Etiket: vader+kersfees

  • Die hart van Kersfees

    Die hart van Kersfees

    Wie vier ons…
    Kersfeesvader of die Christuskind?
    Is dit ‘n Christus-fees
    Of ‘n wêreld-fees?

    Is ons deel van die kommersialiteit daarvan
    Of die hart daarvan?
    Christus is gebore
    Kom terug na die hart, die hart van Kersfees

    Te veel kinders het afgedwaal van die hart, die hart van Kersfees
    Sien hulle nog die betekenis daarvan?
    Die waarde daarvan?
    Of is dit net geld uitgee en geskenke koop?

    Die waarde van Kersfees
    Is die koms van Christus na aarde
    Hoeveel van julle
    Leer dit nog vir julle kinders?

    Hulle raak opgewonde oor geskenke
    Hulle raak nie opgewonde oor My
    Die grootste geskenk…

    Ek is vol waardering vir die harte van My kinders
    Wie se harte oorloop van dankbaarheid
    Die tyd van die jaar
    Jesus het gekom

    Elke nativity scene
    My kinders, My kinders
    Ek het gekom!
    Ek het gekom!

    Ek wil hê julle moet dit onthou!
    Wanneer julle saam met julle families
    Om die Kersfees-tafel sit…
    Onthou julle nog vir My?

    Weet julle hoeveel mense Kersfees vier sonder om ooit My Naam te noem?
    Dis familie-tyd
    Dis saam-wees-tyd
    Dis nie Christus-is-gebore-tyd

    Vir baie mense is dit onaangenaam om gedurende hierdie tyd
    Herinner te word aan My
    Hulle wens lankal dat Christus se Naam en Kersfees-tyd
    Nie sinoniem was met mekaar

    Hulle hou van Krismis-Vader en hulle vier hom graag
    Maar hierdie Kersfees-Kind
    Gebore op Kersfees-Dag
    Nee, hulle wens lankal dit was nie so

    Ek weet baie van My kinders
    Vier nie Christus se geboorte-dag
    Ek weet
    Hulle het ook baie goeie redes daarvoor

    Tog wil Ek sê…
    My kinders, Ek weet
    Ek weet dat dit vir julle baie beteken
    Die koms van My kind, na aarde

    En julle wil dit so graag vier, vier
    Die feit dat julle Koning en Messias gekom het
    Julle wil ook vir Hom, net soos die Maji
    Die manne van die Ooste julle hulde bring

    Goud, mirre, wierook
    Julle wil geskenke bring
    Dit voor Sy voete plaas
    En Hom aanbid

    Julle het ‘n dag gevind
    Om dit te doen
    My kinders
    Dankie

    Dankie vir julle aanbidding op die dag
    En ook elke dag
    Ek is nie so gepla oor die 25ste Desember
    Ek is aangeraak oor die feit dat julle dit vier

    Die 25ste is ‘n dag
    Soos enige ander dag
    My kinders
    Moet dit nie groter maak as wat dit is

    Die wêreld-geskiedenis het dit bepaal
    Vier dit dan maar My kinders
    Vier dit elke dag
    Jesus het gekom, Jesus het vir my sonde betaal

    As Hy nie gekom het
    Was ek vandag nie vry
    So ek sal, ek sal Sy geboorte-dag vier
    Of dit nou vandag is of ‘n ander dag

    Jesus het gekom
    Hoop is gebore
    Die dag toe Hy in ‘n stal arriveer
    Ons is so dankbaar daarvoor!

    Ons is so dankbaar daarvoor
    Jesus … die Christus-kind
    Die beloofde Messias
    Hy het Sy opwagting gemaak

    Amen.

    Ek het ervaar dat Abba nog so paar ander gedagtes vir my gee oor Kersfees en dat Hy my vra om dit te deel in ons Desember VLOEI aand. Dit was gisteraand, kyk daardie video by hierdie skakel vriende.