Onmeetbaar

Glorie Halleluja
Prys ons Pappa-God
Groot bo almal is Hy
Die Enigste Een

Soveel gode het al
Met Hom probeer vergelyk
Tog skiet hulle vêr tekort
Kom nie eers naby nie

Pappa se kinders
Julle moet aanhou glo
Julle moet weet
Julle God is onmeetbaar groot

Ek gee om vir julle
Elkeen
Niks kan met dit vergelyk
Geen aardse een of ‘n ander een

Liefde so groot
Mens kan nie van die einde vertel
Dit is hoe groot
My liefde vir julle is

Wag op hierdie liefde sê Vader
Gee dit plek en tyd
Om Sy arms om jou te vou
En jou styf vas te hou

Kinders asseblief
Moenie terughou nie
Gee asseblief op, gee asseblief oor
Wanneer dit by My en My oneindige groot liefde vir jou kom

Kinders niks kan daarmee vergelyk
Onvergelykbare God
Dit is wie Ek is
Trou in al My weë

Ek is so getrou
Sê ons Koning
In alles wat Ek doen
Niks of niemand kan met My vergelyk

Ek probeer altyd die beste voorbeeld vir julle stel
En dan vra Ek net My kinders om in hul Pa se weë te loop
Kinders het julle al gesien dit is die beste
En maklikste manier om hulle te leer

Ja sê Pappa
As pappa’s die regte pad loop
En net hulle kinders vra om dieselfde te doen
Om die een te wees wat voorloop

Dankie pappa’s van die wêreld
Wat hulle kinders so mooi en goed leer
Wat vir hulle kinders die voorbeeld stel
Hoe om op die regte pad te bly

Kinders julle het impak
Selfs al voel of lyk dit nie altyd vir julle so
Glo asseblief
Julle maak ‘n verskil

Tussen julle vriende en families
Wil Ek maar net altyd vra
Wees asseblief ‘n helder lig
Straal My voorbeeld uit

Ons kan so groot verskil maak
Sê Abba
As ons net bereid is om in alles
Die pad van LiG te kies

Ja Ek wil in alles My Woord en eer hou
Ek vra ook dieselfde van jou
Asseblief seun, dogter
Kind van Abba-God

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment