Tapisserie van liefde

Saggies, so saggies
Gesels U met my hart
Daddy ek is so lief daarvoor
Waardeer dit baie diep

Dankie liefste liefste Pappa
Vir U hart so sag
Dit seën my geweldig baie
Om U so baie naby te hê

Pappa so baie dankie daarvoor
Dankie
Dankie
Dankie

Dat U in my hart woon
Daddy
Dat ek U kan liefhê
Abba ek wil nog meer hoor

Ek wil hoor en luister
Hoe wonderlik U is
Dat alles aan U behoort
Dat U ‘n God van genade en diep liefde is

Daddy dit seën my hart so baie
Om U te hoor
Om met U te gesels
Om te hoor hoe baie gee U om

Daddy U vertel so gereeld
Die mooiste verhale vir ons
Verhale van U liefde, U genade
Wat vandag nogsteeds so groot is

Pappa dis vir ons so lieflik
Pappa al die stories wat U vertel
Dit seën ons so baie
Al die stories van hoop wat U na die wêreld stuur

Daddy dit seën ons harte diep binne
So baie
Dit gee ons hoop
Dit hou ons baie styf vas

Ja U liefde en genade
Daddy
Wat net nooit wil opgee
So baie styf hou U ons vas

Pappa ek sê dankie
Dankie vir elke storie
Wat U deur U kinders se lewens hier op aarde
Aan ons vertel

Pappa mense was so seer
So stukkend
Binne-in
Maar toe kom gee U nuwe hoop

Daddy dis so wat U doen
Vernielde stukkende lewens
Oe Daddy-God
U las hulle op die mooiste maniere weer aanmekaar

Daddy U maak mense
So gesond en heel
Met U wonderbare liefde
Dat mense wonder, hoe is dit moontlik?

Oe Pappa-God
Die wonderlikste lewensstories
Is daar wat ons omring
Stories van liefde, genade en wonderbare herstel

Pappa-God
Daar is niks
Niks wat U nie kan doen
U is die wonderbare een, nou en vir altyd

Ons harte wil sing Pappa-God
Bly sing
Net vir U
Omdat U so wonderbaar is

Liefste Pappa-God
Kom tog asseblief
Nog baie nader aan ons
Ek wil soveel meer van U hê

Pappa ek’s so baie dankbaar
So baie dankbaar
Dat U goud en skatte
So ontelbaar is soos ‘n bodemlose put

Ja liefste God
Ek wil inval en verdrink
Ek wil so graag
Nog baie meer van U wonderlik-wees ontdek

Pappa ek wil vir die wêreld vertel
Dat U God is
Dat U waarlik leef
Dat daar niemand so wonderlik soos U is

Pappa-God
Dit gebeur wel partykeer
Dat ons begin twyfel aan U goedheid
Wanneer verkeerde goeters begin gebeur

Daddy-God ons wil nie graag
Die verkeerde goed oor U glo
Dis net daar’s so baie leuens oor U
Partykeer is dit moeilik om waarheid te onderskei

Daddy, Pappa-God
U is so baie mooi
Ek is so bly ek kon dit al vind
Ek is so bly ek kan dit glo

Daddy-God
Pappa
U weet
Dit was nie altyd so

Daddy-God
Vir jare en jare
Het ek geglo
U is nie net goed

Ja ek sou ook met kere dink
Rond-vertel
God sal iemand straf
As jy nie doen soos Hy vra

Pappa-God se kinders
Liefste-liefste kinders
Pappa verstaan
Partykeer is dit swaar

Dis swaar om tussen die
Leuens en verkeerd oor My
Die waarheid en die mooi
Te probeer vind

Pappa se kinders
Liefste liefste kinders
Pappa vra net een ding
Leer My ken

Leer My hartklop ken
Kinders sê Daddy-God
Leer My ken
Wat maak My bly, wat maak My sad

Pappa se kinders
Vra Pappa
Leer My ken
Leer My ken

Dis gereeld sê Daddy-God
So so gereeld
Wat Ek julle vra
Kom asseblief nader aan My

Pappa se kinders
Dis nie vir My lekker om te sien
Dat julle so lekker ronddobber
In wat die leuens van die wêreld oor My sê

Pappa se liefste-liefste kinders
Vandag wil Ek graag aan julle sê
Begin om Satan se leuens
Wat julle soos haai-vinne omring, raak te sien

Ja liefste kinders
Vra Pappa-God
Begin raaksien hoe hy verlei
Dis besig om waarlik gevaarlik te raak

Van die leuens liefste kinders
Sê Daddy-God
Het baie-baie van julle al halfpad opgevreet
Goed oppad na julle dood

Julle sal moet begin besef
Liefste liefste kinders
Dat Pappa vir julle is
Dat Ek nie die verkeerde een is

Daddy sê
Liefste-liefste kinders
Die wêreld leer julle so verkeerd
Sy leer julle nie om na My te kyk

Oe liefste kinders
Sê Pappa-God
Asseblief moet dit nie meer doen
Moenie meer toelaat dat sy julle verlei

Oe kinders
Sê Daddy-God
Dis rerig tyd dat julle begin sien
Sy is verkeerd

Sy leer julle
Liefste kinders
Die verkeerde weë
En julle hou aan om op hulle te loop

Pappa se kinders
Asseblief
Moet dit nie meer doen
Ek vra mooi

Julle loop verkeerd
Liefste kinders
Julle glo
So, so verkeerd

Kom net nader aan My
Vra ons liefste Pappa
Dis hoe ons die leuens van Satan in jou lewe
Sal kan ore aansit

Ja liefste Pappa-God se kind
Ek wil jou so graag
Vry maak, vry hê
Maar daar’s min mense wat dit wil hê

Ja sê liefste Pappa-God
Julle verstaan nie lekker
Maar julle is besig om in kettings van Satan
Vasgebind te sit

My liefde liefste kinders
Is so baie groot
En Pappa wil julle vra
Kom asseblief nader aan My

Kom laat My toe
Sê Pappa-God
Asseblief om vir jou te vertel
Ek wil jou vry hê!

Ja liefste kind
Vry sê Pappa
Vry soos ‘n voëltjie
Wat bo in die lug rondvlieg

So baie sê Daddy
So baie van My kinders
Wat vassit in kloutjies van vrees
Kloutjies van sonde

Oe Daddy-God se kinders
Myne
Daar is baie kloutjies
Waarin My kinders vassit

Ek’s altyd besig sê Abba-God
Altyd besig
Om mense, My kinders
Meer vry te maak

Ja sê Pappa-God
Baie van My kinders is vry
Vry om vir My te leef
Vry om saam met My te bly groei

Oe liefste kinders
Sê Pappa-God
Ek wil julle so graag vry hê
Sodat julle saam met My soos arende in die lug kan rondsweef

Oe kinders
Sê Pappa-God
Dit bly vir My so mooi
Die vreugde van saam met My vry wees

Baie mense sê Daddy-God
Dink baie dikwels
Hulle is vry
Maar hulle is verkeerd

Julle moet begin
Sê Abba
My toelaat
Om die kettings vir julle uit te wys

Ek weet sê Pappa
Ek besef kinders
Dis nie iets wat julle gereeld wil sien gebeur
Maar oe dit is so baie nodig

Liefste liefste kinders
Sê Pappa-God
Vryheid
Dit is My hart vir elkeen van julle

Julle is so verkeerd
Sê Pappa-God
Wanneer julle vir die leuens, die kettings, die kloutjies
Lief-raak

O ja baie
Sê Pappa
Baie kinders van My
Wat die sonde en kloutjies liewer as Ek het

Julle maak verkeerd
Liefste kinders
So, so verkeerd
Ek wil dit net graag aan julle sê

Liefste God se kinders
Pappa se kinders
Staan asseblief op
Laat My toe om julle te leer

Ek wil julle so so graag
Na dieper wysheid in My neem
Daai bodemlose put kind
Waarvan netnou gepraat

Tog het Ek julle so nodig
Liefste kinders
Om saam met My
Aan hierdie verhouding van ons te werk

Ja liefste kinders
Sê Pappa-God
Ek het julle nodig
Nodig om saam met My verhouding te bou

Een-kant-stories
Werk nie liefste kind
Ek het jou samewerking nodig
Jy wat sê ek wil, ek gaan

Ja liefste kinders sê Pappa-God
Dis so swaar, swaar om iets te maak werk
As daar belangstelling
Net van een kant is

Oe Abba-God se kinders
Oe Abba-God se kinders
Ek vertel julle graag
Asseblief kom nader aan My

Julle maak so verkeerd
My liefste kinders
Deur so vêr-weg-van-My te bly
Ek wil julle graag soveel nader hê

Nader sê Pappa
Nader en nader en nader
Kinders dis My liedjie
Partykeer hak hy

Ja sê Pappa
Ek weet dis hoe dit baie kere vir julle voel
‘n Platespeler wat iets makeer
Ja veral vir julle wat niks wil weet

Kinders sê Daddy-God
Ek vra julle weer
Kom net nader aan My
Kom sien watter lieflike plate Ek speel

Van die golden oldies
Sê Daddy-God
Tot dit wat nog vandag
Die ore op die mooiste manier streel

Oe Pappa-God se kinders
Ek is groot
Ek is almagtig
Ek is die ware een

Julle wat so verlore voel
Hoe julle daarvan?
Wil julle nie veel eerder kom vind
Die Rots wat nie kan wankel nie

Kinders sê Daddy-God
Die mense wat geanker is in My
Hulle voel so veilig
Ek wil dit net graag vir julle sê

Ja sê Pappa
Vir hulle is dit nooit
Riekertjie Raai speletjies nie
Hulle weet wat die waarheid van God sê

Kinders sê Pappa
Dit is net so
Mense wat My ken
Hulle voel veilig, so so veilig

Dis asof hulle My vlerke kan voel wat om hulle vou
Die vlerke wat hulle veilig hou
Kinders meer as dit
Sou julle nooit nodig hê

Ja sê Pappa
Die Woord sê mos
Kom skuil by My, kom kruip by My weg
En Ek sal jou veilig hou

Dis My grootste begeerte vir julle
Sê Pappa-God
Dat julle veilig, beskermd en geliefd sal voel
In ‘n wêreld so koud, klinies en ongenaakbaar

Julle weet liefste kinders
Julle weet hoe dit voel om vir die wolwe gevoer te word
Baie van julle, een en almal
Het dit al op ‘n manier op planeet aarde ondervind

Oe kinders sê Pappa-God
Oe kind
Ek weet ook hoe dit voel
Sê die Seun van God

Asof iemand die agterdeur gesluit het
En jou in die koue winterweer gelos het
Né liefste kind van God
Dit is hoe dit voel

Ek wil die kaggelvure
Van My liefde en omgee
In jou hart aansteek
Kind Ek wil laat jy altyd veilig en beskut sal voel

Dis wat My warm omgee en liefde
Vir My kinders doen
Ek wou dit maar net graag vir julle sê
Die wat nog in die koue rondstaan

Asseblief, asseblief kom nader
Sê Pappa-God
Vir Sy kinders
Die wat naby is en die nog baie vêr

Daar’s altyd ruimte vir meer van My
Sê Pappa
Oe kinders sê Daddy-God
Ek kan julle nie naby genoeg aan My hê

Ek wil hê sê Pappa
Liefste kinders
Dat ons saamgevleg sal wees
Een, een sodat ons nie weer twee sal kan wees

Oe kinders sê Pappa-God
Ek wil nie weet waar die einde van My is
En die begin van jou nie sê Pappa
Dis wat ware liefde is

Intertwined
Sê Pappa
Inter-twined
In alles een

Oe Pappa-God se kinders
Dis so mooi
So mooi
Verweefd moet Ek en jy aanmekaar wees

Net soos al die hekel-steke sê Pappa-God
Wat julle dikwels saamvleg
Om een groot kombers
Of iets wonderliks te maak

Pappa se kinders
Dis waarlik so
Een-een
Dit wat Ek bedoel as Ek sê één

Ek wil hê mense moet nie meer
Die verskil tussen ons kan sien
Hulle moet net kan sien
Een

Saam-beweeg kinders
Saam-beweeg
In alles
Tot ons volmaaktheid uitstraal

Oe kinders sê Pappa-God
Dit is vir My die mooiste mooi
Ek en jy
Een

Dis hoekom Ek jou altyd dieper nooi
Kind van God
Het jy nog nie gesien
Het jy dit nog nie ondervind

My hart is altyd sê Pappa
Dat Ek en jy
Die diepste plekke van mekaar sal smaak
Dis soos die liefdespel

Ja sê Pappa-God
Ja My liefste kinders
Ek het julle so gemaak
Om ‘n diep verlange na jou aardse man of vrou te hê

Ja liefste kinders
Sê Pappa-God
Ek moes dit vir julle gee
Sodat julle kon verstaan hoe Ek baie kere oor julle voel

Daardie diep-diep smagting na mekaar
Liefste kinders
Die versugting om bymekaar te wees, in-mekaar
Oe Ek ken dit so goed

Ek het dit vir julle gegee
Liefste kinders
Ek ken dit so goed
Ek sê mos dis hoe één Ek met jou wil wees

Ja sê Daddy
Liefste-liefste kinders
Net so een soos wat jy en jou man of vrou is
Wanneer julle saam-slaap, liefde-maak
So wil Ek met elkeen van julle wees

Daai gevoelens liefste kinders
Van ons moet saam-wees
Ek in jou, jy in my
Kind Ek ken dit, Ek ken dit so goed

Moet nooit bang wees
Liefste-liefste kinders
Sê Pappa
Om oor te gee wanneer jy en jou man in mekaar se arms is

Ek weet sê Pappa
Dis baie kere scary
Ek weet liefste kinders, veral aan die begin
Maar dit sal beter raak

Soos wat jy jou man of vrou
Beter leer ken
Dieper vertrou
Sal jy sien dat dit sommer vanself gebeur

Oe kinders
Sê Pappa
Die mooiste mooi is wat Ek en jy saam kan hê
Ook jy en jou man kan so die hemel proe

Moet nooit bang wees
Liefste-liefste kinders
Om nader aan My te beweeg
Om oor te gee

Baie kere sê Pappa-God
Gebeur dit stukkie-vir-stukkie
Die oorgee
Soos wat jy My beter leer ken

Kinders dis maar dieselfde
Sê Pappa-God
Soos wat jy jou aardse man of vrou beter leer ken
Sal jy dieper oopmaak

Kinders sê Pappa
Dis maar hoe oorgawe werk
Dis nie dadelik diep
Dis baie kere tree vir tree

Oe maar dit bly vir My so mooi
Sê Pappa
Die treëtjies
En elke mooi lessie wat dit inhou

Elke lessie kind het die wonderlikste waarde
Elkeen
So diep
So mooi

Daarom wil Ek vra
Liefste seun en dogter
Moet nooit bang wees
Om oor te gee

Ek’s diep-diep lief vir julle
Kinders
Elkeen van julle
So baie diep

Dankie liefste kind
Pappa-God se kind
Vir elke lessie
Wat Ek en jy al saam kon leer

Het jy al gesien kind
Kan jy sien
Die mooiste intimiteit is al gevorm
Deur treëtjies van oorgawe gegee

Dit bly so mooi
So diep mooi vir My
Oe kind van God
Jy is beautiful vir My

Dieper en meer kinders
Dieper en meer
Dis so graag wat julle vra
Wanneer julle besig is met aardse liefde-maak

Kinders sê Pappa
Dieper en meer
Dis waar die verstaan van dit
Vir julle gebore is

Oe Pappa se kinders
Dieper en meer
Dis ook My vra
Van elkeen van julle wat Ek so baie liefhet

Kinders sê Pappa
Dis diep
Dis mooi
Dis eg

Ek wil hê sê Pappa
Kom
Kom nader aan My
Kom sien wat Ek instoor hou

Kind sê Pappa
Ek vra nie fisies-saam-slaap
Ek vra emotioneel-een
Met harte wat een raak

Die wonderskone gevoel sê Daddy
Daai gevoel wat jy nie kan beskryf
Kind jy sal sien hoe eg dit word
Selfs in en met die tye wat ons saam spandeer

Kind sê Daddy-God
Dit gaan dalk nie wees soos die aardse gevoel
Maar soveel meer hemels
Wanneer jy sy geestelike ekwivalent daarvan proe

Oe kinders
Sê Pappa-God
Ek moes die geestelike in die natuurlike probeer verwoord
Toe maak Ek daai spesiale iets wat jou en jou man of vrou na die hemelse wegvoer

Oe kind sê Pappa-God
Sodat julle kon verstaan
Sodat julle iets kon hê waarmee julle kan vergelyk
My Goddelike teenwoordigheid

Kind sê Daddy
Dit is wie Ek is
Daai mooiste vervulling wat jy en jou man of vrou saam geniet
Dit is Ek

Dis Ek kind wat daarin is
Die mooiste mooi
Daai diep bevrediging, daai rustigheid
Dis Ek

Pappa sê
Ek wou julle maar net kom deel-maak
Van wie Ek is
En wat dit beteken in die aardse liefdespel

Dis Ek kinders
Sê Pappa-God
Ek is al die mooi
Wat aardse liefdespel bevat

Ek praat nou nie sê Pappa-God
Van die afgewaterde goedkoop manier van liefde-maak
Nie soos die wêreld leer
Maar die egte, mooi, diep manier van liefde-maak

Dis Ek in al My glorie sê Pappa-God
Dis hoekom dit vir My altyd so mooi is
Wanneer man en vrou
Dit ten volle saam smaak

Ja sê Pappa
Dit bly vir My diep mooi
Diep diep mooi
Die liefdespel soos gebore in My hart

Kinders sê ons liefste Pappa
Asseblief hou aan daarmee
Hou aan om My te soek
Hou aan om na My te verlang

Net soos met jou aardse man of vrou
Wil Ek graag hê
Dat dit met jou en My
Dieselfde sal wees

Ja liefste kinders
Asseblief
Sê Pappa
Laat dit so wees

Daai begeerte van
Een-word met jou man of vrou
Kind dis Ek
Ek het dit daar geplant

Ek moes julle ‘n manier gee
Sê Pappa-God
Om te verstaan wat Ek bedoel as Ek sê
Ek verlang

Dis nie net bolangse
Aangeplakte mis nie kinders
Dis diep, dis so eg
Dit maak amper seer

Ja sê Pappa-God
Ja
Van julle ken dit
Julle weet van diep-verlang

Oe kinders sê Pappa-God
So julle wat verlang
Julle wat getroud is
Julle weet

Ja My kinders
Sê Pappa-God
Dis diep verlang
Dis eg soos kan kom

Ek praat nou nie van verliefdheid kinders
Ek praat van liefde
Wat net dieper, mooier en egter raak
Soos tyd aangaan

Daai liefde kinders
Wat als sal trotseer
Daai liefde kinders
Wat al baie winters deurleef het

Kinders
Sê Pappa-God
Verliefdheid verflou gewoonlik baie gou
Sodra die eerste struikelblok tref

Ja kinders sê Pappa
Ek weet als daarvan
Baie mense was al op My verlief
Totdat die tekkie die teer tref

Baie min mense sê Abba
Is bereid of gewillig
Om vir altyd vir My lief te wees
Ja-nee dit gebeur maar baie min

Ek word baie keer geweeg
Sê Daddy-God
En te lig bevind
Ek weet so als daarvan

Oe kinders sê Pappa
Dit bly vir My mooi
So baie mooi en kosbaar
Die wat my eg liefhet

Die wat lief geword het vir My
Die wat My hart ken
Dit wat al besef het God is die beste bruidegom ooit
So baie dankie daarvoor

Dis vir My so mooi
Sê Pappa
Baie mooi, kosbaar en spesiaal
Om jou liefde te hê

Dieper en meer
Kinders dis My hart
Ek wil hê ons moet so ingeweef wees in mekaar
Dat mense ons nie uitmekaar sal ken

Kinders sê Pappa
Dit is mooi
Veral wanneer mans en vrouens op aarde
Ook toegelaat het dat dit in hulle huwelik gebeur

Dis hoekom baie mense
Baie kere sal sê
Nee dis nie sy
Of nee hy hou nie daarvan

Kinders hulle ken mekaar
Hulle respekteer mekaar
Hulle luister na mekaar
En dis so baie mooi

Dis ware intimiteit
Kinders
Dis ware, mooi intimiteit
Wat altyd so lyk

Kinders hou aan
Hou aan om in mekaar se maniertjies
En manier-van-dinge-doen te groei
Hou aan om daaroor om te gee

Kinders dis so mooi
So mooi
So eg
So waarlik-waarlik baie mooi

Dis al wat Ek altyd ook van julle vra
Kinders gee asseblief om
Oor wie Ek diep binne is
En hou aan om jou hart met My te deel

Ek gee altyd om kinders
Om te hoor
Om om te gee
Julle kan dit maar weet

Nooit ooit kinders
Sê Pappa-God
Sal Ek nie wil hoor
Nee dit is nie wie Ek is

Ek is die beste bruidegom
Sê Pappa-God se Seun
Daar sal net nooit
Beter as Ek wees

Ek is die beste lewensmaat
Waarvoor enige een kan vra
Die heelbeste een
Daar is nie nog een

Nee diep gee Ek om
So baie eg
Ek wil julle vertel
My bruid weet dit

Ja sê Pappa se Seun
Sy het My omgee al diep ervaar
Sy het al ervaar hoe niks maar niks haar ooit kan skei
Van die liefde wat Ek vir haar het

Oe kinders sê Pappa-God
Julle verlorenes
Julle hardes in hart
Wil julle nie maar naderkom

Asseblief kom sien
Asseblief kom vind
Dat Ek vir jou is
Dat Ek als is wat jy in jou lewe nodig het

Ja seun, dogter
Ek weet jy glo dit nog nie
Maar dit is so
Pappa wil dit net graag vir jou sê

Kom nader kind
Asseblief net nader aan My
En jy sal sien
Als wat Ek sê is so waar

So waar kinders
Asseblief kom vind
Wat Ek nou vir jou sê
Lewe in soveel oorvloed

Oorvloed
Kinders
Oorvloed van dit wat die hart rerig bly maak
Oorvloed van dit wat hy waarlik nodig het

Dis Ek kinders
Dis altyd Ek
Ek weet die wêreld soek altyd ander antwoorde
Maar dit bly Ek

Lewe en Oorvloed
Dit is My Naam
Ek is God se Seun
Aangename kennis

Die weg na dieper intimiteit met Vader
Dit lê als in My
Sê die Seun
Asseblief kom dieper

Ek is die Weg, die Waarheid
En die Lewe
Kinders sê Pappa se Seun
Ek is die Deur

Asseblief kom soek na dieper van My
Sê Abba se Seun
Kom soek na Dieper, soveel Meer
Dit is Ek, dit is My Naam

Amen.

Dit sal vir my heerlik wees as julle harte deel! x

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment