Goue tyd & geloofshuise (Nog ‘n woord in seisoen)

Hierdie is ‘n seisoen om God se rus in te gaan. Om ons harte stil te maak en nie te sê … Here gee U nie om dat ons vergaan?

Julle vergaan nie
Die storm sal julle nie sink
Hou julle oë op My kleintjies
Ek is die Een wat die storm in julle stilmaak
Die een om julle ook


Dis ‘n gulde geleentheid, ‘n goue een om God se rus te vind. Wil jy nie ook hê, beleef, die vrede wat alle verstand te bowe gaan?

Vriend, vriendin trek nader, trek nader aan Abba in hierdie lockdown tyd.

Julle sal nie, julle sal nie vergaan nie
As als om julle skud
Nee, julle besef nou net eers die gevaar!

Sien vir baie lank was dit Abba wat gesê het … aan ons, die wêreld, die kinders van Hom wat slaap in die kerk…

Word wakker!
Kinders word wakker!
Die wêreld vergaan!
Julle sien nie, julle let nie op!

Oe Pappa sê
Kinders gee julle nie om dat julle vergaan?
Julle slaap My kinders
Die boot is besig om te sink


Sien baie mense
Se lewensbote is besig om te sink
Ek die een wat besig is om te sê
Word wakker, word wakker, jy gaan verdrink!

Kind
Jy is dan net so min gepla
Soos wat jy dink Ek is gepla
Noudat jy die storm om jou begin oplet

Sien sê Abba
Al wat besig is om te gebeur in hierdie tyd
Is dat julle besig is om te besef
Die gevaar waarin julle verkeer

Ja julle oë is net besig om oop te gaan
Julle is besig om te besef
Hoe Ek al die tyd gevoel het
As Ek benoud aan die wêreld skree:


Word wakker!
Word wakker!
Die tyd raak laat!
Die tyd raak min!


Dis al wat besig is om te gebeur
Ek begin julle net al meer bewus maak
Van die sinkende situasie

Waarin julle verkeer

Bekeer My liefste kinders
Begin net op julle knieë gaan
En sê dankie
Sê dankie vir My genade wat so baie omgee


Dis ‘n bedekte seën
Wat besig is om tans te gebeur
Ek weet julle sien dit nie, Ek weet julle wil nie
Maar wat besig is om te gebeur is goud


Dis goue tyd wat Ek hierdie wêreld gee
Om te besin, om te glo
Om te weet, om te evalueer
Glo ek reg oor God? Waar is ek in verhouding met Hom?


Sien daar is net te min mense wat rerig bemoeienis maak met hierdie vrae
Nee hulle gaan veel eerder ongesteurd aan, min gepla
Net soos Ek op die see van Galilea
Toe My dissipels aan My die vraag vra


Natuurlik gee Ek om My liefste kinders
Dis hoekom sê Pappa
Ek julle bewus maak van die situasie waarin julle verkeer
Julle moet julle Pappa begin raaksien


Sy liefde is altyd om te dissiplineer
Om reg te help, om te beveilig
Om elke hoek en kant van die skaap-kraal toe te maak
Sodat die wolf Satan nie kan kom steel, slag en verwoes

Oe kleintjies
Dis goue tyd, dit wat Ek julle nou gee
Ja dit was nodig
Nodig dat die wêreld se oë net weer bietjie oopgemaak word


Dis nooit
Om seer te maak
Dis altyd
Om bewus te maak


Ja soveel mense het al in hierdie Corona-virus-seisoen
Geliefdes aan die dood afgestaan
Mense het seer, hulle het groot eina
Bevrees en bevange is soveel


Maar kan Ek julle kom rustig maak
Asseblief geliefdes onthou
Hulle wat treur
Hulle sal vertroos word


Dit is die Woord se belofte
Asseblief kom gee vir My jou seer
Laat Ek saam met jou dra
En ligter maak die groot eina


Oe My kinders dood is oorwin
Vir altyd en ewig
Is dit nie wat julle My geredde kinders
Vandag en hierdie week vier?


Die Opgestane Heer
Dit is Ek My liefste kinders
Die Pasga Lam
Geslag vir julle sonde en seer


Julle is veronderstel geliefdes
Om soveel vrede in julle harte te hê hieroor
Dood moes lankal nie meer ‘n houvas op julle hê
Ek leef, julle leef in My!


Kinders dis die vrede en hoop waarvan Ek praat
Geliefdes sê Abba
Vir hulle wat glo in My Seun Jesus Christus
Is dood net die drumpel na die Ewige Lewe


Ja daar waar als sag en soet is
Daar waar My liefdevolle teenwoordigheid
Elke stukkie van die hemel vul
Ek wil hê julle moet altyd dat dit julle gedagtes vul


Die lewe na die dood
Die Ewige saam met My
As dit is liefstes waar julle fondasie lê

Sal dit nie so maklik raak om bang te raak wanneer aardse fondasies begin val

Ek sê al eeue en eeue lank vir die wêreld se mense
Kom in My Koninkryk in
Leer My ken
Laat dit vir julle vrede, rustigheid en hoop bring


Die ding is net
So min mense wil dit glo
Selfs van My eie kinders
Dien My met selfsugtige gemak


Ja so lank as wat dinge op hulle terme kan bly gebeur
Is hulle baie maklik en baie tevrede om dit te bly doen
Begin julleself eerder afvra My liefste liefste kinders
Sal julle My bly dien as meer ongemaklikheid aan julle deur begin klop?


Sien sê Abba
Dis al wat besig is om te gebeur met hierdie Corona-virus
Dis besig om julle goed-gemesselde planne omvêr te werp
Ja julle begin sê: Nee a nou raak dit ongemaklik


Die hele ding begin krap waar dit nie nodig was om te begin krap
Dis mos iets wat julle gereeld kwytraak … Hoekom krap as iets nie pla?
Kinders dit bring ons terug op dieselfde plek
Vanuit watter spektrum bekyk julle die situasie? Die ewige of nou?


Ja Ek weet sê Pappa
Dit is haatlik
Dis nie ‘n situasie waarvan julle hou
Maar wat as dit is wat Ek kan ek wil gebruik om mense se oë meer op My te vestig?


Kan julle julself daarby berus?
Kan julle sê…
Ja Vader, ja ek hou niks daarvan maar ek weet
Ek weet U planne is beter en meer as myne en daarby sal ek my neerlê


My liefstes, My kinders
Julle is Myne
Ewig is die Rots waarop julle bou
Word net rustig by My in hierdie seisoen


Begin nader trek en weet
Ek is die eintlike Rus waarna jy verlang
Dit lê nie in jou bank rekeninge nie
Dit lê nie in die plekke waar julle sekuriteite opbou


Dit lê in My
Die Ewige Ek Is
Ek is in julle midde My kinders
Ek het julle nie verlaat


Kom sit by My
Asseblief
Meer as wat julle ooit het
Kom raak rustig by My


Kom leer op ‘n dieper manier ken dat Ek slaap in julle lewensbote
Nie omdat Ek nie omgee maar omdat Ek so so seker is
Ek weet My kinders, Ek weet wie Ek is
En Ek wil so graag hê elkeen van julle moet ook in daai sekerheid inbeweeg


Ja dis taai
Ja julle het dit nie beplan
Maar kan julle kom rus
Sal julle kom rus by My?


As daar fondasies is wat moet val in die tyd
Laat hulle val My kind
En laat toe dat Ek en jy saam
Sterker aan daai geloof-fondasie van jou bou


Die is ‘n uitnodiging na groei My liefste kinders
Dieper en meer saam met My
Laat ons begin messel
Begin bou aan daai fondasie van jou geloofshuisie


Ja van hulle staan vas
Gebou op die Rots van die Eeue
Maar kind daai huisie van jou…
Hy is verrineweer


Soveel herstelwerk het hy nodig
Nuwe lae verf, gebreekte vensters moet vervang word
Uitvee, mop, skoonmaak … dis wat baie van julle huise nodig het

Opknappingswerk

Ja sê Pappa
Ja Ek weet
Baie van julle kyk na hierdie ekstra tyd wat Corona julle gee en dink…
Nou kan ek doen waarvoor ek nooit tyd kry


Maar kan Ek vra
Pappa se kinders
Sal julle in hierdie tyd ook seker maak
Dat die opknappingswerk van julle geloofshuise geskied?


Ja vra julleself vandag…
Asseblief
In watter kondisie is my huis van geloof
Watter onderhoudingswerk moes ek al lankal aan hom aanbring?


Kinders hoe lyk julle tye van aanbidding?
Hoe lyk die tye wat julle saam met My spandeer?
Persoonlike tyd, nie net daai vinnige gebede

Wat julle saam met julle mans, vrouens en kinders in die oggende bid

Hoe lyk die herstelwerk van jou geloofshuis?
Begin arbei My kinders…
Daaraan
Begin Heilige Gees vra..
.

Wys my, wys my asseblief … waar kort my huisie werk?
Dis al wat Ek in hierdie dag van julle vra … sal julle?
Sal julle toelaat dat hierdie tyd van isolasie
‘n Tyd van enorme seën vir My en jou se verhouding word?


‘n Vernouing
‘n Verdieping
‘n Een-word tussen ons

Meer as vantevore

Julle kan en julle gaan deurtrek
Hou julle oë net op My
Stewig en sterk, onbeweegbaar en vas
Dit is die fondasie waarop julle bou
.

Tydens die neerskryf van hierdie woorde het ek so duidelik die toneel van Markus 4:35-41 gesien afspeel. Gaan lees dit asseblief. En as julle nog nie die blog wat ek vroeer die week gelaai het gelees het nie moedig ek julle aan om dit ook te gaan lees. Dit sluit mooi aan by hierdie een. Dankie Heilige Gees. Abba dankie dat U ken die onstuimigheid wat ons harte in hierdie tyd besoek. Sal U dit asseblief rustig maak en ons dieper bly trek met die liefdevolle herinnering van wie U is. Mag hierdie ‘n tyd van praggroei saam met U wees, vir U elke kind. In Jesus se Naam.

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment