Treëtjies van oorwinning

Kinders
Kinders van My hart
Sal julle asseblief nader kom
My nog beter kom leer ken

Liefste kinders
Ek weet sê Pappa
Dis swaar om in die donker dae deur te druk
Maar sal julle dit asseblief saam met My bly doen

Kinders Ek weet
Dis swaar, dis donker
Dis moeilik
Om op die stofpaaie van die lewe te loop

Daar waar dit so swaar is
Daar waar donker roep
Son in die dag skroei
En water altyd min is

Kinders Ek weet
Sê Pappa
Julle voel dikwels soos ‘n stap-tog stapper
Getap deur al die stap

Ja dikwels sê Pappa-God
Het julle al by goue rusplekkies aangedoen
Maar toe moes julle weer voortbeur
Deur die wind, weer en reën

Ek weet sê Pappa
Dat dit vir julle dikwels voel
Julle is vasgeval in die sneeu
Wat op die berge van die lewe lê

Kinders dit is swaar
Ek weet
Dikwels wat die lewe julle leer
Om julle eie Antartika uit te klim

Partykeer dink julle
So gereeld
Gaan ek dit ooit maak
Dalk moet ek eerder hier uitkamp

Kinders Ek weet
Ek weet dis swaar
Om teen die bulte van die lewe
Oorlog te voer

Dikwels bly die pieke
Onbereikbaar vêr
Dikwels wat jy dink
Ek gaan nie ooit die top bereik

Kinders
Ek wil julle aanmoedig
Liefste, liefste kinders
Begin om met kleiner treë na die onmoontlike te kyk

Kinders in elke tree
Wat jy op aarde gee
Is daar ‘n goue les te leer
Moenie net aldag die einde in oog wil hou

Kinders daar is meer as net die eindpunt
Daar is ‘n lessie in elke tree
En voordat jy jou kan kry
Lê die piek in sig

Kinders Ek wil julle waarlik bemoedig
Begin om My raak te sien in elke tree
Sien hoe Ek saam met julle bult-op
Sien hoe Ek saam met julle voortbeur

Kinders julle is nooit alleen
In die geveg van die lewe nie
Ek is by julle
Elke tree

Kinders sal julle asseblief begin sien
Begin ervaar
Hoe Ek daar is
Hoe Ek die skans teen die koue bly

Kinders Ek weet
Die lewe gee julle dikwels houe
Wat julle glad nie verwag het nie
Wat julle glad nie gesien kom het nie

Ek weet dat dit julle dan
Vir ‘n wyle uitasem los
Te verbaas om iets te sien
Te verbaas om iets te sê

Kinders tog wil Ek hê
Julle moet weet
Sodra die ongevraagde skok-tydperk verby is
Sal julle weer asemhaal

Ja kinders van Pappa-God
Saam met My julle God
Kan julle altyd opstaan
Net weer probeer

Kinders die grootste wedrenne
Is met die kleinste treë gewen
Onthou dit elke keer
Onthou dit volgende keer

Kinders julle is groot
Julle is sterk
In en saam met My
Kan julle die onmoontlike vermag

Dikwels sê Pappa
Wanneer mense by My kom wegkruip
Wanneer hulle by My begin skuil
Dat hulle agterkom ek kan weer

Ek kan weer probeer
En nog ‘n keer
Net aanhou, net aanhou
Met elke tree wat ons gee is daar meer van hulle wat agter ons lê

Sien liefste kinders
Net altyd bly vorentoe gaan
Al lyk dit ook hoe
Hou jou oë op die prys

Ja sê Pappa-God
My kind
Nie om te intimideer
Maar om jou aan te moedig

Die prys aan die einde
Is altyd die moeite werd
Daarom kind moenie terugkyk
Laat My toe om vir jou te wys

Wat voorlê
Wat wag
Vir die van My kinders wat geleer het
Om aan te hou vasbyt

Kinders
Kinders van Pappa se hart
Ek weet dis dikwels swaar
Maar julle kan saam met julle Pappa-God

Begin asemhaal kinders
Diep
Dieper
Sê vir jouself ek gaan weer probeer

Die plekke van rus
Sal vir my goud bly
Want ek weet Pappa-God is daar
Dis Hy wat my in groen weivelde neerlê

Tog sal ek saam met my God
Weer aanloop
Tree vir tree
Saam met Hom die slegste weer bly aandurf

Sneeu-storm
Hael-storm
Enige storm
My God is groter, saam met Hom sal ek oorwinning behaal

Saam met ons Pappa-God
Is dit nie ooit nodig
Om moed op te gee
Of in ‘n hopie te gaan sit

Ons God is groter
Hy kan
Hy kan enige iets doen
Van begin tot einde bly Sy vermoë eindeloos

Oe ons God is groot
Saam met Hom kan ons altyd
Tot ons soos ‘n wafferse Rocky ons toppunt bereik
En hande in die lug van vreugde ronddans

Ja want harde werk word altyd beloon
Deurdruk bly so mooi
Kind van God begin glo jy kan
En voor jy weet is jy daar

Hou jou oë op die prys kind
Begin glo
Dit is die moeite werd
Om hard voor te werk

Treetjie vir treetjie kind
Vat dit tree vir tree
Vra Pappa
So sal jy selfs die grootste berg ore bly aansit

Bly altyd sterk in My
Ken My ook in al jou weë
En kind jy sal sien
Dat geen piek onbereikbaar vêr vir jou gaan bly

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment