Kategorie: Liefde so groot

  • Die Lappop

    Die Lappop

    Genade onbeskryflik groot
    Ons sing dit so graag
    Ons vergeet…
    Optel-goed is vat-goed

    Dis mos wat die kinders vir mekaar sê
    Wanneer hulle iets optel wat nie aan hulle behoort
    Het julle geweet
    Dit is wat God met ons gedoen het

    Ons het soos lappoppe, net soos die liedjie sê
    Op die ashope van hierdie lewe gelê
    En toe het Abba gesê
    Vir julle, vir julle wil Ek hê

    Ja steeds het Hy dit gesê
    Vandag sê Hy dit steeds
    Voel jy soms…
    Voel jy soms soos daai lappop wat op die berg van die ashoop lê?

    Ja soms vergete
    Soms so opgetrap
    Soms so besmeer
    Soms so seer

    Ja Ek weet, Ek weet dis hoe julle soms voel
    Dis hoekom julle vir ure net op TikTok lê
    Soos ‘n lappop net goed genoeg vir niks…
    Dis wat die duiwel vir julle sê

    Het julle geweet?
    Daar is dinge wat Ek deur julle wil skep?
    Deur julle gedagtes? Deur julle hande?
    Deur julle werke in en saam met My?

    Ja sê Abba
    Julle is gemaak vir veel meer as die ashoop
    Dis net, dis so moeilik om julle dit te help sien
    As julle alreeds die teendeel in julle gedagtes ervaar

    Ja soos julle gedagtes sê die heeltyd
    Oor en oor…
    Ek kan nie, ek wil nie, ek gaan nie
    Ek stel nie belang nie

    Het julle geweet, het julle soos rerig geweet…
    Daar is groot drome oor julle lewens geskryf?
    Wel dis die dag toe Ek julle gemaak het, toe het Ek gesê…
    “Vir Groot Dinge Gemaak”

    Dis letterlik waarmee Ek julle afgeteken het
    Soos My signature sign
    Net soos Nike, julle weet
    Ja sien, dit is julle oorsprong, dit is waarvan af julle kom

    Ek weet, Ek weet
    Meeste van julle sien of glo glad nie meer
    Daardie potensiaal oor julleself nie
    Soos Ek sê, Ek weet…

    Julle gedagtes is die van ‘n lappop
    Verniel soos die een wat op die ashoop lê
    Verniel deur die lewe se seer
    Verniel deur die lewe se swaar

    Sjoe as ek geweet het die lewe gaan so uitdraai het ek dit al lankal geëindig
    Ek weet, vir baie van julle is dit die oplossing
    Die enetjie wat vlytig vir julle waai en julle nader wink
    Kom, kom eindig jou lewe…

    Dis mos maar wat die duiwel vir mense sê
    Wanneer hy dit reggekry het
    Om vir mense
    ‘n Gemors van hulle lewe te laat maak…

    Gemors
    Gemors
    Goed vir niks
    Dis mos wat hy vir julle sê

    Ek weet sê Abba
    Ek weet want Ek is die Een wat gedagtes lees
    Ek wil hê julle moet terugkeer na die waarde wat julle gehad het
    Voordat julle dit vir die duiwel gegee het

    Ja Ek weet, Ek weet
    Julle het dit vir die duiwel gegee
    Hy het daarop getrap
    Hy het dit vermorsel

    Hy het vir julle kom vertel, dis nie waar!
    Jy is nie gemaak met ‘n doel
    Daar is geen spesiale rede hoekom jy hier is
    Waar kom jy daaraan jou liewe idioot?

    Nee laat ek eerder vertel
    Wat ek sien, wanneer ek jou sien
    ‘n Waardelose niksnut
    ‘n Waardelose nikswerd

    Dit is wie jy is
    Dit is wat ek sien
    En sien dis die ding…
    Tot vandag kan julle kies na watter stem julle wil luister

    Die een wat julle waarde afbreek
    Of die een wat julle waarde opbou?!
    Sien, die keuse is julle s’n
    Dis ‘n keuse, dis ‘n keuse

    Jy kies
    Ek gaan saam met God van hierdie ashoop afklim
    En saam met hom stap
    Na ‘n lewe van oorwinning en hoop…

    Of
    Ek gaan op die ashoop bly sit en myself bejammer vir die res van my lewe
    Sien
    Dis ‘n keuse

    Ek weet
    Ek weet baie van julle wil dit nie hoor
    Maar Here, dit was hulle!
    Hulle is die rede dat ek hier sit!

    As hulle nie my besigheid onder my uitgesteel het nie
    As hulle nie dit gedoen het nie, as hulle dat nie gedoen het nie
    Nee sê Abba
    Ek wil hê jy moet begin kyk waar jy verkeerd gegaan het

    Waar jy verkeerde afdraai-paaie gevat het
    Waar jy mense ingedoen het en skelm was
    Waar jy vir mense stories en leuens vertel het
    Nee, net dit

    Net die waarheid
    Net waar jy verkeerd gegaan het
    As jy nog nooit sonde gepleeg het nie, dan is dit okay
    Dan kan jy die klip optel en hulle gooi

    Maar julle kan nie My kinders
    Julle kan nie want julle weet dis waar
    Vader ek het ook aandeel daaraan
    Ek is ook skuldig

    Julle moet weet
    My weë is lig
    My weë lei na sukses
    Veral in julle hart

    Daar waar vrede heers omdat jy weet …
    Ek het voor God reg gedoen
    Ek doen reg voor God
    Dis maar al My kinders, dis maar al

    Dis hoe Ek keer dat julle op die ashope van die lewe land
    Sien Ek kan nie keer, die kere as julle verkeerde afdraai-paaie vat
    Ek kan nie maar Ek wil
    Ja Ek wil

    Steeds staan Ek hier met ‘n rigting-wyser wat sê
    Hierdie kant toe My kant, hierdie kant
    Dis die weg van LEWE
    Dis die weg na LEWE

    Kies hom, kies hom…
    Die beter weg!
    Staan op, staan op uit die gemors
    Laat daai lappop lewe kry

    Ek kan dooie bene oprig
    Sê Vader
    En weer vars visie oor hulle skryf
    Net soos in die storie van Esegiël

    Is daar iets wat Ek, die grote God, nie kan doen?!
    Nee wat, nee wat … dit kan nie wees
    Al wat nodig is, is GELOOF
    Jy wat sê ja

    Ek gaan nie hier bly sit, Ek gaan sien
    Ek gaan kyk wat daar agter die horisonne saam met God lê
    Ja Ek kan sien, dit is blink
    Dit is my nuwe môre wat wag

    Saam met Christus
    Hoef ons nooit op die ashoop te bly lê want sien Hy weet
    Hy weet waarvoor is ons gemaak en Hy wil ons graag daar uitbring
    Efesiërs 3:20…

    Meer as wat ons kan dink of droom
    Dit is wat God wil waar maak in ons lewe
    Deur Sy krag wat in ons werk
    Dit is, AS ons sal sê… JA.

  • Onverwagse Brander

    Onverwagse Brander

    Die lewe is hard Abba
    Ongenaakbaar
    Mense maak seer
    Hulle kry seer

    Mens kan net bid
    Dis wat mens so gereeld dink
    Wat om te sê
    Wat om te doen

    Hoe om die lewe
    Ligter vir mense te maak
    Dra mekaar se laste sê die Woord
    Hoe doen ons dit?

    Doen ons dit genoeg?
    Abba help ons asseblief
    Om die wêreld se swaar
    Van mense se skouers te help haal

    Om te sien
    Om te weet
    Jesus gee om
    En Hy wil graag help

    Soveel, soveel kere
    Skiet woorde net te kort
    Wat kan ons sê?
    Wat kan ons doen?

    Om hierdie probleem
    Ligter te maak
    Ding is
    Ons kan nie noodwendig nie

    Ons kan net bid
    Dat die slae wat hierdie wêreld
    Soms uitdeel
    Mense nie sal uithaal

    Maar sal oplig
    As wonderwerke
    Met die krag en genade
    Van ons Pappa van Bo

    Die wêreld slaan hard
    My kinders
    Baie hard
    Ek weet

    Onderste bo
    Soos ‘n brander uit die bloute
    Wat julle glad nie gesien kom het
    Hoe kry ek weer my houvas

    As die grond onder my mee gegee het?
    Alle vaste fondasie het verdwyn
    Ek trap water!
    Waar is die vastigheid onder my!?

    En dan sluk jy water
    En jy verdwyn
    En jy wonder
    Hoe gaan ek dit maak?

    Hoe gaan ek oorleef?
    En dan skielik
    Skielik is die vastigheid weer daar
    Ek voel dit

    Ek vind dit
    Die vastigheid is daar!
    Soms My kinders
    Soms word julle van julle vastigheid beroof

    Die branders kom
    En stamp en stoot julle
    Van julle voete af
    Net soos tipiese branders van die aarde

    Was julle al in die see?
    Het julle al daarin rond geswem?
    Hoeveel kere
    Het hulle al julle ewewig gekos?

    Ja die een oomblik
    Staan julle nog
    En die volgende oomblik
    Het julle koppe onder die water in verdwyn

    Ek is die lewensredder
    Sê Abba
    Wat My kinders altyd sal red
    Ja baie kere sien Ek

    My kinders is katswink geslaan
    Bewusteloos dryf hulle rond
    Soos ‘n drenkeling
    Opsoek na lewe, opsoek na hoop

    My kinders
    Ek sien
    Ek weet!
    Ek kan die “golwe” van hierdie wêreld nie altyd keer

    Maar Ek kan seker maak jy weet
    Ek is hier!
    Soos ‘n drenkeling sonder dryfhout hoef jy nooit te wees
    Ja soms dobber jy vir dae in die donker

    Jy wonder hoe gaan ek oorleef
    Hoe gaan ek dit maak?!
    Het God van my vergeet?
    Godsverlate dis hoe baie mense hier begin voel

    Die haaie begin om jou draai
    Hulle soek jou bloed
    Dis hier waar die vyand rerig vir jou lieg
    Jy is alleen, niemand gee om vir jou

    Maar dan kom die dolfyne
    Die mense wat omgee
    Die mense wat dra
    Die mense wat liefhet, wat die haaie verjaag

    Hulle kom verbind die wonde
    Hulle kom maak die seer sag
    Hulle kom vee die hare en sand weg uit julle oë
    Hulle kom fluister in jou oor

    Hou moed
    Môre sal die son weer skyn
    Hou moed
    Jesus is nog daar

    Ek weet My liefste kinders
    Ek weet
    Die lewe kom deel soms uit
    Harde, onverdiende slae

    Tog wil Ek dat julle sal weet
    Ek is groter as die grootste seer
    Ek is groter as die grootste slae
    Ek is groter

    Ek is groter as die grootste brander
    Wat ooit jou voete onder jou kan uitslaan
    Wanneer die lewe kom en hy gebeur…
    Weet, Ek is die vastigheid

    Wat weer die bestendigheid
    Onder jou voete sal kom plaas
    Stadig en seker
    Soos wat jy trap-trap, voel-voel

    Waar is die vastigheid
    Beweeg links
    Beweeg regs
    Voel-voel

    Vorentoe voel
    Agtertoe voel
    O ja, okay hier is hy!
    Die sandduin in die middel van die oseaan-water

    Daar is hy!
    Ek het hom gevind
    Vastigheid onder my voete
    Die Rots wat nie kan verdwyn!

    Al swel die water soms en is onbeheers
    Sterk is daar ‘n Anker in die lewe
    Wat ons bo hou
    Anker van Hoop sê sommiges soms

    Die een waaraan ons kan hou, al is dit soms klou
    Geanker in Jesus as storms om my gaan
    Net soos die liedjie sê
    In Sy krag, sal ek bly staan!

    Vat hoop My kinders
    En weet
    Die EK IS
    Is met julle

    Amen.

  • Die hart van Kersfees

    Die hart van Kersfees

    Wie vier ons…
    Kersfeesvader of die Christuskind?
    Is dit ‘n Christus-fees
    Of ‘n wêreld-fees?

    Is ons deel van die kommersialiteit daarvan
    Of die hart daarvan?
    Christus is gebore
    Kom terug na die hart, die hart van Kersfees

    Te veel kinders het afgedwaal van die hart, die hart van Kersfees
    Sien hulle nog die betekenis daarvan?
    Die waarde daarvan?
    Of is dit net geld uitgee en geskenke koop?

    Die waarde van Kersfees
    Is die koms van Christus na aarde
    Hoeveel van julle
    Leer dit nog vir julle kinders?

    Hulle raak opgewonde oor geskenke
    Hulle raak nie opgewonde oor My
    Die grootste geskenk…

    Ek is vol waardering vir die harte van My kinders
    Wie se harte oorloop van dankbaarheid
    Die tyd van die jaar
    Jesus het gekom

    Elke nativity scene
    My kinders, My kinders
    Ek het gekom!
    Ek het gekom!

    Ek wil hê julle moet dit onthou!
    Wanneer julle saam met julle families
    Om die Kersfees-tafel sit…
    Onthou julle nog vir My?

    Weet julle hoeveel mense Kersfees vier sonder om ooit My Naam te noem?
    Dis familie-tyd
    Dis saam-wees-tyd
    Dis nie Christus-is-gebore-tyd

    Vir baie mense is dit onaangenaam om gedurende hierdie tyd
    Herinner te word aan My
    Hulle wens lankal dat Christus se Naam en Kersfees-tyd
    Nie sinoniem was met mekaar

    Hulle hou van Krismis-Vader en hulle vier hom graag
    Maar hierdie Kersfees-Kind
    Gebore op Kersfees-Dag
    Nee, hulle wens lankal dit was nie so

    Ek weet baie van My kinders
    Vier nie Christus se geboorte-dag
    Ek weet
    Hulle het ook baie goeie redes daarvoor

    Tog wil Ek sê…
    My kinders, Ek weet
    Ek weet dat dit vir julle baie beteken
    Die koms van My kind, na aarde

    En julle wil dit so graag vier, vier
    Die feit dat julle Koning en Messias gekom het
    Julle wil ook vir Hom, net soos die Maji
    Die manne van die Ooste julle hulde bring

    Goud, mirre, wierook
    Julle wil geskenke bring
    Dit voor Sy voete plaas
    En Hom aanbid

    Julle het ‘n dag gevind
    Om dit te doen
    My kinders
    Dankie

    Dankie vir julle aanbidding op die dag
    En ook elke dag
    Ek is nie so gepla oor die 25ste Desember
    Ek is aangeraak oor die feit dat julle dit vier

    Die 25ste is ‘n dag
    Soos enige ander dag
    My kinders
    Moet dit nie groter maak as wat dit is

    Die wêreld-geskiedenis het dit bepaal
    Vier dit dan maar My kinders
    Vier dit elke dag
    Jesus het gekom, Jesus het vir my sonde betaal

    As Hy nie gekom het
    Was ek vandag nie vry
    So ek sal, ek sal Sy geboorte-dag vier
    Of dit nou vandag is of ‘n ander dag

    Jesus het gekom
    Hoop is gebore
    Die dag toe Hy in ‘n stal arriveer
    Ons is so dankbaar daarvoor!

    Ons is so dankbaar daarvoor
    Jesus … die Christus-kind
    Die beloofde Messias
    Hy het Sy opwagting gemaak

    Amen.

    Ek het ervaar dat Abba nog so paar ander gedagtes vir my gee oor Kersfees en dat Hy my vra om dit te deel in ons Desember VLOEI aand. Dit was gisteraand, kyk daardie video by hierdie skakel vriende.

  • Restorasie Proses

    Restorasie Proses

    Opgesluite potensiaal
    Soveel van God se kinders
    Hulle sit met opgesluite potensiaal
    Soveel waarde en krag wat in hulle lê

    Opgesluit lê hulle en wonder
    Wanneer, wanneer gaan die mens wat ons dra se oë oopgaan?
    Wanneer gaan hulle besef
    Ons sit in donker en wonder

    Here gebruik eerder ‘n ander een
    Nee My liefste kind
    Dogter, seun
    Dis jy, jy is die een wat Ek wil gebruik

    Waardeloosheid hou My kinders teë
    Hulle meet hulle waarde met hulle treë wat soms verkeerd stap
    Ek wonder
    Hoe lank gaan dit neem sê Abba

    Vir My kinders om te besef
    Die waarde wat hulle het is reeds bepaal
    Bepaal aan die Kruis van Golgota
    Die dag toe My Seun sê

    Pappa Ek sal gaan
    Ek sal hulle gaan haal
    U kinders terugbring
    Vir hulle gaan sê hulle het nie te vêr geval

    Ek sal hulle terugbring
    Herinner aan die woorde wat U gesê het
    Toe U hulle klaar gemaak het
    Dit is baie goed

    Pappa hulle is geskenke
    Geskenke aan hierdie wêreld gegee
    Hulle sien dit nog net nie Abba
    Want hulle hou aan om hulle ore vir die duiwel uit te leen

    Liefste Pappa
    Ek sal gaan
    Hulle terugbring
    Soms gaan dit moeilik wees My Kind

    Hulle gaan jou nie almal aanvaar
    Hulle gaan jou verwerp
    Met hulle tonge uitmekaar skeur
    Hulle gaan so ‘n omgedopte prentjie met hierdie wêreld deel

    Ek is nie goed
    Ek wil hulle net haat
    ‘n Bespotting van hulle maak
    En hulle Hel toe stuur

    So asof dit My die grootste bevrediging gee
    Hierdie wêreld My kind
    Hulle gaan nie vriendelik met jou wees
    Inteendeel jy gaan heelwat kere op jou tande moet kners van pyn en frustrasie, seer

    Hulle gaan nie sien soos Jy sien
    Hulle gaan nie weet wat Ons weet
    Jy sal hulle moet leer
    Ons gaan hulle ‘n Boek moet gee

    ‘n Boek vol van Ewige Waarhede
    ‘n Boek wat hulle sal help sien
    Want soos wat hulle hom gaan lees
    So gaan die skille begin afval

    Een vir een kind
    Een vir een gaan hulle begin val
    En My kinders meer en meer die Waarheid begin leer
    Soos in My hart

    Dis ‘n transformasie proses om soos Jesus te word
    Maar een vir een gaan hulle leer
    Meer en meer
    Ons Lig en Waarheid op aarde reflekteer

    Liefste Seun, liefste Een
    Sal jy gaan
    Sal jy vir hulle gaan vertel
    Ek wil hulle steeds hê?

    Ja selfs al het die wêreld hulle seergemaak
    Selfs al het sy dinge vir hulle kom vertel wat hulle rond-om geglo en van My verwyder het
    Sal jy Seun, steeds gaan
    Al gaan dit vir jou baie seer inhou?

    Seun hulle gaan vir jou seermaak
    Hulle gaan jou liggaam breek
    Fisies Seun gaan jy vermink wees
    Onherkenbaar vir die wat jou gaan ken op aarde

    Kind hulle gaan vir jou seermaak
    Die wraak en rebellie van hulle sondige geaardheid op jou uithaal
    Sal Ek dit kan doen Pappa?
    Sal Ek dit regkry?

    Sal dit nie te veel vir My wees?
    Pappa hoe, hoe gaan Ek dit regkry?
    Dit klink te groot vir My Pappa
    Vreesaanjaend

    Dit maak My skoon bang en benoud
    Hier diep binne
    Pappa hoe
    Hoe gaan Ek dit regkry?

    Dis ‘n groot eina
    Om so ‘n lydingspad deel te raak
    Maar Ek sal gaan Pappa
    Gaan as dit is wat U plan vra

    Ek weet, Ek weet … U sal met My wees
    My kind
    My liefste liefste Seun
    Eersgeborene van God

    Ek gaan die Heilige Gees saam met jou stuur
    Met Sy krag sal jy dit kan doen
    Hy gaan vir jou versterk die kere wat jy nie meer kan
    Of die pad wil loop

    Die Heilige Gees gaan vir jou herinner en help om te onthou
    Als wat ons hier en nou gesê en besluit het
    Jy gaan om My te verteenwoordig
    Okei My kind

    Doen jy net jou beste
    Ek sal die res doen
    Ek sal hulle terugbring
    Een vir een

    Aanhou tot Ek nie meer kan nie
    Jou bloed sal nie verniet vloei nie My kind
    Jou bloed gaan waarde dra
    Tot die bitter end

    Dit gaan seer gesond maak
    Dit gaan wonde heel
    Dit gaan bloed-wit-gewastes maak
    Van die wat swart was van die sondekleed wat hulle dra

    Ja My liefste Seun
    Ons gaan vir hulle nuwe klere vat
    Rein-Gewas, Wit-Soos-Sneeu
    Dis die name wat op hulle sal staan

    Jesus s’n
    Jesus s’n
    Wit gewas, skoon gewas
    Jesus s’n

    Hoekom kinders
    Hoekom sit julle nog met die donker klere van Verwerping en Nie-Goed-Genoeg?
    Trek uit liefstes
    Trek uit daai ou en dooie klere

    Hulle herinner julle net aan wie julle was sonder My
    Trek uit, trek uit
    Begin in julle nuwe identiteit wandel
    Begin ontdek wie julle in Christus is

    Begin vind als wat in en deur Hom moontlik gemaak is My kinders
    ‘n Lewe vol oorwinning
    My Lewe en Lig wat deur jou skyn
    Sodat ons meer mense kan vertel

    Die wonder, die wonder van wie Jesus is
    Wat Hy kom doen het, vir elkeen wat sal glo
    Hom aanneem as Verlosser
    Saligmaker van hulle harte

    Neem afskeid kinders van gister
    Julle hou aan klou
    Aan die vleispotte van Egipte
    Terwyl julle Beloofde Land wag om in besit geneem te word

    Liefstes seblief
    Wees dapper
    Soos Josua en Kaleb
    Hulle het gesê … Ja daar is reuse om te verslaan

    Maar God is groter as hulle
    Ja die verspieders was vol twyfel
    Twaalf het gegaan
    Tien het terug gekom met ‘n negatiewe rapport

    Ja liefstes
    Dis wat julle ook baie doen
    As Ek sê … Kind jy sal moet laat gaan van dit en dit
    Ja julle wonder reeds … nee ek sal nie, nee ek wil nie

    Kind kan Ek net sê
    Jy kan jou nie in Egipte en die Beloofde Land op dieselfde tyd bevind nie
    Dis een van hulle
    Nie albei

    Maak seblief die keuse
    My kind
    Om deur die Rooi See te trek
    Laat jou doop

    Maak daai doelbewuste besluit
    Vandag trek ek en ek kom nie weer terug
    Ek gaan daai nuwe pak klere waarvoor Jesus betaal het aantrek
    Ek gaan skitter en blink daarin!

    Ja liefstes
    Laat julle doop
    Laat julle gevul word met die krag van My Heilige Gees
    En julle sal sien hoeveel makliker die pad raak

    Nooit sonder stampe en stote
    Maar met ‘n aanhou wat julle sal verstom
    Kom kruip weg My kinders, kom kruip weg by My
    Ek is die Heilige van Israel

    Die Hoogste God, die Hoogste Een
    Verheerlik My dan asseblief met julle lewens kinders
    Verheerlik My met die teruggee van julle lewens
    Met die vertroue en hoop wat julle in My stel

    Julle is gemaak vir groter dinge kinders
    As waarby julle bly
    Soos hoenders bly julle pik tussen die aardse
    Terwyl hemelse vlugte op jou as arend wag

    Kom My kinders
    Kom lig daai kenne
    Begin besig raak met die dinge van die Gees
    Daar waar Lewe en Lig lê

    In verhouding met My
    Die gordyn is geskeur
    Alle skeiding verwyder
    Tussen My en jou

    Kom deur Jesus
    Sy wonde het betaal
    Geen ander het Sy las gedra
    Geen mens kan die eer daarvoor kry

    Ek is die Een
    Wat die sleutel van die Hemel hou
    Kom sluit oop die deur daarna
    Met jou oorgawe aan My

    Leer My ken liefste
    Die Een wat gekom het
    Sodat God se kinders
    Weer Syne genoem kon word

    Identiteit en Waarde is herstel
    Die restorasie-proses in plek gesit
    Die dag toe Jesus sê
    Dit is volbring

    Hou aan kinders
    Hou aan om Hom Heer en Meester te noem
    Hy is dit waardig
    Net Hy, net Hy

    Het met Sy bloed betaal
    Kosbare bloed
    Die bloed wat nooit sy krag sal verloor
    Vind jou identiteit daarin

    In Jesus se Naam, Amen.

  • Draadjie-van-Hoop

    Draadjie-van-Hoop

    Ken jy
    God se hartklop
    Het jy Sy stem
    Al vir jouself gehoor?

    Ons Pappa-God
    Wil so graag kinders hê
    Wat nie net aan tradisie
    Se rokspante vashou

    Ons Pappa wil so graag hê
    Ons moet na dieper en meer begin vra
    Alles wat Hy in die Gees
    Vir ons voorberei het

    Dikwels sê Daddy
    Is dit vir julle My kinders
    Moeilik om te verstaan
    Dis wat Ek so graag wil hê

    Hoekom vra Pappa
    Hoekom
    Verhinder so baie van julle
    Die Gees se werkinge in julle lewens

    Liefstes sê Daddy-God
    Dit gebeur so gou
    En so gereeld
    Ek kry dikwels nie kans om te doen wat Ek graag wou

    Julle verhinder My sê Daddy
    Om te beweeg in jou lewe
    Omdat jy nie vir My Gees se werkinge in jou lewe
    Ja sê

    Liefste sê Pappa
    Dit pla My so baie
    So geweldig
    Dis asof daar die heeltyd struikelblokke opgerig word tussen My en jou

    Liefste sê Pappa
    Liefste-liefste kind
    Pappa wil jou vra
    Sal jy My asseblief net bietjie meer vryheid in jou lewe gee

    Ek word so gereeld
    Sê Daddy-God
    Aan bande gelê
    Met wat Ek mag en wat Ek nie mag doen in My kinders se lewens nie

    Daddy U mag dit doen
    En dat
    Maar Daddy asseblief
    Dit mag nie so gebeur

    Oe ja-nee
    Baie kere
    Liefstes sê Daddy
    Word Ek vertel hoe ‘n ding mag of nie mag gebeur

    Ek word vertel
    Sê Pappa
    Ja regtig
    Baie kere

    Ek weet dis nou nie jy
    Sê Pappa
    Ja-nee Ek weet 😉
    Dis nie jy, dis al die ander

    Ja sê ons liefste Daddy
    Ek is goed
    Ek is mooi
    Ek weet wat Ek van julle vra

    Julle is so verkeerd
    My liefstes sê Daddy
    As julle My wil voorskryf
    Oor hoe iets moet gebeur

    Dis nie hoe dit moet wees
    Liefste kind van My hart
    Wag op My
    Doen wat Daddy jou vra

    Ja sê Daddy
    Daar is party kere
    Wat ‘n duidelike ja of nee van My nie nodig is
    Maar dan is daar ander kere wat dit noodsaaklik is

    Liefstes sê Daddy
    Ek wil net vra
    Vertrou, vertrou My
    Met alles wat jy het

    Ja sê Daddy, ja
    Jy kan altyd weet dat Ek van beter weet
    My liefste kind
    Dis beter so

    Daar’s te min mense sê Abba-God
    Wat verkeerd-glo hieroor
    Hulle dink of weet nie
    Hulle kan My raad vra oor enige iets

    Liefstes sê Abba
    Kom net nader
    Nader aan My
    Laat Ek jou wys hoe dit werk

    Ja sê Daddy
    Ja
    Daar is so baie
    Wat Ek julle op hierdie pad van Lig kan wys en leer

    Kinders
    Daddy vra net
    Kom en word wys
    Kom leer van My

    Julle hoef nie al die besluite van julle lewens
    Self te neem
    Rerig julle kan oorgee
    En My veel eerder vertrou

    Ek sal julle
    Die regte pad wys
    Die een wat lewe
    Die een van oorvloed

    Oe liefstes
    Sê Daddy
    Dis te min
    Dis te min dat julle My waarlik vertrou

    Laat My voorloop
    Liefstes
    Asseblief altyd
    Vra ons Pappa-God

    Julle vra te min
    Daddy loop voor
    Wys my die pad
    Waarheen, waarheen nie

    Daar is hoogstes liefstes
    In My
    Wat julle net sal bereik
    As julle vra daarna

    Ja liefstes
    Sê Daddy
    Daar is soveel meer
    Maar dit gaan vat dat julle saam met My op water loop

    Ja liefstes
    Sê Daddy
    Dit gaan partykeer geweldig diep lyk
    Maar julle gaan My moet vertrou

    Ek hou vir julle net die beste instoor
    Net die mooiste
    Ek het kinders nodig
    Wat dit saam met My sal glo

    Ja sê Daddy
    Liefstes
    Dis wat julle moet doen
    Wanneer die moeilike donker twyfel-dae kom

    Vertrou My diep
    Dieper
    Diepste
    Dis wat Ek vir My kinders wil sê

    Julle moet vertrou
    Julle moet glo
    Julle moenie opgee
    Wanneer Ek voorloop

    Sien kind sê Daddy
    Dis altyd die gedagtes
    Wat Satan kom plant
    Gedagtes wat twyfel bring

    Moenie ooit toelaat
    Sê Daddy
    Dat Satan julle vertroue in My
    Verhinder om te groei

    Ja hy gaan altyd probeer
    Sê Abba
    Maar wees bewus
    Kyk die kat goed uit die boom

    Dis sy hart sê Pappa
    Dat Ek en jy
    Nooit nader aan mekaar groei
    Dis wat hy altyd probeer verhoed

    Kom ons knielhalter
    Bietjie sy planne
    Sê Abba
    Kom ons ry dit net ‘n bietjie in die wiele

    Ja deur jy liefste kind
    Wat jou vertroue in My plaas
    En ja sê
    As Ek jou in ‘n sekere rigting wil lei

    Moenie net altyd wil vasskop
    Liefstes van My hart
    Abba s’n
    As Ek jou vra om in ‘n sekere rigting te beweeg

    Ja sê Daddy, ja
    Jy het die stappe dalk nie so geantisipeer
    Maar kind sê Abba
    Ek is nogsteeds in beheer

    Raak rustig sê Abba
    Ja rustig in julle hart
    Vertrou My altyd-deur
    Laat toe dat Ek voorloop

    My genade is altyd genoeg
    Sê ons liefste Pappa
    En wanneer Ek julle iets vra
    Weet dat Ek julle die vermoë sal gee om dit reg te kry

    Ja julle hoef nie altyd
    Sê Daddy
    In ‘n frenzie te gaan
    Te sê dinge moenie so gebeur

    Ja sê Daddy
    Ja
    Dit gaan dalk ‘n klein bietjie anders gebeur
    Maar Ek weet hoekom Ek vra

    Vertrou My net altyd veel eerder
    Sê Pappa
    Vertrou My
    Doen wat Ek vra

    Wanneer Ek in ‘n rigting lei sê Abba
    Wat jy nie rerig verstaan
    Moet jy weet dis nie altyd nodig om eers te verstaan
    Voor jy doen wat Ek vra

    Geloof is glo
    Sê Abba
    Geloof is om te doen
    Wat Ek vra

    Ja liefste sê Abba
    Wanneer Ek vra
    Doen asseblief
    Dis hoe Ek weet dat julle glo

    Moenie net doen
    Tot daar waar dit vir julle gemaklik is
    Nee kind
    Doen dit asseblief end-uit

    Ja alles wat Ek vra
    Loop asseblief die pad
    Van volle gehoorsaamheid
    Tot die einde toe

    Julle liefde is mooi
    Sê Abba
    Ek wil net vra
    Kan julle My help deur meer te groei?

    Meer te groei in julle liefde
    Sodat julle My
    Alhoemeer kan vertrou
    Dis hoe dit makliker raak

    Ja dit is so liefstes
    Hoe meer julle My ken
    Hoe makliker sal dit wees
    Om My waarlik te vertrou

    Ek wil nie net hê
    Liefstes
    Sê Daddy
    Dat dit wat tussen ons is leë hol woorde bly

    Moet asseblief nie sê
    Sê Abba-Vader
    Dat julle My vertrou
    As julle nie bereid is om ‘n tree te gee as Ek vra

    Nee liefstes
    Asseblief
    Pappa vra veel eerder
    Vertrou My asseblief, rerig

    Ja diep en uit julle hart
    Leer My ken
    Rerig-rerig erig
    Leer My ken

    Diep
    En uit My hart
    Wil Ek jou ook vra
    Sal jy My dieper vertrou

    Sal jy leer uitsien
    Na dit wat Ek verborge hou
    Selfs al kan jy dit nog nie lekker sien
    Sal jy asseblief, groot asseblief

    Ja sê Daddy
    Ek weet
    Kinders vra ook so as hulle iets graag wil hê
    Mamma, pappa groot asseblief kan ek dit kry?

    Liefste sê Daddy
    Dit is Pappa se vra vandag
    Groot asseblief
    Sal jy My liewer kry?

    Daar is ‘n liedjie
    Sê Abba
    Diep en mooi is hy
    Dalk het julle hom al gehoor

    Oceans
    Oceans is sy naam en hy sê
    Take me deeper than my feet could ever wander
    And my faith will be made stronger in the presence of My Savior

    Dit is hoe dit is
    My liefste kinders
    Pappa wil julle na veel verder plekke vat
    As wat julle ooit alleen sal kan bereik

    Ek wil julle op My skouers tel en sê
    Kinders kom nou
    Kom ons gaan verken
    Kom Ek wys julle wat is moontlik by My

    Julle geloof is maar dikwels klein
    Sê Abba
    Dikwels so klein
    Wanneer dit by My en vertrou My kom

    Oe liefste sê Abba
    Oe liefstes
    Kom net nader
    Kom sien daar is soveel wat ons saam kan bereik

    My liefde vir julle
    Is so groot en so mooi
    So grênd
    Sou kinders ook sê

    Kinders kom sê Pappa
    Kom asseblief
    Ek wil julle wys en leer
    Ek is God van die onmoontlike

    Ek wil julle aantrek
    Sê Pappa-God
    So graag
    Met die potensiaal van die hemele

    Ek wil julle aantrek
    Met groter vermoë
    Groter doelgerigtheid
    Om julle drome te bereik

    Oe liefstes
    Sê Abba
    Kom, kom laat Ek julle wys
    Daar is drome wat hierdie wêreld nog nie bereik het nie

    Ja-nee kyk kinders
    Sê Abba
    By My is groter en dieper en mooier
    Altyd nog ‘n opsie

    Asseblief kinders
    Asseblief
    Kom glo Pappa
    Die horisonne in My hart is breed

    So onbereikbaar groot
    Is die visie in My hart
    Ek hou van groot-droom sê Abba
    Ek is baie lief daarvoor

    Ek weet sê Daddy
    Dat Ek baie kere, baie van My kinders se harte
    In hulle kele laat klop
    Met die goed wat Ek vra

    Ek weet dit sê Pappa
    Ek weet
    Dit laat hulle bene bewe
    Dit laat hulle baie bewerig voel

    Oe liefstes sê Daddy
    Ek weet
    Ek weet dis baie groot
    Om baie kere die gewig van hemelse drome te dra

    Dis te groot
    Dis te groot sê My kinders dan
    Ek kan nie, ek kan nie
    Dis te veel vir my

    Dis net, kind
    Seun en dogter sê Pappa
    Ek wat jou vra om saam met My
    ‘n Hemelse droom waar te maak

    Liefstes sê Daddy-God
    Dit moet ‘n droom wees
    Te groot vir jou
    Anders is dit mos nie ‘n hemelse droom 🙂

    Drome groter as hierdie wêreld s’n
    Dit is die tipe drome
    Wat Ek love om waar te maak
    Deur My kinders op aarde wat saam met My werk

    Liefstes sê Daddy
    Sien
    Sien dis net hemelse drome
    Wat op aarde ‘n weg moet kry om te gebeur

    Dis hoekom Ek altyd-altyd vra
    Kinders asseblief
    Vertrou Pappa veel eerder
    Met dinge wat Ek vra

    Ja dis nie altyd maklik
    Maar dit is altyd moontlik
    As julle My net altyd sal toelaat
    Om die voor-loop te doen

    Ja sê Daddy-God
    Ja dit is so My kinders
    My hemelse drome kan baie kere
    Net gestalte deur mense kry

    Ja mense wat sê
    Okay
    Goed Pappa, goed
    Kom ons wys hierdie wêreld ‘n ding of twee

    ‘n Ding
    Wat hulle nog nie beleef of ervaar het nie
    Kind
    ‘n Ding baie groot

    Sien, sien sê Pappa
    Ek hou van duplikate ook
    Ek hou van dinge doen wat Ek lankal terug reeds al gedoen het
    Ek hou daarvan as dit mense nogsteeds in stom-verwondering laat

    Tog hou Ek net so baie daarvan
    As Ek hierdie wêreld
    Iets kraakvars en splinternuut kan bied
    Iets nog nooit gesien of ervaar

    Dis hoekom Ek partymaal sê Daddy
    Verspotte goeters van julle vra
    En mense dan sê
    Ag jy is mal

    Mal sê Daddy
    Net soos wat mense vir Noag gesê het
    Toe hy vir jare en jare
    Gehoorsaam aan die ark bou

    Hoeveel jare lank
    Sê Abba
    Het mense met hom die spot gedryf
    Voordat die dag van reënval finaal aanbreek

    Oe kinders sê Daddy
    Ek wil hê julle moet verstaan
    Mense gaan dikwels en baie kere
    Die hemelse drome in julle harte afkraak

    Ja hulle gaan ook sê
    Hy of sy het nou finaal
    Al hulle varkies verloor
    Maar kind dis net omdat hulle nog nie kan sien

    Hulle kan nog nie sien
    Sê Abba
    Die reën wat alreeds in jou gees geval het
    En besig is om nat te maak

    Oe liefstes sê Pappa
    Asseblief onthou net
    Ek is vir julle
    Altyd-deur

    Ja, ja
    Dit gaan nie altyd maklik wees
    Die lewe is moelik
    Maar hemelse drome is moontlik saam met My

    Sal julle asseblief saam met My werk
    Kinders asseblief
    Julle wat met hemelse drome sit
    Julle wat weet dit gaan net met God se hulp gebeur

    Ja sê Daddy, ja
    Julle weet
    Julle sit al jare met hierdie swaar gewig op julle skouers
    Hoe, wat, waar, wanneer?

    Oe kinders sê Pappa
    Ek sal julle help
    Elke tree
    Hoe om hierdie hemelse plan tot uitvoer te bring

    Ja sê Daddy, ja
    Vertrou net My hart
    Weet
    Dat Ek besig is

    Julle vra so gereeld
    Here wys my
    Waarnatoe
    Wanneer

    Kind Ek sal
    Ek sal
    Ek belowe
    Hou jy jou ore net wawyd oop

    Sodat wanneer Ek spreek
    Jy dadelik sal hoor
    Net soos Samuel sal jy dan antwoord
    Spreek Here, U dienskneg luister

    Oe
    Ore ingestel op die Koning
    Vir verdere instruksies en leiding
    Hoe baie mooi is dit vir My

    Julle
    Julle geliefdes van My hart
    Sê Abba
    Ek is altyd vir julle

    Hou net daaraan vas
    Sê Abba
    Die dae wanneer die lewe moeilik is
    En mense nie altyd verstaan

    Ja sê Pappa, ja
    Mense gaan nie altyd jou journey verstaan nie
    En jy nie ‘n ander s’n
    Want julle is op verskillende plekke van julle journey

    Oe My kinders, liefstes sê Daddy
    Altyd sal Ek poog, altyd
    Om mense in jou lewe te bring wat jou journey verstaan
    Wat die pad saam met jou kan loop

    Ja vriende en familie
    Sê Daddy
    Naastes
    Is dikwels nodig vir jou om jou pad te loop

    Ek is die Een sê Daddy
    Wat dikwels verbintenisse skep
    Mense jou pad laat kruis
    Met wie jy ‘n padjie gaan loop

    Ja dis Ek sê Pappa
    Dikwels Ek
    Wat maak dat julle nuwe en vreemde mense ontmoet
    Wees op die uitkyk daarvoor

    Dis omdat Ek net weet liefstes
    Die een is nodig vir die volgende seisoen
    Waarin My kind beweeg
    Ek sal onderskraging stuur

    Oe My kind
    Dis maar hoe Ek werk
    Altyd op die uitkyk
    Vir jou My kosbare kind

    Daarom sê Daddy
    Volgende keer as julle paaie met iemand nuuts kruis
    Weet dit is heel moontlik
    Iets wat Ek in die mou voer 😉

    Oe ag kind
    Ek terg jou net
    Ek wil net hê jy moet weet
    Ek is maar altyd besig met goed wat jy nie aldag kan sien

    Ja kind, ja sê Pappa
    Altyd besig met ietsie in die lewens van My kinders
    Dis vir My so mooi
    So mooi as julle My net vertrou

    Kom vra maar altyd
    Sê Abba
    Net ‘n stukkie nuwe wysheid
    ‘n Stukkie van waarmee Ek in jou lewe besig is

    Ek sal jou altyd wys kind
    Ek sal jou altyd lei
    Pappa is vir jou
    En altyd besig agter die skerms

    Ja sê Abba
    Ja dit is so
    Julle sien dit baie dikwels
    Eers vele-vele jare later

    Oe dit is hoekom dinge so uitgewerk het
    Dit is hoekom dinge so moes gebeur
    Nou verstaan ek
    Vir die eerste keer

    Oe ja-nee sê Abba
    Oe ja-nee
    Dis maar hoe Ek baie kere
    My hemelse planne laat uitwerk

    Julle dink partykeer
    Dinge is maar niksvermoedend so
    Oe nee kinders, oe nee
    Pappa is altyd besig met ‘n plan

    Altyd maar altyd
    Het Ek ‘n plan waarvolgens Ek werk
    Ek sal nou nie sê
    Ek kry als reg wat Ek graag wil hê moet gebeur maar Ek probeer

    Ja Ek probeer altyd
    Om dinge beter te maak
    Om dinge te laat uitwerk
    Vir My kinders

    Ja, ja
    Partykeer is daar stampe en stote
    Ja partykeer is daar hobbels waaroor ons moet oor
    Maar dis asof hulle die reis net alte mooi maak

    Ja dis nie altyd lekker
    Maar kinders
    Ek het die vermoë
    Om selfs die slegste sleg mooi te maak

    Ja dis maar net wie Ek is
    Dis maar net wat Ek kan doen
    Ek twyfel
    Sal mens ooit beter kry?

    Ek is die beste-beste God
    Waarvoor hierdie wêreld ooit kon vra
    Party mense betwyfel dit nogsteeds baie sterk
    Maar dit is so

    Liefliker as lieflik
    Mooier as mooi
    Liefstes sê Daddy
    Dit is Ek die ewige God

    Ek is God
    Die ander is gode
    Ek wil net graag vir julle sê
    Ek is die enigste god wat met ‘n hoofletter-g geskryf kan word

    Ja-nee sê Pappa-God
    Ja-nee
    Die ander is spring-chickens teenoor My
    Ek is die real deal

    Die realest truest deal
    Wat enige iemand ooit kan kry
    Dit is Ek
    Die ewige God

    Kom nader wêreld
    Kom leer My ken
    Toe-nou kom
    Toe-nou kom

    Ek paai en mooi-praat
    Van julle nou al vir jare
    Tog nogsteeds
    Tog wil julle harte hard hou

    Ag Ek verstaan nie
    Sê Abba
    Ek verstaan nie hoekom
    Jy jouself so hardkoppig wil hou

    Wat het dit jou in die sak gebring
    Sê Abba
    Wat het dit jou al ooit in die sak gebring
    Behalwe ‘n hengse hoofpyn?

    Ja Ek weet sê Abba
    Ek weet
    Julle kry hulle gereeld
    Migraines dis mos wat julle hulle noem

    Migraines sê Abba
    Het al half-pad van die mensdom opgeeët
    Met al sy migraine fixes
    Sal apteke nooit uit besigheid gaan

    Oe nee sê Abba
    Oe nee
    Dis een van hulle beste verkopers
    Julle het seker al gesien

    Liefstes sê Abba
    Die van die wêreld ook
    Ek wil net sê hierdie briefie skryf Ek
    Sodat ook daardie hoofpyn ligter teen jou slape sal begin klop

    Ja sê Pappa-God, ja
    Ek verstaan
    Die fisiologie van die mensdom
    Ek het julle aanmekaar gesit

    Ja sê Pappa
    Daar in die tuin van Eden
    Toe Ek die asem van lewe
    In jou longe inblaas

    Soos ‘n wafferse dokter of homeopaat
    Kan Ek ook My vinger
    Op die presiese probleem-area sit
    Ek weet waar die probleem lê

    Oe kind sê Daddy
    Oe kind
    Ek kan net sê
    Heelwat van die oorsaak is jy wat nie jou vertroue in My belê

    Ja mense van die wêreld
    Dokters en so
    Hulle sal nie baie maklik
    Dit as rede vir jou uitwys

    Oe nee sê Pappa
    Oe nee
    Dit is mos maar nou so
    Baie van hulle probeer julle mos oortuig dat Ek nie rerig is

    Ja ‘n fabrikasie van mense se gedagte-wêreld
    Goeie en sterk verbeelding
    Ek kry daai een nogals dikwels 😉
    Of is dit hulle kort ‘n kruk om deur die lewe te gaan

    Ek weet nie
    Of julle al gesien het
    Maar My kinders se “kruk”
    Werk nogals baie heerlik 😉

    Oe ja
    Die lekkerste wandelpadjies het ons al saam beloop
    Die wonderlikstes
    Die waarvan die hemel droom

    Wil julle nie bietjie saam met ons kom sit
    Julle verlorenes van hart
    En saam met ons
    Hemelse drome begin te droom?

    Oe hulle is te lieflik
    Of te grys
    Soos die ouer mense soms sê
    Ek wonder weet die jonges van dae wat daai woord beteken?

    Gaan vra julle oumas en oupas
    Sê Abba
    Hulle sal vir julle vertel
    Dis wanneer iets baie oulik is

    Oe liefstes sê Daddy
    Oe liefstes van My hart
    Hoor asseblief
    Ek gee om

    Ek gee om vir julle
    So so baie
    Ek wil julle vertel
    Verlorenes, julle ook

    Julle dink genoeg kere
    Ek gee nie om
    Sê gereeld
    God, Hy sal nie belangstel in ons

    Oe kinders van die wêreld
    Kan julle hemelse Vader net vir julle sê
    Julle is so verkeerd
    Ashoop, dis waar Ek meeste van My kinders gaan haal

    Daai plek waar hulle so skuldig is
    Daai plek waar hulle so skuldig voel
    Dis dan wat Ek steeds kom en sê
    Kind Ek is goed en Ek wil jou hê

    Mense verstaan nie My goedheid nie
    Sê Abba
    As Ek julle kon sê op ‘n skaal wat julle verstaan sou Ek sê
    200% net goed

    Daar kan nie ooit meer goed as Ek
    In hierdie wêreld of enige ander plek bestaan
    Ek is die ware betekenis
    Van alles wat goed en mooi is

    Dis so moeilik sê Abba
    So moeilik
    Om dikwels vir julle te verduidelik
    Want julle dink dat dit net woorde is

    Ek is nie net mooi woorde nie
    Sê Abba
    Nie, nie, nie
    Nooit nie

    Julle liefde vir My is so flou
    Sê Abba-Vader
    Want julle ken My nie
    Nie voorwaar nie

    Daar’s te veel voorwaardes
    Sê Pappa-God
    Baie kere
    Gekoppel aan wie Ek is en wat Ek kan doen

    God is goed
    As Hy vir my deurkom
    God kan ek vertrou
    As Hy doen wat ek vir Hom sê

    Liewe ouers kinders
    Liewe ouers
    Ek dink dat dit verskriklik narrow-minded is
    Ek dink dat julle beslis nie die groter prentjie sien

    As julle My net vertrou en liefhet
    As Ek volgens julle pype dans
    Liefste kinders
    Is julle liefde vir My voorwaar baie vlak

    Ek wil julle by die plek uitbring
    Sê Jesus Christus, die Seun
    Waar julle liefde vir My
    Voorwaar so diep en eg is

    Was die Kruis van Golgota
    Nie genoeg sê Hy
    Nie genoeg om te bewys hoe diep kosbaar en spesiaal jy vir My is
    Was My prys nie duur genoeg?

    Kinders sê Abba
    Dis tyd dat julle na die Kruis begin kyk
    Dis tyd dat julle begin onthou
    Hoekom is dit nie genoeg vir jou om te weet Ek is net goed

    Ek weet nie sê Abba-Vader
    Van enige ander koning
    Wat sy seun vrywillig sou opgee
    Om die sondige afvallige mense van sy koninkryk te red

    Mense doen nie sulke goeters nie kinders
    Ek weet nie
    Het julle al gesien?
    Dalk, dalk net vir iemand vir wie hulle baie lief is

    Ja dan sal mense
    Hulle lewens opgee
    Dan sal hulle sê
    Dit is die moeite werd

    Oe geliefde sê Abba
    Die hele wêreld
    Julle was vir My genoeg
    Dis hoekom Ek My-Seun-het-gestuur

    Ja Ek het dit gedoen
    Sê Abba
    Om julle te bevry van sonde
    Sodat julle nooit ooit weer haar slaaf hoef te wees

    Party mense kies dit vandag nog
    Steeds vrywillig
    Ek weet nie
    Seker omdat hulle nog nie die dodelike effek daarvaan gesmaak het

    Ja
    Sonde lei net na een plek
    Eers donkerte in jou siel
    En dan die donkerte wat die ewigheid inhou

    Ons noem dit die tweede dood
    Of is dit ewige hel
    Daarnatoe sal gaan almal wat hulle rûe op God
    En Sy verlossingsplan gedraai het

    Ja mens kan dit so sê
    Sê Abba
    Of mens kan sê
    Hulle wat nie My offer van liefde en genade wou aanneem

    Sien daar was ‘n prys
    Aan die Kruis van Golgota betaal
    ‘n Prys om jou siel vry te koop
    Omdat jy vir sonde gesê het ja

    Jy moes met jou lewe daarvoor boet
    Elke liewe mens wat sonde gepleeg het
    Toe sê Ek nee wag
    Ek sal My Seun in hulle plek stuur

    Wie wil hulle hê het Satan gesê
    Geskel hulle het jou verlaat
    Hulle sal weer
    Moet hulle nie ‘n kans gee!

    Ek hoop nie sê Daddy
    Ek het My kanse verspeel
    Ek hoop nie so maar toe sê Ek ja
    Ja! Ek sal hulle nog ‘n kans gee

    Ek kon net nie sê Abba
    Op julle My kosbare skepping opgee
    Ek het net nie geweet hoe
    Toe gee Ek maar Myself as offer vir jou sonde

    Ja Ek kon nie, Ek kan nie
    Nou-nog nie
    Ek weet nie hoe om van daai draadjie-van-hoop tussen ons te laat gaan
    Hoe sny Ek hom vir altyd flenters

    As julle My net kon wys hoe
    Sou Ek dit dalk doen
    Dis partymaal so moeilik
    So seer om aan daai stukkie hoop vas te hou

    Ek hou vas
    Maar al wat Ek kry is skoppe, vuishoue en slae
    Van almal wat in hierdie wêreld glo
    Dat Ek die grootste vark is wat op twee bene loop

    Mense verafsku My
    Hulle vloek My
    Hulle jou My uit
    En al wat Ek doen is, Ek kan nie op HOOP opgee

    Hoekom, hoekom nie
    Hoekom kan Ek nie laat gaan
    Daddy hulle maak so seer
    Kan U nie sien?!!

    Dis die Heilige Gees se stem
    Dis Sy wat so gereeld vir My sê
    Hulle wil nie
    Hulle wil nie terugkeer

    Hulle wil nie glo
    Dat jy ewig mooi is nie
    Hulle wil die Waarheid nie leer ken
    Hulle wil blind bly

    Oe magtie
    As Ek net kon opgee
    As Ek net nie meer kon glo
    Daar is nog hoop

    Dit is so verdomp moeilik
    So moeilik om te bly glo
    Als gaan nog uitwerk
    Als gaan draai vir goed

    Dis so moeilik
    Want alles sê nee
    Alles sê
    Gee maar op!

    Dis so so moeilik
    Ek wens net Ek kon laat gaan
    Ek wens dit was nie ‘n issue
    Ek wens Ek kon die wêreld los om verlore te gaan

    Ja-nee sê Daddy
    Ja-nee
    Dit sou soveel van My probleme
    Eensklaps oplos

    Dis mos wat die wêreld wil hê
    Woeps-waps
    Als verby
    Nou kan hulle maar in die hel brand, wat gee Ek tog om

    Dit lyk My sê Abba
    Dis My omgee wat die groot probleem is
    Help My om te laat gaan
    En Ek doen dit met graagte

    Sien sê Abba, sien
    Ek het ook hulp nodig
    Ek wil so graag hê julle moet sien
    Ek sukkel so baie om op te gee op julle

    Hierdie verlore-gaande wêreld
    Het nogsteeds
    Net so ‘n spesiale plekkie in My hart
    Hoe kan dit wees?

    Ek dink sê Abba
    Dis omdat Ek weet
    As mense net die Waarheid kon begin sien
    Sou hulle opreg-opreg dankbaar wees Ek het nie opgegee

    Soos soveel ander
    Alreeds ontdek het
    Dit is so
    Dit is baie waar

    Oe geliefdes
    Geliefdes van My hart
    Wanneer gaan julle sien
    Ek is net goed

    Net-net goed
    Geen sleg kan in My woon
    Dit is net nie moontlik nie
    Nie ooit

    Amen.

  • Golgota se oë

    Golgota se oë

    U is liefde sag
    Pappa so baie dankie daarvoor
    Dat U nie ooit veroordeel nie
    Dat U bly nader nooi

    U gee nooit op nie
    Dit gee my soveel krag
    Vir aangaan
    Vir nie-moed-verloor

    Abba so-so dankbaar is ek
    Dat U my altyd naby hou
    Dat U liefde sag is
    Dat U my nooit sal verlaat

    Daddy dit beteken so baie vir my
    Dis alles-alles
    Wat ek nodig het
    Rerig net dat U nooit op my sal opgee

    Hoe kry U dit reg Abba
    Hoe doen U dit
    Weet U rerig
    Dis my anker

    Dis wat my bly dra
    Deur die wêreld se seer
    Dis wat my elke keer help opstaan
    U wat nie opgee

    Wow Pappa, wow
    Wow wow wow
    Hoe sê mens dit genoeg
    Kan mens genoeg dankie sê

    Ek dink nie ons verstaan Pappa
    Nie voldoende nie
    Wat dit beteken as U sê
    U is lief vir ons

    Dit het my krag geword Abba
    My alles-alles
    My alles
    My rede vir aangaan

    Omdat U in my glo
    Kan ek in myself glo
    Dis my rede
    As ek deur U oë na myself kyk

    Hoe het U sulke mooi oë Abba
    Hoe doen U dit
    Die bril van die Kruis
    Wow dit is so mooi

    Dis oë wat sê
    Daar is geen veroordeling nie
    In Christus
    Kan jy net bly groei

    Sjoe Pappa
    Dit is die mooiste oë
    Wow, wow, wow
    Om deur U oë na onsself en mense te kyk

    Dis oë van genade
    Abba
    Dis rerig oë van genade
    Dit is hoe U kyk

    Dis die mooiste oë Abba
    En ek wil net dankie sê
    Baie baie dankie daarvoor
    Die lig van genade in U oë

    By God
    Is daar geen onreg
    Geen sleg of lelik
    Kan in Sy aangesig oorleef

    Dit is hoekom
    Ek deur Jesus gaan
    Voor Abba se troon gaan staan ek net
    As ek Jesus se bloed aanhet

    Ja-nee kyk
    Net niks anders
    Sal ooit God se Seun
    Se plek kan vat

    Nee-wat dit werk nie so
    In geen niks iets anders
    Is daar soveel hoop te vind
    As in die Seun

    Deur Hom kan ek
    Deur Hom kan ek
    Met volle vertroue en waardigheid
    Abba se troon nader

    Wag op My
    Sê Hy altyd
    Wag op My
    Ek wil jou meer leer

    Meer van My goedheid
    Meer van My genade
    Ek wil hê jy moet deur My oë
    Na mense om jou begin kyk

    Ja dit is so waar
    Sê Abba se Seun
    Sonder My kan julle nie
    Kan julle nie voor Vader se troon kom nie

    Dis Ek wat julle wit-was
    Al julle sonde weg-was
    Ek’s die Enigste Een wat ‘n nuwe lewe en begin gee
    Ek die Enigste Een

    Dankie, dankie
    Kinders van God
    Dat julle altyd kom hoor
    Altyd by My kom stilsit

    Dankie dankie dankie
    Vir die tyd saam met My
    Julle harte vertel vir My
    Die mooiste stories van dankbaarheid

    Dankie-dankie
    Liefstes van My hart
    Sê Abba
    Dankie vir als wat julle vir My beteken

    Julle harte is so oop
    As julle alles met My deel
    Alles My kinders
    Alles moet oop

    Dis julle hartoop
    Ek kan sien
    Niks wil julle vir My wegsteek
    Oe dit is so mooi

    Dankie liefste kind
    Dankie daarvoor
    Die mooiste oop gesprek
    Kan ons dan met mekaar voer

    Dis vir My so lekker
    So lekker as jy niks wegsteek
    As jy kom
    En net alles met My deel

    Dis vir My so mooi
    Ek is baie-baie lief daarvoor
    Baie-baie lief
    Daarvoor

    U liefde sag
    Abba dit gee soveel-soveel hoop
    Elke dag in my hart
    Ek wil net dankie sê

    Amen.

  • Kaf of koring

    Kaf of koring

    Mooi is U
    So baie mooi
    Pappa U is so mooi
    My hart is so, so baie dankbaar daarvoor

    Pappa
    Dankie
    Liefste Pappa
    Dankie, dankie, dankie

    Oe U is so mooi
    My hart sê dit
    Oor en oor
    Maar dit is rerig so

    Soos Daddy
    My hart sing ‘n liedjie
    Ek kan dit hoor
    Hy sing dit vir U

    U is so groot
    U is so wonderlik
    U is
    So baie mooi

    Oor en oor
    Wil my hart dit net aan U vertel
    Daddy oor en oor
    Want dit is net so

    U het die blindings van my hart kom afhaal Pappa
    Al die blindings
    Wat nog altyd vir my vertel het
    U is nie waarlik mooi

    Oe Abba U weet dit
    U weet hoe sê die wêreld
    Oor en oor vir ons dieselfde ding
    Julle God is nie goed

    Abba dis net soos die liedjie
    Wat in my hart vas bly steek
    Oor en oor
    Speel hulle dieselfde deuntjie

    Oe Pappa
    Ek weet nie lekker
    Ek verstaan nie
    Hoe kan ons twee se opinies oor U so hemelsbreed verskil

    Abba dis soos een van ons
    Het die kat goed aan die verkeerde stert beet
    Ons moet net uitvind
    Hoe is dit dan so?

    Pappa
    Die wêreld vertel ons een ding
    Die Woord van God ‘n ander
    Hoe kan albei waar wees?

    Kinders sê Daddy-God
    Kan Pappa net vir julle vertel
    Ek stem saam
    Die wêreld is verkeerd

    Ek wil nie nou net blaam op ‘n ander sit
    Sodat Ek nie skuldig lyk
    Nee liefste kinders
    Pappa wil net die waarheid praat

    Ek weet
    Sê Daddy-God
    Ek weet
    Dis dikwels baie moeilik om My te vertrou

    Dis die dinge sê Abba
    Wat die wêreld julle oor My vertel
    Wat maak sê Daddy
    Dat julle My nie voluit kan liefhê

    Abba se kinders sê Daddy-God
    Is dit nie so
    Vra julleself sê Abba
    Wat is daar wat skeiding bring tussen ons twee

    Kinders
    Sê Daddy-God
    Dis altyd My hart
    Altyd My hart om julle nader aan My te bring

    Dis nie iets sê Abba
    Wat hierdie wêreld en haar leuens regkry
    Dis glad nie so nie
    Dis daarom dat Ek sê so sal jy weet

    So sal jy die kaf van die koring kan skei
    My liefste kinders
    Sê Pappa
    Altyd en altyd en altyd

    God se guns
    Sê Pappa-God
    Rus op julle My kinders
    Julle wat My waarlik vra

    Julle wat waarlik wil weet
    Wat is die waarheid
    Oor God
    Wat is glad nie waar

    Oe daar is min mense
    Sê Abba
    Min mense wat My so goed ken
    Die meeste mense gee maar gou op en leer My deur die wêreld ken

    Oe kinders
    Gesels Pappa
    Hoe kan julle so verkeerd wees oor My
    En die waarheid nogsteeds nie wil ken?

    Oe kinders
    Sê Pappa
    Altyd is die uitnodiging daar om My beter te leer ken
    Julle sê net nie ja

    Hoekom sê Pappa
    Hoekom is dit so
    Hoekom vat julle alles wat die wêreld julle oor My sê
    Hoekom leer julle My nie self ken

    Oe Abba-God se kinders
    Kan Ek julle net vertel
    Die waarheid oor My
    Gaan julle nooit so vind

    Oe ja nee My liefste kinders
    Julle gaan moet verder krap
    Verder as al die rommel
    Wat julle pad nou verberg

    Ja-nee liefste kinders
    So verkeerd is julle oor My
    Julle Abba-God
    So verkeerd oor My

    Julle moet bereid raak
    Liefste kinders
    Om net ‘n entjie verder te gaan soek
    Net ‘n entjie verder

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Ek is die skoonste, reinste, mooiste waarheid
    Wat jy ooit sal kan vind

    Begin verder soek
    Liefstes van My hart
    As net die bolangse soek
    Tussen wat die wêreld julle oor My vertel

    Kinders sê Daddy-God
    Daar is diamante wat wag
    Heelwat van hulle
    As julle net ja sou begin sê

    Ja sê Pappa
    Ja
    Ja vir dieper soek
    Ja vir waarheid vind

    My liefde sê Daddy
    Kinders dit is so genoeg
    Dit is so so genoeg
    Om alles in jou wat stukkend is te heel

    Begin My asseblief glo
    Vra Pappa
    Rerig-erig
    Begin My glo

    Kinders sê Daddy
    Daar is baie meer
    Wat Ek vir julle kan vertel
    Ek wil net graag hê julle moet My eers glo

    Ja liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Ek het nodig dat julle eers glo
    Dan kan Ek julle meer vertel

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Oe kinders
    Kan Ek dit vra

    Oe kinders
    Sê Pappa
    Dis so gereeld wat Ek vra
    Asseblief, glo My

    Glo My kinders
    Vra Pappa
    Glo My as Ek sê
    Elke woord uit My mond is waar

    Dis ‘n saak van geloof
    Liefste kinders
    Dis ‘n saak van geloof
    Dis hoekom Pappa vra

    Geloof vra My liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Dat julle eers sal glo
    Voordat julle My waarlik kan sien

    Die wêreld sê Daddy
    Sy leer julle anders
    Sy leer julle Ek is verkeerd
    En julle reg

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Kan Ek julle nog iets vertel
    Kan Ek julle vertel dat Ek waarheid is

    Alles sê Pappa-God
    Alles wat goed en reg en mooi is
    Dit is Ek
    Kan Ek julle vra om dit te glo?

    Daar’s te veel mense
    Sê Abba
    Wat mondevol oor My te sê het
    Maar oe hulle is so verkeerd

    Luister asseblief vandag mooi na My
    Vra Abba
    Luister asseblief
    Wat Ek vra

    Begin reg glo kinders
    Asseblief begin reg glo
    Julle kan nie meer met die verkeerde-glo oor My
    Hierdie wêreld inloop

    Kinders
    Sê Pappa
    Julle is besig om verkeerd te maak
    So so verkeerd

    Kinders
    Sê Daddy-God
    Julle is besig om skade aan te rig
    Aan My Naam, julleself en die om julle

    Oe kinders
    Sê Abba-God
    Asseblief moet dit nie meer doen
    Ek is hier by julle

    Ek vra julle baie mooi
    Sê Daddy-God
    Begin om My beter te leer ken
    Asseblief liefste kinders, asseblief

    Pappa vra weer
    Pappa vra mooi
    Begin net om My liewer te kry
    En julle sal die waarheid oor My vind

    Oe kinders
    Sê Daddy-God
    Volg My
    Volg in My voetspore vir julle lewens

    Dis so belangrik
    Sê Abba-God
    So belangrik dat julle dit sal begin doen
    Groei, groei, groei in liefde vir My

    Kinders vertel Daddy-God
    My hart raak partymaal seer
    So so seer as Ek sien
    Mense wat verkeerd oor My glo

    Ek wil eintlik hê sê Daddy-God
    So so graag
    Dat die wêreld se mense My sal begin liefkry
    Soos hulle die wêreld liefhet

    Dit is My vra
    Sê Daddy-God
    Dis net so moeilik om reg te kry
    As mense My nie beter wil leer ken

    Dis die nodige stap kinders
    Dis wat julle sal moet doen om uit te vind
    Of die ‘waarheid’ oor My
    Waarlik die waarheid is

    Dit vat ons terug
    Sê Daddy-God
    Na die begin, na die onderskeiding
    Tussen reg en verkeerd

    Ja wat die waarheid is
    Oor My
    En wat
    Is die verkeerd

    Ja baie mense sê Pappa-God
    Wat verdwaal op afdwaal-padjies oor My
    Hulle dink hulle is reg
    Maar hulle is so verkeerd

    Hoe, hoe, hoe
    Gaan hulle die waarheid vind
    Hoe gaan hulle uitvind
    Ek is niks verkeerd?

    Persoonlike kennis
    Sê Abba
    Uit persoonlike ervaring
    Van wie Ek is

    Baie mense sê Abba-God
    Word bly as Ek dit sê
    Hulle dink goed so
    Nou gaan ek jou die waarheid oor God vertel

    Al die slimy detail
    Wat Hy gedoen het
    In my lewe
    Wat Hy alles veroorsaak

    Oe kinders sê Pappa-God
    Julle wat seer het
    Kan julle nie sien
    Julle maak My julle slaan-sak

    Ja sê Pappa-God
    Baie mense voel dis nodig
    Hulle voel hulle moet uitvind wie sit agter die verkeerd en seer in hierdie wêreld
    Dan kry Ek die skuld

    Ek is nie te blameer
    Liefste kinders
    Vir al die verkeerd en seer
    Wat julle in julle harte ronddra

    Ja sê Daddy-God
    Dit is nie so
    Ek is nie te blameer
    Vir al die verkeerd wat hierdie wêreld vollê

    Oe kinders sê Pappa-God
    Oe kinders
    Ek weet daar is seer in julle harte
    Maar dis nie reg wat julle doen

    Ek wil julle nader nooi
    Ek wil julle dieper nooi
    Ek wil hê julle moet eers die waarheid oor My vind
    Voordat julle vir die wêreld als wat sleg is oor My vertel

    Oe kinders
    Sê Abba-God
    Die tyd is nou reg daarvoor
    Asseblief kom nader aan My

    Die waarheid liefstes
    Wil Ek so graag
    Vir julle wys
    So graag

    Ek soek net mense
    Bereid om self te kom sien
    Is ek reg
    Of is ek dalk verkeerd

    Sien dis baie-baie male
    Sê Daddy
    Die probleem
    Julle wil nie erken julle is verkeerd

    Daar is soveel mense
    Sê Abba-Vader
    Wat verkeerd glo
    Hulle glo nie Ek is net goed

    Ek wil dit so graag verander
    Julle sieninge oor My
    Sê Daddy
    Want Ek wil laat ons nader aan mekaar groei

    Ek wil so graag hê
    Liefste kinders
    Ek en jy Pappa se kind
    Moet mekaar se harte hoor

    Asseblief sal julle
    Nader aan My groei
    Asseblief sal julle
    Nie vêr weg van My af bly

    Asseblief
    Kom nader sê Abba
    Kom nader aan My
    Kom vind die waarheid en nie meer die leuen oor My

    Julle is veels te oop
    Sê Abba-God
    Veels te vinnig
    Om die verkeerd oor My op te slurp

    Bietjie stadiger
    Liefste kinders
    Drink ‘n bietjie stadiger
    Die gif wat Satan julle oor My voer

    Stadig liefste kind
    Stadig maar seker
    Is Satan besig om oorhand te kry
    Omdat jy al sy leuens glo

    Nie so vinnig nie
    My kind
    Asseblief sê vir hom
    Nie so vinnig nie

    Julle is verkeerd
    Sê Abba
    So verkeerd
    Julle wat nie ‘n goeie woord oor My kan sê

    Julle ken My voorwaar glad nie
    Dit is hoekom
    Liefstes
    Ek hierdie uitnodiging aan julle rig

    Asseblief begin ja sê
    Begin ja sê
    Vir die waarheid oor My vind
    Asseblief, dit is tyd

    Vir jare en jare
    Sê Abba-God
    Vir baie generasies al
    Probeer Satan tussen My en mense kom

    Oe hy is al so gekonfyt daarin
    Sê Abba
    Hy het al vele kere probeer
    En daar is strategieë van hom wat baie beslis werk

    Ek wou julle maar net sê Abba
    ‘n Blikkie op My hart gee
    Ek wou julle maar net sê
    Dit is wat gebeur

    Sal julle asseblief slimmer word
    Liefste kinders
    Met sy aanslae
    Sal julle hulle sien kom

    Sy hart is altyd, altyd
    Om verwydering tussen ons te bring
    Altyd
    Julle moet dit weet

    Dit gesê
    Liefstes van My hart
    Sal julle altyd weet
    Kyk uit daarvoor

    Kyk uit vir die leuens
    Wat hy vertel
    Kyk uit en wees bewus
    Hoe hy verlei en mislei

    Enige stories sê Abba
    Enige stories wat hy vir julle vertel
    Wat skeiding tussen ons bring
    Moet jy asseblief bevraagteken

    My Woord is die Waarheid
    Sê Abba
    Altyd en altyd
    Dis hoe Ek met julle praat

    Partykeer gaan julle wonder
    Partykeer gaan julle twyfel
    Partykeer gaan julle nie weet
    Hou net aan, Ek sal julle self leer

    Ek’s altyd naby
    Sê Abba
    Altyd naby
    Veral aan die wat My glo

    Julle hoef nooit bang te wees
    Liefstes
    Ek’s aan julle kant
    Ons maak die wenkant

    Partykeer gaan dit nie
    Vir julle so voel
    Partykeer is dit swaar
    Ek weet

    Oe kinders
    Sê Abba
    Ek wil julle so graag sterk in My kry
    Rerig sterk in geloof in My

    Dis omdat Ek weet
    Sê Abba
    Ek weet wat doen die wêreld
    Met branders wat deur die wind gejaag word

    Eers die kant toe
    En dan daai kant toe
    Oe kinders sê Pappa
    Dis glad nie goed vir julle

    Julle moet gewortel wees
    Sê Abba
    Julle moet gewortel wees in My
    En My kosbare standvastige waarheid

    Oe kinders
    Sê Abba-God
    Oe kinders
    Kan Ek julle vra, weer

    Leer My ken
    Leer My ken
    Ek wil nie hê liefstes van My hart
    Julle moet deurmekaar gejaag word met elke lering oor My

    Party sê sus, party sê so
    Kinders sê Daddy
    Julle het seker al gesien
    Elkeen het ‘n opinie oor My

    Party goed
    Ander sleg
    Ek weet nie sê Abba
    Ek wil net so so graag hê julle moet My waarlik ken

    Ek wil hê sê Daddy
    Die waarheid oor My
    Moet begin welkom wees
    Op die luidsprekers van hierdie lewe

    Soveel mense
    Sê Abba
    Uitbasuin die verkeerd
    Hulle glo nie reg oor My

    Kan ons net daai siek beeld van My
    Verander sê Pappa-God
    Asseblief liefste kinders
    Asseblief

    Help My sê Pappa
    Asseblief
    Ek vra julle om meer en meer
    Saam met My die waarheid vir hulle te leer

    Oe dis genoeg
    So so genoeg
    Dat soveel van die mense in hierdie wêreld
    Verkeerd oor My glo

    Dit kan nie meer wees
    Sê Abba-God
    Nee Ek wil dit so so graag verander
    Dit is nie reg

    Oe hoor My hart
    Asseblief
    Vra ons geliefde Pappa in die hemel
    Asseblief hoor My hart

    Ek praat en praat
    So, so gereeld
    Tog wil mense nie altyd hoor
    Tog is baie van hulle maar altyd te besig vir My

    Ja daar is baie gereeld
    Sê Pappa-God
    Mense wat verkeerd oor My glo
    Maar glad nie belangstel om dit te verander nie

    Vir party mense
    Sê Abba
    Is om My te haat hulle lewe
    Kan jy nou meer

    Ja-nee Ek weet nie
    Sê Abba-God
    Ek weet nie
    Hoekom hulle so glo

    Hulle sit sê Abba
    Met diep gewortelde kwaad teenoor My
    Tog moet ons glo
    Hulle glo nie in My

    Oe kinders
    Sê Abba-God
    Vir hulle wat in die wêreld
    Met ‘n haat teenoor Hom in hulle harte sit

    Hoekom sê Pappa
    Maak julle My en julleself so seer
    Hoekom glo julle verkeerd
    Hoekom glo julle nie dat daar ‘n God is

    Iewers sê Abba
    Iewers moet Ek verstaan
    Ek probeer
    Kind dis net nie maklik nie

    Hoe kan jy
    Liefste seun, dogter
    Vir My blameer
    As daar seer in hierdie wêreld is

    Hoe kan jy My die skuld gee
    Kinders asseblief
    Ek probeer verstaan
    Dis net, dis moeilik vir My

    Ek verstaan nie sê Abba-God
    Hoe julle julle rug kan draai
    Op ‘n wonderskone mooie God
    Wat elke dag die son op die sondaar en nie-sondaar laat skyn

    Hoe kan julle My blameer
    Asseblief kinders
    Ek probeer verstaan
    Pappa probeer rerig-rerig verstaan

    Dis vir My so moeilik
    Sê Abba-God
    Ek mis jou My verlore kind
    Pappa mis jou so, so baie

    Ek is konstant besig
    Sê Abba
    Konstant
    Besig om vir jou te probeer vertel Ek is nie so sleg soos jy glo

    Geliefde
    Verlorene
    Hoekom is jy so hard besig
    So hard besig om My uit te hou

    Oe kind sê Pappa-God
    Verstaan jy
    Weet jy
    Ek kan daai hardheid in jou hart weer sag maak

    Ja liefste kind sê Pappa
    Ek weet, Ek weet
    Baie van julle sit met seer
    Seer wat julle nie kan alleen oor

    My hart is so so sag
    Sê Abba
    Ek weet hoe om met die gebrokenes van hart te werk
    Ek weet so, so goed

    Sal jy My asseblief kind
    Nie meer uithou op jou seer
    Sal jy My asseblief net wys
    Daar is ‘n bietjie hoop

    Net ‘n flikkering
    Sê Abba
    Net ‘n flikkering wat sê
    Dalk, dalk moet ek probeer

    Oe geliefde
    Geliefde
    Jy glo verkeerd
    Jy die een wie Ek so baie liefhet

    Daar is selfs
    Sê Pappa-God
    Van julle wat glo
    Dat Ek julle nooit weer kans sal gee

    Ja sê Pappa, ja
    Dis wat gebeur My liefste kinders
    Wanneer julle
    Julle ore vir die vyand uitleen

    Kinders sê Pappa
    Asseblief
    Asseblief kom luister vir My
    Waar berou is sal Ek altyd vergeef

    Dis genoeg
    Sê Daddy-God
    Dat Satan julle in tronke van sleg-voel wil hou
    As gevolg van die keuses lank-terug-gemaak

    Ja sê Pappa, ja
    Van julle sit nou hier en lees
    En julle weet, julle weet
    Ek moes lank terug alreeds vrede gemaak het met God

    My kind sê Daddy
    Verlore-verdwaalde een
    Dis so My hartsbegeerte
    Dat jy My offer van vrede sal aanneem

    Ja liefste kind
    Sê asseblief ja, sê asseblief ja
    Vir My vredesoffer aan die wêreld
    Toe My Seun aan die kruis kom sterf

    Die Amplified-Bybel
    Sê dit so mooi
    God reconciled Himself to this world
    Through the death of His Son

    Gister en vandag
    Liefstes van My hart
    Bly My begeerte dieselfde
    Vrede met die mensdom

    Dis waarvoor My Seun die prys kom betaal het
    Vir jou sonde
    Hy’t gesê nee wag Ek gaan nie wag totdat hulle eendag jammer sê
    Voordat Ek met My bloed betaal

    Nee Jesus het dit vir Homself uitgemaak
    Hy het gesê Ek sal kom
    Selfs al wil die wêreld
    My nog nie weer in hulle lewens hê

    Oe kinders sê Pappa-God
    Sien, sien
    Ek het julle vergeef toe julle almal
    Hierdie wêreld nog sondaars was

    Oe ons Abba-God
    Hy is so goed
    Hy is so mooi
    Dis wat ek nog die heeltyd vir julle probeer sê

    Hy staan met arms
    Wa-wyd oop
    Hy staan en Hy nooi
    Kind sal jy asseblief kom?

    Verlore en verdwaal
    Wil Ek so nie meer hê
    Jy moet voel
    Ek wil hê jy moet jou rus in My warm vaderhart kom vind

    As Ek jou net kon laat voel
    My liefste kind
    Dogter, seun
    Hoe warm en uitnodigend My hart vir jou klop

    Jy sal net nooit ooit weer kon twyfel
    Jy sou hardloop
    Jy sou sê
    Daddy ek wil so graag

    My skoot sê Abba
    My arms
    Wag so groot en oop vir julle
    Hulle sê kom sit, laat Pappa jou in Sy liefde toevou

    Die liefde, die liefde
    Wat ek in my God se hart voel
    Sy warm omgee
    Oe wêreld dit smelt my hart

    Dit smelt my hart
    Hoe kan ‘n God wat so baie verdien om liefgehê te word
    Nogsteeds met verlange
    Hunkering en smagting in Sy hart sit

    Ja Hy wens kind
    Ja jy die verlore een
    Jy was al lankal terug in Sy arms
    Hy wil nie hê jy moet dit so hard, weer en weer, oordink

    Kom net kind
    Kom net sê Hy
    Die heeltyd, oor en oor
    Kom soos jy is

    My liefde vir jou
    Dis genoeg
    Dis oor, oor, oorgenoeg
    Dis al wat jy in hierdie lewe ooit sal nodig kry

    So, so genoeg
    Is my Pappa se liefde
    So, so volmaak
    Dis die hemel self wat ek proe in my hart

    Liefste Pappa
    Grote God
    U genade is My anker
    U liefde my lewende hoop

    Oe Pappa
    U sit diep
    U en U mooi-wees
    Het al ‘n diep plekkie in my hart kom bou

    Dis soos die mooiste wonderskoonste paleis
    Waarby ek kan gaan aandoen
    Dis wat gebeur
    As ek vir U en tyd saam met U ja sê

    Oe Daddy, oe
    Ek weet nie of U weet
    Maar ek wil dit sooo graag vir U sê
    Vir dit sê ek altyd ja

    Oe Daddy
    Ek wil so graag hê
    U mooi-wees moet dieper in my hart kom sit
    Ek wil sooo graag hê ek en U moet nog baie kere so saamkuier

    Oe Pappa
    Van dit kry ek net nie genoeg
    Ek kry net nie genoeg
    Ek wil veel-veel meer hê

    Ek wil hê Daddy
    Die druppel in ‘n emmer moet groter word
    Ek wil hê dit moet ‘n oseaan
    Van U mooi-wees wees wat in my hart woon

    U is ondeurgrondelik diep
    Onnaspeurlik sê die Ou Vertaling
    Oe Pappa sê Daddy se kind
    Dit is so so waar

    Die eindes van U mooiheid
    Sal ons nooit kan bereik of begryp
    U raak net mooier en mooier en mooier
    Dit is waaroor die engele voor U Troon nou al vir jare sing

    Maar Pappa
    Ek wil meer
    Ek wil dieper
    Van U mooi-wees ontdek

    Wow
    Wow
    Wow
    Wow

    Dis wat ek weet
    Ek oor en oor gaan sê
    Maar Pappa ek wil
    Ek wil U so graag dieper en meer ontdek

    Pappa hoe sê mens nee dankie daarvoor
    Ek kry dit net nie reg
    Ek kry dit net nie reg om vir U te sê
    Weet Pappa ek het nou genoeg

    Ek kry dit net, net, net nie reg
    Oe nee ek sukkel daarmee
    Verskriklik
    Baie erg

    Die lewe saam met Pappa is ‘n lied
    Voorwaar, rerig
    Nie omdat alles altyd seepglad en voor die wind gaan gaan
    Maar omdat Hy die manier het om selfs die donkerste, seerste nag op te helder

    Oe ek weet nie
    Ek weet nie hoe ons bonatuurlike God dit regkry
    Ek’s net so dankbaar, so so dankbaar
    Dat Hy wel kan

    Van Hom kan ek nie genoeg kry
    En eerlik-waar ek wil ook nie
    Want o my word, o my dear
    Hy is dit so die moeite werd

    Al my gesoek
    Al my gevra
    Al my ge-weer-opdaag
    Ja-nee tyd saam met Pappa dit is goud

    Die mooiste vrugte
    Bring dit in my lewe voort
    Ek geniet dit so
    Die smaaklike vrugte waaraan ek kan smul

    Dankie daarvoor Abba-God
    Dankie so so baie daarvoor
    U maak my hart
    So so verskriklik baie bly

    Amen.

  • Opwindende reis

    Opwindende reis

    Vrede-sag
    Vou my toe in sy liefdevolle arms
    Ek’s so dankbaar Pappa
    Ek’s so dankbaar ek kan altyd na U toe hardloop

    Daddy U is die vrede
    Wat altyd rustigheid
    In my swaar
    En dikwels chaotiese gemoed bring

    U is die een Pappa
    Wat vrede ontwerp het
    En ek is so dankbaar
    So dankbaar dat ek dit altyd by U kan vind

    U is die een Abba
    By wie ek wil bly wegkruip
    U is die een Abba-God
    Na wie ek altyd wil bly hardloop

    Oe U liefde
    Oe U
    Is so sag
    Altyd

    Dis asof dit net altyd Pappa
    Die swaar in my hart rustig maak
    En kom sê
    Kind hou moed

    Oe jou Pappa
    Is in beheer
    Kind van God
    Ek Vrede wil dit graag vir jou vertel

    Oe ja
    Partykeer is daar swaar
    Goeters wat nie altyd maklik is
    Om op hierdie aarde deur te gaan

    Ja liefstes
    Pappa weet als daarvan
    Ek wil net sê
    Ek’s altyd gereed om hand by te sit

    Ja liefstes
    Van die kleinste probleempies
    Tot die grotes
    Pappa hou hulle almal se oplossings in My hand

    Hierdie wêreld sê Daddy
    En haar probleme
    Moet nog leer
    Nie een van hulle sal ooit vir My ore kan aansit

    Oe nee liefstes
    Oe nee
    Daddy sê nee dit moet nog gebeur
    Dit sal nooit gebeur

    Ek het ‘n wonderlike hart
    Sê Pappa
    ‘n Wonderlike hart
    Altyd wil Ek graag help

    Oe dis vir My so lekker
    Kinders sê Pappa
    Altyd
    Om uit te help waar Ek kan

    Dit beteken vir My baie
    Sê Daddy-God
    Regtig-egtig baie
    Wanneer daar mense is wat aanhou om My raad te kom probeer

    Ek lief dit so gereeld
    Sê Pappa-God
    Om mense te kry
    Op hulle knieë, vraend vir raad

    Die nederigheid waarmee julle vra
    Seun, dogter
    Dis so mooi
    Daai ootmoed wat in julle harte lê

    Dis nogals ‘n groot woord
    Sê Abba-God
    Maar Ek dink van julle verstaan
    Dis om met sagtheid van hart geklee te wees

    Dis daai hart wat sê
    En besef
    Ek kan verkeerd wees
    Kom ek vra eerder vir raad

    Dis daai hart wat sê en besef
    Ek hoef nie alles reg te hê
    My waarde as kind hang nie af daarvan
    Ek is kind van God

    Dis mense sê Pappa
    Dis harte wat hulle feilbaarheid besef
    En in plekke van swakhede
    Bereid is om My hulp te aanvaar

    Oe kinders sê Pappa
    Liefstes
    Dit beteken vir My waarlik baie
    Dat julle bereid is om My raad te vra

    Oe die wonder
    Sê Pappa-God
    Oe die wonder
    Van My vra as jy nie weet

    Oe kinders sê Pappa-God
    Dit gebeur net te gereeld
    Te gereeld
    Dat julle nie My raad vra

    Kinders sê Pappa-God
    Liefstes julle hoef nooit skaam te voel daaroor
    Julle vra die beste een
    Wat daar is om te vra

    Dis vir My ‘n groot voorreg
    Sê Pappa-God
    Om julle harte aan te hoor
    Om te sien waar kan Ek help

    Dis so broodnodig
    Liefstes
    Dat julle sal besef
    Julle het ‘n Pappa in die hemel wat graag wil

    Oe ja My kinders
    Ja
    Pappa wil
    So graag

    Julle hoef nooit terug te hou liefstes
    Nooit skaam te wees
    As Ek naby is
    Vra vir hulp, enige tyd

    Dis vir My hartseer
    Sê Pappa
    Baie hartseer
    Dat mense My partykeer net wil ken as hulle probleme het

    Ja sê Daddy-God
    Ek wil so graag hê
    Hulle moet besef
    Daar is soveel meer wat ons saam kan hê

    Ja sê Pappa
    Ja
    Dit is so
    Vele mense wat My net in noodgevalle ken

    Soos julle weet kinders
    Wanneer mens in intensiewe hoë-sorg lê
    Het julle al gesien
    Daar is veral dan mense wat baie goed weet hoe om te bid

    Dis nie sê Pappa-God
    Dat Ek nie julle gebede geniet
    Dis net Ek wonder dan veral
    Is dit omdat hulle My rerig liefhet?

    Ja-nee sê Abba
    Ek dink daaraan
    Baie gereeld
    Hoekom sê mense dat hulle God ken?

    Vir baie is dit net
    Sê Pappa
    Om ‘n lysie af te merk
    ‘n Regmerkie agter kind van God

    Kind sê Pappa
    Liefste liefste kind
    Ek wil so graag
    Soveel meer tussen ons hê

    Ja liefstes
    Seun
    Dogter van My hart
    Dit kan so wees

    Dit is moontlik
    Kind van God
    Ek en jy
    Kan heelwat nader aan mekaar wees

    My liefde is groot
    Sê Abba-God
    Vir julle
    So groot

    Genoeg kere
    Wat Ek vra
    Sê Daddy-God
    Julle sê net so min kere ja

    Oe kinders kan Ek julle vra
    Vra Pappa-God
    Kan dit van nou af anders wees
    Asseblief

    Sal julle My ken
    Asseblief
    In die goeie
    En in die slegte tye van julle lewens

    Kinders altyd-deur
    Vra Pappa
    Dit is so My vra
    Kan dit van nou af asseblief anders wees

    My hart is vir julle kinders
    Altyd-deur
    Sê Daddy-God
    Ek wil so graag dieper verhouding met jou hart bou

    Oe Ek vra dit so gereeld
    Sê Daddy-God
    So gereeld
    Kinders sien julle My vra?

    Oor en oor
    Oor en oor
    Oor en oor
    Nooi Ek hierdie wêreld nader aan My

    Het julle al gesien kinders
    Het julle al gesien
    My hart is vir julle
    Altyd

    Daar’s min mense wat dit altyd glo
    So min
    Sê Pappa
    Veral as moeilike tye kom klop

    Vir van die mense op planeet aarde sê Pappa
    Is dit nooit ‘n goeie tyd
    Om My beter te leer ken
    Ek hoop dat dit vir jou anders sal wees

    Ja liefste kind
    Dit is Pappa se vra
    My konstante vra
    Sê Daddy-God

    Dis net omdat Ek weet
    Liefste kinders
    Hoe groot en ondeurgrondelik diep My hart se skatte is
    Dat Ek vra

    Kinders sê Pappa
    Julle kan nooit ooit ophou soek
    Dit kan net nie gebeur
    Nie as julle sien wat nog op julle wag

    Horisonne breed kind
    Horisonne breed
    Dit is My hart
    Vir elkeen

    Julle kan gerus
    Sê Abba-God
    Ook begin vra
    Na die dieper skatte wat My hart verberg

    Dit hoef nie altyd
    Sê Pappa-God
    By noodgevalle en skietgebedjies te bly
    Kind daar’s soveel meer

    Soveel meer sê Pappa
    Soveel meer
    Wat wag om deur jou liewe kind
    Ontdek te word

    Vra My vir wysheid kinders, liefstes
    Vra My vir meer
    Vra My om julle te leer
    Oor die diep skatte wat in My hart weggesteek lê

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Hulle wag
    Die lessies van wysheid wat My hart vollê

    Kom vra My gereeld
    Liefstes
    Kom vra My altyd
    Pappa, meer

    Oe die mooi wandelpadjies
    Wat wag om geloop te word
    Oe die opwindende road-trips
    Wat op ons wag

    Kinders
    Sê Pappa-God
    Die lewe saam met My
    Is nie vervelig nie

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Dis net die wat My nie rerig ken
    Wat so iets kan sê

    Oe dieper
    Sê Pappa-God
    Kind kom klim dieper in hierdie hart van My
    Wat vol goud lê

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Net soos wat delwers ondergrond vir goud delf
    So moet julle dieselfde doen

    Kinders sê Pappa
    Kinders asseblief
    Vra Pappa vir meer
    Dis al hoe Ek julle kan wys waar hulle lê

    Begin soek liefstes
    Begin soek na meer
    Vra My sê Pappa-God
    Daddy maak my honger vir meer

    Ja kinders sê Pappa-God
    Partykeer is dit so
    Partykeer bly die lus ontbreek
    Maar daar is iets wat ons daaraan kan doen

    Oe liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Vra My vir meer
    Sien wat Ek kan doen

    Daddy se kinders
    Myne
    Liefstes
    Met opregte vra kan Ek soveeeel doen

    Ja My liefste kinders
    Ja dit is so
    Julle kan dit gerus glo
    Die eerste tree gee

    Oe My hart is diep
    Onverklaarbaar diep
    Ongeewenaar liefstes
    Die skatte wat in hom lê

    As julle net altyd sal bly vra
    Daddy dieper
    Daddy meer
    Selfs al is jy geseën met mooi alreeds van My hê

    Kinders sê Pappa-God
    Asseblief julle moet altyd-altyd
    Onvergenoegd bly
    Met die skatte wat Ek gee

    Ja sê Pappa-God
    Opreg opgewonde en bly
    Maar tog met die duidelike weet
    O my word daar is meer!

    Ek wil hê julle moet aanhou
    Liefste kinders
    Asseblief
    Om opgewonde oor My te wees

    Daar is min mense
    Sê Abba
    Min mense wat opgewonde raak oor My
    Oe dit maak so seer

    Ek wil hê julle moet begin besef kinders
    Mense soos daai
    Het seker nog nie eens 1% oor My ontdek
    Al dink hulle gereeld so

    Vra My maar nou
    Sê Abba
    Vra My maar nou
    Ek sê jou Ek dink dis die probleem

    Mense glo My nie sê Abba
    Mense glo My nie
    Hulle laat My nie toe
    Om hulle lewens met reënboog-kleure te versier

    Oe kinders sê Pappa-God
    Asseblief luister vir My
    Julle wat nie met diep hemelse vrede in julle harte sit
    Julle wat dit met groot moeite skaars regkry om te glo

    Oe sê Pappa
    Oe
    Asseblief luister vir My
    Luister na wat Ek vir jou sê

    Kind sê Daddy-God
    Daar is ‘n vreugdevolle fontein van lewende water
    Wat Ek wil hê
    Moet in jou hart ontspring

    Ja-kind sê Daddy-God
    Hy is daar
    Hy moet net op-borrel
    En begin spuit

    Oe kind sê Pappa-God
    Nou is hy dalk verstop
    Nou weet jy nie lekker wat Ek sê
    Maar kind glo My jy sal weet wanneer hy oopbreek

    Kind sê Daddy-God
    Glo vir My
    Glo vir My
    Dit is so

    Daar is soveel mense
    Sê Daddy-God
    Wat sal kan getuig
    Van die waarheid wat Ek nou sê

    Baie mense sê Pappa-God
    Baie mense
    Voel baie kere
    200% splinternuut na ‘n ontmoeting met My

    Kind sê Daddy-God
    Kind
    Dit is die wonder
    Dit is die mooi van My waarlik ontmoet

    Die wêreld se hart vir jou My kind
    Is nie eers halfpad so mooi soos Myne vir jou
    Kind sê Daddy
    Asseblief jy kan My glo

    Sy vertel vir jou baie leuens
    Sê Daddy-God
    Baie gereeld
    Oor wie Ek eintlik is

    Ja-nee net soos Satan in die tuin van Eden
    Hy is altyd besig sê Pappa-God
    Om jou te probeer kry
    Om My woorde in vertwyfeling te trek

    Het God rerig gesê
    Is dit rerig so
    Oe kinders sê Pappa-God
    Julle moet versigtig wees

    Sy gaan aanhou sê Daddy-God
    Sy gaan aanhou
    Die hoer van hierdie wêreld
    Om skeiding tussen ons twee te probeer bewerkstellig

    Oe kinders sê Pappa-God
    Julle moet bewus wees
    Altyd bewus
    Van die aanvalle wat sy loods

    Kind sê Daddy
    Geliefde van My hart
    Pappa s’n
    Asseblief luister na My

    Luister gereeld
    Luister mooi
    Dis wat Ek vra
    Dis hoe julle veilig bly

    Sy probeer verlei
    Mislei
    Dis gereeld haar missie
    Dis iets wat sy dikwels regkry

    Mense sê Pappa-God
    Oor die algemeen
    Is nie eintlik geroot
    In wie Ek rerig is

    Oe nee sê Pappa-God
    Daar is groot getalle
    Groot getalle mense
    Wat nie reg oor My glo

    Die kat het hulle beslis aan die verkeerde stert beet
    Oe nee sê Pappa, beslis
    Dis nie Ek van wie hulle praat
    Ek weet hulle dink baie maal so, maar oe hulle is so verkeerd

    Word wys kinders
    Asseblief
    Met julle aantuigings
    Julle is besig om My goeie naam deur die modder te sleep

    Dis hoekom sê Abba
    Ek niks van skinderstories hou nie
    Dit staan My net nie aan nie
    Ek het glad nie ooghare daarvoor nie

    Oe kinders
    Ek vra weer
    Glo reg
    Praat reg

    Dis gevaarlik
    Baie baie gevaarlik sê Pappa
    En ook geniepsig
    Om stertjies aan stories te las

    Oe sê Daddy, oe
    Daar is soveel waarheid in hierdie wêreld
    Wat geminag word
    As gevolg van stories

    Vat nou maar My Woord as voorbeeld sê Pappa
    Dis die mooiste egste waarheid
    Wat ooit kan bestaan
    Ja kom ons vat My Woord

    My Woord
    Kan nie belieg, besteel of beseer
    Dis gereeld dat Ek tussen die mooiste bladsye wag
    Gereed om jul te leer

    Kinders sê Pappa
    Asseblief kan Ek vra
    Julle moet begin om die stories oor My kort te vat
    Met die waarheid wat My Woord bevat

    Kinders asseblief
    Vra Pappa
    Dis al hoe julle bestand gaan wees
    Teen die leuens oor My wat die wêreld vollê

    Kinders vra Pappa
    Gereeld
    Asseblief
    Begin om jouself die waarheid oor My te voer

    As mense die waarheid oor My
    Maar net so vinnig verorber het
    Soos die leuenstories oor My
    Hoe wonderlik sou die verhouding tussen My en aardse mense nie wees

    Oe ja
    Dit is so
    Hierdie wêreld en ons liefde vir mekaar
    Sou so wonderlik wees

    Die probleem is net
    Sê Pappa-God
    Daar is soveel van julle
    Wat nog aan Satan se leuens oor My wil vashou

    Hoekom vra Pappa
    Hoekom blyk dit so maklik vir jou te bly
    Liefste wêreld
    Om die verkeerd oor My aan te hoor en te glo

    Ek wil so graag hê
    Sê Pappa-God
    Dat julle met die grootste bewondering in julle oë na My sal begin kyk
    Hoekom kan dit nie so wees?

    Kinders van die wêreld
    Vra Pappa-God
    Kom nader aan My
    Asseblief begin om reg van My te glo

    Julle is verkeerd
    Verkeerd
    Verkeerd
    En Ek wil so graag hê julle moet reg begin sien

    Reg kinders
    Sonder die alewige bedrieg van Satan
    Wat sy sin kry
    Met die stories oor My wat hy saai

    Oe kinders
    Sê Pappa
    Kom vind My
    Kom vind die waarheid wat Ek nou praat

    Als is waar kind, so so waar
    Jy sal dit sien kind
    So duidelik
    As jy net wou begin glo

    Begin glo in God kinders van die wêreld
    Begin glo in Sy Seun Jesus Christus
    En julle sal sien
    Oe julle sal sien en vind wat Ek sê is sooo waar

    Amen.

  • Troontjie van die hart

    Troontjie van die hart

    U is die lewe wat binne my leef
    My asem
    My hartklop
    Ek gee U alleen grote Koning al die eer

    (meer…)

  • Prag van gebed

    Prag van gebed

    Diep, diep, diep mooi is God se hart
    Wow!
    Het jy dit al ontdek
    Boetie, sussie in God

    Ek weet nie of ek ooit
    Genoeg daarvan sal kan kry
    Dis so mooi!
    God is mooi!

    Wow ek weet nie
    Ek weet nie of woorde kan verwoord
    Hoe ek diep binne voel
    ‘n God wat so baie omgee

    Om ons meer oor Hom te kom leer
    Om ons te kom vertel
    Hoe algeheel wonderlik Hy is
    Om ons verkeerde glo oor Hom ore te kom aansit

    Ek’s so dankbaar
    So dankbaar ek kon God
    Op ‘n dieper manier vind
    Sy hart naspoor

    Dis ‘n voorreg wat deur Sy Seun
    Jesus Christus aan almal behoort
    Dis nie net my beskore
    Maar elkeen!

    Ek wonder, sal meer mense
    Die mantel van voorreg en geniet optel
    En om hulle skouers gooi
    Sal hulle vra vir meer?

    Kinders van Abba
    Kinders van die wêreld
    Dis al wat ons nodig het om te doen
    Ons moet net nader aan Hom beweeg

    Ons kan nie bekostig
    Mense van die wêreld
    Om nie God se hart na te spoor
    Nee Hy is wonderlik mooi!

    Dit sal so groot verlies wees
    Vir elkeen
    Wat met hierdie offer in hulle hand staan
    En dit dan van die hand wys

    Oe ja-nee kyk
    Ek weet nie
    Ek weet nie
    Hoe kan julle dit regkry

    Die God van hemel en aarde
    Die ewige mooi Een
    Hy staan voor ons en sê leer My ken
    En ons sê nee?

    Tog, tog is dit iets
    Wat ons so gereeld bly doen
    Ons wys God die deur
    Omdat ons plastiek in ons lewens wil hê

    Ja dis nou maar
    Wat ek al daai vals gode noem
    Wat so met God
    Vir ons tyd en aandag kompeteer

    Oe hoe hartseer is dit tog
    Dat ons God dit moet doen
    Hy moet probeer om kers vas te hou, in ons harte
    Teenoor dit wat glad nie kompetisie is vir Hom

    Maar ja
    Dis wat ons Hom dwing om te doen
    Ons dwing Hom
    Om vir ‘n plekkie in ons hart mee te ding

    Dalk het ons ‘n openbaring van God
    En Sy grootheid nodig
    Dalk het ons nodig om te besef
    Hoe eintlik absurd dit is

    Ja-nee want kyk
    Om ons Pappa-God
    Met die ander gode in hierdie wêreld te vergelyk
    Maak net nie eintlik sin

    Dis nie dat ons God
    Groter is as hulle nie
    Dis net die feit dat Hy bestaan
    En hulle eintlik nie

    Ja by hulle is daar net geen hartklop te vind
    Maak nie saak hoe ons probeer
    Die enigste een wat waarlik lewe in hulle kan blaas
    Is ons God

    Ja dit is ‘n bietjie vreemd om so daaraan te dink
    Maar glo vir my
    As die grootste buddha op aarde kon opstaan en leef
    Sou selfs hy op sy knieë neerval en ons God aanbid

    Oe ja hy sou verlief wees op ons God
    Net soos ek nou is
    Wanneer ek aan my God
    Se grootheid en almag dink

    Ja Buddha is mos ‘n wyse man
    ‘n Baie wyse man met baie wyse sê-goed
    Ek is seker hy sou dadelik die Waarheid herken
    As hy sy oë sou kon oopmaak

    Dalk Abba, dalk is dit waarvoor ons moet bid
    Dat Buddha sal begin leef
    En dat hy sommer dan self
    Vir sy volgelinge die waarheid sal vertel

    Oe Abba ek weet nie
    Ek weet net
    U is groter as hy, soveel groter
    En U leef waarlik Heer

    Oe Abba ek wens
    Ek wens en ek hoop
    Eintlik moet ek ook bid
    Dat sy volgelinge se oë sal oopgaan

    Abba daar’s te veel mense
    Te veel mense op aarde
    Wat in die verkeerde god glo
    Hulle oë het so nodig om oop te gaan

    Ja Abba, ja dit is so
    U weet dit
    U weet van al die wierook
    Wat elke dag voor dooie gode se neus opgaan

    U ruik dit Abba
    En vir U stink dit
    Net soos vrot vleis
    Want U is die een wat alle lof en prys verdien

    Daddy ek dink
    Ek probeer dink hoe dit vir U voel
    U wat elke mens se Skepper is
    Tog is daar soveel wat U nie erken

    Dit is so Abba
    Daar is baie mense wat nie weet
    Wat nog nie gehoor het
    U is hulle Skepper-God

    Ja Abba vir baie van hulle wat so glo
    Is dit oorleweringe
    Wat al vir jare saam met hulle kom
    Oorleweringe waaraan hulle nou nog vashou

    Abba elke mens
    Het die begeerte om iets te aanbid
    En as dit nie U is
    Sal dit iets anders wees

    Tog wil ons vandag vra Abba
    Tog wil ons dink aan almal
    Wat nie glo in U as hulle enigste God
    Abba sal U asseblief hulle harte nader aan U trek?

    Abba ons weet dat dit ook U begeerte is
    Ons weet dat U so graag wil hê
    Hulle moet by U uitkom
    Hulle moet U erken as Verlosser en Heer

    Soveel mense Abba
    Het Jesus nog nie ontmoet
    Soveel mense weet nie
    Hy is die deur na U huis en U hart

    Oe Abba U is so groot
    En U is so goed
    Die blote feit dat U nie opgee op verlore mense
    Is vir my so mooi

    U is altyd besig
    Om hulle te bearbei
    U is altyd besig
    Om saad van hoop in Christus in hulle harte te saai

    Oe Abba mag hulle vind
    Elkeen wat nie in U en Jesus glo
    Mag hulle vind
    Dat net U die ware lewe is

    Abba dis hartseer
    Dis hartseer as mens sien
    Hulle is besig om die verkeerde god
    Met soveel passie te dien

    Oe Abba sê Daddy se kind
    Dis so hartseer
    Ek wens ek kon hulle help
    Om U te sien, om U te vind

    Oe Abba se kinders
    Sal julle saam met my bid
    Vir die verlore siele
    Wat nog nie rus in ons God kon vind

    Ons gebede kan hulle inbring
    God se kinders
    Ons gebede kan ‘n groot verskil
    In hulle lewens maak

    Oe ons moet nooit ophou bid
    Nooit nie
    Ons moet die mense wat nie in Christus glo
    Altyd in gebed onthou

    Ons gebede kan hulle inbring
    Ons gebede kan hulle red
    Hou aan bid boetie, sussie
    Moenie ooit daarmee ophou

    Ons hoef nie by hulle te wees
    Om vir hulle in te tree
    Dis die prag van gebed
    Dit werk oor grense heen

    Ja-nee kyk
    Geen gebed is sonder krag
    Veral nie as hy eerlik, opreg
    En tot God gerig word

    Ons Abba kan soveel doen
    Hy kan soveel-soveel doen
    Met die gebede wat ons bid
    Vir die mense waarvoor ons intree

    Oe Abba se kinders
    Nooit ooit moet ons ophou
    Ons Vader is op die troon
    En kan-enige-iets-doen is Sy tweede Naam

    Vir vervolgde Christene
    Moet ons ook bly bid
    Ons boeties en sussies wat so swaarkry en ly
    Alles omdat hulle die Naam van Christus bely

    Oe boeties, sussies
    Die verskil wat ons op aarde kan maak
    As ons bly bid
    En nooit daarmee ophou nie

    Ek dink nie ons sal ooit op aarde
    Die volle impak van ons gebede sien
    Tog moet ons aanhou daarmee
    Nie ooit ophou

    Die vrugte wat dit
    In geloof voortbring
    Oe dit is so mooi
    Dit is waarlik-waarlik mooi

    Hou aan daarmee
    Kinders van God
    Hou aan daarmee
    Dit is waarlik-waarlik nodig

    So nodig
    So mooi
    Wanneer julle bid vir julle boeties en sussies in My
    Raak dit rerig My hart

    Hulle het julle nodig
    Liefste kinders
    Elkeen van julle boeties en sussies
    Wat swaar ly vir My Naam en Koninkryk

    Hulle het nodig
    Liefste kinders
    Dat iemand hulle voor My troon sal onthou
    Dat iemand vir hulle sal intree

    Oe die wêreld is donker sê Abba
    So, so donker
    Steeds is daar hoop
    Hoop dat als kan beter raak

    Hou aan liefste kinders
    Hou net aan
    Om julle gebede vir hulle
    Voor God te bring

    Elkeen antwoord Ek
    Sê Abba-God
    Geen een van hulle
    Gaan onbeantwoord by My verby

    Amen. 

  • Donkies & Wortels

    Donkies & Wortels

    Saggies
    So saggies
    Nooi U my nader
    Kom kind daar is soveel meer

    Soveel meer stories
    Wat wag om geskryf te word
    Soveel meer stories
    Om te vertel

    Kinders daar is meer
    Soveel meer as waarvoor julle baie dikwels ja sê
    Kom kinders
    Kom spring in!

    Die diep kant
    Sê Pappa-God
    Van My genade, liefde en vrede
    Is nog nie gevind

    Kinders daar is soveel meer!
    Soveel meer My liefste kinders
    Wag om met julle gedeel te word
    Soveel meer, soveel meer!

    Kom spring in
    Kom swem sê Abba-Vader
    In die strome van My seën
    En mooiste alwysheid

    Baie mense bly blind
    Sê Pappa-Vader
    Baie blind en horende doof
    Vir wat Ek vir hulle wil wys

    Kinders sê Pappa
    Julle maak dit vir My ongelooflik moeilik
    Om julle by die mooiste mooi
    Wat hierdie wêreld kan bied uit te bring

    Kinders sê Daddy-God
    Julle is soos volbloed steeksdonkies
    Wat verwoed bly vasskop
    As Ek julle met ‘n wortel dieper My goedheid wil in lei

    Oe kinders sê Pappa-God
    Julle moet asseblief nie so verwoed tee baklei
    Nee liefste kinders sê Daddy-God
    Nou-nou steek iets onnodiglik vas

    Ja kinders
    Sê Pappa-God
    Soos ‘n pyn in jou been
    Van al die gestyf trek

    Nee sê Pappa-God
    My kinders kom asseblief veel eerder
    Nader aan My
    Kom sien wat Ek vir julle instoor hou

    Hierdie gerondskoppery
    En vassteek-ery
    Oe kinders sê Pappa-God
    Asseblief dis tyd dat julle dit stopsit

    Julle verwoede baklei
    Sê Pappa
    Bring julle net nêrens
    Dit laat julle veel eerder verloor

    Ja kinders
    Sê Pappa-God
    Dis dalk ‘n goeie idee
    As julle net ‘n bietjie laat los

    Ja-nee sê Pappa
    Ja-nee
    Net ‘n bietjie laat los van die leuens oor My
    Waaraan jy so vashou

    Oe Pappa se kinders
    My liefste kinders
    Sal julle asseblief veel eerder luister
    Na My hart se opregte deel?

    Ek’s lief vir julle
    Wêreld
    So baie lief
    En dis net nie vir My reg dat julle so verlore is

    Van die Begin
    Sê Abba-God
    Het Ek ‘n plan gehad
    Om julle terug te bring

    Kinders dit was so volledig
    Al wat julle moet doen
    Is ja sê
    My offer van liefde en genade-vergifnis aanneem

    Daddy se kinders
    Kinders van die wêreld
    Kan julle nie sien
    Dit is soos die beste aanbod wat enige iemand julle ooit kan bied

    Ja sê Pappa-Vader
    Dis soos die beste kontrak ooit
    Al wat jy moet doen
    Is jou kant teken

    Ja liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Jou deel van die kontrak sê basies
    Dat jy beloof om My liewer te kry, elke dag net ‘n bietjie meer

    Ja My liefste kind
    Kind van die wêreld
    Dit sê ook Ek het nie jou sonde verdien
    Maar tog het Ek dit op My geneem

    Ja sê Pappa-God se Seun
    Om die wêreld en jou te bevry
    Van die sonde se seer
    Het Ek dit kom doen

    Ja-nee sê Pappa se Groot Seun
    Vir My was dit verskriklik
    Ek kon nie toelaat dat julle vir altyd in sonde se kettings vassit
    Toe kies Ek gehoorsaamheid aan Abba se plan

    Ja dit was nie aldag maklik
    Sê Pappa se Seun
    Om in hierdie wêreld en sy probleme vas te loop
    Is nie altyd vet pret nie

    Ja-nee van julle weet so goed
    Waarvan Ek hier en nou praat
    Julle weet hoe dit is om swaar te kry
    Selfs as julle dit nie verdien

    Ja-nee sê Pappa-God se Seun
    So verstaan julle dalk ‘n bietjie meer
    Oor wat Ek
    Hier op aarde moes deurmaak

    Partykeer
    Sê Daddy-God se Seun
    Het dit vir My gevoel Ek verdien die dood
    Want mense wou My net die heeltyd veroordeel

    Ek het net nie meer tred gehou
    Sê Abba se Seun
    Ek kon nie
    Met als wat hulle gesê Ek het verkeerd gedoen

    Oe dit was nie maklik nie
    Sê Abba se Seun
    Net soos wat Ek seker is
    Dis nie altyd vir julle maklik nie

    Maar dis so die moeite werd
    Sê Abba se Seun
    Om deur te druk
    Om sterk te wees

    Ja sê Daddy-God
    Dis dikwels wat julle val
    Dis dikwels dat daar kere is
    Wat julle net niks verstaan

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Sal julle verstaan
    Dat ook Jesus deur swaar tye en lyding moes gaan

    Jesus was dit nie gespaar nie kinders
    Nee die wêreld se mense
    Het Hom ook hard met hulle woorde geslaan
    Oor en oor het hulle bedoel om seer te maak

    Kinders julle verstaan dit so
    Ek kan sien
    Daar is baie kere mense in julle eie lewens, mense na aan julle
    Wat julle met hulle woorde slaan

    Kinders
    Ek verstaan sê Daddy-God
    Dit voel baie dikwels vir julle
    Soos die sweep-houe wat Jesus moes verduur

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Ek weet dat dikwels
    Mense se woorde julle baie seermaak

    Ja kinders, ja Pappa weet
    Baie mense gebruik hulle ligtelik
    Daar is baie mense wat net te gereeld
    Te vinnig praat

    Oe kinders sê Pappa-God
    Oe kinders
    Kan Ek julle vertel
    Ek weet hoe dit is

    Ek weet hoe dit voel om afgejak te word
    Ek weet hoe dit voel
    As My en My opinie afgemaak word tot niks
    Kinders Ek weet hoe dit voel

    Ek weet hoe dit voel
    Sê Daddy
    Want dis iets wat so baie gereeld
    Elke dag met My gebeur

    Dis nie maklik nie
    Né kinders
    Om My in oog te hou
    En te sê als is okay

    Dis moeilik My kinders
    Dis moeilik
    Ek weet
    Ek verstaan

    Ek wil julle tog leer
    My liefste kinders
    Om julle opinies
    Rondom Myne te bou

    Ja My liefste kinders
    Al wat naderhand vir julle belangrik moet wees
    Is Ek
    En hoe Ek oor ‘n ding voel

    Ja My liefste kinders
    Dis belangrik vir julle om te begin besef
    Daar is net een opinie
    Wat waarlik tel

    Ja My liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Ek dink dis makliker om andere se opinies minder te laat tel
    As julle weet wat Myne is

    Ja sê Pappa
    Ja Ek weet
    Mense het altyd opinies
    Maar dis Myne wat waarlik tel

    Ek wil julle ook net leer
    My liefste kinders
    Ek wil hê julle moet weet
    Dat My opinie baie meer as andere s’n tel

    Ja sê Daddy
    Ja kinders Ek verstaan
    Mense gaan nie altyd van julle hou
    Maar dis okay

    Ja kinders
    Ja sê Daddy
    Ek verstaan
    Maar tog moet ons aanhou om vir Lig te staan

    Ons kan nie aanhou kinders
    Om weg te trek
    En stil te bly
    Wanneer verkeerd aan jou deur kom klop

    Nee My liefste kinders
    Nee
    Stilbly is nie altyd die antwoord
    Vra My wanneer jy iets moet sê en wanneer nie

    Ek weet kinders
    Ek weet sê Daddy-God
    Die waarheid gaan altyd vir mense ontstel
    Maar tog het hulle nodig om dit te weet

    Ja My liefste kinders
    Ja
    Julle het seker al gesien
    Baie mense hou nie van die waarheid nie

    Kinders sê Pappa
    Hulle sê dit maak seer
    Kinders sê Pappa dis partymaal nodig
    Sodat Ek julle by vryheid kan uitbring

    My waarheid val nie altyd sag op die oor nie
    Sê Pappa
    Baie kere nie
    Kinders dit is so

    Mense hou maar oor die algemeen
    Meer van die donker goed in hulle lewens verdoesel
    Hulle wil nie hê die Lig van God moet daarop val
    Hulle wil met dit bly wegkruip

    Ek wens so mense wou besef sê Pappa
    Dat Ek die LEWE is
    En die Lig
    En dat net alles wat goed en mooi is van My af kom

    Julle is so verkeerd
    Sê Daddy-God
    Julle wat so verkeerd glo
    Hoekom wil julle nie na die Lig kom

    My hart is baie kere seer
    Baie kere as Ek sien
    Mense vat die wêreld se opinie
    Altyd baie meer as Myne

    Dis vir My verskriklik
    Sê Daddy
    Tog kan Ek nie keer
    Dit waarvoor die mense hulle eie wil gebruik

    Oe kinders van die wêreld
    Sê Pappa
    Julle het altyd ‘n keuse
    Altyd meer as wat julle besef

    Julle besef dikwels nie
    Sê Pappa-God
    Die waarde van julle woorde
    Die krag van julle besluite

    Ek wil julle eintlik ook maar net vra
    Kinders begin wys word
    Met die woorde wat julle sê
    Vra julleself is dit nodig, is dit nuttig

    Ek weet sê Abba-God
    Ek weet daar kom kere
    Wat julle begin twyfel
    Is Ek net goed?

    Daar is party kere
    Wat julle rerig daaroor wonder
    Wat julle wil begin opgee
    Omdat julle nie reg glo

    Kinders dit is partykeer moeilik
    Dis moeilik om te verstaan hoe Ek te werk gaan
    Maar sal julle asseblief weet
    Ek weet wat Ek doen

    Dis baie kere
    Dat julle vergeet
    Ek groter is
    En dan probeer julle My met julle klein verstaan kleinkry

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Dit kan nie gebeur
    Ek wil dit graag-graag vir julle sê

    Wanneer julle iets nie lekker verstaan
    Kinders kom vra vir Pappa
    Leiding, Goddelike verstaan
    En geduld

    Oe Pappa se kinders
    Myne
    Party kere gaan goeters vir julle grieks bly
    Tot veel later

    Ja party kere sê Pappa-God
    Sal ‘n jaar of twee verbygaan
    Voordat My Woord in vervulling gaan
    Oor iets wat Ek gespreek het

    Kinders sê Pappa-God
    Dikwels gaan julle ‘n jaar of wat wag
    Voordat gebeur
    Wat Ek belowe het

    Ja liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Baie kere het My beloftes ‘n wag-tydperk
    Net soos wat Abraham vir Sy beloofde seun Isak moes wag

    Ja sê Pappa-God
    Ja
    Party gebeur dit dat mense hulle eie planne begin maak
    Wanneer die wag-tydperk nie meer ‘n plesier is

    Ja-nee sê Pappa-God
    Dit gebeur gereeld, baie kere
    Dat mense My beloftes aan hulle
    Vroeër wil ryp hê

    Ja sê Pappa
    Dis dan wat eie planne gebeur
    Eie planne wat maak
    Dat hulle dinge in eie hande neem

    Dis nie ‘n plek
    Sê Pappa
    Waar Ek My kinders wil hê
    Nee dit kan gevaarlik raak

    Ja kinders
    Sê Pappa-God
    Net soos Sara se slim plan
    Om vir haar en Abraham ‘n seun te verseker

    Ja sê Pappa-God
    Sien
    Dit gebeur baie kere dat mense dink
    Ek benodig ‘n bietjie hulp

    Ja sê Pappa
    Baie kere is mense baie gretig
    Om My planne vir hulle lewens aan te help
    Ja kinders net soos Sara met haar slavin se seun

    Oe kinders sê Pappa-God
    Ek wil julle so graag geduld en vertroue in My leer
    Geduld wat sê God se tyd is die beste
    Vertroue wat sê God se hart is mooi

    Geduld en vertroue soos dié
    Is maar min te vind sê Abba
    Op hierdie aardbol
    Baie min

    Mense is te gretig
    Sê Abba-God
    Hulle soek net altyd
    Hulle wil en baie gou

    Mense sê Daddy
    Kan baie kere baie dinge laat gebeur
    Tog kom daar kere in elkeen se lewens wat hulle weet
    Net God, net God kan nou iets doen

    Oe Pappa se kinders
    Ek wil julle vra om te leer
    God is getrou
    En Sy tydsberekening is goud

    Ja My liefste kinders
    Ja
    Pappa sal julle partymaal toelaat om ‘n detour te gaan loop
    Voordat Ek julle bring by die plek voorberei

    Dis vir My kinders
    Om te besluit
    Ja sê Pappa-God
    Ja dit is so

    Partykeer gebeur dit
    Sê Pappa
    Dat mense vasskop net soos ‘n steeksdonkie
    Tog is daar enkeles wat My toelaat om voor te loop

    Oe en is dit nie vir My mooi
    Daai mense wat sê
    Ons het gekies, Here loop voor
    Waar U lei sal ons gewillig volg

    Kinders Ek weet sê Pappa
    Ek weet
    Dis nie aldag maklik
    Maar dis moontlik saam met My

    Dis net omdat Ek julle wil uitbring
    Kinders
    By die beste bes en mooiste mooi
    Voorberei vir julle

    So Ek wil dankie sê
    Sê ons groot Koning
    Vir julle wat altyd glo
    God is goed

    Ek weet dis baie dikwels kinders
    Moeilik om te glo
    Moeilik om My te vertrou
    As dinge om jou donker lyk

    Tog is dit kind
    Wanneer jou geloof die nodigste is
    Wanneer dit die meeste beteken
    Wanneer dit moeilik is

    Ek wil julle aanmoedig liefste kinders
    Kom nader aan My
    Kom sien
    Wat is voorberei vir julle

    Genoeg wortels sê Daddy-God
    Het Ek nou voor jou
    Met die steeksdonkie-houding gehou
    Nou is dit tyd dat jy volg

    Ja kom nou My kind
    Verlore kind, in-die-huis-kind
    Kom volg My
    Kom drink van die waters wat ewige rus beloof

    Oe dié waters is so soet kind
    So verfrissend
    Julle sal dit so geniet
    As julle net van die steeksheid wou laat gaaan

    Kom nader My liefste kinders
    Nader en dieper aan My
    Kom swem in die waters diep
    Kom geniet jouself

    Ek het al gesê My kinders
    Dis tyd dat julle saam met My
    In die waters van hemelse geluk
    Kom baljaar

    Kom kinders
    Kom nou
    Kom gou
    Soveel pret kan ons saam hê

    My liefde is genoeg kind
    Meer as genoeg
    Om elke droë en dors stukkie in jou
    Te les en te vul

    Oe My kinders
    Kom
    Kom geniet saam met My die voorreg
    Van Jesus in jou lewe hê

    Kind sê Pappa-God se Seun
    Geliefde kind van God
    Dit is waarvoor Ek die prys vir jou en die wêreld se sonde betaal het
    Sodat julle die vryheid in My kon vind

    Lig en fladderend
    Soos ‘n voëltjie
    Kinders dis Ek
    In elke hart wat My gevind het

    Kinders sê Pa, die Hemelse Koning
    Ek is nie swaar en vol straf
    Oe nee sê Abba
    Ek is vol LEWE en Lig

    Kom geniet die wêreld
    My kinders
    Deur My oë
    Saam met My

    Daar is soveel
    Soveel mooiheid in hierdie wêreld te vind
    Kinders julle moet net begin om saam met My
    Hand-aan-hand deur die lewe te stap

    Dis Ek
    Wat die lewe die moeite werd maak
    Dis Ek
    Wat soveel mooi in hom sit

    Die lewe is ‘n lied
    Oe kinders sê Pappa
    Saam met My
    Die mooiste lied ooit

    Kom sing kinders, asseblief
    Saam met My die hemelse akkoorde
    Wat julle saai en doellose lewens
    Optower in iets so vrolik

    Die mooiste deuntjie
    My kinders
    Kan ons met julle lewens neurie
    As julle My net wou toelaat

    Kom nou kinders, kom nou
    Van old school rock tot boere-orkes
    Kinders sê Pappa
    Ek weet van musiek-maak

    Ja sê Pappa, ja
    Ek weet baie van julle ken My nie so
    Maar kinders asseblief kom vind uit
    Dat Ek sit agter alles wat mooi is

    Ek is die Skepper en Uitvinder daarvan
    Hoe dan anders kind
    Dit was eers by My
    En toe kom dit deur jou

    Ja kinders sê Pappa-God
    Dit is hoe baie hemelse geskenke
    Op aarde gearriveer het
    Deur mense

    Ja My liefste kinders
    Ek is ook die Een wat sit agter elke ontdekking, uitvindsel
    Wat hierdie wêreld al ooit gemaak het
    Dis Ek wat die begeerte in mense sit om te ontdek, om te ontwerp

    Oe dit is wel vir My so mooi
    So mooi sê Abba
    Daardie deursettingsvermoë
    Waarmee die uitvinders te werk gaan

    Oe ja sê Pappa-God, oe ja
    Het julle al gesien
    Oor en oor kere het hulle gefaal
    Tog het hulle bly sê ek gaan nog een keer probeer

    Oe kinders sê Pappa
    Dit is wat die uitvinders op aarde
    Laat verskil van vele ander mense
    Daai van ek-gaan-nie-opgee

    Dit, dit is vir My so mooi
    Ja-nee Ek kan dit maar sê
    Kyk net waar het dit hulle gebring
    Baie van daai uitvinders se name pryk op die lys van Nobelprys-wenners

    Oe dis mooi sê Abba
    So mooi
    Wat deursettingsvermoë kan regkry
    Dit is hoekom My kinders Ek dit in julle ingebou het

    Ja-nee sê Abba
    Ja-nee
    Alle mense besit dit
    Net nie almal gebruik dit ewe gretig nie

    Dis nog ‘n begeerte in My hart sê Pappa-God
    Ek wil so graag hê
    So graag hê mense moet besef
    Die waarde waarmee hulle gemaak en aarde toe gestuur is

    Ja dis vir My belangrik
    Sê Abba
    So so belangrik dat mense sal besef, elkeen
    Hulle is hier met ‘n rede

    Oe kinders sê Pappa-God
    Oe kinders
    Daar is soveel potensiaal in julle opgesluit
    Voor die televisie-lê en laat-slaap wil net nie hê julle moet dit weet

    Kinders sê Pappa-God
    Kan Ek julle net vra
    Begin committed raak
    Al is dit net met een ding

    Begin ‘n stokperdjie bou
    Kinders ietsie wat julle kan geniet in stede van leeglê
    En sien hoe vêr
    Deursettingsvermoë in daardie area jou sal bring

    Kinders Ek vra net tydjies
    Tydjies om daardie potensiaal en goud in jou te ontgin
    Ek wil so graag hê kinders
    Die talente wat Ek in julle gesit het moet wakker word

    Ja kinders, ja sê Pappa
    Soos daai vlindersag soen
    Wat die prins op die prinses se lippe laat in ‘n sprokiesverhaal
    En sy dan ontwaak

    Ja liefste kinders sê Pappa-God
    Party van julle se talente sluimer al jare
    Julle dink hulle bestaan nie
    Al wat moet gebeur is dat julle hulle vind

    Ja kinders, ja
    Sê Pappa-God
    Elkeen van julle het talente
    Kyk net na dit wat julle verskriklik baie geniet om te doen

    Is dit nou teken of swem
    Is dit nou verf of hardloop
    Kinders sê Daddy
    Elkeen van julle het ‘n talent

    Daar is soveel begaafde mense op aarde
    Kinders sê Daddy die duiwel sê vir julle hulle is die enigstes met talent
    Kinders sê Daddy dis nie so
    Hulle het net al ontdek wat hulle talent is en daarmee begin woeker

    Kinders sê Pappa
    Ek sê weer
    Doelgerigtheid en deursettingsvermoë verrig wondere
    Probeer dit so keer of wat

    Ja kinders, ja
    Soveel kan julle op aarde regkry
    Glo My
    Julle is nie net gemaak om te bestaan

    Soveel meer wag vir julle om ontdek te word
    Soveel meer
    Kom kinders begin hulle oopmaak
    Die wonders van die lewe leef!

    Oe ja die lewe het Ek gemaak
    Sodat julle dit voluit kon leef
    Sodat julle dit voluit kon geniet
    Sodat julle nie vir ‘n inch minder hoef te settle

    Ja sê Daddy, ja
    Dit is dikwels dat dit gebeur
    Dat mense settle
    Sonder om waarlik ooit te leef

    Kinders daar is wonderlike goeters
    Wat julle op aarde kan ervaar
    Wonderlike lieflike goeters
    Wat die hart waarlik bly-maak

    Hemel-geskenke
    Noem Ek hulle sê Pappa
    Of dit nou is uit-die-maag-lag
    Of ‘n hemelse sonsondergang aanskou

    Ek wou julle aandag maar net op dié goedjies begin vestig
    Die goeters wat so opreg beeldskoon is
    Die ware eg in die lewe
    Nie die plastiek of namaaksel daarvan

    Soveel opregte pret
    My kinders
    Kan julle uit hierdie wêreld put
    Soveel, soveel opregte pret

    As julle sukkel om dit raak te sien
    Kinders vra My net
    Vra My net
    Ek wil julle so graag help

    Om die ware mooi in hierdie lewe
    Te begin raaksien
    Oe hoe mooi is dit
    Wonderlik-mooi voorwaar!

    Die mooiste geskenk ooit
    Is aan hierdie wêreld gegee
    Die dag toe Jesus sê ja
    Hy sal kom en herstel!

    Oe so dankbaar is ek
    So so baie dankbaar
    Ons God is groot
    Hy is waarlik wonderbaar!

    Sy blink plan het gewerk
    Vandag nogsteeds
    Oor en oor
    ‘n Foolproof plan voorwaar!

    Oe kinders van Abba
    Kinders van die wêreld
    Sal julle saam met my dankie sê
    Sal julle saam met my bly vertrou?

    Ja Abba-God weet beter
    Baie beter as ons
    En Sy hart sal ons bly vertrou
    Totdat die einde van aardse tyd aanbreek

    Ja Sy hemelse aangesig
    Sal ons dan vir alle tyd daarna geniet
    Sy hemelse aangesig
    Wat skyn soos die son!

    Amen.

  • Lewende konneksie

    Lewende konneksie

    Die begin en einde van alles
    Jesus is Sy Naam
    Ken jy Hom liewe vriend
    Oe Hy is so mooi

    Wonderskoon is nie die woord
    Oe nee
    Vêr by dit
    Is Hy so vêr verby

    Oe Pappa se kinders
    Kinders van die wêreld
    Julle wat dit nog nie vol glo
    Ek wil julle so graag nader nooi

    Ek wil hê julle moet kom vind
    Dit wat ek al kon proe
    Ek weet dat julle ook dan
    Nooit meer nie vir Hom sal wil leer ken

    Oe kinders van God
    Julle verlorenes ook
    Sal julle asseblief kom hoor
    Wat ek so graag vir julle sê

    God is mooi
    Kinders van die wêreld
    Kinders van God
    Hy is so ongelooflik baie mooi

    Sien dis die probleem
    Baie kere
    Sê Pappa se kind
    Mense dink dat dit net mooi woorde is

    Oe julle is net so baie verkeerd
    So diep verkeerd
    Sê Pappa se kind
    En daar is soveel mense wat vassit in dink

    Vir vele sê Pappa-God
    Is Ek net soveel soos mooi woorde
    Hulle dink nie eers langer daaraan
    Dit is maar net hoe dit vir vele mense in die wêreld is

    Ja sê Daddy
    Selfs vir My kinders
    Veral vir My kinders sê Pappa
    Is dit so

    Ek het so groot begeerte in My hart
    Sê Pappa
    So groot begeerte
    Dat mense verby die mooi woorde oor My sal kom en My waarlik kom vind

    Ja kinders sê Pappa-God
    Ek wil so graag hê
    So graag hê dat julle sal kom vind
    Ek is die mooi woorde wat toe al die tyd leef

    Ja sê Pappa-God
    So real soos kan kom
    Dit is toe al die tyd Ek
    Ek in al My ware goue glorie

    Oe kinders sê Pappa
    Ek wil nie
    Ek wil so nie
    Net dooie, hol, leë woorde vir julle wees

    Ja My kinders
    Sê Pappa
    Dit is waarlik hoe dit baie kere is
    Julle gesels oor My sonder dat daar ware, enige konneksie is

    Ja My liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Die spark is missing
    Vir so baie van My kinders

    Ja sê Pappa
    Dis soos ‘n stroombaan
    Geen energie kan deurvloei
    Want daar is ‘n onderbreking tussen My en jou

    Liefste liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Ek wil so graag hê die energie van My volheid
    Moet deurvloei na jou

    Liefste kinders sê Pappa
    Ons mis dit
    Ons mis so gereeld
    Daai lewende konneksie wat ons kan hê

    Pappa-God se kinders
    Myne
    Liefste liefste kinders
    Kom sien asseblief Ek is

    Ja kinders
    Asseblief sê Pappa
    Julle moet kom uitvind
    Wie Ek waarlik-waarlik is

    My hart is so diep
    Sê Pappa-God
    En die mooiste geheime
    Is daar binne weggesteek

    Ek bêre hulle maar gewoonlik
    Sê Pappa-God
    Vir die mense wat nie net vra
    Maar ook bereid is om te kom soek

    Oe die liefde sê Pappa
    Die liefde wat Ek vir julle elkeen het
    Dis so ondeurgrondelik
    So onverstaanbaar-vir-mens-se-verstand groot

    Oe My liefstes
    Sê Pappa
    Julle mooistes
    Kom soek asseblief na My

    Kom vind die waarheid oor wie Ek is
    So diep sê Pappa
    So diep is Ek in rykdom
    Sal jy asseblief kom vind

    Geestelike rykdom sê Daddy
    Oe kinders sê Pappa
    Dis belangrik dat julle
    Dit sal kom naspoor en vind

    So graag My liefste kinders
    Wil Ek meer aan julle ontbloot
    Ek wil julle meer wys
    Asseblief sal julle kom glo

    Al wat julle moet doen sê Pappa-God
    Is om te begin vind
    Oa ja sê Pappa
    Oe ja

    Kinders sê Pappa
    Julle sal dan net nooit weer kan stilbly
    Julle sal weet dat Ek goed en mooi is
    En dat dit soveel meer as woorde is

    Ek nooi julle sê Pappa
    Julle elkeen
    Om te kom vind
    Dit waarvan Ek hier en nou praat

    Oe Pappa se kinders
    Oe Myne
    Kom vertel My asseblief
    Begin jy My liewer kry

    Ek nooi hierdie hele wêreld
    Altyd so graag
    Sal julle My kom liewer kry
    Sal julle kom uitvind wie Ek waarlik is

    Daar is min mense wat kom
    Sê Pappa
    So min mense wat waarlik kom
    Hulle harte vir My oopmaak

    God se hart is so mooi
    Kinders vra Pappa
    Ek wil hê dat julle dit
    Waarlik sal begin glo

    Ja kinders sê Pappa
    Glo soos in jou hart daarop sit
    Glo soos in jou huis daarop bou
    Glo soos in dat dit ‘n ware werklikheid is

    Daar’s te min kinders van My sê Pappa
    Wat dit waarlik glo
    Oe kinders vra Pappa-God
    Sal julle dit assebief nie meer doen

    Dis omdat Ek vir vele
    Sê Pappa-God
    Skaars meer as net mooi woorde is
    Dat ons nie verhouding kan bou

    Die Goeie God
    Wat nie waarlik bestaan
    Dis wie Ek vir baie mense is
    Wat sê hulle glo

    Hulle glo
    Maar hulle glo nie werklik nie
    Sê Pappa
    Hulle glo maar ook nie

    Ek weet nie sê Pappa
    Hoe dit baie dikwels werk
    Dis soos ‘n eend sê Daddy as die water van haar rug afrol
    Dis hoe My goedheid vir baie mense is

    Dis nie eers mee iets sê Pappa
    Wat hulle behoorlik
    Inneem of toelaat
    Om enigsins wortel te skiet

    Ja-nee sê Pappa-God
    Die saadjies van My goedheid
    Word dikwels verspil
    Dis asof mense net nie meer weet hoe om waarlik te glo

    Kind Ek wil jou vra
    Om te dink aan die volgende
    Om dit diep te oorweeg
    Wat as elke mooi woord oor My die waarheid was

    Oe kinders sê Pappa
    Oe kinders
    Vertel tog vir My
    Sal jy dit glo?

    Ek is mooier sê Pappa
    Mooier as wat die mooiste woorde
    Ooit kan vertel
    Sal jy begin glo?

    Asseblief, asseblief
    Liefste kinders
    Asseblief
    Dit is so

    Julle glo te min
    Sê Pappa
    My ware mooiheid
    Omdat julle dink dit nie die waarheid is

    Dis soos sê Pappa
    Die mooiste beloftes wat julle op aarde kry
    Wanneer mense julle die son, maan en sterre beloof
    En dan wat niks daarvan gebeur

    Ek dink kinders
    Sê Pappa
    Dat dit is hoe julle baie dikwels dink Ek is
    Bek maar niks binnegoed

    Oe Pappa se kinders, oe
    Hoe hartseer om te dink
    Dat baie van julle nog nie ontdek het
    Dat Ek ware mooi goedheid in al sy splendor is

    Oe kinders, oe kinders
    Asseblief begin glo
    Asseblief begin die opsie oorweeg
    Dat Ek waarlik NET goed is

    Julle moet, moet, moet dit asseblief oorweeg
    Julle moet dit begin in ag neem
    Want dit kan waarlik
    So ‘n groot verskil in my en jou se verhouding van hart maak

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Ek wil so graag al die stroombaan-probleempies tussen ons uitsorteer
    Ek wil hê die energie moet volop deurstroom

    Ja-nee kyk kinders
    Dis genoeg, so genoeg
    Dat Satan al hierdie obstruksies
    In ons twee se padjie saam veroorsaak

    Ons moet slimmer wees as hy liefste kinders
    Ons moet ons oë wa-wyd oophou
    Ons moet bewus wees
    Die kere wat hy verwydering wil bring

    Ja dit is net so
    Hy gaan altyd probeer
    Altyd-altyd
    Om afstand tussen ons harte te bring

    Een van die maniere kinders
    Is jy wat nie glo
    Dat Ek waarlik
    Net goed en mooi is

    Amen.