Gedagte vir die dag

Liewe lesers,

‘n Nuttige stukkie toerusting om elke dag mee aan te pak! 👷‍♀️🛠👷‍♂️

Verhouding-bou met God gaan gepaard met Karakter-bou.

Jy weet daai proses van ons-wat-meer-soos-Jesus-word. Dis ‘n groot eina vir die vlees en iets waarmee ons nie te graag geneë neem. Baie kere veroorsaak dit groot skaamkry in ons harte wanneer ons gekonfronteer word met ons eie feilbaarheid – of is dit net ek? 😉 – en dan sukkel ons met vir-God-gaan-kuier of Hom-in-die-oë-kyk. Skaamte is ‘n dief wat alte graag aan die versekering van God se aanvaarding en vergifnis vir ons wil kom knibbel.

Onthou altyd wie jy is IN CHRISTUS.

Foute gebeur. Feilbaarheid is eg. Maar vra jouself … Is jou hart op ‘n pad waar hy God rerig wil eer en laat jy God toe om jou – die klei – te vorm en te vou soos Hy – die Groot Pottebakker – goeddink?

FokusOpGod

Ek wens julle elkeen toe, ‘n wonderlike geseënde dag en naweek in die perfekte liefde van ons Skepper-God!

Letitia

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag ‘n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Comments

3 reaksies op “Gedagte vir die dag”

  1. lekkervurig Avatar

    Dis hardepad, stofpad. Maar raai, die stof is van ons Jesus se voetspore. Sy genade en geduld en liefde onmeetbaar is ons redding, elke dag – nuut. Dankie hiervoor.

    1. Letitia Pienewald Avatar

      Lekkervurig baie dankie vir jou kommentaar! Dis sulke waar woorde wat jy deel. Ons gesels weer, die skryftalent op jou blog is pragtig! 🙂

Maak ‘n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui