Kategorie: Oorgegee

  • Die hart van Kersfees

    Die hart van Kersfees

    Wie vier ons…
    Kersfeesvader of die Christuskind?
    Is dit ‘n Christus-fees
    Of ‘n wêreld-fees?

    Is ons deel van die kommersialiteit daarvan
    Of die hart daarvan?
    Christus is gebore
    Kom terug na die hart, die hart van Kersfees

    Te veel kinders het afgedwaal van die hart, die hart van Kersfees
    Sien hulle nog die betekenis daarvan?
    Die waarde daarvan?
    Of is dit net geld uitgee en geskenke koop?

    Die waarde van Kersfees
    Is die koms van Christus na aarde
    Hoeveel van julle
    Leer dit nog vir julle kinders?

    Hulle raak opgewonde oor geskenke
    Hulle raak nie opgewonde oor My
    Die grootste geskenk…

    Ek is vol waardering vir die harte van My kinders
    Wie se harte oorloop van dankbaarheid
    Die tyd van die jaar
    Jesus het gekom

    Elke nativity scene
    My kinders, My kinders
    Ek het gekom!
    Ek het gekom!

    Ek wil hê julle moet dit onthou!
    Wanneer julle saam met julle families
    Om die Kersfees-tafel sit…
    Onthou julle nog vir My?

    Weet julle hoeveel mense Kersfees vier sonder om ooit My Naam te noem?
    Dis familie-tyd
    Dis saam-wees-tyd
    Dis nie Christus-is-gebore-tyd

    Vir baie mense is dit onaangenaam om gedurende hierdie tyd
    Herinner te word aan My
    Hulle wens lankal dat Christus se Naam en Kersfees-tyd
    Nie sinoniem was met mekaar

    Hulle hou van Krismis-Vader en hulle vier hom graag
    Maar hierdie Kersfees-Kind
    Gebore op Kersfees-Dag
    Nee, hulle wens lankal dit was nie so

    Ek weet baie van My kinders
    Vier nie Christus se geboorte-dag
    Ek weet
    Hulle het ook baie goeie redes daarvoor

    Tog wil Ek sê…
    My kinders, Ek weet
    Ek weet dat dit vir julle baie beteken
    Die koms van My kind, na aarde

    En julle wil dit so graag vier, vier
    Die feit dat julle Koning en Messias gekom het
    Julle wil ook vir Hom, net soos die Maji
    Die manne van die Ooste julle hulde bring

    Goud, mirre, wierook
    Julle wil geskenke bring
    Dit voor Sy voete plaas
    En Hom aanbid

    Julle het ‘n dag gevind
    Om dit te doen
    My kinders
    Dankie

    Dankie vir julle aanbidding op die dag
    En ook elke dag
    Ek is nie so gepla oor die 25ste Desember
    Ek is aangeraak oor die feit dat julle dit vier

    Die 25ste is ‘n dag
    Soos enige ander dag
    My kinders
    Moet dit nie groter maak as wat dit is

    Die wêreld-geskiedenis het dit bepaal
    Vier dit dan maar My kinders
    Vier dit elke dag
    Jesus het gekom, Jesus het vir my sonde betaal

    As Hy nie gekom het
    Was ek vandag nie vry
    So ek sal, ek sal Sy geboorte-dag vier
    Of dit nou vandag is of ‘n ander dag

    Jesus het gekom
    Hoop is gebore
    Die dag toe Hy in ‘n stal arriveer
    Ons is so dankbaar daarvoor!

    Ons is so dankbaar daarvoor
    Jesus … die Christus-kind
    Die beloofde Messias
    Hy het Sy opwagting gemaak

    Amen.

    Ek het ervaar dat Abba nog so paar ander gedagtes vir my gee oor Kersfees en dat Hy my vra om dit te deel in ons Desember VLOEI aand. Dit was gisteraand, kyk daardie video by hierdie skakel vriende.

  • Bad van Wedergeboorte

    Bad van Wedergeboorte

    Pappa … dis modder né
    Modder wat ons nooi om in hulle te bly rondrol
    Dis wat hulle wil hê ons moet bly doen
    Soos ‘n vark dat hulle die heeltyd vir ons kan bly sê …

    Ons is varke
    Die waarde van ‘n vark aan ons kan bly heg
    Abba sê Hy het die price tag van sonde van ons kom afhaal
    Dis nie meer wie ons is nie

    Hy het die waarde van Sy Seun se kruisdood aan ons kom heg
    Dis wie ons nou is
    Vrygekoop, losgekoop
    Skuld niks

    God het ons voete kom vry maak
    Sodat ons saam met Hom
    Na hemelse plekke kan sweef
    Hemelse Plekke

    Al hoekom ons in sonde bly vassit
    Daaraan bly kleef
    Is omdat ons nog nie ons waarde sonder dit ontdek het en ken nie
    Dis soos ‘n oewer waarvan ons moet wegvaar

    See you later
    See you never
    I’m not coming back

    Ek gaan ontdek wat agter die horisonne lê

    Ons word uitgenooi na ‘n nuwe lewe
    ‘n Beter lewe saam met Hom
    Ja dit gaan vreemd wees en voel aan die begin
    Maar dink daaraan … dis ‘n beter lewe, ‘n voller een

    Dis soos Egipte en die Beloofde Land
    Ja baie van God se kinders wou net teruggaan
    Konstant, na die vleispotte van Egipte
    Al was hulle in slawerny

    Sonde laat mens swaarkry
    Dowwe oë, slegte woorde, lewens sonder ‘n lied
    Nie die een wat jy voorgee wanneer jy by vriende is
    Maar die een wanneer jy alleen in jou bed lê en wonder … Is dit nou dit?!

    Ons word geroep na ‘n lewe van meer
    ‘n Lewe saam met die Een wat Sy Seun gegee het vir ons
    Die Een wat ons liefhet meer as al die oseane se druppels water
    Ontelbaar, onmeetbaar

    Is God se liefde vir jou nie groot genoeg om te sê:
    Ja liefste Jesus, ja ek het U ook lief
    Ek wil dankie sê vir die liefdesoffer gegee aan my
    Ek wil U ontdek, ek wil U ook beter ken

    Ja dis ‘n oewer waarby baie van God se kinders nog nie aangedoen het nie
    Hulle sit en wonder …
    Sal ek, sal ek nie trek?
    Abba seblief help ons dit regkry

    Die doop is die Rooi See
    Dis die vir-goed-baai-sê
    Dis daai besluit, ek gaan oor
    Ek gaan oor na die anderkant, saam met Hom

    Jesus het Sy hand gelig, soos Moses, daai dag toe Hy sê
    Ek het vir sonde betaal!
    Ja baie van God se kinders trek deur sonder die doop
    Hulle trek deur want hulle glo nie dat dit nodig is

    Jesus se dood het mos klaar betaal vir my sonde
    Hoekom moet ek nou nog deur die doopwaters gaan?
    Dis ‘n aksie My kind
    ‘n Aksie wat sê … ek trek nou nuwe klere aan

    Ja party van My kinders gaan hulle klere eers in die Hemel kry
    Dis nou maar hulle keuse né
    Ek wens hulle wou luister wanneer Ek sê
    Gaan bad nou, gaan bad!

    Maar nee hulle bly glo, ‘n waslap doen die werk
    Dis soos ‘n hand-bad
    Ja hulle het al van die stof en modder ontslae geraak
    Maar hulle bly glo, dis genoeg … hoekom sal ek nou ‘n ordentlike bad wil hê?

    Dis soos ‘n groot spoil My kind wat Ek vir julle voorberei het
    ‘n Bad met borrels, lekker warm en vol seep
    Dis maar al wat Ek vir julle voorberei het
    ‘n Bad wat sê … welkom terug by die huis!

    So lank het Ek jou gemis
    So lank het Ek jou terug verwag!
    Vriend, vriendin
    Dis al wat dit is, ‘n bad waarin jy kan baljaar!

    Hoekom dink julle is dit so
    Dat sovele na die doop met water silwerskoon voel?
    Dis omdat hulle gewas is met die Water van My Woord
    Wees gehoorsaam My kind, wees gehoorsaam!

    Dis maar al wat Ek vra
    Moenie jou eie kop wil bly volg
    Maar ja as dit vir jou verskriklik bly voel
    Los dit dan maar

    Eendag gaan jy in die Hemel jou bad kry
    En dan gaan jy dink …
    Ai tog, het ek maar lankal terug
    Gedoen wat ek nou doen!

    ‘n Verheerlikte liggaam
    Dis maar al wat reeds hier op aarde kan begin
    Met die liggaam wat Ek julle gee
    Na die aardse doop

    Ek hoop julle het hierdie prentjie geniet
    Ek hoop julle het hom verstaan
    Doop van Wedergeboorte, bewys van die nuwe mens
    ‘n Nuwe lewe het begin, een wat in Jesus se voetspore volg

    Amen.

    Abba het dit ook op my hart gesit om ‘n video met hierdie boodskap op te neem en vry te stel, julle wil hom kyk! Kliek Hier Vir Die Video

  • Een groot avontuur!

    Die mooiste lesse
    Kon ek al leer
    Dat Jesus getrou is
    Selfs al is Sy tyd nie myne

    (meer…)

  • Kyk waar is ons nou

    Juig al wat leef
    Juig voor die Heer
    Hy is God
    Die een wat alle lof verdien

    (meer…)

  • Oe-la-la!

    Grote God
    U liefde is so standvastig
    En getrou
    Pappa ek wil net dankie sê

    (meer…)

  • Toetse wat geloof toets

    Soveel toetse
    Wat ons pad kom kruis
    Die dag as ons vir Pappa sê
    Ja ons wil die pad saam met Hom loop

    (meer…)

  • Harte wat vertrou

    Kinders wat na My kom
    Met harte so oop
    Hoe geweldig seën dit My hart
    Sê ons Abba-Koning

    (meer…)

  • Kamers vol skatte

    Kinders van vandag
    Kinders van môre
    Sal julle asseblief nader kom
    Sal julle kom uitvind wat leef in My hart

    (meer…)

  • Geloof wat sweef

    Genade groot
    Het my kom haal
    En ek is tot vandag
    So dankbaar daarvoor

    (meer…)

  • Sagte hart

    My hart is stil
    Gerus
    Wag op U
    Ek wil so graag meer van U hoor

    (meer…)

  • Hemelse Herder

    Daar is ‘n lied
    Hierbinne in my hart
    Wat vir altyd
    Die lof en eer van my Koning wil besing

    (meer…)

  • Beste Maatjie

    Dankie Abba Vader
    Dat ek altyd my hart met U kan deel
    Dat ek nooit hoef terug te hou
    Of bang te wees

    (meer…)