Etiket: ware+vryheid

  • Die wonder van als-deel

    Die wonder van als-deel

    Die vreugde van
    Als-met-U-deel
    Dit bly vir my so mooi
    Ek’s baie dankbaar daarvoor

    Dankie Abba-Vader
    Dat ek nooit skaam-hoef-te-kry
    Dankie dat dit ware vryheid is
    Om U in al my weë te bly ken

    Ek wens ek kon die wêreld laat voel Abba
    Wat ek voel
    Wanneer ek my hart voor U oopmaak
    U na binne nooi

    Ja daar’s soveel kere Abba
    Wat ons nie besef
    Wat ons nie dink
    Maar ons kan met U deel

    Ja elke stukkie bekommernis
    Elke stukkie seer
    Ons kan dit vir U bring
    Ons kan U vra help my asseblief hierdeur

    Daddy die wêreld se mense
    Is so gewoond
    Aan vir hulleself baklei
    Aan dit op hulle eie maak

    Daddy hulle weet nie
    Hulle besef nie
    Daar is ‘n God daarbo
    Wat waarlik omgee

    Ja Daddy
    U geniet dit om van ons te hoor
    En U wil so graag help
    Om ons laste ligter te maak

    Daddy ons wil nie kom kla nie
    Ons wil nie murmureer nie
    Ons wil kom sê Daddy ons verstaan nie als
    Maar ons wil saam met U hierdeur

    Want Abba-Vader
    Dis U wat ons sterk maak
    Dis U wat ons weer geloof gee
    Om die nuwe dag in die oë te kyk

    Daddy U wil so graag hê
    Ons moet vir U vertel wanneer ons seer het
    U wil so graag hê
    Ons moet U toelaat om dit beter te maak

    Kinders van Abba-God sê Daddy
    Dit is so My kinders
    Maar dit gebeur te gereeld
    Dat julle terugtrek

    Asseblief My kinders
    Julle moet dit nie meer doen
    Julle kan waarlik
    Als vir My vertel

    Van julle vreugdes-bly
    Tot dit wat julle moedeloos maak
    Julle kan My vertel van die drome in julle hart
    En My toelaat om saam te droom

    Kinders daar’s niks
    Rerig niks
    Wat julle ooit nodig het
    Om vir My weg te steek

    Kinders sê Daddy
    Dis so lekker as julle
    Julle harte met My deel
    Dit wys vir My dat julle graag intimiteit met Myne wil bou

    Kinders dit is vir My mooi
    So baie mooi
    En Ek geniet dit so
    Baie dankie daarvoor

    Dis gereeld sê Daddy-God
    Dat Satan dit regkry
    Om julle te verhinder
    Om juis dit te doen

    Kinders sê Daddy
    Ek wil julle net vertel
    Dis hy wat nie wil hê
    Ons harte moet eenheid bou

    Dis omdat hy weet
    Liefste kinders
    Watter gevaar dit vir hom
    En jou verhouding met hom inhou

    Ja sê ons liefste Pappa-God
    Kinders dit is so
    Vir baie mense vertel hy daagliks hoe om te leef
    En hulle doen dit baie goed

    Kinders sê Daddy
    Dit is so
    Hy is met baie van julle een
    Een van sin, een van verstand

    Ek bedoel nou maar kinders
    In die manier hoe julle dink oor dinge
    Dis presies dieselfde
    Dis in baie dinge een

    Oe kinders sê Abba-Vader
    Ek wil so graag hê dinge moet anders wees
    Ek wil so graag hê
    Jy moet soos Ek begin dink

    My manier is lewe
    Liewe kind
    Sy manier is dood
    Ek wil dit net graag weer vir julle sê

    Oe My liefste kinders
    Sê Abba-God
    Kom vertel eerder ook vir My
    Jy wil graag leef soos Ek doen

    Kinders sien julle
    Sê Abba
    My manier is lewe
    My manier is hoop

    Daar’s te veel van julle
    My liefste kinders
    Wat met Satan se muisneste in julle koppe sit
    Ek wil hê julle moet dit uitskop

    Ja My liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Net soos wat ‘n mamma-voël maak
    Met ‘n baba-voëltjie wat sy weet gaan dit nie maak

    Kinders sê Daddy-God
    Asseblief
    Julle moet begin weet wanneer dinge nutteloos is om aan te dink
    Wanneer dit glad nie waarde inhou

    Daar’s te veel van julle sê Abba-God
    My kinders
    Wat vashou aan die wêreld se manier van dink
    Wanneer julle dink

    Kinders weet julle nog nie
    Sê Abba-God
    Besef julle nog nie
    Ek en die wêreld se manier is nie eenderse dink

    Ek wil julle vra
    Liefste kinders
    Begin toelaat dat My manier
    Julle gedagtes vorm

    Oe kinders
    Sê Abba-God
    Dit gebeur te gereeld
    Dat julle met die wêreld se manier saamstem

    Kinders Pappa wil julle vra
    Kom hoor eerder by My
    Kom hoor hoe Ek oor ‘n ding voel
    Kom hoor hoe My hart klop

    Kinders sê Daddy-God
    Dit gebeur te gereeld
    Dat julle in gedagtes
    Afdwaal na hoe die wêreld dink

    Julle moenie toelaat kinders
    Sê Daddy
    Asseblief
    Dat die wêreld se opinie julle opinies bepaal

    Dis wat in baie opsigte gebeur
    Liefste kinders
    Het julle nog nie gesien?
    Ek weet, Ek’s seker julle het al

    Oe kinders sê Abba
    Oe kinders
    Dis hoekom Ek so gereeld vra
    Kom leer My hart ken

    Daddy se kinders
    Sê Pappa
    Julle moet My hart ken
    Anders gaan julle aanhou om in die wêreld se verkeerde opinies te verdwaal

    Julle moet geanker wees
    In waarheid
    Liefste kinders
    My waarheid

    Daar’s soveel mense op aarde
    Sê Daddy
    Soveel
    Wat totaal en al verlore voel met wat die wêreld bied

    Ja sê Abba
    Want vandag sê een sus
    En ander dag sê een so
    G’n wonder sê Abba dat julle aanhou om so te verdwaal

    Oe kinders
    Sê Abba-God
    Die wêreld wil hê jy moet een ding weet
    En dit is dat jy My nie nodig het

    Al die ‘waarhede’ sê Abba
    My kinders
    Wat vir julle hierdie ‘waarheid’ vertel
    Moet julle weet is ‘n leuen

    Ja sê Daddy-God
    Uit die put van die hel
    Ons kan dit so saamvat
    Hulle elkeen

    Oe kinders
    Sê Abba-God
    Dis vir My so belangrik dat julle in hierdie wêreld met sy leuens
    Veilig sal voel

    Dis hoekom dit My hartsbegeerte is kinders
    Om julle daagliks
    Dieper te grondves en te wortel
    In wie Ek waarlik is

    Ja liefste kinders
    Sê Abba-God
    Ek wil hê julle moet daagliks
    Dieper groei in My waarheid

    Dis vir My aller-belangrik kinders
    Dis vir My aller-belangrik
    Ek wil hê julle moet dit besef
    Anders gaan Satan en die wêreld julle maklik verlei

    Kinders sê Abba-God
    Dis dus g’n verrassing
    As My kinders
    So deur die wêreld se opinies gevorm word

    Dis omdat hulle nie gegrondves is
    In My waarheid
    En hoe Ek oor dinge voel
    Dat hulle so vinnig en lekker met die wêreld saam-praat

    Oe kinders sê Abba
    Oe kinders
    Dis so belangrik vir julle om te weet
    Dis gevaarlik om saam met die wêreld te stem

    Kinders sê Daddy, asseblief
    Moet dit nie meer sommer net doen
    Kom vra My veel eerder
    Daddy wat dink U hieromtrent?

    Kinders dis so belangrik
    So belangrik
    Vir julle om te weet, om te ken
    Die goue waarheid in julle Koning se hart

    Met daardie waarheid
    Sê Abba-God
    Kan niks anders vergelyk
    Kinders daar is geen ander waarheid buite Myne nie

    En kinders
    Dis daar
    Dis juis daar waar Satan sy voet in die deur kry
    Want hoeveel van julle My kinders glo nog onomwonde Ek is absolute waarheid?

    Kinders sê Daddy-God
    Hierdie wêreld
    Het julle al soveel verdraagsaamheid kom leer
    Met ander waarhede

    Kinders sê Daddy
    Dit hoort nie so
    Julle kan nie verskoning maak vir die Waarheid
    Omdat julle nie valses wil affronteer

    Oe kinders sê Abba-God
    Dis soos die koning
    Wat voor sy slawe moet buig
    Dis absoluut belaglik

    Kinders
    Sê Daddy-God
    Maar dis al hoe dit geraak het
    Die wêreld se manier het al goed in julle gedagtes begin rondkrap

    Kinders sê Daddy
    Kinders julle moet besef en weet
    Wat die waarheid is
    En dan vas daarop bly staan

    Oe kinders sê Abba
    Oe kinders
    Dit is My hart
    Dit is wat Ek wil hê julle moet weet

    Ek vra nie baklei met elkeen wat jy ontmoet
    Oor wat die waarheid is
    Nee kind Ek vra jou
    Om die waarheid met jou lewe te leef

    Oe kind sê Abba
    Oe kind
    Dis die waarheid
    Wat mense op die mooiste manier na My bly trek

    Laat jou lewe toe
    Sê Daddy-God
    Om ‘n getuienis vir My te wees
    Kan Ek jou dit vra

    Kind sê Daddy-God
    Liefste liefste kind
    Besef julle hoe vêr strek die voorbeeld
    Van ‘n kind wat waarlik vir My leef?

    Oe dit bly mooi
    Sê Daddy-God
    Dit bly so so mooi
    Kinders wat saam met My omgee oor ‘n wêreld wat verlore gaan

    Kind van God is wat Ek so graag
    Elke mens op aarde wil noem
    Kind van God sê Abba
    Kind van God daarbo

    Die Een wat in jou hart woon
    Die Een wat die heelal in Sy hand hou
    Hoe mooi is dit sê Abba
    Dit is, wie Ek is

    Begin jou hart deel kind
    Asseblief meer en meer
    Sê Abba
    Begin ontdek die wonderlike vryheid wat daarin lê

    Altyd sê Abba
    Altyd wil Ek meer aan julle gee
    Wil Ek julle meer van My leer
    Wie sal ja sê daarvoor?

    Kinders die waarheid in My hart
    Die waarheid in My Woord
    Is so baie mooi
    Asseblief, asseblief kom vind dit

    Geen ander, geen niks is soos Ek
    Die onverganklike Een
    Vir ewig en altyd
    Vir nou ook, amen

    Dis wie Ek is liefste kinders
    Dis wat My Woord is
    Waarheid
    Waarmee geen ander kan stry

    Amen.

  • Tapisserie van liefde

    Tapisserie van liefde

    Saggies, so saggies
    Gesels U met my hart
    Daddy ek is so lief daarvoor
    Waardeer dit baie diep

    Dankie liefste liefste Pappa
    Vir U hart so sag
    Dit seën my geweldig baie
    Om U so baie naby te hê

    Pappa so baie dankie daarvoor
    Dankie
    Dankie
    Dankie

    Dat U in my hart woon
    Daddy
    Dat ek U kan liefhê
    Abba ek wil nog meer hoor

    Ek wil hoor en luister
    Hoe wonderlik U is
    Dat alles aan U behoort
    Dat U ‘n God van genade en diep liefde is

    Daddy dit seën my hart so baie
    Om U te hoor
    Om met U te gesels
    Om te hoor hoe baie gee U om

    Daddy U vertel so gereeld
    Die mooiste verhale vir ons
    Verhale van U liefde, U genade
    Wat vandag nogsteeds so groot is

    Pappa dis vir ons so lieflik
    Pappa al die stories wat U vertel
    Dit seën ons so baie
    Al die stories van hoop wat U na die wêreld stuur

    Daddy dit seën ons harte diep binne
    So baie
    Dit gee ons hoop
    Dit hou ons baie styf vas

    Ja U liefde en genade
    Daddy
    Wat net nooit wil opgee
    So baie styf hou U ons vas

    Pappa ek sê dankie
    Dankie vir elke storie
    Wat U deur U kinders se lewens hier op aarde
    Aan ons vertel

    Pappa mense was so seer
    So stukkend
    Binne-in
    Maar toe kom gee U nuwe hoop

    Daddy dis so wat U doen
    Vernielde stukkende lewens
    Oe Daddy-God
    U las hulle op die mooiste maniere weer aanmekaar

    Daddy U maak mense
    So gesond en heel
    Met U wonderbare liefde
    Dat mense wonder, hoe is dit moontlik?

    Oe Pappa-God
    Die wonderlikste lewensstories
    Is daar wat ons omring
    Stories van liefde, genade en wonderbare herstel

    Pappa-God
    Daar is niks
    Niks wat U nie kan doen
    U is die wonderbare een, nou en vir altyd

    Ons harte wil sing Pappa-God
    Bly sing
    Net vir U
    Omdat U so wonderbaar is

    Liefste Pappa-God
    Kom tog asseblief
    Nog baie nader aan ons
    Ek wil soveel meer van U hê

    Pappa ek’s so baie dankbaar
    So baie dankbaar
    Dat U goud en skatte
    So ontelbaar is soos ‘n bodemlose put

    Ja liefste God
    Ek wil inval en verdrink
    Ek wil so graag
    Nog baie meer van U wonderlik-wees ontdek

    Pappa ek wil vir die wêreld vertel
    Dat U God is
    Dat U waarlik leef
    Dat daar niemand so wonderlik soos U is

    Pappa-God
    Dit gebeur wel partykeer
    Dat ons begin twyfel aan U goedheid
    Wanneer verkeerde goeters begin gebeur

    Daddy-God ons wil nie graag
    Die verkeerde goed oor U glo
    Dis net daar’s so baie leuens oor U
    Partykeer is dit moeilik om waarheid te onderskei

    Daddy, Pappa-God
    U is so baie mooi
    Ek is so bly ek kon dit al vind
    Ek is so bly ek kan dit glo

    Daddy-God
    Pappa
    U weet
    Dit was nie altyd so

    Daddy-God
    Vir jare en jare
    Het ek geglo
    U is nie net goed

    Ja ek sou ook met kere dink
    Rond-vertel
    God sal iemand straf
    As jy nie doen soos Hy vra

    Pappa-God se kinders
    Liefste-liefste kinders
    Pappa verstaan
    Partykeer is dit swaar

    Dis swaar om tussen die
    Leuens en verkeerd oor My
    Die waarheid en die mooi
    Te probeer vind

    Pappa se kinders
    Liefste liefste kinders
    Pappa vra net een ding
    Leer My ken

    Leer My hartklop ken
    Kinders sê Daddy-God
    Leer My ken
    Wat maak My bly, wat maak My sad

    Pappa se kinders
    Vra Pappa
    Leer My ken
    Leer My ken

    Dis gereeld sê Daddy-God
    So so gereeld
    Wat Ek julle vra
    Kom asseblief nader aan My

    Pappa se kinders
    Dis nie vir My lekker om te sien
    Dat julle so lekker ronddobber
    In wat die leuens van die wêreld oor My sê

    Pappa se liefste-liefste kinders
    Vandag wil Ek graag aan julle sê
    Begin om Satan se leuens
    Wat julle soos haai-vinne omring, raak te sien

    Ja liefste kinders
    Vra Pappa-God
    Begin raaksien hoe hy verlei
    Dis besig om waarlik gevaarlik te raak

    Van die leuens liefste kinders
    Sê Daddy-God
    Het baie-baie van julle al halfpad opgevreet
    Goed oppad na julle dood

    Julle sal moet begin besef
    Liefste liefste kinders
    Dat Pappa vir julle is
    Dat Ek nie die verkeerde een is

    Daddy sê
    Liefste-liefste kinders
    Die wêreld leer julle so verkeerd
    Sy leer julle nie om na My te kyk

    Oe liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Asseblief moet dit nie meer doen
    Moenie meer toelaat dat sy julle verlei

    Oe kinders
    Sê Daddy-God
    Dis rerig tyd dat julle begin sien
    Sy is verkeerd

    Sy leer julle
    Liefste kinders
    Die verkeerde weë
    En julle hou aan om op hulle te loop

    Pappa se kinders
    Asseblief
    Moet dit nie meer doen
    Ek vra mooi

    Julle loop verkeerd
    Liefste kinders
    Julle glo
    So, so verkeerd

    Kom net nader aan My
    Vra ons liefste Pappa
    Dis hoe ons die leuens van Satan in jou lewe
    Sal kan ore aansit

    Ja liefste Pappa-God se kind
    Ek wil jou so graag
    Vry maak, vry hê
    Maar daar’s min mense wat dit wil hê

    Ja sê liefste Pappa-God
    Julle verstaan nie lekker
    Maar julle is besig om in kettings van Satan
    Vasgebind te sit

    My liefde liefste kinders
    Is so baie groot
    En Pappa wil julle vra
    Kom asseblief nader aan My

    Kom laat My toe
    Sê Pappa-God
    Asseblief om vir jou te vertel
    Ek wil jou vry hê!

    Ja liefste kind
    Vry sê Pappa
    Vry soos ‘n voëltjie
    Wat bo in die lug rondvlieg

    So baie sê Daddy
    So baie van My kinders
    Wat vassit in kloutjies van vrees
    Kloutjies van sonde

    Oe Daddy-God se kinders
    Myne
    Daar is baie kloutjies
    Waarin My kinders vassit

    Ek’s altyd besig sê Abba-God
    Altyd besig
    Om mense, My kinders
    Meer vry te maak

    Ja sê Pappa-God
    Baie van My kinders is vry
    Vry om vir My te leef
    Vry om saam met My te bly groei

    Oe liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Ek wil julle so graag vry hê
    Sodat julle saam met My soos arende in die lug kan rondsweef

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Dit bly vir My so mooi
    Die vreugde van saam met My vry wees

    Baie mense sê Daddy-God
    Dink baie dikwels
    Hulle is vry
    Maar hulle is verkeerd

    Julle moet begin
    Sê Abba
    My toelaat
    Om die kettings vir julle uit te wys

    Ek weet sê Pappa
    Ek besef kinders
    Dis nie iets wat julle gereeld wil sien gebeur
    Maar oe dit is so baie nodig

    Liefste liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Vryheid
    Dit is My hart vir elkeen van julle

    Julle is so verkeerd
    Sê Pappa-God
    Wanneer julle vir die leuens, die kettings, die kloutjies
    Lief-raak

    O ja baie
    Sê Pappa
    Baie kinders van My
    Wat die sonde en kloutjies liewer as Ek het

    Julle maak verkeerd
    Liefste kinders
    So, so verkeerd
    Ek wil dit net graag aan julle sê

    Liefste God se kinders
    Pappa se kinders
    Staan asseblief op
    Laat My toe om julle te leer

    Ek wil julle so so graag
    Na dieper wysheid in My neem
    Daai bodemlose put kind
    Waarvan netnou gepraat

    Tog het Ek julle so nodig
    Liefste kinders
    Om saam met My
    Aan hierdie verhouding van ons te werk

    Ja liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Ek het julle nodig
    Nodig om saam met My verhouding te bou

    Een-kant-stories
    Werk nie liefste kind
    Ek het jou samewerking nodig
    Jy wat sê ek wil, ek gaan

    Ja liefste kinders sê Pappa-God
    Dis so swaar, swaar om iets te maak werk
    As daar belangstelling
    Net van een kant is

    Oe Abba-God se kinders
    Oe Abba-God se kinders
    Ek vertel julle graag
    Asseblief kom nader aan My

    Julle maak so verkeerd
    My liefste kinders
    Deur so vêr-weg-van-My te bly
    Ek wil julle graag soveel nader hê

    Nader sê Pappa
    Nader en nader en nader
    Kinders dis My liedjie
    Partykeer hak hy

    Ja sê Pappa
    Ek weet dis hoe dit baie kere vir julle voel
    ‘n Platespeler wat iets makeer
    Ja veral vir julle wat niks wil weet

    Kinders sê Daddy-God
    Ek vra julle weer
    Kom net nader aan My
    Kom sien watter lieflike plate Ek speel

    Van die golden oldies
    Sê Daddy-God
    Tot dit wat nog vandag
    Die ore op die mooiste manier streel

    Oe Pappa-God se kinders
    Ek is groot
    Ek is almagtig
    Ek is die ware een

    Julle wat so verlore voel
    Hoe julle daarvan?
    Wil julle nie veel eerder kom vind
    Die Rots wat nie kan wankel nie

    Kinders sê Daddy-God
    Die mense wat geanker is in My
    Hulle voel so veilig
    Ek wil dit net graag vir julle sê

    Ja sê Pappa
    Vir hulle is dit nooit
    Riekertjie Raai speletjies nie
    Hulle weet wat die waarheid van God sê

    Kinders sê Pappa
    Dit is net so
    Mense wat My ken
    Hulle voel veilig, so so veilig

    Dis asof hulle My vlerke kan voel wat om hulle vou
    Die vlerke wat hulle veilig hou
    Kinders meer as dit
    Sou julle nooit nodig hê

    Ja sê Pappa
    Die Woord sê mos
    Kom skuil by My, kom kruip by My weg
    En Ek sal jou veilig hou

    Dis My grootste begeerte vir julle
    Sê Pappa-God
    Dat julle veilig, beskermd en geliefd sal voel
    In ‘n wêreld so koud, klinies en ongenaakbaar

    Julle weet liefste kinders
    Julle weet hoe dit voel om vir die wolwe gevoer te word
    Baie van julle, een en almal
    Het dit al op ‘n manier op planeet aarde ondervind

    Oe kinders sê Pappa-God
    Oe kind
    Ek weet ook hoe dit voel
    Sê die Seun van God

    Asof iemand die agterdeur gesluit het
    En jou in die koue winterweer gelos het
    Né liefste kind van God
    Dit is hoe dit voel

    Ek wil die kaggelvure
    Van My liefde en omgee
    In jou hart aansteek
    Kind Ek wil laat jy altyd veilig en beskut sal voel

    Dis wat My warm omgee en liefde
    Vir My kinders doen
    Ek wou dit maar net graag vir julle sê
    Die wat nog in die koue rondstaan

    Asseblief, asseblief kom nader
    Sê Pappa-God
    Vir Sy kinders
    Die wat naby is en die nog baie vêr

    Daar’s altyd ruimte vir meer van My
    Sê Pappa
    Oe kinders sê Daddy-God
    Ek kan julle nie naby genoeg aan My hê

    Ek wil hê sê Pappa
    Liefste kinders
    Dat ons saamgevleg sal wees
    Een, een sodat ons nie weer twee sal kan wees

    Oe kinders sê Pappa-God
    Ek wil nie weet waar die einde van My is
    En die begin van jou nie sê Pappa
    Dis wat ware liefde is

    Intertwined
    Sê Pappa
    Inter-twined
    In alles een

    Oe Pappa-God se kinders
    Dis so mooi
    So mooi
    Verweefd moet Ek en jy aanmekaar wees

    Net soos al die hekel-steke sê Pappa-God
    Wat julle dikwels saamvleg
    Om een groot kombers
    Of iets wonderliks te maak

    Pappa se kinders
    Dis waarlik so
    Een-een
    Dit wat Ek bedoel as Ek sê één

    Ek wil hê mense moet nie meer
    Die verskil tussen ons kan sien
    Hulle moet net kan sien
    Een

    Saam-beweeg kinders
    Saam-beweeg
    In alles
    Tot ons volmaaktheid uitstraal

    Oe kinders sê Pappa-God
    Dit is vir My die mooiste mooi
    Ek en jy
    Een

    Dis hoekom Ek jou altyd dieper nooi
    Kind van God
    Het jy nog nie gesien
    Het jy dit nog nie ondervind

    My hart is altyd sê Pappa
    Dat Ek en jy
    Die diepste plekke van mekaar sal smaak
    Dis soos die liefdespel

    Ja sê Pappa-God
    Ja My liefste kinders
    Ek het julle so gemaak
    Om ‘n diep verlange na jou aardse man of vrou te hê

    Ja liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Ek moes dit vir julle gee
    Sodat julle kon verstaan hoe Ek baie kere oor julle voel

    Daardie diep-diep smagting na mekaar
    Liefste kinders
    Die versugting om bymekaar te wees, in-mekaar
    Oe Ek ken dit so goed

    Ek het dit vir julle gegee
    Liefste kinders
    Ek ken dit so goed
    Ek sê mos dis hoe één Ek met jou wil wees

    Ja sê Daddy
    Liefste-liefste kinders
    Net so een soos wat jy en jou man of vrou is
    Wanneer julle saam-slaap, liefde-maak
    So wil Ek met elkeen van julle wees

    Daai gevoelens liefste kinders
    Van ons moet saam-wees
    Ek in jou, jy in my
    Kind Ek ken dit, Ek ken dit so goed

    Moet nooit bang wees
    Liefste-liefste kinders
    Sê Pappa
    Om oor te gee wanneer jy en jou man in mekaar se arms is

    Ek weet sê Pappa
    Dis baie kere scary
    Ek weet liefste kinders, veral aan die begin
    Maar dit sal beter raak

    Soos wat jy jou man of vrou
    Beter leer ken
    Dieper vertrou
    Sal jy sien dat dit sommer vanself gebeur

    Oe kinders
    Sê Pappa
    Die mooiste mooi is wat Ek en jy saam kan hê
    Ook jy en jou man kan so die hemel proe

    Moet nooit bang wees
    Liefste-liefste kinders
    Om nader aan My te beweeg
    Om oor te gee

    Baie kere sê Pappa-God
    Gebeur dit stukkie-vir-stukkie
    Die oorgee
    Soos wat jy My beter leer ken

    Kinders dis maar dieselfde
    Sê Pappa-God
    Soos wat jy jou aardse man of vrou beter leer ken
    Sal jy dieper oopmaak

    Kinders sê Pappa
    Dis maar hoe oorgawe werk
    Dis nie dadelik diep
    Dis baie kere tree vir tree

    Oe maar dit bly vir My so mooi
    Sê Pappa
    Die treëtjies
    En elke mooi lessie wat dit inhou

    Elke lessie kind het die wonderlikste waarde
    Elkeen
    So diep
    So mooi

    Daarom wil Ek vra
    Liefste seun en dogter
    Moet nooit bang wees
    Om oor te gee

    Ek’s diep-diep lief vir julle
    Kinders
    Elkeen van julle
    So baie diep

    Dankie liefste kind
    Pappa-God se kind
    Vir elke lessie
    Wat Ek en jy al saam kon leer

    Het jy al gesien kind
    Kan jy sien
    Die mooiste intimiteit is al gevorm
    Deur treëtjies van oorgawe gegee

    Dit bly so mooi
    So diep mooi vir My
    Oe kind van God
    Jy is beautiful vir My

    Dieper en meer kinders
    Dieper en meer
    Dis so graag wat julle vra
    Wanneer julle besig is met aardse liefde-maak

    Kinders sê Pappa
    Dieper en meer
    Dis waar die verstaan van dit
    Vir julle gebore is

    Oe Pappa se kinders
    Dieper en meer
    Dis ook My vra
    Van elkeen van julle wat Ek so baie liefhet

    Kinders sê Pappa
    Dis diep
    Dis mooi
    Dis eg

    Ek wil hê sê Pappa
    Kom
    Kom nader aan My
    Kom sien wat Ek instoor hou

    Kind sê Pappa
    Ek vra nie fisies-saam-slaap
    Ek vra emotioneel-een
    Met harte wat een raak

    Die wonderskone gevoel sê Daddy
    Daai gevoel wat jy nie kan beskryf
    Kind jy sal sien hoe eg dit word
    Selfs in en met die tye wat ons saam spandeer

    Kind sê Daddy-God
    Dit gaan dalk nie wees soos die aardse gevoel
    Maar soveel meer hemels
    Wanneer jy sy geestelike ekwivalent daarvan proe

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Ek moes die geestelike in die natuurlike probeer verwoord
    Toe maak Ek daai spesiale iets wat jou en jou man of vrou na die hemelse wegvoer

    Oe kind sê Pappa-God
    Sodat julle kon verstaan
    Sodat julle iets kon hê waarmee julle kan vergelyk
    My Goddelike teenwoordigheid

    Kind sê Daddy
    Dit is wie Ek is
    Daai mooiste vervulling wat jy en jou man of vrou saam geniet
    Dit is Ek

    Dis Ek kind wat daarin is
    Die mooiste mooi
    Daai diep bevrediging, daai rustigheid
    Dis Ek

    Pappa sê
    Ek wou julle maar net kom deel-maak
    Van wie Ek is
    En wat dit beteken in die aardse liefdespel

    Dis Ek kinders
    Sê Pappa-God
    Ek is al die mooi
    Wat aardse liefdespel bevat

    Ek praat nou nie sê Pappa-God
    Van die afgewaterde goedkoop manier van liefde-maak
    Nie soos die wêreld leer
    Maar die egte, mooi, diep manier van liefde-maak

    Dis Ek in al My glorie sê Pappa-God
    Dis hoekom dit vir My altyd so mooi is
    Wanneer man en vrou
    Dit ten volle saam smaak

    Ja sê Pappa
    Dit bly vir My diep mooi
    Diep diep mooi
    Die liefdespel soos gebore in My hart

    Kinders sê ons liefste Pappa
    Asseblief hou aan daarmee
    Hou aan om My te soek
    Hou aan om na My te verlang

    Net soos met jou aardse man of vrou
    Wil Ek graag hê
    Dat dit met jou en My
    Dieselfde sal wees

    Ja liefste kinders
    Asseblief
    Sê Pappa
    Laat dit so wees

    Daai begeerte van
    Een-word met jou man of vrou
    Kind dis Ek
    Ek het dit daar geplant

    Ek moes julle ‘n manier gee
    Sê Pappa-God
    Om te verstaan wat Ek bedoel as Ek sê
    Ek verlang

    Dis nie net bolangse
    Aangeplakte mis nie kinders
    Dis diep, dis so eg
    Dit maak amper seer

    Ja sê Pappa-God
    Ja
    Van julle ken dit
    Julle weet van diep-verlang

    Oe kinders sê Pappa-God
    So julle wat verlang
    Julle wat getroud is
    Julle weet

    Ja My kinders
    Sê Pappa-God
    Dis diep verlang
    Dis eg soos kan kom

    Ek praat nou nie van verliefdheid kinders
    Ek praat van liefde
    Wat net dieper, mooier en egter raak
    Soos tyd aangaan

    Daai liefde kinders
    Wat als sal trotseer
    Daai liefde kinders
    Wat al baie winters deurleef het

    Kinders
    Sê Pappa-God
    Verliefdheid verflou gewoonlik baie gou
    Sodra die eerste struikelblok tref

    Ja kinders sê Pappa
    Ek weet als daarvan
    Baie mense was al op My verlief
    Totdat die tekkie die teer tref

    Baie min mense sê Abba
    Is bereid of gewillig
    Om vir altyd vir My lief te wees
    Ja-nee dit gebeur maar baie min

    Ek word baie keer geweeg
    Sê Daddy-God
    En te lig bevind
    Ek weet so als daarvan

    Oe kinders sê Pappa
    Dit bly vir My mooi
    So baie mooi en kosbaar
    Die wat my eg liefhet

    Die wat lief geword het vir My
    Die wat My hart ken
    Dit wat al besef het God is die beste bruidegom ooit
    So baie dankie daarvoor

    Dis vir My so mooi
    Sê Pappa
    Baie mooi, kosbaar en spesiaal
    Om jou liefde te hê

    Dieper en meer
    Kinders dis My hart
    Ek wil hê ons moet so ingeweef wees in mekaar
    Dat mense ons nie uitmekaar sal ken

    Kinders sê Pappa
    Dit is mooi
    Veral wanneer mans en vrouens op aarde
    Ook toegelaat het dat dit in hulle huwelik gebeur

    Dis hoekom baie mense
    Baie kere sal sê
    Nee dis nie sy
    Of nee hy hou nie daarvan

    Kinders hulle ken mekaar
    Hulle respekteer mekaar
    Hulle luister na mekaar
    En dis so baie mooi

    Dis ware intimiteit
    Kinders
    Dis ware, mooi intimiteit
    Wat altyd so lyk

    Kinders hou aan
    Hou aan om in mekaar se maniertjies
    En manier-van-dinge-doen te groei
    Hou aan om daaroor om te gee

    Kinders dis so mooi
    So mooi
    So eg
    So waarlik-waarlik baie mooi

    Dis al wat Ek altyd ook van julle vra
    Kinders gee asseblief om
    Oor wie Ek diep binne is
    En hou aan om jou hart met My te deel

    Ek gee altyd om kinders
    Om te hoor
    Om om te gee
    Julle kan dit maar weet

    Nooit ooit kinders
    Sê Pappa-God
    Sal Ek nie wil hoor
    Nee dit is nie wie Ek is

    Ek is die beste bruidegom
    Sê Pappa-God se Seun
    Daar sal net nooit
    Beter as Ek wees

    Ek is die beste lewensmaat
    Waarvoor enige een kan vra
    Die heelbeste een
    Daar is nie nog een

    Nee diep gee Ek om
    So baie eg
    Ek wil julle vertel
    My bruid weet dit

    Ja sê Pappa se Seun
    Sy het My omgee al diep ervaar
    Sy het al ervaar hoe niks maar niks haar ooit kan skei
    Van die liefde wat Ek vir haar het

    Oe kinders sê Pappa-God
    Julle verlorenes
    Julle hardes in hart
    Wil julle nie maar naderkom

    Asseblief kom sien
    Asseblief kom vind
    Dat Ek vir jou is
    Dat Ek als is wat jy in jou lewe nodig het

    Ja seun, dogter
    Ek weet jy glo dit nog nie
    Maar dit is so
    Pappa wil dit net graag vir jou sê

    Kom nader kind
    Asseblief net nader aan My
    En jy sal sien
    Als wat Ek sê is so waar

    So waar kinders
    Asseblief kom vind
    Wat Ek nou vir jou sê
    Lewe in soveel oorvloed

    Oorvloed
    Kinders
    Oorvloed van dit wat die hart rerig bly maak
    Oorvloed van dit wat hy waarlik nodig het

    Dis Ek kinders
    Dis altyd Ek
    Ek weet die wêreld soek altyd ander antwoorde
    Maar dit bly Ek

    Lewe en Oorvloed
    Dit is My Naam
    Ek is God se Seun
    Aangename kennis

    Die weg na dieper intimiteit met Vader
    Dit lê als in My
    Sê die Seun
    Asseblief kom dieper

    Ek is die Weg, die Waarheid
    En die Lewe
    Kinders sê Pappa se Seun
    Ek is die Deur

    Asseblief kom soek na dieper van My
    Sê Abba se Seun
    Kom soek na Dieper, soveel Meer
    Dit is Ek, dit is My Naam

    Amen.

    Dit sal vir my heerlik wees as julle harte deel! x

  • Skipbreuk

    Skipbreuk

    Genade so sag
    Is my Pappa se hart
    Ek is so bly Hy woon in my
    Ek is so bly ek kan sê ja

    Ja vir Hom
    Om dieper van my te kry
    Ja vir my elke stukkie
    Om waarlik aan Hom te behoort

    My hart word so sag
    Wanneer ek in my Pappa se teenwoordigheid inbeweeg
    Want Hy is so sag
    Hy is so mooi

    As My kinders
    Net wou leer
    As hulle net wou weet
    Dis so mooi om vir My te wag

    Daar is soveel mooi dinge sê Pappa
    Groot wonderlike goeie dinge
    Wat Ek in julle harte kan deponeer
    As julle dit net wou doen

    Pappa se kinders
    My kinders
    Kan Ek julle aanmoedig
    Om gereeld te kom hoor

    Kinders julle moenie bang wees
    Om te kom hoor of uit te vind
    Dat Ek altyd vir julle is
    Al lyk dit nie altyd so

    Gereeld sê Pappa-God
    Gebeur daar goeters op aarde
    Wat julle geloof in My
    Laat skipbreuk lei

    Pappa se kinders
    My kinders
    Ek wil julle altyd aanmoedig
    Hou aan glo

    Hou aan glo
    In donker diep waters
    Hou aan glo
    In die tye wat julle glad nie antwoorde kry

    Kinders julle moet bly raak
    Wanneer tawwe tye kom
    Ja dis rerig so sê Pappa
    Want dan kan julle geloof sterker groei

    My kinders, Pappa se kinders
    Sal julle asseblief luister vir My
    Sal julle luister en omgee
    Om van My te hoor

    Pappa se kinders
    Ek weet van die tye
    Sê Hy
    Wat dit rerig broekskeur gaan

    Ek weet van al die kere
    Wat jy bly moed verloor
    En dit net nie vir jou lyk
    Asof jy ooit die storm gaan wen

    Pappa se kinders
    Ek weet
    My kinders Ek weet
    Altyd alles daarvan

    Ja sê Pappa-God
    Dis nie dat Ek lekkerkry
    Die kere wat jy swaarkry
    Maar Ek kan jou soveel mooi lesse leer daardeur

    Kinders van My hart
    Glo My asseblief
    Die kere wat jy nie verstaan
    Hou aan glo seun, dogter van My hart

    Seun, dogter
    Ek weet dis moeilik sê Pappa
    Om dan julle oë op My te hou
    Maar kinders dan veral

    Kinders Ek het veral dan
    Julle geloof in My nodig
    Om julle deur die donker nag te trek
    Om hoop by julle uit te kry

    Pappa se kinders
    Asseblief
    Moenie moed verloor
    Die dae wat julle dink ek kan nie meer

    God se kinders
    Julle moet weet
    Pappa is groter
    En Hy sal julle altyd deurvat

    Ja deur die storms van die lewe kind
    Deur die vure wat julle
    Tot as wil verbrand
    Ek sal altyd by julle wees

    Die strome sal julle nie vir goed meesleur
    Nee liefste kinders
    Pappa sal altyd daar wees
    Om julle veilig by die kant van die oewer uit te bring

    Pappa se kinders
    Asseblief luister vir My
    Is julle gereed
    Om My meer te vertrou

    Kinders sê Pappa
    Ek weet
    Ek weet dis swaar
    Maar saam gaan ons hierdeur

    Saam met My liefste kinders
    Sal geen storm julle ooit
    Vir goed onderkry
    Dit moet julle verseker weet

    Pappa se kinders
    Ek gee om
    En omdat Ek altyd omgee
    Sal Ek julle bly deurdra

    Ja liefste kinders
    Dit is My belofte aan julle
    Julle wat bly opkyk
    Wanneer storms aan julle lewensdeur kom klop

    Pappa se kinders
    My kinders
    Wees sterk
    Net soos Ek vir Joshua gesê het moet julle ook wees

    Pappa se kinders
    Glo My
    Asseblief
    Die nuwe dag is besig om vir julle aan te breek

    Pappa se kinders
    Julle moet julle oë net op My bly hou
    Altyd-deur
    Ek moet julle anker wees

    Kinders dis omdat Ek so baie omgee
    Dat julle altyd in ‘n storm kan weet
    Dat julle so veilig is
    Omdat Ek My hand oor julle bly hou

    Ja sê Pappa, ja
    Kinders dis die beste versekering wat julle ooit sal kan hê
    My liefde en omgee vir julle sê Pappa
    Wat so gereeld in julle lewens bly wen

    Kinders sê Pappa
    Hou julle harte asseblief sag
    Die kere wat julle nie verstaan
    Die kere wat julle nie weet waarheen

    Pappa se kinders
    Wees sag in julle binneste
    Asseblief laat My altyd toe
    Om meer en meer vir julle te leer

    Kinders sê Pappa
    Julle hoef nie altyd so swaar te trek
    Julle hoef eerder net vir My te luister
    En My raad te volg

    Julle moet weet kinders
    Dis omdat Ek omgee
    So baie omgee
    Dat Ek julle bly leer

    Julle moet weet sê Pappa-God
    Dat Ek nie soos baie mense op aarde is
    Wat altyd sê
    Jy moet eers jou kop so paar keer stamp voor jy leer

    Nee My liefste kinders
    My wysheid is altyd daar
    Sê Pappa-God
    Vir julle om die slaggate te vermy

    Ja-nee sê Pappa
    Dis nie dat Ek eers wil hê jy moet seerkry
    En dat Ek dan sê
    Dis nou tyd om jou te leer

    Nee liefste kinders
    Pappa se pragdogter en seun
    Dis My hart om julle te leer
    Voor julle ondergang

    Ja-nee kinders
    Pappa kan nie net toekyk
    Soos party ouers dikwels doen
    Nee jong, Pappa is betrokke, sê altyd leer van My

    Pappa se kinders
    Pappa se kinders
    Julle betaling is dikwels duur
    Wanneer julle sonde ‘n mooi groot oop plek in julle lewens gee

    Oe weet julle dit nie sê Abba
    Oe van julle het dit al so geproe
    Van julle kan goed daarvan getuig
    Ons het op die harde manier geleer sonde proe so sleg

    Ja liefste kinders
    Ja sê Pappa
    Ek is die Een wat aan julle hartsdeur bly klop
    Ek is die Een wat bly sê kom asseblief hier

    Kinders hoekom kom julle nie
    Hoekom kom julle nooit nader aan My
    Hoekom kom leer julle nie
    Dit wat Ek julle so graag wil leer

    Pappa se kinders
    Pappa se kinders
    Asseblief kom sien
    Asseblief kom leer

    Ek gee om vir hierdie wêreld
    So baie
    Dis My liefde vir julle sê Pappa
    Wat julle bly terugroep van die afgrond waaroor julle wil tuimel

    Ja sê Pappa-God
    Kinders julle sien dit nie
    Maar julle moet vertrou
    Dat Ek van beter weet

    Ek weet in watter rigting
    Ek julle lewensbootjie moet laat vaar
    Daarom kinders wil Ek vra
    Leer asseblief om My meer te vertrou

    Ja Pappa se kinders
    Meer en meer
    Elke dag ‘n bietjie meer
    Dit is wat moet gebeur

    Ek gee so baie om
    Ek wens julle kon sien
    Tot dan moet julle asseblief
    Na die Kruis bly kyk

    Ja sê Pappa-God
    Kinders kyk na die Kruis
    Kinders kyk na die vrugte wat dit kan voortbring
    In jou en ander se lewens

    Ek het My Seun gegee
    Sodat hierdie wêreld weer hulle vryheid kon hê
    Vryheid wat sou sê
    Kom ons kies hierdie keer reg

    Ja liefste kinders
    Vryheid is ‘n keuse
    Ook hoe julle kies om dit te gebruik
    Vir goed of vir die verkeerd

    Ek raak nogals moeg vir mense
    Sê Pappa
    Die kere wat hulle hulself wil oortuig hulle is so vry soos ‘n voëltjie
    Terwyl hulle eintlik opgesluit sit in ‘n koutjie

    Oe kinders van Pappa se hart
    My kinders
    Julle weet nie wat ware vryheid beteken nie
    Julle weet net hoe dit is om opgesluit te sit

    Ja sê Pappa vir Sy kinders
    Baie min van julle weet wat dit is
    Om vry te wees in My
    Want julle sit opgesluit in kettings van die vyand

    Kinders julle moet asseblief ophou
    Ophou om julleself te oortuig
    Dat julle vry is
    As julle eintlik vasgekoek sit

    Nee My kinders, nee
    Asseblief julle moet begin vry raak
    Van wat die Satan voor julle bring
    Al die goed waarmee hy verlei

    Kinders julle weet nie
    Julle besef nie
    Maar dit het ‘n direkte invloed
    Op hoe vry jy in My kan wees

    In My vryheid
    Sê Pappa-God
    Het jy nie nodig om enige iets te hê
    Behalwe of My lief te hê

    Ja kinders
    Dis al wat julle nodig het
    Om waarlik vry te wees
    Liefde vir My

    Kinders Ek wil hê julle moet sien
    Ek wil hê julle moet begin ervaar
    Dat Ek rerig genoeg is
    Dat Ek rerig goed is

    Ai kinders
    Ai Pappa se hart
    Daar is soveel-soveel kere wat Ek vra
    Daar is so min kere wat mense hoor

    Sal julle dit asseblief nie meer doen
    Mense van die wêreld, mense van My hart
    Sal julle begin doen wat Ek vra
    Kom net asseblief nader aan My hart

    Die mooiste lesse wil Ek julle leer
    Julle wat sal oorgee
    Julle wat sal omgee
    Ja, amen.

  • Oortjies van die Hart

    My hart is sag voor U
    Oop en ontvanklik
    Want ek weet
    Dit is hoe ek U hoor

    (meer…)

  • Nee vlees ja gees

    Begin om oor te gee
    Begin asseblief vandag
    Dit is
    Wat ons Vader sê

    (meer…)