Vergifnis teenoor self
Jong dis ‘n moeilike ding
Dis iets wat ek nie aldag
Self regkry
Etiket: perfekte+liefde
-

Jy’s meer as jou foute
-

Slinkse slang
Die waarde wat elkeen van My kinders
In My oë dra
Kinders dis so groot
Ek wens julle kon sien -

Liefde wat bly
Genade onbeskryflik groot
Het ons wonderlike God aan my bewys
Die dag toe ek kon ja sê
Vir Sy Seun se dood aan die Kruis van GolgotaSoveel jare terug het dit gebeur
Tog het dit nog nooit Sy krag verloor
Die boodskap van die Kruis, die Evangelie, die Goeie Nuus
Dit bly vandag nog net so waarOe hoe wonderlik en hoe waar om te weet
Ons God se kruis staan nog altyd-deur
Deur die eeue en generasies heen bly dit bewys
God se liefde, niks kan ons daarvan skeiOe baie dinge het al gekom
Probeer om die teendeel te bewys
Tog bly dit nie waar
Dat God se liefde nie perfek isNee vir ons elkeen is dit so
Vir ons elkeen het Hy kom wys
Jy is goed genoeg
Net omdat jou Pappa in die hemel so sêJa kinders van Pappa-God
Ons moet nooit toelaat dat die teendeel ons verwar
Die leuen van Satan wat sê
Dit is nie waarJa-nee kinders van Abba
Die in die wêreld, die nie
God se liefde vir ons elkeen
Is so volmaakOnthou dit volgende keer
As die duiwel vir jou kom sê
Weer het jy gefaal
Sekerlik sal God jou nie meer liefhê nieGod se kinders
Daar is nie ‘n maatstaf aan My liefde nie
Sê Pappa
Altyd bly Ek lief, vir julle elkeenKinders My Woord sê
Dit beloof
Dat geen niks, niks ooit
Julle van God se liefde in Jesus kan skeiNiks kan julle verwyder
Sê Pappa
Van My liefde nie
Niks kan julle daarvan skeiJa sê Pappa-God
Maar dit kan tog gebeur
Dat mense My nie wil ken
Omdat hulle hierdie leuen gloKinders Ek wil hê julle moet verstaan
Julle moet weet
God se liefde is perfek, vir elkeen
Dit sal altyd so weesKinders julle moet weet
Julle moet weet julle is duur gekoop
En julle behoort aan Pappa-God
Hom alleenEk het duur betaal sê Pappa-God se Seun
Aan die mensekinders op aarde
Duur om julle terug te wen
Duur om julle weer My eie te maakKinders daarom is dit nie nodig nie
Dis nie nodig om ooit
Aan My liefde te twyfel nie
Nie vir jou nie, vir geeneenJa liefste kinders
Ja dit is so
My liefde is perfek
Vir elkeenDis te gereeld sê Pappa-God
Dat te veel mense
Satan se leuen glo
Wat sê dit is nie waarKinders hy vertel julle
Stories van voorwaardelike liefde
As julle dit doen
Dan sal Ek julle liefhêNee My liefste kinders
Dit is nie so
Jy moet dit weet
Die waarheid kenJa Pappa se kinders
Ja
Daar is wel dinge wat kan maak
Dat jy nie die volheid van My liefde kan ervaarKinders dis hoekom
Ek julle altyd naby aan My wil hê
Dis hoekom Ek julle altyd vra
Kom net nader aan MyGod se liefde
My liefde kinders
Het ‘n manier om alles te herstel
Om soveel genesing te bringDis hoekom Ek vra kinders
Leer My liefde vir julleself ken
Leer ken hoe perfek lief
Ek vir julle elkeen isDis as julle van hierdie plek
Van waarheid af opereer
Dat daar altyd soveel hoop en moed
Vir weer probeer sal weesJa kinders
Want dis as julle weet
God sal nooit opgee op my
Dat julle ook dieselfde kan bly doenKinders, kinders van Pappa
Glo vir My
Dit is hoe dit is, dit is hoe dit moet wees
My liefde sal vir alle tyd die ware anker blyMy liefde, My liefde
Wat net nooit sal opgee op jou
Kind weet dit vandag
En asseblief moenie weer Satan se leuen gloAl faal jy permanent
Al sou jy My nooit liefhê
Die keuse van My liefde
Dit bly nie by jouDis iets wat Ek lank terug besluit het
Kinders Ek sou julle kom leer
Die krag van onvoorwaardelike liefde
Net soos wat ons in die bybelstorie Hosea leesJa Ek sou julle bly liefhê
Deur donker waters
Deur donker nagte
Ek sou julle bly liefhêKinders Ek wou julle nie ‘n keuse daarin gee
Ek wou hê julle moet weet
Ek is God
Ek kan dit doenDis omdat Ek die vermoë
Van onselfsugtige, onbaatsugtige onvoorwaardelike liefde ken
Ek weet dit kan wonderwerke laat gebeur
As mense die waarde daarvan diep laat insink‘n God wat altyd liefhet
Maak nie saak wat
‘n God wat bly liefhet
Selfs al sê jy tot die dood nie jaTog sou Ek graag wou hê
Dat jy hierdie woorde hoor
Altyd-altyd is daar vergifnis
En kans vir My innooiJa kinders van die wêreld
Ja altyd
Dit is so
Dis waarom Ek sê ken My liefdeKen My liefde
En wat dit in jou lewe kan vermag
Die onmoontlike, God self in jou
Soveel potensiaal wat in jou lêAmen.
-
Viesbly vir ek
U is sag
U sit by my
Om U so naby te hê
Dit bly vir my so mooi -
Een in Jesus
Ons God is so groot
Lieflik en mooi in al Sy weë
Skoon en rein
Daar is net niemand soos Hy -
Glo en sien!
Die krag van glo
Sê Pappa-God
Dit kom van My af
En dit is baie groot -
Treëtjies van vertroue
Hoekom hou jy terug My kind
Hoekom wil jy dikwels
Nie jou hart met My deel
Vra Pappa God -
Onmeetbaar
Glorie Halleluja
Prys ons Pappa-God
Groot bo almal is Hy
Die Enigste Een -
Reënboë van hoop
Bring My ‘n hart wat glo
Sê Abba
Rerig glo
En kyk wat Ek daarmee kan doen -
Hemelse Koning
Weet julle liefste wêreld
Waarvoor julle vra
Weet julle waarvoor julle
Nee sê