Liefde wat bly

Genade onbeskryflik groot
Het ons wonderlike God aan my bewys
Die dag toe ek kon ja sê
Vir Sy Seun se dood aan die Kruis van Golgota

Soveel jare terug het dit gebeur
Tog het dit nog nooit Sy krag verloor
Die boodskap van die Kruis, die Evangelie, die Goeie Nuus
Dit bly vandag nog net so waar

Oe hoe wonderlik en hoe waar om te weet
Ons God se kruis staan nog altyd-deur
Deur die eeue en generasies heen bly dit bewys
God se liefde, niks kan ons daarvan skei

Oe baie dinge het al gekom
Probeer om die teendeel te bewys
Tog bly dit nie waar
Dat God se liefde nie perfek is

Nee vir ons elkeen is dit so
Vir ons elkeen het Hy kom wys
Jy is goed genoeg
Net omdat jou Pappa in die hemel so sê

Ja kinders van Pappa-God
Ons moet nooit toelaat dat die teendeel ons verwar
Die leuen van Satan wat sê
Dit is nie waar

Ja-nee kinders van Abba
Die in die wêreld, die nie
God se liefde vir ons elkeen
Is so volmaak

Onthou dit volgende keer
As die duiwel vir jou kom sê
Weer het jy gefaal
Sekerlik sal God jou nie meer liefhê nie

God se kinders
Daar is nie ‘n maatstaf aan My liefde nie
Sê Pappa
Altyd bly Ek lief, vir julle elkeen

Kinders My Woord sê
Dit beloof
Dat geen niks, niks ooit
Julle van God se liefde in Jesus kan skei

Niks kan julle verwyder
Sê Pappa
Van My liefde nie
Niks kan julle daarvan skei

Ja sê Pappa-God
Maar dit kan tog gebeur
Dat mense My nie wil ken
Omdat hulle hierdie leuen glo

Kinders Ek wil hê julle moet verstaan
Julle moet weet
God se liefde is perfek, vir elkeen
Dit sal altyd so wees

Kinders julle moet weet
Julle moet weet julle is duur gekoop
En julle behoort aan Pappa-God
Hom alleen

Ek het duur betaal sê Pappa-God se Seun
Aan die mensekinders op aarde
Duur om julle terug te wen
Duur om julle weer My eie te maak

Kinders daarom is dit nie nodig nie
Dis nie nodig om ooit
Aan My liefde te twyfel nie
Nie vir jou nie, vir geeneen

Ja liefste kinders
Ja dit is so
My liefde is perfek
Vir elkeen

Dis te gereeld sê Pappa-God
Dat te veel mense
Satan se leuen glo
Wat sê dit is nie waar

Kinders hy vertel julle
Stories van voorwaardelike liefde
As julle dit doen
Dan sal Ek julle liefhê

Nee My liefste kinders
Dit is nie so
Jy moet dit weet
Die waarheid ken

Ja Pappa se kinders
Ja
Daar is wel dinge wat kan maak
Dat jy nie die volheid van My liefde kan ervaar

Kinders dis hoekom
Ek julle altyd naby aan My wil hê
Dis hoekom Ek julle altyd vra
Kom net nader aan My

God se liefde
My liefde kinders
Het ‘n manier om alles te herstel
Om soveel genesing te bring

Dis hoekom Ek vra kinders
Leer My liefde vir julleself ken
Leer ken hoe perfek lief
Ek vir julle elkeen is

Dis as julle van hierdie plek
Van waarheid af opereer
Dat daar altyd soveel hoop en moed
Vir weer probeer sal wees

Ja kinders
Want dis as julle weet
God sal nooit opgee op my
Dat julle ook dieselfde kan bly doen

Kinders, kinders van Pappa
Glo vir My
Dit is hoe dit is, dit is hoe dit moet wees
My liefde sal vir alle tyd die ware anker bly

My liefde, My liefde
Wat net nooit sal opgee op jou
Kind weet dit vandag
En asseblief moenie weer Satan se leuen glo

Al faal jy permanent
Al sou jy My nooit liefhê
Die keuse van My liefde
Dit bly nie by jou

Dis iets wat Ek lank terug besluit het
Kinders Ek sou julle kom leer
Die krag van onvoorwaardelike liefde
Net soos wat ons in die bybelstorie Hosea lees

Ja Ek sou julle bly liefhê
Deur donker waters
Deur donker nagte
Ek sou julle bly liefhê

Kinders Ek wou julle nie ‘n keuse daarin gee
Ek wou hê julle moet weet
Ek is God
Ek kan dit doen

Dis omdat Ek die vermoë
Van onselfsugtige, onbaatsugtige onvoorwaardelike liefde ken
Ek weet dit kan wonderwerke laat gebeur
As mense die waarde daarvan diep laat insink

‘n God wat altyd liefhet
Maak nie saak wat
‘n God wat bly liefhet
Selfs al sê jy tot die dood nie ja

Tog sou Ek graag wou hê
Dat jy hierdie woorde hoor
Altyd-altyd is daar vergifnis
En kans vir My innooi

Ja kinders van die wêreld
Ja altyd
Dit is so
Dis waarom Ek sê ken My liefde

Ken My liefde
En wat dit in jou lewe kan vermag
Die onmoontlike, God self in jou
Soveel potensiaal wat in jou lê

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment