in ons Desember VLOEI aand. Dit was gisteraand, kyk daardie video by hierdie skakel vriende.

  • Bad van Wedergeboorte

    Bad van Wedergeboorte

    Pappa … dis modder né
    Modder wat ons nooi om in hulle te bly rondrol
    Dis wat hulle wil hê ons moet bly doen
    Soos ‘n vark dat hulle die heeltyd vir ons kan bly sê …

    Ons is varke
    Die waarde van ‘n vark aan ons kan bly heg
    Abba sê Hy het die price tag van sonde van ons kom afhaal
    Dis nie meer wie ons is nie

    Hy het die waarde van Sy Seun se kruisdood aan ons kom heg
    Dis wie ons nou is
    Vrygekoop, losgekoop
    Skuld niks

    God het ons voete kom vry maak
    Sodat ons saam met Hom
    Na hemelse plekke kan sweef
    Hemelse Plekke

    Al hoekom ons in sonde bly vassit
    Daaraan bly kleef
    Is omdat ons nog nie ons waarde sonder dit ontdek het en ken nie
    Dis soos ‘n oewer waarvan ons moet wegvaar

    See you later
    See you never
    I’m not coming back

    Ek gaan ontdek wat agter die horisonne lê

    Ons word uitgenooi na ‘n nuwe lewe
    ‘n Beter lewe saam met Hom
    Ja dit gaan vreemd wees en voel aan die begin
    Maar dink daaraan … dis ‘n beter lewe, ‘n voller een

    Dis soos Egipte en die Beloofde Land
    Ja baie van God se kinders wou net teruggaan
    Konstant, na die vleispotte van Egipte
    Al was hulle in slawerny

    Sonde laat mens swaarkry
    Dowwe oë, slegte woorde, lewens sonder ‘n lied
    Nie die een wat jy voorgee wanneer jy by vriende is
    Maar die een wanneer jy alleen in jou bed lê en wonder … Is dit nou dit?!

    Ons word geroep na ‘n lewe van meer
    ‘n Lewe saam met die Een wat Sy Seun gegee het vir ons
    Die Een wat ons liefhet meer as al die oseane se druppels water
    Ontelbaar, onmeetbaar

    Is God se liefde vir jou nie groot genoeg om te sê:
    Ja liefste Jesus, ja ek het U ook lief
    Ek wil dankie sê vir die liefdesoffer gegee aan my
    Ek wil U ontdek, ek wil U ook beter ken

    Ja dis ‘n oewer waarby baie van God se kinders nog nie aangedoen het nie
    Hulle sit en wonder …
    Sal ek, sal ek nie trek?
    Abba seblief help ons dit regkry

    Die doop is die Rooi See
    Dis die vir-goed-baai-sê
    Dis daai besluit, ek gaan oor
    Ek gaan oor na die anderkant, saam met Hom

    Jesus het Sy hand gelig, soos Moses, daai dag toe Hy sê
    Ek het vir sonde betaal!
    Ja baie van God se kinders trek deur sonder die doop
    Hulle trek deur want hulle glo nie dat dit nodig is

    Jesus se dood het mos klaar betaal vir my sonde
    Hoekom moet ek nou nog deur die doopwaters gaan?
    Dis ‘n aksie My kind
    ‘n Aksie wat sê … ek trek nou nuwe klere aan

    Ja party van My kinders gaan hulle klere eers in die Hemel kry
    Dis nou maar hulle keuse né
    Ek wens hulle wou luister wanneer Ek sê
    Gaan bad nou, gaan bad!

    Maar nee hulle bly glo, ‘n waslap doen die werk
    Dis soos ‘n hand-bad
    Ja hulle het al van die stof en modder ontslae geraak
    Maar hulle bly glo, dis genoeg … hoekom sal ek nou ‘n ordentlike bad wil hê?

    Dis soos ‘n groot spoil My kind wat Ek vir julle voorberei het
    ‘n Bad met borrels, lekker warm en vol seep
    Dis maar al wat Ek vir julle voorberei het
    ‘n Bad wat sê … welkom terug by die huis!

    So lank het Ek jou gemis
    So lank het Ek jou terug verwag!
    Vriend, vriendin
    Dis al wat dit is, ‘n bad waarin jy kan baljaar!

    Hoekom dink julle is dit so
    Dat sovele na die doop met water silwerskoon voel?
    Dis omdat hulle gewas is met die Water van My Woord
    Wees gehoorsaam My kind, wees gehoorsaam!

    Dis maar al wat Ek vra
    Moenie jou eie kop wil bly volg
    Maar ja as dit vir jou verskriklik bly voel
    Los dit dan maar

    Eendag gaan jy in die Hemel jou bad kry
    En dan gaan jy dink …
    Ai tog, het ek maar lankal terug
    Gedoen wat ek nou doen!

    ‘n Verheerlikte liggaam
    Dis maar al wat reeds hier op aarde kan begin
    Met die liggaam wat Ek julle gee
    Na die aardse doop

    Ek hoop julle het hierdie prentjie geniet
    Ek hoop julle het hom verstaan
    Doop van Wedergeboorte, bewys van die nuwe mens
    ‘n Nuwe lewe het begin, een wat in Jesus se voetspore volg

    Amen.

    Abba het dit ook op my hart gesit om ‘n video met hierdie boodskap op te neem en vry te stel, julle wil hom kyk! Kliek Hier Vir Die Video

  • Restorasie Proses

    Restorasie Proses

    Opgesluite potensiaal
    Soveel van God se kinders
    Hulle sit met opgesluite potensiaal
    Soveel waarde en krag wat in hulle lê

    Opgesluit lê hulle en wonder
    Wanneer, wanneer gaan die mens wat ons dra se oë oopgaan?
    Wanneer gaan hulle besef
    Ons sit in donker en wonder

    Here gebruik eerder ‘n ander een
    Nee My liefste kind
    Dogter, seun
    Dis jy, jy is die een wat Ek wil gebruik

    Waardeloosheid hou My kinders teë
    Hulle meet hulle waarde met hulle treë wat soms verkeerd stap
    Ek wonder
    Hoe lank gaan dit neem sê Abba

    Vir My kinders om te besef
    Die waarde wat hulle het is reeds bepaal
    Bepaal aan die Kruis van Golgota
    Die dag toe My Seun sê

    Pappa Ek sal gaan
    Ek sal hulle gaan haal
    U kinders terugbring
    Vir hulle gaan sê hulle het nie te vêr geval

    Ek sal hulle terugbring
    Herinner aan die woorde wat U gesê het
    Toe U hulle klaar gemaak het
    Dit is baie goed

    Pappa hulle is geskenke
    Geskenke aan hierdie wêreld gegee
    Hulle sien dit nog net nie Abba
    Want hulle hou aan om hulle ore vir die duiwel uit te leen

    Liefste Pappa
    Ek sal gaan
    Hulle terugbring
    Soms gaan dit moeilik wees My Kind

    Hulle gaan jou nie almal aanvaar
    Hulle gaan jou verwerp
    Met hulle tonge uitmekaar skeur
    Hulle gaan so ‘n omgedopte prentjie met hierdie wêreld deel

    Ek is nie goed
    Ek wil hulle net haat
    ‘n Bespotting van hulle maak
    En hulle Hel toe stuur

    So asof dit My die grootste bevrediging gee
    Hierdie wêreld My kind
    Hulle gaan nie vriendelik met jou wees
    Inteendeel jy gaan heelwat kere op jou tande moet kners van pyn en frustrasie, seer

    Hulle gaan nie sien soos Jy sien
    Hulle gaan nie weet wat Ons weet
    Jy sal hulle moet leer
    Ons gaan hulle ‘n Boek moet gee

    ‘n Boek vol van Ewige Waarhede
    ‘n Boek wat hulle sal help sien
    Want soos wat hulle hom gaan lees
    So gaan die skille begin afval

    Een vir een kind
    Een vir een gaan hulle begin val
    En My kinders meer en meer die Waarheid begin leer
    Soos in My hart

    Dis ‘n transformasie proses om soos Jesus te word
    Maar een vir een gaan hulle leer
    Meer en meer
    Ons Lig en Waarheid op aarde reflekteer

    Liefste Seun, liefste Een
    Sal jy gaan
    Sal jy vir hulle gaan vertel
    Ek wil hulle steeds hê?

    Ja selfs al het die wêreld hulle seergemaak
    Selfs al het sy dinge vir hulle kom vertel wat hulle rond-om geglo en van My verwyder het
    Sal jy Seun, steeds gaan
    Al gaan dit vir jou baie seer inhou?

    Seun hulle gaan vir jou seermaak
    Hulle gaan jou liggaam breek
    Fisies Seun gaan jy vermink wees
    Onherkenbaar vir die wat jou gaan ken op aarde

    Kind hulle gaan vir jou seermaak
    Die wraak en rebellie van hulle sondige geaardheid op jou uithaal
    Sal Ek dit kan doen Pappa?
    Sal Ek dit regkry?

    Sal dit nie te veel vir My wees?
    Pappa hoe, hoe gaan Ek dit regkry?
    Dit klink te groot vir My Pappa
    Vreesaanjaend

    Dit maak My skoon bang en benoud
    Hier diep binne
    Pappa hoe
    Hoe gaan Ek dit regkry?

    Dis ‘n groot eina
    Om so ‘n lydingspad deel te raak
    Maar Ek sal gaan Pappa
    Gaan as dit is wat U plan vra

    Ek weet, Ek weet … U sal met My wees
    My kind
    My liefste liefste Seun
    Eersgeborene van God

    Ek gaan die Heilige Gees saam met jou stuur
    Met Sy krag sal jy dit kan doen
    Hy gaan vir jou versterk die kere wat jy nie meer kan
    Of die pad wil loop

    Die Heilige Gees gaan vir jou herinner en help om te onthou
    Als wat ons hier en nou gesê en besluit het
    Jy gaan om My te verteenwoordig
    Okei My kind

    Doen jy net jou beste
    Ek sal die res doen
    Ek sal hulle terugbring
    Een vir een

    Aanhou tot Ek nie meer kan nie
    Jou bloed sal nie verniet vloei nie My kind
    Jou bloed gaan waarde dra
    Tot die bitter end

    Dit gaan seer gesond maak
    Dit gaan wonde heel
    Dit gaan bloed-wit-gewastes maak
    Van die wat swart was van die sondekleed wat hulle dra

    Ja My liefste Seun
    Ons gaan vir hulle nuwe klere vat
    Rein-Gewas, Wit-Soos-Sneeu
    Dis die name wat op hulle sal staan

    Jesus s’n
    Jesus s’n
    Wit gewas, skoon gewas
    Jesus s’n

    Hoekom kinders
    Hoekom sit julle nog met die donker klere van Verwerping en Nie-Goed-Genoeg?
    Trek uit liefstes
    Trek uit daai ou en dooie klere

    Hulle herinner julle net aan wie julle was sonder My
    Trek uit, trek uit
    Begin in julle nuwe identiteit wandel
    Begin ontdek wie julle in Christus is

    Begin vind als wat in en deur Hom moontlik gemaak is My kinders
    ‘n Lewe vol oorwinning
    My Lewe en Lig wat deur jou skyn
    Sodat ons meer mense kan vertel

    Die wonder, die wonder van wie Jesus is
    Wat Hy kom doen het, vir elkeen wat sal glo
    Hom aanneem as Verlosser
    Saligmaker van hulle harte

    Neem afskeid kinders van gister
    Julle hou aan klou
    Aan die vleispotte van Egipte
    Terwyl julle Beloofde Land wag om in besit geneem te word

    Liefstes seblief
    Wees dapper
    Soos Josua en Kaleb
    Hulle het gesê … Ja daar is reuse om te verslaan

    Maar God is groter as hulle
    Ja die verspieders was vol twyfel
    Twaalf het gegaan
    Tien het terug gekom met ‘n negatiewe rapport

    Ja liefstes
    Dis wat julle ook baie doen
    As Ek sê … Kind jy sal moet laat gaan van dit en dit
    Ja julle wonder reeds … nee ek sal nie, nee ek wil nie

    Kind kan Ek net sê
    Jy kan jou nie in Egipte en die Beloofde Land op dieselfde tyd bevind nie
    Dis een van hulle
    Nie albei

    Maak seblief die keuse
    My kind
    Om deur die Rooi See te trek
    Laat jou doop

    Maak daai doelbewuste besluit
    Vandag trek ek en ek kom nie weer terug
    Ek gaan daai nuwe pak klere waarvoor Jesus betaal het aantrek
    Ek gaan skitter en blink daarin!

    Ja liefstes
    Laat julle doop
    Laat julle gevul word met die krag van My Heilige Gees
    En julle sal sien hoeveel makliker die pad raak

    Nooit sonder stampe en stote
    Maar met ‘n aanhou wat julle sal verstom
    Kom kruip weg My kinders, kom kruip weg by My
    Ek is die Heilige van Israel

    Die Hoogste God, die Hoogste Een
    Verheerlik My dan asseblief met julle lewens kinders
    Verheerlik My met die teruggee van julle lewens
    Met die vertroue en hoop wat julle in My stel

    Julle is gemaak vir groter dinge kinders
    As waarby julle bly
    Soos hoenders bly julle pik tussen die aardse
    Terwyl hemelse vlugte op jou as arend wag

    Kom My kinders
    Kom lig daai kenne
    Begin besig raak met die dinge van die Gees
    Daar waar Lewe en Lig lê

    In verhouding met My
    Die gordyn is geskeur
    Alle skeiding verwyder
    Tussen My en jou

    Kom deur Jesus
    Sy wonde het betaal
    Geen ander het Sy las gedra
    Geen mens kan die eer daarvoor kry

    Ek is die Een
    Wat die sleutel van die Hemel hou
    Kom sluit oop die deur daarna
    Met jou oorgawe aan My

    Leer My ken liefste
    Die Een wat gekom het
    Sodat God se kinders
    Weer Syne genoem kon word

    Identiteit en Waarde is herstel
    Die restorasie-proses in plek gesit
    Die dag toe Jesus sê
    Dit is volbring

    Hou aan kinders
    Hou aan om Hom Heer en Meester te noem
    Hy is dit waardig
    Net Hy, net Hy

    Het met Sy bloed betaal
    Kosbare bloed
    Die bloed wat nooit sy krag sal verloor
    Vind jou identiteit daarin

    In Jesus se Naam, Amen.

  • Oorloë & Veldslae

    Oorloë & Veldslae

    Seer in Jesus se hande
    Is soos klei in die hande van ‘n Pottebakker
    Wees verseker
    Hy werk versigtig

    Vertrou Hom
    Vertrou wat Hy wil doen
    Daar is geen Pottebakker
    So bekwaam soos Hy!

    Sag en seker
    Vou Hy die klei
    “Ek is besig met ‘n meesterstuk
    Oe die storie wat hy gaan vertel!”

    Ek wonder of mense
    Dit besef, dit weet
    Ek het vir lank ook nie
    Prys die Heer ek is nou hier

    Ja vir my het Hy kom wys
    Oorhandig dit aan My
    Daai diep seer binne
    Daai pyn wat jou soms verblind

    Is daar ‘n situasie in jou lewe
    ‘n Gebeurtenis
    Iets wat gebeur het
    Wat jou nou nog pla?

    Hoekom moes dit so gebeur
    Kon dit nie anders wees
    Ek wens dit was nie so
    Ek wens ek het nooit nodig gehad om dit te beleef

    Sukkel jy ook soms
    Met sulke gedagtes
    Steke van pyn
    Wat gereeld jou hart deurboor?

    Die pyn is daar
    Dis eg, dis seer
    Jy voel dit
    Jesus sien dit

    Jy moet weet
    Jesus-sussie
    Jesus-boetie
    Vir daai pyn het Jesus alreeds soveel moontlikhede

    Stories van herstel
    Redemptive stories
    Comeback stories
    Die waarvan ons almal hou

    Ons moet Jesus net toelaat
    Om hulle met ons lewens te skryf
    Want so dikwels hou ons vas aan die seer
    Dan raak ons soos ‘n soutpilaar

    Net soos Lot se vrou
    Hard en koud
    Stagnant
    Ja want ons bly terugkyk, in die verlede leef

    Ons kan nie bly terugkyk
    Kinders van God
    Om daar te leef
    Ons moet daarna kyk om aan te beweeg

    Kan ek ons almal herinner
    Die Bybel sê
    Vergeet wat agter is, strek jou uit na wat voor is
    Dit beteken, glo in wat Jesus met jou pyn kan doen

    In Sy hande word seer
    Die sagste mees werkbaarste klei
    Hy verander dit in voorwerpe van soveel eer
    God se glorie skyn daaruit voort!

    Ja vir lank moes ook ek
    Situasies saam my dra
    Dinge wat seer maak
    Want ek het nie verstaan

    Dalk moet ons meer gereeld vir Jesus vra
    Jesus waar was U
    Wys my asseblief
    Gee my U perspektief

    Dit bring mens
    Op ‘n plek van heling
    ‘n Plek waar Jesus se liefde so gesond maak
    Daar waar eens so seer was

    Heelwat mense sit met harte
    Gelykstaande aan oorlogsvelde
    Heelwat oorloë is gevoer
    Baie skade is nagelaat

    Dit is God se hart
    Om altyd die skade te herstel
    Om op te bou
    Daar waar verwoesting gestrooi lê

    Mense kan dit nie alleen regkry!
    Al probeer baie
    Die Geneesheer van elke hart en lewe
    Bly die Skepper daarvan

    Met hierdie skrywe vandag wil ek net aanmoedig
    Begin die seer in jou hart
    Daai wat ‘n pyn in jou binneste laat as jy daaraan dink
    Oorhandig aan die Here

    Begin dit vir Hom gee
    Dalk moet jy Hom eers beter leer ken
    Want dan raak vertrou makliker
    En sal oorgee nie so ‘n struikelblok meer wees

    Jy sal en kan oorwin
    Al die terugslae van jou lewe
    Want Jesus is op die Troon
    En jy is Syne

    Al wat dit vat
    Is ‘n jy wat kies
    Ek wil die stories van Jesus
    Met my lewe skryf!

    Amen.

  • Soeklig van die Hart

    Soeklig van die Hart

    U weet
    U lees die taal van my hart
    Dankie dat U verstaan
    Meer as wat ek of enige mens ooit kan

    Dankie dat ons U kan vertrou
    Abba
    Met die seer, die vrese
    Die vrae, die wonder

    Baie male in ons hart
    Mense vertrou ons nie
    Dit maak te seer
    Ons glo dit

    Soms, partymale is dit so
    Maar ons moet nooit vergeet
    Om Jesus deel te maak
    Van die vrese, vrae, wonder en seer

    Is een van die beste dinge
    Wat ons ooit op aarde sal kan baas-raak
    Ja julle
    Ons moet vertrou

    God weet beter
    Hy sal genees
    Hy kan
    Het julle geweet?

    Ons hoef nie met pyn in ons binnestes te loop
    Lank nadat iets gebeur het nie
    Soms maak ons mos ook
    Asof dit lankal nie meer bestaan, bêre dit diep

    Ek wil julle net vra
    Kinders van God
    God se kinders
    Begin Lig daaroor bid

    Jesus se Lig
    Begin Hom as soeklig aanstel
    Die Soeklig van jou hart
    Jesus se Heilige Gees

    Dat Hy met Sy vrede en voorspoed
    Jou hart se donkerte begin verlig
    Julle verstaan nie
    Ja ons wil nie altyd hoor

    Daai seer moet oop kinders, hulle moet begin oopgaan
    Anders gaan die wonde net aanhou sweer
    Ja op die seerste maniere
    Sweer hulle in julle lewens kinders

    Hulle tas julle huwelike aan
    Julle verhoudings met julle mans, vrouens
    Kinders en selfs die bure en naastes
    Soveel sere en swere wat woon in die harte van mense

    Hulle het seer
    Hulle het seer
    Tog wil hulle dit nie glo
    Kan Ek aan julle net die warmste uitnodiging van julle lewe bied?

    Dis die Heilige Gees wat praat
    God se Gees
    Die Lewensveranderende Gees
    Die Gees sonder gelyke

    Die Gees
    Die Ewige God se Bondgenoot
    Ja ek en Abba het lank terug ‘n verbond gesluit
    Saam, saam sal ons mense se mismaakte mishandelende lewens weer optel en oprig

    Ja hoop kom gee
    Waar hoop gebreek is
    Heel dikwels sommer van kleintyd af al
    Die duiwel het geen genade-skaal

    Kinders julle moet dit weet
    Julle moet besef
    Ek gee geen pad aan ‘n mens as Ek nie weet dat Ek en sy of hy dit saam kan oorwin nie
    Geliefdes onthou

    Daai woorde sê julle te vinnig
    Julle sê dit te vinnig, te gereeld
    Hoekom is dit dan nie vra die Gees van Abba
    Dat julle hierdie woorde nie onthou

    Wanneer Ek saam met julle die pyn van die verlede in die oë wil gaan kyk?
    Ek wil julle by vryheid uitbring liefstes
    Al die vryheid waarvoor Jesus so duur betaal het aan die Kruis
    Dis nie nodig My kinders

    Om met kneukels styf aan daai kettings vas te hou
    Julle het nou al lief geraak vir hulle
    Vir jare nou al vir hulle begin sê
    Julle is my getroue volgelinge

    Vir julle sal ek in my vertroue bly neem
    Ja ek sal vir julle vertel
    Dit is veiliger en beter dat ons vriende bly
    Ons paaie moet nie skei

    Julle vertrou hulle meer as wat julle My vertrou
    Sê God se Gees
    Hoekom nie aan My
    Die wonderwerkende krag van God ‘n kans met jou seer gee?

    Ja Ek weet
    Julle is al vetrouelinge
    Julle voel veilig by mekaar
    Julle kom al ‘n lank pad saam

    Maar
    Dis of sy of Ek
    Kind nie Ek en sy kan jou pyn gesond maak nie
    Ek wil hê julle moet verstaan

    Dis of Ek of sy
    Sy vertel vir julle gereeld
    Dis veiliger
    Moenie praat

    Jy kan net vir my vertrou
    Hoekom sê sy nie eerder
    Nee dis reg
    Heeltemal reg

    Gaan na die Heilige Gees
    Hom die geneesheer van jou seer
    Hoekom, hoekom
    Sê sy nie dit?

    Nee Ek is die een wat met daardie woorde bemoedig en aanmoedig
    Dis tyd
    Dis tyd
    Kom nou, kom gou

    Solank as wat jy die seer in jou hart wil koester
    Gaan sy dit vir jou moeilik bly maak
    Om by My volle genesingsplan vir jou uit te kom
    Kind jy het al geleer

    Luister bietjie na jouself
    Jy praat net soos sy
    So negatief en sonder hoop
    Nes sy

    Het jy haar nie al ‘n bietjies te veel ‘n plek van beskorenheid in jou hart gegee?
    My kind
    Jy moet kies
    Wil jy met haar in ooreenkoms en saam-stem bly gaan

    Of sal jy begin sê
    Nee-a
    Ons elkeen moet ons eie rigting inslaan
    Jy joune, ek myne

    Ek vra jou om te begin totsiens wuif aan die seer in jou hart
    My kind
    Dis tyd
    Sê vir haar

    Laat dit goed gaan
    Julle kan die pad nie meer saam loop
    Sy het al so ‘n knussige plekkie vir haarself ingerig
    Sy sal nie te maklik of vinnig wil trek

    Daarom sal jy vir haar ‘n notasie-brief moet gee
    Net soos eienaars aan huurders
    Tot hiertoe en nie verder
    Op hierdie dag sal jy moet trek

    Dis ‘n kopskuif My kind
    Vir baie is dit rerig so eenvoudig
    ‘n Kopskuif wat sê
    Van hierdie dag af neem genesing en oorwinning okkupasie van die plek in my hart

    Ja die vyand het seergemaak
    Ja hy het ongelooflik gesteel
    Jy wonder nou nog hoekom, hoekom moes sekere goed gebeur?
    Kan Ek net vir jou goeie nuus bring

    Liefste kind
    Die seer in jou hart het soveel potensiaal
    Soveel potensiaal om stroke van goud en God se liefde oor hierdie aarde te verf
    Ek vra net

    Gee dit vir My
    Laat My toe om jou vertroueling te word
    Jou beste vriend, die Een met wie jy alles deel
    Die een wie se raad jy sonder huiwering aanneem

    Ek wil sê
    Dogter, seun
    Begin dit doen
    Al voel dit vreemd aan die begin

    Dis verstaanbaar
    Dis net omdat ons mekaar nog nie goed ken
    Hoe langer ons in mekaar se lewe is
    Hoe meer sal jy sien

    Ek is vir jou
    Ek is vir jou
    Ek is vir jou
    Net soos daai liedjie wat julle deesdae so gereeld sing

    Ek vra jou om daai woorde te begin glo
    In jou kom en in jou gaan
    In die môre en in die aand
    Ek is vir jou! Ek is vir jou!

    Dikwels maak die lewe nie sin
    Kind Ek weet
    Ek verstaan
    Soos Ek gesê het die duiwel het nie ‘n genade-skaal

    Hoe meer skade hy kan aanrig hoe meer doen hy
    Maar jy kind
    Jy het nodig om te weet, te glo, dit te vat
    Ek is groter as dit als

    Ek is groter
    By en met My hou jou lewe
    Selfs en veral jou pyn
    Soveel betekenis in

    Ek wil hê jy moet dit vind My kind
    Ek wil hê jy moet uitkom by die pragstories wat Ek geskryf het met jou verlede en hede se seer
    Ek kan dit doen en Ek kan dit doen
    Ek kan dit ook byvoeg

    Oe jong as hy of sy My net die kans wil gee!
    Kind Ek is opgewonde
    Staan in afwagting
    Hoop dat jy vir eens en vir altyd sal besluit

    Om vir die Seer in jou hart te sê
    Jou huurkontrak is verstreke
    Dit was aangenaam maar nou is dit verby!
    Jesus is ‘n veel beter huurder as jy

    Vir Hom gaan ek nou aanstel
    Om na die seer in my hart om te sien
    Okkupasie-huur is betaal
    Aan die kruis van Golgota!

    Amen.

  • Skrum jou versoekinge

    Skrum jou versoekinge

    Daar is ‘n ander man in die vuur
    Jy is nie alleen in jou vuur nie
    My kind
    Ek is saam met jou

    Pornografie
    Dis okei
    Dis ‘n reus vir sovele
    Sovele voel verslaan deur die reus van pornografie

    Hy verslaan baie
    Soveel voel verslaan deur hom, soveel
    Maar God sê
    Ek is groter

    Sê vir jou reus
    Sê vir hom
    Jou God is groter
    Net soos Dawid … ek is groter, ek kom nie in my eie mag

    Daar is ‘n krag in jou
    Die Dawid voor Goliat is God self
    Die Dawid wat oorwin het
    Is Jesus

    Hou aan
    Nie opgee
    Hou aan
    Stap vir stap wen ons grond

    Ons wen veld, net soos Rugby
    Ons is gestoot tot op hulle doellyn
    Op die teestander se lyn maar hulle gaan nie wen
    Ons moet terugstoot, ons moet terugstoot

    Veld wen, veld wen
    Hierdie is soos drieë
    Ja hulle loop dalk voor
    Maar die wedstryd is nog nie verby nie

    Ons gaan hulle van agter af inhaal
    Ja ons gaan hulle inhaal, van agter af weer voor kom
    Agterloop
    Ons wen veld elke keer as jy opstaan en bely

    Elke keer as jy nie opgee
    Elke keer wen ons skrum veld
    Totdat ons agterlyn die bal in die hande kry
    En na die doellyn hardloop

    Ja party drieë is makliker as ander
    Vir party gaan jy hard moet werk maar altyd vorentoe
    Is dit nie wat Rugby leer?
    Vorentoe, dryf vorentoe

    Aangee
    Ons moet veld wen
    Moenie te lank in die opposisie se kant van die veld bly
    Nee wys vir hom, daar is ‘n Wenner in jou

    Jesus is Sy Naam
    Aanhou kinders
    Altyd-altyd aanhou
    Vorentoe, vorentoe, veld wen, veld terugkry

    Meeste bal-besit hou
    Is dit nie waaroor dit vir die wenspan in elke Rugby wedstryd gaan?
    Ons moet hulle terug stoot
    Veld wen

    Ja partykeer raak mens moeg
    Maar bly fiks in Geloof
    Bly oefen
    Party wedstryde gaan jy dalk verloor maar elke keer is daar ‘n volgende probeerskoot

    Beker van die Lewe…
    Dis waarvoor ons speel
    Ons speel vir die Beker van die Lewe
    Ons moet net seker maak dat ons die meeste wedstryde wen

    Ja daar is uitdunrondtes
    Elke keer raak die vyande geillimineer
    Net die gevaarlikstes bly oor
    Die groot gewere

    Ons sal hulle wen
    Kom klop by My aan vir strategieë
    Ek het die battle plans
    Dis mos wat hulle uitwerk, die Coaches van rugby-spanne

    Hoe, waar?
    Wat is hulle swakplekke?
    Julle moet besef
    Julle word bestudeer

    Die vyand hou julle dop
    Hy weet strategies waar om julle te sit
    Waar om aan te val
    Wanneer

    Vermy swak plekke
    Vermy plekke en mense wat nie goed is vir julle
    Goeie gewoontes
    Kan rugby spelers enige iets doen voor ‘n wedstryd?

    Wat mag hulle doen, wat nie?
    Wat moet hulle vermy?
    Dis al wat Ek julle wil help doen
    Dis hoekom Ek sê, vermy dit, vermy dat, nie daar, nie dit

    Ek’s net besig om julle te coach
    Te probeer help wen
    Julle moet luister kinders
    Die Coach word nie vertel, die Coach word vertrou

    Ek’s die beste Coach waarvoor enige span, man, iemand kan vra
    Ek het al heelwat spanne afgerig
    ‘n Paar spanne die Hemel ingehelp
    Julle kan My gerus vertrou

    Naby My bly vir goeie raad en advies
    Watter tipe spelers soek Coaches?
    Iemand wat vir hulle die heeltyd vertel?
    Nee-a, nee glad nie

    Hulle hou nie van daai wat die heeltyd rooikaarte kry met hulle gedrag
    Nee selfbeheersing, dis die ding
    Die wat hulle onderwerp aan gesag
    Dis maar al waarvoor Ek vra

    In Rugby maak dit soveel sin
    Julle vra nie dan vrae
    Nee dis nodig vir als om te werk
    Totdat Ek julle vra dan is dit totaal ‘n ander storie

    Ai nee kinders
    Ek vra net dieselfde
    Dieselfde wat elke Coach op aarde van sy span vra
    Niks minder of meer, net dieselfde

    Ek wens ek het dieselfde respek en agting gekry as wat Coaches op aarde kry
    Dit sou dinge vir My so vergemaklik maar nee
    Ek, Ek moet smeek dat spelers My vertrou
    Saam My werk

    Dalk wil hulle nie in My span wees
    Ek weet nie
    Maar dis nodig om saam My te werk
    Ek wil graag wen, My spelers ook

    Hoekom aan die verloor-kant bly?
    Nee wat, almal hou van wen
    Ek ook
    Niks minder, niks meer 😉

    Dankie sê Abba
    Dat Ek julle kan vertel
    Ek hou ook van Rugby wedstryde
    Om hulle te verloor is niks lekker vir My

    Beywer jou dan saam My om te wen
    Dit sal vir My lekker wees as ons saam kan wen
    As ons die wedstryde kan inryg
    Satan meer op sy neus kan laat kyk

    Ja-nee sien niemand hou van ‘n span wat nie eers ‘n geveg opsit
    Ja-nee hulle het oor daai span gehardloop
    Mens sou sê hulle het skaars geoefen
    Waar’s hulle taktiek?

    Weet hulle ooit teenoor wie hulle te staan gekom het?
    Mens sou sê hulle het die vyand nie eers bestudeer
    Dis hoekom My Woord so kragtig en kosbaar is
    Dit leer julle om die vyande teen wie julle te staan gaan kom te leer ken en uit te oorlê

    Dit sê vir julle hoe om te werk te gaan met elke vyand wat voor julle staan
    Gebruik Hom My kinders
    Lees julle Bybels
    Moet dit nie agterweë laat bly

    Dis wat geestelik spiere bou
    Julle gevaarlik maak
    Ja julle weet daai opponent waarna almal opkyk
    Daai span wat julle broekspype so bietjie laat bewe

    Daai enetjie as julle sê
    Nou gaan die poppe dans
    Ons gaan iets sien!
    ‘n Epiese stryd

    Ja hulle is lekker om te kyk
    Ek stem niemand hou van ‘n walkover wees
    Daar moet darem iets wees wat dit die moeite werd maak
    Kompetisie, goeie kompetisie … dis iets

    Niemand, niemand wil ‘n walkover wees
    Tog is baie in die Gees as dit by versoekinge van die vyand kom
    Ek wil julle help om drieë te druk kinders
    Een na die ander

    Ek wil nie hê ons moet die games net oorgee
    Nee baie kere dink Ek na die tyd verslae
    Kinders ons kon dit en dit anders gedoen het, probeer het
    Ja ons kon die strafskoppe en skrums teen ons so verminder

    Ons kon so die rooikaarte vermy
    Ai kinders wanneer, wanneer gaan julle na My begin luister
    Ag gee op My woorde van wysheid
    Dis al wat Ek vra

    Kinders wat bietjie wil wen
    Nie net die stryd gewonne gee
    Is daar buite mense wat bietjie wil wen?
    Wat moeg raak vir konstant verloor?

    Laat weet My dan gerus asseblief
    Ek sal graag wil help
    Julle help om strategieë teen Satan op te bou
    Te beplan sodat julle bietjie kan wen

    Ja van julle dink al julle is verloorders en dis maar hoe dit altyd gaan wees
    Dit hoef nie sê Abba
    Dit kan anders wees
    Dis nog nie te laat

    Begin net op My manier julle spiere oefen en julle sal sien
    Die deursettingsvermoë wat Ek gee om aan te hou
    Nie op te gee
    Sterk te raak in die Gees

    Het julle al Facing the Giants gekyk?
    Ek dink daaraan…
    Gaan kyk dit
    Daar’s baie stories soos dit

    Wanneer die underdogs van agter kom en reuse op hulle neuse laat kyk
    Ja ons almal ken daai stories maar nie almal wil die werk insit om dit reg te kry
    As die Coaches van die lewe julle partymaal aanhits om beter te doen, laat hulle toe kinders
    Hulle is besig om daai goud in julle na vore te roep, om die potensiaal te ontgin

    Julle almal het dit
    Dit moet net ontgin en aangewend word
    Ja dis rof partymaal, die goud in julle
    Weggesteek onder rowwe edges van klippe maar soek hulle saam met My

    Ek weet wat in julle sit
    Wat ons saam kan verrig
    Die drieë
    Wat ons saam kan druk

    Amen!

  • Staptog van die lewe

    Staptog van die lewe

    Hoop onvervangbaar groot
    Hoop wat nie opgee nie
    Genade wat bly soek
    Dit is ons God se Naam

    Wonderlik-groot
    So wonderlik-groot is Hy
    Niemand kan ooit met Hom vergelyk word
    Ek is so bly dat ek aan Hom behoort

    Nooit het Hy opgegee op my
    Vandag nog soek Hy na meer
    Meer van my oorgee
    Meer van Sy geliefde aan Sy sy

    Hy’s wonderlik-goed
    Hierdie God van my
    Ek wens meer mense wou Hom leer ken
    Ook hulle harte aan Hom gee

    Dit is die heel-beste-besluit
    Wil ek oor-en-oor aan hulle sê
    Hoekom julle harte teëhou
    Hoekom nie ook oorgee?

    Julle, dis die heel-heel-beste besluit
    Hoor julle my?
    Seblief begin mense se opinies oorweeg
    Veral van die wat Hom waarlik ken

    Julle sal fonteine van hoop
    Voel oopbreek in julle hart
    Fonteine van Hoop
    Ek weet nie wat anders om hulle te noem

    Ja groottes, kleintjies
    Van oral-oor sal hulle begin opspring
    Daai krake van die verlede
    Hulle sal dit begin oorstroom en deurstroom

    Liefste kinders van Pappa-God se hart
    Myne
    Kleintjies
    Julle wat aan My behoort

    Julle bring soveel vrede
    En vreugde na My hart
    Julle wat vertrou
    Julle wat My wil bly ken

    Julle moet nooit opgee
    My kinders, seblief
    Die steiltes is partymaal hoog
    Maar saam met My kan julle, sal julle triomfeer

    Julle is gemaak om saam met My te triomfeer
    Kinders oor die steiltes en hoogtes van hierdie lewe
    Net soos Rocky hande-in-die-lug
    Nadat hy daai stel trappe kon baas-raak

    Ja liefstes net soos hy
    Sal julle ook hande omhoog
    Na My kan kyk en skree
    “Halleluja, ek het dit gemaak!”

    Oe die genot wat ook Ek put
    Sê ons Abba
    Uit die steiltes van die lewe
    Wat ons saam kon baas raak

    Ja dit verskaf My net soveel vreugde
    My liefste kinders
    As Ek kan terugkyk saam met julle en sien
    Sjoe ons het die amper onmoontlike baas geraak

    Ja sien sê Abba
    Daar’s baie kere hoë stelle trappe
    In hierdie lewe
    Wat mens laat moed verloor

    Wat mens laat dink
    “Hoe op dees aarde gaan ek dit maak?
    Hierdie berg gaan ek hande-viervoet moet klim”
    Ja kinders

    Soos wafferse staptog-bendes (hikers)
    Gaan julle moet in-hak en sê
    “Nou is dit vorentoe
    Daar is ‘n prag-uitsig wat wag”

    Ja geen terug-draai
    Net vorentoe
    My kinders Ek sien altyd elke stukkie voortbeur
    Daai gedagtes van “Ek kan, ek kan, ek moet net nie opgee”

    Ja hierdie wêreld is vol klowe
    Donker gate, donker hoeke
    Met staptog-roetes
    Wat weer opkrul vanuit die klowe

    Liewe kinders
    Dis nie altyd maklik
    Hierdie staptog van die lewe
    Om hom baas te raak vat aanhouers-wat-wen

    Ja dis die wat nie uitsak nie
    Maar volhard tot die einde
    Dis aan hulle sê Abba
    Wat Ek die kroon van die Lewe beloof

    Het julle al gelees sê Abba
    In die Bybel praat Ek van die baie beproewinge
    Waardeur My kinders sal moet gaan
    Voordat hulle by die Hemel arriveer

    Ek weet julle verstaan dikwels nie
    Al die storms wat julle moet trotseer
    My kinders Ek weet daar is heelwat van hulle
    Wat julle uitmekaar wil skeur

    Dis soos leeus sê Abba
    Wat hulle prooi verorber
    Dis dikwels hoe julle dit ervaar
    God se genade is genoeg

    Het julle dit al My kinders
    In julle Bybels raakgelees?
    Daai kere in die Bybel wat Ek aan julle beloof
    Julle sal die leeukuile van die lewe nooit alleen hoef te betree

    Ja My kinders
    Ek is ‘n getroue God
    Soos Ek die leeus van Daniël se monde gesluit het
    So sal Ek dieselfde met joune doen

    Ja hulle kan maar brom en grom
    Maar nie ‘n stukkie van julle vleis
    Sal hulle die genoegdoening kry
    Om van te vreet

    Dis dikwels al genot wat hulle vind …
    Om te sien hoe die vrees wat hulle inboesem werk
    Die vrees wat mense laat wonder
    “Het my laaste dag dalk aangebreek?”

    Ek is soveel groter kind
    As enige leeu wat vir jou kom brul
    As enige leeu wat jou kom bang praat
    Ja julle weet daai vrese wat hulle inboesem …

    “Dit gaan gebeur
    En dan dit, en dan dit
    Jy staan geen kans
    Jy kan sommer maar net hier-en-nou opgee”

    Nee liefste kinders
    Nee
    Julle moet deur die dikwels-moeilike-omstandighede in julle lewe
    Nie altyd soek na ‘n uitweg om dit te ontduik

    Ja Ek weet
    Dit is uitdagend
    Dit toets julle uithouvermoë op heelwat vlakke
    Maar kinders dis enorm, die groei potensiaal wat dit geestelik vir jou inhou

    Dieper en meer
    Meer van God
    Dieper saam Hom
    Dit kan julle in sulke tye bid

    Wys my meer en meer Abba
    Asseblief
    Die vermoë wat U het
    Om My deur die donker dae van hierdie lewe te help

    Ja dis wat Ek doen
    Dis wat Ek graag doen
    Die Heilige Gees is gestuur om julle in tawwe tye by te staan
    Altyd by julle te wees

    Het julle geweet
    Julle kan in donker dae vra
    Heilige Gees
    Help my asseblief hierdeur?

    Help my om te weerstaan en neer te lê
    Die hopeloosheid wat my omring
    Die gefluister wat sê
    “Gee op, dit help nie eers jy probeer”

    Het julle geweet
    Kinders van Abba
    Negatiewe praat, negatiewe wonder
    Dit is nie van Hom?

    Ja dit is dikwels wat ons sink
    Daai negatiewe saam-praat
    Met Satan en al sy bose maats
    Ons moet slimmer as hy raak

    Ja die swaar sal nie bly
    Hy sal nie bly wen
    As ons nie meer bely
    “Hy gaan wen”

    Ja hy gaan nie
    Want God is groter
    Sal jy dit eerder begin sê
    Kind dit waarlik glo?

    Ek werk met julle geloof
    Kinders dis baie dikwels wat Ek nodig het
    Kinders wat glo
    Ek wil, Ek kan

    Julle samewerking word benodig
    Julle oorgawe
    Julle vertroue
    Julle aanhou vashou

    Julle positiewe praat
    Dit maak ‘n verskil
    Dit gee My iets om mee te werk
    Dit sluit julle nie toe in tronke van ongeloof

    Hou aan kinders, asseblief
    Om oë op My te hou
    Om te weet Ek is vir julle
    En saam gaan ons dit maak

    Ek verwyder nie My kinders
    Aldag die probleme
    Want Ek wil hê jy moet groei
    Saam met My spiere bou

    Ja kinders pap spiere werk nie
    Hulle gaan net solank die pas kan volhou
    Dan gaan hulle ingee
    Sê die inspanning raak te veel

    Ek wil hê julle hande
    Moet bietjie langer begin bo-bly
    Kinders net soos Moses s’n
    Toe hulle die geveg moes wen

    Ja hy is hulp gestuur
    Om sy arms bo te hou
    Dis hoekom Ek daar is sê Heilige Gees
    Ek en die Woord sal Aäron en Hur vir jou wees

    Hou jou hande hoog kind
    Hoog in die storm
    En sien hoe Ek hierdie geveg vir jou veg
    Sien hoe Ek hom wen

    Ja My kinders, ja
    Sterker spiere moet ons bou
    Net soos Rocky
    Oefen daai spiere, elke dag bietjie meer

    Slaan, boks, staan vroeër op in die oggende
    Begin opgee wat jou terughou
    Drink daai proteïen-drankie
    Fiks in gees, dit is waarnatoe ons werk

    Fiks in gees
    Fiks in gees
    Dis waar Ek so graag
    My elke kind wil hê

    Fiksheid in vlees
    Dit het ‘n nut
    Maar veel beter is hy wat hom beywer in die gees
    Het julle dit al in die Bybel raak gelees?

    Kinders van Abba
    Ek wil hê julle moet weet
    Julle is sterker as wat julle dink
    Veel, veel sterker in My as in julleself

    Begin wapens optel
    Wapens van Lig
    Glo soos Ek glo
    Doen soos Ek doen

    Dit dra veel meer waarde
    Kinders
    As wat julle dink
    Julle kan op My manier veel meer vermag

    Veel, veel meer
    Begin op My manier baklei
    Weer die gewonder met My Woord af en weet altyd
    Ek, Ek is vir jou

    Dis omdat Ek weet sê Abba
    Wat Ek met jou donker dae kan doen
    Dis hoekom Ek hulle partymaal toelaat om te gebeur
    Dis omdat Ek weet ‘n reus van geloof kan Ek in jou laat opstaan

    Ek praat nie van al die verkeerd en seer
    In hierdie wêreld nie kinders
    Ek praat van die tye wat Ek rerig kan gebruik
    Om soveel goud in julle gees te ontgin

    Julle mis hulle partymaal
    Baie kere
    Omdat julle nie dink of besef
    God kan dit draai vir goed

    Ja My kinders
    Ek kan selfs die seerste seer
    Iets maak waarna jy
    Kan terugkyk met waardering

    Dis My vermoë
    Dis wie Ek is
    Vir jou
    Vir elkeen

    Amen.

  • Goue tyd & geloofshuise (Nog ‘n woord in seisoen)

    Goue tyd & geloofshuise (Nog ‘n woord in seisoen)

    Hierdie is ‘n seisoen om God se rus in te gaan. Om ons harte stil te maak en nie te sê … Here gee U nie om dat ons vergaan?

    Julle vergaan nie
    Die storm sal julle nie sink
    Hou julle oë op My kleintjies
    Ek is die Een wat die storm in julle stilmaak
    Die een om julle ook


    Dis ‘n gulde geleentheid, ‘n goue een om God se rus te vind. Wil jy nie ook hê, beleef, die vrede wat alle verstand te bowe gaan?

    Vriend, vriendin trek nader, trek nader aan Abba in hierdie lockdown tyd.

    Julle sal nie, julle sal nie vergaan nie
    As als om julle skud
    Nee, julle besef nou net eers die gevaar!

    Sien vir baie lank was dit Abba wat gesê het … aan ons, die wêreld, die kinders van Hom wat slaap in die kerk…

    Word wakker!
    Kinders word wakker!
    Die wêreld vergaan!
    Julle sien nie, julle let nie op!

    Oe Pappa sê
    Kinders gee julle nie om dat julle vergaan?
    Julle slaap My kinders
    Die boot is besig om te sink


    Sien baie mense
    Se lewensbote is besig om te sink
    Ek die een wat besig is om te sê
    Word wakker, word wakker, jy gaan verdrink!

    Kind
    Jy is dan net so min gepla
    Soos wat jy dink Ek is gepla
    Noudat jy die storm om jou begin oplet

    Sien sê Abba
    Al wat besig is om te gebeur in hierdie tyd
    Is dat julle besig is om te besef
    Die gevaar waarin julle verkeer

    Ja julle oë is net besig om oop te gaan
    Julle is besig om te besef
    Hoe Ek al die tyd gevoel het
    As Ek benoud aan die wêreld skree:


    Word wakker!
    Word wakker!
    Die tyd raak laat!
    Die tyd raak min!


    Dis al wat besig is om te gebeur
    Ek begin julle net al meer bewus maak
    Van die sinkende situasie

    Waarin julle verkeer

    Bekeer My liefste kinders
    Begin net op julle knieë gaan
    En sê dankie
    Sê dankie vir My genade wat so baie omgee


    Dis ‘n bedekte seën
    Wat besig is om tans te gebeur
    Ek weet julle sien dit nie, Ek weet julle wil nie
    Maar wat besig is om te gebeur is goud


    Dis goue tyd wat Ek hierdie wêreld gee
    Om te besin, om te glo
    Om te weet, om te evalueer
    Glo ek reg oor God? Waar is ek in verhouding met Hom?


    Sien daar is net te min mense wat rerig bemoeienis maak met hierdie vrae
    Nee hulle gaan veel eerder ongesteurd aan, min gepla
    Net soos Ek op die see van Galilea
    Toe My dissipels aan My die vraag vra


    Natuurlik gee Ek om My liefste kinders
    Dis hoekom sê Pappa
    Ek julle bewus maak van die situasie waarin julle verkeer
    Julle moet julle Pappa begin raaksien


    Sy liefde is altyd om te dissiplineer
    Om reg te help, om te beveilig
    Om elke hoek en kant van die skaap-kraal toe te maak
    Sodat die wolf Satan nie kan kom steel, slag en verwoes

    Oe kleintjies
    Dis goue tyd, dit wat Ek julle nou gee
    Ja dit was nodig
    Nodig dat die wêreld se oë net weer bietjie oopgemaak word


    Dis nooit
    Om seer te maak
    Dis altyd
    Om bewus te maak


    Ja soveel mense het al in hierdie Corona-virus-seisoen
    Geliefdes aan die dood afgestaan
    Mense het seer, hulle het groot eina
    Bevrees en bevange is soveel


    Maar kan Ek julle kom rustig maak
    Asseblief geliefdes onthou
    Hulle wat treur
    Hulle sal vertroos word


    Dit is die Woord se belofte
    Asseblief kom gee vir My jou seer
    Laat Ek saam met jou dra
    En ligter maak die groot eina


    Oe My kinders dood is oorwin
    Vir altyd en ewig
    Is dit nie wat julle My geredde kinders
    Vandag en hierdie week vier?


    Die Opgestane Heer
    Dit is Ek My liefste kinders
    Die Pasga Lam
    Geslag vir julle sonde en seer


    Julle is veronderstel geliefdes
    Om soveel vrede in julle harte te hê hieroor
    Dood moes lankal nie meer ‘n houvas op julle hê
    Ek leef, julle leef in My!


    Kinders dis die vrede en hoop waarvan Ek praat
    Geliefdes sê Abba
    Vir hulle wat glo in My Seun Jesus Christus
    Is dood net die drumpel na die Ewige Lewe


    Ja daar waar als sag en soet is
    Daar waar My liefdevolle teenwoordigheid
    Elke stukkie van die hemel vul
    Ek wil hê julle moet altyd dat dit julle gedagtes vul


    Die lewe na die dood
    Die Ewige saam met My
    As dit is liefstes waar julle fondasie lê

    Sal dit nie so maklik raak om bang te raak wanneer aardse fondasies begin val

    Ek sê al eeue en eeue lank vir die wêreld se mense
    Kom in My Koninkryk in
    Leer My ken
    Laat dit vir julle vrede, rustigheid en hoop bring


    Die ding is net
    So min mense wil dit glo
    Selfs van My eie kinders
    Dien My met selfsugtige gemak


    Ja so lank as wat dinge op hulle terme kan bly gebeur
    Is hulle baie maklik en baie tevrede om dit te bly doen
    Begin julleself eerder afvra My liefste liefste kinders
    Sal julle My bly dien as meer ongemaklikheid aan julle deur begin klop?


    Sien sê Abba
    Dis al wat besig is om te gebeur met hierdie Corona-virus
    Dis besig om julle goed-gemesselde planne omvêr te werp
    Ja julle begin sê: Nee a nou raak dit ongemaklik


    Die hele ding begin krap waar dit nie nodig was om te begin krap
    Dis mos iets wat julle gereeld kwytraak … Hoekom krap as iets nie pla?
    Kinders dit bring ons terug op dieselfde plek
    Vanuit watter spektrum bekyk julle die situasie? Die ewige of nou?


    Ja Ek weet sê Pappa
    Dit is haatlik
    Dis nie ‘n situasie waarvan julle hou
    Maar wat as dit is wat Ek kan ek wil gebruik om mense se oë meer op My te vestig?


    Kan julle julself daarby berus?
    Kan julle sê…
    Ja Vader, ja ek hou niks daarvan maar ek weet
    Ek weet U planne is beter en meer as myne en daarby sal ek my neerlê


    My liefstes, My kinders
    Julle is Myne
    Ewig is die Rots waarop julle bou
    Word net rustig by My in hierdie seisoen


    Begin nader trek en weet
    Ek is die eintlike Rus waarna jy verlang
    Dit lê nie in jou bank rekeninge nie
    Dit lê nie in die plekke waar julle sekuriteite opbou


    Dit lê in My
    Die Ewige Ek Is
    Ek is in julle midde My kinders
    Ek het julle nie verlaat


    Kom sit by My
    Asseblief
    Meer as wat julle ooit het
    Kom raak rustig by My


    Kom leer op ‘n dieper manier ken dat Ek slaap in julle lewensbote
    Nie omdat Ek nie omgee maar omdat Ek so so seker is
    Ek weet My kinders, Ek weet wie Ek is
    En Ek wil so graag hê elkeen van julle moet ook in daai sekerheid inbeweeg


    Ja dis taai
    Ja julle het dit nie beplan
    Maar kan julle kom rus
    Sal julle kom rus by My?


    As daar fondasies is wat moet val in die tyd
    Laat hulle val My kind
    En laat toe dat Ek en jy saam
    Sterker aan daai geloof-fondasie van jou bou


    Die is ‘n uitnodiging na groei My liefste kinders
    Dieper en meer saam met My
    Laat ons begin messel
    Begin bou aan daai fondasie van jou geloofshuisie


    Ja van hulle staan vas
    Gebou op die Rots van die Eeue
    Maar kind daai huisie van jou…
    Hy is verrineweer


    Soveel herstelwerk het hy nodig
    Nuwe lae verf, gebreekte vensters moet vervang word
    Uitvee, mop, skoonmaak … dis wat baie van julle huise nodig het

    Opknappingswerk

    Ja sê Pappa
    Ja Ek weet
    Baie van julle kyk na hierdie ekstra tyd wat Corona julle gee en dink…
    Nou kan ek doen waarvoor ek nooit tyd kry


    Maar kan Ek vra
    Pappa se kinders
    Sal julle in hierdie tyd ook seker maak
    Dat die opknappingswerk van julle geloofshuise geskied?


    Ja vra julleself vandag…
    Asseblief
    In watter kondisie is my huis van geloof
    Watter onderhoudingswerk moes ek al lankal aan hom aanbring?


    Kinders hoe lyk julle tye van aanbidding?
    Hoe lyk die tye wat julle saam met My spandeer?
    Persoonlike tyd, nie net daai vinnige gebede

    Wat julle saam met julle mans, vrouens en kinders in die oggende bid

    Hoe lyk die herstelwerk van jou geloofshuis?
    Begin arbei My kinders…
    Daaraan
    Begin Heilige Gees vra..
    .

    Wys my, wys my asseblief … waar kort my huisie werk?
    Dis al wat Ek in hierdie dag van julle vra … sal julle?
    Sal julle toelaat dat hierdie tyd van isolasie
    ‘n Tyd van enorme seën vir My en jou se verhouding word?


    ‘n Vernouing
    ‘n Verdieping
    ‘n Een-word tussen ons

    Meer as vantevore

    Julle kan en julle gaan deurtrek
    Hou julle oë net op My
    Stewig en sterk, onbeweegbaar en vas
    Dit is die fondasie waarop julle bou
    .

    Tydens die neerskryf van hierdie woorde het ek so duidelik die toneel van Markus 4:35-41 gesien afspeel. Gaan lees dit asseblief. En as julle nog nie die blog wat ek vroeer die week gelaai het gelees het nie moedig ek julle aan om dit ook te gaan lees. Dit sluit mooi aan by hierdie een. Dankie Heilige Gees. Abba dankie dat U ken die onstuimigheid wat ons harte in hierdie tyd besoek. Sal U dit asseblief rustig maak en ons dieper bly trek met die liefdevolle herinnering van wie U is. Mag hierdie ‘n tyd van praggroei saam met U wees, vir U elke kind. In Jesus se Naam.

    Amen.

  • Draadjie-van-Hoop

    Draadjie-van-Hoop

    Ken jy
    God se hartklop
    Het jy Sy stem
    Al vir jouself gehoor?

    Ons Pappa-God
    Wil so graag kinders hê
    Wat nie net aan tradisie
    Se rokspante vashou

    Ons Pappa wil so graag hê
    Ons moet na dieper en meer begin vra
    Alles wat Hy in die Gees
    Vir ons voorberei het

    Dikwels sê Daddy
    Is dit vir julle My kinders
    Moeilik om te verstaan
    Dis wat Ek so graag wil hê

    Hoekom vra Pappa
    Hoekom
    Verhinder so baie van julle
    Die Gees se werkinge in julle lewens

    Liefstes sê Daddy-God
    Dit gebeur so gou
    En so gereeld
    Ek kry dikwels nie kans om te doen wat Ek graag wou

    Julle verhinder My sê Daddy
    Om te beweeg in jou lewe
    Omdat jy nie vir My Gees se werkinge in jou lewe
    Ja sê

    Liefste sê Pappa
    Dit pla My so baie
    So geweldig
    Dis asof daar die heeltyd struikelblokke opgerig word tussen My en jou

    Liefste sê Pappa
    Liefste-liefste kind
    Pappa wil jou vra
    Sal jy My asseblief net bietjie meer vryheid in jou lewe gee

    Ek word so gereeld
    Sê Daddy-God
    Aan bande gelê
    Met wat Ek mag en wat Ek nie mag doen in My kinders se lewens nie

    Daddy U mag dit doen
    En dat
    Maar Daddy asseblief
    Dit mag nie so gebeur

    Oe ja-nee
    Baie kere
    Liefstes sê Daddy
    Word Ek vertel hoe ‘n ding mag of nie mag gebeur

    Ek word vertel
    Sê Pappa
    Ja regtig
    Baie kere

    Ek weet dis nou nie jy
    Sê Pappa
    Ja-nee Ek weet 😉
    Dis nie jy, dis al die ander

    Ja sê ons liefste Daddy
    Ek is goed
    Ek is mooi
    Ek weet wat Ek van julle vra

    Julle is so verkeerd
    My liefstes sê Daddy
    As julle My wil voorskryf
    Oor hoe iets moet gebeur

    Dis nie hoe dit moet wees
    Liefste kind van My hart
    Wag op My
    Doen wat Daddy jou vra

    Ja sê Daddy
    Daar is party kere
    Wat ‘n duidelike ja of nee van My nie nodig is
    Maar dan is daar ander kere wat dit noodsaaklik is

    Liefstes sê Daddy
    Ek wil net vra
    Vertrou, vertrou My
    Met alles wat jy het

    Ja sê Daddy, ja
    Jy kan altyd weet dat Ek van beter weet
    My liefste kind
    Dis beter so

    Daar’s te min mense sê Abba-God
    Wat verkeerd-glo hieroor
    Hulle dink of weet nie
    Hulle kan My raad vra oor enige iets

    Liefstes sê Abba
    Kom net nader
    Nader aan My
    Laat Ek jou wys hoe dit werk

    Ja sê Daddy
    Ja
    Daar is so baie
    Wat Ek julle op hierdie pad van Lig kan wys en leer

    Kinders
    Daddy vra net
    Kom en word wys
    Kom leer van My

    Julle hoef nie al die besluite van julle lewens
    Self te neem
    Rerig julle kan oorgee
    En My veel eerder vertrou

    Ek sal julle
    Die regte pad wys
    Die een wat lewe
    Die een van oorvloed

    Oe liefstes
    Sê Daddy
    Dis te min
    Dis te min dat julle My waarlik vertrou

    Laat My voorloop
    Liefstes
    Asseblief altyd
    Vra ons Pappa-God

    Julle vra te min
    Daddy loop voor
    Wys my die pad
    Waarheen, waarheen nie

    Daar is hoogstes liefstes
    In My
    Wat julle net sal bereik
    As julle vra daarna

    Ja liefstes
    Sê Daddy
    Daar is soveel meer
    Maar dit gaan vat dat julle saam met My op water loop

    Ja liefstes
    Sê Daddy
    Dit gaan partykeer geweldig diep lyk
    Maar julle gaan My moet vertrou

    Ek hou vir julle net die beste instoor
    Net die mooiste
    Ek het kinders nodig
    Wat dit saam met My sal glo

    Ja sê Daddy
    Liefstes
    Dis wat julle moet doen
    Wanneer die moeilike donker twyfel-dae kom

    Vertrou My diep
    Dieper
    Diepste
    Dis wat Ek vir My kinders wil sê

    Julle moet vertrou
    Julle moet glo
    Julle moenie opgee
    Wanneer Ek voorloop

    Sien kind sê Daddy
    Dis altyd die gedagtes
    Wat Satan kom plant
    Gedagtes wat twyfel bring

    Moenie ooit toelaat
    Sê Daddy
    Dat Satan julle vertroue in My
    Verhinder om te groei

    Ja hy gaan altyd probeer
    Sê Abba
    Maar wees bewus
    Kyk die kat goed uit die boom

    Dis sy hart sê Pappa
    Dat Ek en jy
    Nooit nader aan mekaar groei
    Dis wat hy altyd probeer verhoed

    Kom ons knielhalter
    Bietjie sy planne
    Sê Abba
    Kom ons ry dit net ‘n bietjie in die wiele

    Ja deur jy liefste kind
    Wat jou vertroue in My plaas
    En ja sê
    As Ek jou in ‘n sekere rigting wil lei

    Moenie net altyd wil vasskop
    Liefstes van My hart
    Abba s’n
    As Ek jou vra om in ‘n sekere rigting te beweeg

    Ja sê Daddy, ja
    Jy het die stappe dalk nie so geantisipeer
    Maar kind sê Abba
    Ek is nogsteeds in beheer

    Raak rustig sê Abba
    Ja rustig in julle hart
    Vertrou My altyd-deur
    Laat toe dat Ek voorloop

    My genade is altyd genoeg
    Sê ons liefste Pappa
    En wanneer Ek julle iets vra
    Weet dat Ek julle die vermoë sal gee om dit reg te kry

    Ja julle hoef nie altyd
    Sê Daddy
    In ‘n frenzie te gaan
    Te sê dinge moenie so gebeur

    Ja sê Daddy
    Ja
    Dit gaan dalk ‘n klein bietjie anders gebeur
    Maar Ek weet hoekom Ek vra

    Vertrou My net altyd veel eerder
    Sê Pappa
    Vertrou My
    Doen wat Ek vra

    Wanneer Ek in ‘n rigting lei sê Abba
    Wat jy nie rerig verstaan
    Moet jy weet dis nie altyd nodig om eers te verstaan
    Voor jy doen wat Ek vra

    Geloof is glo
    Sê Abba
    Geloof is om te doen
    Wat Ek vra

    Ja liefste sê Abba
    Wanneer Ek vra
    Doen asseblief
    Dis hoe Ek weet dat julle glo

    Moenie net doen
    Tot daar waar dit vir julle gemaklik is
    Nee kind
    Doen dit asseblief end-uit

    Ja alles wat Ek vra
    Loop asseblief die pad
    Van volle gehoorsaamheid
    Tot die einde toe

    Julle liefde is mooi
    Sê Abba
    Ek wil net vra
    Kan julle My help deur meer te groei?

    Meer te groei in julle liefde
    Sodat julle My
    Alhoemeer kan vertrou
    Dis hoe dit makliker raak

    Ja dit is so liefstes
    Hoe meer julle My ken
    Hoe makliker sal dit wees
    Om My waarlik te vertrou

    Ek wil nie net hê
    Liefstes
    Sê Daddy
    Dat dit wat tussen ons is leë hol woorde bly

    Moet asseblief nie sê
    Sê Abba-Vader
    Dat julle My vertrou
    As julle nie bereid is om ‘n tree te gee as Ek vra

    Nee liefstes
    Asseblief
    Pappa vra veel eerder
    Vertrou My asseblief, rerig

    Ja diep en uit julle hart
    Leer My ken
    Rerig-rerig erig
    Leer My ken

    Diep
    En uit My hart
    Wil Ek jou ook vra
    Sal jy My dieper vertrou

    Sal jy leer uitsien
    Na dit wat Ek verborge hou
    Selfs al kan jy dit nog nie lekker sien
    Sal jy asseblief, groot asseblief

    Ja sê Daddy
    Ek weet
    Kinders vra ook so as hulle iets graag wil hê
    Mamma, pappa groot asseblief kan ek dit kry?

    Liefste sê Daddy
    Dit is Pappa se vra vandag
    Groot asseblief
    Sal jy My liewer kry?

    Daar is ‘n liedjie
    Sê Abba
    Diep en mooi is hy
    Dalk het julle hom al gehoor

    Oceans
    Oceans is sy naam en hy sê
    Take me deeper than my feet could ever wander
    And my faith will be made stronger in the presence of My Savior

    Dit is hoe dit is
    My liefste kinders
    Pappa wil julle na veel verder plekke vat
    As wat julle ooit alleen sal kan bereik

    Ek wil julle op My skouers tel en sê
    Kinders kom nou
    Kom ons gaan verken
    Kom Ek wys julle wat is moontlik by My

    Julle geloof is maar dikwels klein
    Sê Abba
    Dikwels so klein
    Wanneer dit by My en vertrou My kom

    Oe liefste sê Abba
    Oe liefstes
    Kom net nader
    Kom sien daar is soveel wat ons saam kan bereik

    My liefde vir julle
    Is so groot en so mooi
    So grênd
    Sou kinders ook sê

    Kinders kom sê Pappa
    Kom asseblief
    Ek wil julle wys en leer
    Ek is God van die onmoontlike

    Ek wil julle aantrek
    Sê Pappa-God
    So graag
    Met die potensiaal van die hemele

    Ek wil julle aantrek
    Met groter vermoë
    Groter doelgerigtheid
    Om julle drome te bereik

    Oe liefstes
    Sê Abba
    Kom, kom laat Ek julle wys
    Daar is drome wat hierdie wêreld nog nie bereik het nie

    Ja-nee kyk kinders
    Sê Abba
    By My is groter en dieper en mooier
    Altyd nog ‘n opsie

    Asseblief kinders
    Asseblief
    Kom glo Pappa
    Die horisonne in My hart is breed

    So onbereikbaar groot
    Is die visie in My hart
    Ek hou van groot-droom sê Abba
    Ek is baie lief daarvoor

    Ek weet sê Daddy
    Dat Ek baie kere, baie van My kinders se harte
    In hulle kele laat klop
    Met die goed wat Ek vra

    Ek weet dit sê Pappa
    Ek weet
    Dit laat hulle bene bewe
    Dit laat hulle baie bewerig voel

    Oe liefstes sê Daddy
    Ek weet
    Ek weet dis baie groot
    Om baie kere die gewig van hemelse drome te dra

    Dis te groot
    Dis te groot sê My kinders dan
    Ek kan nie, ek kan nie
    Dis te veel vir my

    Dis net, kind
    Seun en dogter sê Pappa
    Ek wat jou vra om saam met My
    ‘n Hemelse droom waar te maak

    Liefstes sê Daddy-God
    Dit moet ‘n droom wees
    Te groot vir jou
    Anders is dit mos nie ‘n hemelse droom 🙂

    Drome groter as hierdie wêreld s’n
    Dit is die tipe drome
    Wat Ek love om waar te maak
    Deur My kinders op aarde wat saam met My werk

    Liefstes sê Daddy
    Sien
    Sien dis net hemelse drome
    Wat op aarde ‘n weg moet kry om te gebeur

    Dis hoekom Ek altyd-altyd vra
    Kinders asseblief
    Vertrou Pappa veel eerder
    Met dinge wat Ek vra

    Ja dis nie altyd maklik
    Maar dit is altyd moontlik
    As julle My net altyd sal toelaat
    Om die voor-loop te doen

    Ja sê Daddy-God
    Ja dit is so My kinders
    My hemelse drome kan baie kere
    Net gestalte deur mense kry

    Ja mense wat sê
    Okay
    Goed Pappa, goed
    Kom ons wys hierdie wêreld ‘n ding of twee

    ‘n Ding
    Wat hulle nog nie beleef of ervaar het nie
    Kind
    ‘n Ding baie groot

    Sien, sien sê Pappa
    Ek hou van duplikate ook
    Ek hou van dinge doen wat Ek lankal terug reeds al gedoen het
    Ek hou daarvan as dit mense nogsteeds in stom-verwondering laat

    Tog hou Ek net so baie daarvan
    As Ek hierdie wêreld
    Iets kraakvars en splinternuut kan bied
    Iets nog nooit gesien of ervaar

    Dis hoekom Ek partymaal sê Daddy
    Verspotte goeters van julle vra
    En mense dan sê
    Ag jy is mal

    Mal sê Daddy
    Net soos wat mense vir Noag gesê het
    Toe hy vir jare en jare
    Gehoorsaam aan die ark bou

    Hoeveel jare lank
    Sê Abba
    Het mense met hom die spot gedryf
    Voordat die dag van reënval finaal aanbreek

    Oe kinders sê Daddy
    Ek wil hê julle moet verstaan
    Mense gaan dikwels en baie kere
    Die hemelse drome in julle harte afkraak

    Ja hulle gaan ook sê
    Hy of sy het nou finaal
    Al hulle varkies verloor
    Maar kind dis net omdat hulle nog nie kan sien

    Hulle kan nog nie sien
    Sê Abba
    Die reën wat alreeds in jou gees geval het
    En besig is om nat te maak

    Oe liefstes sê Pappa
    Asseblief onthou net
    Ek is vir julle
    Altyd-deur

    Ja, ja
    Dit gaan nie altyd maklik wees
    Die lewe is moelik
    Maar hemelse drome is moontlik saam met My

    Sal julle asseblief saam met My werk
    Kinders asseblief
    Julle wat met hemelse drome sit
    Julle wat weet dit gaan net met God se hulp gebeur

    Ja sê Daddy, ja
    Julle weet
    Julle sit al jare met hierdie swaar gewig op julle skouers
    Hoe, wat, waar, wanneer?

    Oe kinders sê Pappa
    Ek sal julle help
    Elke tree
    Hoe om hierdie hemelse plan tot uitvoer te bring

    Ja sê Daddy, ja
    Vertrou net My hart
    Weet
    Dat Ek besig is

    Julle vra so gereeld
    Here wys my
    Waarnatoe
    Wanneer

    Kind Ek sal
    Ek sal
    Ek belowe
    Hou jy jou ore net wawyd oop

    Sodat wanneer Ek spreek
    Jy dadelik sal hoor
    Net soos Samuel sal jy dan antwoord
    Spreek Here, U dienskneg luister

    Oe
    Ore ingestel op die Koning
    Vir verdere instruksies en leiding
    Hoe baie mooi is dit vir My

    Julle
    Julle geliefdes van My hart
    Sê Abba
    Ek is altyd vir julle

    Hou net daaraan vas
    Sê Abba
    Die dae wanneer die lewe moeilik is
    En mense nie altyd verstaan

    Ja sê Pappa, ja
    Mense gaan nie altyd jou journey verstaan nie
    En jy nie ‘n ander s’n
    Want julle is op verskillende plekke van julle journey

    Oe My kinders, liefstes sê Daddy
    Altyd sal Ek poog, altyd
    Om mense in jou lewe te bring wat jou journey verstaan
    Wat die pad saam met jou kan loop

    Ja vriende en familie
    Sê Daddy
    Naastes
    Is dikwels nodig vir jou om jou pad te loop

    Ek is die Een sê Daddy
    Wat dikwels verbintenisse skep
    Mense jou pad laat kruis
    Met wie jy ‘n padjie gaan loop

    Ja dis Ek sê Pappa
    Dikwels Ek
    Wat maak dat julle nuwe en vreemde mense ontmoet
    Wees op die uitkyk daarvoor

    Dis omdat Ek net weet liefstes
    Die een is nodig vir die volgende seisoen
    Waarin My kind beweeg
    Ek sal onderskraging stuur

    Oe My kind
    Dis maar hoe Ek werk
    Altyd op die uitkyk
    Vir jou My kosbare kind

    Daarom sê Daddy
    Volgende keer as julle paaie met iemand nuuts kruis
    Weet dit is heel moontlik
    Iets wat Ek in die mou voer 😉

    Oe ag kind
    Ek terg jou net
    Ek wil net hê jy moet weet
    Ek is maar altyd besig met goed wat jy nie aldag kan sien

    Ja kind, ja sê Pappa
    Altyd besig met ietsie in die lewens van My kinders
    Dis vir My so mooi
    So mooi as julle My net vertrou

    Kom vra maar altyd
    Sê Abba
    Net ‘n stukkie nuwe wysheid
    ‘n Stukkie van waarmee Ek in jou lewe besig is

    Ek sal jou altyd wys kind
    Ek sal jou altyd lei
    Pappa is vir jou
    En altyd besig agter die skerms

    Ja sê Abba
    Ja dit is so
    Julle sien dit baie dikwels
    Eers vele-vele jare later

    Oe dit is hoekom dinge so uitgewerk het
    Dit is hoekom dinge so moes gebeur
    Nou verstaan ek
    Vir die eerste keer

    Oe ja-nee sê Abba
    Oe ja-nee
    Dis maar hoe Ek baie kere
    My hemelse planne laat uitwerk

    Julle dink partykeer
    Dinge is maar niksvermoedend so
    Oe nee kinders, oe nee
    Pappa is altyd besig met ‘n plan

    Altyd maar altyd
    Het Ek ‘n plan waarvolgens Ek werk
    Ek sal nou nie sê
    Ek kry als reg wat Ek graag wil hê moet gebeur maar Ek probeer

    Ja Ek probeer altyd
    Om dinge beter te maak
    Om dinge te laat uitwerk
    Vir My kinders

    Ja, ja
    Partykeer is daar stampe en stote
    Ja partykeer is daar hobbels waaroor ons moet oor
    Maar dis asof hulle die reis net alte mooi maak

    Ja dis nie altyd lekker
    Maar kinders
    Ek het die vermoë
    Om selfs die slegste sleg mooi te maak

    Ja dis maar net wie Ek is
    Dis maar net wat Ek kan doen
    Ek twyfel
    Sal mens ooit beter kry?

    Ek is die beste-beste God
    Waarvoor hierdie wêreld ooit kon vra
    Party mense betwyfel dit nogsteeds baie sterk
    Maar dit is so

    Liefliker as lieflik
    Mooier as mooi
    Liefstes sê Daddy
    Dit is Ek die ewige God

    Ek is God
    Die ander is gode
    Ek wil net graag vir julle sê
    Ek is die enigste god wat met ‘n hoofletter-g geskryf kan word

    Ja-nee sê Pappa-God
    Ja-nee
    Die ander is spring-chickens teenoor My
    Ek is die real deal

    Die realest truest deal
    Wat enige iemand ooit kan kry
    Dit is Ek
    Die ewige God

    Kom nader wêreld
    Kom leer My ken
    Toe-nou kom
    Toe-nou kom

    Ek paai en mooi-praat
    Van julle nou al vir jare
    Tog nogsteeds
    Tog wil julle harte hard hou

    Ag Ek verstaan nie
    Sê Abba
    Ek verstaan nie hoekom
    Jy jouself so hardkoppig wil hou

    Wat het dit jou in die sak gebring
    Sê Abba
    Wat het dit jou al ooit in die sak gebring
    Behalwe ‘n hengse hoofpyn?

    Ja Ek weet sê Abba
    Ek weet
    Julle kry hulle gereeld
    Migraines dis mos wat julle hulle noem

    Migraines sê Abba
    Het al half-pad van die mensdom opgeeët
    Met al sy migraine fixes
    Sal apteke nooit uit besigheid gaan

    Oe nee sê Abba
    Oe nee
    Dis een van hulle beste verkopers
    Julle het seker al gesien

    Liefstes sê Abba
    Die van die wêreld ook
    Ek wil net sê hierdie briefie skryf Ek
    Sodat ook daardie hoofpyn ligter teen jou slape sal begin klop

    Ja sê Pappa-God, ja
    Ek verstaan
    Die fisiologie van die mensdom
    Ek het julle aanmekaar gesit

    Ja sê Pappa
    Daar in die tuin van Eden
    Toe Ek die asem van lewe
    In jou longe inblaas

    Soos ‘n wafferse dokter of homeopaat
    Kan Ek ook My vinger
    Op die presiese probleem-area sit
    Ek weet waar die probleem lê

    Oe kind sê Daddy
    Oe kind
    Ek kan net sê
    Heelwat van die oorsaak is jy wat nie jou vertroue in My belê

    Ja mense van die wêreld
    Dokters en so
    Hulle sal nie baie maklik
    Dit as rede vir jou uitwys

    Oe nee sê Pappa
    Oe nee
    Dit is mos maar nou so
    Baie van hulle probeer julle mos oortuig dat Ek nie rerig is

    Ja ‘n fabrikasie van mense se gedagte-wêreld
    Goeie en sterk verbeelding
    Ek kry daai een nogals dikwels 😉
    Of is dit hulle kort ‘n kruk om deur die lewe te gaan

    Ek weet nie
    Of julle al gesien het
    Maar My kinders se “kruk”
    Werk nogals baie heerlik 😉

    Oe ja
    Die lekkerste wandelpadjies het ons al saam beloop
    Die wonderlikstes
    Die waarvan die hemel droom

    Wil julle nie bietjie saam met ons kom sit
    Julle verlorenes van hart
    En saam met ons
    Hemelse drome begin te droom?

    Oe hulle is te lieflik
    Of te grys
    Soos die ouer mense soms sê
    Ek wonder weet die jonges van dae wat daai woord beteken?

    Gaan vra julle oumas en oupas
    Sê Abba
    Hulle sal vir julle vertel
    Dis wanneer iets baie oulik is

    Oe liefstes sê Daddy
    Oe liefstes van My hart
    Hoor asseblief
    Ek gee om

    Ek gee om vir julle
    So so baie
    Ek wil julle vertel
    Verlorenes, julle ook

    Julle dink genoeg kere
    Ek gee nie om
    Sê gereeld
    God, Hy sal nie belangstel in ons

    Oe kinders van die wêreld
    Kan julle hemelse Vader net vir julle sê
    Julle is so verkeerd
    Ashoop, dis waar Ek meeste van My kinders gaan haal

    Daai plek waar hulle so skuldig is
    Daai plek waar hulle so skuldig voel
    Dis dan wat Ek steeds kom en sê
    Kind Ek is goed en Ek wil jou hê

    Mense verstaan nie My goedheid nie
    Sê Abba
    As Ek julle kon sê op ‘n skaal wat julle verstaan sou Ek sê
    200% net goed

    Daar kan nie ooit meer goed as Ek
    In hierdie wêreld of enige ander plek bestaan
    Ek is die ware betekenis
    Van alles wat goed en mooi is

    Dis so moeilik sê Abba
    So moeilik
    Om dikwels vir julle te verduidelik
    Want julle dink dat dit net woorde is

    Ek is nie net mooi woorde nie
    Sê Abba
    Nie, nie, nie
    Nooit nie

    Julle liefde vir My is so flou
    Sê Abba-Vader
    Want julle ken My nie
    Nie voorwaar nie

    Daar’s te veel voorwaardes
    Sê Pappa-God
    Baie kere
    Gekoppel aan wie Ek is en wat Ek kan doen

    God is goed
    As Hy vir my deurkom
    God kan ek vertrou
    As Hy doen wat ek vir Hom sê

    Liewe ouers kinders
    Liewe ouers
    Ek dink dat dit verskriklik narrow-minded is
    Ek dink dat julle beslis nie die groter prentjie sien

    As julle My net vertrou en liefhet
    As Ek volgens julle pype dans
    Liefste kinders
    Is julle liefde vir My voorwaar baie vlak

    Ek wil julle by die plek uitbring
    Sê Jesus Christus, die Seun
    Waar julle liefde vir My
    Voorwaar so diep en eg is

    Was die Kruis van Golgota
    Nie genoeg sê Hy
    Nie genoeg om te bewys hoe diep kosbaar en spesiaal jy vir My is
    Was My prys nie duur genoeg?

    Kinders sê Abba
    Dis tyd dat julle na die Kruis begin kyk
    Dis tyd dat julle begin onthou
    Hoekom is dit nie genoeg vir jou om te weet Ek is net goed

    Ek weet nie sê Abba-Vader
    Van enige ander koning
    Wat sy seun vrywillig sou opgee
    Om die sondige afvallige mense van sy koninkryk te red

    Mense doen nie sulke goeters nie kinders
    Ek weet nie
    Het julle al gesien?
    Dalk, dalk net vir iemand vir wie hulle baie lief is

    Ja dan sal mense
    Hulle lewens opgee
    Dan sal hulle sê
    Dit is die moeite werd

    Oe geliefde sê Abba
    Die hele wêreld
    Julle was vir My genoeg
    Dis hoekom Ek My-Seun-het-gestuur

    Ja Ek het dit gedoen
    Sê Abba
    Om julle te bevry van sonde
    Sodat julle nooit ooit weer haar slaaf hoef te wees

    Party mense kies dit vandag nog
    Steeds vrywillig
    Ek weet nie
    Seker omdat hulle nog nie die dodelike effek daarvaan gesmaak het

    Ja
    Sonde lei net na een plek
    Eers donkerte in jou siel
    En dan die donkerte wat die ewigheid inhou

    Ons noem dit die tweede dood
    Of is dit ewige hel
    Daarnatoe sal gaan almal wat hulle rûe op God
    En Sy verlossingsplan gedraai het

    Ja mens kan dit so sê
    Sê Abba
    Of mens kan sê
    Hulle wat nie My offer van liefde en genade wou aanneem

    Sien daar was ‘n prys
    Aan die Kruis van Golgota betaal
    ‘n Prys om jou siel vry te koop
    Omdat jy vir sonde gesê het ja

    Jy moes met jou lewe daarvoor boet
    Elke liewe mens wat sonde gepleeg het
    Toe sê Ek nee wag
    Ek sal My Seun in hulle plek stuur

    Wie wil hulle hê het Satan gesê
    Geskel hulle het jou verlaat
    Hulle sal weer
    Moet hulle nie ‘n kans gee!

    Ek hoop nie sê Daddy
    Ek het My kanse verspeel
    Ek hoop nie so maar toe sê Ek ja
    Ja! Ek sal hulle nog ‘n kans gee

    Ek kon net nie sê Abba
    Op julle My kosbare skepping opgee
    Ek het net nie geweet hoe
    Toe gee Ek maar Myself as offer vir jou sonde

    Ja Ek kon nie, Ek kan nie
    Nou-nog nie
    Ek weet nie hoe om van daai draadjie-van-hoop tussen ons te laat gaan
    Hoe sny Ek hom vir altyd flenters

    As julle My net kon wys hoe
    Sou Ek dit dalk doen
    Dis partymaal so moeilik
    So seer om aan daai stukkie hoop vas te hou

    Ek hou vas
    Maar al wat Ek kry is skoppe, vuishoue en slae
    Van almal wat in hierdie wêreld glo
    Dat Ek die grootste vark is wat op twee bene loop

    Mense verafsku My
    Hulle vloek My
    Hulle jou My uit
    En al wat Ek doen is, Ek kan nie op HOOP opgee

    Hoekom, hoekom nie
    Hoekom kan Ek nie laat gaan
    Daddy hulle maak so seer
    Kan U nie sien?!!

    Dis die Heilige Gees se stem
    Dis Sy wat so gereeld vir My sê
    Hulle wil nie
    Hulle wil nie terugkeer

    Hulle wil nie glo
    Dat jy ewig mooi is nie
    Hulle wil die Waarheid nie leer ken
    Hulle wil blind bly

    Oe magtie
    As Ek net kon opgee
    As Ek net nie meer kon glo
    Daar is nog hoop

    Dit is so verdomp moeilik
    So moeilik om te bly glo
    Als gaan nog uitwerk
    Als gaan draai vir goed

    Dis so moeilik
    Want alles sê nee
    Alles sê
    Gee maar op!

    Dis so so moeilik
    Ek wens net Ek kon laat gaan
    Ek wens dit was nie ‘n issue
    Ek wens Ek kon die wêreld los om verlore te gaan

    Ja-nee sê Daddy
    Ja-nee
    Dit sou soveel van My probleme
    Eensklaps oplos

    Dis mos wat die wêreld wil hê
    Woeps-waps
    Als verby
    Nou kan hulle maar in die hel brand, wat gee Ek tog om

    Dit lyk My sê Abba
    Dis My omgee wat die groot probleem is
    Help My om te laat gaan
    En Ek doen dit met graagte

    Sien sê Abba, sien
    Ek het ook hulp nodig
    Ek wil so graag hê julle moet sien
    Ek sukkel so baie om op te gee op julle

    Hierdie verlore-gaande wêreld
    Het nogsteeds
    Net so ‘n spesiale plekkie in My hart
    Hoe kan dit wees?

    Ek dink sê Abba
    Dis omdat Ek weet
    As mense net die Waarheid kon begin sien
    Sou hulle opreg-opreg dankbaar wees Ek het nie opgegee

    Soos soveel ander
    Alreeds ontdek het
    Dit is so
    Dit is baie waar

    Oe geliefdes
    Geliefdes van My hart
    Wanneer gaan julle sien
    Ek is net goed

    Net-net goed
    Geen sleg kan in My woon
    Dit is net nie moontlik nie
    Nie ooit

    Amen.

  • Mooi leë woordjies

    Mooi leë woordjies

    Daddy-God se hart is sag
    So so sag
    Ek wonder of jy dit weet
    Het jy dit al gevind?

    Boetie, sussie
    My hart smelt
    Smelt
    As ek in God se teenwoordigheid bly sit

    Ek wil net meer hê
    Meer en meer
    Van Sy wonderlik-wees
    Meer en meer van wie Hy nog altyd is

    Die skatte is so diep
    Liefste kinders
    Sê Pappa
    Daar is soveel-soveel meer

    Onuitgeput sê Daddy
    Is die skatte in My hart
    Nooit sal niemand alles kan opspoor
    Daar is net te veel

    Goddelik
    Goddelik-mooi is my Pappa se hart
    Ek weet nie hoe anders om dit te sê
    Geen wonder Hy is God

    Oe liefste wêreld
    Kinders daarbinne
    Julle mis so uit
    Alles omdat julle nie wil naderkom

    God se kinders, Myne
    Julle wat so sê
    Julle is in vlak waters kinders
    Julle is in vlak waters

    Kom dieper in
    Kom swem uit
    Kom verdwaal liefste kinders
    Kom raak verlore in wie God is

    Oe My wonderlik-wees
    Sê Abba
    Het nog nie genoeg mense gevind
    Hulle weet nie, hulle weet nie hoe goed Ek waarlik is

    Oe hulle dink so
    Hulle dink rerig so
    Maar kinders sê Pappa-God
    Julle het nog nie gevind

    Kom dieper
    Kom vra na meer
    Kom verdwaal kinders
    Ek vra weer, in My wonderlik-wees

    Genade-groot
    Is so My Naam
    Liefde-diep
    Dit ook

    Oe kinders sê Pappa
    Asseblief
    Begin honger raak
    Begin honger raak vir meer van My

    Julle is tevrede
    Liefste kinders
    Sê Daddy
    Met vlak water, hoekom is dit so?

    Genoeg sê Daddy
    Genoeg
    Dit is wat die wêreld dikwels sê
    Julle weet genoeg van My

    Oe kinders
    Ek wens sê Daddy
    Ek wens julle kon die dieptes in My sien
    Hulle is onbereikbaar vêr

    Ek vra julle weer
    Liefstes
    Kom klop aan My deur
    Dieper en meer, vra daarna

    Daar is soveeel meer
    Sê Abba-God
    Wat Ek in hierdie tyd aan julle wil gee
    Soveel, soveel meer

    Het julle geweet
    Abba se kinders
    Ek vertel julle graag
    Hoe diep My liefde vir julle elkeen lê

    Diep genoeg
    Sê Abba-God
    Sodat jy nooit ooit die einde daarvan sal kan vind
    Net soos die wondermooi skatte in julle God se hart

    Julle soek nie na My nie
    Sê Abba-God
    Julle smag nie na wat Ek vir julle wil gee
    Dit is die probleem

    Liefstes van My hart
    Sê Daddy
    Kleintjies
    Dit is die probleem

    Julle vra nooit nie
    Julle wonder nooit nie
    Pappa is daar meer
    Meer van U wat ek kan en wil hê

    Oe God se kinders
    Sê ons liefste Pappa
    Hoekom smag julle nie meer na My
    Soos ‘n hert in die liedjie wat julle sing

    Kinders
    Sê Daddy-God
    Julle sing dit uit gewoonte
    Julle sing dit lankal nie meer omdat julle dit bedoel

    Hoekom sê Daddy
    Hoekom is dit so
    Julle vertel gereeld vir mense Ek is wonderlik
    Maar julle bedoel dit nie rerig diep vanuit julle hart

    Ek dink sê Daddy-God
    Dit is waar die grootste probleem lê
    Ek het vir baie van My mense
    Net ‘n afgesaagde mooi roetine geword

    Ja sê Abba-God
    Selfs en veral
    Soos daai tradisies
    Waaraan julle vasklou

    Dit dra glad nie meer waarde nie
    Geliefdes van My hart
    Glad nie meer sê Pappa
    As julle nie bedoel wat julle sê

    Ek wil so graag
    Sê Daddy
    ‘n Veel dieper betekenisvolle iets saam met jou hê
    Ek wil so graag verhouding met jou bou

    Liefste seun
    Dogter van My hart
    Sê Pappa
    Kom asselief net nader aan My

    Veel veel nader
    Sê Daddy
    Veel veel nader
    As wat jy nou is

    Liefde-diep kinders
    Genade-groot
    Hulle roep julle naam
    Hulle sê kom soek meer van My

    Daar’s altyd ruimte vir groei
    Sê Daddy-God
    By My
    Altyd en altyd en altyd

    Ek weet sê Pappa
    Baie van julle ken dit nie
    Baie van julle wil nie meer weet
    Maar Ek vra julle, is julle seker?

    Is julle doodseker
    Sê Pappa
    Baie beslis in julle besluit
    Dat julle nie meer van My wil hê?

    Oe geliefdes
    Sê Daddy-God
    Julle moet baie seker maak
    Dit is wat julle wil hê

    Julle is so so besig
    Sê Daddy-God
    Om te verloor, op groot skaal
    Omdat julle bly nee sê

    Asseblief doen dit meer
    Asseblief laat My toe sê Pappa
    Om vir julle te vertel hoe groot, diep en onbereikbaar vêr
    Die skatte in My hart lê

    Vertel My meer
    Sê Abba
    Vertel My kind asseblief
    Daar is soveel meer wat Ek julle wil gee

    As julle net daarna wou begin vra
    Sê Pappa
    Soveel groot mooi skatte
    Kan Ek dan by jou deur kom aflaai

    Oe kinders
    Sê Daddy
    Begin net vra
    Asseblief, groot asseblief

    As hierdie wêreld
    Sê Daddy-God
    Net anders oor My wou begin glo
    Sou dinge soveel-soveel anders kon wees

    Ek is meer
    Sê Daddy-God
    Meer as wat julle ooit sou kon glo
    Selfs al sou julle reg glo

    Ek wil hê julle moet begin verstaan liefstes
    Daar is meer en dieper
    In My hart
    Maar Ek kry hulle net nie uitgedeel

    Ek is soos konstant besig
    Sê Daddy-God
    Om te vra, om te probeer
    Sal iemand hulle hart dieper vir My oopmaak?

    Begin net vra sê Daddy-God
    Asseblief My liefste kinders
    Vra net opreg-eerlik
    Daddy asseblief gee my meer

    Daar’s te veel mense
    Sê Daddy-God
    Wat hierdie verhouding-met-My-sake
    Nie ernstig genoeg opneem

    Hoekom, hoekom is dit so?
    Julle vertel so gereeld eintlik wil ons
    Maar kinders sê Daddy
    Julle is net besig om My te bedrieg

    Mooi woordjies
    Sê Daddy-God
    Mooi woordjies
    Het Ek al baie gehoor

    Mooi leë woordjies
    Sê Abba
    Baie
    Mooi en leë woordjies

    Mense bedoel nie altyd wat hulle sê
    Kinders sê Daddy
    Het julle hulle al gesien
    Mense wat net hou van leë woordjies vertel

    Mense sê Daddy-God
    Lieg oor die algemeen
    Dis al so deel van julle bestaan
    Julle bevraagteken dit nie eens meer

    Oe nee kinders
    Sê Daddy-God
    Daar word nie eens meer
    ‘n Wenkbrou skeef getrek

    Dit is maar die norm
    Dit is maar hoe dit deesdae gebeur
    Dis eintlik so teleurstellend sê Abba
    Inbors is nie iets wat ‘n mens meer gereeld kry

    Oe sê Daddy
    Kan Ek julle vertel
    Daar is meer
    Soveel, soveel meer as wat julle ken

    Kinders sê Daddy-God
    Asseblief
    Asseblief sal julle mense van integriteit wees
    Mense wat bedoel wat hulle sê

    Kinders sê Daddy-God
    ‘n Ware voorbeeld
    Van opregte menswees
    Dit is waarop integriteit in die mens dui

    Kinders
    Vra Pappa-God
    Asseblief
    Sal julle begin om My liewer te kry

    Liewer sê Daddy
    Soveel, soveel liewer
    As wat jy My nou
    Op hierdie oomblik liefhet

    Kinders sê Daddy-God
    So so gereeld wat Ek dit vra
    Raak liewer vir My
    Leer My beter ken

    Baie mense
    Sê Daddy-God
    Even van My eie kinders
    Wat hierdie uitnodiging die hand bly wys

    Gaan verby o God
    O nee nie nou
    Nou is nie ‘n gunstige tyd
    Dit sal op ‘n ander geleentheid moet gebeur

    Ek wonder maar net altyd
    Sê Pappa
    Wanneer julle hierdie dinge vir My sê
    Gaan die tyd ooit gunstig wees?

    Oe sê Pappa-God
    Oe liefstes
    Julle bly My wegwys
    Maar julle besef nie die tyd stap aan

    Kinders sê Daddy-God
    Kinders
    Sê julle nie ook gereeld
    Tyd wag vir niemand nie

    Ek wil hê
    Liefstes van My hart
    Dat julle sal begin besef
    Tyd is ‘n baie kosbare kommoditeit

    Asseblief moenie met hom mors nie
    Sê Abba-God
    Asseblief begin hom oppas
    Begin om hom na waarde te waardeer

    Oe liefstes sê Daddy
    Geliefdes, geliefdes van My hart
    Sal julle by My kom leer
    Watter groot geskenk die voorreg van lewe is

    Soveel van julle
    Sê Pappa
    Wat dit net as vanselfsprekend aanvaar
    Dis nou maar net hoe dit is en moet wees

    Oe kinders sê Daddy-God
    Die tyd stap aan
    Vir geen-een van julle
    Sal daar veraltyd kans wees

    Nee liefste kinders
    Asseblief
    Die gunstige tyd om My te leer ken
    Dit is nou

    Vertel My sê Pappa
    Asseblief
    Vertel My
    Julle hoor My hart

    Ek beteken vir baie van julle heelwat
    Sê Pappa-God
    Ek weet
    Ek kan sien

    Dis vir My so kosbaar
    Sê Daddy-God
    So so kosbaar
    Dit wat Ek met elkeen van My kinders het

    Oe sê Daddy-God
    Dit vertel en wys vir My so baie
    Daai opregte liefde vir My
    Veilig genestel in jou hart

    Dit sê so baie
    Dit sê so baie
    Dit vertel van storms oorwin
    Dit vertel van nooit-laat-gaan

    Dis mos maar
    Wat ware liefde ook sê My kinders
    Is dit nie so?
    Is dit nie so?

    Oe ja sê Dadda-God
    Dit is so
    Dit is wat Ek so graag met elkeen van My kinders wil hê
    ‘n Wedersydse liefde wat nooit op mekaar opgee

    Met so ‘n liefde
    Sê Daddy-God
    Kan Ek soveel vermag
    Soveel mee uitrig

    Oe dis vir My kosbaar
    So so mooi
    Wanneer julle bly sê kind van God
    Pappa ek sal die pad met U bly loop

    Net soos met ‘n aardse huwelik
    Liefste kinders
    Dit is presies
    Dieselfde

    Oe kinders sê Daddy-God
    Oe kinders
    Kan julle verstaan
    Verstaan julle wat Ek sê

    Net soos met aardse verbond
    Liefste kinders
    Is dit presies dieselfde
    Tussen My en jou

    Ja Ek wil ook hê
    Sê Daddy
    Dat mense My vir die regte redes trou
    Ek wil ook hê hulle moet dit opreg bedoel

    Ek dink baie mense
    Sê Daddy-God
    Trou My net
    Omdat hulle dink nou gaan dit net altyd goed gaan

    Oe nee sê Daddy
    Oe nee
    Julle sal verbaas staan
    Maar dis nie iets wat aldag gebeur

    Mense trou My nie
    Sê Daddy-God
    Om ewige trou te beloof
    Mense trou My net sodat hulle nie swaar hoef te kry

    Ek weet dit klink vlak sê Pappa
    Maar kinders dis rerig wat gebeur
    Baie mense is in verbond met My
    Net om te sien wat hulle daaruit kan kry

    Oe kinders sê Daddy-God
    Dit is so
    Rerig-erig
    Wat Ek sê is so waar

    Julle sal baie van hulle kan herken
    Sê Daddy
    Aan hoe hulle My loof en prys
    Of hulle woorde en dade rerig strek om My te eer

    Ag dis maar eenvoudig sê Abba
    Maar dis ook maar hoe Ek hulle baie dikwels uitken
    Ek sien net swaar en seer
    En hulle wat sê oe nee!

    Daar’s soveel, soveel mense
    Sê Daddy-God
    Wat My altyd
    Net op hulle terme wil dien en liefhê

    Oe dis so verkeerd
    Sê Daddy-God
    So so verkeerd
    Ware liefde kinders is self-opofferend

    Dis ‘n groot woord liefstes
    Maar hy dra ook groot waarde en betekenis
    En is so so mooi
    Wanneer julle dit nastreef

    Probeer altyd
    My liefste kinders
    Asseblief
    Altyd en altyd om gou te vergeef

    Probeer om nie vies te bly
    Probeer om nie vir onvergifnis ‘n huisie in jou hart te bou
    Kind sê asseblief eerder gereeld
    Daddy-God asseblief maak skoon my hart

    Liefstes sê Daddy
    Ek wil hê julle moet weet en besef
    Ek is groter
    As enige seer

    Ek kan enige en alle seer
    So so sag maak
    My liefste kinders
    So so sag

    Pappa vra net weer
    Asseblief
    Moenie viesbly
    Vergeef eerder gou

    Ek weet kinders sê Daddy-God
    Dis nie altyd maklik om reg te kry
    Maar as julle sou vra
    Kan Ek julle ook daarmee help

    Oe ja kinders
    Sê Daddy-God
    Ek kan en wil altyd help
    Julle moet net vra

    Kinders sê Daddy-God
    Asseblief, asseblief, asseblief
    Kan Ek julle vra
    Leer My ken

    Leer My ken vir wie Ek is
    En nie net vir wat jy van My wil hê
    Oe kinders sê Daddy
    Asseblief begin dit doen

    Ek wil julle vertel
    Sê Abba-God
    Maar julle weet dit seker
    Ek is groter as die heelal

    Ja-nee kyk sê Daddy-God
    Die grootheid van die heelal
    Is niks vir My
    Niks sê Daddy, niks

    Die palm van My hand
    Is groot genoeg
    Om die heelal en al sy maats vas te hou
    Ek kan hulle daarin toevou

    Oe sê Daddy
    Oe
    En om te dink
    Ek moet My teen soveel van die mensekinders op aarde verdedig

    Oe sê Daddy-God
    Oe
    As dit nie liefde is nie liefstes
    Dan weet Ek nie lekker nie, wat is?

    Oe dis liefde
    Sê Pappa
    Dis liefde wat gemaak het dat My Seun kom
    Dis liefde wat maak dat Ons nog vandag by julle is

    Ja-nee sê Daddy
    Ja-nee
    Ek wil julle graag vertel
    Hou asseblief op om na ander gode te kyk

    Hou op sê Daddy-God
    Asseblief
    Ek vra My liefste kinders
    Om prioriteite te hê hoër as Ek

    Enige iets sê Abba
    Enige, enige iets
    Wat jy bo My stel kind
    Het die vermoë om dit wat mooi tussen ons kan wees te steel

    Oe liefstes
    Sê Daddy
    Oe liefstes
    Asseblief luister na My hart

    Dis net omdat Ek nie wil hê
    Julle moet uitmis
    Liewe kinders op die mooi
    Die super, super-mooi voorberei vir ons

    Kinders sê Daddy-God
    Asseblief
    Asseblief
    Kan ons hierdie pad saamloop?

    Kan ons oorbegin
    Vra Abba
    Aan die wat Hom verlaat het
    Maar nou wil nuut begin

    Daar is altyd-altyd
    ‘n Plek en tyd
    Vir weer-begin
    My kinders dit is rerig so

    Ek sal nooit sê Daddy-God
    Ooit ‘n hart weg-wys
    Wat met opregte berou
    Voor My kom buig

    Oe nee
    Sê Abba-God
    Dit sal net nooit-ooit kan gebeur
    Ek wil dit net graag vir julle sê

    Sal julle asseblief
    Styf
    Aan hierdie stukkie hoop vashou
    Asseblief liefste kind sal jy?

    Daar is altyd-altyd
    In My hart
    Plek vir vergifnis
    Plek vir genade wys

    Solank as wat die persoon
    Sê Daddy-God
    Sleg voel oor sy verkeerd
    Solank as wat hy rerig sê hy is jammer

    Oe dis so mooi
    Sê Abba
    Dis so so mooi
    Die verkeerd-wees wat dan van jou hart afbreek

    Dis wat gebeur
    Sê Abba
    Dis wat maak
    Dat My liefde en vryheid kan inbeweeg

    Het julle al gevoel
    Sê Abba-God
    Hoe lig Ek die las van sonde kan maak
    Wanneer Ek hom met My Seun se bloed van julle skouers afhaal?

    Oe julle sal dit skaars kan glo
    Sê Abba-God
    Julle wat nou nog nie weet
    Hoe dit eintlik proe

    So lig maak Ek
    Sonde en sy seer
    Oe hulle het al baie verwoesting
    In hierdie wêreld gesaai

    Eintlik sê Daddy
    Eintlik is dit maar
    Al wat sonde en seer kan doen
    Sy maak net dood

    Ek wil eintlik ook net vra
    Sê Pappa
    Dat julle haar nie meer so baie sal toelaat
    Om julle seer te maak

    Oe kinders sê Pappa
    Ek wil herstel, so so graag
    In elke mens se lewe
    Die vraag is net … sal julle My toelaat

    Dis altyd ‘n ope vraag
    Sê Abba-God
    ‘n Vraag wat altyd sal aanhou vra
    Kind wil jy nie maar?

    Oe kind sê Pappa
    Oe kind
    As julle net kon verstaan
    Ek wil julle so graag heel hê

    Daar is mense sê Abba
    In hierdie wêreld van julle
    Geskok, geskeur en stukkend van binne
    Die wêreld en sy seer het al soveel-soveel van hulle kom steel

    Oe liefstes sê Abba
    Daai mense het nodig om te weet
    Ek herstel
    Ek wil hulle so graag genees

    Oe liefstes sê Abba
    Julle wat seer is
    Julle wat gesond is
    Sal julle altyd asseblief, bly naderkom

    Oe sê Daddy
    Oe
    Dis die vraag
    In My diepste hart

    Vertel My liefste kinders
    Asseblief
    Vertel My
    Hoor julle wat Ek sê

    So groot sê Abba
    So groot oop
    Is die uitnodiging in My hart
    Wat jou nader nooi

    Sal jy ja sê?
    Sal jy My uitnodiging aanneem
    Sal jy weet, sal jy rerig glo
    Ek is God en daar is geen ander bo My nie

    Gesond kind
    Gesond wil Ek jou maak
    Van al die wêreld se seer
    Van al die swaar wat jy dra

    Ek wil dit op My skouers laai
    Al daai laste
    En Ek wil sê kind
    Kom ons probeer net weer

    Ek wil voor-loop kind
    Asseblief
    Ek wil rigting-wys
    Ek wil leiding gee

    Dis omdat Ek weet
    Liefste kinders
    Waarheen is ons oppad
    Omdat Ek jou veilig daar wil uitbring

    Laat My asseblief toe kind
    Laat My asseblief toe
    Pappa sal jou wys
    Pappa sal jou leer

    Amen.

  • Kaf of koring

    Kaf of koring

    Mooi is U
    So baie mooi
    Pappa U is so mooi
    My hart is so, so baie dankbaar daarvoor

    Pappa
    Dankie
    Liefste Pappa
    Dankie, dankie, dankie

    Oe U is so mooi
    My hart sê dit
    Oor en oor
    Maar dit is rerig so

    Soos Daddy
    My hart sing ‘n liedjie
    Ek kan dit hoor
    Hy sing dit vir U

    U is so groot
    U is so wonderlik
    U is
    So baie mooi

    Oor en oor
    Wil my hart dit net aan U vertel
    Daddy oor en oor
    Want dit is net so

    U het die blindings van my hart kom afhaal Pappa
    Al die blindings
    Wat nog altyd vir my vertel het
    U is nie waarlik mooi

    Oe Abba U weet dit
    U weet hoe sê die wêreld
    Oor en oor vir ons dieselfde ding
    Julle God is nie goed

    Abba dis net soos die liedjie
    Wat in my hart vas bly steek
    Oor en oor
    Speel hulle dieselfde deuntjie

    Oe Pappa
    Ek weet nie lekker
    Ek verstaan nie
    Hoe kan ons twee se opinies oor U so hemelsbreed verskil

    Abba dis soos een van ons
    Het die kat goed aan die verkeerde stert beet
    Ons moet net uitvind
    Hoe is dit dan so?

    Pappa
    Die wêreld vertel ons een ding
    Die Woord van God ‘n ander
    Hoe kan albei waar wees?

    Kinders sê Daddy-God
    Kan Pappa net vir julle vertel
    Ek stem saam
    Die wêreld is verkeerd

    Ek wil nie nou net blaam op ‘n ander sit
    Sodat Ek nie skuldig lyk
    Nee liefste kinders
    Pappa wil net die waarheid praat

    Ek weet
    Sê Daddy-God
    Ek weet
    Dis dikwels baie moeilik om My te vertrou

    Dis die dinge sê Abba
    Wat die wêreld julle oor My vertel
    Wat maak sê Daddy
    Dat julle My nie voluit kan liefhê

    Abba se kinders sê Daddy-God
    Is dit nie so
    Vra julleself sê Abba
    Wat is daar wat skeiding bring tussen ons twee

    Kinders
    Sê Daddy-God
    Dis altyd My hart
    Altyd My hart om julle nader aan My te bring

    Dis nie iets sê Abba
    Wat hierdie wêreld en haar leuens regkry
    Dis glad nie so nie
    Dis daarom dat Ek sê so sal jy weet

    So sal jy die kaf van die koring kan skei
    My liefste kinders
    Sê Pappa
    Altyd en altyd en altyd

    God se guns
    Sê Pappa-God
    Rus op julle My kinders
    Julle wat My waarlik vra

    Julle wat waarlik wil weet
    Wat is die waarheid
    Oor God
    Wat is glad nie waar

    Oe daar is min mense
    Sê Abba
    Min mense wat My so goed ken
    Die meeste mense gee maar gou op en leer My deur die wêreld ken

    Oe kinders
    Gesels Pappa
    Hoe kan julle so verkeerd wees oor My
    En die waarheid nogsteeds nie wil ken?

    Oe kinders
    Sê Pappa
    Altyd is die uitnodiging daar om My beter te leer ken
    Julle sê net nie ja

    Hoekom sê Pappa
    Hoekom is dit so
    Hoekom vat julle alles wat die wêreld julle oor My sê
    Hoekom leer julle My nie self ken

    Oe Abba-God se kinders
    Kan Ek julle net vertel
    Die waarheid oor My
    Gaan julle nooit so vind

    Oe ja nee My liefste kinders
    Julle gaan moet verder krap
    Verder as al die rommel
    Wat julle pad nou verberg

    Ja-nee liefste kinders
    So verkeerd is julle oor My
    Julle Abba-God
    So verkeerd oor My

    Julle moet bereid raak
    Liefste kinders
    Om net ‘n entjie verder te gaan soek
    Net ‘n entjie verder

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Ek is die skoonste, reinste, mooiste waarheid
    Wat jy ooit sal kan vind

    Begin verder soek
    Liefstes van My hart
    As net die bolangse soek
    Tussen wat die wêreld julle oor My vertel

    Kinders sê Daddy-God
    Daar is diamante wat wag
    Heelwat van hulle
    As julle net ja sou begin sê

    Ja sê Pappa
    Ja
    Ja vir dieper soek
    Ja vir waarheid vind

    My liefde sê Daddy
    Kinders dit is so genoeg
    Dit is so so genoeg
    Om alles in jou wat stukkend is te heel

    Begin My asseblief glo
    Vra Pappa
    Rerig-erig
    Begin My glo

    Kinders sê Daddy
    Daar is baie meer
    Wat Ek vir julle kan vertel
    Ek wil net graag hê julle moet My eers glo

    Ja liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Ek het nodig dat julle eers glo
    Dan kan Ek julle meer vertel

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Oe kinders
    Kan Ek dit vra

    Oe kinders
    Sê Pappa
    Dis so gereeld wat Ek vra
    Asseblief, glo My

    Glo My kinders
    Vra Pappa
    Glo My as Ek sê
    Elke woord uit My mond is waar

    Dis ‘n saak van geloof
    Liefste kinders
    Dis ‘n saak van geloof
    Dis hoekom Pappa vra

    Geloof vra My liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Dat julle eers sal glo
    Voordat julle My waarlik kan sien

    Die wêreld sê Daddy
    Sy leer julle anders
    Sy leer julle Ek is verkeerd
    En julle reg

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Kan Ek julle nog iets vertel
    Kan Ek julle vertel dat Ek waarheid is

    Alles sê Pappa-God
    Alles wat goed en reg en mooi is
    Dit is Ek
    Kan Ek julle vra om dit te glo?

    Daar’s te veel mense
    Sê Abba
    Wat mondevol oor My te sê het
    Maar oe hulle is so verkeerd

    Luister asseblief vandag mooi na My
    Vra Abba
    Luister asseblief
    Wat Ek vra

    Begin reg glo kinders
    Asseblief begin reg glo
    Julle kan nie meer met die verkeerde-glo oor My
    Hierdie wêreld inloop

    Kinders
    Sê Pappa
    Julle is besig om verkeerd te maak
    So so verkeerd

    Kinders
    Sê Daddy-God
    Julle is besig om skade aan te rig
    Aan My Naam, julleself en die om julle

    Oe kinders
    Sê Abba-God
    Asseblief moet dit nie meer doen
    Ek is hier by julle

    Ek vra julle baie mooi
    Sê Daddy-God
    Begin om My beter te leer ken
    Asseblief liefste kinders, asseblief

    Pappa vra weer
    Pappa vra mooi
    Begin net om My liewer te kry
    En julle sal die waarheid oor My vind

    Oe kinders
    Sê Daddy-God
    Volg My
    Volg in My voetspore vir julle lewens

    Dis so belangrik
    Sê Abba-God
    So belangrik dat julle dit sal begin doen
    Groei, groei, groei in liefde vir My

    Kinders vertel Daddy-God
    My hart raak partymaal seer
    So so seer as Ek sien
    Mense wat verkeerd oor My glo

    Ek wil eintlik hê sê Daddy-God
    So so graag
    Dat die wêreld se mense My sal begin liefkry
    Soos hulle die wêreld liefhet

    Dit is My vra
    Sê Daddy-God
    Dis net so moeilik om reg te kry
    As mense My nie beter wil leer ken

    Dis die nodige stap kinders
    Dis wat julle sal moet doen om uit te vind
    Of die ‘waarheid’ oor My
    Waarlik die waarheid is

    Dit vat ons terug
    Sê Daddy-God
    Na die begin, na die onderskeiding
    Tussen reg en verkeerd

    Ja wat die waarheid is
    Oor My
    En wat
    Is die verkeerd

    Ja baie mense sê Pappa-God
    Wat verdwaal op afdwaal-padjies oor My
    Hulle dink hulle is reg
    Maar hulle is so verkeerd

    Hoe, hoe, hoe
    Gaan hulle die waarheid vind
    Hoe gaan hulle uitvind
    Ek is niks verkeerd?

    Persoonlike kennis
    Sê Abba
    Uit persoonlike ervaring
    Van wie Ek is

    Baie mense sê Abba-God
    Word bly as Ek dit sê
    Hulle dink goed so
    Nou gaan ek jou die waarheid oor God vertel

    Al die slimy detail
    Wat Hy gedoen het
    In my lewe
    Wat Hy alles veroorsaak

    Oe kinders sê Pappa-God
    Julle wat seer het
    Kan julle nie sien
    Julle maak My julle slaan-sak

    Ja sê Pappa-God
    Baie mense voel dis nodig
    Hulle voel hulle moet uitvind wie sit agter die verkeerd en seer in hierdie wêreld
    Dan kry Ek die skuld

    Ek is nie te blameer
    Liefste kinders
    Vir al die verkeerd en seer
    Wat julle in julle harte ronddra

    Ja sê Daddy-God
    Dit is nie so
    Ek is nie te blameer
    Vir al die verkeerd wat hierdie wêreld vollê

    Oe kinders sê Pappa-God
    Oe kinders
    Ek weet daar is seer in julle harte
    Maar dis nie reg wat julle doen

    Ek wil julle nader nooi
    Ek wil julle dieper nooi
    Ek wil hê julle moet eers die waarheid oor My vind
    Voordat julle vir die wêreld als wat sleg is oor My vertel

    Oe kinders
    Sê Abba-God
    Die tyd is nou reg daarvoor
    Asseblief kom nader aan My

    Die waarheid liefstes
    Wil Ek so graag
    Vir julle wys
    So graag

    Ek soek net mense
    Bereid om self te kom sien
    Is ek reg
    Of is ek dalk verkeerd

    Sien dis baie-baie male
    Sê Daddy
    Die probleem
    Julle wil nie erken julle is verkeerd

    Daar is soveel mense
    Sê Abba-Vader
    Wat verkeerd glo
    Hulle glo nie Ek is net goed

    Ek wil dit so graag verander
    Julle sieninge oor My
    Sê Daddy
    Want Ek wil laat ons nader aan mekaar groei

    Ek wil so graag hê
    Liefste kinders
    Ek en jy Pappa se kind
    Moet mekaar se harte hoor

    Asseblief sal julle
    Nader aan My groei
    Asseblief sal julle
    Nie vêr weg van My af bly

    Asseblief
    Kom nader sê Abba
    Kom nader aan My
    Kom vind die waarheid en nie meer die leuen oor My

    Julle is veels te oop
    Sê Abba-God
    Veels te vinnig
    Om die verkeerd oor My op te slurp

    Bietjie stadiger
    Liefste kinders
    Drink ‘n bietjie stadiger
    Die gif wat Satan julle oor My voer

    Stadig liefste kind
    Stadig maar seker
    Is Satan besig om oorhand te kry
    Omdat jy al sy leuens glo

    Nie so vinnig nie
    My kind
    Asseblief sê vir hom
    Nie so vinnig nie

    Julle is verkeerd
    Sê Abba
    So verkeerd
    Julle wat nie ‘n goeie woord oor My kan sê

    Julle ken My voorwaar glad nie
    Dit is hoekom
    Liefstes
    Ek hierdie uitnodiging aan julle rig

    Asseblief begin ja sê
    Begin ja sê
    Vir die waarheid oor My vind
    Asseblief, dit is tyd

    Vir jare en jare
    Sê Abba-God
    Vir baie generasies al
    Probeer Satan tussen My en mense kom

    Oe hy is al so gekonfyt daarin
    Sê Abba
    Hy het al vele kere probeer
    En daar is strategieë van hom wat baie beslis werk

    Ek wou julle maar net sê Abba
    ‘n Blikkie op My hart gee
    Ek wou julle maar net sê
    Dit is wat gebeur

    Sal julle asseblief slimmer word
    Liefste kinders
    Met sy aanslae
    Sal julle hulle sien kom

    Sy hart is altyd, altyd
    Om verwydering tussen ons te bring
    Altyd
    Julle moet dit weet

    Dit gesê
    Liefstes van My hart
    Sal julle altyd weet
    Kyk uit daarvoor

    Kyk uit vir die leuens
    Wat hy vertel
    Kyk uit en wees bewus
    Hoe hy verlei en mislei

    Enige stories sê Abba
    Enige stories wat hy vir julle vertel
    Wat skeiding tussen ons bring
    Moet jy asseblief bevraagteken

    My Woord is die Waarheid
    Sê Abba
    Altyd en altyd
    Dis hoe Ek met julle praat

    Partykeer gaan julle wonder
    Partykeer gaan julle twyfel
    Partykeer gaan julle nie weet
    Hou net aan, Ek sal julle self leer

    Ek’s altyd naby
    Sê Abba
    Altyd naby
    Veral aan die wat My glo

    Julle hoef nooit bang te wees
    Liefstes
    Ek’s aan julle kant
    Ons maak die wenkant

    Partykeer gaan dit nie
    Vir julle so voel
    Partykeer is dit swaar
    Ek weet

    Oe kinders
    Sê Abba
    Ek wil julle so graag sterk in My kry
    Rerig sterk in geloof in My

    Dis omdat Ek weet
    Sê Abba
    Ek weet wat doen die wêreld
    Met branders wat deur die wind gejaag word

    Eers die kant toe
    En dan daai kant toe
    Oe kinders sê Pappa
    Dis glad nie goed vir julle

    Julle moet gewortel wees
    Sê Abba
    Julle moet gewortel wees in My
    En My kosbare standvastige waarheid

    Oe kinders
    Sê Abba-God
    Oe kinders
    Kan Ek julle vra, weer

    Leer My ken
    Leer My ken
    Ek wil nie hê liefstes van My hart
    Julle moet deurmekaar gejaag word met elke lering oor My

    Party sê sus, party sê so
    Kinders sê Daddy
    Julle het seker al gesien
    Elkeen het ‘n opinie oor My

    Party goed
    Ander sleg
    Ek weet nie sê Abba
    Ek wil net so so graag hê julle moet My waarlik ken

    Ek wil hê sê Daddy
    Die waarheid oor My
    Moet begin welkom wees
    Op die luidsprekers van hierdie lewe

    Soveel mense
    Sê Abba
    Uitbasuin die verkeerd
    Hulle glo nie reg oor My

    Kan ons net daai siek beeld van My
    Verander sê Pappa-God
    Asseblief liefste kinders
    Asseblief

    Help My sê Pappa
    Asseblief
    Ek vra julle om meer en meer
    Saam met My die waarheid vir hulle te leer

    Oe dis genoeg
    So so genoeg
    Dat soveel van die mense in hierdie wêreld
    Verkeerd oor My glo

    Dit kan nie meer wees
    Sê Abba-God
    Nee Ek wil dit so so graag verander
    Dit is nie reg

    Oe hoor My hart
    Asseblief
    Vra ons geliefde Pappa in die hemel
    Asseblief hoor My hart

    Ek praat en praat
    So, so gereeld
    Tog wil mense nie altyd hoor
    Tog is baie van hulle maar altyd te besig vir My

    Ja daar is baie gereeld
    Sê Pappa-God
    Mense wat verkeerd oor My glo
    Maar glad nie belangstel om dit te verander nie

    Vir party mense
    Sê Abba
    Is om My te haat hulle lewe
    Kan jy nou meer

    Ja-nee Ek weet nie
    Sê Abba-God
    Ek weet nie
    Hoekom hulle so glo

    Hulle sit sê Abba
    Met diep gewortelde kwaad teenoor My
    Tog moet ons glo
    Hulle glo nie in My

    Oe kinders
    Sê Abba-God
    Vir hulle wat in die wêreld
    Met ‘n haat teenoor Hom in hulle harte sit

    Hoekom sê Pappa
    Maak julle My en julleself so seer
    Hoekom glo julle verkeerd
    Hoekom glo julle nie dat daar ‘n God is

    Iewers sê Abba
    Iewers moet Ek verstaan
    Ek probeer
    Kind dis net nie maklik nie

    Hoe kan jy
    Liefste seun, dogter
    Vir My blameer
    As daar seer in hierdie wêreld is

    Hoe kan jy My die skuld gee
    Kinders asseblief
    Ek probeer verstaan
    Dis net, dis moeilik vir My

    Ek verstaan nie sê Abba-God
    Hoe julle julle rug kan draai
    Op ‘n wonderskone mooie God
    Wat elke dag die son op die sondaar en nie-sondaar laat skyn

    Hoe kan julle My blameer
    Asseblief kinders
    Ek probeer verstaan
    Pappa probeer rerig-rerig verstaan

    Dis vir My so moeilik
    Sê Abba-God
    Ek mis jou My verlore kind
    Pappa mis jou so, so baie

    Ek is konstant besig
    Sê Abba
    Konstant
    Besig om vir jou te probeer vertel Ek is nie so sleg soos jy glo

    Geliefde
    Verlorene
    Hoekom is jy so hard besig
    So hard besig om My uit te hou

    Oe kind sê Pappa-God
    Verstaan jy
    Weet jy
    Ek kan daai hardheid in jou hart weer sag maak

    Ja liefste kind sê Pappa
    Ek weet, Ek weet
    Baie van julle sit met seer
    Seer wat julle nie kan alleen oor

    My hart is so so sag
    Sê Abba
    Ek weet hoe om met die gebrokenes van hart te werk
    Ek weet so, so goed

    Sal jy My asseblief kind
    Nie meer uithou op jou seer
    Sal jy My asseblief net wys
    Daar is ‘n bietjie hoop

    Net ‘n flikkering
    Sê Abba
    Net ‘n flikkering wat sê
    Dalk, dalk moet ek probeer

    Oe geliefde
    Geliefde
    Jy glo verkeerd
    Jy die een wie Ek so baie liefhet

    Daar is selfs
    Sê Pappa-God
    Van julle wat glo
    Dat Ek julle nooit weer kans sal gee

    Ja sê Pappa, ja
    Dis wat gebeur My liefste kinders
    Wanneer julle
    Julle ore vir die vyand uitleen

    Kinders sê Pappa
    Asseblief
    Asseblief kom luister vir My
    Waar berou is sal Ek altyd vergeef

    Dis genoeg
    Sê Daddy-God
    Dat Satan julle in tronke van sleg-voel wil hou
    As gevolg van die keuses lank-terug-gemaak

    Ja sê Pappa, ja
    Van julle sit nou hier en lees
    En julle weet, julle weet
    Ek moes lank terug alreeds vrede gemaak het met God

    My kind sê Daddy
    Verlore-verdwaalde een
    Dis so My hartsbegeerte
    Dat jy My offer van vrede sal aanneem

    Ja liefste kind
    Sê asseblief ja, sê asseblief ja
    Vir My vredesoffer aan die wêreld
    Toe My Seun aan die kruis kom sterf

    Die Amplified-Bybel
    Sê dit so mooi
    God reconciled Himself to this world
    Through the death of His Son

    Gister en vandag
    Liefstes van My hart
    Bly My begeerte dieselfde
    Vrede met die mensdom

    Dis waarvoor My Seun die prys kom betaal het
    Vir jou sonde
    Hy’t gesê nee wag Ek gaan nie wag totdat hulle eendag jammer sê
    Voordat Ek met My bloed betaal

    Nee Jesus het dit vir Homself uitgemaak
    Hy het gesê Ek sal kom
    Selfs al wil die wêreld
    My nog nie weer in hulle lewens hê

    Oe kinders sê Pappa-God
    Sien, sien
    Ek het julle vergeef toe julle almal
    Hierdie wêreld nog sondaars was

    Oe ons Abba-God
    Hy is so goed
    Hy is so mooi
    Dis wat ek nog die heeltyd vir julle probeer sê

    Hy staan met arms
    Wa-wyd oop
    Hy staan en Hy nooi
    Kind sal jy asseblief kom?

    Verlore en verdwaal
    Wil Ek so nie meer hê
    Jy moet voel
    Ek wil hê jy moet jou rus in My warm vaderhart kom vind

    As Ek jou net kon laat voel
    My liefste kind
    Dogter, seun
    Hoe warm en uitnodigend My hart vir jou klop

    Jy sal net nooit ooit weer kon twyfel
    Jy sou hardloop
    Jy sou sê
    Daddy ek wil so graag

    My skoot sê Abba
    My arms
    Wag so groot en oop vir julle
    Hulle sê kom sit, laat Pappa jou in Sy liefde toevou

    Die liefde, die liefde
    Wat ek in my God se hart voel
    Sy warm omgee
    Oe wêreld dit smelt my hart

    Dit smelt my hart
    Hoe kan ‘n God wat so baie verdien om liefgehê te word
    Nogsteeds met verlange
    Hunkering en smagting in Sy hart sit

    Ja Hy wens kind
    Ja jy die verlore een
    Jy was al lankal terug in Sy arms
    Hy wil nie hê jy moet dit so hard, weer en weer, oordink

    Kom net kind
    Kom net sê Hy
    Die heeltyd, oor en oor
    Kom soos jy is

    My liefde vir jou
    Dis genoeg
    Dis oor, oor, oorgenoeg
    Dis al wat jy in hierdie lewe ooit sal nodig kry

    So, so genoeg
    Is my Pappa se liefde
    So, so volmaak
    Dis die hemel self wat ek proe in my hart

    Liefste Pappa
    Grote God
    U genade is My anker
    U liefde my lewende hoop

    Oe Pappa
    U sit diep
    U en U mooi-wees
    Het al ‘n diep plekkie in my hart kom bou

    Dis soos die mooiste wonderskoonste paleis
    Waarby ek kan gaan aandoen
    Dis wat gebeur
    As ek vir U en tyd saam met U ja sê

    Oe Daddy, oe
    Ek weet nie of U weet
    Maar ek wil dit sooo graag vir U sê
    Vir dit sê ek altyd ja

    Oe Daddy
    Ek wil so graag hê
    U mooi-wees moet dieper in my hart kom sit
    Ek wil sooo graag hê ek en U moet nog baie kere so saamkuier

    Oe Pappa
    Van dit kry ek net nie genoeg
    Ek kry net nie genoeg
    Ek wil veel-veel meer hê

    Ek wil hê Daddy
    Die druppel in ‘n emmer moet groter word
    Ek wil hê dit moet ‘n oseaan
    Van U mooi-wees wees wat in my hart woon

    U is ondeurgrondelik diep
    Onnaspeurlik sê die Ou Vertaling
    Oe Pappa sê Daddy se kind
    Dit is so so waar

    Die eindes van U mooiheid
    Sal ons nooit kan bereik of begryp
    U raak net mooier en mooier en mooier
    Dit is waaroor die engele voor U Troon nou al vir jare sing

    Maar Pappa
    Ek wil meer
    Ek wil dieper
    Van U mooi-wees ontdek

    Wow
    Wow
    Wow
    Wow

    Dis wat ek weet
    Ek oor en oor gaan sê
    Maar Pappa ek wil
    Ek wil U so graag dieper en meer ontdek

    Pappa hoe sê mens nee dankie daarvoor
    Ek kry dit net nie reg
    Ek kry dit net nie reg om vir U te sê
    Weet Pappa ek het nou genoeg

    Ek kry dit net, net, net nie reg
    Oe nee ek sukkel daarmee
    Verskriklik
    Baie erg

    Die lewe saam met Pappa is ‘n lied
    Voorwaar, rerig
    Nie omdat alles altyd seepglad en voor die wind gaan gaan
    Maar omdat Hy die manier het om selfs die donkerste, seerste nag op te helder

    Oe ek weet nie
    Ek weet nie hoe ons bonatuurlike God dit regkry
    Ek’s net so dankbaar, so so dankbaar
    Dat Hy wel kan

    Van Hom kan ek nie genoeg kry
    En eerlik-waar ek wil ook nie
    Want o my word, o my dear
    Hy is dit so die moeite werd

    Al my gesoek
    Al my gevra
    Al my ge-weer-opdaag
    Ja-nee tyd saam met Pappa dit is goud

    Die mooiste vrugte
    Bring dit in my lewe voort
    Ek geniet dit so
    Die smaaklike vrugte waaraan ek kan smul

    Dankie daarvoor Abba-God
    Dankie so so baie daarvoor
    U maak my hart
    So so verskriklik baie bly

    Amen.