Etiket: slider

  • Hoe behou ons hoop?

    Hoe behou ons hoop?

    Liewe vriende,

    Ons leef tans in ‘n tyd waar hoop besig is om teen rasse skede te verdwyn uit die harte van soveel mense – jip net soos die sandstraaltjie deur die nek van ‘n uurglas – want die effekte van die Korona-virus begin ernstig aan lewens knaag.

    Pappa-God is steeds in beheer. Hy wil ons hoop laat toeneem en help om stewig te staan teen al die aanslae.

    Ek het onlangs ‘n potgooi-reeks “Hoop Leef” opgeneem en deel dit graag met julle hieronder. As jy nie weet hoe jy hierdie seisoen gaan oorleef nie of dalk benodig jy net ‘n tikkie inspirasie nooi ek jou om die skakels te volg en te gaan luister.

    1. https://soundcloud.com/user-127446156/trek-nader-aan-god
    2. https://soundcloud.com/user-127446156/2-prop-in-by-hoop
    3. https://soundcloud.com/user-1274461…/3-lofprysing-aanbidding
    4. https://soundcloud.com/user-127446156/4-deel-jou-hart
    5. https://soundcloud.com/user-127446156/5-krag-van-die-woord
    6. https://soundcloud.com/user-127446156/6-god-is-groter
    7. https://soundcloud.com/user-127446156/7-dankbaarheid
    8. https://soundcloud.com/user-127446156/8-god-is-daar
    9. https://soundcloud.com/user-127446156/9-fondasies
    10. https://soundcloud.com/user-127446156/10-hoop-wat-gee

    Mag dit ‘n kombers van Hemelse-vrede-want-God-is-in-beheer oor jou skouers kom gooi.

    Sterk staan kind van God. Hierdie is ‘n gulde geleentheid vir groei in die Gees.

    Kom ons onthou … HOOP LEEF!

    En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!

    Romeine 15:13

    Jesus liefde,

    Letitia

  • Dis ‘n proses van groei nie ‘n wiel van prestasie

    Dis ‘n proses van groei nie ‘n wiel van prestasie

    Ek is ‘n geregverdig-gemaakte kind van God
    Nie perfek nie maar op ‘n journey saam met Abba
    Saam met Hom sal ek bly opstaan
    Die werk wat Hy in my begin het sal Hy voltooi

    Daarom sal ek nie opgee
    Maar die pad saam met Hom bly loop
    Nooit nie bly lê
    Sy genade, krag en liefde is my behoud

    Altyd sal ek onthou
    Sy genade is vir my genoeg
    En geen versoeking of sonde
    Is groter as Hy

    Jesus het oorwin
    In Hom is ek oorwinnaar en vry
    Geen sonde sal ek toelaat om ‘n houvas op my te kry
    Want Jesus se prys aan die Kruis was vir vryheid

    Joune ja en ook my
    Hierdie vryheid sal ek nastreef
    Sy hand bly vashou
    Tot die end

    Hy’s die Perfekte Een…
    Jesus
    In Hom is ek volmaak
    In Hom is ek goed-genoeg

    In Hom, saam met Hom
    Moet ek net bly groei
    Dis al wat my Hemelse Pappa van my vra
    Groei in liefde vir My

    Liefste kind elke dag meer
    Moenie dat sonde se tentakels jou onderkry
    Haar seekat-manier sal bly verloor
    Soos jy oë op God bly hou

    Kyk na die horison kind
    Blou en rooi gemeng
    Daar is ‘n hemelshuis wat wag
    Kyk vorentoe, nooit ondertoe

    Selfs in en met die verkeerd
    Kan Ek bly werk
    Hou jou oë net op My
    Vorentoe kind, vorentoe

    Ek vergewe die sonde
    Dit waarmee Satan julle altyd vuil smeer
    Kyk altyd liewe dogter, seun
    Hoe vinnig julle kan opstaan na verkeerd-doen

    Ek veroordeel nooit
    Ek sê altyd Staan op
    Vee die stof van julle klere af
    En probeer weer

    As julle net kon sien
    Liefstes
    Altyd sê Pappa
    Die blink oë waarmee Ek vergeef

    Want Ek sien die harte waarmee julle sonde pleeg
    En dis altyd, gewoonlik
    Daddy ek wil nie, ek wil rerig nie
    Maar daar is iets in my wat ek net nie gekeer kry

    Oe Pappa se liefstes
    Myne
    Hoekom begin julle julself nie vergewe
    Soos wat Ek doen?

    Ja Ek weet
    Dis altyd seer
    En Ek weet
    Julle wens altyd julle het nie

    Maar liefstes
    Kan ons asseblief van die plek bly opstaan?
    Julle moet weet
    Ek vergeef

    Ek wil julle help, altyd
    Om weer op julle voete te kom
    Moenie in stof en as bly sit
    Die kere wat julle misluk, die kere wat julle verkeerd-maak

    O kinders
    Vat veel eerder Pappa se hande

    Daddy ek sal uit die stof opstaan

    Julle is nie gemaak liefstes vir op die grond bly lê
    Kyk na My, hou aan opstaan
    Ek vergewe
    Dis Ek wat altyd sê Probeer net weer

    Ja mense gee vinnig op
    Baie vinniger as wat Ek ooit doen
    Ek wil hê julle moet hoop en krag put
    Uit My eindelose geduld vir julle

    Sal julle vinniger vergeef
    Die kere wat julle faal
    En die leisels
    Uit julle hande laat val?

    Nee liefstes
    Neem net weer die leisels op saam met Daddy
    Sê jy’s jammer
    En galop aan

    Baie kinders van My
    Sê Abba
    Kom nooit oor die verkeerd-doen
    En sleg-voel

    Van julle sit al daar vir jare en jare
    Kamp-opgeslaan
    Net soos wat Satan My kinders kry om te doen
    By die Kruis van Golgota

    Liefstes
    Daddy wil Satan se sonde en skaamte
    Van julle harte afbreek
    Hy hou julle so hard en seer daarmee

    Wees sag My liefstes
    Altyd sag vir Pappa se hart en hand
    Laat My altyd toe
    Om in jul binnestes te bly werk

    Dis My begeerte sê Abba
    Dat julle harte altyd lig en vry sal voel
    Dis wat Ek altyd doen, dis waarnatoe My Woord altyd die pad aandui
    Lig en vol vrede

    Nie ‘n swaar en donker gemoed
    Ek haat dit sê Pappa
    As Ek My kinders so morbied deur die lewe sien gaan
    Ek het gesterf sê Jesus om julle veel meer as dit te gee

    Daar is ‘n lewe beskikbaar
    Van oorvloed vreugde, lig en lewe
    Sê Pappa, ons Hemelse Pappa
    In My Seun

    Sal julle die lewe asseblief
    Asseblief
    Saam met My
    Begin doen

    Hou op om My uit te sluit
    Maak My veel eerder kinders deel van als in jou
    Die sleg, die verkeerd
    Die mooi, die gehoorsaamheid

    Julle harte faal
    Kinders dit is so
    Tog wil Ek hê julle moet weet
    Ek vergewe gou

    Ek wil net hê ons moet die pad bly loop
    Hand-aan-hand
    Soos geliefdes doen
    Oor die strand van die lewe

    As jy bereid sou wees kind
    Om in vasberadenheid en volharding
    Die pad saam met My te bly stap
    Kan Ek jou beloof

    ‘n Ewige oorwinning
    Vol kleiner oorwinnings op jou pad tot daar
    Sonde sterf nie altyd eensklaps ‘n dood
    Dis ‘n pad tot daar

    Kind ‘n reis tot by die Ewigheid
    Waar jy elke dag kies om die vlees te bly neerlê
    Nie altyd maklik want sy wil altyd uit die dood opstaan
    Maar My Seun se bloed en opstanding het die ewige oorwinning vir jou behaal

    Daarom wandel dan op hierdie pad
    Laat jou Gees-mens bly groei
    En weet dis nie altyd ‘n pad van perfeksie
    Maar Jesus wat alreeds perfek is in jou

    Ja kind ‘n pad van groei
    ‘n Pad van Jesus toelaat om volwasse gestalte in jou te verkry
    Ja Hy moet groei
    Van baba na die gekruisigde Heer

    In jou
    Kind en dit gebeur
    Soos jy jouself
    Elke dag aan My oorgee

    Begin elke dag net saam met My
    Hou aan oorgee
    En vertrou
    Ek’s altyd besig om julle by die mooier mooi in My te wil uitbring

    Dis ‘n groei-proses
    ‘n Proses so mooi
    ‘n Proses van groot-word-in-Jesus
    Groei, groei, groei

    Kind solank as wat jy altyd bereid is om te groei
    Sal jy nooit in ‘n rat van sonde en ek-kan-nie-aanbeweeg verval
    Hou aan groei
    Saam met My

    Nooi Jesus se lig konstant in

    Jesus ek gee U toestemming
    Hê U manier in my

    Dis die mooiste werk
    My liefste kind
    Wat die Hemelse Pottebakker in jou wil kom doen
    Daarom laat jou gebed altyd toe om te wees

    Jesus ek die aardse klei gee U toestemming
    Vorm my, knie my
    Maak my soos U
    Die Hemelse Pottebakker my wil hê

    Met harte bereid om sulke gebede te bid
    Kan Ek altyd bly werk sê ons Hemelse Pappa
    Altyd-Altyd
    Want Ek het jou ja

    Soveel mense wat nog vassit in ‘n rat van nie-verandering
    Julle kan nie glo
    Maar soveel mense wat sê
    Ek hoef nie te verander, daar is niks fout met my

    My liefste kind
    Kan jou Pappa in die hemel vandag vir jou kom vra
    Weerspieël jy al ten volle vir Jesus
    In jou lewe en hoe jy optree?

    Ek wil hê jy moet weet kind
    As jy nie volmondig kan saamstem
    – Wie kan? 😉 –
    Is daar altyd ruimte vir groei

    Want sien
    Mense sien die deel nie altyd nie
    Volgens hemel-standaarde
    Skiet hulle veels te kort

    En sien sê Pappa
    Nie omdat dit ‘n wiel
    Van prestasie is nie
    Maar ‘n proses van groei

    Altyd wil Ek julle
    By die dieper en mooi in My uitkry
    Maar dit kan net gebeur
    Met die wat volwasse is in Gees

    Ai My liefste kinders
    Asseblief, bly groei
    Altyd, altyd
    Wees bereid om te groei

    Is dit nie ook altyd vra Pappa
    Wat julle bewonder in mense nie
    Hulle uithouvermoë, die begeerte om hulself te verbeter
    En hoe bereid hulle is om daarvoor te werk

    Dis maar dieselfde met My
    Liefstes
    Ek soek maar net kinders
    Wat altyd bereid is om te groei saam met My

    Nie perfeksie nie kinders
    Maar groei
    Dis Pappa se hart
    Dis al wat Ek vandag vir julle wou kom sê

    Liefde My kinders
    Pappa bewonder julle
    Julle groei en bly-opstaan, julle nooit opgee
    Dit bemoedig en seën My hart

    Amen.

  • Hebreërs 11 vers 6

    Hebreërs 11 vers 6

    Hallo daar,

    Ek wil graag ietsie met julle deel. Mag dit jou hart ‘n ware hoop-inspuiting gee!

    Gister hoor ek die en ek ervaar hoe ‘n nuwe vlak van verstaan ewe skielik klokhelder in my binneste begin weerklink. Hebreërs 11 vers 6 in die Nuwe Lewende Vertaling lees so …

    SonderGeloofIsDitOnmoontlik

    en wag vir dit … die volgende ta-da-oomblik wat ek gehad het …

    WieTotGodWilNader

    Wow!!! Lief dit so baie. Die waarheid van hierdie woorde. Dit het my sommer weer opnuut kom bemoedig … volhard Letitia … om God te soek het gewaarborgde vrugte.

    Moenie ooit dink boetie of sussie dat God nie sien as jy opreg na Hom soek nie. Hy sal jou ek-wil-U-regtig-ken-hart beloon. Hy wag net om te sien … hou ons aan!

    Stil word by God, sit by Jesus se voete … dis ‘n daaglikse noodsaaklikheid. Moet asseblief nooit die waarde daarvan onderskat. Dis ‘n fontein van oorwinning waarby ons elke dag kan gaan drink.

    Moenie net die Bybel lees nie. Oordink die woorde, laat hulle toe om met jou hart te praat en met hulle lewende waters jou binneste te verfris.

    Dis groei, die mooiste sterk-word, dis hierdie lewe met ‘n hoop waarmee die wêreld nie kan vergelyk.

    Ek bid vir julle. Dat elke treë wat julle nader aan God gee beloon sal word met die rykste ontmoetings van Bo. Oe hoe graag wil ons Pappa dit vir Sy elke kind gee.

    Hou uit, hou aan, hou vas sê Hy! xxx

    P.S. Vra gerus as jy enige vrae het oor hoe verhouding en intimiteit met God bou prakties lyk & werk. My storie is nie verniet geloop … ek glo & weet hy kan jou help!

    #TydMetGod #DieLeweInOorwinning #AanhouerWen #volharding #DieMooisteVrugteSpruitVoortUitTydSaamMetDieKoningVanAlleKonings #MoenieOoitOphou #DieBesteKomNog #DelfDieperDelwer 😉

  • Hoop vir jou dag! 🍁

    Hoop vir jou dag! 🍁

    Partykeer as die lewensstorms woed en ons kry net nie gewen in hierdie aardse stryd wat mens DIE LEWE noem nie is dit menslik, so menslik om te begin twyfel aan God se daar-wees. Want. ‘n Mens kry Hom en Sy nabyheid net nie gevoel nie. En ons wil so graag daai sekerheid hê in die Hy-voel-so-vêr en asof-Hy-glad-nie-omgee-nie.

    Ek het al so gevoel. Alleen en heeltemal verlate. Ja God-verlate. Maar dan … saggies … hoor ek hoe Sy Gees kom herinner … Het jy jou Woord gelees? Sal jy onthou … dit sê … Al gaan jy deur dale van doodskaduwees, Ek sal by jou wees. Al wil die waters jou boot binnestroom en oorstroom, al wedywer die oondvure om warmer as mekaar te wees … hulle sal nie die oorhand kry.

    Die Woord sê ook … God Sjamma … God Altyd daar. Dis een van Sy kosbare name. Weet dit vandag liewe kind van die Almagtige. Jy mag hoe alleen VOEL maar dis net nie waar nie want GOD se WOORD kan nie jok nie en dit beloof … Ek sal jou NOOIT begewe of verlaat nie (Hebreërs 13:5).

    Ek dink dis waar geloof inkom. Ons moet glo. Dit wat ons nie kan sien of noodwendig ervaar nie (Hebreërs 11:1). Dis hoe ons geloof sterker spiere bou. Weet dit vandag liewe boetie en sussie, jou glo, dit is die moeite werd.

    🍁 Geseënd is jy!

    Die woorde van die Here is rein woorde, silwer wat gelouter is in ‘n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal.

    – Psalms 12 vers 7. #onskangodmaarglo #godismeerasonsemosies
    Ek nooi jou graag om ons ook op Facebook te volg as jy sou belangstel.
    Partymaal deel ek prentjies, ens. daar wat ek nie alles hier op die blog plaas nie.
    En ook andersom. Hulle werk maar so hand aan hand! ♥
  • Om God te ken

    Om God te ken

    Hierdie laat my sommer dink aan wat ons in Johannes 17:3 raaklees.

    Die Amplified Bible skets die versie met so mooi prentjie;

    And this is eternal life: (it means) to know (to perceive, recognize, become acquinted with, and understand) You, the only true and real God, and (likewise) to know Him, Jesus (as the) Christ (the Anointed One, the Messiah), Whom You have sent.

    Het julle geweet ‘ken’ in hierdie vers verwys na intimieme ken?

    Soos tussen man en vrou. Nie soseer op seksuele vlak maar meer die emosionele hart en kop-konneksie wat dit voorafgaan.

    Om God te ken is bedoel om veel meer te wees as net weet-van.

    Dis ‘n uitnodiging na ‘n persoonlike intieme verhouding met God, soos die mooiste en spesiaalste verhouding tussen twee mense.

    My stuiwer in die ambeurs vir vandag! 

    👫♥👫

    #daarismeerasdieKruisvanJesus #DaarIsVerhoudingMetGod #OmUTeKenIsLewe

  • Om God se mense toe te rus

    Om God se mense toe te rus

    Hallo daar liewe vriende,

    Dit is so lekker om weer bietjie met julle te gesels. Ek hoop dit gaan waarlik goed met julle elkeen. Dankie dat julle hier is en Anker van Hoop ondersteun.

    Ek weet ek was die afgelope maande baie stiller op die blog maar ek wil julle verseker. God was en is besig. Deur Sy genade is ek ook nog hier en glo in Sy plan vir ons!

    Dit gesê, soos ek aanhou bid vir God se visie en planne met die blogs ervaar ek leiding wat sê: “EQUIP”. Dat ek moet begin om God se kinders toe te rus. Spesifiek met die klem: Hoe om verhouding met God te bou. Dat ek leiding moet gee met die padjie wat ek gestap het sodat julle ook kan ontdek dit wat ek gevind het. Intimiteit met God.

    Ek wil julle graag help om uit te kom by op-Sy-skoot-sit. By Sy goue hart. By een word met Hom. By daar-is-niks-beter. By hiervoor-is-ek-gemaak. Dit is iets wat Hy so graag wil hê Sy elke kind moet ondervind. En wat fantasties is, is dat ons elkeen deur Jesus Christus, so ‘n hartsverhouding met God kan bou. Hy wil vir ons soveel meer gee as bloot net tradisie of godsdiens. Soveel meer as net Jesus aanvaar as Verlosser by die voete van die Kruis.

    So hier is waar ek julle hulp benodig. Ek wil julle harte hoor oor die tema: Verhouding met God. Van julle wat elke dag ‘n pad van intimiteit met Abba stap, watter gedagtes sou julle wou deel in die verband? Hoe het dit julle lewens verander en geimpakteer? En dan van julle wat dit glad nie ken nie of nie weet hoe dit werk nie. Watter vrae het julle? Laat weet my asseblief.

    Sover beplan ek om bietjie meer van my storie met julle te deel en dan ook die volgende punte aan te raak;

    ~ Wat intimiteit met God beteken
    ~ Hoekom dit so wonderlik is
    ~ Hoe om prakties verhouding met God te groei

    Dink julle dat julle daarby sal baat? Ek hoop so!

    Hierdie plat-op-die-aarde-meisie weet definitief nie alles nie maar saam met Heilige Gees en die Woord van God sal dit ‘n voorreg wees om julle by te staan en te bemoedig op julle reise saam met Hom.

    Julle kan op hierdie posstuk antwoord of as julle meer privaat wil kommunikeer is julle welkom om ‘n e-pos te stuur na: ankervanhoop@gmail.com.

    Ek sien voorwaar uit om van julle te hoor! ♥

    Baie dankie,

    Letitia

  • Reis van groei & geniet

    Reis van groei & geniet

    Liewe boetie en sussie,

    Dit wat Pappa-God begin het in elkeen van Sy kinders se lewens sal Hy klaarmaak.

    Partykeer raak ons so moedeloos met onsself. Ons wil al die groei van Christen-wees in een dag vermag.

    Rustig raak.

    God is in beheer van jou journey. Jou hart wat Syne aanhou vertrou, bly oorgee en nie opgee is al wat Hy nodig het om jou by al Sy Jeremia-29-vers-11-planne vir jou uit te bring.

    Sy groei is dikwels stukkie vir stukkie maar o so konstant, deeglik en mooi.

    Sal jy vandag rus in die wete?

    Geniet die reis van groei saam met God.

    Liefde!

    Letitia

    Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het,
    sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom.
    -Fillipense 1:6
  • Waai koebaai aan die ek-wil-eers-perfek-wees-voor-ek-God-nader pad

    Waai koebaai aan die ek-wil-eers-perfek-wees-voor-ek-God-nader pad

    Vandag wil ek ‘n stukkie wonderlike nuus met jou deel.

    Jy hoef nie te wag totdat jy beter voel oor jouself voordat jy treë nader aan God gee nie.

    Het jy geweet Hy wag altyd warm en uitnodigend vir jou? Het jy geweet jy is goed genoeg?

    Het jy geweet jou foute en weer-val skrik Hom glad nie af nie?

    Het jy geweet niks maak Hom meer gelukkig as jy, ek en elkeen wat Jesus se prys aan die kruis van Golgota ten volle omhels en dan in daai ongelooflike liefde en aanvaarding bly groei?

    Dis in ons oorgee en oopmaak aan Hom dat Hy kan inkom en die stryd saam met ons stry.

    Skaar jouself aan Jesus se kant, die wenkant! Steun op Hom, nie jouself, mense, dinge of Satan se leuens nie.

    Wanneer die Heilige Gees van God – bonatuurlike krag van Bo – sy intrek in ons harte neem stel Hy ons in staat om te doen dit wat ons nooit op ons eie sou regkry nie.

    Ons hoef net ons oë op Jesus te bly hou. Hom elke dag ‘n tikkie liewer te kry.

    Onthou …

    In Jesus is jy wit, skoon, vergewe van al jou sonde, gereed om hier en nou vir God se koninkryk te leef!

    Het jy Jesus al jou Persoonlike Saligmaker gemaak? Hom as Koning, Heerser en Meester van jou lewe gekroon? Indien jy nog nie het nie nooi ek jou diep uit my hart, oorweeg dit asseblief.

    Daar is ‘n lewe vol lig wat jou sprankelend uitnooi. Vandag kan vir jou wees … ‘n Nuwe Begin.

    Liefde,

    Letitia

    Ons is ook op Faceboek te vind, soek net vir Anker van Hoop 🙂

  • Een van die maklikste & beste maniere om hartsverhouding met God te bou

    Een van die maklikste & beste maniere om hartsverhouding met God te bou

    Hoop-in-totaliteit word geskryf met een naam …

    Jesus.

    Dikwels daag die lewe se probleme ongenooid by ons voordeur op en verklaar…

    Hallooo! Ek is terug! My gemis?

    Die klein karnalie, kon hy nie maar net weggebly het nie, dit dink ons dan dikwels. Tog is daar ietsie wonderliks wat hierdie tye inhou.

    Dit kan ons help om die mooiste intimiteit tussen ons en God te bou.

    Ek onthou een spesifieke oggend waar ek op my bed gesit het en my hart was plainweg bekommerd, vol gelaai met probleme van hierdie wêreld. Die reuse was groot. Hoe kon ek hulle oorwin? Gelukkig het ek daai oggend ‘n rukkie by Jesus stilgesit en Hom na ‘n rukkie hoor vra …

    Hoekom deel ek dit nie met Hom nie? Die swaar in my hart.

    Ek het vir ‘n oomblik gedink maar God stel mos nou nie regtig belang in dit nie? Dis vir my self om uit te sorteer. Om op te los.

    Dis mos wat die wêreld ons leer.

    Hy het verder gefluister …

    Weet jy hoe dikwels sien Ek hoe swaar jy dra en Ek wil jou help maar steeds weier jy om te vra.

    Daai dag het Jesus my oë kom oopmaak vir Sy sagte gentleman hart. Oor die jare het ek geleer die vrede en vreugde wat met-God-oor-als-praat bring.

    Kan ek jou aanmoedig om dit ook te begin doen? Vat klein treëtjies as dit vreemd is vir jou. Hou aan.

    Moenie skaam of bang wees om jou hart met God te deel nie. Wees eerlik. Moenie net kla nie. Deel met Hom die emosies wat in jou hart lê. Die goed, sleg en alles tussen-in. Niks is off-limits.

    Hy’s soos beter as die beste BFF (best friend forever).

    Mag jy ontdek die wonder van fully known and loved by God. Daar’s geen sagter lig. Kom uit die skadu’s. Laat God toe om jou waarlik te sien.

    Dis ‘n wonderlike geskenk. Die kans om Hom beter te leer ken. Die kans om deur Hom geken te word. Ten volle.

    Dis nie dat ons altyd nodig het dat Hy als omtower en oplos soos ons dit wil hê nie.

    Dis dat ons Hom ontdek en leer ken in die valleie en heuwels van die lewe. Dis een word met Jesus.   

    Geniet ‘n pragtige dag in die glorie van ons Koning.

    Hope liefde!

    Letitia

  • Verlore skapie

    Verlore skapie

    Liewe verlore skapie,
    As daar iets is wat my hart so seën is dit God se sonder-stop-soeke na ons elkeen. Kind van God of Sondaar.
    God se liefde gee nie om wie jy is nie, al wat dit bly sê is… Kom, Ek vergeef. Is daar berou? Ek wil jou bemoedig. As jy sou kom, sou jy ervaar die mooiste liefde wat enige mens ooit kan smaak.
    Hemelse liefde.
    Die van ‘n perfekte Pappa wat nooit – glo my, nooit – sal ophou soek na jou. Ja jy. Die een wie dink God sal my net nie kan vergeef. Kyk wat het ek als gedoen. Oe boetie en sussie as jy kon sien die liefde wat brand in God se hart, vir jou, sou jy nie ‘n oomblik langer huiwer. Om jou hart in Sy hande te plaas.
    God is nie die Outeur van Seer, Hy is die Outeur van Genesing & Nuwe Begin.
    In Hom – Jesus Christus – het alle dinge nuut geword! (2 Korinthiërs 5 vers 17). Mag God se goedheid jou hart vandag smelt. Met Jesus-liefde, Letitia GodSeHartIsLiefde
  • Gedagte vir die dag

    Gedagte vir die dag

    Liewe lesers,

    ‘n Nuttige stukkie toerusting om elke dag mee aan te pak! 👷‍♀️🛠👷‍♂️

    Verhouding-bou met God gaan gepaard met Karakter-bou.

    Jy weet daai proses van ons-wat-meer-soos-Jesus-word. Dis ‘n groot eina vir die vlees en iets waarmee ons nie te graag geneë neem. Baie kere veroorsaak dit groot skaamkry in ons harte wanneer ons gekonfronteer word met ons eie feilbaarheid – of is dit net ek? 😉 – en dan sukkel ons met vir-God-gaan-kuier of Hom-in-die-oë-kyk. Skaamte is ‘n dief wat alte graag aan die versekering van God se aanvaarding en vergifnis vir ons wil kom knibbel.

    Onthou altyd wie jy is IN CHRISTUS.

    Foute gebeur. Feilbaarheid is eg. Maar vra jouself … Is jou hart op ‘n pad waar hy God rerig wil eer en laat jy God toe om jou – die klei – te vorm en te vou soos Hy – die Groot Pottebakker – goeddink?

    FokusOpGod

    Ek wens julle elkeen toe, ‘n wonderlike geseënde dag en naweek in die perfekte liefde van ons Skepper-God!

    Letitia

  • Draadjie-van-Hoop

    Draadjie-van-Hoop

    Ken jy
    God se hartklop
    Het jy Sy stem
    Al vir jouself gehoor?

    Ons Pappa-God
    Wil so graag kinders hê
    Wat nie net aan tradisie
    Se rokspante vashou

    Ons Pappa wil so graag hê
    Ons moet na dieper en meer begin vra
    Alles wat Hy in die Gees
    Vir ons voorberei het

    Dikwels sê Daddy
    Is dit vir julle My kinders
    Moeilik om te verstaan
    Dis wat Ek so graag wil hê

    Hoekom vra Pappa
    Hoekom
    Verhinder so baie van julle
    Die Gees se werkinge in julle lewens

    Liefstes sê Daddy-God
    Dit gebeur so gou
    En so gereeld
    Ek kry dikwels nie kans om te doen wat Ek graag wou

    Julle verhinder My sê Daddy
    Om te beweeg in jou lewe
    Omdat jy nie vir My Gees se werkinge in jou lewe
    Ja sê

    Liefste sê Pappa
    Dit pla My so baie
    So geweldig
    Dis asof daar die heeltyd struikelblokke opgerig word tussen My en jou

    Liefste sê Pappa
    Liefste-liefste kind
    Pappa wil jou vra
    Sal jy My asseblief net bietjie meer vryheid in jou lewe gee

    Ek word so gereeld
    Sê Daddy-God
    Aan bande gelê
    Met wat Ek mag en wat Ek nie mag doen in My kinders se lewens nie

    Daddy U mag dit doen
    En dat
    Maar Daddy asseblief
    Dit mag nie so gebeur

    Oe ja-nee
    Baie kere
    Liefstes sê Daddy
    Word Ek vertel hoe ‘n ding mag of nie mag gebeur

    Ek word vertel
    Sê Pappa
    Ja regtig
    Baie kere

    Ek weet dis nou nie jy
    Sê Pappa
    Ja-nee Ek weet 😉
    Dis nie jy, dis al die ander

    Ja sê ons liefste Daddy
    Ek is goed
    Ek is mooi
    Ek weet wat Ek van julle vra

    Julle is so verkeerd
    My liefstes sê Daddy
    As julle My wil voorskryf
    Oor hoe iets moet gebeur

    Dis nie hoe dit moet wees
    Liefste kind van My hart
    Wag op My
    Doen wat Daddy jou vra

    Ja sê Daddy
    Daar is party kere
    Wat ‘n duidelike ja of nee van My nie nodig is
    Maar dan is daar ander kere wat dit noodsaaklik is

    Liefstes sê Daddy
    Ek wil net vra
    Vertrou, vertrou My
    Met alles wat jy het

    Ja sê Daddy, ja
    Jy kan altyd weet dat Ek van beter weet
    My liefste kind
    Dis beter so

    Daar’s te min mense sê Abba-God
    Wat verkeerd-glo hieroor
    Hulle dink of weet nie
    Hulle kan My raad vra oor enige iets

    Liefstes sê Abba
    Kom net nader
    Nader aan My
    Laat Ek jou wys hoe dit werk

    Ja sê Daddy
    Ja
    Daar is so baie
    Wat Ek julle op hierdie pad van Lig kan wys en leer

    Kinders
    Daddy vra net
    Kom en word wys
    Kom leer van My

    Julle hoef nie al die besluite van julle lewens
    Self te neem
    Rerig julle kan oorgee
    En My veel eerder vertrou

    Ek sal julle
    Die regte pad wys
    Die een wat lewe
    Die een van oorvloed

    Oe liefstes
    Sê Daddy
    Dis te min
    Dis te min dat julle My waarlik vertrou

    Laat My voorloop
    Liefstes
    Asseblief altyd
    Vra ons Pappa-God

    Julle vra te min
    Daddy loop voor
    Wys my die pad
    Waarheen, waarheen nie

    Daar is hoogstes liefstes
    In My
    Wat julle net sal bereik
    As julle vra daarna

    Ja liefstes
    Sê Daddy
    Daar is soveel meer
    Maar dit gaan vat dat julle saam met My op water loop

    Ja liefstes
    Sê Daddy
    Dit gaan partykeer geweldig diep lyk
    Maar julle gaan My moet vertrou

    Ek hou vir julle net die beste instoor
    Net die mooiste
    Ek het kinders nodig
    Wat dit saam met My sal glo

    Ja sê Daddy
    Liefstes
    Dis wat julle moet doen
    Wanneer die moeilike donker twyfel-dae kom

    Vertrou My diep
    Dieper
    Diepste
    Dis wat Ek vir My kinders wil sê

    Julle moet vertrou
    Julle moet glo
    Julle moenie opgee
    Wanneer Ek voorloop

    Sien kind sê Daddy
    Dis altyd die gedagtes
    Wat Satan kom plant
    Gedagtes wat twyfel bring

    Moenie ooit toelaat
    Sê Daddy
    Dat Satan julle vertroue in My
    Verhinder om te groei

    Ja hy gaan altyd probeer
    Sê Abba
    Maar wees bewus
    Kyk die kat goed uit die boom

    Dis sy hart sê Pappa
    Dat Ek en jy
    Nooit nader aan mekaar groei
    Dis wat hy altyd probeer verhoed

    Kom ons knielhalter
    Bietjie sy planne
    Sê Abba
    Kom ons ry dit net ‘n bietjie in die wiele

    Ja deur jy liefste kind
    Wat jou vertroue in My plaas
    En ja sê
    As Ek jou in ‘n sekere rigting wil lei

    Moenie net altyd wil vasskop
    Liefstes van My hart
    Abba s’n
    As Ek jou vra om in ‘n sekere rigting te beweeg

    Ja sê Daddy, ja
    Jy het die stappe dalk nie so geantisipeer
    Maar kind sê Abba
    Ek is nogsteeds in beheer

    Raak rustig sê Abba
    Ja rustig in julle hart
    Vertrou My altyd-deur
    Laat toe dat Ek voorloop

    My genade is altyd genoeg
    Sê ons liefste Pappa
    En wanneer Ek julle iets vra
    Weet dat Ek julle die vermoë sal gee om dit reg te kry

    Ja julle hoef nie altyd
    Sê Daddy
    In ‘n frenzie te gaan
    Te sê dinge moenie so gebeur

    Ja sê Daddy
    Ja
    Dit gaan dalk ‘n klein bietjie anders gebeur
    Maar Ek weet hoekom Ek vra

    Vertrou My net altyd veel eerder
    Sê Pappa
    Vertrou My
    Doen wat Ek vra

    Wanneer Ek in ‘n rigting lei sê Abba
    Wat jy nie rerig verstaan
    Moet jy weet dis nie altyd nodig om eers te verstaan
    Voor jy doen wat Ek vra

    Geloof is glo
    Sê Abba
    Geloof is om te doen
    Wat Ek vra

    Ja liefste sê Abba
    Wanneer Ek vra
    Doen asseblief
    Dis hoe Ek weet dat julle glo

    Moenie net doen
    Tot daar waar dit vir julle gemaklik is
    Nee kind
    Doen dit asseblief end-uit

    Ja alles wat Ek vra
    Loop asseblief die pad
    Van volle gehoorsaamheid
    Tot die einde toe

    Julle liefde is mooi
    Sê Abba
    Ek wil net vra
    Kan julle My help deur meer te groei?

    Meer te groei in julle liefde
    Sodat julle My
    Alhoemeer kan vertrou
    Dis hoe dit makliker raak

    Ja dit is so liefstes
    Hoe meer julle My ken
    Hoe makliker sal dit wees
    Om My waarlik te vertrou

    Ek wil nie net hê
    Liefstes
    Sê Daddy
    Dat dit wat tussen ons is leë hol woorde bly

    Moet asseblief nie sê
    Sê Abba-Vader
    Dat julle My vertrou
    As julle nie bereid is om ‘n tree te gee as Ek vra

    Nee liefstes
    Asseblief
    Pappa vra veel eerder
    Vertrou My asseblief, rerig

    Ja diep en uit julle hart
    Leer My ken
    Rerig-rerig erig
    Leer My ken

    Diep
    En uit My hart
    Wil Ek jou ook vra
    Sal jy My dieper vertrou

    Sal jy leer uitsien
    Na dit wat Ek verborge hou
    Selfs al kan jy dit nog nie lekker sien
    Sal jy asseblief, groot asseblief

    Ja sê Daddy
    Ek weet
    Kinders vra ook so as hulle iets graag wil hê
    Mamma, pappa groot asseblief kan ek dit kry?

    Liefste sê Daddy
    Dit is Pappa se vra vandag
    Groot asseblief
    Sal jy My liewer kry?

    Daar is ‘n liedjie
    Sê Abba
    Diep en mooi is hy
    Dalk het julle hom al gehoor

    Oceans
    Oceans is sy naam en hy sê
    Take me deeper than my feet could ever wander
    And my faith will be made stronger in the presence of My Savior

    Dit is hoe dit is
    My liefste kinders
    Pappa wil julle na veel verder plekke vat
    As wat julle ooit alleen sal kan bereik

    Ek wil julle op My skouers tel en sê
    Kinders kom nou
    Kom ons gaan verken
    Kom Ek wys julle wat is moontlik by My

    Julle geloof is maar dikwels klein
    Sê Abba
    Dikwels so klein
    Wanneer dit by My en vertrou My kom

    Oe liefste sê Abba
    Oe liefstes
    Kom net nader
    Kom sien daar is soveel wat ons saam kan bereik

    My liefde vir julle
    Is so groot en so mooi
    So grênd
    Sou kinders ook sê

    Kinders kom sê Pappa
    Kom asseblief
    Ek wil julle wys en leer
    Ek is God van die onmoontlike

    Ek wil julle aantrek
    Sê Pappa-God
    So graag
    Met die potensiaal van die hemele

    Ek wil julle aantrek
    Met groter vermoë
    Groter doelgerigtheid
    Om julle drome te bereik

    Oe liefstes
    Sê Abba
    Kom, kom laat Ek julle wys
    Daar is drome wat hierdie wêreld nog nie bereik het nie

    Ja-nee kyk kinders
    Sê Abba
    By My is groter en dieper en mooier
    Altyd nog ‘n opsie

    Asseblief kinders
    Asseblief
    Kom glo Pappa
    Die horisonne in My hart is breed

    So onbereikbaar groot
    Is die visie in My hart
    Ek hou van groot-droom sê Abba
    Ek is baie lief daarvoor

    Ek weet sê Daddy
    Dat Ek baie kere, baie van My kinders se harte
    In hulle kele laat klop
    Met die goed wat Ek vra

    Ek weet dit sê Pappa
    Ek weet
    Dit laat hulle bene bewe
    Dit laat hulle baie bewerig voel

    Oe liefstes sê Daddy
    Ek weet
    Ek weet dis baie groot
    Om baie kere die gewig van hemelse drome te dra

    Dis te groot
    Dis te groot sê My kinders dan
    Ek kan nie, ek kan nie
    Dis te veel vir my

    Dis net, kind
    Seun en dogter sê Pappa
    Ek wat jou vra om saam met My
    ‘n Hemelse droom waar te maak

    Liefstes sê Daddy-God
    Dit moet ‘n droom wees
    Te groot vir jou
    Anders is dit mos nie ‘n hemelse droom 🙂

    Drome groter as hierdie wêreld s’n
    Dit is die tipe drome
    Wat Ek love om waar te maak
    Deur My kinders op aarde wat saam met My werk

    Liefstes sê Daddy
    Sien
    Sien dis net hemelse drome
    Wat op aarde ‘n weg moet kry om te gebeur

    Dis hoekom Ek altyd-altyd vra
    Kinders asseblief
    Vertrou Pappa veel eerder
    Met dinge wat Ek vra

    Ja dis nie altyd maklik
    Maar dit is altyd moontlik
    As julle My net altyd sal toelaat
    Om die voor-loop te doen

    Ja sê Daddy-God
    Ja dit is so My kinders
    My hemelse drome kan baie kere
    Net gestalte deur mense kry

    Ja mense wat sê
    Okay
    Goed Pappa, goed
    Kom ons wys hierdie wêreld ‘n ding of twee

    ‘n Ding
    Wat hulle nog nie beleef of ervaar het nie
    Kind
    ‘n Ding baie groot

    Sien, sien sê Pappa
    Ek hou van duplikate ook
    Ek hou van dinge doen wat Ek lankal terug reeds al gedoen het
    Ek hou daarvan as dit mense nogsteeds in stom-verwondering laat

    Tog hou Ek net so baie daarvan
    As Ek hierdie wêreld
    Iets kraakvars en splinternuut kan bied
    Iets nog nooit gesien of ervaar

    Dis hoekom Ek partymaal sê Daddy
    Verspotte goeters van julle vra
    En mense dan sê
    Ag jy is mal

    Mal sê Daddy
    Net soos wat mense vir Noag gesê het
    Toe hy vir jare en jare
    Gehoorsaam aan die ark bou

    Hoeveel jare lank
    Sê Abba
    Het mense met hom die spot gedryf
    Voordat die dag van reënval finaal aanbreek

    Oe kinders sê Daddy
    Ek wil hê julle moet verstaan
    Mense gaan dikwels en baie kere
    Die hemelse drome in julle harte afkraak

    Ja hulle gaan ook sê
    Hy of sy het nou finaal
    Al hulle varkies verloor
    Maar kind dis net omdat hulle nog nie kan sien

    Hulle kan nog nie sien
    Sê Abba
    Die reën wat alreeds in jou gees geval het
    En besig is om nat te maak

    Oe liefstes sê Pappa
    Asseblief onthou net
    Ek is vir julle
    Altyd-deur

    Ja, ja
    Dit gaan nie altyd maklik wees
    Die lewe is moelik
    Maar hemelse drome is moontlik saam met My

    Sal julle asseblief saam met My werk
    Kinders asseblief
    Julle wat met hemelse drome sit
    Julle wat weet dit gaan net met God se hulp gebeur

    Ja sê Daddy, ja
    Julle weet
    Julle sit al jare met hierdie swaar gewig op julle skouers
    Hoe, wat, waar, wanneer?

    Oe kinders sê Pappa
    Ek sal julle help
    Elke tree
    Hoe om hierdie hemelse plan tot uitvoer te bring

    Ja sê Daddy, ja
    Vertrou net My hart
    Weet
    Dat Ek besig is

    Julle vra so gereeld
    Here wys my
    Waarnatoe
    Wanneer

    Kind Ek sal
    Ek sal
    Ek belowe
    Hou jy jou ore net wawyd oop

    Sodat wanneer Ek spreek
    Jy dadelik sal hoor
    Net soos Samuel sal jy dan antwoord
    Spreek Here, U dienskneg luister

    Oe
    Ore ingestel op die Koning
    Vir verdere instruksies en leiding
    Hoe baie mooi is dit vir My

    Julle
    Julle geliefdes van My hart
    Sê Abba
    Ek is altyd vir julle

    Hou net daaraan vas
    Sê Abba
    Die dae wanneer die lewe moeilik is
    En mense nie altyd verstaan

    Ja sê Pappa, ja
    Mense gaan nie altyd jou journey verstaan nie
    En jy nie ‘n ander s’n
    Want julle is op verskillende plekke van julle journey

    Oe My kinders, liefstes sê Daddy
    Altyd sal Ek poog, altyd
    Om mense in jou lewe te bring wat jou journey verstaan
    Wat die pad saam met jou kan loop

    Ja vriende en familie
    Sê Daddy
    Naastes
    Is dikwels nodig vir jou om jou pad te loop

    Ek is die Een sê Daddy
    Wat dikwels verbintenisse skep
    Mense jou pad laat kruis
    Met wie jy ‘n padjie gaan loop

    Ja dis Ek sê Pappa
    Dikwels Ek
    Wat maak dat julle nuwe en vreemde mense ontmoet
    Wees op die uitkyk daarvoor

    Dis omdat Ek net weet liefstes
    Die een is nodig vir die volgende seisoen
    Waarin My kind beweeg
    Ek sal onderskraging stuur

    Oe My kind
    Dis maar hoe Ek werk
    Altyd op die uitkyk
    Vir jou My kosbare kind

    Daarom sê Daddy
    Volgende keer as julle paaie met iemand nuuts kruis
    Weet dit is heel moontlik
    Iets wat Ek in die mou voer 😉

    Oe ag kind
    Ek terg jou net
    Ek wil net hê jy moet weet
    Ek is maar altyd besig met goed wat jy nie aldag kan sien

    Ja kind, ja sê Pappa
    Altyd besig met ietsie in die lewens van My kinders
    Dis vir My so mooi
    So mooi as julle My net vertrou

    Kom vra maar altyd
    Sê Abba
    Net ‘n stukkie nuwe wysheid
    ‘n Stukkie van waarmee Ek in jou lewe besig is

    Ek sal jou altyd wys kind
    Ek sal jou altyd lei
    Pappa is vir jou
    En altyd besig agter die skerms

    Ja sê Abba
    Ja dit is so
    Julle sien dit baie dikwels
    Eers vele-vele jare later

    Oe dit is hoekom dinge so uitgewerk het
    Dit is hoekom dinge so moes gebeur
    Nou verstaan ek
    Vir die eerste keer

    Oe ja-nee sê Abba
    Oe ja-nee
    Dis maar hoe Ek baie kere
    My hemelse planne laat uitwerk

    Julle dink partykeer
    Dinge is maar niksvermoedend so
    Oe nee kinders, oe nee
    Pappa is altyd besig met ‘n plan

    Altyd maar altyd
    Het Ek ‘n plan waarvolgens Ek werk
    Ek sal nou nie sê
    Ek kry als reg wat Ek graag wil hê moet gebeur maar Ek probeer

    Ja Ek probeer altyd
    Om dinge beter te maak
    Om dinge te laat uitwerk
    Vir My kinders

    Ja, ja
    Partykeer is daar stampe en stote
    Ja partykeer is daar hobbels waaroor ons moet oor
    Maar dis asof hulle die reis net alte mooi maak

    Ja dis nie altyd lekker
    Maar kinders
    Ek het die vermoë
    Om selfs die slegste sleg mooi te maak

    Ja dis maar net wie Ek is
    Dis maar net wat Ek kan doen
    Ek twyfel
    Sal mens ooit beter kry?

    Ek is die beste-beste God
    Waarvoor hierdie wêreld ooit kon vra
    Party mense betwyfel dit nogsteeds baie sterk
    Maar dit is so

    Liefliker as lieflik
    Mooier as mooi
    Liefstes sê Daddy
    Dit is Ek die ewige God

    Ek is God
    Die ander is gode
    Ek wil net graag vir julle sê
    Ek is die enigste god wat met ‘n hoofletter-g geskryf kan word

    Ja-nee sê Pappa-God
    Ja-nee
    Die ander is spring-chickens teenoor My
    Ek is die real deal

    Die realest truest deal
    Wat enige iemand ooit kan kry
    Dit is Ek
    Die ewige God

    Kom nader wêreld
    Kom leer My ken
    Toe-nou kom
    Toe-nou kom

    Ek paai en mooi-praat
    Van julle nou al vir jare
    Tog nogsteeds
    Tog wil julle harte hard hou

    Ag Ek verstaan nie
    Sê Abba
    Ek verstaan nie hoekom
    Jy jouself so hardkoppig wil hou

    Wat het dit jou in die sak gebring
    Sê Abba
    Wat het dit jou al ooit in die sak gebring
    Behalwe ‘n hengse hoofpyn?

    Ja Ek weet sê Abba
    Ek weet
    Julle kry hulle gereeld
    Migraines dis mos wat julle hulle noem

    Migraines sê Abba
    Het al half-pad van die mensdom opgeeët
    Met al sy migraine fixes
    Sal apteke nooit uit besigheid gaan

    Oe nee sê Abba
    Oe nee
    Dis een van hulle beste verkopers
    Julle het seker al gesien

    Liefstes sê Abba
    Die van die wêreld ook
    Ek wil net sê hierdie briefie skryf Ek
    Sodat ook daardie hoofpyn ligter teen jou slape sal begin klop

    Ja sê Pappa-God, ja
    Ek verstaan
    Die fisiologie van die mensdom
    Ek het julle aanmekaar gesit

    Ja sê Pappa
    Daar in die tuin van Eden
    Toe Ek die asem van lewe
    In jou longe inblaas

    Soos ‘n wafferse dokter of homeopaat
    Kan Ek ook My vinger
    Op die presiese probleem-area sit
    Ek weet waar die probleem lê

    Oe kind sê Daddy
    Oe kind
    Ek kan net sê
    Heelwat van die oorsaak is jy wat nie jou vertroue in My belê

    Ja mense van die wêreld
    Dokters en so
    Hulle sal nie baie maklik
    Dit as rede vir jou uitwys

    Oe nee sê Pappa
    Oe nee
    Dit is mos maar nou so
    Baie van hulle probeer julle mos oortuig dat Ek nie rerig is

    Ja ‘n fabrikasie van mense se gedagte-wêreld
    Goeie en sterk verbeelding
    Ek kry daai een nogals dikwels 😉
    Of is dit hulle kort ‘n kruk om deur die lewe te gaan

    Ek weet nie
    Of julle al gesien het
    Maar My kinders se “kruk”
    Werk nogals baie heerlik 😉

    Oe ja
    Die lekkerste wandelpadjies het ons al saam beloop
    Die wonderlikstes
    Die waarvan die hemel droom

    Wil julle nie bietjie saam met ons kom sit
    Julle verlorenes van hart
    En saam met ons
    Hemelse drome begin te droom?

    Oe hulle is te lieflik
    Of te grys
    Soos die ouer mense soms sê
    Ek wonder weet die jonges van dae wat daai woord beteken?

    Gaan vra julle oumas en oupas
    Sê Abba
    Hulle sal vir julle vertel
    Dis wanneer iets baie oulik is

    Oe liefstes sê Daddy
    Oe liefstes van My hart
    Hoor asseblief
    Ek gee om

    Ek gee om vir julle
    So so baie
    Ek wil julle vertel
    Verlorenes, julle ook

    Julle dink genoeg kere
    Ek gee nie om
    Sê gereeld
    God, Hy sal nie belangstel in ons

    Oe kinders van die wêreld
    Kan julle hemelse Vader net vir julle sê
    Julle is so verkeerd
    Ashoop, dis waar Ek meeste van My kinders gaan haal

    Daai plek waar hulle so skuldig is
    Daai plek waar hulle so skuldig voel
    Dis dan wat Ek steeds kom en sê
    Kind Ek is goed en Ek wil jou hê

    Mense verstaan nie My goedheid nie
    Sê Abba
    As Ek julle kon sê op ‘n skaal wat julle verstaan sou Ek sê
    200% net goed

    Daar kan nie ooit meer goed as Ek
    In hierdie wêreld of enige ander plek bestaan
    Ek is die ware betekenis
    Van alles wat goed en mooi is

    Dis so moeilik sê Abba
    So moeilik
    Om dikwels vir julle te verduidelik
    Want julle dink dat dit net woorde is

    Ek is nie net mooi woorde nie
    Sê Abba
    Nie, nie, nie
    Nooit nie

    Julle liefde vir My is so flou
    Sê Abba-Vader
    Want julle ken My nie
    Nie voorwaar nie

    Daar’s te veel voorwaardes
    Sê Pappa-God
    Baie kere
    Gekoppel aan wie Ek is en wat Ek kan doen

    God is goed
    As Hy vir my deurkom
    God kan ek vertrou
    As Hy doen wat ek vir Hom sê

    Liewe ouers kinders
    Liewe ouers
    Ek dink dat dit verskriklik narrow-minded is
    Ek dink dat julle beslis nie die groter prentjie sien

    As julle My net vertrou en liefhet
    As Ek volgens julle pype dans
    Liefste kinders
    Is julle liefde vir My voorwaar baie vlak

    Ek wil julle by die plek uitbring
    Sê Jesus Christus, die Seun
    Waar julle liefde vir My
    Voorwaar so diep en eg is

    Was die Kruis van Golgota
    Nie genoeg sê Hy
    Nie genoeg om te bewys hoe diep kosbaar en spesiaal jy vir My is
    Was My prys nie duur genoeg?

    Kinders sê Abba
    Dis tyd dat julle na die Kruis begin kyk
    Dis tyd dat julle begin onthou
    Hoekom is dit nie genoeg vir jou om te weet Ek is net goed

    Ek weet nie sê Abba-Vader
    Van enige ander koning
    Wat sy seun vrywillig sou opgee
    Om die sondige afvallige mense van sy koninkryk te red

    Mense doen nie sulke goeters nie kinders
    Ek weet nie
    Het julle al gesien?
    Dalk, dalk net vir iemand vir wie hulle baie lief is

    Ja dan sal mense
    Hulle lewens opgee
    Dan sal hulle sê
    Dit is die moeite werd

    Oe geliefde sê Abba
    Die hele wêreld
    Julle was vir My genoeg
    Dis hoekom Ek My-Seun-het-gestuur

    Ja Ek het dit gedoen
    Sê Abba
    Om julle te bevry van sonde
    Sodat julle nooit ooit weer haar slaaf hoef te wees

    Party mense kies dit vandag nog
    Steeds vrywillig
    Ek weet nie
    Seker omdat hulle nog nie die dodelike effek daarvaan gesmaak het

    Ja
    Sonde lei net na een plek
    Eers donkerte in jou siel
    En dan die donkerte wat die ewigheid inhou

    Ons noem dit die tweede dood
    Of is dit ewige hel
    Daarnatoe sal gaan almal wat hulle rûe op God
    En Sy verlossingsplan gedraai het

    Ja mens kan dit so sê
    Sê Abba
    Of mens kan sê
    Hulle wat nie My offer van liefde en genade wou aanneem

    Sien daar was ‘n prys
    Aan die Kruis van Golgota betaal
    ‘n Prys om jou siel vry te koop
    Omdat jy vir sonde gesê het ja

    Jy moes met jou lewe daarvoor boet
    Elke liewe mens wat sonde gepleeg het
    Toe sê Ek nee wag
    Ek sal My Seun in hulle plek stuur

    Wie wil hulle hê het Satan gesê
    Geskel hulle het jou verlaat
    Hulle sal weer
    Moet hulle nie ‘n kans gee!

    Ek hoop nie sê Daddy
    Ek het My kanse verspeel
    Ek hoop nie so maar toe sê Ek ja
    Ja! Ek sal hulle nog ‘n kans gee

    Ek kon net nie sê Abba
    Op julle My kosbare skepping opgee
    Ek het net nie geweet hoe
    Toe gee Ek maar Myself as offer vir jou sonde

    Ja Ek kon nie, Ek kan nie
    Nou-nog nie
    Ek weet nie hoe om van daai draadjie-van-hoop tussen ons te laat gaan
    Hoe sny Ek hom vir altyd flenters

    As julle My net kon wys hoe
    Sou Ek dit dalk doen
    Dis partymaal so moeilik
    So seer om aan daai stukkie hoop vas te hou

    Ek hou vas
    Maar al wat Ek kry is skoppe, vuishoue en slae
    Van almal wat in hierdie wêreld glo
    Dat Ek die grootste vark is wat op twee bene loop

    Mense verafsku My
    Hulle vloek My
    Hulle jou My uit
    En al wat Ek doen is, Ek kan nie op HOOP opgee

    Hoekom, hoekom nie
    Hoekom kan Ek nie laat gaan
    Daddy hulle maak so seer
    Kan U nie sien?!!

    Dis die Heilige Gees se stem
    Dis Sy wat so gereeld vir My sê
    Hulle wil nie
    Hulle wil nie terugkeer

    Hulle wil nie glo
    Dat jy ewig mooi is nie
    Hulle wil die Waarheid nie leer ken
    Hulle wil blind bly

    Oe magtie
    As Ek net kon opgee
    As Ek net nie meer kon glo
    Daar is nog hoop

    Dit is so verdomp moeilik
    So moeilik om te bly glo
    Als gaan nog uitwerk
    Als gaan draai vir goed

    Dis so moeilik
    Want alles sê nee
    Alles sê
    Gee maar op!

    Dis so so moeilik
    Ek wens net Ek kon laat gaan
    Ek wens dit was nie ‘n issue
    Ek wens Ek kon die wêreld los om verlore te gaan

    Ja-nee sê Daddy
    Ja-nee
    Dit sou soveel van My probleme
    Eensklaps oplos

    Dis mos wat die wêreld wil hê
    Woeps-waps
    Als verby
    Nou kan hulle maar in die hel brand, wat gee Ek tog om

    Dit lyk My sê Abba
    Dis My omgee wat die groot probleem is
    Help My om te laat gaan
    En Ek doen dit met graagte

    Sien sê Abba, sien
    Ek het ook hulp nodig
    Ek wil so graag hê julle moet sien
    Ek sukkel so baie om op te gee op julle

    Hierdie verlore-gaande wêreld
    Het nogsteeds
    Net so ‘n spesiale plekkie in My hart
    Hoe kan dit wees?

    Ek dink sê Abba
    Dis omdat Ek weet
    As mense net die Waarheid kon begin sien
    Sou hulle opreg-opreg dankbaar wees Ek het nie opgegee

    Soos soveel ander
    Alreeds ontdek het
    Dit is so
    Dit is baie waar

    Oe geliefdes
    Geliefdes van My hart
    Wanneer gaan julle sien
    Ek is net goed

    Net-net goed
    Geen sleg kan in My woon
    Dit is net nie moontlik nie
    Nie ooit

    Amen.