Die mooiste lesse
Hou ons God in Sy hart
Die mooiste lesse van wysheid
Wil jy dalk meer weet?
Konstant is Hy besig
Om aan die wêreld te vra
Wie wil ware wysheid hê
Kom koop by My, verniet
So gereeld is Hy besig
Om Sy geheime met ons te deel
So gereeld wat Hy wonder
Wie wil meer hê
Ja meer van Sy almag
Meer van Sy wysheid
Wat woon
In my en jou
Deur die jare
Het soveel al ja gesê
Tog is daar maar altyd
Die wat nee dankie sê
Soveel het hulle al verloor
Tog hou hulle aan
Om God daarvoor te blameer
Die een wat nie steel maar altyd gee
Soveel blydskap, hoop en vrede
Het Hy al in my lewe ingebring
Vriend, vriendin
Is julle seker julle wil nie daarvan hê?
Julle hoef nie bang te wees
Ons God het altyd meer as genoeg
Van dit wat Hy uitdeel
Ons moet net vra
Ja ons moet net naderkom
Sy aangesig leer ken
Voor Hom bly neerbuig
Naby Hom bly
Dit is hoe ons die allermooiste lesse sal leer
Dit is hoe hulle ons pad sal bly kruis
As ons in God glo
En aanhou daarmee
Ja-nee nooit moet ons geloof
Ophou om te groei
Dit moet veel eerder sterker word
Dag na dag
Groei saam met God
Dit bly so mooi
Dit is hoe ons Hom waarlik leer ken
Dis hoe Sy hartklop ons s’n word
Sal julle asseblief ophou
Vra Abba-God
Om julle harte vir My toe te sluit
En My buite te hou
So sal dinge nooit beter raak
So sal julle harte nie heel
Kinders asseblief
Kom en luister na wonderlike raad
Altyd-altyd is Ek besig om te vra
Wie wil slimmer word
Wie wil wyser as die wêreld wees
Asseblief kom dan na My
Ja kinders
Asseblief kom nou
Laat My toe om fondasie te bou
In julle harte so sterk
Niks sal julle dan kan beweeg
Want julle sal My waarlik ken
Gegrondves in My waarheid
En My liefde baie diep
Kinders Ek soek julle sterk
Sterk sê Pappa
In My liefde
In wie Ek vir julle sê julle is
Julle moet altyd julle waarde onthou kinders
Altyd sê Pappa-God
Altyd moet julle onthou wie julle is
Prinse en prinsesse van Abba-God
Dis omdat julle nie julle waarde ken
Dis omdat julle nie onthou
Dat julle so dikwels bly verdwaal
In al die verkeerd wat hierdie wêreld julle aanbied
Kinders, kinders asseblief
Ken julle waarde
Ken julle waarde in Christus My Seun
En begin net om daarvolgens te leef
Kinders
Prinse en prinsesse
Hulle weet wat is hulle werd
En hulle sal hulle standaarde nie laat daal
Kinders, kinders
Ken julle waarde
Ken julle waarde in My
So sê die Seun
Ja, Amen.
Ai Letitia hoekom is mens so geneig om mens se waarde in iets anders as Christus te soek!
Sjoe jong ek wens ek het die presiese antwoord op daai 1 geweet 😉 al wat ek wel weet is dat Abba elke omstandigheid wat ons deurgaan op aarde kan gebruik om ons dieper te wortel in Sy liefde & ons waarde in Christus. Ware lekker & groei wat my hart diep dankbaar maak! Groetnis.