Kategorie: Nuwe hoop

  • Die Lappop

    Die Lappop

    Genade onbeskryflik groot
    Ons sing dit so graag
    Ons vergeet…
    Optel-goed is vat-goed

    Dis mos wat die kinders vir mekaar sê
    Wanneer hulle iets optel wat nie aan hulle behoort
    Het julle geweet
    Dit is wat God met ons gedoen het

    Ons het soos lappoppe, net soos die liedjie sê
    Op die ashope van hierdie lewe gelê
    En toe het Abba gesê
    Vir julle, vir julle wil Ek hê

    Ja steeds het Hy dit gesê
    Vandag sê Hy dit steeds
    Voel jy soms…
    Voel jy soms soos daai lappop wat op die berg van die ashoop lê?

    Ja soms vergete
    Soms so opgetrap
    Soms so besmeer
    Soms so seer

    Ja Ek weet, Ek weet dis hoe julle soms voel
    Dis hoekom julle vir ure net op TikTok lê
    Soos ‘n lappop net goed genoeg vir niks…
    Dis wat die duiwel vir julle sê

    Het julle geweet?
    Daar is dinge wat Ek deur julle wil skep?
    Deur julle gedagtes? Deur julle hande?
    Deur julle werke in en saam met My?

    Ja sê Abba
    Julle is gemaak vir veel meer as die ashoop
    Dis net, dis so moeilik om julle dit te help sien
    As julle alreeds die teendeel in julle gedagtes ervaar

    Ja soos julle gedagtes sê die heeltyd
    Oor en oor…
    Ek kan nie, ek wil nie, ek gaan nie
    Ek stel nie belang nie

    Het julle geweet, het julle soos rerig geweet…
    Daar is groot drome oor julle lewens geskryf?
    Wel dis die dag toe Ek julle gemaak het, toe het Ek gesê…
    “Vir Groot Dinge Gemaak”

    Dis letterlik waarmee Ek julle afgeteken het
    Soos My signature sign
    Net soos Nike, julle weet
    Ja sien, dit is julle oorsprong, dit is waarvan af julle kom

    Ek weet, Ek weet
    Meeste van julle sien of glo glad nie meer
    Daardie potensiaal oor julleself nie
    Soos Ek sê, Ek weet…

    Julle gedagtes is die van ‘n lappop
    Verniel soos die een wat op die ashoop lê
    Verniel deur die lewe se seer
    Verniel deur die lewe se swaar

    Sjoe as ek geweet het die lewe gaan so uitdraai het ek dit al lankal geëindig
    Ek weet, vir baie van julle is dit die oplossing
    Die enetjie wat vlytig vir julle waai en julle nader wink
    Kom, kom eindig jou lewe…

    Dis mos maar wat die duiwel vir mense sê
    Wanneer hy dit reggekry het
    Om vir mense
    ‘n Gemors van hulle lewe te laat maak…

    Gemors
    Gemors
    Goed vir niks
    Dis mos wat hy vir julle sê

    Ek weet sê Abba
    Ek weet want Ek is die Een wat gedagtes lees
    Ek wil hê julle moet terugkeer na die waarde wat julle gehad het
    Voordat julle dit vir die duiwel gegee het

    Ja Ek weet, Ek weet
    Julle het dit vir die duiwel gegee
    Hy het daarop getrap
    Hy het dit vermorsel

    Hy het vir julle kom vertel, dis nie waar!
    Jy is nie gemaak met ‘n doel
    Daar is geen spesiale rede hoekom jy hier is
    Waar kom jy daaraan jou liewe idioot?

    Nee laat ek eerder vertel
    Wat ek sien, wanneer ek jou sien
    ‘n Waardelose niksnut
    ‘n Waardelose nikswerd

    Dit is wie jy is
    Dit is wat ek sien
    En sien dis die ding…
    Tot vandag kan julle kies na watter stem julle wil luister

    Die een wat julle waarde afbreek
    Of die een wat julle waarde opbou?!
    Sien, die keuse is julle s’n
    Dis ‘n keuse, dis ‘n keuse

    Jy kies
    Ek gaan saam met God van hierdie ashoop afklim
    En saam met hom stap
    Na ‘n lewe van oorwinning en hoop…

    Of
    Ek gaan op die ashoop bly sit en myself bejammer vir die res van my lewe
    Sien
    Dis ‘n keuse

    Ek weet
    Ek weet baie van julle wil dit nie hoor
    Maar Here, dit was hulle!
    Hulle is die rede dat ek hier sit!

    As hulle nie my besigheid onder my uitgesteel het nie
    As hulle nie dit gedoen het nie, as hulle dat nie gedoen het nie
    Nee sê Abba
    Ek wil hê jy moet begin kyk waar jy verkeerd gegaan het

    Waar jy verkeerde afdraai-paaie gevat het
    Waar jy mense ingedoen het en skelm was
    Waar jy vir mense stories en leuens vertel het
    Nee, net dit

    Net die waarheid
    Net waar jy verkeerd gegaan het
    As jy nog nooit sonde gepleeg het nie, dan is dit okay
    Dan kan jy die klip optel en hulle gooi

    Maar julle kan nie My kinders
    Julle kan nie want julle weet dis waar
    Vader ek het ook aandeel daaraan
    Ek is ook skuldig

    Julle moet weet
    My weë is lig
    My weë lei na sukses
    Veral in julle hart

    Daar waar vrede heers omdat jy weet …
    Ek het voor God reg gedoen
    Ek doen reg voor God
    Dis maar al My kinders, dis maar al

    Dis hoe Ek keer dat julle op die ashope van die lewe land
    Sien Ek kan nie keer, die kere as julle verkeerde afdraai-paaie vat
    Ek kan nie maar Ek wil
    Ja Ek wil

    Steeds staan Ek hier met ‘n rigting-wyser wat sê
    Hierdie kant toe My kant, hierdie kant
    Dis die weg van LEWE
    Dis die weg na LEWE

    Kies hom, kies hom…
    Die beter weg!
    Staan op, staan op uit die gemors
    Laat daai lappop lewe kry

    Ek kan dooie bene oprig
    Sê Vader
    En weer vars visie oor hulle skryf
    Net soos in die storie van Esegiël

    Is daar iets wat Ek, die grote God, nie kan doen?!
    Nee wat, nee wat … dit kan nie wees
    Al wat nodig is, is GELOOF
    Jy wat sê ja

    Ek gaan nie hier bly sit, Ek gaan sien
    Ek gaan kyk wat daar agter die horisonne saam met God lê
    Ja Ek kan sien, dit is blink
    Dit is my nuwe môre wat wag

    Saam met Christus
    Hoef ons nooit op die ashoop te bly lê want sien Hy weet
    Hy weet waarvoor is ons gemaak en Hy wil ons graag daar uitbring
    Efesiërs 3:20…

    Meer as wat ons kan dink of droom
    Dit is wat God wil waar maak in ons lewe
    Deur Sy krag wat in ons werk
    Dit is, AS ons sal sê… JA.

  • Onverwagse Brander

    Onverwagse Brander

    Die lewe is hard Abba
    Ongenaakbaar
    Mense maak seer
    Hulle kry seer

    Mens kan net bid
    Dis wat mens so gereeld dink
    Wat om te sê
    Wat om te doen

    Hoe om die lewe
    Ligter vir mense te maak
    Dra mekaar se laste sê die Woord
    Hoe doen ons dit?

    Doen ons dit genoeg?
    Abba help ons asseblief
    Om die wêreld se swaar
    Van mense se skouers te help haal

    Om te sien
    Om te weet
    Jesus gee om
    En Hy wil graag help

    Soveel, soveel kere
    Skiet woorde net te kort
    Wat kan ons sê?
    Wat kan ons doen?

    Om hierdie probleem
    Ligter te maak
    Ding is
    Ons kan nie noodwendig nie

    Ons kan net bid
    Dat die slae wat hierdie wêreld
    Soms uitdeel
    Mense nie sal uithaal

    Maar sal oplig
    As wonderwerke
    Met die krag en genade
    Van ons Pappa van Bo

    Die wêreld slaan hard
    My kinders
    Baie hard
    Ek weet

    Onderste bo
    Soos ‘n brander uit die bloute
    Wat julle glad nie gesien kom het
    Hoe kry ek weer my houvas

    As die grond onder my mee gegee het?
    Alle vaste fondasie het verdwyn
    Ek trap water!
    Waar is die vastigheid onder my!?

    En dan sluk jy water
    En jy verdwyn
    En jy wonder
    Hoe gaan ek dit maak?

    Hoe gaan ek oorleef?
    En dan skielik
    Skielik is die vastigheid weer daar
    Ek voel dit

    Ek vind dit
    Die vastigheid is daar!
    Soms My kinders
    Soms word julle van julle vastigheid beroof

    Die branders kom
    En stamp en stoot julle
    Van julle voete af
    Net soos tipiese branders van die aarde

    Was julle al in die see?
    Het julle al daarin rond geswem?
    Hoeveel kere
    Het hulle al julle ewewig gekos?

    Ja die een oomblik
    Staan julle nog
    En die volgende oomblik
    Het julle koppe onder die water in verdwyn

    Ek is die lewensredder
    Sê Abba
    Wat My kinders altyd sal red
    Ja baie kere sien Ek

    My kinders is katswink geslaan
    Bewusteloos dryf hulle rond
    Soos ‘n drenkeling
    Opsoek na lewe, opsoek na hoop

    My kinders
    Ek sien
    Ek weet!
    Ek kan die “golwe” van hierdie wêreld nie altyd keer

    Maar Ek kan seker maak jy weet
    Ek is hier!
    Soos ‘n drenkeling sonder dryfhout hoef jy nooit te wees
    Ja soms dobber jy vir dae in die donker

    Jy wonder hoe gaan ek oorleef
    Hoe gaan ek dit maak?!
    Het God van my vergeet?
    Godsverlate dis hoe baie mense hier begin voel

    Die haaie begin om jou draai
    Hulle soek jou bloed
    Dis hier waar die vyand rerig vir jou lieg
    Jy is alleen, niemand gee om vir jou

    Maar dan kom die dolfyne
    Die mense wat omgee
    Die mense wat dra
    Die mense wat liefhet, wat die haaie verjaag

    Hulle kom verbind die wonde
    Hulle kom maak die seer sag
    Hulle kom vee die hare en sand weg uit julle oë
    Hulle kom fluister in jou oor

    Hou moed
    Môre sal die son weer skyn
    Hou moed
    Jesus is nog daar

    Ek weet My liefste kinders
    Ek weet
    Die lewe kom deel soms uit
    Harde, onverdiende slae

    Tog wil Ek dat julle sal weet
    Ek is groter as die grootste seer
    Ek is groter as die grootste slae
    Ek is groter

    Ek is groter as die grootste brander
    Wat ooit jou voete onder jou kan uitslaan
    Wanneer die lewe kom en hy gebeur…
    Weet, Ek is die vastigheid

    Wat weer die bestendigheid
    Onder jou voete sal kom plaas
    Stadig en seker
    Soos wat jy trap-trap, voel-voel

    Waar is die vastigheid
    Beweeg links
    Beweeg regs
    Voel-voel

    Vorentoe voel
    Agtertoe voel
    O ja, okay hier is hy!
    Die sandduin in die middel van die oseaan-water

    Daar is hy!
    Ek het hom gevind
    Vastigheid onder my voete
    Die Rots wat nie kan verdwyn!

    Al swel die water soms en is onbeheers
    Sterk is daar ‘n Anker in die lewe
    Wat ons bo hou
    Anker van Hoop sê sommiges soms

    Die een waaraan ons kan hou, al is dit soms klou
    Geanker in Jesus as storms om my gaan
    Net soos die liedjie sê
    In Sy krag, sal ek bly staan!

    Vat hoop My kinders
    En weet
    Die EK IS
    Is met julle

    Amen.

  • Soeklig van die Hart

    Soeklig van die Hart

    U weet
    U lees die taal van my hart
    Dankie dat U verstaan
    Meer as wat ek of enige mens ooit kan

    Dankie dat ons U kan vertrou
    Abba
    Met die seer, die vrese
    Die vrae, die wonder

    Baie male in ons hart
    Mense vertrou ons nie
    Dit maak te seer
    Ons glo dit

    Soms, partymale is dit so
    Maar ons moet nooit vergeet
    Om Jesus deel te maak
    Van die vrese, vrae, wonder en seer

    Is een van die beste dinge
    Wat ons ooit op aarde sal kan baas-raak
    Ja julle
    Ons moet vertrou

    God weet beter
    Hy sal genees
    Hy kan
    Het julle geweet?

    Ons hoef nie met pyn in ons binnestes te loop
    Lank nadat iets gebeur het nie
    Soms maak ons mos ook
    Asof dit lankal nie meer bestaan, bêre dit diep

    Ek wil julle net vra
    Kinders van God
    God se kinders
    Begin Lig daaroor bid

    Jesus se Lig
    Begin Hom as soeklig aanstel
    Die Soeklig van jou hart
    Jesus se Heilige Gees

    Dat Hy met Sy vrede en voorspoed
    Jou hart se donkerte begin verlig
    Julle verstaan nie
    Ja ons wil nie altyd hoor

    Daai seer moet oop kinders, hulle moet begin oopgaan
    Anders gaan die wonde net aanhou sweer
    Ja op die seerste maniere
    Sweer hulle in julle lewens kinders

    Hulle tas julle huwelike aan
    Julle verhoudings met julle mans, vrouens
    Kinders en selfs die bure en naastes
    Soveel sere en swere wat woon in die harte van mense

    Hulle het seer
    Hulle het seer
    Tog wil hulle dit nie glo
    Kan Ek aan julle net die warmste uitnodiging van julle lewe bied?

    Dis die Heilige Gees wat praat
    God se Gees
    Die Lewensveranderende Gees
    Die Gees sonder gelyke

    Die Gees
    Die Ewige God se Bondgenoot
    Ja ek en Abba het lank terug ‘n verbond gesluit
    Saam, saam sal ons mense se mismaakte mishandelende lewens weer optel en oprig

    Ja hoop kom gee
    Waar hoop gebreek is
    Heel dikwels sommer van kleintyd af al
    Die duiwel het geen genade-skaal

    Kinders julle moet dit weet
    Julle moet besef
    Ek gee geen pad aan ‘n mens as Ek nie weet dat Ek en sy of hy dit saam kan oorwin nie
    Geliefdes onthou

    Daai woorde sê julle te vinnig
    Julle sê dit te vinnig, te gereeld
    Hoekom is dit dan nie vra die Gees van Abba
    Dat julle hierdie woorde nie onthou

    Wanneer Ek saam met julle die pyn van die verlede in die oë wil gaan kyk?
    Ek wil julle by vryheid uitbring liefstes
    Al die vryheid waarvoor Jesus so duur betaal het aan die Kruis
    Dis nie nodig My kinders

    Om met kneukels styf aan daai kettings vas te hou
    Julle het nou al lief geraak vir hulle
    Vir jare nou al vir hulle begin sê
    Julle is my getroue volgelinge

    Vir julle sal ek in my vertroue bly neem
    Ja ek sal vir julle vertel
    Dit is veiliger en beter dat ons vriende bly
    Ons paaie moet nie skei

    Julle vertrou hulle meer as wat julle My vertrou
    Sê God se Gees
    Hoekom nie aan My
    Die wonderwerkende krag van God ‘n kans met jou seer gee?

    Ja Ek weet
    Julle is al vetrouelinge
    Julle voel veilig by mekaar
    Julle kom al ‘n lank pad saam

    Maar
    Dis of sy of Ek
    Kind nie Ek en sy kan jou pyn gesond maak nie
    Ek wil hê julle moet verstaan

    Dis of Ek of sy
    Sy vertel vir julle gereeld
    Dis veiliger
    Moenie praat

    Jy kan net vir my vertrou
    Hoekom sê sy nie eerder
    Nee dis reg
    Heeltemal reg

    Gaan na die Heilige Gees
    Hom die geneesheer van jou seer
    Hoekom, hoekom
    Sê sy nie dit?

    Nee Ek is die een wat met daardie woorde bemoedig en aanmoedig
    Dis tyd
    Dis tyd
    Kom nou, kom gou

    Solank as wat jy die seer in jou hart wil koester
    Gaan sy dit vir jou moeilik bly maak
    Om by My volle genesingsplan vir jou uit te kom
    Kind jy het al geleer

    Luister bietjie na jouself
    Jy praat net soos sy
    So negatief en sonder hoop
    Nes sy

    Het jy haar nie al ‘n bietjies te veel ‘n plek van beskorenheid in jou hart gegee?
    My kind
    Jy moet kies
    Wil jy met haar in ooreenkoms en saam-stem bly gaan

    Of sal jy begin sê
    Nee-a
    Ons elkeen moet ons eie rigting inslaan
    Jy joune, ek myne

    Ek vra jou om te begin totsiens wuif aan die seer in jou hart
    My kind
    Dis tyd
    Sê vir haar

    Laat dit goed gaan
    Julle kan die pad nie meer saam loop
    Sy het al so ‘n knussige plekkie vir haarself ingerig
    Sy sal nie te maklik of vinnig wil trek

    Daarom sal jy vir haar ‘n notasie-brief moet gee
    Net soos eienaars aan huurders
    Tot hiertoe en nie verder
    Op hierdie dag sal jy moet trek

    Dis ‘n kopskuif My kind
    Vir baie is dit rerig so eenvoudig
    ‘n Kopskuif wat sê
    Van hierdie dag af neem genesing en oorwinning okkupasie van die plek in my hart

    Ja die vyand het seergemaak
    Ja hy het ongelooflik gesteel
    Jy wonder nou nog hoekom, hoekom moes sekere goed gebeur?
    Kan Ek net vir jou goeie nuus bring

    Liefste kind
    Die seer in jou hart het soveel potensiaal
    Soveel potensiaal om stroke van goud en God se liefde oor hierdie aarde te verf
    Ek vra net

    Gee dit vir My
    Laat My toe om jou vertroueling te word
    Jou beste vriend, die Een met wie jy alles deel
    Die een wie se raad jy sonder huiwering aanneem

    Ek wil sê
    Dogter, seun
    Begin dit doen
    Al voel dit vreemd aan die begin

    Dis verstaanbaar
    Dis net omdat ons mekaar nog nie goed ken
    Hoe langer ons in mekaar se lewe is
    Hoe meer sal jy sien

    Ek is vir jou
    Ek is vir jou
    Ek is vir jou
    Net soos daai liedjie wat julle deesdae so gereeld sing

    Ek vra jou om daai woorde te begin glo
    In jou kom en in jou gaan
    In die môre en in die aand
    Ek is vir jou! Ek is vir jou!

    Dikwels maak die lewe nie sin
    Kind Ek weet
    Ek verstaan
    Soos Ek gesê het die duiwel het nie ‘n genade-skaal

    Hoe meer skade hy kan aanrig hoe meer doen hy
    Maar jy kind
    Jy het nodig om te weet, te glo, dit te vat
    Ek is groter as dit als

    Ek is groter
    By en met My hou jou lewe
    Selfs en veral jou pyn
    Soveel betekenis in

    Ek wil hê jy moet dit vind My kind
    Ek wil hê jy moet uitkom by die pragstories wat Ek geskryf het met jou verlede en hede se seer
    Ek kan dit doen en Ek kan dit doen
    Ek kan dit ook byvoeg

    Oe jong as hy of sy My net die kans wil gee!
    Kind Ek is opgewonde
    Staan in afwagting
    Hoop dat jy vir eens en vir altyd sal besluit

    Om vir die Seer in jou hart te sê
    Jou huurkontrak is verstreke
    Dit was aangenaam maar nou is dit verby!
    Jesus is ‘n veel beter huurder as jy

    Vir Hom gaan ek nou aanstel
    Om na die seer in my hart om te sien
    Okkupasie-huur is betaal
    Aan die kruis van Golgota!

    Amen.

  • Die Goeie Nuus Koerant

    Die Goeie Nuus Koerant

    Staan op God se Woord
    Lees ons in dié tyd Sy beloftes
    Laat dit ons verfris
    Hoop en genade gee?

    Ja My geliefde kinders
    Dit sal krag gee soos min
    Gaan lees bietjie Bybels
    Gaan kyk hoe ewigdurend is My trou

    Mooi en min
    Dis hoe mense hulle Bybels lees
    Dis mooi sê hulle gou
    Maar hulle lees dit te min

    Julle moet meer
    Julle Bybels oopmaak en lees
    Glo wat daarin staan
    Dit gee hoop vir die hopelose, genade aan die genadelose

    Ja dis in tye soos dié
    Sê Abba
    Dat julle moet gewortel bly
    In die Woord en wat daarin staan

    Julle moet meer sê
    Glo so
    Glo dit
    Nie andersom

    My kinders
    Die Bybels in julle huise
    Moet in dié tye die koerante raak
    Wat julle gulsig verorber

    My kinders
    Hoekom lees julle nie
    In dié tye
    Die woorde wat Ek vir julle opgeskryf het daarin?

    Julle kyk een nuusflits na ‘n ander
    Dis die nuutste
    Die een sê sus
    Die ander een sê so

    Ja My kinders
    Dis wat moet gebeur
    Julle moet begin bid en Bybels lees
    Soos wat julle die nuus van die aarde opneem

    My kinders
    Hoekom meer tyd aan die wêreld se nuus spandeer as aan Myne?
    Is My Nuus dan nie die Goeie Nuus nie vra Abba
    Ja die nuus wat elke mens op aarde so bitter baie nodig het

    Julle moet begin Bybels optel
    Vertel eerder vir mekaar
    Dit is my gunsteling nuusflits uit die Woord
    Hoor ‘n bietjie hier

    My kinders
    Julle is soms
    Net soms 😉
    ‘n Bietjie te veel gepla met die gebeure van hierdie wêreld

    Ja My liefste kinders
    Net soms
    Te veel 😀
    Ai julle weet wat Ek bedoel

    Julle moet julle bietjie minder bemoei
    Met die dinge van die wêreld
    En begin bemoeisaak raak
    Met die dinge wat saak maak vir My

    Ja geliefdes van Pappa se hart
    Ek weet
    Ek weet hoe om vrede en vreugde
    In julle harte te laat toeneem

    Julle verstaan nie kinders, julle besef nie
    Die dinge waarmee julle, julle bemoei
    Die dinge wat julle lees en sien en hoor
    Die drein die lewe uit julle hoop se ledemate

    Net soos Hang Man
    En verkeerde woorde raai
    My kinders julle moet inprop by HOOP
    En julle moet ingeprop bly

    Ja dis tawwe tye
    Waarin julle, julle tans bevind
    Dis nie maklik maar dit is moontlik
    Om hulle saam met My te trotseer

    My kinders julle moet dit onthou
    Die woorde wat Ek nou vir julle sê
    In die dae wat voorlê
    ALLE DINGE is moontlik saam met My

    Ja die waters is hoog
    Die branders geweldig
    Hulle ruk en pluk soos ‘n warrel-storm-wind
    Aan die hyse van julle lewensbote

    Ja ons gaan ondergaan
    Dit is nou net seker
    Tot hier kon ek nog weerstand bied maar meer?
    Nee wat, ek kan nie meer

    Soms My kind, soms gaan hierdie woorde kom klop
    Hulle gaan probeer om julle te oortuig
    Dis nou maar dit, dis oor
    Dis verby, gee maar op

    Opgee is nie ‘n opsie by My nie
    Kinders julle weet dit seker al
    Julle wat My ken, julle weet
    Opgee is geen opsie

    Daar is geen-geen opgee in My
    Tot die bittereinde veg ek verbete
    Vir elke kind van My
    Ja Ek gee nie op nie, Ek kan nie

    Dis net daai Verbete Vegter in my
    No ways, no ways, no ways
    Ek gaan nie ondertoe nie
    Vir boontoe gaan is Ek gemaak

    Ja al bevind ons, ons soms
    In die valleie van die lewe
    Is dit net sodat ons die heuwels se toppe meer kan waardeer
    En ons daarin met groot blydskap kan verheug

    So moenie bang wees vir die dae wat julle vertel
    Dis verby, daar’s geen hoop
    Want!
    Julle God is nog hier

    Het Ek nie beloof geliefdes van Abba
    Ek is by julle tot aan die voleinding van hierdie wêreld
    Al wat julle in hierdie dae moet doen kinders
    Is dieper-kom-wegkruip-by-My

    Julle weet
    Soos wat ‘n hoenderhen haar kuikens onders haar vlerke laat nes maak
    So dieselfde met My
    Ek sal My vleuels oor julle span en julle veilig hou terwyl die storm verbytrek

    Ja My kinders
    Van julle, meeste van julle, almal van julle wat dit sal doen
    Dieper by My kom wegkruip
    Sal ervaar hoe Ek julle shelter van die storm, hoe Ek julle vashou met ‘n liefde onbeperk

    So moenie bang-wees My kinders
    Om juis dit te doen
    Kom kruip weg, dieper en meer
    Onder die vlerke van die Ewige Allerhoogste God (Psalm 91)

    Dinge moet gebeur My kinders
    Dis lank terug gesê
    Ons kan nie alles ontglip
    Dis deel van die wêreld se geskiedenis

    Maar ja, soos Ek sê
    Ek is hier
    Die Almagtige
    Tot die einde

    Saam met My kinders
    Die Bittereinder
    Ek gaan nêrens
    Nêrens, nêrens, nêrens anders

    As net hier by My kinders bly
    Ek het mos beloof
    My Woord is My eer 😉
    Saam met julle tot die einde

    Ek sal julle nie as wese agterlaat
    So kom ons sê dankie Heilige Gees
    U is die Een altyd by ons
    Drie-Enige … God, Seun en Heilige Gees, ons is so dankbaar vir U

    Kom kruip dieper weg
    Wanneer die dinge van die wêreld jou hart wil oorweldig
    Kind moet jy weet
    Daar is ‘n antwoord

    Daar is ‘n beter opsie as die wêreld
    En haar depressiewe nuusberigte
    Dis Ek, sit by My
    En jy, jy wat jou Woord die Goeie Nuus oopmaak en begin lees

    Ja lees, lees, lees
    Tot dit begin lê
    Lae diep in jou hart
    Kind, kinders

    Dis wat julle gaan deurtrek in hierdie donker dae
    Hou moed, hou moed, hou moed
    En ja stuur bietjie aan
    Vir ‘n wêreld wat nodig het om te hoor

    God is goed
    God is groot
    God is by ons #Emmanuel
    Die beste nuus! Die mooiste nuus! Die goeie nuus!

    Amen.

  • Skrum jou versoekinge

    Skrum jou versoekinge

    Daar is ‘n ander man in die vuur
    Jy is nie alleen in jou vuur nie
    My kind
    Ek is saam met jou

    Pornografie
    Dis okei
    Dis ‘n reus vir sovele
    Sovele voel verslaan deur die reus van pornografie

    Hy verslaan baie
    Soveel voel verslaan deur hom, soveel
    Maar God sê
    Ek is groter

    Sê vir jou reus
    Sê vir hom
    Jou God is groter
    Net soos Dawid … ek is groter, ek kom nie in my eie mag

    Daar is ‘n krag in jou
    Die Dawid voor Goliat is God self
    Die Dawid wat oorwin het
    Is Jesus

    Hou aan
    Nie opgee
    Hou aan
    Stap vir stap wen ons grond

    Ons wen veld, net soos Rugby
    Ons is gestoot tot op hulle doellyn
    Op die teestander se lyn maar hulle gaan nie wen
    Ons moet terugstoot, ons moet terugstoot

    Veld wen, veld wen
    Hierdie is soos drieë
    Ja hulle loop dalk voor
    Maar die wedstryd is nog nie verby nie

    Ons gaan hulle van agter af inhaal
    Ja ons gaan hulle inhaal, van agter af weer voor kom
    Agterloop
    Ons wen veld elke keer as jy opstaan en bely

    Elke keer as jy nie opgee
    Elke keer wen ons skrum veld
    Totdat ons agterlyn die bal in die hande kry
    En na die doellyn hardloop

    Ja party drieë is makliker as ander
    Vir party gaan jy hard moet werk maar altyd vorentoe
    Is dit nie wat Rugby leer?
    Vorentoe, dryf vorentoe

    Aangee
    Ons moet veld wen
    Moenie te lank in die opposisie se kant van die veld bly
    Nee wys vir hom, daar is ‘n Wenner in jou

    Jesus is Sy Naam
    Aanhou kinders
    Altyd-altyd aanhou
    Vorentoe, vorentoe, veld wen, veld terugkry

    Meeste bal-besit hou
    Is dit nie waaroor dit vir die wenspan in elke Rugby wedstryd gaan?
    Ons moet hulle terug stoot
    Veld wen

    Ja partykeer raak mens moeg
    Maar bly fiks in Geloof
    Bly oefen
    Party wedstryde gaan jy dalk verloor maar elke keer is daar ‘n volgende probeerskoot

    Beker van die Lewe…
    Dis waarvoor ons speel
    Ons speel vir die Beker van die Lewe
    Ons moet net seker maak dat ons die meeste wedstryde wen

    Ja daar is uitdunrondtes
    Elke keer raak die vyande geillimineer
    Net die gevaarlikstes bly oor
    Die groot gewere

    Ons sal hulle wen
    Kom klop by My aan vir strategieë
    Ek het die battle plans
    Dis mos wat hulle uitwerk, die Coaches van rugby-spanne

    Hoe, waar?
    Wat is hulle swakplekke?
    Julle moet besef
    Julle word bestudeer

    Die vyand hou julle dop
    Hy weet strategies waar om julle te sit
    Waar om aan te val
    Wanneer

    Vermy swak plekke
    Vermy plekke en mense wat nie goed is vir julle
    Goeie gewoontes
    Kan rugby spelers enige iets doen voor ‘n wedstryd?

    Wat mag hulle doen, wat nie?
    Wat moet hulle vermy?
    Dis al wat Ek julle wil help doen
    Dis hoekom Ek sê, vermy dit, vermy dat, nie daar, nie dit

    Ek’s net besig om julle te coach
    Te probeer help wen
    Julle moet luister kinders
    Die Coach word nie vertel, die Coach word vertrou

    Ek’s die beste Coach waarvoor enige span, man, iemand kan vra
    Ek het al heelwat spanne afgerig
    ‘n Paar spanne die Hemel ingehelp
    Julle kan My gerus vertrou

    Naby My bly vir goeie raad en advies
    Watter tipe spelers soek Coaches?
    Iemand wat vir hulle die heeltyd vertel?
    Nee-a, nee glad nie

    Hulle hou nie van daai wat die heeltyd rooikaarte kry met hulle gedrag
    Nee selfbeheersing, dis die ding
    Die wat hulle onderwerp aan gesag
    Dis maar al waarvoor Ek vra

    In Rugby maak dit soveel sin
    Julle vra nie dan vrae
    Nee dis nodig vir als om te werk
    Totdat Ek julle vra dan is dit totaal ‘n ander storie

    Ai nee kinders
    Ek vra net dieselfde
    Dieselfde wat elke Coach op aarde van sy span vra
    Niks minder of meer, net dieselfde

    Ek wens ek het dieselfde respek en agting gekry as wat Coaches op aarde kry
    Dit sou dinge vir My so vergemaklik maar nee
    Ek, Ek moet smeek dat spelers My vertrou
    Saam My werk

    Dalk wil hulle nie in My span wees
    Ek weet nie
    Maar dis nodig om saam My te werk
    Ek wil graag wen, My spelers ook

    Hoekom aan die verloor-kant bly?
    Nee wat, almal hou van wen
    Ek ook
    Niks minder, niks meer 😉

    Dankie sê Abba
    Dat Ek julle kan vertel
    Ek hou ook van Rugby wedstryde
    Om hulle te verloor is niks lekker vir My

    Beywer jou dan saam My om te wen
    Dit sal vir My lekker wees as ons saam kan wen
    As ons die wedstryde kan inryg
    Satan meer op sy neus kan laat kyk

    Ja-nee sien niemand hou van ‘n span wat nie eers ‘n geveg opsit
    Ja-nee hulle het oor daai span gehardloop
    Mens sou sê hulle het skaars geoefen
    Waar’s hulle taktiek?

    Weet hulle ooit teenoor wie hulle te staan gekom het?
    Mens sou sê hulle het die vyand nie eers bestudeer
    Dis hoekom My Woord so kragtig en kosbaar is
    Dit leer julle om die vyande teen wie julle te staan gaan kom te leer ken en uit te oorlê

    Dit sê vir julle hoe om te werk te gaan met elke vyand wat voor julle staan
    Gebruik Hom My kinders
    Lees julle Bybels
    Moet dit nie agterweë laat bly

    Dis wat geestelik spiere bou
    Julle gevaarlik maak
    Ja julle weet daai opponent waarna almal opkyk
    Daai span wat julle broekspype so bietjie laat bewe

    Daai enetjie as julle sê
    Nou gaan die poppe dans
    Ons gaan iets sien!
    ‘n Epiese stryd

    Ja hulle is lekker om te kyk
    Ek stem niemand hou van ‘n walkover wees
    Daar moet darem iets wees wat dit die moeite werd maak
    Kompetisie, goeie kompetisie … dis iets

    Niemand, niemand wil ‘n walkover wees
    Tog is baie in die Gees as dit by versoekinge van die vyand kom
    Ek wil julle help om drieë te druk kinders
    Een na die ander

    Ek wil nie hê ons moet die games net oorgee
    Nee baie kere dink Ek na die tyd verslae
    Kinders ons kon dit en dit anders gedoen het, probeer het
    Ja ons kon die strafskoppe en skrums teen ons so verminder

    Ons kon so die rooikaarte vermy
    Ai kinders wanneer, wanneer gaan julle na My begin luister
    Ag gee op My woorde van wysheid
    Dis al wat Ek vra

    Kinders wat bietjie wil wen
    Nie net die stryd gewonne gee
    Is daar buite mense wat bietjie wil wen?
    Wat moeg raak vir konstant verloor?

    Laat weet My dan gerus asseblief
    Ek sal graag wil help
    Julle help om strategieë teen Satan op te bou
    Te beplan sodat julle bietjie kan wen

    Ja van julle dink al julle is verloorders en dis maar hoe dit altyd gaan wees
    Dit hoef nie sê Abba
    Dit kan anders wees
    Dis nog nie te laat

    Begin net op My manier julle spiere oefen en julle sal sien
    Die deursettingsvermoë wat Ek gee om aan te hou
    Nie op te gee
    Sterk te raak in die Gees

    Het julle al Facing the Giants gekyk?
    Ek dink daaraan…
    Gaan kyk dit
    Daar’s baie stories soos dit

    Wanneer die underdogs van agter kom en reuse op hulle neuse laat kyk
    Ja ons almal ken daai stories maar nie almal wil die werk insit om dit reg te kry
    As die Coaches van die lewe julle partymaal aanhits om beter te doen, laat hulle toe kinders
    Hulle is besig om daai goud in julle na vore te roep, om die potensiaal te ontgin

    Julle almal het dit
    Dit moet net ontgin en aangewend word
    Ja dis rof partymaal, die goud in julle
    Weggesteek onder rowwe edges van klippe maar soek hulle saam met My

    Ek weet wat in julle sit
    Wat ons saam kan verrig
    Die drieë
    Wat ons saam kan druk

    Amen!

  • Staptog van die lewe

    Staptog van die lewe

    Hoop onvervangbaar groot
    Hoop wat nie opgee nie
    Genade wat bly soek
    Dit is ons God se Naam

    Wonderlik-groot
    So wonderlik-groot is Hy
    Niemand kan ooit met Hom vergelyk word
    Ek is so bly dat ek aan Hom behoort

    Nooit het Hy opgegee op my
    Vandag nog soek Hy na meer
    Meer van my oorgee
    Meer van Sy geliefde aan Sy sy

    Hy’s wonderlik-goed
    Hierdie God van my
    Ek wens meer mense wou Hom leer ken
    Ook hulle harte aan Hom gee

    Dit is die heel-beste-besluit
    Wil ek oor-en-oor aan hulle sê
    Hoekom julle harte teëhou
    Hoekom nie ook oorgee?

    Julle, dis die heel-heel-beste besluit
    Hoor julle my?
    Seblief begin mense se opinies oorweeg
    Veral van die wat Hom waarlik ken

    Julle sal fonteine van hoop
    Voel oopbreek in julle hart
    Fonteine van Hoop
    Ek weet nie wat anders om hulle te noem

    Ja groottes, kleintjies
    Van oral-oor sal hulle begin opspring
    Daai krake van die verlede
    Hulle sal dit begin oorstroom en deurstroom

    Liefste kinders van Pappa-God se hart
    Myne
    Kleintjies
    Julle wat aan My behoort

    Julle bring soveel vrede
    En vreugde na My hart
    Julle wat vertrou
    Julle wat My wil bly ken

    Julle moet nooit opgee
    My kinders, seblief
    Die steiltes is partymaal hoog
    Maar saam met My kan julle, sal julle triomfeer

    Julle is gemaak om saam met My te triomfeer
    Kinders oor die steiltes en hoogtes van hierdie lewe
    Net soos Rocky hande-in-die-lug
    Nadat hy daai stel trappe kon baas-raak

    Ja liefstes net soos hy
    Sal julle ook hande omhoog
    Na My kan kyk en skree
    “Halleluja, ek het dit gemaak!”

    Oe die genot wat ook Ek put
    Sê ons Abba
    Uit die steiltes van die lewe
    Wat ons saam kon baas raak

    Ja dit verskaf My net soveel vreugde
    My liefste kinders
    As Ek kan terugkyk saam met julle en sien
    Sjoe ons het die amper onmoontlike baas geraak

    Ja sien sê Abba
    Daar’s baie kere hoë stelle trappe
    In hierdie lewe
    Wat mens laat moed verloor

    Wat mens laat dink
    “Hoe op dees aarde gaan ek dit maak?
    Hierdie berg gaan ek hande-viervoet moet klim”
    Ja kinders

    Soos wafferse staptog-bendes (hikers)
    Gaan julle moet in-hak en sê
    “Nou is dit vorentoe
    Daar is ‘n prag-uitsig wat wag”

    Ja geen terug-draai
    Net vorentoe
    My kinders Ek sien altyd elke stukkie voortbeur
    Daai gedagtes van “Ek kan, ek kan, ek moet net nie opgee”

    Ja hierdie wêreld is vol klowe
    Donker gate, donker hoeke
    Met staptog-roetes
    Wat weer opkrul vanuit die klowe

    Liewe kinders
    Dis nie altyd maklik
    Hierdie staptog van die lewe
    Om hom baas te raak vat aanhouers-wat-wen

    Ja dis die wat nie uitsak nie
    Maar volhard tot die einde
    Dis aan hulle sê Abba
    Wat Ek die kroon van die Lewe beloof

    Het julle al gelees sê Abba
    In die Bybel praat Ek van die baie beproewinge
    Waardeur My kinders sal moet gaan
    Voordat hulle by die Hemel arriveer

    Ek weet julle verstaan dikwels nie
    Al die storms wat julle moet trotseer
    My kinders Ek weet daar is heelwat van hulle
    Wat julle uitmekaar wil skeur

    Dis soos leeus sê Abba
    Wat hulle prooi verorber
    Dis dikwels hoe julle dit ervaar
    God se genade is genoeg

    Het julle dit al My kinders
    In julle Bybels raakgelees?
    Daai kere in die Bybel wat Ek aan julle beloof
    Julle sal die leeukuile van die lewe nooit alleen hoef te betree

    Ja My kinders
    Ek is ‘n getroue God
    Soos Ek die leeus van Daniël se monde gesluit het
    So sal Ek dieselfde met joune doen

    Ja hulle kan maar brom en grom
    Maar nie ‘n stukkie van julle vleis
    Sal hulle die genoegdoening kry
    Om van te vreet

    Dis dikwels al genot wat hulle vind …
    Om te sien hoe die vrees wat hulle inboesem werk
    Die vrees wat mense laat wonder
    “Het my laaste dag dalk aangebreek?”

    Ek is soveel groter kind
    As enige leeu wat vir jou kom brul
    As enige leeu wat jou kom bang praat
    Ja julle weet daai vrese wat hulle inboesem …

    “Dit gaan gebeur
    En dan dit, en dan dit
    Jy staan geen kans
    Jy kan sommer maar net hier-en-nou opgee”

    Nee liefste kinders
    Nee
    Julle moet deur die dikwels-moeilike-omstandighede in julle lewe
    Nie altyd soek na ‘n uitweg om dit te ontduik

    Ja Ek weet
    Dit is uitdagend
    Dit toets julle uithouvermoë op heelwat vlakke
    Maar kinders dis enorm, die groei potensiaal wat dit geestelik vir jou inhou

    Dieper en meer
    Meer van God
    Dieper saam Hom
    Dit kan julle in sulke tye bid

    Wys my meer en meer Abba
    Asseblief
    Die vermoë wat U het
    Om My deur die donker dae van hierdie lewe te help

    Ja dis wat Ek doen
    Dis wat Ek graag doen
    Die Heilige Gees is gestuur om julle in tawwe tye by te staan
    Altyd by julle te wees

    Het julle geweet
    Julle kan in donker dae vra
    Heilige Gees
    Help my asseblief hierdeur?

    Help my om te weerstaan en neer te lê
    Die hopeloosheid wat my omring
    Die gefluister wat sê
    “Gee op, dit help nie eers jy probeer”

    Het julle geweet
    Kinders van Abba
    Negatiewe praat, negatiewe wonder
    Dit is nie van Hom?

    Ja dit is dikwels wat ons sink
    Daai negatiewe saam-praat
    Met Satan en al sy bose maats
    Ons moet slimmer as hy raak

    Ja die swaar sal nie bly
    Hy sal nie bly wen
    As ons nie meer bely
    “Hy gaan wen”

    Ja hy gaan nie
    Want God is groter
    Sal jy dit eerder begin sê
    Kind dit waarlik glo?

    Ek werk met julle geloof
    Kinders dis baie dikwels wat Ek nodig het
    Kinders wat glo
    Ek wil, Ek kan

    Julle samewerking word benodig
    Julle oorgawe
    Julle vertroue
    Julle aanhou vashou

    Julle positiewe praat
    Dit maak ‘n verskil
    Dit gee My iets om mee te werk
    Dit sluit julle nie toe in tronke van ongeloof

    Hou aan kinders, asseblief
    Om oë op My te hou
    Om te weet Ek is vir julle
    En saam gaan ons dit maak

    Ek verwyder nie My kinders
    Aldag die probleme
    Want Ek wil hê jy moet groei
    Saam met My spiere bou

    Ja kinders pap spiere werk nie
    Hulle gaan net solank die pas kan volhou
    Dan gaan hulle ingee
    Sê die inspanning raak te veel

    Ek wil hê julle hande
    Moet bietjie langer begin bo-bly
    Kinders net soos Moses s’n
    Toe hulle die geveg moes wen

    Ja hy is hulp gestuur
    Om sy arms bo te hou
    Dis hoekom Ek daar is sê Heilige Gees
    Ek en die Woord sal Aäron en Hur vir jou wees

    Hou jou hande hoog kind
    Hoog in die storm
    En sien hoe Ek hierdie geveg vir jou veg
    Sien hoe Ek hom wen

    Ja My kinders, ja
    Sterker spiere moet ons bou
    Net soos Rocky
    Oefen daai spiere, elke dag bietjie meer

    Slaan, boks, staan vroeër op in die oggende
    Begin opgee wat jou terughou
    Drink daai proteïen-drankie
    Fiks in gees, dit is waarnatoe ons werk

    Fiks in gees
    Fiks in gees
    Dis waar Ek so graag
    My elke kind wil hê

    Fiksheid in vlees
    Dit het ‘n nut
    Maar veel beter is hy wat hom beywer in die gees
    Het julle dit al in die Bybel raak gelees?

    Kinders van Abba
    Ek wil hê julle moet weet
    Julle is sterker as wat julle dink
    Veel, veel sterker in My as in julleself

    Begin wapens optel
    Wapens van Lig
    Glo soos Ek glo
    Doen soos Ek doen

    Dit dra veel meer waarde
    Kinders
    As wat julle dink
    Julle kan op My manier veel meer vermag

    Veel, veel meer
    Begin op My manier baklei
    Weer die gewonder met My Woord af en weet altyd
    Ek, Ek is vir jou

    Dis omdat Ek weet sê Abba
    Wat Ek met jou donker dae kan doen
    Dis hoekom Ek hulle partymaal toelaat om te gebeur
    Dis omdat Ek weet ‘n reus van geloof kan Ek in jou laat opstaan

    Ek praat nie van al die verkeerd en seer
    In hierdie wêreld nie kinders
    Ek praat van die tye wat Ek rerig kan gebruik
    Om soveel goud in julle gees te ontgin

    Julle mis hulle partymaal
    Baie kere
    Omdat julle nie dink of besef
    God kan dit draai vir goed

    Ja My kinders
    Ek kan selfs die seerste seer
    Iets maak waarna jy
    Kan terugkyk met waardering

    Dis My vermoë
    Dis wie Ek is
    Vir jou
    Vir elkeen

    Amen.

  • Goue tyd & geloofshuise (Nog ‘n woord in seisoen)

    Goue tyd & geloofshuise (Nog ‘n woord in seisoen)

    Hierdie is ‘n seisoen om God se rus in te gaan. Om ons harte stil te maak en nie te sê … Here gee U nie om dat ons vergaan?

    Julle vergaan nie
    Die storm sal julle nie sink
    Hou julle oë op My kleintjies
    Ek is die Een wat die storm in julle stilmaak
    Die een om julle ook


    Dis ‘n gulde geleentheid, ‘n goue een om God se rus te vind. Wil jy nie ook hê, beleef, die vrede wat alle verstand te bowe gaan?

    Vriend, vriendin trek nader, trek nader aan Abba in hierdie lockdown tyd.

    Julle sal nie, julle sal nie vergaan nie
    As als om julle skud
    Nee, julle besef nou net eers die gevaar!

    Sien vir baie lank was dit Abba wat gesê het … aan ons, die wêreld, die kinders van Hom wat slaap in die kerk…

    Word wakker!
    Kinders word wakker!
    Die wêreld vergaan!
    Julle sien nie, julle let nie op!

    Oe Pappa sê
    Kinders gee julle nie om dat julle vergaan?
    Julle slaap My kinders
    Die boot is besig om te sink


    Sien baie mense
    Se lewensbote is besig om te sink
    Ek die een wat besig is om te sê
    Word wakker, word wakker, jy gaan verdrink!

    Kind
    Jy is dan net so min gepla
    Soos wat jy dink Ek is gepla
    Noudat jy die storm om jou begin oplet

    Sien sê Abba
    Al wat besig is om te gebeur in hierdie tyd
    Is dat julle besig is om te besef
    Die gevaar waarin julle verkeer

    Ja julle oë is net besig om oop te gaan
    Julle is besig om te besef
    Hoe Ek al die tyd gevoel het
    As Ek benoud aan die wêreld skree:


    Word wakker!
    Word wakker!
    Die tyd raak laat!
    Die tyd raak min!


    Dis al wat besig is om te gebeur
    Ek begin julle net al meer bewus maak
    Van die sinkende situasie

    Waarin julle verkeer

    Bekeer My liefste kinders
    Begin net op julle knieë gaan
    En sê dankie
    Sê dankie vir My genade wat so baie omgee


    Dis ‘n bedekte seën
    Wat besig is om tans te gebeur
    Ek weet julle sien dit nie, Ek weet julle wil nie
    Maar wat besig is om te gebeur is goud


    Dis goue tyd wat Ek hierdie wêreld gee
    Om te besin, om te glo
    Om te weet, om te evalueer
    Glo ek reg oor God? Waar is ek in verhouding met Hom?


    Sien daar is net te min mense wat rerig bemoeienis maak met hierdie vrae
    Nee hulle gaan veel eerder ongesteurd aan, min gepla
    Net soos Ek op die see van Galilea
    Toe My dissipels aan My die vraag vra


    Natuurlik gee Ek om My liefste kinders
    Dis hoekom sê Pappa
    Ek julle bewus maak van die situasie waarin julle verkeer
    Julle moet julle Pappa begin raaksien


    Sy liefde is altyd om te dissiplineer
    Om reg te help, om te beveilig
    Om elke hoek en kant van die skaap-kraal toe te maak
    Sodat die wolf Satan nie kan kom steel, slag en verwoes

    Oe kleintjies
    Dis goue tyd, dit wat Ek julle nou gee
    Ja dit was nodig
    Nodig dat die wêreld se oë net weer bietjie oopgemaak word


    Dis nooit
    Om seer te maak
    Dis altyd
    Om bewus te maak


    Ja soveel mense het al in hierdie Corona-virus-seisoen
    Geliefdes aan die dood afgestaan
    Mense het seer, hulle het groot eina
    Bevrees en bevange is soveel


    Maar kan Ek julle kom rustig maak
    Asseblief geliefdes onthou
    Hulle wat treur
    Hulle sal vertroos word


    Dit is die Woord se belofte
    Asseblief kom gee vir My jou seer
    Laat Ek saam met jou dra
    En ligter maak die groot eina


    Oe My kinders dood is oorwin
    Vir altyd en ewig
    Is dit nie wat julle My geredde kinders
    Vandag en hierdie week vier?


    Die Opgestane Heer
    Dit is Ek My liefste kinders
    Die Pasga Lam
    Geslag vir julle sonde en seer


    Julle is veronderstel geliefdes
    Om soveel vrede in julle harte te hê hieroor
    Dood moes lankal nie meer ‘n houvas op julle hê
    Ek leef, julle leef in My!


    Kinders dis die vrede en hoop waarvan Ek praat
    Geliefdes sê Abba
    Vir hulle wat glo in My Seun Jesus Christus
    Is dood net die drumpel na die Ewige Lewe


    Ja daar waar als sag en soet is
    Daar waar My liefdevolle teenwoordigheid
    Elke stukkie van die hemel vul
    Ek wil hê julle moet altyd dat dit julle gedagtes vul


    Die lewe na die dood
    Die Ewige saam met My
    As dit is liefstes waar julle fondasie lê

    Sal dit nie so maklik raak om bang te raak wanneer aardse fondasies begin val

    Ek sê al eeue en eeue lank vir die wêreld se mense
    Kom in My Koninkryk in
    Leer My ken
    Laat dit vir julle vrede, rustigheid en hoop bring


    Die ding is net
    So min mense wil dit glo
    Selfs van My eie kinders
    Dien My met selfsugtige gemak


    Ja so lank as wat dinge op hulle terme kan bly gebeur
    Is hulle baie maklik en baie tevrede om dit te bly doen
    Begin julleself eerder afvra My liefste liefste kinders
    Sal julle My bly dien as meer ongemaklikheid aan julle deur begin klop?


    Sien sê Abba
    Dis al wat besig is om te gebeur met hierdie Corona-virus
    Dis besig om julle goed-gemesselde planne omvêr te werp
    Ja julle begin sê: Nee a nou raak dit ongemaklik


    Die hele ding begin krap waar dit nie nodig was om te begin krap
    Dis mos iets wat julle gereeld kwytraak … Hoekom krap as iets nie pla?
    Kinders dit bring ons terug op dieselfde plek
    Vanuit watter spektrum bekyk julle die situasie? Die ewige of nou?


    Ja Ek weet sê Pappa
    Dit is haatlik
    Dis nie ‘n situasie waarvan julle hou
    Maar wat as dit is wat Ek kan ek wil gebruik om mense se oë meer op My te vestig?


    Kan julle julself daarby berus?
    Kan julle sê…
    Ja Vader, ja ek hou niks daarvan maar ek weet
    Ek weet U planne is beter en meer as myne en daarby sal ek my neerlê


    My liefstes, My kinders
    Julle is Myne
    Ewig is die Rots waarop julle bou
    Word net rustig by My in hierdie seisoen


    Begin nader trek en weet
    Ek is die eintlike Rus waarna jy verlang
    Dit lê nie in jou bank rekeninge nie
    Dit lê nie in die plekke waar julle sekuriteite opbou


    Dit lê in My
    Die Ewige Ek Is
    Ek is in julle midde My kinders
    Ek het julle nie verlaat


    Kom sit by My
    Asseblief
    Meer as wat julle ooit het
    Kom raak rustig by My


    Kom leer op ‘n dieper manier ken dat Ek slaap in julle lewensbote
    Nie omdat Ek nie omgee maar omdat Ek so so seker is
    Ek weet My kinders, Ek weet wie Ek is
    En Ek wil so graag hê elkeen van julle moet ook in daai sekerheid inbeweeg


    Ja dis taai
    Ja julle het dit nie beplan
    Maar kan julle kom rus
    Sal julle kom rus by My?


    As daar fondasies is wat moet val in die tyd
    Laat hulle val My kind
    En laat toe dat Ek en jy saam
    Sterker aan daai geloof-fondasie van jou bou


    Die is ‘n uitnodiging na groei My liefste kinders
    Dieper en meer saam met My
    Laat ons begin messel
    Begin bou aan daai fondasie van jou geloofshuisie


    Ja van hulle staan vas
    Gebou op die Rots van die Eeue
    Maar kind daai huisie van jou…
    Hy is verrineweer


    Soveel herstelwerk het hy nodig
    Nuwe lae verf, gebreekte vensters moet vervang word
    Uitvee, mop, skoonmaak … dis wat baie van julle huise nodig het

    Opknappingswerk

    Ja sê Pappa
    Ja Ek weet
    Baie van julle kyk na hierdie ekstra tyd wat Corona julle gee en dink…
    Nou kan ek doen waarvoor ek nooit tyd kry


    Maar kan Ek vra
    Pappa se kinders
    Sal julle in hierdie tyd ook seker maak
    Dat die opknappingswerk van julle geloofshuise geskied?


    Ja vra julleself vandag…
    Asseblief
    In watter kondisie is my huis van geloof
    Watter onderhoudingswerk moes ek al lankal aan hom aanbring?


    Kinders hoe lyk julle tye van aanbidding?
    Hoe lyk die tye wat julle saam met My spandeer?
    Persoonlike tyd, nie net daai vinnige gebede

    Wat julle saam met julle mans, vrouens en kinders in die oggende bid

    Hoe lyk die herstelwerk van jou geloofshuis?
    Begin arbei My kinders…
    Daaraan
    Begin Heilige Gees vra..
    .

    Wys my, wys my asseblief … waar kort my huisie werk?
    Dis al wat Ek in hierdie dag van julle vra … sal julle?
    Sal julle toelaat dat hierdie tyd van isolasie
    ‘n Tyd van enorme seën vir My en jou se verhouding word?


    ‘n Vernouing
    ‘n Verdieping
    ‘n Een-word tussen ons

    Meer as vantevore

    Julle kan en julle gaan deurtrek
    Hou julle oë net op My
    Stewig en sterk, onbeweegbaar en vas
    Dit is die fondasie waarop julle bou
    .

    Tydens die neerskryf van hierdie woorde het ek so duidelik die toneel van Markus 4:35-41 gesien afspeel. Gaan lees dit asseblief. En as julle nog nie die blog wat ek vroeer die week gelaai het gelees het nie moedig ek julle aan om dit ook te gaan lees. Dit sluit mooi aan by hierdie een. Dankie Heilige Gees. Abba dankie dat U ken die onstuimigheid wat ons harte in hierdie tyd besoek. Sal U dit asseblief rustig maak en ons dieper bly trek met die liefdevolle herinnering van wie U is. Mag hierdie ‘n tyd van praggroei saam met U wees, vir U elke kind. In Jesus se Naam.

    Amen.

  • ‘n Barmhartige Samaritaan Storie

    ‘n Barmhartige Samaritaan Storie

    Dankie Daddy
    Vir lewe en lig
    Vir dankbaarheid in my hart
    Dis so groot geskenk

    Dit help my so baie Pappa
    Om die lewe en wat dit meebring
    Elke dag
    Met ‘n vonkel in die oog te bekyk

    Daagliks Daddy
    Steel die lewe se opdraandes
    Soveel vreugde en vrede
    In ons gemoed

    Maar U gee dit terug
    Wanneer U sê
    My kind tel die seëninge wat jy oorhet
    Sê steeds dankie daarvoor

    Ek wil net kom dankie sê Abba
    Vandag net soos vele ander dae
    Loop my hart oor
    Van dankbaarheid teenoor U

    Selfs al is daar dae wat my vertel ‘jy het so min’
    Is daar steeds so baie
    Wanneer ek kies om my oë daarop te vestig
    En nie net op dit wat verkeerd is

    U is my hart se oggendson Pappa
    Die een wat hom elke dag laat glimlag
    Wanneer U met U vreugdestem fluister
    ‘Ek is hier My liefste dogter, saam gaan ons hierdie dag aanpak’

    Ek weet dis nie altyd maklik nie My kind
    Die lewe het nooit belowe hy gaan altyd rooskleurig
    En sonder struikelblokke wees
    Inteendeel My kind, Ek het gesê

    Gaan lees jou Woord
    In die wêreld sal julle verdrukking, sware stryd hê
    Maar hou goeie moed My kind
    Want Ek Jesus het die wêreld oorwin

    Dis altyd My begeerte
    Liefste kind
    Om julle dieper My hart in te vat
    Met die uitdagings wat die lewe stuur

    Sien wanneer dit so om werk
    Kan geen mens ooit sê
    Dit was verniet
    Daar is geen doel agter al my pyn

    Kind dit is verniet
    Al die gratis liefde, omgee, bystand
    Wat Ek julle bied in donker tye
    Nooit hoef julle ooit te twyfel dat Ek julle in donker dae nie sal bly dra

    Oe My kind
    Sterk-wees
    Sterk-wees en kyk na Pappa
    Ek wil so graag plan oor jou seer kom skryf

    Sien dis nie gewoonlik lekker
    Om die swaar paaie van die lewe te loop
    Maar hulle My kind kan Ek draai en gebruik
    Om soveel hoopvolle planne vir julle gebore te laat word

    Nes daai versie in die Bybel sê
    Moenie ooit dink My kind
    Dat Ek julle versaak
    Nee in donker dae is Ek baie nader as wat meeste vermoed

    As julle kon sien sê Daddy
    Wat Ek doen met mense, My kinders
    Wat soos die man wat die Barmhartige Samaritaan gehelp het
    Katswink geslaan is deur die lewe

    Dis Ek My liewe kind wat soos die Barmhartige Samaritaan
    My oor jou bloedige liggaam ontferm en My hulp kom aanbied
    Ek’s die een wat jou wonde versorg
    Ek’s die een wat seker maak dat julle die beste diens en sorg kry op julle recovering journeys

    My hart is altyd dogter, seun
    Om julle te ondersteun
    Om julle naby My te hê
    Vir julle om die ware My te leer ken

    Amen.

  • Dis ‘n proses van groei nie ‘n wiel van prestasie

    Dis ‘n proses van groei nie ‘n wiel van prestasie

    Ek is ‘n geregverdig-gemaakte kind van God
    Nie perfek nie maar op ‘n journey saam met Abba
    Saam met Hom sal ek bly opstaan
    Die werk wat Hy in my begin het sal Hy voltooi

    Daarom sal ek nie opgee
    Maar die pad saam met Hom bly loop
    Nooit nie bly lê
    Sy genade, krag en liefde is my behoud

    Altyd sal ek onthou
    Sy genade is vir my genoeg
    En geen versoeking of sonde
    Is groter as Hy

    Jesus het oorwin
    In Hom is ek oorwinnaar en vry
    Geen sonde sal ek toelaat om ‘n houvas op my te kry
    Want Jesus se prys aan die Kruis was vir vryheid

    Joune ja en ook my
    Hierdie vryheid sal ek nastreef
    Sy hand bly vashou
    Tot die end

    Hy’s die Perfekte Een…
    Jesus
    In Hom is ek volmaak
    In Hom is ek goed-genoeg

    In Hom, saam met Hom
    Moet ek net bly groei
    Dis al wat my Hemelse Pappa van my vra
    Groei in liefde vir My

    Liefste kind elke dag meer
    Moenie dat sonde se tentakels jou onderkry
    Haar seekat-manier sal bly verloor
    Soos jy oë op God bly hou

    Kyk na die horison kind
    Blou en rooi gemeng
    Daar is ‘n hemelshuis wat wag
    Kyk vorentoe, nooit ondertoe

    Selfs in en met die verkeerd
    Kan Ek bly werk
    Hou jou oë net op My
    Vorentoe kind, vorentoe

    Ek vergewe die sonde
    Dit waarmee Satan julle altyd vuil smeer
    Kyk altyd liewe dogter, seun
    Hoe vinnig julle kan opstaan na verkeerd-doen

    Ek veroordeel nooit
    Ek sê altyd Staan op
    Vee die stof van julle klere af
    En probeer weer

    As julle net kon sien
    Liefstes
    Altyd sê Pappa
    Die blink oë waarmee Ek vergeef

    Want Ek sien die harte waarmee julle sonde pleeg
    En dis altyd, gewoonlik
    Daddy ek wil nie, ek wil rerig nie
    Maar daar is iets in my wat ek net nie gekeer kry

    Oe Pappa se liefstes
    Myne
    Hoekom begin julle julself nie vergewe
    Soos wat Ek doen?

    Ja Ek weet
    Dis altyd seer
    En Ek weet
    Julle wens altyd julle het nie

    Maar liefstes
    Kan ons asseblief van die plek bly opstaan?
    Julle moet weet
    Ek vergeef

    Ek wil julle help, altyd
    Om weer op julle voete te kom
    Moenie in stof en as bly sit
    Die kere wat julle misluk, die kere wat julle verkeerd-maak

    O kinders
    Vat veel eerder Pappa se hande

    Daddy ek sal uit die stof opstaan

    Julle is nie gemaak liefstes vir op die grond bly lê
    Kyk na My, hou aan opstaan
    Ek vergewe
    Dis Ek wat altyd sê Probeer net weer

    Ja mense gee vinnig op
    Baie vinniger as wat Ek ooit doen
    Ek wil hê julle moet hoop en krag put
    Uit My eindelose geduld vir julle

    Sal julle vinniger vergeef
    Die kere wat julle faal
    En die leisels
    Uit julle hande laat val?

    Nee liefstes
    Neem net weer die leisels op saam met Daddy
    Sê jy’s jammer
    En galop aan

    Baie kinders van My
    Sê Abba
    Kom nooit oor die verkeerd-doen
    En sleg-voel

    Van julle sit al daar vir jare en jare
    Kamp-opgeslaan
    Net soos wat Satan My kinders kry om te doen
    By die Kruis van Golgota

    Liefstes
    Daddy wil Satan se sonde en skaamte
    Van julle harte afbreek
    Hy hou julle so hard en seer daarmee

    Wees sag My liefstes
    Altyd sag vir Pappa se hart en hand
    Laat My altyd toe
    Om in jul binnestes te bly werk

    Dis My begeerte sê Abba
    Dat julle harte altyd lig en vry sal voel
    Dis wat Ek altyd doen, dis waarnatoe My Woord altyd die pad aandui
    Lig en vol vrede

    Nie ‘n swaar en donker gemoed
    Ek haat dit sê Pappa
    As Ek My kinders so morbied deur die lewe sien gaan
    Ek het gesterf sê Jesus om julle veel meer as dit te gee

    Daar is ‘n lewe beskikbaar
    Van oorvloed vreugde, lig en lewe
    Sê Pappa, ons Hemelse Pappa
    In My Seun

    Sal julle die lewe asseblief
    Asseblief
    Saam met My
    Begin doen

    Hou op om My uit te sluit
    Maak My veel eerder kinders deel van als in jou
    Die sleg, die verkeerd
    Die mooi, die gehoorsaamheid

    Julle harte faal
    Kinders dit is so
    Tog wil Ek hê julle moet weet
    Ek vergewe gou

    Ek wil net hê ons moet die pad bly loop
    Hand-aan-hand
    Soos geliefdes doen
    Oor die strand van die lewe

    As jy bereid sou wees kind
    Om in vasberadenheid en volharding
    Die pad saam met My te bly stap
    Kan Ek jou beloof

    ‘n Ewige oorwinning
    Vol kleiner oorwinnings op jou pad tot daar
    Sonde sterf nie altyd eensklaps ‘n dood
    Dis ‘n pad tot daar

    Kind ‘n reis tot by die Ewigheid
    Waar jy elke dag kies om die vlees te bly neerlê
    Nie altyd maklik want sy wil altyd uit die dood opstaan
    Maar My Seun se bloed en opstanding het die ewige oorwinning vir jou behaal

    Daarom wandel dan op hierdie pad
    Laat jou Gees-mens bly groei
    En weet dis nie altyd ‘n pad van perfeksie
    Maar Jesus wat alreeds perfek is in jou

    Ja kind ‘n pad van groei
    ‘n Pad van Jesus toelaat om volwasse gestalte in jou te verkry
    Ja Hy moet groei
    Van baba na die gekruisigde Heer

    In jou
    Kind en dit gebeur
    Soos jy jouself
    Elke dag aan My oorgee

    Begin elke dag net saam met My
    Hou aan oorgee
    En vertrou
    Ek’s altyd besig om julle by die mooier mooi in My te wil uitbring

    Dis ‘n groei-proses
    ‘n Proses so mooi
    ‘n Proses van groot-word-in-Jesus
    Groei, groei, groei

    Kind solank as wat jy altyd bereid is om te groei
    Sal jy nooit in ‘n rat van sonde en ek-kan-nie-aanbeweeg verval
    Hou aan groei
    Saam met My

    Nooi Jesus se lig konstant in

    Jesus ek gee U toestemming
    Hê U manier in my

    Dis die mooiste werk
    My liefste kind
    Wat die Hemelse Pottebakker in jou wil kom doen
    Daarom laat jou gebed altyd toe om te wees

    Jesus ek die aardse klei gee U toestemming
    Vorm my, knie my
    Maak my soos U
    Die Hemelse Pottebakker my wil hê

    Met harte bereid om sulke gebede te bid
    Kan Ek altyd bly werk sê ons Hemelse Pappa
    Altyd-Altyd
    Want Ek het jou ja

    Soveel mense wat nog vassit in ‘n rat van nie-verandering
    Julle kan nie glo
    Maar soveel mense wat sê
    Ek hoef nie te verander, daar is niks fout met my

    My liefste kind
    Kan jou Pappa in die hemel vandag vir jou kom vra
    Weerspieël jy al ten volle vir Jesus
    In jou lewe en hoe jy optree?

    Ek wil hê jy moet weet kind
    As jy nie volmondig kan saamstem
    – Wie kan? 😉 –
    Is daar altyd ruimte vir groei

    Want sien
    Mense sien die deel nie altyd nie
    Volgens hemel-standaarde
    Skiet hulle veels te kort

    En sien sê Pappa
    Nie omdat dit ‘n wiel
    Van prestasie is nie
    Maar ‘n proses van groei

    Altyd wil Ek julle
    By die dieper en mooi in My uitkry
    Maar dit kan net gebeur
    Met die wat volwasse is in Gees

    Ai My liefste kinders
    Asseblief, bly groei
    Altyd, altyd
    Wees bereid om te groei

    Is dit nie ook altyd vra Pappa
    Wat julle bewonder in mense nie
    Hulle uithouvermoë, die begeerte om hulself te verbeter
    En hoe bereid hulle is om daarvoor te werk

    Dis maar dieselfde met My
    Liefstes
    Ek soek maar net kinders
    Wat altyd bereid is om te groei saam met My

    Nie perfeksie nie kinders
    Maar groei
    Dis Pappa se hart
    Dis al wat Ek vandag vir julle wou kom sê

    Liefde My kinders
    Pappa bewonder julle
    Julle groei en bly-opstaan, julle nooit opgee
    Dit bemoedig en seën My hart

    Amen.

  • Glorieryke ontdekkingstog

    Glorieryke ontdekkingstog

    U is rustigheid
    U is vrede
    U is hoop
    U is als wat so graag in my hart wil woon

    Kind sê Pappa
    Kom nader
    Kom sien
    Daar is soveel meer voorberei

    Vir jou
    Vir julle
    Vir almal
    Wil Ek so graag wys die diepte van My hart

    Kom verken
    Sê Pappa
    Kom Ek nooi jou nader
    Sal jy seblief nie sê nee

    Moenie agterweë bly nie
    Kinders sê Daddy
    Asseblief veel meer
    Het Ek vir julle voorberei

    Julle ken My nie kinders
    Sê Pappa-God
    Soos Ek so graag wil hê
    Julle moet My ken

    Nader sê Pappa
    Nader
    Altyd-altyd nader aan My
    Dis My grootste hartsbegeerte

    Julle wonder
    Sê Pappa
    Te gereeld
    Wat is hierdie meer waarvan Ek praat

    Oe kinders
    Sê Pappa
    Dis die lieflikste mooi
    Wat enige iemand ooit sal kan opspoor

    Dis Ek
    In My mooiste glorie
    Sê Abba
    Dis Ek in My heelmooiste glorie

    Dis Ek in My volmaakte mooi glorie
    Waarna jy elke dag
    Meer
    En meer kom soek

    Oe liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Asseblief asseblief kom verken
    Daar’s soveel meer wat Ek julle wil gee

    Julle harte is diep
    Sê Pappa-God
    So gereeld kom sê julle
    Daddy-God rerig ek wil meer van U hê

    Sal U asseblief my hartskapasiteit vergroot
    Pappa-God
    Sodat meer van U wonderlik-wees
    In my hart kan woon

    Oe Pappa-God se kinders
    My liefstes
    Liefstes van my hart sê Pappa
    Dis die gebed wat Ek wil hê julle moet begin bid

    Pappa se kinders
    Myne
    Liefstes
    Julle is tevrede met so min van My

    Liefstes sê Pappa-God
    Asseblief kom nader aan My
    Kom verken My hart
    Kom sien julle het nog nie die bodem in My ontdek

    Oe gereeld
    Sê Pappa-God
    Kinders wat Ek julle vra
    Kom verken tog My hart

    Liefstes sê Daddy
    Daar is ‘n verkenningstog julle
    Waarop Ek elkeen van My kinders
    So graag wil neem

    Sal julle My toelaat liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Asseblief
    Om julle saam met My op hierdie wild crazy adventure te neem

    Oe sê Abba-God
    Daar is ‘n liedjie soos dit
    Het julle hom al gehoor
    Dalk moet julle hom bietjie gaan opsoek 😉

    Oe kinders
    Sê Abba
    Dis ‘n wonderlike liedjie
    Dit vertel met opwinding van dit wat Ek instoor hou

    Liefstes sê Pappa
    Meer en meer
    Dis ‘n ontdekkingstog
    Waarop Ek julle wil neem

    Gereeld sê Daddy
    Sê baie van julle nee
    Nee hoekom moet ek meer uitvind
    Ek is dan so tevrede met wat ek alreeds het

    Kinders sê Daddy-God
    Vir My is dit al so afgesaag
    Julle sing oor en oor dieselfde deuntjie
    Hoekom wil julle nie meer oor My wonderlik-wees weet nie

    Oe sê Daddy
    Dit maak so seer
    Die wete dat julle rerig met oppervlakkige kennis oor My
    Tevrede wil bly

    Ek weet dis vir julle kosbaar
    My liefstes
    Sê Pappa-God
    Baie van die oppervlakkige kennis wat jy reeds van My het

    Ek wil maar net sê
    Pappa se kinders
    Kom soek na meer
    Kom soek na alles van My

    As julle gedink het
    Sê Pappa-God
    Dat julle tevrede is met die min
    Laat Ek julle die dieper wys!

    Kinders sê Pappa
    Dis net omdat julle nog nie weet
    Of besef
    Wat Ek nog instoor vir julle hou

    Oe ja sê Pappa
    Daar’s soveel-soveel meer
    Ek soek net honger harte wat bereid sal wees om te sê
    Daddy-God ek is net nie meer tevrede met wat ek van U weet

    Daddy ek wil U kom verken
    Daddy-God ek wil kom uitvind
    Wat is dit
    Wat is dit wat nog vir my wegkruip?

    Oe liefstes sê Daddy
    Julle sal julle harte
    So so verbly
    As julle dit net wou doen

    Oe geliefdes sê Daddy-God
    Geliefdes van My hart
    Soek My asseblief
    Sodat julle meer van My kan vind

    Dis net die met ‘n honger in hulle hart
    Wat regtig
    Die meer en dieper in My
    Ooit sal kan opspoor

    Ja-nee sê Daddy-God
    Ek verberg My dikwels vir ‘n rukkie
    Gooi ‘n klippie in die bos
    En kyk wie sal kom kyk

    Ja sê Daddy
    Wie sal kom kyk
    Wie sal kom kyk
    Na die ritseling in die bos

    Oe geliefdes sê Pappa-God
    Ek wag vir julle
    Ek wag vir julle
    Om die aas van My liefde en dieper-kom-verken te vat

    Hoekom, hoekom
    Hoekom sê Daddy
    Kom soek julle net nooit
    Na meer van My

    Oe geliefdes
    Seblief sê Daddy
    Kom soek
    Kom soek na meer van My

    Ek het al begin tone tel
    Sê Pappa-God
    Ek het al begin moeg word
    Een en een maak twee, een en twee maak drie

    Oe Ek is al hoogs verveeld
    Hoog sê Pappa-God
    Ek weet nie
    Dalk moet Ek die bos met ‘n hoop klippe bestook

    Oe kinders
    Sê Daddy-God
    Ek sien julle
    Ek sien julle verby die bos loop

    Hoekom kyk julle nie op nie
    Hoekom kyk julle nie op na waar Ek julle in oog hou
    Oe seblief kinders sê Pappa-God
    Kyk op na My

    Oe Daddy se kinders
    Hoekom
    Hoekom laat julle toe
    Dat die wêreld julle so verlei

    Dit gebeur te gereeld
    Sê Pappa
    Te te gereeld
    Dat julle My toelaat om uit sig te verdwyn

    Kinders sê Pappa
    Ek weet nie of julle weet
    Maar dis tyd om te begin besef
    Daar is meer wat om julle aangaan

    Ja sê Daddy-God, ja
    Julle is so verdiep in aardse goed
    Julle sien nie eers meer
    Waarmee Ek besig is

    Hoekom is dit so
    Vra Pappa
    Hoekom laat jy toe
    Dat die wêreld jou so mislei

    Oe Abba-God se kinders
    Ek wil julle vra, rerig
    Begin My hoor
    Vanuit die bosse waaragter Ek fluit

    Ja Ek probeer julle aandag trek
    Hard en duidelik
    Maar al wat hoor
    Is julle

    Hoeveel duideliker sê Pappa-God
    Moet Ek dit vir julle maak
    Kind sê Daddy
    Moet Ek jou op die skouer kom tik

    Oe Daddy-God se kind
    Oe Daddy-God se kind
    Hoekom is dit so
    Dat jy My met groot verbasing op die gesig in die oë sal kyk

    Ja verboureerd en verward
    Sal jy dan om jou rondkyk
    Jy sal sê, jy sal stotter
    Waar, waarvandaan af kom U nou?

    Oe Abba-God se kind
    Ek sal sê
    Ek wag vir jou
    Ek is nog heeltyd hier

    Nee My kinders
    Julle weet mos tog
    Dit is net niks lekker
    Om met min-belangstellendes te speel

    Ja-nee sê Pappa-God
    Daai mense wat vir jou kyk
    Maar jou nogsteeds nie eintlik sien
    Want hulle gedagtes is alreeds op ‘n ander plek

    Oe kinders
    Sê Daddy
    Julle ken dit mos
    Julle weet presies waarvan Ek nou praat

    Dis net nie lekker
    Sê Pappa-God
    Om julle in die oë te kyk
    En te sien julle wil nie eintlik met My speel

    Oe Abba-God se kind
    Ek wil julle belangstelling op-wek
    Met hierdie briefie wil Ek sê
    Daar is soveel meer, sal jy ASSEBLIEF kom soek

    Oe dit gebeur te gereeld
    Te gereeld
    Dat julle net nooit wil
    En dat julle dan net g’n idee het waarop julle uitmis

    Oe geliefdes
    Sê Abba
    Liewe liewe geliefdes
    Julle sal My woord hiervoor moet vat, punt

    Ja sê Daddy
    Ja dit is so
    Ek kan nie aanhou om julle die heeltyd te lek
    Oor en oor te smeek

    Dit sal die moeite werd wees
    Kinders dit sal
    Kinders julle sal dit sien
    Julle sal dit beleef!

    Kyk sê Daddy
    Hierdie wêreld lê vol van My waarborge
    As jy dit sal doen, sal Ek dit doen
    Kinders sê Daddy, hulle is oral-oor

    Kom sê Daddy
    Kom
    En kom sien
    Hy wat glo, hy sal sien

    Ja sê Daddy
    Ja dit is so
    Julle glo My waarborge te min
    Dis hoekom julle aanhou om uit te mis

    Kinders sê Pappa
    Hoekom
    Hoekom is dit so
    Weet julle nie dat Ek die Een is wat ewig leef?

    Wat verstaan julle nie
    Sê Pappa
    Wat verstaan julle nie
    Ek is die Ewige Mooi Een

    Julle dink te gereeld
    Sê Abba
    Dat dit nie so is
    Dat Ek nie die waarheid praat

    Ek is die onvergelykbare wonderlike Een
    Kinders sê Daddy
    Daar was en sal nooit
    Een soos Ek wees

    Maak dit nie alles die moeite werd nie
    Kind sê Daddy-God
    Hoekom, hoekom is dit nie genoeg
    Om die belangstelling van jou hart te wen

    Ek wens so dit kon anders wees
    Sê Pappa
    Ek wens jy kon besef
    Wat klop regtig aan jou deur

    Kinders sê Pappa
    Luister
    Luister asseblief vir My
    Pappa weet waarvan Hy praat

    Hierdie wêreld en haar plesier
    Kinders sê Daddy
    Kinders
    Dis vlietend en baie vinnig verby

    Kinders net soos die vuurwerke
    Wat julle dikwels in die aandlug aanskou
    Het julle nie ook al gewens
    Dat hulle net bietjie langer in die lug wou bly

    Ja sê Pappa
    Ja
    Dat julle vir ‘n ewigheid
    Die wonder van hulle mooi-wees kon aanskou

    Kinders sê Pappa
    Kinders
    Asseblief luister vir My
    Ek is die Wyse God

    Die Wyse Een sê Abba
    Die Oue van Dae
    Kinders sê Pappa
    Dit is Ek, die Ewige

    Van alle tyd af het Ek bestaan
    En vir alle tyd gaan Ek nog bestaan
    Dit is maar net
    Hoe dit is

    Oe ja sê Daddy
    Oe ja
    Vinnig en vlietend is hierdie wêreld se plesier
    Maar Myne sal ewig bly

    Dis hoekom Ek julle oor en oor vra
    Kinders van My hart
    Sê Pappa
    Sit jou vertroue asseblief in My hand

    Ja sê Pappa
    Ja
    Asseblief kom loop die pad saam met My
    Dat Ek jou verder kan lei

    Na dieper onontdekte plekke
    Na watervalle van verfrissing
    Na tuine van hoop
    Dit is waar ons gaan aandoen

    Oe kinders sê Abba
    Asseblief, asseblief
    Kom nader aan My
    Kom sien en vind die wonderlik-wees wat nog in My wegkruip

    Oe ja nee sê Abba
    Dis ruim
    Die dieptes in My hart
    Net soos die hemelruim wie se einde julle nog moet vind

    Oe kinders
    Ondeurgrondelik diep
    Onvergelykbaar groot
    Dit is net wie Ek is

    Ek love wie Ek is so baie
    Love, love, love
    Wie Ek is
    Elke dag

    Ek wil so graag hê
    Sê Pappa
    Dat julle ook so oor julleself sal voel
    Dat julle diep liefde vir julleself sal hê

    Nie sê Pappa
    Op die oordrywige selfsugtige manier
    Maar
    Op die diep waardevolle manier

    Ja sê Pappa
    Dat julle julle waarde sal besef
    Dat julle dit sal ken
    Ja sê Daddy op die mooiste manier

    Daar’s te veel van julle sê Abba
    Wat net te gereeld wonder
    Oor wie jy is
    En of jou lewe rerig waarde dra

    Kinders Ek wil maar net
    Sê Pappa-God
    Vandag vir julle kom herinner
    Dat julle lewens, wie julle is groot waarde dra

    Ek maak nooit foute nie
    Sê Pappa-God
    Ek weet
    Baie van julle word dit dikwels genoem

    ‘n Fout, ‘n uitvaagsel
    ‘n Mishap, ‘n failure
    Een wat net nooit ooit
    Sukses in hierdie lewe gaan behaal

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Ek wens julle kon sien
    Dit wat Ek sien as Ek na julle kyk

    Julle kyk met verkeerde oë
    Harde oë
    En nie sagte oë
    Oë wat die veroordeling van ander al begin glo het

    Hoekom vra Pappa
    Hoekom beweeg jy nie net nader aan My
    Hoekom kom hoor jy nie vir ‘n slag
    Wat Ek van jou sê

    Oe ja liefste kind
    Waardevol vir God
    Is oor jou diepste menswees geskryf
    Van binne na buite, elke stukkie vir My

    Oe God se kosbare kind
    Dit is jou hemelse naam
    Een vir een het Satan julle met sy leuens
    ‘n Ander naam kom gee

    Ja van julle ken dit
    Sê Pappa
    Van julle is al so baie kere
    Op julle aardse name genoem

    Ek praat nie
    Van julle geboorte-naam
    Ek praat van die labels
    Wat die wêreld op julle geplaas het

    Ja sê Pappa
    Ja
    Sy probeer nou-nog baie dikwels
    Om jou te probeer kry haar name bo Myne glo

    Hare klink so iets sê Pappa
    Uitgeworpene, verwerpte
    Nie-goed-genoeg-nie
    Gaan-nooit-iets-van-waarde-wees

    Oe kinders sê Pappa
    Van haar leuens, die wêreld s’n
    Het al die name geword
    Waarmee jy jouself noem

    Ja sê Pappa, ja
    Julle ken daai name
    Wat julle al vir julleself gegee het
    Gereeld fluister en sê julle dit vir julleself wanneer julle ‘n fout begaan

    Onnosel
    Hoe-kon-jy, jy-moes-beter-weet
    Vertraag
    Of is daar ‘n ander woord wat julle gebruik

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Dit maak seer
    Die woorde van haat wat julle teenoor julleself spreek

    Asseblief-asseblief julle moet dit nie meer doen
    Julle is self besig om julle waarde te bepaal
    Julle maak julleself af tot niks
    Kinders sê Daddy vir My is dit so verkeerd

    Julle maak julleself so seer
    Ek wil net hê julle moet weet
    Julle gaan julleself
    Nooit so liewer kry

    Oe nee sê Daddy-God
    Gesonde liefde vir self
    Gaan jy nooit-ooit so ontdek
    Dit kan net nie gebeur

    Ek wil julle vra
    Sê Abba
    Rerig-erig
    Dat julle My sal vra hoe Ek julle sien

    Asseblief Daddy se kinders
    Dis nodig
    Dis nodig
    Dat julle julle waarde in My begin besef

    Julle is so so verkeerd
    Julle maak so verkeerd
    Wanneer julle nie sag met julleself kan wees
    Wanneer julle nie gou kan vergeef

    Ja-nee sê Pappa
    Van julle het al soveel struikelblokke in julle harte opgebou
    Alles net omdat jy nie kan sê
    Eie ek, ek vergewe jou

    Ja-nee liefste kinders
    Sê Pappa
    Dis verkeerd
    So so verkeerd om so lank vir jouself kwaad te bly

    En nou sê Daddy
    Nou
    Omdat jy jouself nie kan vergeef
    Moet ook Ek aan die kortste ent bly trek

    Kind seblief sê Daddy
    Moet dit nie meer doen
    Ons is albei besig om so te verloor
    En dinge kan eintlik veel anders vir ons wees

    Dit gebeur baie-baie kere
    Sê Daddy
    Dat Ek in die koue moet bly staan
    Omdat die mens homself nie kan vergeef

    Kind sê Daddy
    Kind asseblief
    Maak oop daai deur van jou hart
    Sal jy asseblief My liefde, krag en vergifnis innooi

    Kind vra Daddy
    Het jy geweet
    Kan jy besef
    Ek kan jou help om jouself te vergeef

    Ja Ek kan sê Pappa
    Ja Ek kan
    Ek kan die seer en swaar van die verlede se foute
    Weg-was met My Seun se bloed

    Ja liefste kind
    Pappa kan jou die vermoë gee
    Om jouself lief te hê soos Ek doen
    As jy sou vra

    Ja My liefste kind, ja
    Pappa kan
    Pappa wil
    So graag

    Julle vergeet dit dikwels
    Baie gou
    Sê Pappa-God
    My vermoë om als beter te maak

    Kinders vra Daddy
    Asseblief moet dit nie so gou vergeet
    Ja-nee My liefste kinders
    Julle kan My gerus vra

    Mense is dikwels
    Sê Abba-God
    So aangeplak aan die binnekant
    Hulle probeer net emotioneel oorleef

    Kinders sê Daddy-God
    Ek kan daai stukkend-wees
    In elkeen van julle
    So baie mooi genees

    Oe liefstes sê Abba
    Oe liefstes
    Kyk asseblief vir My
    Begin glo, dinge kan vir jou veel beter lyk

    Ja sê Daddy, ja
    Soveel-soveel beter
    As wat dit dikwels vir jou voel
    Jy moet net begin glo

    Jy moet begin glo kind
    Dat Ek kan
    Dat Ek so graag wil
    Dat Ek naby is

    Oe kinders
    Sê Pappa
    Baie, baie van julle
    Het nog nie die wonderkrag van geloof-in-God ontdek

    Oe kinders sê Abba
    Oe kinders
    Dis so groot
    Pappa wil dit net graag vir julle sê

    Julle glo nie genoeg nie
    Julle het baie kere alreeds sê Daddy
    Dit uitgewerk in jou kop
    En bepaal nee daar sal nie ‘n kans daarvoor wees

    Kinders sê Pappa-God
    Julle is besig om die vlerke van geloof
    Kort te knip
    Sy kan nêrens heen vlieg

    Dis baie kere sê Daddy-God
    Wat gebeur
    As Ek My kinders vra
    Om My te glo

    Ja liefste kinders sê Abba
    Ja
    Dit gebeur partykeer
    Dat julle My nie genoeg glo

    Ek weet nie
    Sê Abba
    Dalk wil julle nie hopes op-kry
    Net om weer teleurgestel te word

    Kinders Ek wil net sê though
    As julle sal aanhou glo
    En nooit ophou glo
    Sal julle saam met My die onmoontlike beleef

    Ja-nee kinders
    Dis ‘n waarborg sê Abba-God
    Die wat My glo
    Nooit sal hulle beskaamd staan nie

    Julle moet asseblief nooit sê Pappa-God
    Net glo tot daar waar dit vir julle moontlik is nie
    Oe nee My liefste kinders sê Abba
    Dis maar eers daar waar Ek begin

    Die einde van julle glo sê Abba
    Is maar slegs die begin van Myne
    Daarom sê Abba
    Hou aan glo

    Hou aan glo kinders
    Hou aan glo
    Wonderwerke kan slegs gebeur
    As julle glo

    Ja vertel vir My sê Abba
    Daddy ek weet nie hoe
    Ek kan nie sien hoe dit kan gebeur
    Maar ek sal na U bly kyk

    Ja Daddy
    God van die onmoontlike is U beslis
    U kan alles doen
    Daddy ek glo

    Ek weet sê Abba-God
    Dikwels My liefste kinders
    Dat julle struggle met glo
    Julle weet nie aldag hoe dit lekker werk

    Julle glo
    Maar julle glo ook nie
    Julle wil vertrou
    Maar julle weet nie lekker hoe

    Kinders sê Daddy
    Ek wil net hê dat julle altyd sal weet
    Dat My hart en karakter
    Vêr bo verdenking is

    Ja partykeer sê Daddy-God
    Dikwels gebeur dit
    Dat julle net glo
    Tot waar julle kan sien

    Julle moet begin verder kyk
    Geliefdes
    Julle moet begin sien
    Dat alles by My moontlik is

    Geloof sê Daddy
    Glo
    Dat alles by My moontlik is
    Dat GEEN plan vir My onuitvoerbaar is nie

    Geloof sê dis moontlik
    Geloof sê dit kan
    Geloof is vertroue
    In My goue hart

    Dat Ek vir jou is
    Dat Ek nie sommer net gaan opgee
    Dat Ek altyd daar is
    Dat Ek alles weet

    Ja sê Daddy
    Geloof sê basies
    Vertrou God
    En dat by Hom alles moontlik is

    Sien sê Daddy
    Hierdie tipe vertroue se vlerke is nie geknip nie
    Hierdie tipe vertroue kan vir die hoogste wolke gaan kuier
    Ja sê Daddy selfs die wat julle nie kan sien

    My hart is bemoediging
    Sê Abba
    Dis hoekom Ek altyd vra
    Hou aan opkyk, vertrou My hart

    Liefstes sê Abba
    Ek’s altyd en altyd vir julle
    Ek wil net so graag hê
    Julle moet dit glo

    As julle sal bly glo kinders
    Sal julle altyd sien
    Ek is by julle
    Ek kan julle nie in die steek laat

    Laat julle geloofspiere
    Toe om te groei
    Asseblief My liefste kinders
    Die klem is op groei

    Asseblief kinders
    Asseblief
    Die stretch van geloof is nie altyd lekker
    Maar jong is dit nodig

    Ja liefste kind sê Pappa
    Dink aan geloof as ‘n stel trappies
    Elke trappie ‘n stepping stone
    Na die volgende een

    Oe kinders
    Sê Daddy
    Elke trappie is so nodig vir julle geloofspad vorentoe
    Julle sal nog sien

    Hou aan vertrou
    Liefste kinders
    Asseblief
    Hou net aan om My te vertrou

    Julle gaan nog sien
    Sê Abba
    Elke trappie gaan julle net meer en meer leer
    Ek is te vertrou

    Hou julle harte sag
    Asseblief liefste kinders
    Vir My
    Vir wat Ek julle wil wys

    Alle dinge is moontlik met My
    Liefste kinders
    Alles
    Van die grootste tot die kleinste, niks is buite My bereik

    Hou aan glo
    Asseblief kinders
    Die tye wat twyfel kom klop
    Jaag hom net weg en sê nee!

    Geen plek het jy hier
    Nie in my hart
    Of op geen ander plek
    Want ek sal God glo

    Kyk op kinders
    Altyd-altyd na Bo
    Julle God is groot
    En vir Hom is julle elkeen baie spesiaal

    Hou aan glo
    God weet altyd wat Hy doen
    Altyd en altyd
    Hou aan met vertrou

    So sal en kan Ek
    My drome vir julle lewens verwesenlik
    As julle na My bly kyk
    Oorgegee-de lewens leef

    Amen.

    Laat weet my gerus as die blog jou hart geseën het of as jy net ietsie in jou hart wil deel, dit sal vir my lekker wees om van jou te hoor! Groetnis, Letitia x

    Die liedjie waarna in die blog verwys word kan jy hier luister:
    https://www.youtube.com/watch?v=aCGJUcor30M 

  • Mooi leë woordjies

    Mooi leë woordjies

    Daddy-God se hart is sag
    So so sag
    Ek wonder of jy dit weet
    Het jy dit al gevind?

    Boetie, sussie
    My hart smelt
    Smelt
    As ek in God se teenwoordigheid bly sit

    Ek wil net meer hê
    Meer en meer
    Van Sy wonderlik-wees
    Meer en meer van wie Hy nog altyd is

    Die skatte is so diep
    Liefste kinders
    Sê Pappa
    Daar is soveel-soveel meer

    Onuitgeput sê Daddy
    Is die skatte in My hart
    Nooit sal niemand alles kan opspoor
    Daar is net te veel

    Goddelik
    Goddelik-mooi is my Pappa se hart
    Ek weet nie hoe anders om dit te sê
    Geen wonder Hy is God

    Oe liefste wêreld
    Kinders daarbinne
    Julle mis so uit
    Alles omdat julle nie wil naderkom

    God se kinders, Myne
    Julle wat so sê
    Julle is in vlak waters kinders
    Julle is in vlak waters

    Kom dieper in
    Kom swem uit
    Kom verdwaal liefste kinders
    Kom raak verlore in wie God is

    Oe My wonderlik-wees
    Sê Abba
    Het nog nie genoeg mense gevind
    Hulle weet nie, hulle weet nie hoe goed Ek waarlik is

    Oe hulle dink so
    Hulle dink rerig so
    Maar kinders sê Pappa-God
    Julle het nog nie gevind

    Kom dieper
    Kom vra na meer
    Kom verdwaal kinders
    Ek vra weer, in My wonderlik-wees

    Genade-groot
    Is so My Naam
    Liefde-diep
    Dit ook

    Oe kinders sê Pappa
    Asseblief
    Begin honger raak
    Begin honger raak vir meer van My

    Julle is tevrede
    Liefste kinders
    Sê Daddy
    Met vlak water, hoekom is dit so?

    Genoeg sê Daddy
    Genoeg
    Dit is wat die wêreld dikwels sê
    Julle weet genoeg van My

    Oe kinders
    Ek wens sê Daddy
    Ek wens julle kon die dieptes in My sien
    Hulle is onbereikbaar vêr

    Ek vra julle weer
    Liefstes
    Kom klop aan My deur
    Dieper en meer, vra daarna

    Daar is soveeel meer
    Sê Abba-God
    Wat Ek in hierdie tyd aan julle wil gee
    Soveel, soveel meer

    Het julle geweet
    Abba se kinders
    Ek vertel julle graag
    Hoe diep My liefde vir julle elkeen lê

    Diep genoeg
    Sê Abba-God
    Sodat jy nooit ooit die einde daarvan sal kan vind
    Net soos die wondermooi skatte in julle God se hart

    Julle soek nie na My nie
    Sê Abba-God
    Julle smag nie na wat Ek vir julle wil gee
    Dit is die probleem

    Liefstes van My hart
    Sê Daddy
    Kleintjies
    Dit is die probleem

    Julle vra nooit nie
    Julle wonder nooit nie
    Pappa is daar meer
    Meer van U wat ek kan en wil hê

    Oe God se kinders
    Sê ons liefste Pappa
    Hoekom smag julle nie meer na My
    Soos ‘n hert in die liedjie wat julle sing

    Kinders
    Sê Daddy-God
    Julle sing dit uit gewoonte
    Julle sing dit lankal nie meer omdat julle dit bedoel

    Hoekom sê Daddy
    Hoekom is dit so
    Julle vertel gereeld vir mense Ek is wonderlik
    Maar julle bedoel dit nie rerig diep vanuit julle hart

    Ek dink sê Daddy-God
    Dit is waar die grootste probleem lê
    Ek het vir baie van My mense
    Net ‘n afgesaagde mooi roetine geword

    Ja sê Abba-God
    Selfs en veral
    Soos daai tradisies
    Waaraan julle vasklou

    Dit dra glad nie meer waarde nie
    Geliefdes van My hart
    Glad nie meer sê Pappa
    As julle nie bedoel wat julle sê

    Ek wil so graag
    Sê Daddy
    ‘n Veel dieper betekenisvolle iets saam met jou hê
    Ek wil so graag verhouding met jou bou

    Liefste seun
    Dogter van My hart
    Sê Pappa
    Kom asselief net nader aan My

    Veel veel nader
    Sê Daddy
    Veel veel nader
    As wat jy nou is

    Liefde-diep kinders
    Genade-groot
    Hulle roep julle naam
    Hulle sê kom soek meer van My

    Daar’s altyd ruimte vir groei
    Sê Daddy-God
    By My
    Altyd en altyd en altyd

    Ek weet sê Pappa
    Baie van julle ken dit nie
    Baie van julle wil nie meer weet
    Maar Ek vra julle, is julle seker?

    Is julle doodseker
    Sê Pappa
    Baie beslis in julle besluit
    Dat julle nie meer van My wil hê?

    Oe geliefdes
    Sê Daddy-God
    Julle moet baie seker maak
    Dit is wat julle wil hê

    Julle is so so besig
    Sê Daddy-God
    Om te verloor, op groot skaal
    Omdat julle bly nee sê

    Asseblief doen dit meer
    Asseblief laat My toe sê Pappa
    Om vir julle te vertel hoe groot, diep en onbereikbaar vêr
    Die skatte in My hart lê

    Vertel My meer
    Sê Abba
    Vertel My kind asseblief
    Daar is soveel meer wat Ek julle wil gee

    As julle net daarna wou begin vra
    Sê Pappa
    Soveel groot mooi skatte
    Kan Ek dan by jou deur kom aflaai

    Oe kinders
    Sê Daddy
    Begin net vra
    Asseblief, groot asseblief

    As hierdie wêreld
    Sê Daddy-God
    Net anders oor My wou begin glo
    Sou dinge soveel-soveel anders kon wees

    Ek is meer
    Sê Daddy-God
    Meer as wat julle ooit sou kon glo
    Selfs al sou julle reg glo

    Ek wil hê julle moet begin verstaan liefstes
    Daar is meer en dieper
    In My hart
    Maar Ek kry hulle net nie uitgedeel

    Ek is soos konstant besig
    Sê Daddy-God
    Om te vra, om te probeer
    Sal iemand hulle hart dieper vir My oopmaak?

    Begin net vra sê Daddy-God
    Asseblief My liefste kinders
    Vra net opreg-eerlik
    Daddy asseblief gee my meer

    Daar’s te veel mense
    Sê Daddy-God
    Wat hierdie verhouding-met-My-sake
    Nie ernstig genoeg opneem

    Hoekom, hoekom is dit so?
    Julle vertel so gereeld eintlik wil ons
    Maar kinders sê Daddy
    Julle is net besig om My te bedrieg

    Mooi woordjies
    Sê Daddy-God
    Mooi woordjies
    Het Ek al baie gehoor

    Mooi leë woordjies
    Sê Abba
    Baie
    Mooi en leë woordjies

    Mense bedoel nie altyd wat hulle sê
    Kinders sê Daddy
    Het julle hulle al gesien
    Mense wat net hou van leë woordjies vertel

    Mense sê Daddy-God
    Lieg oor die algemeen
    Dis al so deel van julle bestaan
    Julle bevraagteken dit nie eens meer

    Oe nee kinders
    Sê Daddy-God
    Daar word nie eens meer
    ‘n Wenkbrou skeef getrek

    Dit is maar die norm
    Dit is maar hoe dit deesdae gebeur
    Dis eintlik so teleurstellend sê Abba
    Inbors is nie iets wat ‘n mens meer gereeld kry

    Oe sê Daddy
    Kan Ek julle vertel
    Daar is meer
    Soveel, soveel meer as wat julle ken

    Kinders sê Daddy-God
    Asseblief
    Asseblief sal julle mense van integriteit wees
    Mense wat bedoel wat hulle sê

    Kinders sê Daddy-God
    ‘n Ware voorbeeld
    Van opregte menswees
    Dit is waarop integriteit in die mens dui

    Kinders
    Vra Pappa-God
    Asseblief
    Sal julle begin om My liewer te kry

    Liewer sê Daddy
    Soveel, soveel liewer
    As wat jy My nou
    Op hierdie oomblik liefhet

    Kinders sê Daddy-God
    So so gereeld wat Ek dit vra
    Raak liewer vir My
    Leer My beter ken

    Baie mense
    Sê Daddy-God
    Even van My eie kinders
    Wat hierdie uitnodiging die hand bly wys

    Gaan verby o God
    O nee nie nou
    Nou is nie ‘n gunstige tyd
    Dit sal op ‘n ander geleentheid moet gebeur

    Ek wonder maar net altyd
    Sê Pappa
    Wanneer julle hierdie dinge vir My sê
    Gaan die tyd ooit gunstig wees?

    Oe sê Pappa-God
    Oe liefstes
    Julle bly My wegwys
    Maar julle besef nie die tyd stap aan

    Kinders sê Daddy-God
    Kinders
    Sê julle nie ook gereeld
    Tyd wag vir niemand nie

    Ek wil hê
    Liefstes van My hart
    Dat julle sal begin besef
    Tyd is ‘n baie kosbare kommoditeit

    Asseblief moenie met hom mors nie
    Sê Abba-God
    Asseblief begin hom oppas
    Begin om hom na waarde te waardeer

    Oe liefstes sê Daddy
    Geliefdes, geliefdes van My hart
    Sal julle by My kom leer
    Watter groot geskenk die voorreg van lewe is

    Soveel van julle
    Sê Pappa
    Wat dit net as vanselfsprekend aanvaar
    Dis nou maar net hoe dit is en moet wees

    Oe kinders sê Daddy-God
    Die tyd stap aan
    Vir geen-een van julle
    Sal daar veraltyd kans wees

    Nee liefste kinders
    Asseblief
    Die gunstige tyd om My te leer ken
    Dit is nou

    Vertel My sê Pappa
    Asseblief
    Vertel My
    Julle hoor My hart

    Ek beteken vir baie van julle heelwat
    Sê Pappa-God
    Ek weet
    Ek kan sien

    Dis vir My so kosbaar
    Sê Daddy-God
    So so kosbaar
    Dit wat Ek met elkeen van My kinders het

    Oe sê Daddy-God
    Dit vertel en wys vir My so baie
    Daai opregte liefde vir My
    Veilig genestel in jou hart

    Dit sê so baie
    Dit sê so baie
    Dit vertel van storms oorwin
    Dit vertel van nooit-laat-gaan

    Dis mos maar
    Wat ware liefde ook sê My kinders
    Is dit nie so?
    Is dit nie so?

    Oe ja sê Dadda-God
    Dit is so
    Dit is wat Ek so graag met elkeen van My kinders wil hê
    ‘n Wedersydse liefde wat nooit op mekaar opgee

    Met so ‘n liefde
    Sê Daddy-God
    Kan Ek soveel vermag
    Soveel mee uitrig

    Oe dis vir My kosbaar
    So so mooi
    Wanneer julle bly sê kind van God
    Pappa ek sal die pad met U bly loop

    Net soos met ‘n aardse huwelik
    Liefste kinders
    Dit is presies
    Dieselfde

    Oe kinders sê Daddy-God
    Oe kinders
    Kan julle verstaan
    Verstaan julle wat Ek sê

    Net soos met aardse verbond
    Liefste kinders
    Is dit presies dieselfde
    Tussen My en jou

    Ja Ek wil ook hê
    Sê Daddy
    Dat mense My vir die regte redes trou
    Ek wil ook hê hulle moet dit opreg bedoel

    Ek dink baie mense
    Sê Daddy-God
    Trou My net
    Omdat hulle dink nou gaan dit net altyd goed gaan

    Oe nee sê Daddy
    Oe nee
    Julle sal verbaas staan
    Maar dis nie iets wat aldag gebeur

    Mense trou My nie
    Sê Daddy-God
    Om ewige trou te beloof
    Mense trou My net sodat hulle nie swaar hoef te kry

    Ek weet dit klink vlak sê Pappa
    Maar kinders dis rerig wat gebeur
    Baie mense is in verbond met My
    Net om te sien wat hulle daaruit kan kry

    Oe kinders sê Daddy-God
    Dit is so
    Rerig-erig
    Wat Ek sê is so waar

    Julle sal baie van hulle kan herken
    Sê Daddy
    Aan hoe hulle My loof en prys
    Of hulle woorde en dade rerig strek om My te eer

    Ag dis maar eenvoudig sê Abba
    Maar dis ook maar hoe Ek hulle baie dikwels uitken
    Ek sien net swaar en seer
    En hulle wat sê oe nee!

    Daar’s soveel, soveel mense
    Sê Daddy-God
    Wat My altyd
    Net op hulle terme wil dien en liefhê

    Oe dis so verkeerd
    Sê Daddy-God
    So so verkeerd
    Ware liefde kinders is self-opofferend

    Dis ‘n groot woord liefstes
    Maar hy dra ook groot waarde en betekenis
    En is so so mooi
    Wanneer julle dit nastreef

    Probeer altyd
    My liefste kinders
    Asseblief
    Altyd en altyd om gou te vergeef

    Probeer om nie vies te bly
    Probeer om nie vir onvergifnis ‘n huisie in jou hart te bou
    Kind sê asseblief eerder gereeld
    Daddy-God asseblief maak skoon my hart

    Liefstes sê Daddy
    Ek wil hê julle moet weet en besef
    Ek is groter
    As enige seer

    Ek kan enige en alle seer
    So so sag maak
    My liefste kinders
    So so sag

    Pappa vra net weer
    Asseblief
    Moenie viesbly
    Vergeef eerder gou

    Ek weet kinders sê Daddy-God
    Dis nie altyd maklik om reg te kry
    Maar as julle sou vra
    Kan Ek julle ook daarmee help

    Oe ja kinders
    Sê Daddy-God
    Ek kan en wil altyd help
    Julle moet net vra

    Kinders sê Daddy-God
    Asseblief, asseblief, asseblief
    Kan Ek julle vra
    Leer My ken

    Leer My ken vir wie Ek is
    En nie net vir wat jy van My wil hê
    Oe kinders sê Daddy
    Asseblief begin dit doen

    Ek wil julle vertel
    Sê Abba-God
    Maar julle weet dit seker
    Ek is groter as die heelal

    Ja-nee kyk sê Daddy-God
    Die grootheid van die heelal
    Is niks vir My
    Niks sê Daddy, niks

    Die palm van My hand
    Is groot genoeg
    Om die heelal en al sy maats vas te hou
    Ek kan hulle daarin toevou

    Oe sê Daddy
    Oe
    En om te dink
    Ek moet My teen soveel van die mensekinders op aarde verdedig

    Oe sê Daddy-God
    Oe
    As dit nie liefde is nie liefstes
    Dan weet Ek nie lekker nie, wat is?

    Oe dis liefde
    Sê Pappa
    Dis liefde wat gemaak het dat My Seun kom
    Dis liefde wat maak dat Ons nog vandag by julle is

    Ja-nee sê Daddy
    Ja-nee
    Ek wil julle graag vertel
    Hou asseblief op om na ander gode te kyk

    Hou op sê Daddy-God
    Asseblief
    Ek vra My liefste kinders
    Om prioriteite te hê hoër as Ek

    Enige iets sê Abba
    Enige, enige iets
    Wat jy bo My stel kind
    Het die vermoë om dit wat mooi tussen ons kan wees te steel

    Oe liefstes
    Sê Daddy
    Oe liefstes
    Asseblief luister na My hart

    Dis net omdat Ek nie wil hê
    Julle moet uitmis
    Liewe kinders op die mooi
    Die super, super-mooi voorberei vir ons

    Kinders sê Daddy-God
    Asseblief
    Asseblief
    Kan ons hierdie pad saamloop?

    Kan ons oorbegin
    Vra Abba
    Aan die wat Hom verlaat het
    Maar nou wil nuut begin

    Daar is altyd-altyd
    ‘n Plek en tyd
    Vir weer-begin
    My kinders dit is rerig so

    Ek sal nooit sê Daddy-God
    Ooit ‘n hart weg-wys
    Wat met opregte berou
    Voor My kom buig

    Oe nee
    Sê Abba-God
    Dit sal net nooit-ooit kan gebeur
    Ek wil dit net graag vir julle sê

    Sal julle asseblief
    Styf
    Aan hierdie stukkie hoop vashou
    Asseblief liefste kind sal jy?

    Daar is altyd-altyd
    In My hart
    Plek vir vergifnis
    Plek vir genade wys

    Solank as wat die persoon
    Sê Daddy-God
    Sleg voel oor sy verkeerd
    Solank as wat hy rerig sê hy is jammer

    Oe dis so mooi
    Sê Abba
    Dis so so mooi
    Die verkeerd-wees wat dan van jou hart afbreek

    Dis wat gebeur
    Sê Abba
    Dis wat maak
    Dat My liefde en vryheid kan inbeweeg

    Het julle al gevoel
    Sê Abba-God
    Hoe lig Ek die las van sonde kan maak
    Wanneer Ek hom met My Seun se bloed van julle skouers afhaal?

    Oe julle sal dit skaars kan glo
    Sê Abba-God
    Julle wat nou nog nie weet
    Hoe dit eintlik proe

    So lig maak Ek
    Sonde en sy seer
    Oe hulle het al baie verwoesting
    In hierdie wêreld gesaai

    Eintlik sê Daddy
    Eintlik is dit maar
    Al wat sonde en seer kan doen
    Sy maak net dood

    Ek wil eintlik ook net vra
    Sê Pappa
    Dat julle haar nie meer so baie sal toelaat
    Om julle seer te maak

    Oe kinders sê Pappa
    Ek wil herstel, so so graag
    In elke mens se lewe
    Die vraag is net … sal julle My toelaat

    Dis altyd ‘n ope vraag
    Sê Abba-God
    ‘n Vraag wat altyd sal aanhou vra
    Kind wil jy nie maar?

    Oe kind sê Pappa
    Oe kind
    As julle net kon verstaan
    Ek wil julle so graag heel hê

    Daar is mense sê Abba
    In hierdie wêreld van julle
    Geskok, geskeur en stukkend van binne
    Die wêreld en sy seer het al soveel-soveel van hulle kom steel

    Oe liefstes sê Abba
    Daai mense het nodig om te weet
    Ek herstel
    Ek wil hulle so graag genees

    Oe liefstes sê Abba
    Julle wat seer is
    Julle wat gesond is
    Sal julle altyd asseblief, bly naderkom

    Oe sê Daddy
    Oe
    Dis die vraag
    In My diepste hart

    Vertel My liefste kinders
    Asseblief
    Vertel My
    Hoor julle wat Ek sê

    So groot sê Abba
    So groot oop
    Is die uitnodiging in My hart
    Wat jou nader nooi

    Sal jy ja sê?
    Sal jy My uitnodiging aanneem
    Sal jy weet, sal jy rerig glo
    Ek is God en daar is geen ander bo My nie

    Gesond kind
    Gesond wil Ek jou maak
    Van al die wêreld se seer
    Van al die swaar wat jy dra

    Ek wil dit op My skouers laai
    Al daai laste
    En Ek wil sê kind
    Kom ons probeer net weer

    Ek wil voor-loop kind
    Asseblief
    Ek wil rigting-wys
    Ek wil leiding gee

    Dis omdat Ek weet
    Liefste kinders
    Waarheen is ons oppad
    Omdat Ek jou veilig daar wil uitbring

    Laat My asseblief toe kind
    Laat My asseblief toe
    Pappa sal jou wys
    Pappa sal jou leer

    Amen.

  • Prag van gebed

    Prag van gebed

    Diep, diep, diep mooi is God se hart
    Wow!
    Het jy dit al ontdek
    Boetie, sussie in God

    Ek weet nie of ek ooit
    Genoeg daarvan sal kan kry
    Dis so mooi!
    God is mooi!

    Wow ek weet nie
    Ek weet nie of woorde kan verwoord
    Hoe ek diep binne voel
    ‘n God wat so baie omgee

    Om ons meer oor Hom te kom leer
    Om ons te kom vertel
    Hoe algeheel wonderlik Hy is
    Om ons verkeerde glo oor Hom ore te kom aansit

    Ek’s so dankbaar
    So dankbaar ek kon God
    Op ‘n dieper manier vind
    Sy hart naspoor

    Dis ‘n voorreg wat deur Sy Seun
    Jesus Christus aan almal behoort
    Dis nie net my beskore
    Maar elkeen!

    Ek wonder, sal meer mense
    Die mantel van voorreg en geniet optel
    En om hulle skouers gooi
    Sal hulle vra vir meer?

    Kinders van Abba
    Kinders van die wêreld
    Dis al wat ons nodig het om te doen
    Ons moet net nader aan Hom beweeg

    Ons kan nie bekostig
    Mense van die wêreld
    Om nie God se hart na te spoor
    Nee Hy is wonderlik mooi!

    Dit sal so groot verlies wees
    Vir elkeen
    Wat met hierdie offer in hulle hand staan
    En dit dan van die hand wys

    Oe ja-nee kyk
    Ek weet nie
    Ek weet nie
    Hoe kan julle dit regkry

    Die God van hemel en aarde
    Die ewige mooi Een
    Hy staan voor ons en sê leer My ken
    En ons sê nee?

    Tog, tog is dit iets
    Wat ons so gereeld bly doen
    Ons wys God die deur
    Omdat ons plastiek in ons lewens wil hê

    Ja dis nou maar
    Wat ek al daai vals gode noem
    Wat so met God
    Vir ons tyd en aandag kompeteer

    Oe hoe hartseer is dit tog
    Dat ons God dit moet doen
    Hy moet probeer om kers vas te hou, in ons harte
    Teenoor dit wat glad nie kompetisie is vir Hom

    Maar ja
    Dis wat ons Hom dwing om te doen
    Ons dwing Hom
    Om vir ‘n plekkie in ons hart mee te ding

    Dalk het ons ‘n openbaring van God
    En Sy grootheid nodig
    Dalk het ons nodig om te besef
    Hoe eintlik absurd dit is

    Ja-nee want kyk
    Om ons Pappa-God
    Met die ander gode in hierdie wêreld te vergelyk
    Maak net nie eintlik sin

    Dis nie dat ons God
    Groter is as hulle nie
    Dis net die feit dat Hy bestaan
    En hulle eintlik nie

    Ja by hulle is daar net geen hartklop te vind
    Maak nie saak hoe ons probeer
    Die enigste een wat waarlik lewe in hulle kan blaas
    Is ons God

    Ja dit is ‘n bietjie vreemd om so daaraan te dink
    Maar glo vir my
    As die grootste buddha op aarde kon opstaan en leef
    Sou selfs hy op sy knieë neerval en ons God aanbid

    Oe ja hy sou verlief wees op ons God
    Net soos ek nou is
    Wanneer ek aan my God
    Se grootheid en almag dink

    Ja Buddha is mos ‘n wyse man
    ‘n Baie wyse man met baie wyse sê-goed
    Ek is seker hy sou dadelik die Waarheid herken
    As hy sy oë sou kon oopmaak

    Dalk Abba, dalk is dit waarvoor ons moet bid
    Dat Buddha sal begin leef
    En dat hy sommer dan self
    Vir sy volgelinge die waarheid sal vertel

    Oe Abba ek weet nie
    Ek weet net
    U is groter as hy, soveel groter
    En U leef waarlik Heer

    Oe Abba ek wens
    Ek wens en ek hoop
    Eintlik moet ek ook bid
    Dat sy volgelinge se oë sal oopgaan

    Abba daar’s te veel mense
    Te veel mense op aarde
    Wat in die verkeerde god glo
    Hulle oë het so nodig om oop te gaan

    Ja Abba, ja dit is so
    U weet dit
    U weet van al die wierook
    Wat elke dag voor dooie gode se neus opgaan

    U ruik dit Abba
    En vir U stink dit
    Net soos vrot vleis
    Want U is die een wat alle lof en prys verdien

    Daddy ek dink
    Ek probeer dink hoe dit vir U voel
    U wat elke mens se Skepper is
    Tog is daar soveel wat U nie erken

    Dit is so Abba
    Daar is baie mense wat nie weet
    Wat nog nie gehoor het
    U is hulle Skepper-God

    Ja Abba vir baie van hulle wat so glo
    Is dit oorleweringe
    Wat al vir jare saam met hulle kom
    Oorleweringe waaraan hulle nou nog vashou

    Abba elke mens
    Het die begeerte om iets te aanbid
    En as dit nie U is
    Sal dit iets anders wees

    Tog wil ons vandag vra Abba
    Tog wil ons dink aan almal
    Wat nie glo in U as hulle enigste God
    Abba sal U asseblief hulle harte nader aan U trek?

    Abba ons weet dat dit ook U begeerte is
    Ons weet dat U so graag wil hê
    Hulle moet by U uitkom
    Hulle moet U erken as Verlosser en Heer

    Soveel mense Abba
    Het Jesus nog nie ontmoet
    Soveel mense weet nie
    Hy is die deur na U huis en U hart

    Oe Abba U is so groot
    En U is so goed
    Die blote feit dat U nie opgee op verlore mense
    Is vir my so mooi

    U is altyd besig
    Om hulle te bearbei
    U is altyd besig
    Om saad van hoop in Christus in hulle harte te saai

    Oe Abba mag hulle vind
    Elkeen wat nie in U en Jesus glo
    Mag hulle vind
    Dat net U die ware lewe is

    Abba dis hartseer
    Dis hartseer as mens sien
    Hulle is besig om die verkeerde god
    Met soveel passie te dien

    Oe Abba sê Daddy se kind
    Dis so hartseer
    Ek wens ek kon hulle help
    Om U te sien, om U te vind

    Oe Abba se kinders
    Sal julle saam met my bid
    Vir die verlore siele
    Wat nog nie rus in ons God kon vind

    Ons gebede kan hulle inbring
    God se kinders
    Ons gebede kan ‘n groot verskil
    In hulle lewens maak

    Oe ons moet nooit ophou bid
    Nooit nie
    Ons moet die mense wat nie in Christus glo
    Altyd in gebed onthou

    Ons gebede kan hulle inbring
    Ons gebede kan hulle red
    Hou aan bid boetie, sussie
    Moenie ooit daarmee ophou

    Ons hoef nie by hulle te wees
    Om vir hulle in te tree
    Dis die prag van gebed
    Dit werk oor grense heen

    Ja-nee kyk
    Geen gebed is sonder krag
    Veral nie as hy eerlik, opreg
    En tot God gerig word

    Ons Abba kan soveel doen
    Hy kan soveel-soveel doen
    Met die gebede wat ons bid
    Vir die mense waarvoor ons intree

    Oe Abba se kinders
    Nooit ooit moet ons ophou
    Ons Vader is op die troon
    En kan-enige-iets-doen is Sy tweede Naam

    Vir vervolgde Christene
    Moet ons ook bly bid
    Ons boeties en sussies wat so swaarkry en ly
    Alles omdat hulle die Naam van Christus bely

    Oe boeties, sussies
    Die verskil wat ons op aarde kan maak
    As ons bly bid
    En nooit daarmee ophou nie

    Ek dink nie ons sal ooit op aarde
    Die volle impak van ons gebede sien
    Tog moet ons aanhou daarmee
    Nie ooit ophou

    Die vrugte wat dit
    In geloof voortbring
    Oe dit is so mooi
    Dit is waarlik-waarlik mooi

    Hou aan daarmee
    Kinders van God
    Hou aan daarmee
    Dit is waarlik-waarlik nodig

    So nodig
    So mooi
    Wanneer julle bid vir julle boeties en sussies in My
    Raak dit rerig My hart

    Hulle het julle nodig
    Liefste kinders
    Elkeen van julle boeties en sussies
    Wat swaar ly vir My Naam en Koninkryk

    Hulle het nodig
    Liefste kinders
    Dat iemand hulle voor My troon sal onthou
    Dat iemand vir hulle sal intree

    Oe die wêreld is donker sê Abba
    So, so donker
    Steeds is daar hoop
    Hoop dat als kan beter raak

    Hou aan liefste kinders
    Hou net aan
    Om julle gebede vir hulle
    Voor God te bring

    Elkeen antwoord Ek
    Sê Abba-God
    Geen een van hulle
    Gaan onbeantwoord by My verby

    Amen.