Vars Manna

God se Woord
Is die manna
Waarvan ons elke dag moet eet
Sê my vriend, vriendin eet jy genoeg?

Dis wat ons nodig het
Liewe boetie en sussie
Om op te groei in Jesus
Om sterk te word in Hom

Ons kan nie
Liefste kinders van Abba
Elke dag van die ou brood van die verlede leef
Ons het vars brood uit die hemel nodig, elke liewe dag

Daar’s te veel van My kinders
Sê Abba-God
Wat dit te gereeld verkeerd kry
Hulle glo verkeerdelik dat die brood van gister genoeg is

Liefste kinders van Abba
Verstaan julle nie
Hoekom nie vra Pappa
Julle het nodig kinders om elke dag vars brood vanuit die hemel te ontvang

Kinders Ek wil julle vra
Sê Abba-God
Face julle vandag dieselfde probleme as gister
Of is daar elke dag nuwe challenges wat jou in die gesig staar?

Kinders, liefste kinders van Pappa
Dis hoekom Ek vra
Gister se genoeg
Is nie vandag se genoeg

Elke dag kind het jy ‘n vars porsie
Van My genade, liefde en krag nodig
Kind is dit nie so?
Pappa wil jou vra

Kinders sê Pappa
Sal jy asseblief gaan sien
Sal jy asseblief gaan vind
Wat het met die Ou Testamentiese manna gebeur toe hulle wou opgaar?

Kinders sê Pappa
Liefste liefste kinders
Verstaan julle nie
Elke dag het julle nodig om vars manna vir die dag te kom haal

Kinders daar’s te veel van julle
My kinders
Wat op ou brood lewe
Wat wil opgaar dit wat glad nie meer waarde dra

Kinders sê Pappa
Asseblief sal julle verstaan
Ek nooi julle nader
Ek wil graag elke dag vir julle nuwe brood gee

Kinders sê Pappa
My kinders
Dit is wat gebeur wanneer julle sê
Ek sal nie uit die verlede se openbaringe leef

Kinders sê Pappa-God
My kinders
Julle het seker al gelees
Dat My Woord lewe en oneindige wysheid dra

Kinders sê Daddy-God
Ek het die vermoë om elke dag
Iets nuuts in jou hart te plaas
As jy net sou opdaag

Kind sê Pappa-God
My kind
Net soos die Israeliete van ouds
Het jy ook nodig om elke dag vars manna op te tel

Die manna van vandag kinders
Is die Woord van God
Jesus Christus
Wat jy elke dag moet eet

Kinders, kinders sê Pappa-God
Sal julle verstaan
Sal julle kom leer
Ek is steeds God

Ja sê Pappa-God
Dis tot vandag
Wat Ek vir My kinders
In die woestyn-tye van die lewe bly sorg

Kinders sê Pappa-God
Kinders
Kom sien ‘n bietjie, kom vind
Hoe goed die kwartels en manna van My Woord vir My kinders bly sorg

Ja sê Pappa-God
My kinders
Daar’s te veel van julle wat omkom in die woestyn-tye van die lewe
Daar’s te min van julle wat vra na vars brood

Kinders verstaan julle nie
Sê Pappa-God
Julle moet kom eet
Elke dag van die manna wat Ek uit My Woord met jou wil deel

Kinders Ek weet nie sê Pappa
Ek weet nie of julle verstaan
Maar Ek weet elke dag waardeur jy gaan
En Ek wil graag rigting en leiding aan jou gee

Kinders sê Pappa-God
Soveel kere wat julle met ou brood
In julle hande bly staan
Terwyl Ek lankal al nuwes aan julle wou gee

Kinders sê Pappa-God
Sal julle asseblief vir My kom vertel
Raak julle nie moeg en siek
Van al die ou brood wat julle eet?

Kinders sê Pappa-God
Ek is net so nuut en vars
Soos die brood wat Ek elke dag vir julle wil gee
Kinders wil julle nie daarvan hê?

Pappa se kinders
Julle moet verstaan
Die applikasie van My Woord bly dieselfde
Maar met elke generasie moet ons dit nuut aanbied

Kinders sê ons liefste Pappa-God
Dis hoekom die Woord dieselfde bly
Maar die aanbieding verskil
Ek sê dit vir julle wat dikwels vrae daaroor vra

Kinders sê ons Pappa-God in die hemel
Ek weet dat julle dikwels
Vrae en onsekerhede daaroor het
Julle is nie heeltemal seker dat dinge so moet werk

Kinders sê Pappa-God
My kinders wat omgee oor My Koninkryk
En die manier waarop dit na die wêreld uitstraal
Asseblief vertrou My

Yes sê Pappa-God
My kinders Ek weet dis dikwels vreemd
Ek weet dis iets wat julle nie altyd verstaan
Tog sal julle saam met My bly werk

Pappa se kinders
My kinders
Ek vra nie dat julle alles eensklaps verander
Ek vra dat julle oop sal wees vir dit wat Ek deur My Gees wil leer

Kinders sê Pappa-God
My Woord sê dan
Julle moenie verandering vrees
Ek sal by julle wees

Daar’s te veel van My kinders
Sê Pappa-God
Wat dikwels nie byhou
Met wat Ek besig is om op aarde te verrig

Kinders sê Pappa-God
Ek vra julle
Sal julle net nader kom
Altyd in-tune met My Heilige Gees wees

Kinders sê Pappa-God
Daar gaan dikwels en baie gereeld kere wees
Waar ons die grond gaan moet oopbreek
Vir die nuwe grondslag wat Ek wil lê

Ja liefste kinders
Sê Pappa-God
Ek bly nuut en vars
Ek is ‘n pioneer van hart

Daarom liefste, liefste kinders
Beweeg altyd saam met My
Asseblief julle Abba-God kan julle vertrou
Elke dag ‘n nuwe stukkie manna kom eet

Kinders sê ons liefste Pappa-God
Dis nie dat Ek julle manier omvêr wil gooi
Ek wil eerder net vra
Is jy bereid om saam met My ‘n inventer te wees

‘n Inventer van nuwe dinge
Met die ou, getroue wysheid van My Woord
Kinders sê ons liefste Pappa-God
Dis net die aanbieding wat gaan verskil

Kinders Ek wil julle oë oopmaak
Sê Pappa-God
Vir die wonders in My Woord
Die manier waarop Ek praat

Dis hoekom Ek vra
Kom eet van My
Die Hemelse Manna
Wat uit die hemel neerdaal

Kinders Ek wil julle sieninge
Maar net ‘n bietjie vorm
Om meer en meer
Myne te weerspieël

Kinders sê Pappa-God
Dis die mooi manier
Die ewige manier
Die manier wat bly werk

Kinders sê ons liefste Pappa-God
Die fondasie van julle geloof
Bly Christus
Kom laat ons daarop voortbou

Daar’s baie nuwe grond
Kinders wat Ek wil inneem
Daarom dat Ek vra
Sal jy saam met My bly werk?

Ek eer die dapperes
Sê Pappa-God
Die dapperes wat sê
Ek sal saam met God uit die mold breek

Ja kinders sê Pappa-God
Julle weet wie julle is
Ek eer julle sê Pappa
Dat julle altyd sê kan ons aanbeweeg

Na nog meer en heerlike plekke in die Gees
Daddy ons wil nie stagneer
Ons soek lewe deur die Gees
Nie die ou brood van gister wat die aarde vollê

Kinders sê Pappa
Kinders
Ek soek julle nuut en vars
Ek wil hê ons moet in hierdie lewe rigting aangee

Ja-nee My liefste kinders
Dit gebeur te gereeld
Sê Abba-God
Dat die kerk en liggaam van Christus agterweë bly

Kinders sê Pappa-God
My kinders
Ons moet die true visionaries van hierdie wêreld wees
Ons moet met hemelse visie voorloop

Kinders dis wie Ek is
Sê Pappa-God
Altyd nuut en vars
Nooit oud en koud

Daarom wil Ek vra
Pappa se kinders
Kom in lyn met My
Maak seker dat jy elke dag vars woord by My kry

Kind dis al hoe jy nie mislei gaan word nie
Want jy gaan My persoonlik ken
In jou binnekamer sê Abba-God
Hou daarmee aan

Dis is soveel-soveel mooi goeters
Vars manna wat Ek met My kinders deel
Wanneer hulle aanhou daarmee
En nie aan ou brood van gister vasklou

Kinders die woorde van gister
Dit was mooi, Ek stem
Maar onthou
Dit was vir gister

Kinders hoekom sê Pappa-God
Hoekom sal julle op die ou brood van gister wil leef
As julle elke dag ‘n stukkie vars manna
Uit die hemel kan kry?

Kinders dit maak nie sin nie né
Nee glad nie sê Abba-God 🙂
Daarom dat Ek vra
Asseblief kom maak elke dag by My ‘n draai

Elke, elke dag
Sê Pappa-God
Wil Ek vars woord vir jou gee
Sal jy kom eet?

Ja liefste kind
Maak oop jou hartsdeur
Ontvang wat Ek jou hemelse Pappa in jou wil deponeer
Hemelse kos vanuit die troonkamers daarbo

Maak oop jou Bybel kind
Begin lees
Raak iewers deel van ‘n Bybelstudie-groep
Daar is soveel

Kinders Ek het in hierdie wêreld
Mense
Mans en vrouens
Opgerig om My Woord te deel

Kinders luister na hulle
Asseblief ontvang
Leer van hulle
En julle sal sien

Daar is mense
Sê Abba-God
Wat in hierdie wêreld uit is om te mislei
Vir hulle moet julle versigtig wees

Maar hoe gaan ons weet
Sê Abba-God
Hoe gaan ons die verskil ken
Dit is julle vra

Pappa se kinders
My liefste liefste kinders
Dis hoekom julle in julle binnekamer
Verhouding met My moet hê

Ja liefste kinders
Dis hoe julle gaan weet
Dis hoe Ek julle leer
As julle by My kom sit

Moenie bang wees kinders
Wanneer julle kom
Wees net sag en sê
Daddy hier is ek, leer my asseblief

Kinders dis vir My die mooiste woorde
Sagkens sal Ek julle lei
Net soos wat Ek met My ander kinders doen
Totdat julle almal in die volheid van My Waarheid staan

Moet nooit ophou soek na My
Sê Abba-God
Nooit ooit
Binnekamer-stories is van die mooistes wat ons kan hê

Daar’s altyd sê Pappa-God
Altyd soveel meer
As wat mense op die oog af sien
Dis hoekom hulle moet kom en glo

Ja sê Pappa-God
Kinders glo en sien
Vra en ontvang
Soek en vind

Dis hoe dit by My
En My Koninkryk bly werk
Kinders wees net sag
Altyd oop

So kan Ek julle leer
So kan Ek julle bring
By die plek voorberei
Hou aan kinders, hou aan om verhouding met My te bou

Kinders dis wat dit beteken
Om daagliks manna van die Woord te eet
Julle leer My ken
Julle word EEN met My

Elke dag ‘n bietjie meer van My in julle
En julle in My
Totdat ons saam
‘n Volmaakte Jesus-beeld vorm

Kinders dis maar al
Waarmee Ek op planeet aarde besig is
Ek wil Jesus gestalte in mense laat kry
Dis mos maar die grootste voorreg vir Christene

Om soos Ek te wees
Om soos Ek te lyk
Sodat wanneer mense vir julle kyk
Hulle Jesus sal sien

So kinders
Word meer en meer verlore siele
Die hemel ingelei
Deur julle wat hulle so baie liefhet

Mense moet bewondering vir My hê
Kinders dit moet groei
En dit gebeur gereeld
Wanneer hulle julle bewondering vir My sien

Hou aan daarmee kinders
Hou aan
Asseblief om te groei in My
Deur daardie vars stukkie manna wat jy elke dag kom kry

Vars manna
Vars woord, daagliks
Uit My hart
Dit is wat Ek vir jou wil gee

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment