Die hart van Kersfees

Wie vier ons…
Kersfeesvader of die Christuskind?
Is dit ‘n Christus-fees
Of ‘n wêreld-fees?

Is ons deel van die kommersialiteit daarvan
Of die hart daarvan?
Christus is gebore
Kom terug na die hart, die hart van Kersfees

Te veel kinders het afgedwaal van die hart, die hart van Kersfees
Sien hulle nog die betekenis daarvan?
Die waarde daarvan?
Of is dit net geld uitgee en geskenke koop?

Die waarde van Kersfees
Is die koms van Christus na aarde
Hoeveel van julle
Leer dit nog vir julle kinders?

Hulle raak opgewonde oor geskenke
Hulle raak nie opgewonde oor My
Die grootste geskenk…

Ek is vol waardering vir die harte van My kinders
Wie se harte oorloop van dankbaarheid
Die tyd van die jaar
Jesus het gekom

Elke nativity scene
My kinders, My kinders
Ek het gekom!
Ek het gekom!

Ek wil hê julle moet dit onthou!
Wanneer julle saam met julle families
Om die Kersfees-tafel sit…
Onthou julle nog vir My?

Weet julle hoeveel mense Kersfees vier sonder om ooit My Naam te noem?
Dis familie-tyd
Dis saam-wees-tyd
Dis nie Christus-is-gebore-tyd

Vir baie mense is dit onaangenaam om gedurende hierdie tyd
Herinner te word aan My
Hulle wens lankal dat Christus se Naam en Kersfees-tyd
Nie sinoniem was met mekaar

Hulle hou van Krismis-Vader en hulle vier hom graag
Maar hierdie Kersfees-Kind
Gebore op Kersfees-Dag
Nee, hulle wens lankal dit was nie so

Ek weet baie van My kinders
Vier nie Christus se geboorte-dag
Ek weet
Hulle het ook baie goeie redes daarvoor

Tog wil Ek sê…
My kinders, Ek weet
Ek weet dat dit vir julle baie beteken
Die koms van My kind, na aarde

En julle wil dit so graag vier, vier
Die feit dat julle Koning en Messias gekom het
Julle wil ook vir Hom, net soos die Maji
Die manne van die Ooste julle hulde bring

Goud, mirre, wierook
Julle wil geskenke bring
Dit voor Sy voete plaas
En Hom aanbid

Julle het ‘n dag gevind
Om dit te doen
My kinders
Dankie

Dankie vir julle aanbidding op die dag
En ook elke dag
Ek is nie so gepla oor die 25ste Desember
Ek is aangeraak oor die feit dat julle dit vier

Die 25ste is ‘n dag
Soos enige ander dag
My kinders
Moet dit nie groter maak as wat dit is

Die wêreld-geskiedenis het dit bepaal
Vier dit dan maar My kinders
Vier dit elke dag
Jesus het gekom, Jesus het vir my sonde betaal

As Hy nie gekom het
Was ek vandag nie vry
So ek sal, ek sal Sy geboorte-dag vier
Of dit nou vandag is of ‘n ander dag

Jesus het gekom
Hoop is gebore
Die dag toe Hy in ‘n stal arriveer
Ons is so dankbaar daarvoor!

Ons is so dankbaar daarvoor
Jesus … die Christus-kind
Die beloofde Messias
Hy het Sy opwagting gemaak

Amen.

Ek het ervaar dat Abba nog so paar ander gedagtes vir my gee oor Kersfees en dat Hy my vra om dit te deel in ons Desember VLOEI aand. Dit was gisteraand, kyk daardie video by hierdie skakel vriende.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment