Ewige EK IS

Ek wil die wêreld trek
Ek wil die wêreld deur My kinders trek
As My kinders net kon sien
As hulle net wou hoor

Hierdie wêreld
Hierdie wêreld kan ons verander
As hulle My net wou toelaat
Om ALLES vir hulle te wees

Ek sal in julle wees
Dit wat julle nie self kan wees nie
Liewe kinders Ek sal die geduld in jou wees
Wanneer jy voel jy wil alle selfbeheer verloor

Ek sal liewe kind
Ek wil
Dis nie nodig dat julle so hard baklei
En probeer om op julle eie staande te bly

Liewe kinders Ek wil julle help
Om hierdie wêreld en lewe
In oorwinning te leef
Liewe kind, Ek kan en Ek wil

Van jou swaarkry
Weet Ek liewe kind
Die desperaatheid
Waarmee jy aan hierdie lewe klou

Het jy geweet
Ek antwoord gebede liewe kind?
Het jy geweet
Ek gee so verskriklik baie om?

Is Ek jou lewe liewe kind
Is Ek die een waarmee jy alles deel
Of is ek net die nood-spaarwiel
Vir wanneer jy My nodig het?

Liewe kind Ek wil soveel meer wees
As ‘n kontak in ‘n noodgeval
Ek wil hierdie lewe saam met jou loop
Ek wil My alles met jou deel

Liewe kind Ek weet
Ek weet baie goed
Jy kan hierdie wêreld
Jy kan dit nie sonder My leef

Ek weet en Ek kan sien
Al die struikelblokke wat jou omring
Al die berge
Wat jy elke dag moet oor

Liewe kind Ek weet
En Ek kan sien
Dit is hoekom Ek dit moontlik gemaak het
Vir jou en My om EEN te wees

Julle kan hierdie wêreld
Nie sonder My in volle oorwinning leef
Ek moet die Anker wees
Waaraan jou huis bly vashou

Liewe kind het jy geweet
Dat Ek van ALLES weet?
Niks is vir My verborge nie liewe kind
Niks

Dis dikwels in die donker wat Ek werk
Daar waar mense nie kan sien nie
Daar waar niemand behalwe Ek die eer kan ontvang nie
Daar waar eintlik net Ek enige iets kan vermag

Liewe kind, liefste kind
Ek wil alles maar alles
Vir jou beter maak
Is dit nie omtrent tyd dat jy dit begin glo?

Ek is baie meer
As mooi en leë woorde
My Raad en Advies is Lewe
Vir almal wat bereid is om in hul te loop

Raad en Advies
Wat jy nie in hierdie wêreld sal vind
Wanneer, wanneer liewe kind gaan jy luister
Na die Hemelse Wysheid wat aan jou hartsdeur klop?

Ek het jou so lief
En Ek wil soveel van die gebrokenheid
In jou hart en lewe heel
As jy My net wou toelaat

Wanneer, wanneer gaan jy op My begin steun?
Jy staan so sterk tog besef jy nie
Die wêreld en sy laste
Dit begin jou bene lam maak

Liewe kind dit is mos nie reg nie
Kort voor lank gaan jy knak
Hoekom, hoekom is dit so moeilik om te erken
Here Jesus ek benodig U hulp?

Julle verstaan nie
Julle doen nie
Alles wil Ek beter maak
Ek is die Enigste Een wat waarlik kan

Die wysheid van hierdie wêreld
Kan nie met Myne vergelyk
Liefste kind wanneer
Wanneer gaan jy dit begin glo?

Soveel kere, soveel kere
Klop ek aan jou hart se deur
Stuur iemand om dit aan jou te vertel
Tog wil jy dit nie glo

Liefste kind
Ek kan nie jou hart en ore oopmaak nie
Net jy kan dit doen
‘n Stap van geloof, dit is wat ons dit noem

Wanneer liewe kind
Wanneer?
Stukkie vir stukkie
Hou die wêreld en sy laste aan om jou te breek

Wanneer, wanneer gaan jy besef
En erken
Vader ek kan dit nie doen nie
Ek benodig U hulp

Liewe kind daar is geen skaamte daarin
Om te erken
Dat jy die hulp benodig
Van die Een wie EWIG IS

Hoe wonderlik om te weet
Die Koning van die Heelal staan en wag
Gereed om die laste van hierdie wêreld
Van jou skouers af te lig

Liewe kind kom net en kom vra
Wees net bereid om die knieë te buig
Haal af, haal uit die hardheid in jou hart
Begin om My net te glo

Dis al wat nodig is
Sê Vader
Kinders wat bereid is om te glo
Daarop vas te bly staan

Liewe kinders kom
Laat toe dat die wysheid in My hart
Ook julle s’n word
Daarin, daarin sal julle soveel LEWE en OORVLOED vind.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment