Etiket: Heilige+Gees

  • Bad van Wedergeboorte

    Bad van Wedergeboorte

    Pappa … dis modder né
    Modder wat ons nooi om in hulle te bly rondrol
    Dis wat hulle wil hê ons moet bly doen
    Soos ‘n vark dat hulle die heeltyd vir ons kan bly sê …

    Ons is varke
    Die waarde van ‘n vark aan ons kan bly heg
    Abba sê Hy het die price tag van sonde van ons kom afhaal
    Dis nie meer wie ons is nie

    Hy het die waarde van Sy Seun se kruisdood aan ons kom heg
    Dis wie ons nou is
    Vrygekoop, losgekoop
    Skuld niks

    God het ons voete kom vry maak
    Sodat ons saam met Hom
    Na hemelse plekke kan sweef
    Hemelse Plekke

    Al hoekom ons in sonde bly vassit
    Daaraan bly kleef
    Is omdat ons nog nie ons waarde sonder dit ontdek het en ken nie
    Dis soos ‘n oewer waarvan ons moet wegvaar

    See you later
    See you never
    I’m not coming back

    Ek gaan ontdek wat agter die horisonne lê

    Ons word uitgenooi na ‘n nuwe lewe
    ‘n Beter lewe saam met Hom
    Ja dit gaan vreemd wees en voel aan die begin
    Maar dink daaraan … dis ‘n beter lewe, ‘n voller een

    Dis soos Egipte en die Beloofde Land
    Ja baie van God se kinders wou net teruggaan
    Konstant, na die vleispotte van Egipte
    Al was hulle in slawerny

    Sonde laat mens swaarkry
    Dowwe oë, slegte woorde, lewens sonder ‘n lied
    Nie die een wat jy voorgee wanneer jy by vriende is
    Maar die een wanneer jy alleen in jou bed lê en wonder … Is dit nou dit?!

    Ons word geroep na ‘n lewe van meer
    ‘n Lewe saam met die Een wat Sy Seun gegee het vir ons
    Die Een wat ons liefhet meer as al die oseane se druppels water
    Ontelbaar, onmeetbaar

    Is God se liefde vir jou nie groot genoeg om te sê:
    Ja liefste Jesus, ja ek het U ook lief
    Ek wil dankie sê vir die liefdesoffer gegee aan my
    Ek wil U ontdek, ek wil U ook beter ken

    Ja dis ‘n oewer waarby baie van God se kinders nog nie aangedoen het nie
    Hulle sit en wonder …
    Sal ek, sal ek nie trek?
    Abba seblief help ons dit regkry

    Die doop is die Rooi See
    Dis die vir-goed-baai-sê
    Dis daai besluit, ek gaan oor
    Ek gaan oor na die anderkant, saam met Hom

    Jesus het Sy hand gelig, soos Moses, daai dag toe Hy sê
    Ek het vir sonde betaal!
    Ja baie van God se kinders trek deur sonder die doop
    Hulle trek deur want hulle glo nie dat dit nodig is

    Jesus se dood het mos klaar betaal vir my sonde
    Hoekom moet ek nou nog deur die doopwaters gaan?
    Dis ‘n aksie My kind
    ‘n Aksie wat sê … ek trek nou nuwe klere aan

    Ja party van My kinders gaan hulle klere eers in die Hemel kry
    Dis nou maar hulle keuse né
    Ek wens hulle wou luister wanneer Ek sê
    Gaan bad nou, gaan bad!

    Maar nee hulle bly glo, ‘n waslap doen die werk
    Dis soos ‘n hand-bad
    Ja hulle het al van die stof en modder ontslae geraak
    Maar hulle bly glo, dis genoeg … hoekom sal ek nou ‘n ordentlike bad wil hê?

    Dis soos ‘n groot spoil My kind wat Ek vir julle voorberei het
    ‘n Bad met borrels, lekker warm en vol seep
    Dis maar al wat Ek vir julle voorberei het
    ‘n Bad wat sê … welkom terug by die huis!

    So lank het Ek jou gemis
    So lank het Ek jou terug verwag!
    Vriend, vriendin
    Dis al wat dit is, ‘n bad waarin jy kan baljaar!

    Hoekom dink julle is dit so
    Dat sovele na die doop met water silwerskoon voel?
    Dis omdat hulle gewas is met die Water van My Woord
    Wees gehoorsaam My kind, wees gehoorsaam!

    Dis maar al wat Ek vra
    Moenie jou eie kop wil bly volg
    Maar ja as dit vir jou verskriklik bly voel
    Los dit dan maar

    Eendag gaan jy in die Hemel jou bad kry
    En dan gaan jy dink …
    Ai tog, het ek maar lankal terug
    Gedoen wat ek nou doen!

    ‘n Verheerlikte liggaam
    Dis maar al wat reeds hier op aarde kan begin
    Met die liggaam wat Ek julle gee
    Na die aardse doop

    Ek hoop julle het hierdie prentjie geniet
    Ek hoop julle het hom verstaan
    Doop van Wedergeboorte, bewys van die nuwe mens
    ‘n Nuwe lewe het begin, een wat in Jesus se voetspore volg

    Amen.

    Abba het dit ook op my hart gesit om ‘n video met hierdie boodskap op te neem en vry te stel, julle wil hom kyk! Kliek Hier Vir Die Video

  • Draadjie-van-Hoop

    Draadjie-van-Hoop

    Ken jy
    God se hartklop
    Het jy Sy stem
    Al vir jouself gehoor?

    Ons Pappa-God
    Wil so graag kinders hê
    Wat nie net aan tradisie
    Se rokspante vashou

    Ons Pappa wil so graag hê
    Ons moet na dieper en meer begin vra
    Alles wat Hy in die Gees
    Vir ons voorberei het

    Dikwels sê Daddy
    Is dit vir julle My kinders
    Moeilik om te verstaan
    Dis wat Ek so graag wil hê

    Hoekom vra Pappa
    Hoekom
    Verhinder so baie van julle
    Die Gees se werkinge in julle lewens

    Liefstes sê Daddy-God
    Dit gebeur so gou
    En so gereeld
    Ek kry dikwels nie kans om te doen wat Ek graag wou

    Julle verhinder My sê Daddy
    Om te beweeg in jou lewe
    Omdat jy nie vir My Gees se werkinge in jou lewe
    Ja sê

    Liefste sê Pappa
    Dit pla My so baie
    So geweldig
    Dis asof daar die heeltyd struikelblokke opgerig word tussen My en jou

    Liefste sê Pappa
    Liefste-liefste kind
    Pappa wil jou vra
    Sal jy My asseblief net bietjie meer vryheid in jou lewe gee

    Ek word so gereeld
    Sê Daddy-God
    Aan bande gelê
    Met wat Ek mag en wat Ek nie mag doen in My kinders se lewens nie

    Daddy U mag dit doen
    En dat
    Maar Daddy asseblief
    Dit mag nie so gebeur

    Oe ja-nee
    Baie kere
    Liefstes sê Daddy
    Word Ek vertel hoe ‘n ding mag of nie mag gebeur

    Ek word vertel
    Sê Pappa
    Ja regtig
    Baie kere

    Ek weet dis nou nie jy
    Sê Pappa
    Ja-nee Ek weet 😉
    Dis nie jy, dis al die ander

    Ja sê ons liefste Daddy
    Ek is goed
    Ek is mooi
    Ek weet wat Ek van julle vra

    Julle is so verkeerd
    My liefstes sê Daddy
    As julle My wil voorskryf
    Oor hoe iets moet gebeur

    Dis nie hoe dit moet wees
    Liefste kind van My hart
    Wag op My
    Doen wat Daddy jou vra

    Ja sê Daddy
    Daar is party kere
    Wat ‘n duidelike ja of nee van My nie nodig is
    Maar dan is daar ander kere wat dit noodsaaklik is

    Liefstes sê Daddy
    Ek wil net vra
    Vertrou, vertrou My
    Met alles wat jy het

    Ja sê Daddy, ja
    Jy kan altyd weet dat Ek van beter weet
    My liefste kind
    Dis beter so

    Daar’s te min mense sê Abba-God
    Wat verkeerd-glo hieroor
    Hulle dink of weet nie
    Hulle kan My raad vra oor enige iets

    Liefstes sê Abba
    Kom net nader
    Nader aan My
    Laat Ek jou wys hoe dit werk

    Ja sê Daddy
    Ja
    Daar is so baie
    Wat Ek julle op hierdie pad van Lig kan wys en leer

    Kinders
    Daddy vra net
    Kom en word wys
    Kom leer van My

    Julle hoef nie al die besluite van julle lewens
    Self te neem
    Rerig julle kan oorgee
    En My veel eerder vertrou

    Ek sal julle
    Die regte pad wys
    Die een wat lewe
    Die een van oorvloed

    Oe liefstes
    Sê Daddy
    Dis te min
    Dis te min dat julle My waarlik vertrou

    Laat My voorloop
    Liefstes
    Asseblief altyd
    Vra ons Pappa-God

    Julle vra te min
    Daddy loop voor
    Wys my die pad
    Waarheen, waarheen nie

    Daar is hoogstes liefstes
    In My
    Wat julle net sal bereik
    As julle vra daarna

    Ja liefstes
    Sê Daddy
    Daar is soveel meer
    Maar dit gaan vat dat julle saam met My op water loop

    Ja liefstes
    Sê Daddy
    Dit gaan partykeer geweldig diep lyk
    Maar julle gaan My moet vertrou

    Ek hou vir julle net die beste instoor
    Net die mooiste
    Ek het kinders nodig
    Wat dit saam met My sal glo

    Ja sê Daddy
    Liefstes
    Dis wat julle moet doen
    Wanneer die moeilike donker twyfel-dae kom

    Vertrou My diep
    Dieper
    Diepste
    Dis wat Ek vir My kinders wil sê

    Julle moet vertrou
    Julle moet glo
    Julle moenie opgee
    Wanneer Ek voorloop

    Sien kind sê Daddy
    Dis altyd die gedagtes
    Wat Satan kom plant
    Gedagtes wat twyfel bring

    Moenie ooit toelaat
    Sê Daddy
    Dat Satan julle vertroue in My
    Verhinder om te groei

    Ja hy gaan altyd probeer
    Sê Abba
    Maar wees bewus
    Kyk die kat goed uit die boom

    Dis sy hart sê Pappa
    Dat Ek en jy
    Nooit nader aan mekaar groei
    Dis wat hy altyd probeer verhoed

    Kom ons knielhalter
    Bietjie sy planne
    Sê Abba
    Kom ons ry dit net ‘n bietjie in die wiele

    Ja deur jy liefste kind
    Wat jou vertroue in My plaas
    En ja sê
    As Ek jou in ‘n sekere rigting wil lei

    Moenie net altyd wil vasskop
    Liefstes van My hart
    Abba s’n
    As Ek jou vra om in ‘n sekere rigting te beweeg

    Ja sê Daddy, ja
    Jy het die stappe dalk nie so geantisipeer
    Maar kind sê Abba
    Ek is nogsteeds in beheer

    Raak rustig sê Abba
    Ja rustig in julle hart
    Vertrou My altyd-deur
    Laat toe dat Ek voorloop

    My genade is altyd genoeg
    Sê ons liefste Pappa
    En wanneer Ek julle iets vra
    Weet dat Ek julle die vermoë sal gee om dit reg te kry

    Ja julle hoef nie altyd
    Sê Daddy
    In ‘n frenzie te gaan
    Te sê dinge moenie so gebeur

    Ja sê Daddy
    Ja
    Dit gaan dalk ‘n klein bietjie anders gebeur
    Maar Ek weet hoekom Ek vra

    Vertrou My net altyd veel eerder
    Sê Pappa
    Vertrou My
    Doen wat Ek vra

    Wanneer Ek in ‘n rigting lei sê Abba
    Wat jy nie rerig verstaan
    Moet jy weet dis nie altyd nodig om eers te verstaan
    Voor jy doen wat Ek vra

    Geloof is glo
    Sê Abba
    Geloof is om te doen
    Wat Ek vra

    Ja liefste sê Abba
    Wanneer Ek vra
    Doen asseblief
    Dis hoe Ek weet dat julle glo

    Moenie net doen
    Tot daar waar dit vir julle gemaklik is
    Nee kind
    Doen dit asseblief end-uit

    Ja alles wat Ek vra
    Loop asseblief die pad
    Van volle gehoorsaamheid
    Tot die einde toe

    Julle liefde is mooi
    Sê Abba
    Ek wil net vra
    Kan julle My help deur meer te groei?

    Meer te groei in julle liefde
    Sodat julle My
    Alhoemeer kan vertrou
    Dis hoe dit makliker raak

    Ja dit is so liefstes
    Hoe meer julle My ken
    Hoe makliker sal dit wees
    Om My waarlik te vertrou

    Ek wil nie net hê
    Liefstes
    Sê Daddy
    Dat dit wat tussen ons is leë hol woorde bly

    Moet asseblief nie sê
    Sê Abba-Vader
    Dat julle My vertrou
    As julle nie bereid is om ‘n tree te gee as Ek vra

    Nee liefstes
    Asseblief
    Pappa vra veel eerder
    Vertrou My asseblief, rerig

    Ja diep en uit julle hart
    Leer My ken
    Rerig-rerig erig
    Leer My ken

    Diep
    En uit My hart
    Wil Ek jou ook vra
    Sal jy My dieper vertrou

    Sal jy leer uitsien
    Na dit wat Ek verborge hou
    Selfs al kan jy dit nog nie lekker sien
    Sal jy asseblief, groot asseblief

    Ja sê Daddy
    Ek weet
    Kinders vra ook so as hulle iets graag wil hê
    Mamma, pappa groot asseblief kan ek dit kry?

    Liefste sê Daddy
    Dit is Pappa se vra vandag
    Groot asseblief
    Sal jy My liewer kry?

    Daar is ‘n liedjie
    Sê Abba
    Diep en mooi is hy
    Dalk het julle hom al gehoor

    Oceans
    Oceans is sy naam en hy sê
    Take me deeper than my feet could ever wander
    And my faith will be made stronger in the presence of My Savior

    Dit is hoe dit is
    My liefste kinders
    Pappa wil julle na veel verder plekke vat
    As wat julle ooit alleen sal kan bereik

    Ek wil julle op My skouers tel en sê
    Kinders kom nou
    Kom ons gaan verken
    Kom Ek wys julle wat is moontlik by My

    Julle geloof is maar dikwels klein
    Sê Abba
    Dikwels so klein
    Wanneer dit by My en vertrou My kom

    Oe liefste sê Abba
    Oe liefstes
    Kom net nader
    Kom sien daar is soveel wat ons saam kan bereik

    My liefde vir julle
    Is so groot en so mooi
    So grênd
    Sou kinders ook sê

    Kinders kom sê Pappa
    Kom asseblief
    Ek wil julle wys en leer
    Ek is God van die onmoontlike

    Ek wil julle aantrek
    Sê Pappa-God
    So graag
    Met die potensiaal van die hemele

    Ek wil julle aantrek
    Met groter vermoë
    Groter doelgerigtheid
    Om julle drome te bereik

    Oe liefstes
    Sê Abba
    Kom, kom laat Ek julle wys
    Daar is drome wat hierdie wêreld nog nie bereik het nie

    Ja-nee kyk kinders
    Sê Abba
    By My is groter en dieper en mooier
    Altyd nog ‘n opsie

    Asseblief kinders
    Asseblief
    Kom glo Pappa
    Die horisonne in My hart is breed

    So onbereikbaar groot
    Is die visie in My hart
    Ek hou van groot-droom sê Abba
    Ek is baie lief daarvoor

    Ek weet sê Daddy
    Dat Ek baie kere, baie van My kinders se harte
    In hulle kele laat klop
    Met die goed wat Ek vra

    Ek weet dit sê Pappa
    Ek weet
    Dit laat hulle bene bewe
    Dit laat hulle baie bewerig voel

    Oe liefstes sê Daddy
    Ek weet
    Ek weet dis baie groot
    Om baie kere die gewig van hemelse drome te dra

    Dis te groot
    Dis te groot sê My kinders dan
    Ek kan nie, ek kan nie
    Dis te veel vir my

    Dis net, kind
    Seun en dogter sê Pappa
    Ek wat jou vra om saam met My
    ‘n Hemelse droom waar te maak

    Liefstes sê Daddy-God
    Dit moet ‘n droom wees
    Te groot vir jou
    Anders is dit mos nie ‘n hemelse droom 🙂

    Drome groter as hierdie wêreld s’n
    Dit is die tipe drome
    Wat Ek love om waar te maak
    Deur My kinders op aarde wat saam met My werk

    Liefstes sê Daddy
    Sien
    Sien dis net hemelse drome
    Wat op aarde ‘n weg moet kry om te gebeur

    Dis hoekom Ek altyd-altyd vra
    Kinders asseblief
    Vertrou Pappa veel eerder
    Met dinge wat Ek vra

    Ja dis nie altyd maklik
    Maar dit is altyd moontlik
    As julle My net altyd sal toelaat
    Om die voor-loop te doen

    Ja sê Daddy-God
    Ja dit is so My kinders
    My hemelse drome kan baie kere
    Net gestalte deur mense kry

    Ja mense wat sê
    Okay
    Goed Pappa, goed
    Kom ons wys hierdie wêreld ‘n ding of twee

    ‘n Ding
    Wat hulle nog nie beleef of ervaar het nie
    Kind
    ‘n Ding baie groot

    Sien, sien sê Pappa
    Ek hou van duplikate ook
    Ek hou van dinge doen wat Ek lankal terug reeds al gedoen het
    Ek hou daarvan as dit mense nogsteeds in stom-verwondering laat

    Tog hou Ek net so baie daarvan
    As Ek hierdie wêreld
    Iets kraakvars en splinternuut kan bied
    Iets nog nooit gesien of ervaar

    Dis hoekom Ek partymaal sê Daddy
    Verspotte goeters van julle vra
    En mense dan sê
    Ag jy is mal

    Mal sê Daddy
    Net soos wat mense vir Noag gesê het
    Toe hy vir jare en jare
    Gehoorsaam aan die ark bou

    Hoeveel jare lank
    Sê Abba
    Het mense met hom die spot gedryf
    Voordat die dag van reënval finaal aanbreek

    Oe kinders sê Daddy
    Ek wil hê julle moet verstaan
    Mense gaan dikwels en baie kere
    Die hemelse drome in julle harte afkraak

    Ja hulle gaan ook sê
    Hy of sy het nou finaal
    Al hulle varkies verloor
    Maar kind dis net omdat hulle nog nie kan sien

    Hulle kan nog nie sien
    Sê Abba
    Die reën wat alreeds in jou gees geval het
    En besig is om nat te maak

    Oe liefstes sê Pappa
    Asseblief onthou net
    Ek is vir julle
    Altyd-deur

    Ja, ja
    Dit gaan nie altyd maklik wees
    Die lewe is moelik
    Maar hemelse drome is moontlik saam met My

    Sal julle asseblief saam met My werk
    Kinders asseblief
    Julle wat met hemelse drome sit
    Julle wat weet dit gaan net met God se hulp gebeur

    Ja sê Daddy, ja
    Julle weet
    Julle sit al jare met hierdie swaar gewig op julle skouers
    Hoe, wat, waar, wanneer?

    Oe kinders sê Pappa
    Ek sal julle help
    Elke tree
    Hoe om hierdie hemelse plan tot uitvoer te bring

    Ja sê Daddy, ja
    Vertrou net My hart
    Weet
    Dat Ek besig is

    Julle vra so gereeld
    Here wys my
    Waarnatoe
    Wanneer

    Kind Ek sal
    Ek sal
    Ek belowe
    Hou jy jou ore net wawyd oop

    Sodat wanneer Ek spreek
    Jy dadelik sal hoor
    Net soos Samuel sal jy dan antwoord
    Spreek Here, U dienskneg luister

    Oe
    Ore ingestel op die Koning
    Vir verdere instruksies en leiding
    Hoe baie mooi is dit vir My

    Julle
    Julle geliefdes van My hart
    Sê Abba
    Ek is altyd vir julle

    Hou net daaraan vas
    Sê Abba
    Die dae wanneer die lewe moeilik is
    En mense nie altyd verstaan

    Ja sê Pappa, ja
    Mense gaan nie altyd jou journey verstaan nie
    En jy nie ‘n ander s’n
    Want julle is op verskillende plekke van julle journey

    Oe My kinders, liefstes sê Daddy
    Altyd sal Ek poog, altyd
    Om mense in jou lewe te bring wat jou journey verstaan
    Wat die pad saam met jou kan loop

    Ja vriende en familie
    Sê Daddy
    Naastes
    Is dikwels nodig vir jou om jou pad te loop

    Ek is die Een sê Daddy
    Wat dikwels verbintenisse skep
    Mense jou pad laat kruis
    Met wie jy ‘n padjie gaan loop

    Ja dis Ek sê Pappa
    Dikwels Ek
    Wat maak dat julle nuwe en vreemde mense ontmoet
    Wees op die uitkyk daarvoor

    Dis omdat Ek net weet liefstes
    Die een is nodig vir die volgende seisoen
    Waarin My kind beweeg
    Ek sal onderskraging stuur

    Oe My kind
    Dis maar hoe Ek werk
    Altyd op die uitkyk
    Vir jou My kosbare kind

    Daarom sê Daddy
    Volgende keer as julle paaie met iemand nuuts kruis
    Weet dit is heel moontlik
    Iets wat Ek in die mou voer 😉

    Oe ag kind
    Ek terg jou net
    Ek wil net hê jy moet weet
    Ek is maar altyd besig met goed wat jy nie aldag kan sien

    Ja kind, ja sê Pappa
    Altyd besig met ietsie in die lewens van My kinders
    Dis vir My so mooi
    So mooi as julle My net vertrou

    Kom vra maar altyd
    Sê Abba
    Net ‘n stukkie nuwe wysheid
    ‘n Stukkie van waarmee Ek in jou lewe besig is

    Ek sal jou altyd wys kind
    Ek sal jou altyd lei
    Pappa is vir jou
    En altyd besig agter die skerms

    Ja sê Abba
    Ja dit is so
    Julle sien dit baie dikwels
    Eers vele-vele jare later

    Oe dit is hoekom dinge so uitgewerk het
    Dit is hoekom dinge so moes gebeur
    Nou verstaan ek
    Vir die eerste keer

    Oe ja-nee sê Abba
    Oe ja-nee
    Dis maar hoe Ek baie kere
    My hemelse planne laat uitwerk

    Julle dink partykeer
    Dinge is maar niksvermoedend so
    Oe nee kinders, oe nee
    Pappa is altyd besig met ‘n plan

    Altyd maar altyd
    Het Ek ‘n plan waarvolgens Ek werk
    Ek sal nou nie sê
    Ek kry als reg wat Ek graag wil hê moet gebeur maar Ek probeer

    Ja Ek probeer altyd
    Om dinge beter te maak
    Om dinge te laat uitwerk
    Vir My kinders

    Ja, ja
    Partykeer is daar stampe en stote
    Ja partykeer is daar hobbels waaroor ons moet oor
    Maar dis asof hulle die reis net alte mooi maak

    Ja dis nie altyd lekker
    Maar kinders
    Ek het die vermoë
    Om selfs die slegste sleg mooi te maak

    Ja dis maar net wie Ek is
    Dis maar net wat Ek kan doen
    Ek twyfel
    Sal mens ooit beter kry?

    Ek is die beste-beste God
    Waarvoor hierdie wêreld ooit kon vra
    Party mense betwyfel dit nogsteeds baie sterk
    Maar dit is so

    Liefliker as lieflik
    Mooier as mooi
    Liefstes sê Daddy
    Dit is Ek die ewige God

    Ek is God
    Die ander is gode
    Ek wil net graag vir julle sê
    Ek is die enigste god wat met ‘n hoofletter-g geskryf kan word

    Ja-nee sê Pappa-God
    Ja-nee
    Die ander is spring-chickens teenoor My
    Ek is die real deal

    Die realest truest deal
    Wat enige iemand ooit kan kry
    Dit is Ek
    Die ewige God

    Kom nader wêreld
    Kom leer My ken
    Toe-nou kom
    Toe-nou kom

    Ek paai en mooi-praat
    Van julle nou al vir jare
    Tog nogsteeds
    Tog wil julle harte hard hou

    Ag Ek verstaan nie
    Sê Abba
    Ek verstaan nie hoekom
    Jy jouself so hardkoppig wil hou

    Wat het dit jou in die sak gebring
    Sê Abba
    Wat het dit jou al ooit in die sak gebring
    Behalwe ‘n hengse hoofpyn?

    Ja Ek weet sê Abba
    Ek weet
    Julle kry hulle gereeld
    Migraines dis mos wat julle hulle noem

    Migraines sê Abba
    Het al half-pad van die mensdom opgeeët
    Met al sy migraine fixes
    Sal apteke nooit uit besigheid gaan

    Oe nee sê Abba
    Oe nee
    Dis een van hulle beste verkopers
    Julle het seker al gesien

    Liefstes sê Abba
    Die van die wêreld ook
    Ek wil net sê hierdie briefie skryf Ek
    Sodat ook daardie hoofpyn ligter teen jou slape sal begin klop

    Ja sê Pappa-God, ja
    Ek verstaan
    Die fisiologie van die mensdom
    Ek het julle aanmekaar gesit

    Ja sê Pappa
    Daar in die tuin van Eden
    Toe Ek die asem van lewe
    In jou longe inblaas

    Soos ‘n wafferse dokter of homeopaat
    Kan Ek ook My vinger
    Op die presiese probleem-area sit
    Ek weet waar die probleem lê

    Oe kind sê Daddy
    Oe kind
    Ek kan net sê
    Heelwat van die oorsaak is jy wat nie jou vertroue in My belê

    Ja mense van die wêreld
    Dokters en so
    Hulle sal nie baie maklik
    Dit as rede vir jou uitwys

    Oe nee sê Pappa
    Oe nee
    Dit is mos maar nou so
    Baie van hulle probeer julle mos oortuig dat Ek nie rerig is

    Ja ‘n fabrikasie van mense se gedagte-wêreld
    Goeie en sterk verbeelding
    Ek kry daai een nogals dikwels 😉
    Of is dit hulle kort ‘n kruk om deur die lewe te gaan

    Ek weet nie
    Of julle al gesien het
    Maar My kinders se “kruk”
    Werk nogals baie heerlik 😉

    Oe ja
    Die lekkerste wandelpadjies het ons al saam beloop
    Die wonderlikstes
    Die waarvan die hemel droom

    Wil julle nie bietjie saam met ons kom sit
    Julle verlorenes van hart
    En saam met ons
    Hemelse drome begin te droom?

    Oe hulle is te lieflik
    Of te grys
    Soos die ouer mense soms sê
    Ek wonder weet die jonges van dae wat daai woord beteken?

    Gaan vra julle oumas en oupas
    Sê Abba
    Hulle sal vir julle vertel
    Dis wanneer iets baie oulik is

    Oe liefstes sê Daddy
    Oe liefstes van My hart
    Hoor asseblief
    Ek gee om

    Ek gee om vir julle
    So so baie
    Ek wil julle vertel
    Verlorenes, julle ook

    Julle dink genoeg kere
    Ek gee nie om
    Sê gereeld
    God, Hy sal nie belangstel in ons

    Oe kinders van die wêreld
    Kan julle hemelse Vader net vir julle sê
    Julle is so verkeerd
    Ashoop, dis waar Ek meeste van My kinders gaan haal

    Daai plek waar hulle so skuldig is
    Daai plek waar hulle so skuldig voel
    Dis dan wat Ek steeds kom en sê
    Kind Ek is goed en Ek wil jou hê

    Mense verstaan nie My goedheid nie
    Sê Abba
    As Ek julle kon sê op ‘n skaal wat julle verstaan sou Ek sê
    200% net goed

    Daar kan nie ooit meer goed as Ek
    In hierdie wêreld of enige ander plek bestaan
    Ek is die ware betekenis
    Van alles wat goed en mooi is

    Dis so moeilik sê Abba
    So moeilik
    Om dikwels vir julle te verduidelik
    Want julle dink dat dit net woorde is

    Ek is nie net mooi woorde nie
    Sê Abba
    Nie, nie, nie
    Nooit nie

    Julle liefde vir My is so flou
    Sê Abba-Vader
    Want julle ken My nie
    Nie voorwaar nie

    Daar’s te veel voorwaardes
    Sê Pappa-God
    Baie kere
    Gekoppel aan wie Ek is en wat Ek kan doen

    God is goed
    As Hy vir my deurkom
    God kan ek vertrou
    As Hy doen wat ek vir Hom sê

    Liewe ouers kinders
    Liewe ouers
    Ek dink dat dit verskriklik narrow-minded is
    Ek dink dat julle beslis nie die groter prentjie sien

    As julle My net vertrou en liefhet
    As Ek volgens julle pype dans
    Liefste kinders
    Is julle liefde vir My voorwaar baie vlak

    Ek wil julle by die plek uitbring
    Sê Jesus Christus, die Seun
    Waar julle liefde vir My
    Voorwaar so diep en eg is

    Was die Kruis van Golgota
    Nie genoeg sê Hy
    Nie genoeg om te bewys hoe diep kosbaar en spesiaal jy vir My is
    Was My prys nie duur genoeg?

    Kinders sê Abba
    Dis tyd dat julle na die Kruis begin kyk
    Dis tyd dat julle begin onthou
    Hoekom is dit nie genoeg vir jou om te weet Ek is net goed

    Ek weet nie sê Abba-Vader
    Van enige ander koning
    Wat sy seun vrywillig sou opgee
    Om die sondige afvallige mense van sy koninkryk te red

    Mense doen nie sulke goeters nie kinders
    Ek weet nie
    Het julle al gesien?
    Dalk, dalk net vir iemand vir wie hulle baie lief is

    Ja dan sal mense
    Hulle lewens opgee
    Dan sal hulle sê
    Dit is die moeite werd

    Oe geliefde sê Abba
    Die hele wêreld
    Julle was vir My genoeg
    Dis hoekom Ek My-Seun-het-gestuur

    Ja Ek het dit gedoen
    Sê Abba
    Om julle te bevry van sonde
    Sodat julle nooit ooit weer haar slaaf hoef te wees

    Party mense kies dit vandag nog
    Steeds vrywillig
    Ek weet nie
    Seker omdat hulle nog nie die dodelike effek daarvaan gesmaak het

    Ja
    Sonde lei net na een plek
    Eers donkerte in jou siel
    En dan die donkerte wat die ewigheid inhou

    Ons noem dit die tweede dood
    Of is dit ewige hel
    Daarnatoe sal gaan almal wat hulle rûe op God
    En Sy verlossingsplan gedraai het

    Ja mens kan dit so sê
    Sê Abba
    Of mens kan sê
    Hulle wat nie My offer van liefde en genade wou aanneem

    Sien daar was ‘n prys
    Aan die Kruis van Golgota betaal
    ‘n Prys om jou siel vry te koop
    Omdat jy vir sonde gesê het ja

    Jy moes met jou lewe daarvoor boet
    Elke liewe mens wat sonde gepleeg het
    Toe sê Ek nee wag
    Ek sal My Seun in hulle plek stuur

    Wie wil hulle hê het Satan gesê
    Geskel hulle het jou verlaat
    Hulle sal weer
    Moet hulle nie ‘n kans gee!

    Ek hoop nie sê Daddy
    Ek het My kanse verspeel
    Ek hoop nie so maar toe sê Ek ja
    Ja! Ek sal hulle nog ‘n kans gee

    Ek kon net nie sê Abba
    Op julle My kosbare skepping opgee
    Ek het net nie geweet hoe
    Toe gee Ek maar Myself as offer vir jou sonde

    Ja Ek kon nie, Ek kan nie
    Nou-nog nie
    Ek weet nie hoe om van daai draadjie-van-hoop tussen ons te laat gaan
    Hoe sny Ek hom vir altyd flenters

    As julle My net kon wys hoe
    Sou Ek dit dalk doen
    Dis partymaal so moeilik
    So seer om aan daai stukkie hoop vas te hou

    Ek hou vas
    Maar al wat Ek kry is skoppe, vuishoue en slae
    Van almal wat in hierdie wêreld glo
    Dat Ek die grootste vark is wat op twee bene loop

    Mense verafsku My
    Hulle vloek My
    Hulle jou My uit
    En al wat Ek doen is, Ek kan nie op HOOP opgee

    Hoekom, hoekom nie
    Hoekom kan Ek nie laat gaan
    Daddy hulle maak so seer
    Kan U nie sien?!!

    Dis die Heilige Gees se stem
    Dis Sy wat so gereeld vir My sê
    Hulle wil nie
    Hulle wil nie terugkeer

    Hulle wil nie glo
    Dat jy ewig mooi is nie
    Hulle wil die Waarheid nie leer ken
    Hulle wil blind bly

    Oe magtie
    As Ek net kon opgee
    As Ek net nie meer kon glo
    Daar is nog hoop

    Dit is so verdomp moeilik
    So moeilik om te bly glo
    Als gaan nog uitwerk
    Als gaan draai vir goed

    Dis so moeilik
    Want alles sê nee
    Alles sê
    Gee maar op!

    Dis so so moeilik
    Ek wens net Ek kon laat gaan
    Ek wens dit was nie ‘n issue
    Ek wens Ek kon die wêreld los om verlore te gaan

    Ja-nee sê Daddy
    Ja-nee
    Dit sou soveel van My probleme
    Eensklaps oplos

    Dis mos wat die wêreld wil hê
    Woeps-waps
    Als verby
    Nou kan hulle maar in die hel brand, wat gee Ek tog om

    Dit lyk My sê Abba
    Dis My omgee wat die groot probleem is
    Help My om te laat gaan
    En Ek doen dit met graagte

    Sien sê Abba, sien
    Ek het ook hulp nodig
    Ek wil so graag hê julle moet sien
    Ek sukkel so baie om op te gee op julle

    Hierdie verlore-gaande wêreld
    Het nogsteeds
    Net so ‘n spesiale plekkie in My hart
    Hoe kan dit wees?

    Ek dink sê Abba
    Dis omdat Ek weet
    As mense net die Waarheid kon begin sien
    Sou hulle opreg-opreg dankbaar wees Ek het nie opgegee

    Soos soveel ander
    Alreeds ontdek het
    Dit is so
    Dit is baie waar

    Oe geliefdes
    Geliefdes van My hart
    Wanneer gaan julle sien
    Ek is net goed

    Net-net goed
    Geen sleg kan in My woon
    Dit is net nie moontlik nie
    Nie ooit

    Amen.

  • Vars Manna

    Vars Manna

    God se Woord
    Is die manna
    Waarvan ons elke dag moet eet
    Sê my vriend, vriendin eet jy genoeg?

    Dis wat ons nodig het
    Liewe boetie en sussie
    Om op te groei in Jesus
    Om sterk te word in Hom

    Ons kan nie
    Liefste kinders van Abba
    Elke dag van die ou brood van die verlede leef
    Ons het vars brood uit die hemel nodig, elke liewe dag

    Daar’s te veel van My kinders
    Sê Abba-God
    Wat dit te gereeld verkeerd kry
    Hulle glo verkeerdelik dat die brood van gister genoeg is

    Liefste kinders van Abba
    Verstaan julle nie
    Hoekom nie vra Pappa
    Julle het nodig kinders om elke dag vars brood vanuit die hemel te ontvang

    Kinders Ek wil julle vra
    Sê Abba-God
    Face julle vandag dieselfde probleme as gister
    Of is daar elke dag nuwe challenges wat jou in die gesig staar?

    Kinders, liefste kinders van Pappa
    Dis hoekom Ek vra
    Gister se genoeg
    Is nie vandag se genoeg

    Elke dag kind het jy ‘n vars porsie
    Van My genade, liefde en krag nodig
    Kind is dit nie so?
    Pappa wil jou vra

    Kinders sê Pappa
    Sal jy asseblief gaan sien
    Sal jy asseblief gaan vind
    Wat het met die Ou Testamentiese manna gebeur toe hulle wou opgaar?

    Kinders sê Pappa
    Liefste liefste kinders
    Verstaan julle nie
    Elke dag het julle nodig om vars manna vir die dag te kom haal

    Kinders daar’s te veel van julle
    My kinders
    Wat op ou brood lewe
    Wat wil opgaar dit wat glad nie meer waarde dra

    Kinders sê Pappa
    Asseblief sal julle verstaan
    Ek nooi julle nader
    Ek wil graag elke dag vir julle nuwe brood gee

    Kinders sê Pappa
    My kinders
    Dit is wat gebeur wanneer julle sê
    Ek sal nie uit die verlede se openbaringe leef

    Kinders sê Pappa-God
    My kinders
    Julle het seker al gelees
    Dat My Woord lewe en oneindige wysheid dra

    Kinders sê Daddy-God
    Ek het die vermoë om elke dag
    Iets nuuts in jou hart te plaas
    As jy net sou opdaag

    Kind sê Pappa-God
    My kind
    Net soos die Israeliete van ouds
    Het jy ook nodig om elke dag vars manna op te tel

    Die manna van vandag kinders
    Is die Woord van God
    Jesus Christus
    Wat jy elke dag moet eet

    Kinders, kinders sê Pappa-God
    Sal julle verstaan
    Sal julle kom leer
    Ek is steeds God

    Ja sê Pappa-God
    Dis tot vandag
    Wat Ek vir My kinders
    In die woestyn-tye van die lewe bly sorg

    Kinders sê Pappa-God
    Kinders
    Kom sien ‘n bietjie, kom vind
    Hoe goed die kwartels en manna van My Woord vir My kinders bly sorg

    Ja sê Pappa-God
    My kinders
    Daar’s te veel van julle wat omkom in die woestyn-tye van die lewe
    Daar’s te min van julle wat vra na vars brood

    Kinders verstaan julle nie
    Sê Pappa-God
    Julle moet kom eet
    Elke dag van die manna wat Ek uit My Woord met jou wil deel

    Kinders Ek weet nie sê Pappa
    Ek weet nie of julle verstaan
    Maar Ek weet elke dag waardeur jy gaan
    En Ek wil graag rigting en leiding aan jou gee

    Kinders sê Pappa-God
    Soveel kere wat julle met ou brood
    In julle hande bly staan
    Terwyl Ek lankal al nuwes aan julle wou gee

    Kinders sê Pappa-God
    Sal julle asseblief vir My kom vertel
    Raak julle nie moeg en siek
    Van al die ou brood wat julle eet?

    Kinders sê Pappa-God
    Ek is net so nuut en vars
    Soos die brood wat Ek elke dag vir julle wil gee
    Kinders wil julle nie daarvan hê?

    Pappa se kinders
    Julle moet verstaan
    Die applikasie van My Woord bly dieselfde
    Maar met elke generasie moet ons dit nuut aanbied

    Kinders sê ons liefste Pappa-God
    Dis hoekom die Woord dieselfde bly
    Maar die aanbieding verskil
    Ek sê dit vir julle wat dikwels vrae daaroor vra

    Kinders sê ons Pappa-God in die hemel
    Ek weet dat julle dikwels
    Vrae en onsekerhede daaroor het
    Julle is nie heeltemal seker dat dinge so moet werk

    Kinders sê Pappa-God
    My kinders wat omgee oor My Koninkryk
    En die manier waarop dit na die wêreld uitstraal
    Asseblief vertrou My

    Yes sê Pappa-God
    My kinders Ek weet dis dikwels vreemd
    Ek weet dis iets wat julle nie altyd verstaan
    Tog sal julle saam met My bly werk

    Pappa se kinders
    My kinders
    Ek vra nie dat julle alles eensklaps verander
    Ek vra dat julle oop sal wees vir dit wat Ek deur My Gees wil leer

    Kinders sê Pappa-God
    My Woord sê dan
    Julle moenie verandering vrees
    Ek sal by julle wees

    Daar’s te veel van My kinders
    Sê Pappa-God
    Wat dikwels nie byhou
    Met wat Ek besig is om op aarde te verrig

    Kinders sê Pappa-God
    Ek vra julle
    Sal julle net nader kom
    Altyd in-tune met My Heilige Gees wees

    Kinders sê Pappa-God
    Daar gaan dikwels en baie gereeld kere wees
    Waar ons die grond gaan moet oopbreek
    Vir die nuwe grondslag wat Ek wil lê

    Ja liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Ek bly nuut en vars
    Ek is ‘n pioneer van hart

    Daarom liefste, liefste kinders
    Beweeg altyd saam met My
    Asseblief julle Abba-God kan julle vertrou
    Elke dag ‘n nuwe stukkie manna kom eet

    Kinders sê ons liefste Pappa-God
    Dis nie dat Ek julle manier omvêr wil gooi
    Ek wil eerder net vra
    Is jy bereid om saam met My ‘n inventer te wees

    ‘n Inventer van nuwe dinge
    Met die ou, getroue wysheid van My Woord
    Kinders sê ons liefste Pappa-God
    Dis net die aanbieding wat gaan verskil

    Kinders Ek wil julle oë oopmaak
    Sê Pappa-God
    Vir die wonders in My Woord
    Die manier waarop Ek praat

    Dis hoekom Ek vra
    Kom eet van My
    Die Hemelse Manna
    Wat uit die hemel neerdaal

    Kinders Ek wil julle sieninge
    Maar net ‘n bietjie vorm
    Om meer en meer
    Myne te weerspieël

    Kinders sê Pappa-God
    Dis die mooi manier
    Die ewige manier
    Die manier wat bly werk

    Kinders sê ons liefste Pappa-God
    Die fondasie van julle geloof
    Bly Christus
    Kom laat ons daarop voortbou

    Daar’s baie nuwe grond
    Kinders wat Ek wil inneem
    Daarom dat Ek vra
    Sal jy saam met My bly werk?

    Ek eer die dapperes
    Sê Pappa-God
    Die dapperes wat sê
    Ek sal saam met God uit die mold breek

    Ja kinders sê Pappa-God
    Julle weet wie julle is
    Ek eer julle sê Pappa
    Dat julle altyd sê kan ons aanbeweeg

    Na nog meer en heerlike plekke in die Gees
    Daddy ons wil nie stagneer
    Ons soek lewe deur die Gees
    Nie die ou brood van gister wat die aarde vollê

    Kinders sê Pappa
    Kinders
    Ek soek julle nuut en vars
    Ek wil hê ons moet in hierdie lewe rigting aangee

    Ja-nee My liefste kinders
    Dit gebeur te gereeld
    Sê Abba-God
    Dat die kerk en liggaam van Christus agterweë bly

    Kinders sê Pappa-God
    My kinders
    Ons moet die true visionaries van hierdie wêreld wees
    Ons moet met hemelse visie voorloop

    Kinders dis wie Ek is
    Sê Pappa-God
    Altyd nuut en vars
    Nooit oud en koud

    Daarom wil Ek vra
    Pappa se kinders
    Kom in lyn met My
    Maak seker dat jy elke dag vars woord by My kry

    Kind dis al hoe jy nie mislei gaan word nie
    Want jy gaan My persoonlik ken
    In jou binnekamer sê Abba-God
    Hou daarmee aan

    Dis is soveel-soveel mooi goeters
    Vars manna wat Ek met My kinders deel
    Wanneer hulle aanhou daarmee
    En nie aan ou brood van gister vasklou

    Kinders die woorde van gister
    Dit was mooi, Ek stem
    Maar onthou
    Dit was vir gister

    Kinders hoekom sê Pappa-God
    Hoekom sal julle op die ou brood van gister wil leef
    As julle elke dag ‘n stukkie vars manna
    Uit die hemel kan kry?

    Kinders dit maak nie sin nie né
    Nee glad nie sê Abba-God 🙂
    Daarom dat Ek vra
    Asseblief kom maak elke dag by My ‘n draai

    Elke, elke dag
    Sê Pappa-God
    Wil Ek vars woord vir jou gee
    Sal jy kom eet?

    Ja liefste kind
    Maak oop jou hartsdeur
    Ontvang wat Ek jou hemelse Pappa in jou wil deponeer
    Hemelse kos vanuit die troonkamers daarbo

    Maak oop jou Bybel kind
    Begin lees
    Raak iewers deel van ‘n Bybelstudie-groep
    Daar is soveel

    Kinders Ek het in hierdie wêreld
    Mense
    Mans en vrouens
    Opgerig om My Woord te deel

    Kinders luister na hulle
    Asseblief ontvang
    Leer van hulle
    En julle sal sien

    Daar is mense
    Sê Abba-God
    Wat in hierdie wêreld uit is om te mislei
    Vir hulle moet julle versigtig wees

    Maar hoe gaan ons weet
    Sê Abba-God
    Hoe gaan ons die verskil ken
    Dit is julle vra

    Pappa se kinders
    My liefste liefste kinders
    Dis hoekom julle in julle binnekamer
    Verhouding met My moet hê

    Ja liefste kinders
    Dis hoe julle gaan weet
    Dis hoe Ek julle leer
    As julle by My kom sit

    Moenie bang wees kinders
    Wanneer julle kom
    Wees net sag en sê
    Daddy hier is ek, leer my asseblief

    Kinders dis vir My die mooiste woorde
    Sagkens sal Ek julle lei
    Net soos wat Ek met My ander kinders doen
    Totdat julle almal in die volheid van My Waarheid staan

    Moet nooit ophou soek na My
    Sê Abba-God
    Nooit ooit
    Binnekamer-stories is van die mooistes wat ons kan hê

    Daar’s altyd sê Pappa-God
    Altyd soveel meer
    As wat mense op die oog af sien
    Dis hoekom hulle moet kom en glo

    Ja sê Pappa-God
    Kinders glo en sien
    Vra en ontvang
    Soek en vind

    Dis hoe dit by My
    En My Koninkryk bly werk
    Kinders wees net sag
    Altyd oop

    So kan Ek julle leer
    So kan Ek julle bring
    By die plek voorberei
    Hou aan kinders, hou aan om verhouding met My te bou

    Kinders dis wat dit beteken
    Om daagliks manna van die Woord te eet
    Julle leer My ken
    Julle word EEN met My

    Elke dag ‘n bietjie meer van My in julle
    En julle in My
    Totdat ons saam
    ‘n Volmaakte Jesus-beeld vorm

    Kinders dis maar al
    Waarmee Ek op planeet aarde besig is
    Ek wil Jesus gestalte in mense laat kry
    Dis mos maar die grootste voorreg vir Christene

    Om soos Ek te wees
    Om soos Ek te lyk
    Sodat wanneer mense vir julle kyk
    Hulle Jesus sal sien

    So kinders
    Word meer en meer verlore siele
    Die hemel ingelei
    Deur julle wat hulle so baie liefhet

    Mense moet bewondering vir My hê
    Kinders dit moet groei
    En dit gebeur gereeld
    Wanneer hulle julle bewondering vir My sien

    Hou aan daarmee kinders
    Hou aan
    Asseblief om te groei in My
    Deur daardie vars stukkie manna wat jy elke dag kom kry

    Vars manna
    Vars woord, daagliks
    Uit My hart
    Dit is wat Ek vir jou wil gee

    Amen.

  • Relevante God

    Wat fluister Pappa
    In jou hart
    Boetie, sussie ek wil vra
    Luister jy daarna?

    (meer…)

  • Lewenslessie

    Hier diep in my hart
    Bly die begeerte
    Sal U asseblief Abba-Vader
    Meer en meer daarbinne woon

    (meer…)

  • Harte wat energie tap

    Behou altyd ‘n sagte hart
    Sê Abba
    Vir My Woord
    En dit wat Ek jou wil leer

    (meer…)

  • Ontdek die ware God

    Ek is so bly
    My hart het gevind
    Ek is so bly ek kon opspoor
    My grote God

    (meer…)

  • Kamers vol skatte

    Kinders van vandag
    Kinders van môre
    Sal julle asseblief nader kom
    Sal julle kom uitvind wat leef in My hart

    (meer…)

  • Rigting-Aanwyser van die hart

    U woorde wat so sag
    In my hart fluister
    Dit is lewe, dit is hoop
    Dit is alles wat mooi is

    (meer…)

  • Beste Maatjie

    Dankie Abba Vader
    Dat ek altyd my hart met U kan deel
    Dat ek nooit hoef terug te hou
    Of bang te wees

    (meer…)

  • Heilige Gees se Werk

    Moenie ooit bang wees
    Om jou hart vir my te gee
    Kom asseblief
    Net soos wat jy is

    (meer…)

  • Die letter en wet of Lewe in die Gees?

    Woorde van Lewe
    Wat in my hart woon
    Woorde van Lewe
    Wat rigting gee

    (meer…)