Etiket: wag+op+God

  • Goue tyd & geloofshuise (Nog ‘n woord in seisoen)

    Goue tyd & geloofshuise (Nog ‘n woord in seisoen)

    Hierdie is ‘n seisoen om God se rus in te gaan. Om ons harte stil te maak en nie te sê … Here gee U nie om dat ons vergaan?

    Julle vergaan nie
    Die storm sal julle nie sink
    Hou julle oë op My kleintjies
    Ek is die Een wat die storm in julle stilmaak
    Die een om julle ook


    Dis ‘n gulde geleentheid, ‘n goue een om God se rus te vind. Wil jy nie ook hê, beleef, die vrede wat alle verstand te bowe gaan?

    Vriend, vriendin trek nader, trek nader aan Abba in hierdie lockdown tyd.

    Julle sal nie, julle sal nie vergaan nie
    As als om julle skud
    Nee, julle besef nou net eers die gevaar!

    Sien vir baie lank was dit Abba wat gesê het … aan ons, die wêreld, die kinders van Hom wat slaap in die kerk…

    Word wakker!
    Kinders word wakker!
    Die wêreld vergaan!
    Julle sien nie, julle let nie op!

    Oe Pappa sê
    Kinders gee julle nie om dat julle vergaan?
    Julle slaap My kinders
    Die boot is besig om te sink


    Sien baie mense
    Se lewensbote is besig om te sink
    Ek die een wat besig is om te sê
    Word wakker, word wakker, jy gaan verdrink!

    Kind
    Jy is dan net so min gepla
    Soos wat jy dink Ek is gepla
    Noudat jy die storm om jou begin oplet

    Sien sê Abba
    Al wat besig is om te gebeur in hierdie tyd
    Is dat julle besig is om te besef
    Die gevaar waarin julle verkeer

    Ja julle oë is net besig om oop te gaan
    Julle is besig om te besef
    Hoe Ek al die tyd gevoel het
    As Ek benoud aan die wêreld skree:


    Word wakker!
    Word wakker!
    Die tyd raak laat!
    Die tyd raak min!


    Dis al wat besig is om te gebeur
    Ek begin julle net al meer bewus maak
    Van die sinkende situasie

    Waarin julle verkeer

    Bekeer My liefste kinders
    Begin net op julle knieë gaan
    En sê dankie
    Sê dankie vir My genade wat so baie omgee


    Dis ‘n bedekte seën
    Wat besig is om tans te gebeur
    Ek weet julle sien dit nie, Ek weet julle wil nie
    Maar wat besig is om te gebeur is goud


    Dis goue tyd wat Ek hierdie wêreld gee
    Om te besin, om te glo
    Om te weet, om te evalueer
    Glo ek reg oor God? Waar is ek in verhouding met Hom?


    Sien daar is net te min mense wat rerig bemoeienis maak met hierdie vrae
    Nee hulle gaan veel eerder ongesteurd aan, min gepla
    Net soos Ek op die see van Galilea
    Toe My dissipels aan My die vraag vra


    Natuurlik gee Ek om My liefste kinders
    Dis hoekom sê Pappa
    Ek julle bewus maak van die situasie waarin julle verkeer
    Julle moet julle Pappa begin raaksien


    Sy liefde is altyd om te dissiplineer
    Om reg te help, om te beveilig
    Om elke hoek en kant van die skaap-kraal toe te maak
    Sodat die wolf Satan nie kan kom steel, slag en verwoes

    Oe kleintjies
    Dis goue tyd, dit wat Ek julle nou gee
    Ja dit was nodig
    Nodig dat die wêreld se oë net weer bietjie oopgemaak word


    Dis nooit
    Om seer te maak
    Dis altyd
    Om bewus te maak


    Ja soveel mense het al in hierdie Corona-virus-seisoen
    Geliefdes aan die dood afgestaan
    Mense het seer, hulle het groot eina
    Bevrees en bevange is soveel


    Maar kan Ek julle kom rustig maak
    Asseblief geliefdes onthou
    Hulle wat treur
    Hulle sal vertroos word


    Dit is die Woord se belofte
    Asseblief kom gee vir My jou seer
    Laat Ek saam met jou dra
    En ligter maak die groot eina


    Oe My kinders dood is oorwin
    Vir altyd en ewig
    Is dit nie wat julle My geredde kinders
    Vandag en hierdie week vier?


    Die Opgestane Heer
    Dit is Ek My liefste kinders
    Die Pasga Lam
    Geslag vir julle sonde en seer


    Julle is veronderstel geliefdes
    Om soveel vrede in julle harte te hê hieroor
    Dood moes lankal nie meer ‘n houvas op julle hê
    Ek leef, julle leef in My!


    Kinders dis die vrede en hoop waarvan Ek praat
    Geliefdes sê Abba
    Vir hulle wat glo in My Seun Jesus Christus
    Is dood net die drumpel na die Ewige Lewe


    Ja daar waar als sag en soet is
    Daar waar My liefdevolle teenwoordigheid
    Elke stukkie van die hemel vul
    Ek wil hê julle moet altyd dat dit julle gedagtes vul


    Die lewe na die dood
    Die Ewige saam met My
    As dit is liefstes waar julle fondasie lê

    Sal dit nie so maklik raak om bang te raak wanneer aardse fondasies begin val

    Ek sê al eeue en eeue lank vir die wêreld se mense
    Kom in My Koninkryk in
    Leer My ken
    Laat dit vir julle vrede, rustigheid en hoop bring


    Die ding is net
    So min mense wil dit glo
    Selfs van My eie kinders
    Dien My met selfsugtige gemak


    Ja so lank as wat dinge op hulle terme kan bly gebeur
    Is hulle baie maklik en baie tevrede om dit te bly doen
    Begin julleself eerder afvra My liefste liefste kinders
    Sal julle My bly dien as meer ongemaklikheid aan julle deur begin klop?


    Sien sê Abba
    Dis al wat besig is om te gebeur met hierdie Corona-virus
    Dis besig om julle goed-gemesselde planne omvêr te werp
    Ja julle begin sê: Nee a nou raak dit ongemaklik


    Die hele ding begin krap waar dit nie nodig was om te begin krap
    Dis mos iets wat julle gereeld kwytraak … Hoekom krap as iets nie pla?
    Kinders dit bring ons terug op dieselfde plek
    Vanuit watter spektrum bekyk julle die situasie? Die ewige of nou?


    Ja Ek weet sê Pappa
    Dit is haatlik
    Dis nie ‘n situasie waarvan julle hou
    Maar wat as dit is wat Ek kan ek wil gebruik om mense se oë meer op My te vestig?


    Kan julle julself daarby berus?
    Kan julle sê…
    Ja Vader, ja ek hou niks daarvan maar ek weet
    Ek weet U planne is beter en meer as myne en daarby sal ek my neerlê


    My liefstes, My kinders
    Julle is Myne
    Ewig is die Rots waarop julle bou
    Word net rustig by My in hierdie seisoen


    Begin nader trek en weet
    Ek is die eintlike Rus waarna jy verlang
    Dit lê nie in jou bank rekeninge nie
    Dit lê nie in die plekke waar julle sekuriteite opbou


    Dit lê in My
    Die Ewige Ek Is
    Ek is in julle midde My kinders
    Ek het julle nie verlaat


    Kom sit by My
    Asseblief
    Meer as wat julle ooit het
    Kom raak rustig by My


    Kom leer op ‘n dieper manier ken dat Ek slaap in julle lewensbote
    Nie omdat Ek nie omgee maar omdat Ek so so seker is
    Ek weet My kinders, Ek weet wie Ek is
    En Ek wil so graag hê elkeen van julle moet ook in daai sekerheid inbeweeg


    Ja dis taai
    Ja julle het dit nie beplan
    Maar kan julle kom rus
    Sal julle kom rus by My?


    As daar fondasies is wat moet val in die tyd
    Laat hulle val My kind
    En laat toe dat Ek en jy saam
    Sterker aan daai geloof-fondasie van jou bou


    Die is ‘n uitnodiging na groei My liefste kinders
    Dieper en meer saam met My
    Laat ons begin messel
    Begin bou aan daai fondasie van jou geloofshuisie


    Ja van hulle staan vas
    Gebou op die Rots van die Eeue
    Maar kind daai huisie van jou…
    Hy is verrineweer


    Soveel herstelwerk het hy nodig
    Nuwe lae verf, gebreekte vensters moet vervang word
    Uitvee, mop, skoonmaak … dis wat baie van julle huise nodig het

    Opknappingswerk

    Ja sê Pappa
    Ja Ek weet
    Baie van julle kyk na hierdie ekstra tyd wat Corona julle gee en dink…
    Nou kan ek doen waarvoor ek nooit tyd kry


    Maar kan Ek vra
    Pappa se kinders
    Sal julle in hierdie tyd ook seker maak
    Dat die opknappingswerk van julle geloofshuise geskied?


    Ja vra julleself vandag…
    Asseblief
    In watter kondisie is my huis van geloof
    Watter onderhoudingswerk moes ek al lankal aan hom aanbring?


    Kinders hoe lyk julle tye van aanbidding?
    Hoe lyk die tye wat julle saam met My spandeer?
    Persoonlike tyd, nie net daai vinnige gebede

    Wat julle saam met julle mans, vrouens en kinders in die oggende bid

    Hoe lyk die herstelwerk van jou geloofshuis?
    Begin arbei My kinders…
    Daaraan
    Begin Heilige Gees vra..
    .

    Wys my, wys my asseblief … waar kort my huisie werk?
    Dis al wat Ek in hierdie dag van julle vra … sal julle?
    Sal julle toelaat dat hierdie tyd van isolasie
    ‘n Tyd van enorme seën vir My en jou se verhouding word?


    ‘n Vernouing
    ‘n Verdieping
    ‘n Een-word tussen ons

    Meer as vantevore

    Julle kan en julle gaan deurtrek
    Hou julle oë net op My
    Stewig en sterk, onbeweegbaar en vas
    Dit is die fondasie waarop julle bou
    .

    Tydens die neerskryf van hierdie woorde het ek so duidelik die toneel van Markus 4:35-41 gesien afspeel. Gaan lees dit asseblief. En as julle nog nie die blog wat ek vroeer die week gelaai het gelees het nie moedig ek julle aan om dit ook te gaan lees. Dit sluit mooi aan by hierdie een. Dankie Heilige Gees. Abba dankie dat U ken die onstuimigheid wat ons harte in hierdie tyd besoek. Sal U dit asseblief rustig maak en ons dieper bly trek met die liefdevolle herinnering van wie U is. Mag hierdie ‘n tyd van praggroei saam met U wees, vir U elke kind. In Jesus se Naam.

    Amen.

  • Knus-kuiertjie

    Knus-kuiertjie

    Stil en saggies
    Klop U aan my hart
    U wag alreeds vir my
    Pappa ek is so bly

    So bly
    Dat ek rustig en sag
    In U teenwoordigheid kan wag
    U stille vrede wat my omring

    U is in alles wat stil is
    Alles wat vrede en rustigheid
    In ons harte inbring
    Pappa ek is so dankbaar daarvoor

    Dankie Pappa
    Vir stilte
    Dankie dat dit U is
    Wat in dit vir ons wag

    So baie kere Daddy
    Hardloop ons weg daarvoor
    Ons wil net nooit
    Stil raak

    Pappa ek weet nie presies hoekom
    Dalk is dit omdat ons bang is
    Ek weet nie lekker Pappa
    Waarvoor?

    U is die stilte Pappa
    U is die vrede
    Wat aan my hart kom klop
    My hart met soveel rustigheid vul

    Pappa U is vrede
    U is hoop
    En ek is so so baie dankbaar
    Daarvoor

    Pappa dankie dat U nooit
    Sal opgee op my
    Dankie dat U altyd daar is
    Om net te sê My kind Ek glo in jou

    Pappa so baie dankie
    Dankie
    Dankie
    Dankie

    U maak my hart
    So bly
    Om hier by U te kan stilsit
    Dit bly so baie mooi vir my

    Pappa so baie dankie
    Dat U my kom leer het
    Dat U my kom wys het
    U praat baie sag

    U praat sag Pappa
    So baie sag
    Daar binne in my wese
    Daai plekkie wat net aan U behoort

    Pappa-God se kinders
    As julle net wou sien
    As julle net wou verstaan
    Pappa-God wil met elkeen van julle ook so praat

    Ja-nee Pappa se kinders
    Dis nie net vir my bedoel
    Dis vir elkeen wat sal sê
    Pappa-God gee asseblief meer vir my

    Meer van U goedheid
    Meer van U grootheid
    Pappa word asseblief als vir my
    Als en soveel meer

    Pappa U is so beeldskoon
    Beeldskoon en meer
    Sovêr verby
    Daar is nie meer wat ek kan sê

    Pappa-God dankie
    Dankie dat U omgee om vir ons
    Meer oor U te vertel
    Meer oor U te leer

    Pappa so baie dankie
    Dit beteken vir my
    Baie
    Om U so naby te hê

    U fluister so gereeld
    Dis iets wat U so graag elke dag vir ons wil gee
    Pappa dis net ons wat nie altyd weet
    Hoe om van U te hoor

    Pappa-God
    Groot asseblief
    Sal U ons meer kom leer
    Net hoe om stil te raak, hoe om op U te wag

    Pappa-God
    U weet
    U weet hoe vreemd was dit aan die begin vir my
    Ek wou skoon aan die bewe gaan

    Wat bedoel God met wag op My?
    Ek het benoud geraak
    Ek het vir Google gaan kuier 😉
    Maar Pappa U bly mooi

    So mooi het U my self kom leer
    Kind asseblief
    Al wat dit beteken is
    Gee My kans om met jou te praat

    Ja Pappa se kinders
    My liefste-liefste kinders
    Dis al wat gebeur
    Wanneer Ek sê wag asseblief op My

    Kinders van Pappa-God
    Myne
    Kan Ek julle vertel
    Dis maar al wat gebeur wanneer julle wag op My

    Oe Pappa se kinders
    Myne
    Ons kan so lekker aan die gesels raak
    Julle sal net meer van My wil hê

    Oe Pappa se kinders
    Daar is niks te vrees
    Nie in God se teenwoordigheid
    Nie in Myne

    Pappa se kinders
    My hart is so sag
    En Ek wil net graag sien
    Wie gee om vir My

    Dis maar al
    Sê Pappa
    Dis maar al wat wag op My
    Vir julle moet beteken

    Kinders sê Daddy
    Dis nooit om julle bang te maak
    As Ek sulke goed vra
    Nee Ek wil eintlik net veel eerder hê die ware pret moet begin

    Kinders sê Daddy
    Om My in en by jou te hê
    Dis die wonderlikste geskenk
    Dis My Gees self in en by jou

    Julle moet asseblief begin
    Sê Daddy-God
    Om meer en meer met My te gesels
    Ja Ek gee altyd om

    Oor alles kan julle gesels
    Sê Pappa-God se Seun
    Ek het die weg gebaan
    Sodat daar nie weer skeiding hoef te wees

    Ja-nee liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Oor alles en meer
    Kan julle met My gesels

    Ek gee om sê Pappa-God
    Om te hoor
    Soos nie eers
    Die beste vriend of vriendin doen

    Pappa se kinders
    Asseblief luister vir My
    Hoor dat Ek omgee
    Hoor dat Ek dit so lief om naby julle te wees

    Ek geniet dit so
    Sê Daddy-God
    Soveel
    Om net saam met julle te wees

    Partykeer
    Sê Pappa-God
    Gaan daar net salige stiltes tussen ons wees
    Tye waarin woorde so oorbodig is

    Kinders julle ken mos sulke tye
    Dis wanneer mens se hart
    So vol is, so dankbaar
    So rustig, so stil

    Oe ook daai tye kinders
    Is vir My so baie kosbaar
    Ek wens julle kon ook sien
    Partykeer is woorde net nie nodig nie

    Partykeer is dit nodig
    Liefste kinders
    Om net mekaar se teenwoordigheid in te drink
    Om net niks te sê

    Dis wonderlike tye vir My sê Pappa
    Die tye wat ons saam kan hê
    Dit beteken soveel vir My
    Ek wil dit net graag vir julle sê

    Pappa se kinders, liefste-liefste kinders
    Julle weet mos hoe dit voel
    Wanneer julle diep na ‘n geliefde verlang
    Dis maar kinders hoe dit dikwels ook vir My is

    Ja liefste kinders
    Sê Pappa-God
    My hart
    Hy verlang duk stukke na julle

    Dis mos maar wat julle ook sê
    Nie waar nie kinders?
    Ek wonder
    Wie het dit by wie geleer? 😉

    Oe kinders sê Pappa-God
    Ek verlang al van die begin
    Van die begin van tyd
    Toe die wêreld vir sonde ja sê

    Oe ja kinders
    My hart was seer
    Daai dag toe Ek by die Tuin van Eden
    Vir julle moes baai sê

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Dit was net glad nie lekker vir My
    Verskriklik soos Ek nou daaraan terugdink

    Ja-nee
    My liefste kinders
    Aller-verskriklik was dit vir My
    Ek wil glad nie daaraan terugdink

    Pappa-God se kinders
    Julle wat al huis toe gekom het
    So, so baie dankie daarvoor
    Dis vir My so wonderlik om julle terug te hê

    Dis vir My so wonderlik
    Sê Pappa-God
    Die kere wat ons kan gesels, kuier en lag
    Kinders dis vir My baie lekker

    Ja liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Dis vir My baie lekker
    Die familie-kuiers wat ons hou

    Ek geniet dit so
    Sê Daddy
    Om julle, al My kinders
    Rondom My tafel te hê

    Dis van die lekkerste kuiers
    Né sê Daddy

    Ek weet als daarvan

    Ja-nee sê Pappa-God
    Ek weet als van gesellig verkeer
    Is dit nou knus voor ‘n kaggelvuurtjie
    Of is dit met ‘n milo en boek in jou hande

    Oe kinders
    Sê Pappa
    Ek weet als daarvan
    Ek het dit geskep

    Ek ken die ware diep lekker van hierdie lewe
    Kinders Ek weet van filosofeer
    Ja sê Pappa van julle hou mos soveel daarvan
    Om tot in die laat aande nog om onderwerpe te kuier

    Kinders Ek ken dit sê Pappa
    Al daai wonderlike goed
    Al die wonderlike goeters in die lewe
    Het hulle oorsprong in My

    Dis vir My so sad sê Pappa
    Baie kere as Ek sien
    Mense wat lief is vir als wat van My is
    Maar net nie vir My

    Dis vir My hartseer kinders
    Dikwels hartseer
    As Ek sien hoe julle My uitsluit
    Sê God U kan nie deel wees hiervan

    Pappa-God se kinders
    Ek wens julle kon sien
    Ek wens julle kon ervaar
    Die diep wonderlike gesprekke wat ons saam kan voer

    Oe ja sê Pappa
    Ja
    Ons kan die wonderlikste
    Wonderlikste tye saam hê

    Pappa-God se kinders
    Myne
    Ek verlang om sulke tye met julle te hê
    Tye waarin ons net kan wees

    Ja soos in wees
    Soos in wie ons is
    Bymekaar
    Net wees

    Kinders dis daai plek
    Van eie-wees met mekaar
    Wat Ek so waardeer
    Dis mos waar die ware mooi van enige verhouding lê

    Kinders daai plek waar mens nie meer voorgee
    Daai plek waar jy net kan wees
    Wie jy is
    En weet jy is ten volle aanvaar

    Kinders sê Pappa
    Dis so baie kere wat julle wonder
    Wie Ek is
    En of jy My rerig in jou lewe wil hê

    Oe kinders
    Sê Pappa
    Ek is selfs beter
    As die beste vriend of vriendin wie jy ooit kan hê

    Ek veroordeel nooit
    Sê Pappa-God
    Ek wys net rigting aan
    Ek luister en Ek is baie wys

    Oe ja kinders
    Sê Pappa-God
    Die wat My as ware vriend leer ken het
    Hulle waardeer My so

    Oe Pappa se kinders
    Ek wonder
    Ek wonder of julle weet
    Ek is vir julle, altyd

    Oe ja dit is so
    Oe ja dit is waar
    Ek verstaan baie kere
    Meer as wat julle ooit sal

    Pappa se kinders
    Myne
    Julle kan maar altyd
    Julle laste en vrae vir My bly bring

    Ek is altyd besig
    Sê Daddy-God
    Om laste ligter te maak
    Om vrae te beantwoord

    Abba-God se kinders
    Myne
    Ek wil julle vertel
    Dat Ek altyd groter as die wêreld en haar probleme is

    Baie kere
    Sê Daddy-God
    Is mense so geneig
    Om op te wil gee

    Dis omdat julle My nie ken
    Kinders van die wêreld
    Dis omdat My vlam van hoop
    Nog nie in julle binneste brand

    Oe Pappa se kinders
    Die van die wêreld ook
    Wanneer julle moed-verlore raak
    Kom asseblief nader aan My

    Ek gee altyd om
    Liefste kinders
    Altyd om
    Om dinge vir julle beter te maak

    Die wêreld is verkeerd liefste kinders
    Sy leer julle verkeerd
    Wanneer sy vir julle sê
    Om julle sorge te verdrink

    Kinders dit is nie so
    Dit help nie eers vreeslik baie
    Dit maak jou net baie ‘slim’
    Sodat jy die volgende dag met ‘n kopseer opstaan

    Kinders sê Daddy
    Die wêreld se rate
    Sy maak julle baie dom, of is dit dof
    Kinders Ek weet nie, kies jy die regte een

    Julle is altyd so besig
    Liefste kinders
    Om die wêreld se quick-fixes op te slurp
    Dat julle heeltemal vergeet, daar is ‘n lasting solution

    Daar is joy in My kinders
    Waarvoor jy nie eers hoef te betaal
    Jy hoef net te kom en te sê
    Daddy ek gee oor

    Ek gee oor Abba-God
    Ek gee oor
    Soos ‘n soldaat in die oorlog
    As hy weet nou het hy hom vasgeloop

    Oe Pappa-God se kinders
    Ek wens julle het nie getwyfel
    Nie getwyfel om nader te kom
    Nie getwyfel om My raad te probeer

    Julle is dikwels
    Sê Pappa
    Te vinnig
    Te vinnig om die wêreld se raad na te volg

    Pappa-God se kinders
    Het julle nog nie gesien
    Het julle nog nie gevind
    Dis net daar om julle vingers te verbrand

    Die wêreld maak julle dom kinders
    Rerig-erig sê Pappa-God
    Rerig
    Erig

    Oe kinders sê Pappa
    Kan Ek julle nie veel eerder vra
    Kom maak hemelse wysheid julle eie
    Kom vra daarna

    My wysheid is slimheid
    Sê Pappa
    Ware ware slimheid
    Nie soos die wêreld julle leer

    Daar is maar min mense
    Sê Pappa-God
    Op aarde
    Wat My opinie oor goeters kom vra

    Ek weet nie hoekom
    Maar dis maar altyd veel eerder
    Mamma, pappa
    Boeta, sussa of tjomma s’n

    Nou nie dat daar iets verkeerds is daarmee
    Sê Pappa
    Dis maar net Ek wonder of jy weet
    Ek kan nie verkeerde advies gee

    Dis omdat Ek alles van alles af ken
    Sê Pappa-God
    Daar is niks waarvan Ek nie weet
    Daar is niks wat Ek nie van alles kan vertel

    Kinders sê Pappa-God
    Julle van die wêreld ook
    Dit is maar hoe wonderlik Ek is
    Baie meer as wat baie mense dink

    Oe Pappa se kinders
    Die van die wêreld ook
    Sal julle asseblief naderkom
    Sal julle My asseblief toelaat om vir julle te vertel

    Dat Ek
    Ja Ek
    Ware ware slimheit is
    Waarmee geen ander vergelyk

    Daar is min mense sê Abba-God
    Wat dit glo
    Daar is min mense
    Wat My toelaat om hulle te leer

    Oe Pappa se kinders, kinders van die wêreld
    Kom nader, kom nader
    Aan die mooiste hart ooit
    Wat mense kan leer

    Die mooiste hart ooit
    Behoort aan God
    Liewe mense
    Dit is wat ek so graag wil hê julle moet begin raaksien

    Ja sê Pappa-God
    Kinders dit is so
    Ek weet julle wil dit nie hoor
    Maar dit is ware waarheid die

    Oe Pappa se kinders
    Wêreld se kinders
    Ek vertel dit nie net aan julle om te spog
    Ek is maar net besig om feite neer te lê

    Ja liefste kinders
    Feite en nie ‘n fabel
    Dit is ware waarheid die
    Waarmee geen ander, niks-niemand kan vergelyk

    Sal julle naderkom
    Asseblief
    Sal julle kom sien dat hierdie sterke God
    So graag ‘n goue plek in jou hart wil hê

    Hy wil hom nie net hê kinders
    Hy verdien hom so
    Daai goue plekkie in jou hart
    Wat mens die regeerder-stoel noem

    Oe Pappa se kinders
    Asseblief luister vir My
    Ek is groot genoeg om hierdie wêreld in die holte van My hand te hou
    Steeds klein genoeg om in jou hart te woon

    Dit sal vir My die grootste voorreg wees
    Sê Pappa-God
    Om die staf van jou koninkryk in My hand te hou
    Dit is nou oor jou wil en sy emosies

    Oe kind sê Pappa
    Dit is nou maar eenmaal so
    Om My in die bestuurderstoel van jou lewe te sit
    Is waarlik goed vir jou

    Dit is die beste keuse kind
    Wat jy of enige iemand anders
    Ooit kan maak
    Ek is waarlik vir jou

    Ek is baie kere sê Pappa
    Meer vir jouself
    As wat enige iemand anders ooit vir jou sal wees
    Dit is even meer as jyself

    Ja kinders
    Dit is so sê Pappa
    Dit is so
    Dat Ek vir julle net die beste wil hê

    Ek weet dis iets sê Pappa
    Waaroor julle gereeld wonder
    As dit so is
    Hoekom gebeur al die sleg met my?

    Kinders sê Pappa-God
    Ek wil so graag hê
    Julle moet begin sien
    God is waarlik net goed

    Ek kry so baie kere
    Sê Pappa-God
    Die skuld vir al die verkeerd in hierdie wêreld
    Julle sal dit nie glo

    Skaars sê Pappa-God
    Skaars is die mense wat glo Ek is goed
    Yl gesaai kinders
    Yl gesaai as jy sien hoeveel mense op planeet aarde is

    Julle is so verkeerd
    Kinders van die wêreld
    Oor wie Ek is
    Sooo verkeerd

    Ek wil julle net vertel
    Sê Pappa-God
    Ek is nie die swart skaap
    Wat julle My maak om te wees

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Die van die wêreld ook
    Wil julle waarlik aanhou om die verkeerd oor My te glo?

    Julle is so so verkeerd oor My
    Selfs God se kinders
    Sê Pappa
    Wat partykeer verkeerd glo

    As Ek julle kan vertel
    Sê Pappa
    Wat mense sê wanneer hulle iemand verloor
    Iemand aan die dood afstaan

    Oe sê Pappa, van God weet wat Hy doen
    Hy het die mooiste blom gepluk
    Die hemel het nog ‘n engel nodig gehad
    Dit was God se wil

    My hart raak so siek sê Pappa-God
    Baie kere
    As Ek julle begrafnis-briefies lees
    Daai reëls maak My so seer

    Oe sê Pappa-God
    Julle laat My so gereeld klink
    Soos iemand wat die dood geniet
    Iemand wat Hom in ander se smart verlustig

    Hoekom vra Pappa-God
    Hoekom My kinders sê julle nie veel eerder
    Dankie Pappa dat U saam met ons rou
    Dankie dat U die seer van ‘n gebroke hart verstaan

    Oe Daddy se kinders
    Verlustig julle
    Julle in ander se pyn?
    Nou hoe kan julle dit van My sê?

    Pappa se kinders
    Kinders van die wêreld
    Ek weet julle probeer om met daai woorde te troos
    Maar wat daarvan as dit God elke keer as monster vertoon?

    Ek weet nie sê Pappa
    Ek verstaan nie
    Wat die wêreld daaruit put
    Om My oor en oor in ‘n slegte lig te stel

    Ek probeer so baie
    Ek probeer so gereeld
    Om sake in die regte lig te stel
    Tog hou die wêreld en sy maats aan daarmee

    Julle het seker al gesien
    Sê Pappa-God
    Daar is ‘n slegte God
    En daar is ‘n goeie een

    Ek weet nie aldag
    Sê Pappa-God
    Watter een Ek is
    Vandag is dit sus, môre is dit so

    Hierdie wêreld
    Is vol leuens oor My
    Sê Pappa
    Dit lê die wêreld vol

    Ek wil vra sê Pappa-God
    Dat julle saam met My
    Die verkeerde glo
    Tot as sal verbrand

    Kinders sê Pappa
    Julle verstaan nie
    Maar Ek is besig om elke dag
    Kinders af te staan aan verkeerde glo

    Mense glo nie reg oor My nie
    Sê Abba
    Hulle glo so-so verkeerd
    So-so verkeerd

    Ek wil sake regstel
    Sê Pappa
    Dis hoekom Ek oor en oor probeer
    Daar is net so min mense wat ja sê vir reg-glo

    Ag Ek weet nie sê Abba
    Dis net
    Al die verkeerde glo oor My
    Maak julle so depressief

    Dis moeilik kinders
    Dis moeilik vir die wêreld se mense om te glo Ek is goed
    As soveel leuens oor My
    Hulle ‘n ander storie oor My vertel

    Ek wil hê kinders
    Vra Pappa-God
    Dat ons die strate van die lewe sal begin skoonvee
    Van die leuens oor My wat hulle vollê

    Kinders sê Pappa
    Dis soos rommel
    Wat al so stink
    G’n wonder soveel mense wil niks met My te doen hê

    Oe kinders
    Vra Abba
    Sal julle asseblief saam met My werk
    Sal julle saam met My die strate van leuens skoonvee

    Dis net sê Pappa-God
    Mense begin afdwaal
    Mense begin verdwaal
    Tussen al die twak oor My wat die wêreld vollê

    Dit begin sê Pappa
    Net meer en meer raak
    Dat mense niks met My te doen wil hê
    En dis die leuens wat so maak

    Oe Pappa se kinders
    Vra Pappa-God
    Sal julle asseblief saam met My
    Vir hierdie wêreld vertel God is net goed

    As julle enige iets anders glo
    As net dit kinders
    Glo julle verkeerd
    Julle het nog iewers ‘n kat aan die stert beet

    Kinders sê Pappa-God
    Ek wil net so graag
    Al daai telefoon-stories oor My
    Begin kortsny

    Ja sê Pappa
    Al daai stories met die stertjies
    Kinders Ek wil hulle kortvat
    Ek wil hulle begin pakslae gee

    Nee julle maak verkeerd
    Sê Pappa-God
    Aan al die leuens oor Hom op aarde
    Julle is besig om My Naam deur die modder te sleep

    Pappa se kinders luister
    Julle het die mooiste God ooit
    Sy karakter is so suiwer
    Sy integriteit kan geen niks in twyfel trek

    Kinders sê Pappa
    Kinders asseblief luister vir My
    My Woorde is soos diamante
    Dit skitter van al die ware mooi!

    Julle harte sê Pappa
    Is partymaal vol twyfel
    Maar kinders dis hoekom Ek vra
    Leer My ken

    As julle net die waarde kon begin sien sê Pappa
    Van My self ken
    Oe kinders sê Pappa
    Niemand sal julle meer kon verlei

    Dis hoekom sê Daddy-God
    Ek altyd
    Oor en oor vra
    Leer My self ken

    Dis die allerbeste manier
    Sê Daddy-God
    Om al daai twyfel in julle harte
    Tot in stukkies te blaas

    Oe kinders sê Pappa
    Kom
    Kom probeer My bomme van liefde
    Begin toelaat dat hulle in julle harte en lewens afgaan

    Dis tyd kinders
    Sê Pappa-God
    Dat ons die vyand en sy trawante tot niet maak
    Nee rerig, sal jy saam met My werk?

    Kinders sê Pappa
    Ek het die beste maniere
    Om Satan lam te lê
    Een van hulle is jy wat jou wapenrusting opneem

    Ja-nee liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Begin net om daai skild van geloof op te neem
    Begin om vir hom te vertel dat jy My baie meer as vir hom glo

    Ja-nee liefste kinders
    Dis nodig dat jy sulke goed vir hom sal sê
    Anders gaan hy met twyfel-praatjies
    Net weer die deur probeer oopdwing

    Kinders sê Pappa
    Nee staan sterk
    Staan sterk in die verlossing wat vir jou behaal is aan die kruis van Golgota
    En sê Satan moet sy ry kry

    Ja kinders, ja
    Sê Pappa
    Noudat jy die helm van verlossing stewig aanhet
    Kan ons aanbeweeg

    Begin om jou swaard op te tel
    Kind
    Begin om die Woord te gebruik
    Begin om die Woord te lees

    Die Woord sê Pappa
    Is daar om jou My weë te leer
    Ja kind sê Pappa
    My allermooiste weë

    Jy sal partykeer vind
    Sê Pappa-God
    Dat die eie ek in jou baie skop daarteen
    Dat jy in jou wel en weë gehoorsaam aan My raak

    Ja-nee sê Pappa
    Die vlees in jou
    Sien nooit daarvoor kans
    Moet hom nie sy sin gee

    Ja-nee sê Pappa
    Baie kere gaan hy jou kry om te val
    En dis dan wat jy moet opstaan
    In die geregtigheid wat Jesus vir jou behaal het aan die kruis van Golgota

    Ja kinders, ja
    Dis so belangrik, so belangrik om te onthou
    Altyd jou identiteit in Christus
    Die waarde wat jy in Hom dra

    Kinders sê Pappa
    Dis so belangrik
    Anders gaan julle nie die skaam-wees
    Wat Satan op julle gaan probeer sit met julle mislukkings kan weerstaan

    Ja-nee liefste kinders
    Sê Pappa
    Dis baie belangrik vir julle om altyd te weet
    En te onthou die kere wat julle val

    Hou net altyd aan opstaan
    Liefste kinders
    Altyd en altyd
    Wanneer jy val

    Dis kinders sê Pappa-God
    Hoe die skoene
    Vir die bereidheid om die evangelie te verkondig
    Voete kry

    Ja liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Want met elke val en opstaan
    Leer jy My liewer kry

    Ek’s altyd so naby kinders
    En jou hart gaan so dankbaar wees
    Want elke keer gaan jy net meer en meer besef
    Hoe wonderlik die geskenk van genade is

    Oral-oor sê Pappa-God
    Sal jy dit wil verkondig
    Oral-oor sê Pappa
    Soos wat jy My beter en beter leer ken

    Oe kinders
    Sê Pappa
    Hoe mooi
    Hoe mooi die voete van hom wat die blye boodskap bring

    My genade is genoeg
    Liefste kinders
    Oor en oor
    Om julle te probeer inbring

    Altyd hou Ek aan daarmee
    Sê Pappa
    Altyd hou Ek aan
    Tot die einde sal dit wees

    Kinders besef julle sê Pappa
    Dat die waarheid julle vrymaak?
    Daarom moet julle altyd aanhou kinders
    Om waarheid te praat

    Daar’s te veel van My kinders
    Sê Pappa-God
    Wat dikwels vergeet
    Om die gordel van waarheid aan te sit

    Ja-nee liefste kind
    Hom moet jy om jou heupe vasmaak
    Jy moet waarheid
    Baie liefhê

    Kinders sê Pappa
    Dis omdat dit so eenvoudig is
    Ek kind sal nooit jok
    Sal jy asseblief dieselfde doen

    Daar is iets sê Pappa
    Aan ‘n man en vrou
    Wat hulle woord hou
    Oe kinders dit is so mooi

    Kinders dis so eenvoudig sê Pappa
    So eenvoudig
    Julle kan My elke dag liewer kry
    Of Satan wat die vader van leuens is

    Dis hy wat julle leer lieg
    Sê Pappa
    Dis hy
    Kinders asseblief moenie sy voorbeeld navolg

    Wees ‘n persoon van integriteit
    Kinders
    Net soos julle Pappa daarbo
    Die Een wat julle so mooi leer

    Kinders sê Daddy
    Sien dis eenvoudig
    So, so eenvoudig
    Ek wil dit net vir julle sê

    Begin liefste kind
    Sê Pappa
    Jou verantwoordelikheid opneem
    As soldaat van God

    Oe Pappa-God se kinders
    Oe Pappa-God se kinders
    Asseblief
    Sal julle dit begin doen

    Ek is besig sê Pappa
    Om My weermag te mobiliseer
    Dis tyd dat ons ernstig raak kinders
    Oor die aanvalle wat Satan loods

    Dit help nie kinders
    Ons probeer dit mis-kyk
    Af-maak
    Of sê dat dit nie bestaan

    Nee liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Die oorlog is aan die gang
    Ons moet Satan en sy soldate neervel

    Ja Pappa se kinders
    Ja sê Daddy
    Dis tyd om wapens van die Gees op te neem
    En te baklei

    Oe Pappa se kinders
    Asseblief
    Onthou altyd
    Dis die vyand wat ons baklei en nie mense nie

    Ja sê Pappa
    Partykeer werk Satan deur mense
    Maar kom ons wees wys genoeg om te besef
    Dit is nie die mense nie

    Dis altyd belangrik
    Sê Pappa-God
    Om dit in oog te hou
    Kinders om dit nie te vergeet

    Ja liefste kinders
    Sê Pappa
    Dis tyd, dis tyd om julle plekkies
    In My weermag se linies op te neem

    Kinders waar Ek jou nodig het
    Dis al waar jy hoef te wees
    Staan jy net jou plekkie vol
    Moenie probeer om iemand anders se werkie te doen

    Ja-nee liefste kinders
    ‘n Baie spesifieke plan het Ek met julle elkeen se lewe
    ‘n Baie spesifieke plan
    Asseblief wees net gehoorsaam aan hom

    Kinders sê Pappa
    Kinders!
    Asseblief word wakker
    Die wat nog lê en slaap

    Ek het julle nodig
    Liefste kinders
    Julle boeties en sussies het julle nodig
    Asseblief sal julle opstaan

    Sal julle plek inneem kinders
    Voorste linies
    Middelste linies
    Agterste linies

    Elkeen van julle
    Het ons so baie nodig
    Kinders vra Pappa
    Asseblief moenie aanhou uitstel

    Daddy-God se kinders
    Asseblief
    Luister vir My
    Die tyd is nou, ons moet veg!

    Ons moet veg kinders
    Teen Satan en sy leuens oor My
    Wat die aarde vollê
    Ons moet sy hart en werke ontbloot

    Oe God se kinders
    Asseblief
    Kom nou
    Staan op!

    Voorwaarts mars kinders
    Voorwaarts mars soldate van God!
    Dis tyd om grond terug te neem
    Dis tyd om nuwe grond-gebied in te neem

    Oe kinders
    Sê Pappa
    Kom, kom
    Kom!

    Ek weet wat julle nodig het
    Sê Pappa
    Ek sal julle self oplei
    Deur My Woord, deur My Gees

    Kinders sê Pappa
    Julle hoef nooit vir die vyand bang te wees
    Die wat by ons is
    Is baie meer as die by hulle!

    Ja liefste kinders
    Asseblief sê Pappa
    Glo My
    Selfs al kan jy nie die engele-skare om jou sien wat saam baklei

    Oe Pappa-God se kinders
    Dalk moet julle begin bid
    Net soos Elisa vir sy dienskneg
    Here open ons oë, help ons sien!

    Kinders sê Pappa
    Hierdie stryd sal ons beslis wen
    Dit kan Ek julle beloof
    Ek hoop net nie dat daar baie gesneuweldes sal wees

    Ja-nee sê Pappa
    Hulle sal nou die wees
    Wat vir Satan se praatjies geval het
    Die wat nie aan My gehoor wou gee

    Kinders daaraan
    Sê Pappa
    Kan Ek nou nie veel doen
    Ek kan nie oor mense se eie keuses klim

    Nee kinders, nee
    Dit kan Ek nie doen
    Al wat Ek kan doen sê Pappa
    Is om die verwondes in veld-hospitale op te neem

    Ja-nee sê Pappa
    Daar sal My verpleegsters hulle versorg
    Totdat hulle weer kan aangaan
    Weer in die oorlog kan gaan baklei

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Vir die verwondes sal daar altyd hoop wees
    Selfs al het jy ‘n arm of ‘n been aan Satan en sy aanslae verloor

    Ja liefste kinders sê Pappa-God
    Dit is so
    Selfs al is dit net jou storie van hoop en lewenslesse geleer
    Wat jy met die ander soldate van die lewe deel

    Kinders sê Pappa-God
    Daar is nog baie rookies onder julle
    Kinders sê Pappa
    Dit is wat ons baba-Christene noem

    Hulle moet nog opgelei word
    Kinders
    Hulle kan nie net sommer halsoorkop
    In ‘n ding wil inspring

    Nee kinders sê Pappa-God
    Sulke nuwe jong naiewe soldate se lewens
    Moet ons oppas en beskerm
    Totdat ook hulle reg is om die stryd te betree

    Ja-nee liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Met sulke lewens moet ons maar versigtig te werk gaan
    Ons kan hulle nie net aan die diep kant ingooi

    Ja-nee sê Pappa
    Hulle opleiding moet hulle eers voltooi
    Is dit nou twee, drie jaar
    Of totdat Ek weet hulle gereed daarvoor is

    Oe Pappa se kinders
    Ek weet sê Pappa
    Ek weet
    Julle is partykeer so oorgretig om Satan ‘n ding of twee te gaan wys

    Kinders vra Pappa
    Sal julle My asseblief net eerder vertrou
    Ek weet waar julle moet wees
    Vir nou

    Laat My toe sê Pappa
    Om julle wysheid te leer
    Moenie net in ‘n ding wil inspring
    Nee kinders sê Pappa, rustig, wag op My

    Oe Pappa se kinders
    Sê Pappa
    Oe Pappa se kinders
    Vertel vir My, leer jy darem iets?

    Kinders sê Pappa
    Passie vir My is so mooi ding
    So mooi
    Maar kinders sonder wysheid help dit nie veel

    Oe Pappa se kinders
    Myne
    Begin ook vir wysheid bid
    Wysheid oor hoe om met daai passie te werk te gaan

    Kinders sê Pappa
    Van julle is so aan die brand vir My
    En dis waarlik mooi
    Ek wil net vra begin wysheid toepas

    Begin wys raak
    Liefste kinders sê Pappa
    Met wat jy deel, met wat jy sê
    Met wie jy praat

    Nie almal liefste kinders
    Sê Pappa
    Is altyd reg om van My te hoor
    Begin om te onderskei

    Kinders Ek weet sê Pappa
    Ek weet
    Julle wil saam met My werk
    Julle wil die wêreld inbring

    Begin net asseblief
    Liefste kinders
    Versigtiger te werk gaan
    Nie so oorboord gaan

    Kinders Ek weet
    Sê Pappa
    Ek weet
    Ek maak nou bietjie seer

    Kinders
    Sê Pappa
    Dis nie dat Ek aan die liefde wil temper wat jy vir My het
    Ek wil dit net bietjie beter kanaliseer

    Oe Pappa se kinders, Myne
    Julle wat so pragtige vuur in julle hart het
    Wat brand vir My
    Baie, baie dankie My kinders daarvoor

    Oe Pappa-God se kinders
    Daai vuur van liefde in julle harte
    Seën My so
    Baie baie dankie daarvoor

    Dis vir My ‘n bron van vreugde
    Sê Pappa
    Rerig
    Dat Ek nie nodig het om julle te smeek om My lief te hê

    Oe Pappa se kinders
    Dankie
    Dankie so baie
    Daarvoor

    Ek sal julle wysheid gee
    Liefste kinders
    Ek sal julle wysheid leer
    Soos julle daarna vra

    Sodoende liefste kinders
    Kan ons veel meer
    In Pappa se koninkryk inbring
    Met passie onder wysheid se beheer

    Dankie vir julle tyd liefste kinders
    Dankie vir julle wat lees
    Dit bly lekker sê Pappa om vir julle te skryf
    As julle dit so baie waardeer

    Dankie kinders
    Dankie sê Pappa
    Net dat Ek My hart met julle kon deel
    Vir julle kon vertel hoe Ek oor ‘n paar dinge voel

    Tot volgende keer
    Daddy se kinders
    Tot volgende keer
    Sê Pappa

    Ja, Amen.

    Ek love, love, love sulke kuiertjies by Jesus se voete. Hoe meer ek ontdek, hoe meer wil ek ontdek. Jare terug vriende het ek nooit geweet Daddy is so mooi nie. Dat Sy hart so pure goud is nie. Dit bly vir my lekker! Ek nooi jou rerig boetie/sussie, gaan raak stil by Jesus se voete. Vra Hom self, Pappa … praat met my. Wys my hoe real is U. Ek wil jou net aanmoedig, doen dit, gaan sommer nou! En dan wil ek vra … Stuur vir my bietjie info oor jou en Abba se tyd saam. Enige iets wat net vir jou spesiaal was & uitgestaan het. Ek hoor graag julle harte! Kom ons bemoedig mekaar 🙂 liefde, altyd!

  • Hemelse brood

    Die wat wag op My
    Nuwe krag sal hulle kry
    Krag wat hulle sal deurdra
    Krag wat nuwe hoop aan hulle gee

    (meer…)
  • Altaar van Oorgawe

    Met woorde sag
    Kruip U tot binne in my hart
    U hart is sag
    U wag op my

    (meer…)

  • Goddelike Fees

    Maak jou hart totaal en al oop
    Vir God en Sy teenwoordigheid
    Wanneer jy tyd
    Met My spandeer

    (meer…)

  • Onmeetbaar

    Glorie Halleluja
    Prys ons Pappa-God
    Groot bo almal is Hy
    Die Enigste Een

    (meer…)

  • Kamers vol skatte

    Kinders van vandag
    Kinders van môre
    Sal julle asseblief nader kom
    Sal julle kom uitvind wat leef in My hart

    (meer…)