Etiket: betrokke+pappa+waarsku+gevare

  • Skipbreuk

    Skipbreuk

    Genade so sag
    Is my Pappa se hart
    Ek is so bly Hy woon in my
    Ek is so bly ek kan sê ja

    Ja vir Hom
    Om dieper van my te kry
    Ja vir my elke stukkie
    Om waarlik aan Hom te behoort

    My hart word so sag
    Wanneer ek in my Pappa se teenwoordigheid inbeweeg
    Want Hy is so sag
    Hy is so mooi

    As My kinders
    Net wou leer
    As hulle net wou weet
    Dis so mooi om vir My te wag

    Daar is soveel mooi dinge sê Pappa
    Groot wonderlike goeie dinge
    Wat Ek in julle harte kan deponeer
    As julle dit net wou doen

    Pappa se kinders
    My kinders
    Kan Ek julle aanmoedig
    Om gereeld te kom hoor

    Kinders julle moenie bang wees
    Om te kom hoor of uit te vind
    Dat Ek altyd vir julle is
    Al lyk dit nie altyd so

    Gereeld sê Pappa-God
    Gebeur daar goeters op aarde
    Wat julle geloof in My
    Laat skipbreuk lei

    Pappa se kinders
    My kinders
    Ek wil julle altyd aanmoedig
    Hou aan glo

    Hou aan glo
    In donker diep waters
    Hou aan glo
    In die tye wat julle glad nie antwoorde kry

    Kinders julle moet bly raak
    Wanneer tawwe tye kom
    Ja dis rerig so sê Pappa
    Want dan kan julle geloof sterker groei

    My kinders, Pappa se kinders
    Sal julle asseblief luister vir My
    Sal julle luister en omgee
    Om van My te hoor

    Pappa se kinders
    Ek weet van die tye
    Sê Hy
    Wat dit rerig broekskeur gaan

    Ek weet van al die kere
    Wat jy bly moed verloor
    En dit net nie vir jou lyk
    Asof jy ooit die storm gaan wen

    Pappa se kinders
    Ek weet
    My kinders Ek weet
    Altyd alles daarvan

    Ja sê Pappa-God
    Dis nie dat Ek lekkerkry
    Die kere wat jy swaarkry
    Maar Ek kan jou soveel mooi lesse leer daardeur

    Kinders van My hart
    Glo My asseblief
    Die kere wat jy nie verstaan
    Hou aan glo seun, dogter van My hart

    Seun, dogter
    Ek weet dis moeilik sê Pappa
    Om dan julle oë op My te hou
    Maar kinders dan veral

    Kinders Ek het veral dan
    Julle geloof in My nodig
    Om julle deur die donker nag te trek
    Om hoop by julle uit te kry

    Pappa se kinders
    Asseblief
    Moenie moed verloor
    Die dae wat julle dink ek kan nie meer

    God se kinders
    Julle moet weet
    Pappa is groter
    En Hy sal julle altyd deurvat

    Ja deur die storms van die lewe kind
    Deur die vure wat julle
    Tot as wil verbrand
    Ek sal altyd by julle wees

    Die strome sal julle nie vir goed meesleur
    Nee liefste kinders
    Pappa sal altyd daar wees
    Om julle veilig by die kant van die oewer uit te bring

    Pappa se kinders
    Asseblief luister vir My
    Is julle gereed
    Om My meer te vertrou

    Kinders sê Pappa
    Ek weet
    Ek weet dis swaar
    Maar saam gaan ons hierdeur

    Saam met My liefste kinders
    Sal geen storm julle ooit
    Vir goed onderkry
    Dit moet julle verseker weet

    Pappa se kinders
    Ek gee om
    En omdat Ek altyd omgee
    Sal Ek julle bly deurdra

    Ja liefste kinders
    Dit is My belofte aan julle
    Julle wat bly opkyk
    Wanneer storms aan julle lewensdeur kom klop

    Pappa se kinders
    My kinders
    Wees sterk
    Net soos Ek vir Joshua gesê het moet julle ook wees

    Pappa se kinders
    Glo My
    Asseblief
    Die nuwe dag is besig om vir julle aan te breek

    Pappa se kinders
    Julle moet julle oë net op My bly hou
    Altyd-deur
    Ek moet julle anker wees

    Kinders dis omdat Ek so baie omgee
    Dat julle altyd in ‘n storm kan weet
    Dat julle so veilig is
    Omdat Ek My hand oor julle bly hou

    Ja sê Pappa, ja
    Kinders dis die beste versekering wat julle ooit sal kan hê
    My liefde en omgee vir julle sê Pappa
    Wat so gereeld in julle lewens bly wen

    Kinders sê Pappa
    Hou julle harte asseblief sag
    Die kere wat julle nie verstaan
    Die kere wat julle nie weet waarheen

    Pappa se kinders
    Wees sag in julle binneste
    Asseblief laat My altyd toe
    Om meer en meer vir julle te leer

    Kinders sê Pappa
    Julle hoef nie altyd so swaar te trek
    Julle hoef eerder net vir My te luister
    En My raad te volg

    Julle moet weet kinders
    Dis omdat Ek omgee
    So baie omgee
    Dat Ek julle bly leer

    Julle moet weet sê Pappa-God
    Dat Ek nie soos baie mense op aarde is
    Wat altyd sê
    Jy moet eers jou kop so paar keer stamp voor jy leer

    Nee My liefste kinders
    My wysheid is altyd daar
    Sê Pappa-God
    Vir julle om die slaggate te vermy

    Ja-nee sê Pappa
    Dis nie dat Ek eers wil hê jy moet seerkry
    En dat Ek dan sê
    Dis nou tyd om jou te leer

    Nee liefste kinders
    Pappa se pragdogter en seun
    Dis My hart om julle te leer
    Voor julle ondergang

    Ja-nee kinders
    Pappa kan nie net toekyk
    Soos party ouers dikwels doen
    Nee jong, Pappa is betrokke, sê altyd leer van My

    Pappa se kinders
    Pappa se kinders
    Julle betaling is dikwels duur
    Wanneer julle sonde ‘n mooi groot oop plek in julle lewens gee

    Oe weet julle dit nie sê Abba
    Oe van julle het dit al so geproe
    Van julle kan goed daarvan getuig
    Ons het op die harde manier geleer sonde proe so sleg

    Ja liefste kinders
    Ja sê Pappa
    Ek is die Een wat aan julle hartsdeur bly klop
    Ek is die Een wat bly sê kom asseblief hier

    Kinders hoekom kom julle nie
    Hoekom kom julle nooit nader aan My
    Hoekom kom leer julle nie
    Dit wat Ek julle so graag wil leer

    Pappa se kinders
    Pappa se kinders
    Asseblief kom sien
    Asseblief kom leer

    Ek gee om vir hierdie wêreld
    So baie
    Dis My liefde vir julle sê Pappa
    Wat julle bly terugroep van die afgrond waaroor julle wil tuimel

    Ja sê Pappa-God
    Kinders julle sien dit nie
    Maar julle moet vertrou
    Dat Ek van beter weet

    Ek weet in watter rigting
    Ek julle lewensbootjie moet laat vaar
    Daarom kinders wil Ek vra
    Leer asseblief om My meer te vertrou

    Ja Pappa se kinders
    Meer en meer
    Elke dag ‘n bietjie meer
    Dit is wat moet gebeur

    Ek gee so baie om
    Ek wens julle kon sien
    Tot dan moet julle asseblief
    Na die Kruis bly kyk

    Ja sê Pappa-God
    Kinders kyk na die Kruis
    Kinders kyk na die vrugte wat dit kan voortbring
    In jou en ander se lewens

    Ek het My Seun gegee
    Sodat hierdie wêreld weer hulle vryheid kon hê
    Vryheid wat sou sê
    Kom ons kies hierdie keer reg

    Ja liefste kinders
    Vryheid is ‘n keuse
    Ook hoe julle kies om dit te gebruik
    Vir goed of vir die verkeerd

    Ek raak nogals moeg vir mense
    Sê Pappa
    Die kere wat hulle hulself wil oortuig hulle is so vry soos ‘n voëltjie
    Terwyl hulle eintlik opgesluit sit in ‘n koutjie

    Oe kinders van Pappa se hart
    My kinders
    Julle weet nie wat ware vryheid beteken nie
    Julle weet net hoe dit is om opgesluit te sit

    Ja sê Pappa vir Sy kinders
    Baie min van julle weet wat dit is
    Om vry te wees in My
    Want julle sit opgesluit in kettings van die vyand

    Kinders julle moet asseblief ophou
    Ophou om julleself te oortuig
    Dat julle vry is
    As julle eintlik vasgekoek sit

    Nee My kinders, nee
    Asseblief julle moet begin vry raak
    Van wat die Satan voor julle bring
    Al die goed waarmee hy verlei

    Kinders julle weet nie
    Julle besef nie
    Maar dit het ‘n direkte invloed
    Op hoe vry jy in My kan wees

    In My vryheid
    Sê Pappa-God
    Het jy nie nodig om enige iets te hê
    Behalwe of My lief te hê

    Ja kinders
    Dis al wat julle nodig het
    Om waarlik vry te wees
    Liefde vir My

    Kinders Ek wil hê julle moet sien
    Ek wil hê julle moet begin ervaar
    Dat Ek rerig genoeg is
    Dat Ek rerig goed is

    Ai kinders
    Ai Pappa se hart
    Daar is soveel-soveel kere wat Ek vra
    Daar is so min kere wat mense hoor

    Sal julle dit asseblief nie meer doen
    Mense van die wêreld, mense van My hart
    Sal julle begin doen wat Ek vra
    Kom net asseblief nader aan My hart

    Die mooiste lesse wil Ek julle leer
    Julle wat sal oorgee
    Julle wat sal omgee
    Ja, amen.