Etiket: goeie+nuus

  • Liefde wat bly

    Liefde wat bly

    Genade onbeskryflik groot
    Het ons wonderlike God aan my bewys
    Die dag toe ek kon ja sê
    Vir Sy Seun se dood aan die Kruis van Golgota

    Soveel jare terug het dit gebeur
    Tog het dit nog nooit Sy krag verloor
    Die boodskap van die Kruis, die Evangelie, die Goeie Nuus
    Dit bly vandag nog net so waar

    Oe hoe wonderlik en hoe waar om te weet
    Ons God se kruis staan nog altyd-deur
    Deur die eeue en generasies heen bly dit bewys
    God se liefde, niks kan ons daarvan skei

    Oe baie dinge het al gekom
    Probeer om die teendeel te bewys
    Tog bly dit nie waar
    Dat God se liefde nie perfek is

    Nee vir ons elkeen is dit so
    Vir ons elkeen het Hy kom wys
    Jy is goed genoeg
    Net omdat jou Pappa in die hemel so sê

    Ja kinders van Pappa-God
    Ons moet nooit toelaat dat die teendeel ons verwar
    Die leuen van Satan wat sê
    Dit is nie waar

    Ja-nee kinders van Abba
    Die in die wêreld, die nie
    God se liefde vir ons elkeen
    Is so volmaak

    Onthou dit volgende keer
    As die duiwel vir jou kom sê
    Weer het jy gefaal
    Sekerlik sal God jou nie meer liefhê nie

    God se kinders
    Daar is nie ‘n maatstaf aan My liefde nie
    Sê Pappa
    Altyd bly Ek lief, vir julle elkeen

    Kinders My Woord sê
    Dit beloof
    Dat geen niks, niks ooit
    Julle van God se liefde in Jesus kan skei

    Niks kan julle verwyder
    Sê Pappa
    Van My liefde nie
    Niks kan julle daarvan skei

    Ja sê Pappa-God
    Maar dit kan tog gebeur
    Dat mense My nie wil ken
    Omdat hulle hierdie leuen glo

    Kinders Ek wil hê julle moet verstaan
    Julle moet weet
    God se liefde is perfek, vir elkeen
    Dit sal altyd so wees

    Kinders julle moet weet
    Julle moet weet julle is duur gekoop
    En julle behoort aan Pappa-God
    Hom alleen

    Ek het duur betaal sê Pappa-God se Seun
    Aan die mensekinders op aarde
    Duur om julle terug te wen
    Duur om julle weer My eie te maak

    Kinders daarom is dit nie nodig nie
    Dis nie nodig om ooit
    Aan My liefde te twyfel nie
    Nie vir jou nie, vir geeneen

    Ja liefste kinders
    Ja dit is so
    My liefde is perfek
    Vir elkeen

    Dis te gereeld sê Pappa-God
    Dat te veel mense
    Satan se leuen glo
    Wat sê dit is nie waar

    Kinders hy vertel julle
    Stories van voorwaardelike liefde
    As julle dit doen
    Dan sal Ek julle liefhê

    Nee My liefste kinders
    Dit is nie so
    Jy moet dit weet
    Die waarheid ken

    Ja Pappa se kinders
    Ja
    Daar is wel dinge wat kan maak
    Dat jy nie die volheid van My liefde kan ervaar

    Kinders dis hoekom
    Ek julle altyd naby aan My wil hê
    Dis hoekom Ek julle altyd vra
    Kom net nader aan My

    God se liefde
    My liefde kinders
    Het ‘n manier om alles te herstel
    Om soveel genesing te bring

    Dis hoekom Ek vra kinders
    Leer My liefde vir julleself ken
    Leer ken hoe perfek lief
    Ek vir julle elkeen is

    Dis as julle van hierdie plek
    Van waarheid af opereer
    Dat daar altyd soveel hoop en moed
    Vir weer probeer sal wees

    Ja kinders
    Want dis as julle weet
    God sal nooit opgee op my
    Dat julle ook dieselfde kan bly doen

    Kinders, kinders van Pappa
    Glo vir My
    Dit is hoe dit is, dit is hoe dit moet wees
    My liefde sal vir alle tyd die ware anker bly

    My liefde, My liefde
    Wat net nooit sal opgee op jou
    Kind weet dit vandag
    En asseblief moenie weer Satan se leuen glo

    Al faal jy permanent
    Al sou jy My nooit liefhê
    Die keuse van My liefde
    Dit bly nie by jou

    Dis iets wat Ek lank terug besluit het
    Kinders Ek sou julle kom leer
    Die krag van onvoorwaardelike liefde
    Net soos wat ons in die bybelstorie Hosea lees

    Ja Ek sou julle bly liefhê
    Deur donker waters
    Deur donker nagte
    Ek sou julle bly liefhê

    Kinders Ek wou julle nie ‘n keuse daarin gee
    Ek wou hê julle moet weet
    Ek is God
    Ek kan dit doen

    Dis omdat Ek die vermoë
    Van onselfsugtige, onbaatsugtige onvoorwaardelike liefde ken
    Ek weet dit kan wonderwerke laat gebeur
    As mense die waarde daarvan diep laat insink

    ‘n God wat altyd liefhet
    Maak nie saak wat
    ‘n God wat bly liefhet
    Selfs al sê jy tot die dood nie ja

    Tog sou Ek graag wou hê
    Dat jy hierdie woorde hoor
    Altyd-altyd is daar vergifnis
    En kans vir My innooi

    Ja kinders van die wêreld
    Ja altyd
    Dit is so
    Dis waarom Ek sê ken My liefde

    Ken My liefde
    En wat dit in jou lewe kan vermag
    Die onmoontlike, God self in jou
    Soveel potensiaal wat in jou lê

    Amen.

  • Elke tree

    Weet julle dat Ek julle liefhet
    Meer as wat julle ooit sal kan glo
    Weet julle dat Ek konstant vir julle liefdesbriefies skryf
    Omdat Ek wil hê julle moet My glo

    (meer…)

  • Ewige EK IS

    Ek wil die wêreld trek
    Ek wil die wêreld deur My kinders trek
    As My kinders net kon sien
    As hulle net wou hoor
    (meer…)

  • Genade-Stem

    Die seer in my
    Lankal het ek daarvan vergeet
    Toe kom wys U my
    My kind dit is nog ‘n probleem
    (meer…)

  • Oorvloed-Lewe

    Moenie probeer om jou seer weg te steek
    Dit bring skeiding
    Tussen jou en my
    En Ek wat wil werk
    (meer…)