Hallo daar,
Ek wil graag ietsie met julle deel. Mag dit jou hart ‘n ware hoop-inspuiting gee!
Gister hoor ek die en ek ervaar hoe ‘n nuwe vlak van verstaan ewe skielik klokhelder in my binneste begin weerklink. Hebreërs 11 vers 6 in die Nuwe Lewende Vertaling lees so …
en wag vir dit … die volgende ta-da-oomblik wat ek gehad het …
Wow!!! Lief dit so baie. Die waarheid van hierdie woorde. Dit het my sommer weer opnuut kom bemoedig … volhard Letitia … om God te soek het gewaarborgde vrugte.
Moenie ooit dink boetie of sussie dat God nie sien as jy opreg na Hom soek nie. Hy sal jou ek-wil-U-regtig-ken-hart beloon. Hy wag net om te sien … hou ons aan!
Stil word by God, sit by Jesus se voete … dis ‘n daaglikse noodsaaklikheid. Moet asseblief nooit die waarde daarvan onderskat. Dis ‘n fontein van oorwinning waarby ons elke dag kan gaan drink.
Moenie net die Bybel lees nie. Oordink die woorde, laat hulle toe om met jou hart te praat en met hulle lewende waters jou binneste te verfris.
Dis groei, die mooiste sterk-word, dis hierdie lewe met ‘n hoop waarmee die wêreld nie kan vergelyk.
Ek bid vir julle. Dat elke treë wat julle nader aan God gee beloon sal word met die rykste ontmoetings van Bo. Oe hoe graag wil ons Pappa dit vir Sy elke kind gee.
Hou uit, hou aan, hou vas sê Hy! xxx
P.S. Vra gerus as jy enige vrae het oor hoe verhouding en intimiteit met God bou prakties lyk & werk. My storie is nie verniet geloop … ek glo & weet hy kan jou help!
#TydMetGod #DieLeweInOorwinning #AanhouerWen #volharding #DieMooisteVrugteSpruitVoortUitTydSaamMetDieKoningVanAlleKonings #MoenieOoitOphou #DieBesteKomNog #DelfDieperDelwer 😉
Ek hou baie hiervan.
Ek is besig om ‘n Bybel joernaal te begin waarin ek skrifte wat met my praat in skryf en dan daarmee doodle en uitmekaar trek ens ens.
Die Woord is lewend en die waarheid.
Hi Sonell,
So lekker om van jou te hoor!
Ja dis wonderlik, hoe die Woord met mens kan ‘praat’ né. Lewend & kragtig is hy beslis!
Geniet die ‘doodling’ & mag jy groei saam met Abba in die mooiste maniere.
Hou so aan!!
Liefde,
Letitia