Relevante God

Wat fluister Pappa
In jou hart
Boetie, sussie ek wil vra
Luister jy daarna?

Daar is ‘n stemmetjie
Van hoop, liefde en genade
Wat altyd praat daarbinne
Luister ons daarna?

Boetie, sussie
Ek wil julle vra
Sal julle asseblief daarna luister
Volgende keer wat Pappa met jul praat

Dit gebeur te gereeld
Sê ons Abba-God
Dat My kinders dink
Dat hulle hulself verbeel

Kinders dis gereeld
Sê Pappa-God
Dat Ek met julle praat
En julle dan verkies om nie te hoor

Kinders Ek dink
Julle dink te gereeld
Hoe kan ek met dit wegkom of dit
Hoe kan ek maak dat niemand my sien

Kinders
Ek weet julle dink partykeer
God is te kwaai
Hy bederf net al ons pret

Oe kinders sê Pappa-God
Julle dink verkeerd
Julle ken My bitter-sleg
As dit julle slotsom is

Dikwels sê Pappa
Wat Ek julle vra om eerder van ‘n sekere iets af weg te bly
En dan dat Satan sê julle verbeel julleself
En dat hy julle dan so weglok

Oe kinders sê Pappa
Kinders van My hart
Hoekom is dit so, so moeilik om te verstaan
Dat Ek in My hart net die mooiste bedoelinge vir julle het

Julle moet begin verstaan
Sê Pappa-God
Dat Ek ‘n Pappa is en dit beteken
Dat Ek altyd gaan wil doen wat die heelbeste is vir My kinders

Daarom sê Pappa-God
Verstaan asseblief altyd
As Ek met julle praat
En doen soos Ek vra

Ek is nie ‘n hiet-en-gebied God nie
Ek is ‘n sagte, wyse Pappa
En dis wat Ek so graag vir julle wil leer
Dis wat Ek wil hê julle moet sien

Pappa se kinders
My kinders sê Pappa
Hoekom sien julle My nie so nie
Dis omdat julle My nie waarlik ken

Kinders as Ek julle net kon vertel
As julle net waarlik wou kom
Kinders julle sou ‘n Pappa ontdek
Waarvan Sy kinders net nie genoeg kan kry

Kinders sê Pappa
Julle wat altyd so min verstaan
Oor hoekom mense opgewonde raak wanneer hulle oor My praat
Ek nooi julle leer My ken

Ware ken sê Pappa-God
Nie soos wat die wêreld leer
Daar is soveel mense wat glo julle moet op ‘n afstand bly
Tog vra Ek altyd kom nog nader aan My

Kinders daar is geen-geen grense
Aan die nabyheid wat ons saam kan hê
Asseblief onthou dit volgende keer
As en wanneer iemand dalk vra

Pappa se kinders
Kinders van die wêreld
Dis Ek wat altyd nooi
Kom nog nader kind, aan My

Oe kinders
Die mooiste mooi is wat op julle wag
Die mooiste mooi
Vir die bereid om dit te doen

Kinders daar’s oor die jare heen
Soveel beperkinge op My geplaas
Oor hoe, wat en waar
Hoe Ek werk, waar Ek werk en My metodes van te werk gaan

Kinders die wêreld dink dikwels
Sê Pappa
Dat Ek oud-modies bly
En nie kan aanbeweeg

Kinders Ek wil julle vra
Asseblief
Begin bereid wees om te beweeg
As Ek sê beweeg

Kinders van die wêreld
Julle en julle metodes
Gaan My nooit verkeerd kan bewys
Want Ek is die Een wat daaroor troon

Verstaan asseblief vandag
Sê Pappa
Dat Ek relevant bly met elke generasie waarmee Ek saam beweeg
En dat Ek in My hart hou die manier hoe om hulle te vermaak

Ja sê Pappa-God
Ja van My kinders
Hou nie van daai woord
Kerk is nie ‘n show nie sê hulle gereeld

Pappa-God se kinders
Asseblief luister vir Pappa
Ek weet julle het seer
Ek weet julle verstaan verkeerd

Pappa se kinders
My kinders
Ek wil julle altyd nader nooi
Kom ontdek asseblief hoe lyk kerk in Pappa-God se hart

Dis ‘n plek sê Pappa-God
Waar Ek gewonde mense kan heel
Deur die liefde en omgee van mense
Wat saam met hulle in kerkbanke sit

Kinders julle sê te gereeld
Sê Pappa-God
Daar is nie meer ‘n plek vir die kerk in sy geheel
Kinders Ek wil vandag van julle verskil

Pappa-God sê My kinders
Asseblief onthou
Waar het die meeste van julle My ontmoet, met My kennis gemaak
Was dit nie op kerkbanke nie?

Kinders Ek wil julle vra om te onthou
Sê Pappa-God
Die van julle wat dink dat die dae-van-kerk-toe-gaan getel is
Jy is verkeerd

Kinders daar was ‘n tyd sê Pappa-God
Nie in die te-verre-verlede
Wat die Gees van God
Gewerk het in die kerke

Nou nog is daar kerke
Sê Pappa-God
Al is dit heelwat minder
Wat My waarlik eer, wag op My teenwoordigheid

Oe kinders sê Pappa-God
Julle wat dit bly doen
Dit beteken geweldig baie
Daar is ‘n plek vir kerke

Asseblief My liefste kinders
Julle wat die kerk-in-geheel
Altyd so onder die bus wil inskop
Moet dit asseblief nie meer doen

Kinders het julle vergeet
Sê Pappa-God
Asseblief onthou
Daar is ‘n plek vir kerke

Almal het ‘n plekkie en ‘n werkie
Sê Pappa-God
In die liggaam van Christus
Is dit nie so?

Kinders Ek wil julle vra
Asseblief onthou
Ek gebruik kerke gereeld
Hulle het ‘n vaste plek in die werk wat Ek op aarde wil verrig

Ja sê Pappa-God
Kinders beteken dit
Alle kerke is van My?
Nee kinders dit is beslis nie so

Kinders daar is heelwat kerke
Sê Pappa
In heelwat lande
Wat net wil verlei

Tog wil Ek vra
Wees wakker
Hou dop
En eer My vir die kerke en bewegings wat Jesus se Naam hoog dra

Ja sê Pappa-God
Daar is nog ‘n besliste plek vir kerke
Daarom moet julle hulle nie saam met als wat sleg is en in kerke gebeur
Oor dieselfde kam skeer

Nee kinders asseblief moet dit nie meer doen
Weet asseblief en gerus
Ek gebruik nog kerke in My doel
Om My Koninkryk op aarde te bevestig

Ja liefste kinders
Sê Pappa
Dit is so daarom dat Ek vra
Wees net bereid om saam met My ‘n verskil hier op aarde te maak

Dis die doel van baie kerke
Sê Pappa-God
Om hierdie wêreld ‘n beter plek te maak saam met My
Hoe kan dit verkeerd wees

Pappa-God se kinders
Asseblief weet dit net
Daar is ‘n plek vir kerke
En Ek sal hulle tot op die einde bly gebruik

Ja sê ons Pappa-God
Vir Sy liefste kinders
Veral die kerke sê Pappa-God
Wat My hartklop het

Ja sê Pappa-God
Ek het al baie kerke gestig
Om ‘n spesifieke funksie te verrig
Net soos soveel bedieninge wat julle omring

Kinders van Pappa-God
Asseblief onthou altyd
Kyk na die geheel
Kyk waarmee Ek in totaal besig is

Pappa-God se kinders
Onthou asseblief
Soos wat ‘n liggaam baie lede het
So ook met My liggaam – die kerk – hier op aarde

Ja sê Pappa-God
Ja
Baie van My kinders wat nie in kerke dien
Maar kinders hulle werk is vir My net so belangrik

Daarom dus sê Pappa-Vader
Asseblief onthou
Elkeen van julle het ‘n funksie
Wees jy asseblief net waar Ek jou wil gebruik

Kinders die werk van Pappa-God op aarde
Dit is groot
Dit bevat en benodig baie mense
Dis daarom dat Ek vra kom ons gaan oor grense

Ja sê Pappa-God
Asseblief kinders onthou altyd
Daar is werk wat gedoen moet word
Kom werk saam met My

Asseblief liefste kinders
Moenie julle bly vervies
As dinge by ‘n ander kerk
Nie lyk soos joune

Kinders asseblief
Eer My net asseblief altyd
Met die dinge wat julle sê
En hou op om boeties en sussies in Christus af te breek

Daar is ‘n plekkie vir almal in die son
Gun dit dan asseblief kinders
Aan die mense
Wat nie heeltemal glo soos wat jy glo

Wys genade sê Pappa-God
Wys barmhartigheid
Kinders die dag wat julle antwoorde het op almal se vrae
Daardie dag kan jy maar vies raak

Liefste kinders tot daai dag
Weet dat Ek al die antwoorde het
En dat Ek almal kan gebruik
Wat ja sê

Ja liefste kinders
Sê Pappa-God
Dit lyk dalk nie soos die boksie waarin jy My gepas het nie
Maar is veel groter

Dis daarom dat Ek vra
Kinders verbreed net bietjie julle denke
In die maniere waarop Ek werk
En jy sal heel moontlik verbaas staan

Seën die mense sê Pappa-God
Wat jy weet dit nie reg het
Seën hulle sê Pappa, bid en vra dat Ek vir hulle sal wys
En moenie net van hulle praat

Nee My liefste kinders
Asseblief dis genoeg
Dis genoeg dat julle klippe bly optel en die kerk bly gooi
As ook julle met skuld in eie boesem sit

Kinders asseblief onthou
Ek het vir die veroordelaars van die straatvrou gesê
Hulle moet die eerste klip optel
As hulle sonder sonde is

Kinders Ek weet nie van jou nie maar Ek wil jou rerig vra
Bid eerder vir jou boeties en sussies in Christus
En laat My toe om die balk uit jou eie oë te verwyder
Voordat jy die splinter in hulle s’n wil gaan soek

Elke gemeente het gewoonlik goed
Sê Pappa-God
Elke gemeente het maar ‘n stukkie goud in hulle hart
Dis hoekom hulle begin is

Ek wil julle vra
Begin asseblief om raak te sien
Dit wat goed is in julle gemeentes
Dit wat Ek gebruik

En sou sê Abba-God
Ek jou vra om dalk iets te sê
Gees-gelei, gefundeer in My Woord
Doen dit asseblief met die mooiste liefde ooit

Waarheid in liefde
Bly altyd mooi sê Pappa
Onthou dit asseblief volgende keer kind
Voor jy jou mond oopmaak

Pappa wil julle net leer kind
Dieper in die mooiste pad van LiG inlei
Dis maar al
Dis hoekom Pappa hierdie briefies vir julle My kinders skryf

Begin leer sê Pappa-God
Om mekaar lief te hê
Met Jesus se liefde
Dis wat Ek van julle vra

Liefste, liefste kinders
Bewaar asseblief die band van eenheid en liefde
Wat daar veronderstel is
Om onder God se kinders te wees

Daar’s te veel mense sê Pappa-God
Kinders
Mense wat seerkry en nie verstaan
Hoekom boeties en sussies so maak

Kinders wat baklei sê Pappa-God
Kinders wat vuiste inlê
o Kinders hoe breek dit ‘n vader en moederhart
Kinders asseblief verstaan, dit is wat julle met My maak

Ja sê Abba-God
So verskriklik soos wat dit vir julle is
As julle kinders baklei
So ook vir My

Kinders asseblief
Moet dit nie meer doen
Jaag na liefde
Wat die volmaaktheid van alles is

Ja asseblief kinders
Dit is wat Pappa van julle vra
Volgende keer onthou
Onthou dat julle een is in My Seun

My Seun hier op aarde
Julle die liggaam van Christus
Die kerk, die bruid
Dis waardeur en hoe Ek My werk op aarde doen

Kinders asseblief
Onthou dit
Volgende keer wanneer jy ‘n boetie of sussie in Christus afbreek
Jy is besig om skade aan jou eie liggaam te doen

Kinders asseblief
Vertroetel, bewaar en kyk eerder na mekaar
Besef die waarde
Wat julle elkeen in Christus dra

Die liggaam van Christus op aarde
Is so mooi kinders
So mooi
Elkeen van julle is nodig om Hom nog mooier te maak

Kinders dankie
Dankie so baie vir die kere wat julle My toelaat
Om deur julle te werk
Dit beteken vir My so baie

Julle skitter saam met julle Pappa
Soos die son kinders
En Pappa is so dankbaar Ek kan julle vra
Om julle talente vir die Koninkryk te gebruik

Dit beteken so baie
Julle verrig so baie
Elkeen van julle
As julle net in God se plan vir julle lewens bly

Altyd kinders, asseblief
Bly altyd daar
Daar waar Ek jou wil hê
Is waar jy die meeste impak gaan hê

Vra kinders
Asseblief altyd
Altyd
Waar Pappa-God jou wil gebruik

Daar’s nie baie van My kinders
Wat dit gereeld bid
Tog wil Ek julle vra
Om dit asseblief meer te doen

Ja liefste kinders asseblief
Daar is geen-geen beter plek
As in die senter van My wil
Daar waar Ek jou wil hê

Asseblief onthou dit altyd
Altyd-altyd sê Pappa
Altyd
Dis sulke waar woorde kinders wat Ek nou hier vir julle sê

Wees lief
Vir julle boeties en sussies in My
Elkeen sê Pappa
Wit, swart of sjinees

Kinders, kinders
Sê Pappa
Die waarde van opbou sal julle seker eers ten volle in die hemel begryp
Tot dan asseblief hou aan daarmee

Sal jy doen kind
Soos Pappa van jou vra
Asseblief sal jy net
Jou boetie en sussie in My liefhê

Waar hulle ookal dien kind
Waar hulle ookal aanbid
Dis ‘n saak tussen My en hulle
Nie tussen jou en hulle

Amen, amen kind
Pappa vra
Doen asseblief soos Ek vra
Luister na goue raad

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment