Om te wag op My
Is so die mooiste ding
Ek wens meer mense wou dit glo
Ook kom probeer
Kinders julle hoef nie skaam te voel
In My teenwoordigheid nie
Dis vir My lekker as julle op My wag
Dit sê en wys julle gee om om te hoor
Dit wys verwagting sê Abba
Dit wys dat julle van My verwag om op te daag
En dat julle sal wag
Totdat dit gebeur
Kinders julle moenie dat julle
Hierdie deel van ons verhouding mis nie
Kinders wat op My wag
Dit bly vir My mooi
Kinders van My hart
Kom dan asseblief gereeld
Kom klop aan My hart en vra
Abba is daar iets wat U met my wil deel
Kinders van My hart
Dis baie moeilik
Om wie Ek is met julle te deel
As julle nooit opdaag om te kom hoor
Kinders asseblief
Moenie dat die lewe so by julle verbysnel
Dat julle nie tyd het
Om by julle Pappa se voete te kom sit nie
Kinders van My hart
Asseblief doen dit gereeld
Moenie dat dit agterweë bly, sê dan
Abba hier is my hart ek wil ontvang, praat asseblief met my
Kind dis al wat jy hoef te doen
Dis al wat Ek vra
Luister na My
Wanneer Ek praat
Kinders Ek praat
Baie gereeld
Julle moet net kom hoor
Wat dit is wat Ek wil sê
Pappa se kinders asseblief
Sal julle dan kom
Gereeld en net sê
Pappa wat is op U hart vandag
Ek praat altyd met My kinders
Julle sal sien
Daar is nie ‘n dag wat verbygaan
Wat Ek nie vir My kinders sê dat Ek hulle liefhet
Is dit nou ‘n sagte fluistering
In hulle hart se oor
Of die son wat blink en warm skyn
Dit kan julle maar glo
Kinders kom wag op My
Kom vra My
Pappa is daar iets wat U wil hê ek moet hoor
Is daar iets wat U met my wil deel
Abba se kinders
Dis maar al
Kom wag op My
Maak asseblief tyd daarvoor
Moenie laat dit agterbly
Kom kuier gereeld vir My
So sal jy weet
Wat in My hart en wêreld aangaan
Bly net so kind van Abba-God
Bly asseblief net so spesiaal
Weet dat Ek vir jou omgee
Net soos wat jy is
Baie kere dat mense hierdie woorde oor hulself nie glo
Dit maak My baie hartseer
Dis asof hulle amper nie glo
Ek maak nie gemors
Pappa se kinders
Asseblief
Kom wag op My en weet
Ek wil jou ontmoet
Ek wil altyd
Elkeen van My kinders ontmoet
Daar is geen een
Wat voorkeur geniet
Kinders het julle nog nie geleer
Weet julle nie
By Pappa-God is almal dieselfde
Almal ewe gelyk
Daarom
Kom sê Pappa
Kom kuier gereeld seun, dogter
Weet dat Ek met jou wil gesels
Ek doen altyd sê Abba
Ek ontmoet altyd elkeen van My kinders
Op hulle eie spesiale manier
Ja sien dis nie altyd dieselfde vir almal
Ek werk op verskillende maniere
Sê Abba-God
Met jou so en dan weer met iemand anders op ‘n ander manier
Ja die pad dit is nie dieselfde vir almal
Ek werk uit die boks sê Abba
Baie mense wil My in een plaas en dan daar hou
Maar dit is nie wie Ek is
Ek is Anders in al My weë, weet dit maar gerus
Kinders, kinders van My hart
Pappa gee om en Hy vra
Kom My kind
Kom asseblief gereeld by My kuier
Dit is hoe julle gaan bly weet
Wat vir My belangrik is
En waarmee Ek My op die oomblik besig hou
Kinders dit is nie altyd dieselfde nie, weet dit asseblief vandag
Kinders julle moet kom inloer
Julle moet kom stil word
By My voete
Sodat Ek oor julle kan sing
‘n Liefdesliedjie vir jou My kind
Dogter, seun
Weet asseblief jy behoort aan Pa
Lank voor tyd is jy alreeds uitverkies
Ek glo in julle
Ek sê dit gereeld
Want Ek wil hê julle moet dit hoor
Ek wil hê julle moet dit ‘n diep plek van waarheid in julle harte laat vind
Kinders hou vas
Asseblief tot en met die einde
Weet dit gerus Ek sal opdaag
Wanneer Ek sien dat jy op My wag
Amen.