Genade so sag
Is my Pappa se hart
Ek is so bly Hy woon in my
Ek is so bly ek kan sê ja
Ja vir Hom
Om dieper van my te kry
Ja vir my elke stukkie
Om waarlik aan Hom te behoort
My hart word so sag
Wanneer ek in my Pappa se teenwoordigheid inbeweeg
Want Hy is so sag
Hy is so mooi
As My kinders
Net wou leer
As hulle net wou weet
Dis so mooi om vir My te wag
Daar is soveel mooi dinge sê Pappa
Groot wonderlike goeie dinge
Wat Ek in julle harte kan deponeer
As julle dit net wou doen
Pappa se kinders
My kinders
Kan Ek julle aanmoedig
Om gereeld te kom hoor
Kinders julle moenie bang wees
Om te kom hoor of uit te vind
Dat Ek altyd vir julle is
Al lyk dit nie altyd so
Gereeld sê Pappa-God
Gebeur daar goeters op aarde
Wat julle geloof in My
Laat skipbreuk lei
Pappa se kinders
My kinders
Ek wil julle altyd aanmoedig
Hou aan glo
Hou aan glo
In donker diep waters
Hou aan glo
In die tye wat julle glad nie antwoorde kry
Kinders julle moet bly raak
Wanneer tawwe tye kom
Ja dis rerig so sê Pappa
Want dan kan julle geloof sterker groei
My kinders, Pappa se kinders
Sal julle asseblief luister vir My
Sal julle luister en omgee
Om van My te hoor
Pappa se kinders
Ek weet van die tye
Sê Hy
Wat dit rerig broekskeur gaan
Ek weet van al die kere
Wat jy bly moed verloor
En dit net nie vir jou lyk
Asof jy ooit die storm gaan wen
Pappa se kinders
Ek weet
My kinders Ek weet
Altyd alles daarvan
Ja sê Pappa-God
Dis nie dat Ek lekkerkry
Die kere wat jy swaarkry
Maar Ek kan jou soveel mooi lesse leer daardeur
Kinders van My hart
Glo My asseblief
Die kere wat jy nie verstaan
Hou aan glo seun, dogter van My hart
Seun, dogter
Ek weet dis moeilik sê Pappa
Om dan julle oë op My te hou
Maar kinders dan veral
Kinders Ek het veral dan
Julle geloof in My nodig
Om julle deur die donker nag te trek
Om hoop by julle uit te kry
Pappa se kinders
Asseblief
Moenie moed verloor
Die dae wat julle dink ek kan nie meer
God se kinders
Julle moet weet
Pappa is groter
En Hy sal julle altyd deurvat
Ja deur die storms van die lewe kind
Deur die vure wat julle
Tot as wil verbrand
Ek sal altyd by julle wees
Die strome sal julle nie vir goed meesleur
Nee liefste kinders
Pappa sal altyd daar wees
Om julle veilig by die kant van die oewer uit te bring
Pappa se kinders
Asseblief luister vir My
Is julle gereed
Om My meer te vertrou
Kinders sê Pappa
Ek weet
Ek weet dis swaar
Maar saam gaan ons hierdeur
Saam met My liefste kinders
Sal geen storm julle ooit
Vir goed onderkry
Dit moet julle verseker weet
Pappa se kinders
Ek gee om
En omdat Ek altyd omgee
Sal Ek julle bly deurdra
Ja liefste kinders
Dit is My belofte aan julle
Julle wat bly opkyk
Wanneer storms aan julle lewensdeur kom klop
Pappa se kinders
My kinders
Wees sterk
Net soos Ek vir Joshua gesê het moet julle ook wees
Pappa se kinders
Glo My
Asseblief
Die nuwe dag is besig om vir julle aan te breek
Pappa se kinders
Julle moet julle oë net op My bly hou
Altyd-deur
Ek moet julle anker wees
Kinders dis omdat Ek so baie omgee
Dat julle altyd in ‘n storm kan weet
Dat julle so veilig is
Omdat Ek My hand oor julle bly hou
Ja sê Pappa, ja
Kinders dis die beste versekering wat julle ooit sal kan hê
My liefde en omgee vir julle sê Pappa
Wat so gereeld in julle lewens bly wen
Kinders sê Pappa
Hou julle harte asseblief sag
Die kere wat julle nie verstaan
Die kere wat julle nie weet waarheen
Pappa se kinders
Wees sag in julle binneste
Asseblief laat My altyd toe
Om meer en meer vir julle te leer
Kinders sê Pappa
Julle hoef nie altyd so swaar te trek
Julle hoef eerder net vir My te luister
En My raad te volg
Julle moet weet kinders
Dis omdat Ek omgee
So baie omgee
Dat Ek julle bly leer
Julle moet weet sê Pappa-God
Dat Ek nie soos baie mense op aarde is
Wat altyd sê
Jy moet eers jou kop so paar keer stamp voor jy leer
Nee My liefste kinders
My wysheid is altyd daar
Sê Pappa-God
Vir julle om die slaggate te vermy
Ja-nee sê Pappa
Dis nie dat Ek eers wil hê jy moet seerkry
En dat Ek dan sê
Dis nou tyd om jou te leer
Nee liefste kinders
Pappa se pragdogter en seun
Dis My hart om julle te leer
Voor julle ondergang
Ja-nee kinders
Pappa kan nie net toekyk
Soos party ouers dikwels doen
Nee jong, Pappa is betrokke, sê altyd leer van My
Pappa se kinders
Pappa se kinders
Julle betaling is dikwels duur
Wanneer julle sonde ‘n mooi groot oop plek in julle lewens gee
Oe weet julle dit nie sê Abba
Oe van julle het dit al so geproe
Van julle kan goed daarvan getuig
Ons het op die harde manier geleer sonde proe so sleg
Ja liefste kinders
Ja sê Pappa
Ek is die Een wat aan julle hartsdeur bly klop
Ek is die Een wat bly sê kom asseblief hier
Kinders hoekom kom julle nie
Hoekom kom julle nooit nader aan My
Hoekom kom leer julle nie
Dit wat Ek julle so graag wil leer
Pappa se kinders
Pappa se kinders
Asseblief kom sien
Asseblief kom leer
Ek gee om vir hierdie wêreld
So baie
Dis My liefde vir julle sê Pappa
Wat julle bly terugroep van die afgrond waaroor julle wil tuimel
Ja sê Pappa-God
Kinders julle sien dit nie
Maar julle moet vertrou
Dat Ek van beter weet
Ek weet in watter rigting
Ek julle lewensbootjie moet laat vaar
Daarom kinders wil Ek vra
Leer asseblief om My meer te vertrou
Ja Pappa se kinders
Meer en meer
Elke dag ‘n bietjie meer
Dit is wat moet gebeur
Ek gee so baie om
Ek wens julle kon sien
Tot dan moet julle asseblief
Na die Kruis bly kyk
Ja sê Pappa-God
Kinders kyk na die Kruis
Kinders kyk na die vrugte wat dit kan voortbring
In jou en ander se lewens
Ek het My Seun gegee
Sodat hierdie wêreld weer hulle vryheid kon hê
Vryheid wat sou sê
Kom ons kies hierdie keer reg
Ja liefste kinders
Vryheid is ‘n keuse
Ook hoe julle kies om dit te gebruik
Vir goed of vir die verkeerd
Ek raak nogals moeg vir mense
Sê Pappa
Die kere wat hulle hulself wil oortuig hulle is so vry soos ‘n voëltjie
Terwyl hulle eintlik opgesluit sit in ‘n koutjie
Oe kinders van Pappa se hart
My kinders
Julle weet nie wat ware vryheid beteken nie
Julle weet net hoe dit is om opgesluit te sit
Ja sê Pappa vir Sy kinders
Baie min van julle weet wat dit is
Om vry te wees in My
Want julle sit opgesluit in kettings van die vyand
Kinders julle moet asseblief ophou
Ophou om julleself te oortuig
Dat julle vry is
As julle eintlik vasgekoek sit
Nee My kinders, nee
Asseblief julle moet begin vry raak
Van wat die Satan voor julle bring
Al die goed waarmee hy verlei
Kinders julle weet nie
Julle besef nie
Maar dit het ‘n direkte invloed
Op hoe vry jy in My kan wees
In My vryheid
Sê Pappa-God
Het jy nie nodig om enige iets te hê
Behalwe of My lief te hê
Ja kinders
Dis al wat julle nodig het
Om waarlik vry te wees
Liefde vir My
Kinders Ek wil hê julle moet sien
Ek wil hê julle moet begin ervaar
Dat Ek rerig genoeg is
Dat Ek rerig goed is
Ai kinders
Ai Pappa se hart
Daar is soveel-soveel kere wat Ek vra
Daar is so min kere wat mense hoor
Sal julle dit asseblief nie meer doen
Mense van die wêreld, mense van My hart
Sal julle begin doen wat Ek vra
Kom net asseblief nader aan My hart
Die mooiste lesse wil Ek julle leer
Julle wat sal oorgee
Julle wat sal omgee
Ja, amen.