Toetse wat geloof toets

Soveel toetse
Wat ons pad kom kruis
Die dag as ons vir Pappa sê
Ja ons wil die pad saam met Hom loop

Ja sê Pappa Vader
Ek doen dit om julle geloof te louter
Ek doen dit
Om dieper vertroue in julle harte te sit

Ja sê Abba
Kinders Ek weet dis nie aldag vir julle lekker
Maar dit is nodig
Vir My om julle by julle volle roeping uit te bring

As julle My nie
In julle donkerste dae
Kan bly vertrou nie
Hoe gaan julle dit in die goeies doen?

Sien sê Abba
En verstaan
Dit is hoekom Ek toetse toelaat
Want dit hou julle harte op die regte plek

Ja sê Abba
Ek moet uitvind en bepaal
Of julle My
Vir die regte redes bly volg

Of julle My rerig liefhet
En of julle bereid is
Om My wil ten alle koste te volg
Maak nie saak die prys

Ja My liefste kinders
Ek moes uitvind
Sal jy My bly volg
Al is die pad baie swaar

Ja sê Pappa, ja
Ek weet dit was nie lekker
Tog is dit ‘n bedekte seën
Want sien net waar jy al is

Ja sê Pappa
Jy het vir mense gesê
Dit is hoe dit gaan wees
Want jy het My wil aanvaar

Dankie liefste kinders
Dat julle bereid is
Om die moeilike paaie te loop
Wanneer My wil dit vra

Kinders asseblief
Luister vir My
Toetse is altyd daar, word toegelaat
Om julle harte en geloof te louter

Ja sê Pappa
Ons moet uitvind of dit eg is
Ons moet uitvind
Of dit meer as net leë woorde is

Want ja sê Pappa
Daar is baie kere wat mense sê hulle sal My volg
Totdat dit ‘n prys van hulle begin vra
Dan is hulle baie gou om My agter te laat

Baie dankie
Pappa se kinders
Julle wat getrou bly
Deur die goed en die kwaad

Ek waardeer dit so sê Pappa
Dat julle getrou bly
Deur die storms
Deur die nie-verstaan

Dankie dat julle deur die donkerste tye bly sê
My God se wil
Sy plan
Daarvoor sal ek vra

Ja selfs al maak dit
Die pad nie vir my makliker nie
Selfs al lê daar
‘n Strawwe tyd vir my voor

Dankie liefste kinders
Dat julle bly glo
God se hart is goud
Maak nie saak wie wat sê

Ja kinders
Selfs al verstaan julle nie
Is julle altyd bereid om te sê
By my God sal ek bly staan

My kinders
Ek wil net sê
Dit maak My hart
Baie bly en so trots

Dankie dat julle in donker nagte bly vashou
Omdat julle weet en glo die dag sal weer aanbreek
En dit is wat gebeur My kinders
Altyd

Pappa sê My kinders
Hou net vas en weet
Ek maak alles nuut My kinders
Ek gee julle ‘n nuwe begin

Ek weet dit was tough om aan te hou glo
Maar elke keer het jy, julle gekies
Om dit te bly doen
Saam kom ons hierdeur

Kinders assseblief
Glo vir My
Ek weet wat Ek vir julle beplan
Maar Ek moes julle harte toets

Ek moet julle harte toets
Suiwer kinders
Ek moet weet of jou rug-op-My-draai
‘n Opsie is

Ja sê Pappa Vader
Baie kere wat Ek
Kinders se harte en lojaliteit toets
En dan draai hul tog hulle harte op My

Sien sê Abba Vader
Sien
Dit is hoe Ek weet of julle die pad waardig is
Wat Ek met julle wil stap

Pappa sê kinders
Dit is nodig
Ek het nodig om te weet
Of Ek julle met My hart en pad vir julle kan vertrou

Ek wil nie hê
Julle moet net My hand los
Wanneer dinge moeilik raak nie
Nee jy moet vashou

Jy moet sê
Pappa wat ookal
Ek sal bly vashou
Want ek weet U hart vir my is mooi

Kind dit is hoe Ek julle
By die mooiste drome
Wat Ek vir julle lewens gedroom het uitbring
Harte wat volwaardig oorgee en vertrou

Ja sê Pappa
Selfs al lyk My pad ook hoeveel kere anders
As die een wat jy vir jou lewe gedroom het sê Pappa
Bly die vraag sal jy steeds Myne kies?

Want ja sê Abba, ja
Dit is hoe Ek weet
Julle weet
Ek is getrou

Dit is wat vir My sê
Dat julle My waarlik glo en vertrou
Nie net julle woorde nie
Maar ook julle aksies en dade

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment