Behou altyd ‘n sagte hart
Sê Abba
Vir My Woord
En dit wat Ek jou wil leer
So kan die mooiste dinge bly gebeur
Sê ons Abba Vader
Sodoende kan Ek
Nog meer van wie Ek is vir jou oopbreek
Ja sê Abba-Vader
My kinders
Met harde harte kan Ek nie veel uitrig
o’ Die energie wat hulle tap
My kinders Ek wil julle vra
Om asseblief altyd
‘n Sagte oor vir My stem te hê
‘n Sagte oor vir dit wat Ek julle wil leer
Moenie soos ‘n rebelse tiener wees
Nee liefste kinders asseblief
Wees altyd bereid
Om My aan te hoor
Ja sê Abba-Vader
Ek weet hoe
Om met harde harte om te gaan
Al is dit nie altyd vir My lekker
Abba se kinders
Asseblief hoor vir My
Ek wil jou hart sag hê
Op ‘n plek waar jy My wil kan hoor
Ek seën julle
My liefste kinders
Met sagte harte
‘n Sagte hart vir als wat reg is
My kind asseblief
Ek vra jou
Moenie meer jou hart so hard teenoor My hou
Dit gaan ons nêrens bring
Abba se kinders
My hart is altyd om julle die beste te gee
Maar hoe gaan dit gebeur
As julle nie wil luister na dit wat Ek te sê het
Pappa se kinders
Nee asseblief
Moenie meer so wees
Ek wil vir julle die antwoorde op julle vrae gee
Ja sê Abba-Vader
Dit is dikwels wat dit nie
Op julle tyd en skedule gebeur
Dat julle, julle rüe op My keer
Asseblief My kinders
Moenie dat dit meer so wees
Vertrou My om die beste te weet
En vir jou te doen
Deur die donkerste waters
Kan julle My bly vashou
Saam met My deurswem
Totdat ons aan die ander kant uitkom
Kinders Ek gee om vir julle
Ek is te vertrou
Die Ewige Ek Is
Die Een wat jou altyd vra om My aan te hoor
Sal jy asseblief vir ‘n slag
Jou vertroue in My kom plaas?
Meer as op ‘n ander
Meer as in jouself
Liefste kind
Ek weet beter, Ek weet die beste
Asseblief hoor My
Asseblief vertrou My hart
Dikwels sien Ek jou aankom
Om My Raad te kom probeer
Net om weer rug op My te draai
Asseblief My kind moet dit nie doen
Ek glo in jou
Ek weet jy kan
Asseblief My kind
Kom en kom doen dit nou
Amen.