Etiket: inspirasie+hoop

  • Hoe behou ons hoop?

    Hoe behou ons hoop?

    Liewe vriende,

    Ons leef tans in ‘n tyd waar hoop besig is om teen rasse skede te verdwyn uit die harte van soveel mense – jip net soos die sandstraaltjie deur die nek van ‘n uurglas – want die effekte van die Korona-virus begin ernstig aan lewens knaag.

    Pappa-God is steeds in beheer. Hy wil ons hoop laat toeneem en help om stewig te staan teen al die aanslae.

    Ek het onlangs ‘n potgooi-reeks “Hoop Leef” opgeneem en deel dit graag met julle hieronder. As jy nie weet hoe jy hierdie seisoen gaan oorleef nie of dalk benodig jy net ‘n tikkie inspirasie nooi ek jou om die skakels te volg en te gaan luister.

    1. https://soundcloud.com/user-127446156/trek-nader-aan-god
    2. https://soundcloud.com/user-127446156/2-prop-in-by-hoop
    3. https://soundcloud.com/user-1274461…/3-lofprysing-aanbidding
    4. https://soundcloud.com/user-127446156/4-deel-jou-hart
    5. https://soundcloud.com/user-127446156/5-krag-van-die-woord
    6. https://soundcloud.com/user-127446156/6-god-is-groter
    7. https://soundcloud.com/user-127446156/7-dankbaarheid
    8. https://soundcloud.com/user-127446156/8-god-is-daar
    9. https://soundcloud.com/user-127446156/9-fondasies
    10. https://soundcloud.com/user-127446156/10-hoop-wat-gee

    Mag dit ‘n kombers van Hemelse-vrede-want-God-is-in-beheer oor jou skouers kom gooi.

    Sterk staan kind van God. Hierdie is ‘n gulde geleentheid vir groei in die Gees.

    Kom ons onthou … HOOP LEEF!

    En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!

    Romeine 15:13

    Jesus liefde,

    Letitia

  • Opwindende reis

    Opwindende reis

    Vrede-sag
    Vou my toe in sy liefdevolle arms
    Ek’s so dankbaar Pappa
    Ek’s so dankbaar ek kan altyd na U toe hardloop

    Daddy U is die vrede
    Wat altyd rustigheid
    In my swaar
    En dikwels chaotiese gemoed bring

    U is die een Pappa
    Wat vrede ontwerp het
    En ek is so dankbaar
    So dankbaar dat ek dit altyd by U kan vind

    U is die een Abba
    By wie ek wil bly wegkruip
    U is die een Abba-God
    Na wie ek altyd wil bly hardloop

    Oe U liefde
    Oe U
    Is so sag
    Altyd

    Dis asof dit net altyd Pappa
    Die swaar in my hart rustig maak
    En kom sê
    Kind hou moed

    Oe jou Pappa
    Is in beheer
    Kind van God
    Ek Vrede wil dit graag vir jou vertel

    Oe ja
    Partykeer is daar swaar
    Goeters wat nie altyd maklik is
    Om op hierdie aarde deur te gaan

    Ja liefstes
    Pappa weet als daarvan
    Ek wil net sê
    Ek’s altyd gereed om hand by te sit

    Ja liefstes
    Van die kleinste probleempies
    Tot die grotes
    Pappa hou hulle almal se oplossings in My hand

    Hierdie wêreld sê Daddy
    En haar probleme
    Moet nog leer
    Nie een van hulle sal ooit vir My ore kan aansit

    Oe nee liefstes
    Oe nee
    Daddy sê nee dit moet nog gebeur
    Dit sal nooit gebeur

    Ek het ‘n wonderlike hart
    Sê Pappa
    ‘n Wonderlike hart
    Altyd wil Ek graag help

    Oe dis vir My so lekker
    Kinders sê Pappa
    Altyd
    Om uit te help waar Ek kan

    Dit beteken vir My baie
    Sê Daddy-God
    Regtig-egtig baie
    Wanneer daar mense is wat aanhou om My raad te kom probeer

    Ek lief dit so gereeld
    Sê Pappa-God
    Om mense te kry
    Op hulle knieë, vraend vir raad

    Die nederigheid waarmee julle vra
    Seun, dogter
    Dis so mooi
    Daai ootmoed wat in julle harte lê

    Dis nogals ‘n groot woord
    Sê Abba-God
    Maar Ek dink van julle verstaan
    Dis om met sagtheid van hart geklee te wees

    Dis daai hart wat sê
    En besef
    Ek kan verkeerd wees
    Kom ek vra eerder vir raad

    Dis daai hart wat sê en besef
    Ek hoef nie alles reg te hê
    My waarde as kind hang nie af daarvan
    Ek is kind van God

    Dis mense sê Pappa
    Dis harte wat hulle feilbaarheid besef
    En in plekke van swakhede
    Bereid is om My hulp te aanvaar

    Oe kinders sê Pappa
    Liefstes
    Dit beteken vir My waarlik baie
    Dat julle bereid is om My raad te vra

    Oe die wonder
    Sê Pappa-God
    Oe die wonder
    Van My vra as jy nie weet

    Oe kinders sê Pappa-God
    Dit gebeur net te gereeld
    Te gereeld
    Dat julle nie My raad vra

    Kinders sê Pappa-God
    Liefstes julle hoef nooit skaam te voel daaroor
    Julle vra die beste een
    Wat daar is om te vra

    Dis vir My ‘n groot voorreg
    Sê Pappa-God
    Om julle harte aan te hoor
    Om te sien waar kan Ek help

    Dis so broodnodig
    Liefstes
    Dat julle sal besef
    Julle het ‘n Pappa in die hemel wat graag wil

    Oe ja My kinders
    Ja
    Pappa wil
    So graag

    Julle hoef nooit terug te hou liefstes
    Nooit skaam te wees
    As Ek naby is
    Vra vir hulp, enige tyd

    Dis vir My hartseer
    Sê Pappa
    Baie hartseer
    Dat mense My partykeer net wil ken as hulle probleme het

    Ja sê Daddy-God
    Ek wil so graag hê
    Hulle moet besef
    Daar is soveel meer wat ons saam kan hê

    Ja sê Pappa
    Ja
    Dit is so
    Vele mense wat My net in noodgevalle ken

    Soos julle weet kinders
    Wanneer mens in intensiewe hoë-sorg lê
    Het julle al gesien
    Daar is veral dan mense wat baie goed weet hoe om te bid

    Dis nie sê Pappa-God
    Dat Ek nie julle gebede geniet
    Dis net Ek wonder dan veral
    Is dit omdat hulle My rerig liefhet?

    Ja-nee sê Abba
    Ek dink daaraan
    Baie gereeld
    Hoekom sê mense dat hulle God ken?

    Vir baie is dit net
    Sê Pappa
    Om ‘n lysie af te merk
    ‘n Regmerkie agter kind van God

    Kind sê Pappa
    Liefste liefste kind
    Ek wil so graag
    Soveel meer tussen ons hê

    Ja liefstes
    Seun
    Dogter van My hart
    Dit kan so wees

    Dit is moontlik
    Kind van God
    Ek en jy
    Kan heelwat nader aan mekaar wees

    My liefde is groot
    Sê Abba-God
    Vir julle
    So groot

    Genoeg kere
    Wat Ek vra
    Sê Daddy-God
    Julle sê net so min kere ja

    Oe kinders kan Ek julle vra
    Vra Pappa-God
    Kan dit van nou af anders wees
    Asseblief

    Sal julle My ken
    Asseblief
    In die goeie
    En in die slegte tye van julle lewens

    Kinders altyd-deur
    Vra Pappa
    Dit is so My vra
    Kan dit van nou af asseblief anders wees

    My hart is vir julle kinders
    Altyd-deur
    Sê Daddy-God
    Ek wil so graag dieper verhouding met jou hart bou

    Oe Ek vra dit so gereeld
    Sê Daddy-God
    So gereeld
    Kinders sien julle My vra?

    Oor en oor
    Oor en oor
    Oor en oor
    Nooi Ek hierdie wêreld nader aan My

    Het julle al gesien kinders
    Het julle al gesien
    My hart is vir julle
    Altyd

    Daar’s min mense wat dit altyd glo
    So min
    Sê Pappa
    Veral as moeilike tye kom klop

    Vir van die mense op planeet aarde sê Pappa
    Is dit nooit ‘n goeie tyd
    Om My beter te leer ken
    Ek hoop dat dit vir jou anders sal wees

    Ja liefste kind
    Dit is Pappa se vra
    My konstante vra
    Sê Daddy-God

    Dis net omdat Ek weet
    Liefste kinders
    Hoe groot en ondeurgrondelik diep My hart se skatte is
    Dat Ek vra

    Kinders sê Pappa
    Julle kan nooit ooit ophou soek
    Dit kan net nie gebeur
    Nie as julle sien wat nog op julle wag

    Horisonne breed kind
    Horisonne breed
    Dit is My hart
    Vir elkeen

    Julle kan gerus
    Sê Abba-God
    Ook begin vra
    Na die dieper skatte wat My hart verberg

    Dit hoef nie altyd
    Sê Pappa-God
    By noodgevalle en skietgebedjies te bly
    Kind daar’s soveel meer

    Soveel meer sê Pappa
    Soveel meer
    Wat wag om deur jou liewe kind
    Ontdek te word

    Vra My vir wysheid kinders, liefstes
    Vra My vir meer
    Vra My om julle te leer
    Oor die diep skatte wat in My hart weggesteek lê

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Hulle wag
    Die lessies van wysheid wat My hart vollê

    Kom vra My gereeld
    Liefstes
    Kom vra My altyd
    Pappa, meer

    Oe die mooi wandelpadjies
    Wat wag om geloop te word
    Oe die opwindende road-trips
    Wat op ons wag

    Kinders
    Sê Pappa-God
    Die lewe saam met My
    Is nie vervelig nie

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Dis net die wat My nie rerig ken
    Wat so iets kan sê

    Oe dieper
    Sê Pappa-God
    Kind kom klim dieper in hierdie hart van My
    Wat vol goud lê

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Net soos wat delwers ondergrond vir goud delf
    So moet julle dieselfde doen

    Kinders sê Pappa
    Kinders asseblief
    Vra Pappa vir meer
    Dis al hoe Ek julle kan wys waar hulle lê

    Begin soek liefstes
    Begin soek na meer
    Vra My sê Pappa-God
    Daddy maak my honger vir meer

    Ja kinders sê Pappa-God
    Partykeer is dit so
    Partykeer bly die lus ontbreek
    Maar daar is iets wat ons daaraan kan doen

    Oe liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Vra My vir meer
    Sien wat Ek kan doen

    Daddy se kinders
    Myne
    Liefstes
    Met opregte vra kan Ek soveeeel doen

    Ja My liefste kinders
    Ja dit is so
    Julle kan dit gerus glo
    Die eerste tree gee

    Oe My hart is diep
    Onverklaarbaar diep
    Ongeewenaar liefstes
    Die skatte wat in hom lê

    As julle net altyd sal bly vra
    Daddy dieper
    Daddy meer
    Selfs al is jy geseën met mooi alreeds van My hê

    Kinders sê Pappa-God
    Asseblief julle moet altyd-altyd
    Onvergenoegd bly
    Met die skatte wat Ek gee

    Ja sê Pappa-God
    Opreg opgewonde en bly
    Maar tog met die duidelike weet
    O my word daar is meer!

    Ek wil hê julle moet aanhou
    Liefste kinders
    Asseblief
    Om opgewonde oor My te wees

    Daar is min mense
    Sê Abba
    Min mense wat opgewonde raak oor My
    Oe dit maak so seer

    Ek wil hê julle moet begin besef kinders
    Mense soos daai
    Het seker nog nie eens 1% oor My ontdek
    Al dink hulle gereeld so

    Vra My maar nou
    Sê Abba
    Vra My maar nou
    Ek sê jou Ek dink dis die probleem

    Mense glo My nie sê Abba
    Mense glo My nie
    Hulle laat My nie toe
    Om hulle lewens met reënboog-kleure te versier

    Oe kinders sê Pappa-God
    Asseblief luister vir My
    Julle wat nie met diep hemelse vrede in julle harte sit
    Julle wat dit met groot moeite skaars regkry om te glo

    Oe sê Pappa
    Oe
    Asseblief luister vir My
    Luister na wat Ek vir jou sê

    Kind sê Daddy-God
    Daar is ‘n vreugdevolle fontein van lewende water
    Wat Ek wil hê
    Moet in jou hart ontspring

    Ja-kind sê Daddy-God
    Hy is daar
    Hy moet net op-borrel
    En begin spuit

    Oe kind sê Pappa-God
    Nou is hy dalk verstop
    Nou weet jy nie lekker wat Ek sê
    Maar kind glo My jy sal weet wanneer hy oopbreek

    Kind sê Daddy-God
    Glo vir My
    Glo vir My
    Dit is so

    Daar is soveel mense
    Sê Daddy-God
    Wat sal kan getuig
    Van die waarheid wat Ek nou sê

    Baie mense sê Pappa-God
    Baie mense
    Voel baie kere
    200% splinternuut na ‘n ontmoeting met My

    Kind sê Daddy-God
    Kind
    Dit is die wonder
    Dit is die mooi van My waarlik ontmoet

    Die wêreld se hart vir jou My kind
    Is nie eers halfpad so mooi soos Myne vir jou
    Kind sê Daddy
    Asseblief jy kan My glo

    Sy vertel vir jou baie leuens
    Sê Daddy-God
    Baie gereeld
    Oor wie Ek eintlik is

    Ja-nee net soos Satan in die tuin van Eden
    Hy is altyd besig sê Pappa-God
    Om jou te probeer kry
    Om My woorde in vertwyfeling te trek

    Het God rerig gesê
    Is dit rerig so
    Oe kinders sê Pappa-God
    Julle moet versigtig wees

    Sy gaan aanhou sê Daddy-God
    Sy gaan aanhou
    Die hoer van hierdie wêreld
    Om skeiding tussen ons twee te probeer bewerkstellig

    Oe kinders sê Pappa-God
    Julle moet bewus wees
    Altyd bewus
    Van die aanvalle wat sy loods

    Kind sê Daddy
    Geliefde van My hart
    Pappa s’n
    Asseblief luister na My

    Luister gereeld
    Luister mooi
    Dis wat Ek vra
    Dis hoe julle veilig bly

    Sy probeer verlei
    Mislei
    Dis gereeld haar missie
    Dis iets wat sy dikwels regkry

    Mense sê Pappa-God
    Oor die algemeen
    Is nie eintlik geroot
    In wie Ek rerig is

    Oe nee sê Pappa-God
    Daar is groot getalle
    Groot getalle mense
    Wat nie reg oor My glo

    Die kat het hulle beslis aan die verkeerde stert beet
    Oe nee sê Pappa, beslis
    Dis nie Ek van wie hulle praat
    Ek weet hulle dink baie maal so, maar oe hulle is so verkeerd

    Word wys kinders
    Asseblief
    Met julle aantuigings
    Julle is besig om My goeie naam deur die modder te sleep

    Dis hoekom sê Abba
    Ek niks van skinderstories hou nie
    Dit staan My net nie aan nie
    Ek het glad nie ooghare daarvoor nie

    Oe kinders
    Ek vra weer
    Glo reg
    Praat reg

    Dis gevaarlik
    Baie baie gevaarlik sê Pappa
    En ook geniepsig
    Om stertjies aan stories te las

    Oe sê Daddy, oe
    Daar is soveel waarheid in hierdie wêreld
    Wat geminag word
    As gevolg van stories

    Vat nou maar My Woord as voorbeeld sê Pappa
    Dis die mooiste egste waarheid
    Wat ooit kan bestaan
    Ja kom ons vat My Woord

    My Woord
    Kan nie belieg, besteel of beseer
    Dis gereeld dat Ek tussen die mooiste bladsye wag
    Gereed om jul te leer

    Kinders sê Pappa
    Asseblief kan Ek vra
    Julle moet begin om die stories oor My kort te vat
    Met die waarheid wat My Woord bevat

    Kinders asseblief
    Vra Pappa
    Dis al hoe julle bestand gaan wees
    Teen die leuens oor My wat die wêreld vollê

    Kinders vra Pappa
    Gereeld
    Asseblief
    Begin om jouself die waarheid oor My te voer

    As mense die waarheid oor My
    Maar net so vinnig verorber het
    Soos die leuenstories oor My
    Hoe wonderlik sou die verhouding tussen My en aardse mense nie wees

    Oe ja
    Dit is so
    Hierdie wêreld en ons liefde vir mekaar
    Sou so wonderlik wees

    Die probleem is net
    Sê Pappa-God
    Daar is soveel van julle
    Wat nog aan Satan se leuens oor My wil vashou

    Hoekom vra Pappa
    Hoekom blyk dit so maklik vir jou te bly
    Liefste wêreld
    Om die verkeerd oor My aan te hoor en te glo

    Ek wil so graag hê
    Sê Pappa-God
    Dat julle met die grootste bewondering in julle oë na My sal begin kyk
    Hoekom kan dit nie so wees?

    Kinders van die wêreld
    Vra Pappa-God
    Kom nader aan My
    Asseblief begin om reg van My te glo

    Julle is verkeerd
    Verkeerd
    Verkeerd
    En Ek wil so graag hê julle moet reg begin sien

    Reg kinders
    Sonder die alewige bedrieg van Satan
    Wat sy sin kry
    Met die stories oor My wat hy saai

    Oe kinders
    Sê Pappa
    Kom vind My
    Kom vind die waarheid wat Ek nou praat

    Als is waar kind, so so waar
    Jy sal dit sien kind
    So duidelik
    As jy net wou begin glo

    Begin glo in God kinders van die wêreld
    Begin glo in Sy Seun Jesus Christus
    En julle sal sien
    Oe julle sal sien en vind wat Ek sê is sooo waar

    Amen.

  • Knus-kuiertjie

    Knus-kuiertjie

    Stil en saggies
    Klop U aan my hart
    U wag alreeds vir my
    Pappa ek is so bly

    So bly
    Dat ek rustig en sag
    In U teenwoordigheid kan wag
    U stille vrede wat my omring

    U is in alles wat stil is
    Alles wat vrede en rustigheid
    In ons harte inbring
    Pappa ek is so dankbaar daarvoor

    Dankie Pappa
    Vir stilte
    Dankie dat dit U is
    Wat in dit vir ons wag

    So baie kere Daddy
    Hardloop ons weg daarvoor
    Ons wil net nooit
    Stil raak

    Pappa ek weet nie presies hoekom
    Dalk is dit omdat ons bang is
    Ek weet nie lekker Pappa
    Waarvoor?

    U is die stilte Pappa
    U is die vrede
    Wat aan my hart kom klop
    My hart met soveel rustigheid vul

    Pappa U is vrede
    U is hoop
    En ek is so so baie dankbaar
    Daarvoor

    Pappa dankie dat U nooit
    Sal opgee op my
    Dankie dat U altyd daar is
    Om net te sê My kind Ek glo in jou

    Pappa so baie dankie
    Dankie
    Dankie
    Dankie

    U maak my hart
    So bly
    Om hier by U te kan stilsit
    Dit bly so baie mooi vir my

    Pappa so baie dankie
    Dat U my kom leer het
    Dat U my kom wys het
    U praat baie sag

    U praat sag Pappa
    So baie sag
    Daar binne in my wese
    Daai plekkie wat net aan U behoort

    Pappa-God se kinders
    As julle net wou sien
    As julle net wou verstaan
    Pappa-God wil met elkeen van julle ook so praat

    Ja-nee Pappa se kinders
    Dis nie net vir my bedoel
    Dis vir elkeen wat sal sê
    Pappa-God gee asseblief meer vir my

    Meer van U goedheid
    Meer van U grootheid
    Pappa word asseblief als vir my
    Als en soveel meer

    Pappa U is so beeldskoon
    Beeldskoon en meer
    Sovêr verby
    Daar is nie meer wat ek kan sê

    Pappa-God dankie
    Dankie dat U omgee om vir ons
    Meer oor U te vertel
    Meer oor U te leer

    Pappa so baie dankie
    Dit beteken vir my
    Baie
    Om U so naby te hê

    U fluister so gereeld
    Dis iets wat U so graag elke dag vir ons wil gee
    Pappa dis net ons wat nie altyd weet
    Hoe om van U te hoor

    Pappa-God
    Groot asseblief
    Sal U ons meer kom leer
    Net hoe om stil te raak, hoe om op U te wag

    Pappa-God
    U weet
    U weet hoe vreemd was dit aan die begin vir my
    Ek wou skoon aan die bewe gaan

    Wat bedoel God met wag op My?
    Ek het benoud geraak
    Ek het vir Google gaan kuier 😉
    Maar Pappa U bly mooi

    So mooi het U my self kom leer
    Kind asseblief
    Al wat dit beteken is
    Gee My kans om met jou te praat

    Ja Pappa se kinders
    My liefste-liefste kinders
    Dis al wat gebeur
    Wanneer Ek sê wag asseblief op My

    Kinders van Pappa-God
    Myne
    Kan Ek julle vertel
    Dis maar al wat gebeur wanneer julle wag op My

    Oe Pappa se kinders
    Myne
    Ons kan so lekker aan die gesels raak
    Julle sal net meer van My wil hê

    Oe Pappa se kinders
    Daar is niks te vrees
    Nie in God se teenwoordigheid
    Nie in Myne

    Pappa se kinders
    My hart is so sag
    En Ek wil net graag sien
    Wie gee om vir My

    Dis maar al
    Sê Pappa
    Dis maar al wat wag op My
    Vir julle moet beteken

    Kinders sê Daddy
    Dis nooit om julle bang te maak
    As Ek sulke goed vra
    Nee Ek wil eintlik net veel eerder hê die ware pret moet begin

    Kinders sê Daddy
    Om My in en by jou te hê
    Dis die wonderlikste geskenk
    Dis My Gees self in en by jou

    Julle moet asseblief begin
    Sê Daddy-God
    Om meer en meer met My te gesels
    Ja Ek gee altyd om

    Oor alles kan julle gesels
    Sê Pappa-God se Seun
    Ek het die weg gebaan
    Sodat daar nie weer skeiding hoef te wees

    Ja-nee liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Oor alles en meer
    Kan julle met My gesels

    Ek gee om sê Pappa-God
    Om te hoor
    Soos nie eers
    Die beste vriend of vriendin doen

    Pappa se kinders
    Asseblief luister vir My
    Hoor dat Ek omgee
    Hoor dat Ek dit so lief om naby julle te wees

    Ek geniet dit so
    Sê Daddy-God
    Soveel
    Om net saam met julle te wees

    Partykeer
    Sê Pappa-God
    Gaan daar net salige stiltes tussen ons wees
    Tye waarin woorde so oorbodig is

    Kinders julle ken mos sulke tye
    Dis wanneer mens se hart
    So vol is, so dankbaar
    So rustig, so stil

    Oe ook daai tye kinders
    Is vir My so baie kosbaar
    Ek wens julle kon ook sien
    Partykeer is woorde net nie nodig nie

    Partykeer is dit nodig
    Liefste kinders
    Om net mekaar se teenwoordigheid in te drink
    Om net niks te sê

    Dis wonderlike tye vir My sê Pappa
    Die tye wat ons saam kan hê
    Dit beteken soveel vir My
    Ek wil dit net graag vir julle sê

    Pappa se kinders, liefste-liefste kinders
    Julle weet mos hoe dit voel
    Wanneer julle diep na ‘n geliefde verlang
    Dis maar kinders hoe dit dikwels ook vir My is

    Ja liefste kinders
    Sê Pappa-God
    My hart
    Hy verlang duk stukke na julle

    Dis mos maar wat julle ook sê
    Nie waar nie kinders?
    Ek wonder
    Wie het dit by wie geleer? 😉

    Oe kinders sê Pappa-God
    Ek verlang al van die begin
    Van die begin van tyd
    Toe die wêreld vir sonde ja sê

    Oe ja kinders
    My hart was seer
    Daai dag toe Ek by die Tuin van Eden
    Vir julle moes baai sê

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Dit was net glad nie lekker vir My
    Verskriklik soos Ek nou daaraan terugdink

    Ja-nee
    My liefste kinders
    Aller-verskriklik was dit vir My
    Ek wil glad nie daaraan terugdink

    Pappa-God se kinders
    Julle wat al huis toe gekom het
    So, so baie dankie daarvoor
    Dis vir My so wonderlik om julle terug te hê

    Dis vir My so wonderlik
    Sê Pappa-God
    Die kere wat ons kan gesels, kuier en lag
    Kinders dis vir My baie lekker

    Ja liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Dis vir My baie lekker
    Die familie-kuiers wat ons hou

    Ek geniet dit so
    Sê Daddy
    Om julle, al My kinders
    Rondom My tafel te hê

    Dis van die lekkerste kuiers
    Né sê Daddy
    Né
    Ek weet als daarvan

    Ja-nee sê Pappa-God
    Ek weet als van gesellig verkeer
    Is dit nou knus voor ‘n kaggelvuurtjie
    Of is dit met ‘n milo en boek in jou hande

    Oe kinders
    Sê Pappa
    Ek weet als daarvan
    Ek het dit geskep

    Ek ken die ware diep lekker van hierdie lewe
    Kinders Ek weet van filosofeer
    Ja sê Pappa van julle hou mos soveel daarvan
    Om tot in die laat aande nog om onderwerpe te kuier

    Kinders Ek ken dit sê Pappa
    Al daai wonderlike goed
    Al die wonderlike goeters in die lewe
    Het hulle oorsprong in My

    Dis vir My so sad sê Pappa
    Baie kere as Ek sien
    Mense wat lief is vir als wat van My is
    Maar net nie vir My

    Dis vir My hartseer kinders
    Dikwels hartseer
    As Ek sien hoe julle My uitsluit
    Sê God U kan nie deel wees hiervan

    Pappa-God se kinders
    Ek wens julle kon sien
    Ek wens julle kon ervaar
    Die diep wonderlike gesprekke wat ons saam kan voer

    Oe ja sê Pappa
    Ja
    Ons kan die wonderlikste
    Wonderlikste tye saam hê

    Pappa-God se kinders
    Myne
    Ek verlang om sulke tye met julle te hê
    Tye waarin ons net kan wees

    Ja soos in wees
    Soos in wie ons is
    Bymekaar
    Net wees

    Kinders dis daai plek
    Van eie-wees met mekaar
    Wat Ek so waardeer
    Dis mos waar die ware mooi van enige verhouding lê

    Kinders daai plek waar mens nie meer voorgee
    Daai plek waar jy net kan wees
    Wie jy is
    En weet jy is ten volle aanvaar

    Kinders sê Pappa
    Dis so baie kere wat julle wonder
    Wie Ek is
    En of jy My rerig in jou lewe wil hê

    Oe kinders
    Sê Pappa
    Ek is selfs beter
    As die beste vriend of vriendin wie jy ooit kan hê

    Ek veroordeel nooit
    Sê Pappa-God
    Ek wys net rigting aan
    Ek luister en Ek is baie wys

    Oe ja kinders
    Sê Pappa-God
    Die wat My as ware vriend leer ken het
    Hulle waardeer My so

    Oe Pappa se kinders
    Ek wonder
    Ek wonder of julle weet
    Ek is vir julle, altyd

    Oe ja dit is so
    Oe ja dit is waar
    Ek verstaan baie kere
    Meer as wat julle ooit sal

    Pappa se kinders
    Myne
    Julle kan maar altyd
    Julle laste en vrae vir My bly bring

    Ek is altyd besig
    Sê Daddy-God
    Om laste ligter te maak
    Om vrae te beantwoord

    Abba-God se kinders
    Myne
    Ek wil julle vertel
    Dat Ek altyd groter as die wêreld en haar probleme is

    Baie kere
    Sê Daddy-God
    Is mense so geneig
    Om op te wil gee

    Dis omdat julle My nie ken
    Kinders van die wêreld
    Dis omdat My vlam van hoop
    Nog nie in julle binneste brand

    Oe Pappa se kinders
    Die van die wêreld ook
    Wanneer julle moed-verlore raak
    Kom asseblief nader aan My

    Ek gee altyd om
    Liefste kinders
    Altyd om
    Om dinge vir julle beter te maak

    Die wêreld is verkeerd liefste kinders
    Sy leer julle verkeerd
    Wanneer sy vir julle sê
    Om julle sorge te verdrink

    Kinders dit is nie so
    Dit help nie eers vreeslik baie
    Dit maak jou net baie ‘slim’
    Sodat jy die volgende dag met ‘n kopseer opstaan

    Kinders sê Daddy
    Die wêreld se rate
    Sy maak julle baie dom, of is dit dof
    Kinders Ek weet nie, kies jy die regte een

    Julle is altyd so besig
    Liefste kinders
    Om die wêreld se quick-fixes op te slurp
    Dat julle heeltemal vergeet, daar is ‘n lasting solution

    Daar is joy in My kinders
    Waarvoor jy nie eers hoef te betaal
    Jy hoef net te kom en te sê
    Daddy ek gee oor

    Ek gee oor Abba-God
    Ek gee oor
    Soos ‘n soldaat in die oorlog
    As hy weet nou het hy hom vasgeloop

    Oe Pappa-God se kinders
    Ek wens julle het nie getwyfel
    Nie getwyfel om nader te kom
    Nie getwyfel om My raad te probeer

    Julle is dikwels
    Sê Pappa
    Te vinnig
    Te vinnig om die wêreld se raad na te volg

    Pappa-God se kinders
    Het julle nog nie gesien
    Het julle nog nie gevind
    Dis net daar om julle vingers te verbrand

    Die wêreld maak julle dom kinders
    Rerig-erig sê Pappa-God
    Rerig
    Erig

    Oe kinders sê Pappa
    Kan Ek julle nie veel eerder vra
    Kom maak hemelse wysheid julle eie
    Kom vra daarna

    My wysheid is slimheid
    Sê Pappa
    Ware ware slimheid
    Nie soos die wêreld julle leer

    Daar is maar min mense
    Sê Pappa-God
    Op aarde
    Wat My opinie oor goeters kom vra

    Ek weet nie hoekom
    Maar dis maar altyd veel eerder
    Mamma, pappa
    Boeta, sussa of tjomma s’n

    Nou nie dat daar iets verkeerds is daarmee
    Sê Pappa
    Dis maar net Ek wonder of jy weet
    Ek kan nie verkeerde advies gee

    Dis omdat Ek alles van alles af ken
    Sê Pappa-God
    Daar is niks waarvan Ek nie weet
    Daar is niks wat Ek nie van alles kan vertel

    Kinders sê Pappa-God
    Julle van die wêreld ook
    Dit is maar hoe wonderlik Ek is
    Baie meer as wat baie mense dink

    Oe Pappa se kinders
    Die van die wêreld ook
    Sal julle asseblief naderkom
    Sal julle My asseblief toelaat om vir julle te vertel

    Dat Ek
    Ja Ek
    Ware ware slimheit is
    Waarmee geen ander vergelyk

    Daar is min mense sê Abba-God
    Wat dit glo
    Daar is min mense
    Wat My toelaat om hulle te leer

    Oe Pappa se kinders, kinders van die wêreld
    Kom nader, kom nader
    Aan die mooiste hart ooit
    Wat mense kan leer

    Die mooiste hart ooit
    Behoort aan God
    Liewe mense
    Dit is wat ek so graag wil hê julle moet begin raaksien

    Ja sê Pappa-God
    Kinders dit is so
    Ek weet julle wil dit nie hoor
    Maar dit is ware waarheid die

    Oe Pappa se kinders
    Wêreld se kinders
    Ek vertel dit nie net aan julle om te spog
    Ek is maar net besig om feite neer te lê

    Ja liefste kinders
    Feite en nie ‘n fabel
    Dit is ware waarheid die
    Waarmee geen ander, niks-niemand kan vergelyk

    Sal julle naderkom
    Asseblief
    Sal julle kom sien dat hierdie sterke God
    So graag ‘n goue plek in jou hart wil hê

    Hy wil hom nie net hê kinders
    Hy verdien hom so
    Daai goue plekkie in jou hart
    Wat mens die regeerder-stoel noem

    Oe Pappa se kinders
    Asseblief luister vir My
    Ek is groot genoeg om hierdie wêreld in die holte van My hand te hou
    Steeds klein genoeg om in jou hart te woon

    Dit sal vir My die grootste voorreg wees
    Sê Pappa-God
    Om die staf van jou koninkryk in My hand te hou
    Dit is nou oor jou wil en sy emosies

    Oe kind sê Pappa
    Dit is nou maar eenmaal so
    Om My in die bestuurderstoel van jou lewe te sit
    Is waarlik goed vir jou

    Dit is die beste keuse kind
    Wat jy of enige iemand anders
    Ooit kan maak
    Ek is waarlik vir jou

    Ek is baie kere sê Pappa
    Meer vir jouself
    As wat enige iemand anders ooit vir jou sal wees
    Dit is even meer as jyself

    Ja kinders
    Dit is so sê Pappa
    Dit is so
    Dat Ek vir julle net die beste wil hê

    Ek weet dis iets sê Pappa
    Waaroor julle gereeld wonder
    As dit so is
    Hoekom gebeur al die sleg met my?

    Kinders sê Pappa-God
    Ek wil so graag hê
    Julle moet begin sien
    God is waarlik net goed

    Ek kry so baie kere
    Sê Pappa-God
    Die skuld vir al die verkeerd in hierdie wêreld
    Julle sal dit nie glo

    Skaars sê Pappa-God
    Skaars is die mense wat glo Ek is goed
    Yl gesaai kinders
    Yl gesaai as jy sien hoeveel mense op planeet aarde is

    Julle is so verkeerd
    Kinders van die wêreld
    Oor wie Ek is
    Sooo verkeerd

    Ek wil julle net vertel
    Sê Pappa-God
    Ek is nie die swart skaap
    Wat julle My maak om te wees

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Die van die wêreld ook
    Wil julle waarlik aanhou om die verkeerd oor My te glo?

    Julle is so so verkeerd oor My
    Selfs God se kinders
    Sê Pappa
    Wat partykeer verkeerd glo

    As Ek julle kan vertel
    Sê Pappa
    Wat mense sê wanneer hulle iemand verloor
    Iemand aan die dood afstaan

    Oe sê Pappa, van God weet wat Hy doen
    Hy het die mooiste blom gepluk
    Die hemel het nog ‘n engel nodig gehad
    Dit was God se wil

    My hart raak so siek sê Pappa-God
    Baie kere
    As Ek julle begrafnis-briefies lees
    Daai reëls maak My so seer

    Oe sê Pappa-God
    Julle laat My so gereeld klink
    Soos iemand wat die dood geniet
    Iemand wat Hom in ander se smart verlustig

    Hoekom vra Pappa-God
    Hoekom My kinders sê julle nie veel eerder
    Dankie Pappa dat U saam met ons rou
    Dankie dat U die seer van ‘n gebroke hart verstaan

    Oe Daddy se kinders
    Verlustig julle
    Julle in ander se pyn?
    Nou hoe kan julle dit van My sê?

    Pappa se kinders
    Kinders van die wêreld
    Ek weet julle probeer om met daai woorde te troos
    Maar wat daarvan as dit God elke keer as monster vertoon?

    Ek weet nie sê Pappa
    Ek verstaan nie
    Wat die wêreld daaruit put
    Om My oor en oor in ‘n slegte lig te stel

    Ek probeer so baie
    Ek probeer so gereeld
    Om sake in die regte lig te stel
    Tog hou die wêreld en sy maats aan daarmee

    Julle het seker al gesien
    Sê Pappa-God
    Daar is ‘n slegte God
    En daar is ‘n goeie een

    Ek weet nie aldag
    Sê Pappa-God
    Watter een Ek is
    Vandag is dit sus, môre is dit so

    Hierdie wêreld
    Is vol leuens oor My
    Sê Pappa
    Dit lê die wêreld vol

    Ek wil vra sê Pappa-God
    Dat julle saam met My
    Die verkeerde glo
    Tot as sal verbrand

    Kinders sê Pappa
    Julle verstaan nie
    Maar Ek is besig om elke dag
    Kinders af te staan aan verkeerde glo

    Mense glo nie reg oor My nie
    Sê Abba
    Hulle glo so-so verkeerd
    So-so verkeerd

    Ek wil sake regstel
    Sê Pappa
    Dis hoekom Ek oor en oor probeer
    Daar is net so min mense wat ja sê vir reg-glo

    Ag Ek weet nie sê Abba
    Dis net
    Al die verkeerde glo oor My
    Maak julle so depressief

    Dis moeilik kinders
    Dis moeilik vir die wêreld se mense om te glo Ek is goed
    As soveel leuens oor My
    Hulle ‘n ander storie oor My vertel

    Ek wil hê kinders
    Vra Pappa-God
    Dat ons die strate van die lewe sal begin skoonvee
    Van die leuens oor My wat hulle vollê

    Kinders sê Pappa
    Dis soos rommel
    Wat al so stink
    G’n wonder soveel mense wil niks met My te doen hê

    Oe kinders
    Vra Abba
    Sal julle asseblief saam met My werk
    Sal julle saam met My die strate van leuens skoonvee

    Dis net sê Pappa-God
    Mense begin afdwaal
    Mense begin verdwaal
    Tussen al die twak oor My wat die wêreld vollê

    Dit begin sê Pappa
    Net meer en meer raak
    Dat mense niks met My te doen wil hê
    En dis die leuens wat so maak

    Oe Pappa se kinders
    Vra Pappa-God
    Sal julle asseblief saam met My
    Vir hierdie wêreld vertel God is net goed

    As julle enige iets anders glo
    As net dit kinders
    Glo julle verkeerd
    Julle het nog iewers ‘n kat aan die stert beet

    Kinders sê Pappa-God
    Ek wil net so graag
    Al daai telefoon-stories oor My
    Begin kortsny

    Ja sê Pappa
    Al daai stories met die stertjies
    Kinders Ek wil hulle kortvat
    Ek wil hulle begin pakslae gee

    Nee julle maak verkeerd
    Sê Pappa-God
    Aan al die leuens oor Hom op aarde
    Julle is besig om My Naam deur die modder te sleep

    Pappa se kinders luister
    Julle het die mooiste God ooit
    Sy karakter is so suiwer
    Sy integriteit kan geen niks in twyfel trek

    Kinders sê Pappa
    Kinders asseblief luister vir My
    My Woorde is soos diamante
    Dit skitter van al die ware mooi!

    Julle harte sê Pappa
    Is partymaal vol twyfel
    Maar kinders dis hoekom Ek vra
    Leer My ken

    As julle net die waarde kon begin sien sê Pappa
    Van My self ken
    Oe kinders sê Pappa
    Niemand sal julle meer kon verlei

    Dis hoekom sê Daddy-God
    Ek altyd
    Oor en oor vra
    Leer My self ken

    Dis die allerbeste manier
    Sê Daddy-God
    Om al daai twyfel in julle harte
    Tot in stukkies te blaas

    Oe kinders sê Pappa
    Kom
    Kom probeer My bomme van liefde
    Begin toelaat dat hulle in julle harte en lewens afgaan

    Dis tyd kinders
    Sê Pappa-God
    Dat ons die vyand en sy trawante tot niet maak
    Nee rerig, sal jy saam met My werk?

    Kinders sê Pappa
    Ek het die beste maniere
    Om Satan lam te lê
    Een van hulle is jy wat jou wapenrusting opneem

    Ja-nee liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Begin net om daai skild van geloof op te neem
    Begin om vir hom te vertel dat jy My baie meer as vir hom glo

    Ja-nee liefste kinders
    Dis nodig dat jy sulke goed vir hom sal sê
    Anders gaan hy met twyfel-praatjies
    Net weer die deur probeer oopdwing

    Kinders sê Pappa
    Nee staan sterk
    Staan sterk in die verlossing wat vir jou behaal is aan die kruis van Golgota
    En sê Satan moet sy ry kry

    Ja kinders, ja
    Sê Pappa
    Noudat jy die helm van verlossing stewig aanhet
    Kan ons aanbeweeg

    Begin om jou swaard op te tel
    Kind
    Begin om die Woord te gebruik
    Begin om die Woord te lees

    Die Woord sê Pappa
    Is daar om jou My weë te leer
    Ja kind sê Pappa
    My allermooiste weë

    Jy sal partykeer vind
    Sê Pappa-God
    Dat die eie ek in jou baie skop daarteen
    Dat jy in jou wel en weë gehoorsaam aan My raak

    Ja-nee sê Pappa
    Die vlees in jou
    Sien nooit daarvoor kans
    Moet hom nie sy sin gee

    Ja-nee sê Pappa
    Baie kere gaan hy jou kry om te val
    En dis dan wat jy moet opstaan
    In die geregtigheid wat Jesus vir jou behaal het aan die kruis van Golgota

    Ja kinders, ja
    Dis so belangrik, so belangrik om te onthou
    Altyd jou identiteit in Christus
    Die waarde wat jy in Hom dra

    Kinders sê Pappa
    Dis so belangrik
    Anders gaan julle nie die skaam-wees
    Wat Satan op julle gaan probeer sit met julle mislukkings kan weerstaan

    Ja-nee liefste kinders
    Sê Pappa
    Dis baie belangrik vir julle om altyd te weet
    En te onthou die kere wat julle val

    Hou net altyd aan opstaan
    Liefste kinders
    Altyd en altyd
    Wanneer jy val

    Dis kinders sê Pappa-God
    Hoe die skoene
    Vir die bereidheid om die evangelie te verkondig
    Voete kry

    Ja liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Want met elke val en opstaan
    Leer jy My liewer kry

    Ek’s altyd so naby kinders
    En jou hart gaan so dankbaar wees
    Want elke keer gaan jy net meer en meer besef
    Hoe wonderlik die geskenk van genade is

    Oral-oor sê Pappa-God
    Sal jy dit wil verkondig
    Oral-oor sê Pappa
    Soos wat jy My beter en beter leer ken

    Oe kinders
    Sê Pappa
    Hoe mooi
    Hoe mooi die voete van hom wat die blye boodskap bring

    My genade is genoeg
    Liefste kinders
    Oor en oor
    Om julle te probeer inbring

    Altyd hou Ek aan daarmee
    Sê Pappa
    Altyd hou Ek aan
    Tot die einde sal dit wees

    Kinders besef julle sê Pappa
    Dat die waarheid julle vrymaak?
    Daarom moet julle altyd aanhou kinders
    Om waarheid te praat

    Daar’s te veel van My kinders
    Sê Pappa-God
    Wat dikwels vergeet
    Om die gordel van waarheid aan te sit

    Ja-nee liefste kind
    Hom moet jy om jou heupe vasmaak
    Jy moet waarheid
    Baie liefhê

    Kinders sê Pappa
    Dis omdat dit so eenvoudig is
    Ek kind sal nooit jok
    Sal jy asseblief dieselfde doen

    Daar is iets sê Pappa
    Aan ‘n man en vrou
    Wat hulle woord hou
    Oe kinders dit is so mooi

    Kinders dis so eenvoudig sê Pappa
    So eenvoudig
    Julle kan My elke dag liewer kry
    Of Satan wat die vader van leuens is

    Dis hy wat julle leer lieg
    Sê Pappa
    Dis hy
    Kinders asseblief moenie sy voorbeeld navolg

    Wees ‘n persoon van integriteit
    Kinders
    Net soos julle Pappa daarbo
    Die Een wat julle so mooi leer

    Kinders sê Daddy
    Sien dis eenvoudig
    So, so eenvoudig
    Ek wil dit net vir julle sê

    Begin liefste kind
    Sê Pappa
    Jou verantwoordelikheid opneem
    As soldaat van God

    Oe Pappa-God se kinders
    Oe Pappa-God se kinders
    Asseblief
    Sal julle dit begin doen

    Ek is besig sê Pappa
    Om My weermag te mobiliseer
    Dis tyd dat ons ernstig raak kinders
    Oor die aanvalle wat Satan loods

    Dit help nie kinders
    Ons probeer dit mis-kyk
    Af-maak
    Of sê dat dit nie bestaan

    Nee liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Die oorlog is aan die gang
    Ons moet Satan en sy soldate neervel

    Ja Pappa se kinders
    Ja sê Daddy
    Dis tyd om wapens van die Gees op te neem
    En te baklei

    Oe Pappa se kinders
    Asseblief
    Onthou altyd
    Dis die vyand wat ons baklei en nie mense nie

    Ja sê Pappa
    Partykeer werk Satan deur mense
    Maar kom ons wees wys genoeg om te besef
    Dit is nie die mense nie

    Dis altyd belangrik
    Sê Pappa-God
    Om dit in oog te hou
    Kinders om dit nie te vergeet

    Ja liefste kinders
    Sê Pappa
    Dis tyd, dis tyd om julle plekkies
    In My weermag se linies op te neem

    Kinders waar Ek jou nodig het
    Dis al waar jy hoef te wees
    Staan jy net jou plekkie vol
    Moenie probeer om iemand anders se werkie te doen

    Ja-nee liefste kinders
    ‘n Baie spesifieke plan het Ek met julle elkeen se lewe
    ‘n Baie spesifieke plan
    Asseblief wees net gehoorsaam aan hom

    Kinders sê Pappa
    Kinders!
    Asseblief word wakker
    Die wat nog lê en slaap

    Ek het julle nodig
    Liefste kinders
    Julle boeties en sussies het julle nodig
    Asseblief sal julle opstaan

    Sal julle plek inneem kinders
    Voorste linies
    Middelste linies
    Agterste linies

    Elkeen van julle
    Het ons so baie nodig
    Kinders vra Pappa
    Asseblief moenie aanhou uitstel

    Daddy-God se kinders
    Asseblief
    Luister vir My
    Die tyd is nou, ons moet veg!

    Ons moet veg kinders
    Teen Satan en sy leuens oor My
    Wat die aarde vollê
    Ons moet sy hart en werke ontbloot

    Oe God se kinders
    Asseblief
    Kom nou
    Staan op!

    Voorwaarts mars kinders
    Voorwaarts mars soldate van God!
    Dis tyd om grond terug te neem
    Dis tyd om nuwe grond-gebied in te neem

    Oe kinders
    Sê Pappa
    Kom, kom
    Kom!

    Ek weet wat julle nodig het
    Sê Pappa
    Ek sal julle self oplei
    Deur My Woord, deur My Gees

    Kinders sê Pappa
    Julle hoef nooit vir die vyand bang te wees
    Die wat by ons is
    Is baie meer as die by hulle!

    Ja liefste kinders
    Asseblief sê Pappa
    Glo My
    Selfs al kan jy nie die engele-skare om jou sien wat saam baklei

    Oe Pappa-God se kinders
    Dalk moet julle begin bid
    Net soos Elisa vir sy dienskneg
    Here open ons oë, help ons sien!

    Kinders sê Pappa
    Hierdie stryd sal ons beslis wen
    Dit kan Ek julle beloof
    Ek hoop net nie dat daar baie gesneuweldes sal wees

    Ja-nee sê Pappa
    Hulle sal nou die wees
    Wat vir Satan se praatjies geval het
    Die wat nie aan My gehoor wou gee

    Kinders daaraan
    Sê Pappa
    Kan Ek nou nie veel doen
    Ek kan nie oor mense se eie keuses klim

    Nee kinders, nee
    Dit kan Ek nie doen
    Al wat Ek kan doen sê Pappa
    Is om die verwondes in veld-hospitale op te neem

    Ja-nee sê Pappa
    Daar sal My verpleegsters hulle versorg
    Totdat hulle weer kan aangaan
    Weer in die oorlog kan gaan baklei

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Vir die verwondes sal daar altyd hoop wees
    Selfs al het jy ‘n arm of ‘n been aan Satan en sy aanslae verloor

    Ja liefste kinders sê Pappa-God
    Dit is so
    Selfs al is dit net jou storie van hoop en lewenslesse geleer
    Wat jy met die ander soldate van die lewe deel

    Kinders sê Pappa-God
    Daar is nog baie rookies onder julle
    Kinders sê Pappa
    Dit is wat ons baba-Christene noem

    Hulle moet nog opgelei word
    Kinders
    Hulle kan nie net sommer halsoorkop
    In ‘n ding wil inspring

    Nee kinders sê Pappa-God
    Sulke nuwe jong naiewe soldate se lewens
    Moet ons oppas en beskerm
    Totdat ook hulle reg is om die stryd te betree

    Ja-nee liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Met sulke lewens moet ons maar versigtig te werk gaan
    Ons kan hulle nie net aan die diep kant ingooi

    Ja-nee sê Pappa
    Hulle opleiding moet hulle eers voltooi
    Is dit nou twee, drie jaar
    Of totdat Ek weet hulle gereed daarvoor is

    Oe Pappa se kinders
    Ek weet sê Pappa
    Ek weet
    Julle is partykeer so oorgretig om Satan ‘n ding of twee te gaan wys

    Kinders vra Pappa
    Sal julle My asseblief net eerder vertrou
    Ek weet waar julle moet wees
    Vir nou

    Laat My toe sê Pappa
    Om julle wysheid te leer
    Moenie net in ‘n ding wil inspring
    Nee kinders sê Pappa, rustig, wag op My

    Oe Pappa se kinders
    Sê Pappa
    Oe Pappa se kinders
    Vertel vir My, leer jy darem iets?

    Kinders sê Pappa
    Passie vir My is so mooi ding
    So mooi
    Maar kinders sonder wysheid help dit nie veel

    Oe Pappa se kinders
    Myne
    Begin ook vir wysheid bid
    Wysheid oor hoe om met daai passie te werk te gaan

    Kinders sê Pappa
    Van julle is so aan die brand vir My
    En dis waarlik mooi
    Ek wil net vra begin wysheid toepas

    Begin wys raak
    Liefste kinders sê Pappa
    Met wat jy deel, met wat jy sê
    Met wie jy praat

    Nie almal liefste kinders
    Sê Pappa
    Is altyd reg om van My te hoor
    Begin om te onderskei

    Kinders Ek weet sê Pappa
    Ek weet
    Julle wil saam met My werk
    Julle wil die wêreld inbring

    Begin net asseblief
    Liefste kinders
    Versigtiger te werk gaan
    Nie so oorboord gaan

    Kinders Ek weet
    Sê Pappa
    Ek weet
    Ek maak nou bietjie seer

    Kinders
    Sê Pappa
    Dis nie dat Ek aan die liefde wil temper wat jy vir My het
    Ek wil dit net bietjie beter kanaliseer

    Oe Pappa se kinders, Myne
    Julle wat so pragtige vuur in julle hart het
    Wat brand vir My
    Baie, baie dankie My kinders daarvoor

    Oe Pappa-God se kinders
    Daai vuur van liefde in julle harte
    Seën My so
    Baie baie dankie daarvoor

    Dis vir My ‘n bron van vreugde
    Sê Pappa
    Rerig
    Dat Ek nie nodig het om julle te smeek om My lief te hê

    Oe Pappa se kinders
    Dankie
    Dankie so baie
    Daarvoor

    Ek sal julle wysheid gee
    Liefste kinders
    Ek sal julle wysheid leer
    Soos julle daarna vra

    Sodoende liefste kinders
    Kan ons veel meer
    In Pappa se koninkryk inbring
    Met passie onder wysheid se beheer

    Dankie vir julle tyd liefste kinders
    Dankie vir julle wat lees
    Dit bly lekker sê Pappa om vir julle te skryf
    As julle dit so baie waardeer

    Dankie kinders
    Dankie sê Pappa
    Net dat Ek My hart met julle kon deel
    Vir julle kon vertel hoe Ek oor ‘n paar dinge voel

    Tot volgende keer
    Daddy se kinders
    Tot volgende keer
    Sê Pappa

    Ja, Amen.

    Ek love, love, love sulke kuiertjies by Jesus se voete. Hoe meer ek ontdek, hoe meer wil ek ontdek. Jare terug vriende het ek nooit geweet Daddy is so mooi nie. Dat Sy hart so pure goud is nie. Dit bly vir my lekker! Ek nooi jou rerig boetie/sussie, gaan raak stil by Jesus se voete. Vra Hom self, Pappa … praat met my. Wys my hoe real is U. Ek wil jou net aanmoedig, doen dit, gaan sommer nou! En dan wil ek vra … Stuur vir my bietjie info oor jou en Abba se tyd saam. Enige iets wat net vir jou spesiaal was & uitgestaan het. Ek hoor graag julle harte! Kom ons bemoedig mekaar 🙂 liefde, altyd!

  • Vars Manna

    Vars Manna

    God se Woord
    Is die manna
    Waarvan ons elke dag moet eet
    Sê my vriend, vriendin eet jy genoeg?

    Dis wat ons nodig het
    Liewe boetie en sussie
    Om op te groei in Jesus
    Om sterk te word in Hom

    Ons kan nie
    Liefste kinders van Abba
    Elke dag van die ou brood van die verlede leef
    Ons het vars brood uit die hemel nodig, elke liewe dag

    Daar’s te veel van My kinders
    Sê Abba-God
    Wat dit te gereeld verkeerd kry
    Hulle glo verkeerdelik dat die brood van gister genoeg is

    Liefste kinders van Abba
    Verstaan julle nie
    Hoekom nie vra Pappa
    Julle het nodig kinders om elke dag vars brood vanuit die hemel te ontvang

    Kinders Ek wil julle vra
    Sê Abba-God
    Face julle vandag dieselfde probleme as gister
    Of is daar elke dag nuwe challenges wat jou in die gesig staar?

    Kinders, liefste kinders van Pappa
    Dis hoekom Ek vra
    Gister se genoeg
    Is nie vandag se genoeg

    Elke dag kind het jy ‘n vars porsie
    Van My genade, liefde en krag nodig
    Kind is dit nie so?
    Pappa wil jou vra

    Kinders sê Pappa
    Sal jy asseblief gaan sien
    Sal jy asseblief gaan vind
    Wat het met die Ou Testamentiese manna gebeur toe hulle wou opgaar?

    Kinders sê Pappa
    Liefste liefste kinders
    Verstaan julle nie
    Elke dag het julle nodig om vars manna vir die dag te kom haal

    Kinders daar’s te veel van julle
    My kinders
    Wat op ou brood lewe
    Wat wil opgaar dit wat glad nie meer waarde dra

    Kinders sê Pappa
    Asseblief sal julle verstaan
    Ek nooi julle nader
    Ek wil graag elke dag vir julle nuwe brood gee

    Kinders sê Pappa
    My kinders
    Dit is wat gebeur wanneer julle sê
    Ek sal nie uit die verlede se openbaringe leef

    Kinders sê Pappa-God
    My kinders
    Julle het seker al gelees
    Dat My Woord lewe en oneindige wysheid dra

    Kinders sê Daddy-God
    Ek het die vermoë om elke dag
    Iets nuuts in jou hart te plaas
    As jy net sou opdaag

    Kind sê Pappa-God
    My kind
    Net soos die Israeliete van ouds
    Het jy ook nodig om elke dag vars manna op te tel

    Die manna van vandag kinders
    Is die Woord van God
    Jesus Christus
    Wat jy elke dag moet eet

    Kinders, kinders sê Pappa-God
    Sal julle verstaan
    Sal julle kom leer
    Ek is steeds God

    Ja sê Pappa-God
    Dis tot vandag
    Wat Ek vir My kinders
    In die woestyn-tye van die lewe bly sorg

    Kinders sê Pappa-God
    Kinders
    Kom sien ‘n bietjie, kom vind
    Hoe goed die kwartels en manna van My Woord vir My kinders bly sorg

    Ja sê Pappa-God
    My kinders
    Daar’s te veel van julle wat omkom in die woestyn-tye van die lewe
    Daar’s te min van julle wat vra na vars brood

    Kinders verstaan julle nie
    Sê Pappa-God
    Julle moet kom eet
    Elke dag van die manna wat Ek uit My Woord met jou wil deel

    Kinders Ek weet nie sê Pappa
    Ek weet nie of julle verstaan
    Maar Ek weet elke dag waardeur jy gaan
    En Ek wil graag rigting en leiding aan jou gee

    Kinders sê Pappa-God
    Soveel kere wat julle met ou brood
    In julle hande bly staan
    Terwyl Ek lankal al nuwes aan julle wou gee

    Kinders sê Pappa-God
    Sal julle asseblief vir My kom vertel
    Raak julle nie moeg en siek
    Van al die ou brood wat julle eet?

    Kinders sê Pappa-God
    Ek is net so nuut en vars
    Soos die brood wat Ek elke dag vir julle wil gee
    Kinders wil julle nie daarvan hê?

    Pappa se kinders
    Julle moet verstaan
    Die applikasie van My Woord bly dieselfde
    Maar met elke generasie moet ons dit nuut aanbied

    Kinders sê ons liefste Pappa-God
    Dis hoekom die Woord dieselfde bly
    Maar die aanbieding verskil
    Ek sê dit vir julle wat dikwels vrae daaroor vra

    Kinders sê ons Pappa-God in die hemel
    Ek weet dat julle dikwels
    Vrae en onsekerhede daaroor het
    Julle is nie heeltemal seker dat dinge so moet werk

    Kinders sê Pappa-God
    My kinders wat omgee oor My Koninkryk
    En die manier waarop dit na die wêreld uitstraal
    Asseblief vertrou My

    Yes sê Pappa-God
    My kinders Ek weet dis dikwels vreemd
    Ek weet dis iets wat julle nie altyd verstaan
    Tog sal julle saam met My bly werk

    Pappa se kinders
    My kinders
    Ek vra nie dat julle alles eensklaps verander
    Ek vra dat julle oop sal wees vir dit wat Ek deur My Gees wil leer

    Kinders sê Pappa-God
    My Woord sê dan
    Julle moenie verandering vrees
    Ek sal by julle wees

    Daar’s te veel van My kinders
    Sê Pappa-God
    Wat dikwels nie byhou
    Met wat Ek besig is om op aarde te verrig

    Kinders sê Pappa-God
    Ek vra julle
    Sal julle net nader kom
    Altyd in-tune met My Heilige Gees wees

    Kinders sê Pappa-God
    Daar gaan dikwels en baie gereeld kere wees
    Waar ons die grond gaan moet oopbreek
    Vir die nuwe grondslag wat Ek wil lê

    Ja liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Ek bly nuut en vars
    Ek is ‘n pioneer van hart

    Daarom liefste, liefste kinders
    Beweeg altyd saam met My
    Asseblief julle Abba-God kan julle vertrou
    Elke dag ‘n nuwe stukkie manna kom eet

    Kinders sê ons liefste Pappa-God
    Dis nie dat Ek julle manier omvêr wil gooi
    Ek wil eerder net vra
    Is jy bereid om saam met My ‘n inventer te wees

    ‘n Inventer van nuwe dinge
    Met die ou, getroue wysheid van My Woord
    Kinders sê ons liefste Pappa-God
    Dis net die aanbieding wat gaan verskil

    Kinders Ek wil julle oë oopmaak
    Sê Pappa-God
    Vir die wonders in My Woord
    Die manier waarop Ek praat

    Dis hoekom Ek vra
    Kom eet van My
    Die Hemelse Manna
    Wat uit die hemel neerdaal

    Kinders Ek wil julle sieninge
    Maar net ‘n bietjie vorm
    Om meer en meer
    Myne te weerspieël

    Kinders sê Pappa-God
    Dis die mooi manier
    Die ewige manier
    Die manier wat bly werk

    Kinders sê ons liefste Pappa-God
    Die fondasie van julle geloof
    Bly Christus
    Kom laat ons daarop voortbou

    Daar’s baie nuwe grond
    Kinders wat Ek wil inneem
    Daarom dat Ek vra
    Sal jy saam met My bly werk?

    Ek eer die dapperes
    Sê Pappa-God
    Die dapperes wat sê
    Ek sal saam met God uit die mold breek

    Ja kinders sê Pappa-God
    Julle weet wie julle is
    Ek eer julle sê Pappa
    Dat julle altyd sê kan ons aanbeweeg

    Na nog meer en heerlike plekke in die Gees
    Daddy ons wil nie stagneer
    Ons soek lewe deur die Gees
    Nie die ou brood van gister wat die aarde vollê

    Kinders sê Pappa
    Kinders
    Ek soek julle nuut en vars
    Ek wil hê ons moet in hierdie lewe rigting aangee

    Ja-nee My liefste kinders
    Dit gebeur te gereeld
    Sê Abba-God
    Dat die kerk en liggaam van Christus agterweë bly

    Kinders sê Pappa-God
    My kinders
    Ons moet die true visionaries van hierdie wêreld wees
    Ons moet met hemelse visie voorloop

    Kinders dis wie Ek is
    Sê Pappa-God
    Altyd nuut en vars
    Nooit oud en koud

    Daarom wil Ek vra
    Pappa se kinders
    Kom in lyn met My
    Maak seker dat jy elke dag vars woord by My kry

    Kind dis al hoe jy nie mislei gaan word nie
    Want jy gaan My persoonlik ken
    In jou binnekamer sê Abba-God
    Hou daarmee aan

    Dis is soveel-soveel mooi goeters
    Vars manna wat Ek met My kinders deel
    Wanneer hulle aanhou daarmee
    En nie aan ou brood van gister vasklou

    Kinders die woorde van gister
    Dit was mooi, Ek stem
    Maar onthou
    Dit was vir gister

    Kinders hoekom sê Pappa-God
    Hoekom sal julle op die ou brood van gister wil leef
    As julle elke dag ‘n stukkie vars manna
    Uit die hemel kan kry?

    Kinders dit maak nie sin nie né
    Nee glad nie sê Abba-God 🙂
    Daarom dat Ek vra
    Asseblief kom maak elke dag by My ‘n draai

    Elke, elke dag
    Sê Pappa-God
    Wil Ek vars woord vir jou gee
    Sal jy kom eet?

    Ja liefste kind
    Maak oop jou hartsdeur
    Ontvang wat Ek jou hemelse Pappa in jou wil deponeer
    Hemelse kos vanuit die troonkamers daarbo

    Maak oop jou Bybel kind
    Begin lees
    Raak iewers deel van ‘n Bybelstudie-groep
    Daar is soveel

    Kinders Ek het in hierdie wêreld
    Mense
    Mans en vrouens
    Opgerig om My Woord te deel

    Kinders luister na hulle
    Asseblief ontvang
    Leer van hulle
    En julle sal sien

    Daar is mense
    Sê Abba-God
    Wat in hierdie wêreld uit is om te mislei
    Vir hulle moet julle versigtig wees

    Maar hoe gaan ons weet
    Sê Abba-God
    Hoe gaan ons die verskil ken
    Dit is julle vra

    Pappa se kinders
    My liefste liefste kinders
    Dis hoekom julle in julle binnekamer
    Verhouding met My moet hê

    Ja liefste kinders
    Dis hoe julle gaan weet
    Dis hoe Ek julle leer
    As julle by My kom sit

    Moenie bang wees kinders
    Wanneer julle kom
    Wees net sag en sê
    Daddy hier is ek, leer my asseblief

    Kinders dis vir My die mooiste woorde
    Sagkens sal Ek julle lei
    Net soos wat Ek met My ander kinders doen
    Totdat julle almal in die volheid van My Waarheid staan

    Moet nooit ophou soek na My
    Sê Abba-God
    Nooit ooit
    Binnekamer-stories is van die mooistes wat ons kan hê

    Daar’s altyd sê Pappa-God
    Altyd soveel meer
    As wat mense op die oog af sien
    Dis hoekom hulle moet kom en glo

    Ja sê Pappa-God
    Kinders glo en sien
    Vra en ontvang
    Soek en vind

    Dis hoe dit by My
    En My Koninkryk bly werk
    Kinders wees net sag
    Altyd oop

    So kan Ek julle leer
    So kan Ek julle bring
    By die plek voorberei
    Hou aan kinders, hou aan om verhouding met My te bou

    Kinders dis wat dit beteken
    Om daagliks manna van die Woord te eet
    Julle leer My ken
    Julle word EEN met My

    Elke dag ‘n bietjie meer van My in julle
    En julle in My
    Totdat ons saam
    ‘n Volmaakte Jesus-beeld vorm

    Kinders dis maar al
    Waarmee Ek op planeet aarde besig is
    Ek wil Jesus gestalte in mense laat kry
    Dis mos maar die grootste voorreg vir Christene

    Om soos Ek te wees
    Om soos Ek te lyk
    Sodat wanneer mense vir julle kyk
    Hulle Jesus sal sien

    So kinders
    Word meer en meer verlore siele
    Die hemel ingelei
    Deur julle wat hulle so baie liefhet

    Mense moet bewondering vir My hê
    Kinders dit moet groei
    En dit gebeur gereeld
    Wanneer hulle julle bewondering vir My sien

    Hou aan daarmee kinders
    Hou aan
    Asseblief om te groei in My
    Deur daardie vars stukkie manna wat jy elke dag kom kry

    Vars manna
    Vars woord, daagliks
    Uit My hart
    Dit is wat Ek vir jou wil gee

    Amen.

  • Ware liefde!

    Ware liefde!

    Genade-groot
    Het my al so baie kere kom haal
    Kere wat ek wou moed opgee
    Kere wat ek nie meer geweet het waarheen

    (meer…)

  • Kristalwater

    Kind kan ons asseblief oor-begin
    Wil Pappa-God graag weet
    Pappa se kind, My kind
    Ek praat met jou die verlore een

    (meer…)

  • Pakslae

    Hoor jy die geklop
    Aan jou hartsdeur?
    Ons Pappa wil graag weet
    Sal jy Hom asseblief innooi?

    (meer…)

  • Oorlog van die lewe

    Liefste kinders
    Van Pappa-God se hart
    Sien julle hoe Hy aanhou om julle nader te nooi
    Sien julle hoe baie Hy omgee

    (meer…)

  • Herstelde hoop

    Genade-groot
    Het ons kom haal
    Toe ons nog vêr van Jesus was het Hy gesê
    Ek soek hulle, elkeen

    (meer…)

  • Treëtjies van oorwinning

    Treëtjies van oorwinning

    Kinders
    Kinders van My hart
    Sal julle asseblief nader kom
    My nog beter kom leer ken

    (meer…)

  • Geloofsvuur

    Geloofsvuur

    Geruisloos sag
    Is God se stem
    Jy sou dit mis
    As jy nie elke dag ‘n tydjie vir Hom maak

    (meer…)

  • Lig-wees

    Ek is die Lam
    Geslag vir die sonde van die wêreld
    Dit is wat ons Pappa in die hemel
    Se Seun sê

    (meer…)