Prag van gebed

Diep, diep, diep mooi is God se hart
Wow!
Het jy dit al ontdek
Boetie, sussie in God

Ek weet nie of ek ooit
Genoeg daarvan sal kan kry
Dis so mooi!
God is mooi!

Wow ek weet nie
Ek weet nie of woorde kan verwoord
Hoe ek diep binne voel
‘n God wat so baie omgee

Om ons meer oor Hom te kom leer
Om ons te kom vertel
Hoe algeheel wonderlik Hy is
Om ons verkeerde glo oor Hom ore te kom aansit

Ek’s so dankbaar
So dankbaar ek kon God
Op ‘n dieper manier vind
Sy hart naspoor

Dis ‘n voorreg wat deur Sy Seun
Jesus Christus aan almal behoort
Dis nie net my beskore
Maar elkeen!

Ek wonder, sal meer mense
Die mantel van voorreg en geniet optel
En om hulle skouers gooi
Sal hulle vra vir meer?

Kinders van Abba
Kinders van die wêreld
Dis al wat ons nodig het om te doen
Ons moet net nader aan Hom beweeg

Ons kan nie bekostig
Mense van die wêreld
Om nie God se hart na te spoor
Nee Hy is wonderlik mooi!

Dit sal so groot verlies wees
Vir elkeen
Wat met hierdie offer in hulle hand staan
En dit dan van die hand wys

Oe ja-nee kyk
Ek weet nie
Ek weet nie
Hoe kan julle dit regkry

Die God van hemel en aarde
Die ewige mooi Een
Hy staan voor ons en sê leer My ken
En ons sê nee?

Tog, tog is dit iets
Wat ons so gereeld bly doen
Ons wys God die deur
Omdat ons plastiek in ons lewens wil hê

Ja dis nou maar
Wat ek al daai vals gode noem
Wat so met God
Vir ons tyd en aandag kompeteer

Oe hoe hartseer is dit tog
Dat ons God dit moet doen
Hy moet probeer om kers vas te hou, in ons harte
Teenoor dit wat glad nie kompetisie is vir Hom

Maar ja
Dis wat ons Hom dwing om te doen
Ons dwing Hom
Om vir ‘n plekkie in ons hart mee te ding

Dalk het ons ‘n openbaring van God
En Sy grootheid nodig
Dalk het ons nodig om te besef
Hoe eintlik absurd dit is

Ja-nee want kyk
Om ons Pappa-God
Met die ander gode in hierdie wêreld te vergelyk
Maak net nie eintlik sin

Dis nie dat ons God
Groter is as hulle nie
Dis net die feit dat Hy bestaan
En hulle eintlik nie

Ja by hulle is daar net geen hartklop te vind
Maak nie saak hoe ons probeer
Die enigste een wat waarlik lewe in hulle kan blaas
Is ons God

Ja dit is ‘n bietjie vreemd om so daaraan te dink
Maar glo vir my
As die grootste buddha op aarde kon opstaan en leef
Sou selfs hy op sy knieë neerval en ons God aanbid

Oe ja hy sou verlief wees op ons God
Net soos ek nou is
Wanneer ek aan my God
Se grootheid en almag dink

Ja Buddha is mos ‘n wyse man
‘n Baie wyse man met baie wyse sê-goed
Ek is seker hy sou dadelik die Waarheid herken
As hy sy oë sou kon oopmaak

Dalk Abba, dalk is dit waarvoor ons moet bid
Dat Buddha sal begin leef
En dat hy sommer dan self
Vir sy volgelinge die waarheid sal vertel

Oe Abba ek weet nie
Ek weet net
U is groter as hy, soveel groter
En U leef waarlik Heer

Oe Abba ek wens
Ek wens en ek hoop
Eintlik moet ek ook bid
Dat sy volgelinge se oë sal oopgaan

Abba daar’s te veel mense
Te veel mense op aarde
Wat in die verkeerde god glo
Hulle oë het so nodig om oop te gaan

Ja Abba, ja dit is so
U weet dit
U weet van al die wierook
Wat elke dag voor dooie gode se neus opgaan

U ruik dit Abba
En vir U stink dit
Net soos vrot vleis
Want U is die een wat alle lof en prys verdien

Daddy ek dink
Ek probeer dink hoe dit vir U voel
U wat elke mens se Skepper is
Tog is daar soveel wat U nie erken

Dit is so Abba
Daar is baie mense wat nie weet
Wat nog nie gehoor het
U is hulle Skepper-God

Ja Abba vir baie van hulle wat so glo
Is dit oorleweringe
Wat al vir jare saam met hulle kom
Oorleweringe waaraan hulle nou nog vashou

Abba elke mens
Het die begeerte om iets te aanbid
En as dit nie U is
Sal dit iets anders wees

Tog wil ons vandag vra Abba
Tog wil ons dink aan almal
Wat nie glo in U as hulle enigste God
Abba sal U asseblief hulle harte nader aan U trek?

Abba ons weet dat dit ook U begeerte is
Ons weet dat U so graag wil hê
Hulle moet by U uitkom
Hulle moet U erken as Verlosser en Heer

Soveel mense Abba
Het Jesus nog nie ontmoet
Soveel mense weet nie
Hy is die deur na U huis en U hart

Oe Abba U is so groot
En U is so goed
Die blote feit dat U nie opgee op verlore mense
Is vir my so mooi

U is altyd besig
Om hulle te bearbei
U is altyd besig
Om saad van hoop in Christus in hulle harte te saai

Oe Abba mag hulle vind
Elkeen wat nie in U en Jesus glo
Mag hulle vind
Dat net U die ware lewe is

Abba dis hartseer
Dis hartseer as mens sien
Hulle is besig om die verkeerde god
Met soveel passie te dien

Oe Abba sê Daddy se kind
Dis so hartseer
Ek wens ek kon hulle help
Om U te sien, om U te vind

Oe Abba se kinders
Sal julle saam met my bid
Vir die verlore siele
Wat nog nie rus in ons God kon vind

Ons gebede kan hulle inbring
God se kinders
Ons gebede kan ‘n groot verskil
In hulle lewens maak

Oe ons moet nooit ophou bid
Nooit nie
Ons moet die mense wat nie in Christus glo
Altyd in gebed onthou

Ons gebede kan hulle inbring
Ons gebede kan hulle red
Hou aan bid boetie, sussie
Moenie ooit daarmee ophou

Ons hoef nie by hulle te wees
Om vir hulle in te tree
Dis die prag van gebed
Dit werk oor grense heen

Ja-nee kyk
Geen gebed is sonder krag
Veral nie as hy eerlik, opreg
En tot God gerig word

Ons Abba kan soveel doen
Hy kan soveel-soveel doen
Met die gebede wat ons bid
Vir die mense waarvoor ons intree

Oe Abba se kinders
Nooit ooit moet ons ophou
Ons Vader is op die troon
En kan-enige-iets-doen is Sy tweede Naam

Vir vervolgde Christene
Moet ons ook bly bid
Ons boeties en sussies wat so swaarkry en ly
Alles omdat hulle die Naam van Christus bely

Oe boeties, sussies
Die verskil wat ons op aarde kan maak
As ons bly bid
En nooit daarmee ophou nie

Ek dink nie ons sal ooit op aarde
Die volle impak van ons gebede sien
Tog moet ons aanhou daarmee
Nie ooit ophou

Die vrugte wat dit
In geloof voortbring
Oe dit is so mooi
Dit is waarlik-waarlik mooi

Hou aan daarmee
Kinders van God
Hou aan daarmee
Dit is waarlik-waarlik nodig

So nodig
So mooi
Wanneer julle bid vir julle boeties en sussies in My
Raak dit rerig My hart

Hulle het julle nodig
Liefste kinders
Elkeen van julle boeties en sussies
Wat swaar ly vir My Naam en Koninkryk

Hulle het nodig
Liefste kinders
Dat iemand hulle voor My troon sal onthou
Dat iemand vir hulle sal intree

Oe die wêreld is donker sê Abba
So, so donker
Steeds is daar hoop
Hoop dat als kan beter raak

Hou aan liefste kinders
Hou net aan
Om julle gebede vir hulle
Voor God te bring

Elkeen antwoord Ek
Sê Abba-God
Geen een van hulle
Gaan onbeantwoord by My verby

Amen. 

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

2 thoughts on “Prag van gebed”

Leave a comment