Kategorie: Byt vas

  • Onverwagse Brander

    Onverwagse Brander

    Die lewe is hard Abba
    Ongenaakbaar
    Mense maak seer
    Hulle kry seer

    Mens kan net bid
    Dis wat mens so gereeld dink
    Wat om te sê
    Wat om te doen

    Hoe om die lewe
    Ligter vir mense te maak
    Dra mekaar se laste sê die Woord
    Hoe doen ons dit?

    Doen ons dit genoeg?
    Abba help ons asseblief
    Om die wêreld se swaar
    Van mense se skouers te help haal

    Om te sien
    Om te weet
    Jesus gee om
    En Hy wil graag help

    Soveel, soveel kere
    Skiet woorde net te kort
    Wat kan ons sê?
    Wat kan ons doen?

    Om hierdie probleem
    Ligter te maak
    Ding is
    Ons kan nie noodwendig nie

    Ons kan net bid
    Dat die slae wat hierdie wêreld
    Soms uitdeel
    Mense nie sal uithaal

    Maar sal oplig
    As wonderwerke
    Met die krag en genade
    Van ons Pappa van Bo

    Die wêreld slaan hard
    My kinders
    Baie hard
    Ek weet

    Onderste bo
    Soos ‘n brander uit die bloute
    Wat julle glad nie gesien kom het
    Hoe kry ek weer my houvas

    As die grond onder my mee gegee het?
    Alle vaste fondasie het verdwyn
    Ek trap water!
    Waar is die vastigheid onder my!?

    En dan sluk jy water
    En jy verdwyn
    En jy wonder
    Hoe gaan ek dit maak?

    Hoe gaan ek oorleef?
    En dan skielik
    Skielik is die vastigheid weer daar
    Ek voel dit

    Ek vind dit
    Die vastigheid is daar!
    Soms My kinders
    Soms word julle van julle vastigheid beroof

    Die branders kom
    En stamp en stoot julle
    Van julle voete af
    Net soos tipiese branders van die aarde

    Was julle al in die see?
    Het julle al daarin rond geswem?
    Hoeveel kere
    Het hulle al julle ewewig gekos?

    Ja die een oomblik
    Staan julle nog
    En die volgende oomblik
    Het julle koppe onder die water in verdwyn

    Ek is die lewensredder
    Sê Abba
    Wat My kinders altyd sal red
    Ja baie kere sien Ek

    My kinders is katswink geslaan
    Bewusteloos dryf hulle rond
    Soos ‘n drenkeling
    Opsoek na lewe, opsoek na hoop

    My kinders
    Ek sien
    Ek weet!
    Ek kan die “golwe” van hierdie wêreld nie altyd keer

    Maar Ek kan seker maak jy weet
    Ek is hier!
    Soos ‘n drenkeling sonder dryfhout hoef jy nooit te wees
    Ja soms dobber jy vir dae in die donker

    Jy wonder hoe gaan ek oorleef
    Hoe gaan ek dit maak?!
    Het God van my vergeet?
    Godsverlate dis hoe baie mense hier begin voel

    Die haaie begin om jou draai
    Hulle soek jou bloed
    Dis hier waar die vyand rerig vir jou lieg
    Jy is alleen, niemand gee om vir jou

    Maar dan kom die dolfyne
    Die mense wat omgee
    Die mense wat dra
    Die mense wat liefhet, wat die haaie verjaag

    Hulle kom verbind die wonde
    Hulle kom maak die seer sag
    Hulle kom vee die hare en sand weg uit julle oë
    Hulle kom fluister in jou oor

    Hou moed
    Môre sal die son weer skyn
    Hou moed
    Jesus is nog daar

    Ek weet My liefste kinders
    Ek weet
    Die lewe kom deel soms uit
    Harde, onverdiende slae

    Tog wil Ek dat julle sal weet
    Ek is groter as die grootste seer
    Ek is groter as die grootste slae
    Ek is groter

    Ek is groter as die grootste brander
    Wat ooit jou voete onder jou kan uitslaan
    Wanneer die lewe kom en hy gebeur…
    Weet, Ek is die vastigheid

    Wat weer die bestendigheid
    Onder jou voete sal kom plaas
    Stadig en seker
    Soos wat jy trap-trap, voel-voel

    Waar is die vastigheid
    Beweeg links
    Beweeg regs
    Voel-voel

    Vorentoe voel
    Agtertoe voel
    O ja, okay hier is hy!
    Die sandduin in die middel van die oseaan-water

    Daar is hy!
    Ek het hom gevind
    Vastigheid onder my voete
    Die Rots wat nie kan verdwyn!

    Al swel die water soms en is onbeheers
    Sterk is daar ‘n Anker in die lewe
    Wat ons bo hou
    Anker van Hoop sê sommiges soms

    Die een waaraan ons kan hou, al is dit soms klou
    Geanker in Jesus as storms om my gaan
    Net soos die liedjie sê
    In Sy krag, sal ek bly staan!

    Vat hoop My kinders
    En weet
    Die EK IS
    Is met julle

    Amen.

  • Die Goeie Nuus Koerant

    Die Goeie Nuus Koerant

    Staan op God se Woord
    Lees ons in dié tyd Sy beloftes
    Laat dit ons verfris
    Hoop en genade gee?

    Ja My geliefde kinders
    Dit sal krag gee soos min
    Gaan lees bietjie Bybels
    Gaan kyk hoe ewigdurend is My trou

    Mooi en min
    Dis hoe mense hulle Bybels lees
    Dis mooi sê hulle gou
    Maar hulle lees dit te min

    Julle moet meer
    Julle Bybels oopmaak en lees
    Glo wat daarin staan
    Dit gee hoop vir die hopelose, genade aan die genadelose

    Ja dis in tye soos dié
    Sê Abba
    Dat julle moet gewortel bly
    In die Woord en wat daarin staan

    Julle moet meer sê
    Glo so
    Glo dit
    Nie andersom

    My kinders
    Die Bybels in julle huise
    Moet in dié tye die koerante raak
    Wat julle gulsig verorber

    My kinders
    Hoekom lees julle nie
    In dié tye
    Die woorde wat Ek vir julle opgeskryf het daarin?

    Julle kyk een nuusflits na ‘n ander
    Dis die nuutste
    Die een sê sus
    Die ander een sê so

    Ja My kinders
    Dis wat moet gebeur
    Julle moet begin bid en Bybels lees
    Soos wat julle die nuus van die aarde opneem

    My kinders
    Hoekom meer tyd aan die wêreld se nuus spandeer as aan Myne?
    Is My Nuus dan nie die Goeie Nuus nie vra Abba
    Ja die nuus wat elke mens op aarde so bitter baie nodig het

    Julle moet begin Bybels optel
    Vertel eerder vir mekaar
    Dit is my gunsteling nuusflits uit die Woord
    Hoor ‘n bietjie hier

    My kinders
    Julle is soms
    Net soms 😉
    ‘n Bietjie te veel gepla met die gebeure van hierdie wêreld

    Ja My liefste kinders
    Net soms
    Te veel 😀
    Ai julle weet wat Ek bedoel

    Julle moet julle bietjie minder bemoei
    Met die dinge van die wêreld
    En begin bemoeisaak raak
    Met die dinge wat saak maak vir My

    Ja geliefdes van Pappa se hart
    Ek weet
    Ek weet hoe om vrede en vreugde
    In julle harte te laat toeneem

    Julle verstaan nie kinders, julle besef nie
    Die dinge waarmee julle, julle bemoei
    Die dinge wat julle lees en sien en hoor
    Die drein die lewe uit julle hoop se ledemate

    Net soos Hang Man
    En verkeerde woorde raai
    My kinders julle moet inprop by HOOP
    En julle moet ingeprop bly

    Ja dis tawwe tye
    Waarin julle, julle tans bevind
    Dis nie maklik maar dit is moontlik
    Om hulle saam met My te trotseer

    My kinders julle moet dit onthou
    Die woorde wat Ek nou vir julle sê
    In die dae wat voorlê
    ALLE DINGE is moontlik saam met My

    Ja die waters is hoog
    Die branders geweldig
    Hulle ruk en pluk soos ‘n warrel-storm-wind
    Aan die hyse van julle lewensbote

    Ja ons gaan ondergaan
    Dit is nou net seker
    Tot hier kon ek nog weerstand bied maar meer?
    Nee wat, ek kan nie meer

    Soms My kind, soms gaan hierdie woorde kom klop
    Hulle gaan probeer om julle te oortuig
    Dis nou maar dit, dis oor
    Dis verby, gee maar op

    Opgee is nie ‘n opsie by My nie
    Kinders julle weet dit seker al
    Julle wat My ken, julle weet
    Opgee is geen opsie

    Daar is geen-geen opgee in My
    Tot die bittereinde veg ek verbete
    Vir elke kind van My
    Ja Ek gee nie op nie, Ek kan nie

    Dis net daai Verbete Vegter in my
    No ways, no ways, no ways
    Ek gaan nie ondertoe nie
    Vir boontoe gaan is Ek gemaak

    Ja al bevind ons, ons soms
    In die valleie van die lewe
    Is dit net sodat ons die heuwels se toppe meer kan waardeer
    En ons daarin met groot blydskap kan verheug

    So moenie bang wees vir die dae wat julle vertel
    Dis verby, daar’s geen hoop
    Want!
    Julle God is nog hier

    Het Ek nie beloof geliefdes van Abba
    Ek is by julle tot aan die voleinding van hierdie wêreld
    Al wat julle in hierdie dae moet doen kinders
    Is dieper-kom-wegkruip-by-My

    Julle weet
    Soos wat ‘n hoenderhen haar kuikens onders haar vlerke laat nes maak
    So dieselfde met My
    Ek sal My vleuels oor julle span en julle veilig hou terwyl die storm verbytrek

    Ja My kinders
    Van julle, meeste van julle, almal van julle wat dit sal doen
    Dieper by My kom wegkruip
    Sal ervaar hoe Ek julle shelter van die storm, hoe Ek julle vashou met ‘n liefde onbeperk

    So moenie bang-wees My kinders
    Om juis dit te doen
    Kom kruip weg, dieper en meer
    Onder die vlerke van die Ewige Allerhoogste God (Psalm 91)

    Dinge moet gebeur My kinders
    Dis lank terug gesê
    Ons kan nie alles ontglip
    Dis deel van die wêreld se geskiedenis

    Maar ja, soos Ek sê
    Ek is hier
    Die Almagtige
    Tot die einde

    Saam met My kinders
    Die Bittereinder
    Ek gaan nêrens
    Nêrens, nêrens, nêrens anders

    As net hier by My kinders bly
    Ek het mos beloof
    My Woord is My eer 😉
    Saam met julle tot die einde

    Ek sal julle nie as wese agterlaat
    So kom ons sê dankie Heilige Gees
    U is die Een altyd by ons
    Drie-Enige … God, Seun en Heilige Gees, ons is so dankbaar vir U

    Kom kruip dieper weg
    Wanneer die dinge van die wêreld jou hart wil oorweldig
    Kind moet jy weet
    Daar is ‘n antwoord

    Daar is ‘n beter opsie as die wêreld
    En haar depressiewe nuusberigte
    Dis Ek, sit by My
    En jy, jy wat jou Woord die Goeie Nuus oopmaak en begin lees

    Ja lees, lees, lees
    Tot dit begin lê
    Lae diep in jou hart
    Kind, kinders

    Dis wat julle gaan deurtrek in hierdie donker dae
    Hou moed, hou moed, hou moed
    En ja stuur bietjie aan
    Vir ‘n wêreld wat nodig het om te hoor

    God is goed
    God is groot
    God is by ons #Emmanuel
    Die beste nuus! Die mooiste nuus! Die goeie nuus!

    Amen.

  • Skrum jou versoekinge

    Skrum jou versoekinge

    Daar is ‘n ander man in die vuur
    Jy is nie alleen in jou vuur nie
    My kind
    Ek is saam met jou

    Pornografie
    Dis okei
    Dis ‘n reus vir sovele
    Sovele voel verslaan deur die reus van pornografie

    Hy verslaan baie
    Soveel voel verslaan deur hom, soveel
    Maar God sê
    Ek is groter

    Sê vir jou reus
    Sê vir hom
    Jou God is groter
    Net soos Dawid … ek is groter, ek kom nie in my eie mag

    Daar is ‘n krag in jou
    Die Dawid voor Goliat is God self
    Die Dawid wat oorwin het
    Is Jesus

    Hou aan
    Nie opgee
    Hou aan
    Stap vir stap wen ons grond

    Ons wen veld, net soos Rugby
    Ons is gestoot tot op hulle doellyn
    Op die teestander se lyn maar hulle gaan nie wen
    Ons moet terugstoot, ons moet terugstoot

    Veld wen, veld wen
    Hierdie is soos drieë
    Ja hulle loop dalk voor
    Maar die wedstryd is nog nie verby nie

    Ons gaan hulle van agter af inhaal
    Ja ons gaan hulle inhaal, van agter af weer voor kom
    Agterloop
    Ons wen veld elke keer as jy opstaan en bely

    Elke keer as jy nie opgee
    Elke keer wen ons skrum veld
    Totdat ons agterlyn die bal in die hande kry
    En na die doellyn hardloop

    Ja party drieë is makliker as ander
    Vir party gaan jy hard moet werk maar altyd vorentoe
    Is dit nie wat Rugby leer?
    Vorentoe, dryf vorentoe

    Aangee
    Ons moet veld wen
    Moenie te lank in die opposisie se kant van die veld bly
    Nee wys vir hom, daar is ‘n Wenner in jou

    Jesus is Sy Naam
    Aanhou kinders
    Altyd-altyd aanhou
    Vorentoe, vorentoe, veld wen, veld terugkry

    Meeste bal-besit hou
    Is dit nie waaroor dit vir die wenspan in elke Rugby wedstryd gaan?
    Ons moet hulle terug stoot
    Veld wen

    Ja partykeer raak mens moeg
    Maar bly fiks in Geloof
    Bly oefen
    Party wedstryde gaan jy dalk verloor maar elke keer is daar ‘n volgende probeerskoot

    Beker van die Lewe…
    Dis waarvoor ons speel
    Ons speel vir die Beker van die Lewe
    Ons moet net seker maak dat ons die meeste wedstryde wen

    Ja daar is uitdunrondtes
    Elke keer raak die vyande geillimineer
    Net die gevaarlikstes bly oor
    Die groot gewere

    Ons sal hulle wen
    Kom klop by My aan vir strategieë
    Ek het die battle plans
    Dis mos wat hulle uitwerk, die Coaches van rugby-spanne

    Hoe, waar?
    Wat is hulle swakplekke?
    Julle moet besef
    Julle word bestudeer

    Die vyand hou julle dop
    Hy weet strategies waar om julle te sit
    Waar om aan te val
    Wanneer

    Vermy swak plekke
    Vermy plekke en mense wat nie goed is vir julle
    Goeie gewoontes
    Kan rugby spelers enige iets doen voor ‘n wedstryd?

    Wat mag hulle doen, wat nie?
    Wat moet hulle vermy?
    Dis al wat Ek julle wil help doen
    Dis hoekom Ek sê, vermy dit, vermy dat, nie daar, nie dit

    Ek’s net besig om julle te coach
    Te probeer help wen
    Julle moet luister kinders
    Die Coach word nie vertel, die Coach word vertrou

    Ek’s die beste Coach waarvoor enige span, man, iemand kan vra
    Ek het al heelwat spanne afgerig
    ‘n Paar spanne die Hemel ingehelp
    Julle kan My gerus vertrou

    Naby My bly vir goeie raad en advies
    Watter tipe spelers soek Coaches?
    Iemand wat vir hulle die heeltyd vertel?
    Nee-a, nee glad nie

    Hulle hou nie van daai wat die heeltyd rooikaarte kry met hulle gedrag
    Nee selfbeheersing, dis die ding
    Die wat hulle onderwerp aan gesag
    Dis maar al waarvoor Ek vra

    In Rugby maak dit soveel sin
    Julle vra nie dan vrae
    Nee dis nodig vir als om te werk
    Totdat Ek julle vra dan is dit totaal ‘n ander storie

    Ai nee kinders
    Ek vra net dieselfde
    Dieselfde wat elke Coach op aarde van sy span vra
    Niks minder of meer, net dieselfde

    Ek wens ek het dieselfde respek en agting gekry as wat Coaches op aarde kry
    Dit sou dinge vir My so vergemaklik maar nee
    Ek, Ek moet smeek dat spelers My vertrou
    Saam My werk

    Dalk wil hulle nie in My span wees
    Ek weet nie
    Maar dis nodig om saam My te werk
    Ek wil graag wen, My spelers ook

    Hoekom aan die verloor-kant bly?
    Nee wat, almal hou van wen
    Ek ook
    Niks minder, niks meer 😉

    Dankie sê Abba
    Dat Ek julle kan vertel
    Ek hou ook van Rugby wedstryde
    Om hulle te verloor is niks lekker vir My

    Beywer jou dan saam My om te wen
    Dit sal vir My lekker wees as ons saam kan wen
    As ons die wedstryde kan inryg
    Satan meer op sy neus kan laat kyk

    Ja-nee sien niemand hou van ‘n span wat nie eers ‘n geveg opsit
    Ja-nee hulle het oor daai span gehardloop
    Mens sou sê hulle het skaars geoefen
    Waar’s hulle taktiek?

    Weet hulle ooit teenoor wie hulle te staan gekom het?
    Mens sou sê hulle het die vyand nie eers bestudeer
    Dis hoekom My Woord so kragtig en kosbaar is
    Dit leer julle om die vyande teen wie julle te staan gaan kom te leer ken en uit te oorlê

    Dit sê vir julle hoe om te werk te gaan met elke vyand wat voor julle staan
    Gebruik Hom My kinders
    Lees julle Bybels
    Moet dit nie agterweë laat bly

    Dis wat geestelik spiere bou
    Julle gevaarlik maak
    Ja julle weet daai opponent waarna almal opkyk
    Daai span wat julle broekspype so bietjie laat bewe

    Daai enetjie as julle sê
    Nou gaan die poppe dans
    Ons gaan iets sien!
    ‘n Epiese stryd

    Ja hulle is lekker om te kyk
    Ek stem niemand hou van ‘n walkover wees
    Daar moet darem iets wees wat dit die moeite werd maak
    Kompetisie, goeie kompetisie … dis iets

    Niemand, niemand wil ‘n walkover wees
    Tog is baie in die Gees as dit by versoekinge van die vyand kom
    Ek wil julle help om drieë te druk kinders
    Een na die ander

    Ek wil nie hê ons moet die games net oorgee
    Nee baie kere dink Ek na die tyd verslae
    Kinders ons kon dit en dit anders gedoen het, probeer het
    Ja ons kon die strafskoppe en skrums teen ons so verminder

    Ons kon so die rooikaarte vermy
    Ai kinders wanneer, wanneer gaan julle na My begin luister
    Ag gee op My woorde van wysheid
    Dis al wat Ek vra

    Kinders wat bietjie wil wen
    Nie net die stryd gewonne gee
    Is daar buite mense wat bietjie wil wen?
    Wat moeg raak vir konstant verloor?

    Laat weet My dan gerus asseblief
    Ek sal graag wil help
    Julle help om strategieë teen Satan op te bou
    Te beplan sodat julle bietjie kan wen

    Ja van julle dink al julle is verloorders en dis maar hoe dit altyd gaan wees
    Dit hoef nie sê Abba
    Dit kan anders wees
    Dis nog nie te laat

    Begin net op My manier julle spiere oefen en julle sal sien
    Die deursettingsvermoë wat Ek gee om aan te hou
    Nie op te gee
    Sterk te raak in die Gees

    Het julle al Facing the Giants gekyk?
    Ek dink daaraan…
    Gaan kyk dit
    Daar’s baie stories soos dit

    Wanneer die underdogs van agter kom en reuse op hulle neuse laat kyk
    Ja ons almal ken daai stories maar nie almal wil die werk insit om dit reg te kry
    As die Coaches van die lewe julle partymaal aanhits om beter te doen, laat hulle toe kinders
    Hulle is besig om daai goud in julle na vore te roep, om die potensiaal te ontgin

    Julle almal het dit
    Dit moet net ontgin en aangewend word
    Ja dis rof partymaal, die goud in julle
    Weggesteek onder rowwe edges van klippe maar soek hulle saam met My

    Ek weet wat in julle sit
    Wat ons saam kan verrig
    Die drieë
    Wat ons saam kan druk

    Amen!

  • Staptog van die lewe

    Staptog van die lewe

    Hoop onvervangbaar groot
    Hoop wat nie opgee nie
    Genade wat bly soek
    Dit is ons God se Naam

    Wonderlik-groot
    So wonderlik-groot is Hy
    Niemand kan ooit met Hom vergelyk word
    Ek is so bly dat ek aan Hom behoort

    Nooit het Hy opgegee op my
    Vandag nog soek Hy na meer
    Meer van my oorgee
    Meer van Sy geliefde aan Sy sy

    Hy’s wonderlik-goed
    Hierdie God van my
    Ek wens meer mense wou Hom leer ken
    Ook hulle harte aan Hom gee

    Dit is die heel-beste-besluit
    Wil ek oor-en-oor aan hulle sê
    Hoekom julle harte teëhou
    Hoekom nie ook oorgee?

    Julle, dis die heel-heel-beste besluit
    Hoor julle my?
    Seblief begin mense se opinies oorweeg
    Veral van die wat Hom waarlik ken

    Julle sal fonteine van hoop
    Voel oopbreek in julle hart
    Fonteine van Hoop
    Ek weet nie wat anders om hulle te noem

    Ja groottes, kleintjies
    Van oral-oor sal hulle begin opspring
    Daai krake van die verlede
    Hulle sal dit begin oorstroom en deurstroom

    Liefste kinders van Pappa-God se hart
    Myne
    Kleintjies
    Julle wat aan My behoort

    Julle bring soveel vrede
    En vreugde na My hart
    Julle wat vertrou
    Julle wat My wil bly ken

    Julle moet nooit opgee
    My kinders, seblief
    Die steiltes is partymaal hoog
    Maar saam met My kan julle, sal julle triomfeer

    Julle is gemaak om saam met My te triomfeer
    Kinders oor die steiltes en hoogtes van hierdie lewe
    Net soos Rocky hande-in-die-lug
    Nadat hy daai stel trappe kon baas-raak

    Ja liefstes net soos hy
    Sal julle ook hande omhoog
    Na My kan kyk en skree
    “Halleluja, ek het dit gemaak!”

    Oe die genot wat ook Ek put
    Sê ons Abba
    Uit die steiltes van die lewe
    Wat ons saam kon baas raak

    Ja dit verskaf My net soveel vreugde
    My liefste kinders
    As Ek kan terugkyk saam met julle en sien
    Sjoe ons het die amper onmoontlike baas geraak

    Ja sien sê Abba
    Daar’s baie kere hoë stelle trappe
    In hierdie lewe
    Wat mens laat moed verloor

    Wat mens laat dink
    “Hoe op dees aarde gaan ek dit maak?
    Hierdie berg gaan ek hande-viervoet moet klim”
    Ja kinders

    Soos wafferse staptog-bendes (hikers)
    Gaan julle moet in-hak en sê
    “Nou is dit vorentoe
    Daar is ‘n prag-uitsig wat wag”

    Ja geen terug-draai
    Net vorentoe
    My kinders Ek sien altyd elke stukkie voortbeur
    Daai gedagtes van “Ek kan, ek kan, ek moet net nie opgee”

    Ja hierdie wêreld is vol klowe
    Donker gate, donker hoeke
    Met staptog-roetes
    Wat weer opkrul vanuit die klowe

    Liewe kinders
    Dis nie altyd maklik
    Hierdie staptog van die lewe
    Om hom baas te raak vat aanhouers-wat-wen

    Ja dis die wat nie uitsak nie
    Maar volhard tot die einde
    Dis aan hulle sê Abba
    Wat Ek die kroon van die Lewe beloof

    Het julle al gelees sê Abba
    In die Bybel praat Ek van die baie beproewinge
    Waardeur My kinders sal moet gaan
    Voordat hulle by die Hemel arriveer

    Ek weet julle verstaan dikwels nie
    Al die storms wat julle moet trotseer
    My kinders Ek weet daar is heelwat van hulle
    Wat julle uitmekaar wil skeur

    Dis soos leeus sê Abba
    Wat hulle prooi verorber
    Dis dikwels hoe julle dit ervaar
    God se genade is genoeg

    Het julle dit al My kinders
    In julle Bybels raakgelees?
    Daai kere in die Bybel wat Ek aan julle beloof
    Julle sal die leeukuile van die lewe nooit alleen hoef te betree

    Ja My kinders
    Ek is ‘n getroue God
    Soos Ek die leeus van Daniël se monde gesluit het
    So sal Ek dieselfde met joune doen

    Ja hulle kan maar brom en grom
    Maar nie ‘n stukkie van julle vleis
    Sal hulle die genoegdoening kry
    Om van te vreet

    Dis dikwels al genot wat hulle vind …
    Om te sien hoe die vrees wat hulle inboesem werk
    Die vrees wat mense laat wonder
    “Het my laaste dag dalk aangebreek?”

    Ek is soveel groter kind
    As enige leeu wat vir jou kom brul
    As enige leeu wat jou kom bang praat
    Ja julle weet daai vrese wat hulle inboesem …

    “Dit gaan gebeur
    En dan dit, en dan dit
    Jy staan geen kans
    Jy kan sommer maar net hier-en-nou opgee”

    Nee liefste kinders
    Nee
    Julle moet deur die dikwels-moeilike-omstandighede in julle lewe
    Nie altyd soek na ‘n uitweg om dit te ontduik

    Ja Ek weet
    Dit is uitdagend
    Dit toets julle uithouvermoë op heelwat vlakke
    Maar kinders dis enorm, die groei potensiaal wat dit geestelik vir jou inhou

    Dieper en meer
    Meer van God
    Dieper saam Hom
    Dit kan julle in sulke tye bid

    Wys my meer en meer Abba
    Asseblief
    Die vermoë wat U het
    Om My deur die donker dae van hierdie lewe te help

    Ja dis wat Ek doen
    Dis wat Ek graag doen
    Die Heilige Gees is gestuur om julle in tawwe tye by te staan
    Altyd by julle te wees

    Het julle geweet
    Julle kan in donker dae vra
    Heilige Gees
    Help my asseblief hierdeur?

    Help my om te weerstaan en neer te lê
    Die hopeloosheid wat my omring
    Die gefluister wat sê
    “Gee op, dit help nie eers jy probeer”

    Het julle geweet
    Kinders van Abba
    Negatiewe praat, negatiewe wonder
    Dit is nie van Hom?

    Ja dit is dikwels wat ons sink
    Daai negatiewe saam-praat
    Met Satan en al sy bose maats
    Ons moet slimmer as hy raak

    Ja die swaar sal nie bly
    Hy sal nie bly wen
    As ons nie meer bely
    “Hy gaan wen”

    Ja hy gaan nie
    Want God is groter
    Sal jy dit eerder begin sê
    Kind dit waarlik glo?

    Ek werk met julle geloof
    Kinders dis baie dikwels wat Ek nodig het
    Kinders wat glo
    Ek wil, Ek kan

    Julle samewerking word benodig
    Julle oorgawe
    Julle vertroue
    Julle aanhou vashou

    Julle positiewe praat
    Dit maak ‘n verskil
    Dit gee My iets om mee te werk
    Dit sluit julle nie toe in tronke van ongeloof

    Hou aan kinders, asseblief
    Om oë op My te hou
    Om te weet Ek is vir julle
    En saam gaan ons dit maak

    Ek verwyder nie My kinders
    Aldag die probleme
    Want Ek wil hê jy moet groei
    Saam met My spiere bou

    Ja kinders pap spiere werk nie
    Hulle gaan net solank die pas kan volhou
    Dan gaan hulle ingee
    Sê die inspanning raak te veel

    Ek wil hê julle hande
    Moet bietjie langer begin bo-bly
    Kinders net soos Moses s’n
    Toe hulle die geveg moes wen

    Ja hy is hulp gestuur
    Om sy arms bo te hou
    Dis hoekom Ek daar is sê Heilige Gees
    Ek en die Woord sal Aäron en Hur vir jou wees

    Hou jou hande hoog kind
    Hoog in die storm
    En sien hoe Ek hierdie geveg vir jou veg
    Sien hoe Ek hom wen

    Ja My kinders, ja
    Sterker spiere moet ons bou
    Net soos Rocky
    Oefen daai spiere, elke dag bietjie meer

    Slaan, boks, staan vroeër op in die oggende
    Begin opgee wat jou terughou
    Drink daai proteïen-drankie
    Fiks in gees, dit is waarnatoe ons werk

    Fiks in gees
    Fiks in gees
    Dis waar Ek so graag
    My elke kind wil hê

    Fiksheid in vlees
    Dit het ‘n nut
    Maar veel beter is hy wat hom beywer in die gees
    Het julle dit al in die Bybel raak gelees?

    Kinders van Abba
    Ek wil hê julle moet weet
    Julle is sterker as wat julle dink
    Veel, veel sterker in My as in julleself

    Begin wapens optel
    Wapens van Lig
    Glo soos Ek glo
    Doen soos Ek doen

    Dit dra veel meer waarde
    Kinders
    As wat julle dink
    Julle kan op My manier veel meer vermag

    Veel, veel meer
    Begin op My manier baklei
    Weer die gewonder met My Woord af en weet altyd
    Ek, Ek is vir jou

    Dis omdat Ek weet sê Abba
    Wat Ek met jou donker dae kan doen
    Dis hoekom Ek hulle partymaal toelaat om te gebeur
    Dis omdat Ek weet ‘n reus van geloof kan Ek in jou laat opstaan

    Ek praat nie van al die verkeerd en seer
    In hierdie wêreld nie kinders
    Ek praat van die tye wat Ek rerig kan gebruik
    Om soveel goud in julle gees te ontgin

    Julle mis hulle partymaal
    Baie kere
    Omdat julle nie dink of besef
    God kan dit draai vir goed

    Ja My kinders
    Ek kan selfs die seerste seer
    Iets maak waarna jy
    Kan terugkyk met waardering

    Dis My vermoë
    Dis wie Ek is
    Vir jou
    Vir elkeen

    Amen.

  • Goue tyd & geloofshuise (Nog ‘n woord in seisoen)

    Goue tyd & geloofshuise (Nog ‘n woord in seisoen)

    Hierdie is ‘n seisoen om God se rus in te gaan. Om ons harte stil te maak en nie te sê … Here gee U nie om dat ons vergaan?

    Julle vergaan nie
    Die storm sal julle nie sink
    Hou julle oë op My kleintjies
    Ek is die Een wat die storm in julle stilmaak
    Die een om julle ook


    Dis ‘n gulde geleentheid, ‘n goue een om God se rus te vind. Wil jy nie ook hê, beleef, die vrede wat alle verstand te bowe gaan?

    Vriend, vriendin trek nader, trek nader aan Abba in hierdie lockdown tyd.

    Julle sal nie, julle sal nie vergaan nie
    As als om julle skud
    Nee, julle besef nou net eers die gevaar!

    Sien vir baie lank was dit Abba wat gesê het … aan ons, die wêreld, die kinders van Hom wat slaap in die kerk…

    Word wakker!
    Kinders word wakker!
    Die wêreld vergaan!
    Julle sien nie, julle let nie op!

    Oe Pappa sê
    Kinders gee julle nie om dat julle vergaan?
    Julle slaap My kinders
    Die boot is besig om te sink


    Sien baie mense
    Se lewensbote is besig om te sink
    Ek die een wat besig is om te sê
    Word wakker, word wakker, jy gaan verdrink!

    Kind
    Jy is dan net so min gepla
    Soos wat jy dink Ek is gepla
    Noudat jy die storm om jou begin oplet

    Sien sê Abba
    Al wat besig is om te gebeur in hierdie tyd
    Is dat julle besig is om te besef
    Die gevaar waarin julle verkeer

    Ja julle oë is net besig om oop te gaan
    Julle is besig om te besef
    Hoe Ek al die tyd gevoel het
    As Ek benoud aan die wêreld skree:


    Word wakker!
    Word wakker!
    Die tyd raak laat!
    Die tyd raak min!


    Dis al wat besig is om te gebeur
    Ek begin julle net al meer bewus maak
    Van die sinkende situasie

    Waarin julle verkeer

    Bekeer My liefste kinders
    Begin net op julle knieë gaan
    En sê dankie
    Sê dankie vir My genade wat so baie omgee


    Dis ‘n bedekte seën
    Wat besig is om tans te gebeur
    Ek weet julle sien dit nie, Ek weet julle wil nie
    Maar wat besig is om te gebeur is goud


    Dis goue tyd wat Ek hierdie wêreld gee
    Om te besin, om te glo
    Om te weet, om te evalueer
    Glo ek reg oor God? Waar is ek in verhouding met Hom?


    Sien daar is net te min mense wat rerig bemoeienis maak met hierdie vrae
    Nee hulle gaan veel eerder ongesteurd aan, min gepla
    Net soos Ek op die see van Galilea
    Toe My dissipels aan My die vraag vra


    Natuurlik gee Ek om My liefste kinders
    Dis hoekom sê Pappa
    Ek julle bewus maak van die situasie waarin julle verkeer
    Julle moet julle Pappa begin raaksien


    Sy liefde is altyd om te dissiplineer
    Om reg te help, om te beveilig
    Om elke hoek en kant van die skaap-kraal toe te maak
    Sodat die wolf Satan nie kan kom steel, slag en verwoes

    Oe kleintjies
    Dis goue tyd, dit wat Ek julle nou gee
    Ja dit was nodig
    Nodig dat die wêreld se oë net weer bietjie oopgemaak word


    Dis nooit
    Om seer te maak
    Dis altyd
    Om bewus te maak


    Ja soveel mense het al in hierdie Corona-virus-seisoen
    Geliefdes aan die dood afgestaan
    Mense het seer, hulle het groot eina
    Bevrees en bevange is soveel


    Maar kan Ek julle kom rustig maak
    Asseblief geliefdes onthou
    Hulle wat treur
    Hulle sal vertroos word


    Dit is die Woord se belofte
    Asseblief kom gee vir My jou seer
    Laat Ek saam met jou dra
    En ligter maak die groot eina


    Oe My kinders dood is oorwin
    Vir altyd en ewig
    Is dit nie wat julle My geredde kinders
    Vandag en hierdie week vier?


    Die Opgestane Heer
    Dit is Ek My liefste kinders
    Die Pasga Lam
    Geslag vir julle sonde en seer


    Julle is veronderstel geliefdes
    Om soveel vrede in julle harte te hê hieroor
    Dood moes lankal nie meer ‘n houvas op julle hê
    Ek leef, julle leef in My!


    Kinders dis die vrede en hoop waarvan Ek praat
    Geliefdes sê Abba
    Vir hulle wat glo in My Seun Jesus Christus
    Is dood net die drumpel na die Ewige Lewe


    Ja daar waar als sag en soet is
    Daar waar My liefdevolle teenwoordigheid
    Elke stukkie van die hemel vul
    Ek wil hê julle moet altyd dat dit julle gedagtes vul


    Die lewe na die dood
    Die Ewige saam met My
    As dit is liefstes waar julle fondasie lê

    Sal dit nie so maklik raak om bang te raak wanneer aardse fondasies begin val

    Ek sê al eeue en eeue lank vir die wêreld se mense
    Kom in My Koninkryk in
    Leer My ken
    Laat dit vir julle vrede, rustigheid en hoop bring


    Die ding is net
    So min mense wil dit glo
    Selfs van My eie kinders
    Dien My met selfsugtige gemak


    Ja so lank as wat dinge op hulle terme kan bly gebeur
    Is hulle baie maklik en baie tevrede om dit te bly doen
    Begin julleself eerder afvra My liefste liefste kinders
    Sal julle My bly dien as meer ongemaklikheid aan julle deur begin klop?


    Sien sê Abba
    Dis al wat besig is om te gebeur met hierdie Corona-virus
    Dis besig om julle goed-gemesselde planne omvêr te werp
    Ja julle begin sê: Nee a nou raak dit ongemaklik


    Die hele ding begin krap waar dit nie nodig was om te begin krap
    Dis mos iets wat julle gereeld kwytraak … Hoekom krap as iets nie pla?
    Kinders dit bring ons terug op dieselfde plek
    Vanuit watter spektrum bekyk julle die situasie? Die ewige of nou?


    Ja Ek weet sê Pappa
    Dit is haatlik
    Dis nie ‘n situasie waarvan julle hou
    Maar wat as dit is wat Ek kan ek wil gebruik om mense se oë meer op My te vestig?


    Kan julle julself daarby berus?
    Kan julle sê…
    Ja Vader, ja ek hou niks daarvan maar ek weet
    Ek weet U planne is beter en meer as myne en daarby sal ek my neerlê


    My liefstes, My kinders
    Julle is Myne
    Ewig is die Rots waarop julle bou
    Word net rustig by My in hierdie seisoen


    Begin nader trek en weet
    Ek is die eintlike Rus waarna jy verlang
    Dit lê nie in jou bank rekeninge nie
    Dit lê nie in die plekke waar julle sekuriteite opbou


    Dit lê in My
    Die Ewige Ek Is
    Ek is in julle midde My kinders
    Ek het julle nie verlaat


    Kom sit by My
    Asseblief
    Meer as wat julle ooit het
    Kom raak rustig by My


    Kom leer op ‘n dieper manier ken dat Ek slaap in julle lewensbote
    Nie omdat Ek nie omgee maar omdat Ek so so seker is
    Ek weet My kinders, Ek weet wie Ek is
    En Ek wil so graag hê elkeen van julle moet ook in daai sekerheid inbeweeg


    Ja dis taai
    Ja julle het dit nie beplan
    Maar kan julle kom rus
    Sal julle kom rus by My?


    As daar fondasies is wat moet val in die tyd
    Laat hulle val My kind
    En laat toe dat Ek en jy saam
    Sterker aan daai geloof-fondasie van jou bou


    Die is ‘n uitnodiging na groei My liefste kinders
    Dieper en meer saam met My
    Laat ons begin messel
    Begin bou aan daai fondasie van jou geloofshuisie


    Ja van hulle staan vas
    Gebou op die Rots van die Eeue
    Maar kind daai huisie van jou…
    Hy is verrineweer


    Soveel herstelwerk het hy nodig
    Nuwe lae verf, gebreekte vensters moet vervang word
    Uitvee, mop, skoonmaak … dis wat baie van julle huise nodig het

    Opknappingswerk

    Ja sê Pappa
    Ja Ek weet
    Baie van julle kyk na hierdie ekstra tyd wat Corona julle gee en dink…
    Nou kan ek doen waarvoor ek nooit tyd kry


    Maar kan Ek vra
    Pappa se kinders
    Sal julle in hierdie tyd ook seker maak
    Dat die opknappingswerk van julle geloofshuise geskied?


    Ja vra julleself vandag…
    Asseblief
    In watter kondisie is my huis van geloof
    Watter onderhoudingswerk moes ek al lankal aan hom aanbring?


    Kinders hoe lyk julle tye van aanbidding?
    Hoe lyk die tye wat julle saam met My spandeer?
    Persoonlike tyd, nie net daai vinnige gebede

    Wat julle saam met julle mans, vrouens en kinders in die oggende bid

    Hoe lyk die herstelwerk van jou geloofshuis?
    Begin arbei My kinders…
    Daaraan
    Begin Heilige Gees vra..
    .

    Wys my, wys my asseblief … waar kort my huisie werk?
    Dis al wat Ek in hierdie dag van julle vra … sal julle?
    Sal julle toelaat dat hierdie tyd van isolasie
    ‘n Tyd van enorme seën vir My en jou se verhouding word?


    ‘n Vernouing
    ‘n Verdieping
    ‘n Een-word tussen ons

    Meer as vantevore

    Julle kan en julle gaan deurtrek
    Hou julle oë net op My
    Stewig en sterk, onbeweegbaar en vas
    Dit is die fondasie waarop julle bou
    .

    Tydens die neerskryf van hierdie woorde het ek so duidelik die toneel van Markus 4:35-41 gesien afspeel. Gaan lees dit asseblief. En as julle nog nie die blog wat ek vroeer die week gelaai het gelees het nie moedig ek julle aan om dit ook te gaan lees. Dit sluit mooi aan by hierdie een. Dankie Heilige Gees. Abba dankie dat U ken die onstuimigheid wat ons harte in hierdie tyd besoek. Sal U dit asseblief rustig maak en ons dieper bly trek met die liefdevolle herinnering van wie U is. Mag hierdie ‘n tyd van praggroei saam met U wees, vir U elke kind. In Jesus se Naam.

    Amen.

  • ‘n Barmhartige Samaritaan Storie

    ‘n Barmhartige Samaritaan Storie

    Dankie Daddy
    Vir lewe en lig
    Vir dankbaarheid in my hart
    Dis so groot geskenk

    Dit help my so baie Pappa
    Om die lewe en wat dit meebring
    Elke dag
    Met ‘n vonkel in die oog te bekyk

    Daagliks Daddy
    Steel die lewe se opdraandes
    Soveel vreugde en vrede
    In ons gemoed

    Maar U gee dit terug
    Wanneer U sê
    My kind tel die seëninge wat jy oorhet
    Sê steeds dankie daarvoor

    Ek wil net kom dankie sê Abba
    Vandag net soos vele ander dae
    Loop my hart oor
    Van dankbaarheid teenoor U

    Selfs al is daar dae wat my vertel ‘jy het so min’
    Is daar steeds so baie
    Wanneer ek kies om my oë daarop te vestig
    En nie net op dit wat verkeerd is

    U is my hart se oggendson Pappa
    Die een wat hom elke dag laat glimlag
    Wanneer U met U vreugdestem fluister
    ‘Ek is hier My liefste dogter, saam gaan ons hierdie dag aanpak’

    Ek weet dis nie altyd maklik nie My kind
    Die lewe het nooit belowe hy gaan altyd rooskleurig
    En sonder struikelblokke wees
    Inteendeel My kind, Ek het gesê

    Gaan lees jou Woord
    In die wêreld sal julle verdrukking, sware stryd hê
    Maar hou goeie moed My kind
    Want Ek Jesus het die wêreld oorwin

    Dis altyd My begeerte
    Liefste kind
    Om julle dieper My hart in te vat
    Met die uitdagings wat die lewe stuur

    Sien wanneer dit so om werk
    Kan geen mens ooit sê
    Dit was verniet
    Daar is geen doel agter al my pyn

    Kind dit is verniet
    Al die gratis liefde, omgee, bystand
    Wat Ek julle bied in donker tye
    Nooit hoef julle ooit te twyfel dat Ek julle in donker dae nie sal bly dra

    Oe My kind
    Sterk-wees
    Sterk-wees en kyk na Pappa
    Ek wil so graag plan oor jou seer kom skryf

    Sien dis nie gewoonlik lekker
    Om die swaar paaie van die lewe te loop
    Maar hulle My kind kan Ek draai en gebruik
    Om soveel hoopvolle planne vir julle gebore te laat word

    Nes daai versie in die Bybel sê
    Moenie ooit dink My kind
    Dat Ek julle versaak
    Nee in donker dae is Ek baie nader as wat meeste vermoed

    As julle kon sien sê Daddy
    Wat Ek doen met mense, My kinders
    Wat soos die man wat die Barmhartige Samaritaan gehelp het
    Katswink geslaan is deur die lewe

    Dis Ek My liewe kind wat soos die Barmhartige Samaritaan
    My oor jou bloedige liggaam ontferm en My hulp kom aanbied
    Ek’s die een wat jou wonde versorg
    Ek’s die een wat seker maak dat julle die beste diens en sorg kry op julle recovering journeys

    My hart is altyd dogter, seun
    Om julle te ondersteun
    Om julle naby My te hê
    Vir julle om die ware My te leer ken

    Amen.

  • Dis ‘n proses van groei nie ‘n wiel van prestasie

    Dis ‘n proses van groei nie ‘n wiel van prestasie

    Ek is ‘n geregverdig-gemaakte kind van God
    Nie perfek nie maar op ‘n journey saam met Abba
    Saam met Hom sal ek bly opstaan
    Die werk wat Hy in my begin het sal Hy voltooi

    Daarom sal ek nie opgee
    Maar die pad saam met Hom bly loop
    Nooit nie bly lê
    Sy genade, krag en liefde is my behoud

    Altyd sal ek onthou
    Sy genade is vir my genoeg
    En geen versoeking of sonde
    Is groter as Hy

    Jesus het oorwin
    In Hom is ek oorwinnaar en vry
    Geen sonde sal ek toelaat om ‘n houvas op my te kry
    Want Jesus se prys aan die Kruis was vir vryheid

    Joune ja en ook my
    Hierdie vryheid sal ek nastreef
    Sy hand bly vashou
    Tot die end

    Hy’s die Perfekte Een…
    Jesus
    In Hom is ek volmaak
    In Hom is ek goed-genoeg

    In Hom, saam met Hom
    Moet ek net bly groei
    Dis al wat my Hemelse Pappa van my vra
    Groei in liefde vir My

    Liefste kind elke dag meer
    Moenie dat sonde se tentakels jou onderkry
    Haar seekat-manier sal bly verloor
    Soos jy oë op God bly hou

    Kyk na die horison kind
    Blou en rooi gemeng
    Daar is ‘n hemelshuis wat wag
    Kyk vorentoe, nooit ondertoe

    Selfs in en met die verkeerd
    Kan Ek bly werk
    Hou jou oë net op My
    Vorentoe kind, vorentoe

    Ek vergewe die sonde
    Dit waarmee Satan julle altyd vuil smeer
    Kyk altyd liewe dogter, seun
    Hoe vinnig julle kan opstaan na verkeerd-doen

    Ek veroordeel nooit
    Ek sê altyd Staan op
    Vee die stof van julle klere af
    En probeer weer

    As julle net kon sien
    Liefstes
    Altyd sê Pappa
    Die blink oë waarmee Ek vergeef

    Want Ek sien die harte waarmee julle sonde pleeg
    En dis altyd, gewoonlik
    Daddy ek wil nie, ek wil rerig nie
    Maar daar is iets in my wat ek net nie gekeer kry

    Oe Pappa se liefstes
    Myne
    Hoekom begin julle julself nie vergewe
    Soos wat Ek doen?

    Ja Ek weet
    Dis altyd seer
    En Ek weet
    Julle wens altyd julle het nie

    Maar liefstes
    Kan ons asseblief van die plek bly opstaan?
    Julle moet weet
    Ek vergeef

    Ek wil julle help, altyd
    Om weer op julle voete te kom
    Moenie in stof en as bly sit
    Die kere wat julle misluk, die kere wat julle verkeerd-maak

    O kinders
    Vat veel eerder Pappa se hande

    Daddy ek sal uit die stof opstaan

    Julle is nie gemaak liefstes vir op die grond bly lê
    Kyk na My, hou aan opstaan
    Ek vergewe
    Dis Ek wat altyd sê Probeer net weer

    Ja mense gee vinnig op
    Baie vinniger as wat Ek ooit doen
    Ek wil hê julle moet hoop en krag put
    Uit My eindelose geduld vir julle

    Sal julle vinniger vergeef
    Die kere wat julle faal
    En die leisels
    Uit julle hande laat val?

    Nee liefstes
    Neem net weer die leisels op saam met Daddy
    Sê jy’s jammer
    En galop aan

    Baie kinders van My
    Sê Abba
    Kom nooit oor die verkeerd-doen
    En sleg-voel

    Van julle sit al daar vir jare en jare
    Kamp-opgeslaan
    Net soos wat Satan My kinders kry om te doen
    By die Kruis van Golgota

    Liefstes
    Daddy wil Satan se sonde en skaamte
    Van julle harte afbreek
    Hy hou julle so hard en seer daarmee

    Wees sag My liefstes
    Altyd sag vir Pappa se hart en hand
    Laat My altyd toe
    Om in jul binnestes te bly werk

    Dis My begeerte sê Abba
    Dat julle harte altyd lig en vry sal voel
    Dis wat Ek altyd doen, dis waarnatoe My Woord altyd die pad aandui
    Lig en vol vrede

    Nie ‘n swaar en donker gemoed
    Ek haat dit sê Pappa
    As Ek My kinders so morbied deur die lewe sien gaan
    Ek het gesterf sê Jesus om julle veel meer as dit te gee

    Daar is ‘n lewe beskikbaar
    Van oorvloed vreugde, lig en lewe
    Sê Pappa, ons Hemelse Pappa
    In My Seun

    Sal julle die lewe asseblief
    Asseblief
    Saam met My
    Begin doen

    Hou op om My uit te sluit
    Maak My veel eerder kinders deel van als in jou
    Die sleg, die verkeerd
    Die mooi, die gehoorsaamheid

    Julle harte faal
    Kinders dit is so
    Tog wil Ek hê julle moet weet
    Ek vergewe gou

    Ek wil net hê ons moet die pad bly loop
    Hand-aan-hand
    Soos geliefdes doen
    Oor die strand van die lewe

    As jy bereid sou wees kind
    Om in vasberadenheid en volharding
    Die pad saam met My te bly stap
    Kan Ek jou beloof

    ‘n Ewige oorwinning
    Vol kleiner oorwinnings op jou pad tot daar
    Sonde sterf nie altyd eensklaps ‘n dood
    Dis ‘n pad tot daar

    Kind ‘n reis tot by die Ewigheid
    Waar jy elke dag kies om die vlees te bly neerlê
    Nie altyd maklik want sy wil altyd uit die dood opstaan
    Maar My Seun se bloed en opstanding het die ewige oorwinning vir jou behaal

    Daarom wandel dan op hierdie pad
    Laat jou Gees-mens bly groei
    En weet dis nie altyd ‘n pad van perfeksie
    Maar Jesus wat alreeds perfek is in jou

    Ja kind ‘n pad van groei
    ‘n Pad van Jesus toelaat om volwasse gestalte in jou te verkry
    Ja Hy moet groei
    Van baba na die gekruisigde Heer

    In jou
    Kind en dit gebeur
    Soos jy jouself
    Elke dag aan My oorgee

    Begin elke dag net saam met My
    Hou aan oorgee
    En vertrou
    Ek’s altyd besig om julle by die mooier mooi in My te wil uitbring

    Dis ‘n groei-proses
    ‘n Proses so mooi
    ‘n Proses van groot-word-in-Jesus
    Groei, groei, groei

    Kind solank as wat jy altyd bereid is om te groei
    Sal jy nooit in ‘n rat van sonde en ek-kan-nie-aanbeweeg verval
    Hou aan groei
    Saam met My

    Nooi Jesus se lig konstant in

    Jesus ek gee U toestemming
    Hê U manier in my

    Dis die mooiste werk
    My liefste kind
    Wat die Hemelse Pottebakker in jou wil kom doen
    Daarom laat jou gebed altyd toe om te wees

    Jesus ek die aardse klei gee U toestemming
    Vorm my, knie my
    Maak my soos U
    Die Hemelse Pottebakker my wil hê

    Met harte bereid om sulke gebede te bid
    Kan Ek altyd bly werk sê ons Hemelse Pappa
    Altyd-Altyd
    Want Ek het jou ja

    Soveel mense wat nog vassit in ‘n rat van nie-verandering
    Julle kan nie glo
    Maar soveel mense wat sê
    Ek hoef nie te verander, daar is niks fout met my

    My liefste kind
    Kan jou Pappa in die hemel vandag vir jou kom vra
    Weerspieël jy al ten volle vir Jesus
    In jou lewe en hoe jy optree?

    Ek wil hê jy moet weet kind
    As jy nie volmondig kan saamstem
    – Wie kan? 😉 –
    Is daar altyd ruimte vir groei

    Want sien
    Mense sien die deel nie altyd nie
    Volgens hemel-standaarde
    Skiet hulle veels te kort

    En sien sê Pappa
    Nie omdat dit ‘n wiel
    Van prestasie is nie
    Maar ‘n proses van groei

    Altyd wil Ek julle
    By die dieper en mooi in My uitkry
    Maar dit kan net gebeur
    Met die wat volwasse is in Gees

    Ai My liefste kinders
    Asseblief, bly groei
    Altyd, altyd
    Wees bereid om te groei

    Is dit nie ook altyd vra Pappa
    Wat julle bewonder in mense nie
    Hulle uithouvermoë, die begeerte om hulself te verbeter
    En hoe bereid hulle is om daarvoor te werk

    Dis maar dieselfde met My
    Liefstes
    Ek soek maar net kinders
    Wat altyd bereid is om te groei saam met My

    Nie perfeksie nie kinders
    Maar groei
    Dis Pappa se hart
    Dis al wat Ek vandag vir julle wou kom sê

    Liefde My kinders
    Pappa bewonder julle
    Julle groei en bly-opstaan, julle nooit opgee
    Dit bemoedig en seën My hart

    Amen.

  • Glorieryke ontdekkingstog

    Glorieryke ontdekkingstog

    U is rustigheid
    U is vrede
    U is hoop
    U is als wat so graag in my hart wil woon

    Kind sê Pappa
    Kom nader
    Kom sien
    Daar is soveel meer voorberei

    Vir jou
    Vir julle
    Vir almal
    Wil Ek so graag wys die diepte van My hart

    Kom verken
    Sê Pappa
    Kom Ek nooi jou nader
    Sal jy seblief nie sê nee

    Moenie agterweë bly nie
    Kinders sê Daddy
    Asseblief veel meer
    Het Ek vir julle voorberei

    Julle ken My nie kinders
    Sê Pappa-God
    Soos Ek so graag wil hê
    Julle moet My ken

    Nader sê Pappa
    Nader
    Altyd-altyd nader aan My
    Dis My grootste hartsbegeerte

    Julle wonder
    Sê Pappa
    Te gereeld
    Wat is hierdie meer waarvan Ek praat

    Oe kinders
    Sê Pappa
    Dis die lieflikste mooi
    Wat enige iemand ooit sal kan opspoor

    Dis Ek
    In My mooiste glorie
    Sê Abba
    Dis Ek in My heelmooiste glorie

    Dis Ek in My volmaakte mooi glorie
    Waarna jy elke dag
    Meer
    En meer kom soek

    Oe liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Asseblief asseblief kom verken
    Daar’s soveel meer wat Ek julle wil gee

    Julle harte is diep
    Sê Pappa-God
    So gereeld kom sê julle
    Daddy-God rerig ek wil meer van U hê

    Sal U asseblief my hartskapasiteit vergroot
    Pappa-God
    Sodat meer van U wonderlik-wees
    In my hart kan woon

    Oe Pappa-God se kinders
    My liefstes
    Liefstes van my hart sê Pappa
    Dis die gebed wat Ek wil hê julle moet begin bid

    Pappa se kinders
    Myne
    Liefstes
    Julle is tevrede met so min van My

    Liefstes sê Pappa-God
    Asseblief kom nader aan My
    Kom verken My hart
    Kom sien julle het nog nie die bodem in My ontdek

    Oe gereeld
    Sê Pappa-God
    Kinders wat Ek julle vra
    Kom verken tog My hart

    Liefstes sê Daddy
    Daar is ‘n verkenningstog julle
    Waarop Ek elkeen van My kinders
    So graag wil neem

    Sal julle My toelaat liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Asseblief
    Om julle saam met My op hierdie wild crazy adventure te neem

    Oe sê Abba-God
    Daar is ‘n liedjie soos dit
    Het julle hom al gehoor
    Dalk moet julle hom bietjie gaan opsoek 😉

    Oe kinders
    Sê Abba
    Dis ‘n wonderlike liedjie
    Dit vertel met opwinding van dit wat Ek instoor hou

    Liefstes sê Pappa
    Meer en meer
    Dis ‘n ontdekkingstog
    Waarop Ek julle wil neem

    Gereeld sê Daddy
    Sê baie van julle nee
    Nee hoekom moet ek meer uitvind
    Ek is dan so tevrede met wat ek alreeds het

    Kinders sê Daddy-God
    Vir My is dit al so afgesaag
    Julle sing oor en oor dieselfde deuntjie
    Hoekom wil julle nie meer oor My wonderlik-wees weet nie

    Oe sê Daddy
    Dit maak so seer
    Die wete dat julle rerig met oppervlakkige kennis oor My
    Tevrede wil bly

    Ek weet dis vir julle kosbaar
    My liefstes
    Sê Pappa-God
    Baie van die oppervlakkige kennis wat jy reeds van My het

    Ek wil maar net sê
    Pappa se kinders
    Kom soek na meer
    Kom soek na alles van My

    As julle gedink het
    Sê Pappa-God
    Dat julle tevrede is met die min
    Laat Ek julle die dieper wys!

    Kinders sê Pappa
    Dis net omdat julle nog nie weet
    Of besef
    Wat Ek nog instoor vir julle hou

    Oe ja sê Pappa
    Daar’s soveel-soveel meer
    Ek soek net honger harte wat bereid sal wees om te sê
    Daddy-God ek is net nie meer tevrede met wat ek van U weet

    Daddy ek wil U kom verken
    Daddy-God ek wil kom uitvind
    Wat is dit
    Wat is dit wat nog vir my wegkruip?

    Oe liefstes sê Daddy
    Julle sal julle harte
    So so verbly
    As julle dit net wou doen

    Oe geliefdes sê Daddy-God
    Geliefdes van My hart
    Soek My asseblief
    Sodat julle meer van My kan vind

    Dis net die met ‘n honger in hulle hart
    Wat regtig
    Die meer en dieper in My
    Ooit sal kan opspoor

    Ja-nee sê Daddy-God
    Ek verberg My dikwels vir ‘n rukkie
    Gooi ‘n klippie in die bos
    En kyk wie sal kom kyk

    Ja sê Daddy
    Wie sal kom kyk
    Wie sal kom kyk
    Na die ritseling in die bos

    Oe geliefdes sê Pappa-God
    Ek wag vir julle
    Ek wag vir julle
    Om die aas van My liefde en dieper-kom-verken te vat

    Hoekom, hoekom
    Hoekom sê Daddy
    Kom soek julle net nooit
    Na meer van My

    Oe geliefdes
    Seblief sê Daddy
    Kom soek
    Kom soek na meer van My

    Ek het al begin tone tel
    Sê Pappa-God
    Ek het al begin moeg word
    Een en een maak twee, een en twee maak drie

    Oe Ek is al hoogs verveeld
    Hoog sê Pappa-God
    Ek weet nie
    Dalk moet Ek die bos met ‘n hoop klippe bestook

    Oe kinders
    Sê Daddy-God
    Ek sien julle
    Ek sien julle verby die bos loop

    Hoekom kyk julle nie op nie
    Hoekom kyk julle nie op na waar Ek julle in oog hou
    Oe seblief kinders sê Pappa-God
    Kyk op na My

    Oe Daddy se kinders
    Hoekom
    Hoekom laat julle toe
    Dat die wêreld julle so verlei

    Dit gebeur te gereeld
    Sê Pappa
    Te te gereeld
    Dat julle My toelaat om uit sig te verdwyn

    Kinders sê Pappa
    Ek weet nie of julle weet
    Maar dis tyd om te begin besef
    Daar is meer wat om julle aangaan

    Ja sê Daddy-God, ja
    Julle is so verdiep in aardse goed
    Julle sien nie eers meer
    Waarmee Ek besig is

    Hoekom is dit so
    Vra Pappa
    Hoekom laat jy toe
    Dat die wêreld jou so mislei

    Oe Abba-God se kinders
    Ek wil julle vra, rerig
    Begin My hoor
    Vanuit die bosse waaragter Ek fluit

    Ja Ek probeer julle aandag trek
    Hard en duidelik
    Maar al wat hoor
    Is julle

    Hoeveel duideliker sê Pappa-God
    Moet Ek dit vir julle maak
    Kind sê Daddy
    Moet Ek jou op die skouer kom tik

    Oe Daddy-God se kind
    Oe Daddy-God se kind
    Hoekom is dit so
    Dat jy My met groot verbasing op die gesig in die oë sal kyk

    Ja verboureerd en verward
    Sal jy dan om jou rondkyk
    Jy sal sê, jy sal stotter
    Waar, waarvandaan af kom U nou?

    Oe Abba-God se kind
    Ek sal sê
    Ek wag vir jou
    Ek is nog heeltyd hier

    Nee My kinders
    Julle weet mos tog
    Dit is net niks lekker
    Om met min-belangstellendes te speel

    Ja-nee sê Pappa-God
    Daai mense wat vir jou kyk
    Maar jou nogsteeds nie eintlik sien
    Want hulle gedagtes is alreeds op ‘n ander plek

    Oe kinders
    Sê Daddy
    Julle ken dit mos
    Julle weet presies waarvan Ek nou praat

    Dis net nie lekker
    Sê Pappa-God
    Om julle in die oë te kyk
    En te sien julle wil nie eintlik met My speel

    Oe Abba-God se kind
    Ek wil julle belangstelling op-wek
    Met hierdie briefie wil Ek sê
    Daar is soveel meer, sal jy ASSEBLIEF kom soek

    Oe dit gebeur te gereeld
    Te gereeld
    Dat julle net nooit wil
    En dat julle dan net g’n idee het waarop julle uitmis

    Oe geliefdes
    Sê Abba
    Liewe liewe geliefdes
    Julle sal My woord hiervoor moet vat, punt

    Ja sê Daddy
    Ja dit is so
    Ek kan nie aanhou om julle die heeltyd te lek
    Oor en oor te smeek

    Dit sal die moeite werd wees
    Kinders dit sal
    Kinders julle sal dit sien
    Julle sal dit beleef!

    Kyk sê Daddy
    Hierdie wêreld lê vol van My waarborge
    As jy dit sal doen, sal Ek dit doen
    Kinders sê Daddy, hulle is oral-oor

    Kom sê Daddy
    Kom
    En kom sien
    Hy wat glo, hy sal sien

    Ja sê Daddy
    Ja dit is so
    Julle glo My waarborge te min
    Dis hoekom julle aanhou om uit te mis

    Kinders sê Pappa
    Hoekom
    Hoekom is dit so
    Weet julle nie dat Ek die Een is wat ewig leef?

    Wat verstaan julle nie
    Sê Pappa
    Wat verstaan julle nie
    Ek is die Ewige Mooi Een

    Julle dink te gereeld
    Sê Abba
    Dat dit nie so is
    Dat Ek nie die waarheid praat

    Ek is die onvergelykbare wonderlike Een
    Kinders sê Daddy
    Daar was en sal nooit
    Een soos Ek wees

    Maak dit nie alles die moeite werd nie
    Kind sê Daddy-God
    Hoekom, hoekom is dit nie genoeg
    Om die belangstelling van jou hart te wen

    Ek wens so dit kon anders wees
    Sê Pappa
    Ek wens jy kon besef
    Wat klop regtig aan jou deur

    Kinders sê Pappa
    Luister
    Luister asseblief vir My
    Pappa weet waarvan Hy praat

    Hierdie wêreld en haar plesier
    Kinders sê Daddy
    Kinders
    Dis vlietend en baie vinnig verby

    Kinders net soos die vuurwerke
    Wat julle dikwels in die aandlug aanskou
    Het julle nie ook al gewens
    Dat hulle net bietjie langer in die lug wou bly

    Ja sê Pappa
    Ja
    Dat julle vir ‘n ewigheid
    Die wonder van hulle mooi-wees kon aanskou

    Kinders sê Pappa
    Kinders
    Asseblief luister vir My
    Ek is die Wyse God

    Die Wyse Een sê Abba
    Die Oue van Dae
    Kinders sê Pappa
    Dit is Ek, die Ewige

    Van alle tyd af het Ek bestaan
    En vir alle tyd gaan Ek nog bestaan
    Dit is maar net
    Hoe dit is

    Oe ja sê Daddy
    Oe ja
    Vinnig en vlietend is hierdie wêreld se plesier
    Maar Myne sal ewig bly

    Dis hoekom Ek julle oor en oor vra
    Kinders van My hart
    Sê Pappa
    Sit jou vertroue asseblief in My hand

    Ja sê Pappa
    Ja
    Asseblief kom loop die pad saam met My
    Dat Ek jou verder kan lei

    Na dieper onontdekte plekke
    Na watervalle van verfrissing
    Na tuine van hoop
    Dit is waar ons gaan aandoen

    Oe kinders sê Abba
    Asseblief, asseblief
    Kom nader aan My
    Kom sien en vind die wonderlik-wees wat nog in My wegkruip

    Oe ja nee sê Abba
    Dis ruim
    Die dieptes in My hart
    Net soos die hemelruim wie se einde julle nog moet vind

    Oe kinders
    Ondeurgrondelik diep
    Onvergelykbaar groot
    Dit is net wie Ek is

    Ek love wie Ek is so baie
    Love, love, love
    Wie Ek is
    Elke dag

    Ek wil so graag hê
    Sê Pappa
    Dat julle ook so oor julleself sal voel
    Dat julle diep liefde vir julleself sal hê

    Nie sê Pappa
    Op die oordrywige selfsugtige manier
    Maar
    Op die diep waardevolle manier

    Ja sê Pappa
    Dat julle julle waarde sal besef
    Dat julle dit sal ken
    Ja sê Daddy op die mooiste manier

    Daar’s te veel van julle sê Abba
    Wat net te gereeld wonder
    Oor wie jy is
    En of jou lewe rerig waarde dra

    Kinders Ek wil maar net
    Sê Pappa-God
    Vandag vir julle kom herinner
    Dat julle lewens, wie julle is groot waarde dra

    Ek maak nooit foute nie
    Sê Pappa-God
    Ek weet
    Baie van julle word dit dikwels genoem

    ‘n Fout, ‘n uitvaagsel
    ‘n Mishap, ‘n failure
    Een wat net nooit ooit
    Sukses in hierdie lewe gaan behaal

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Ek wens julle kon sien
    Dit wat Ek sien as Ek na julle kyk

    Julle kyk met verkeerde oë
    Harde oë
    En nie sagte oë
    Oë wat die veroordeling van ander al begin glo het

    Hoekom vra Pappa
    Hoekom beweeg jy nie net nader aan My
    Hoekom kom hoor jy nie vir ‘n slag
    Wat Ek van jou sê

    Oe ja liefste kind
    Waardevol vir God
    Is oor jou diepste menswees geskryf
    Van binne na buite, elke stukkie vir My

    Oe God se kosbare kind
    Dit is jou hemelse naam
    Een vir een het Satan julle met sy leuens
    ‘n Ander naam kom gee

    Ja van julle ken dit
    Sê Pappa
    Van julle is al so baie kere
    Op julle aardse name genoem

    Ek praat nie
    Van julle geboorte-naam
    Ek praat van die labels
    Wat die wêreld op julle geplaas het

    Ja sê Pappa
    Ja
    Sy probeer nou-nog baie dikwels
    Om jou te probeer kry haar name bo Myne glo

    Hare klink so iets sê Pappa
    Uitgeworpene, verwerpte
    Nie-goed-genoeg-nie
    Gaan-nooit-iets-van-waarde-wees

    Oe kinders sê Pappa
    Van haar leuens, die wêreld s’n
    Het al die name geword
    Waarmee jy jouself noem

    Ja sê Pappa, ja
    Julle ken daai name
    Wat julle al vir julleself gegee het
    Gereeld fluister en sê julle dit vir julleself wanneer julle ‘n fout begaan

    Onnosel
    Hoe-kon-jy, jy-moes-beter-weet
    Vertraag
    Of is daar ‘n ander woord wat julle gebruik

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Dit maak seer
    Die woorde van haat wat julle teenoor julleself spreek

    Asseblief-asseblief julle moet dit nie meer doen
    Julle is self besig om julle waarde te bepaal
    Julle maak julleself af tot niks
    Kinders sê Daddy vir My is dit so verkeerd

    Julle maak julleself so seer
    Ek wil net hê julle moet weet
    Julle gaan julleself
    Nooit so liewer kry

    Oe nee sê Daddy-God
    Gesonde liefde vir self
    Gaan jy nooit-ooit so ontdek
    Dit kan net nie gebeur

    Ek wil julle vra
    Sê Abba
    Rerig-erig
    Dat julle My sal vra hoe Ek julle sien

    Asseblief Daddy se kinders
    Dis nodig
    Dis nodig
    Dat julle julle waarde in My begin besef

    Julle is so so verkeerd
    Julle maak so verkeerd
    Wanneer julle nie sag met julleself kan wees
    Wanneer julle nie gou kan vergeef

    Ja-nee sê Pappa
    Van julle het al soveel struikelblokke in julle harte opgebou
    Alles net omdat jy nie kan sê
    Eie ek, ek vergewe jou

    Ja-nee liefste kinders
    Sê Pappa
    Dis verkeerd
    So so verkeerd om so lank vir jouself kwaad te bly

    En nou sê Daddy
    Nou
    Omdat jy jouself nie kan vergeef
    Moet ook Ek aan die kortste ent bly trek

    Kind seblief sê Daddy
    Moet dit nie meer doen
    Ons is albei besig om so te verloor
    En dinge kan eintlik veel anders vir ons wees

    Dit gebeur baie-baie kere
    Sê Daddy
    Dat Ek in die koue moet bly staan
    Omdat die mens homself nie kan vergeef

    Kind sê Daddy
    Kind asseblief
    Maak oop daai deur van jou hart
    Sal jy asseblief My liefde, krag en vergifnis innooi

    Kind vra Daddy
    Het jy geweet
    Kan jy besef
    Ek kan jou help om jouself te vergeef

    Ja Ek kan sê Pappa
    Ja Ek kan
    Ek kan die seer en swaar van die verlede se foute
    Weg-was met My Seun se bloed

    Ja liefste kind
    Pappa kan jou die vermoë gee
    Om jouself lief te hê soos Ek doen
    As jy sou vra

    Ja My liefste kind, ja
    Pappa kan
    Pappa wil
    So graag

    Julle vergeet dit dikwels
    Baie gou
    Sê Pappa-God
    My vermoë om als beter te maak

    Kinders vra Daddy
    Asseblief moet dit nie so gou vergeet
    Ja-nee My liefste kinders
    Julle kan My gerus vra

    Mense is dikwels
    Sê Abba-God
    So aangeplak aan die binnekant
    Hulle probeer net emotioneel oorleef

    Kinders sê Daddy-God
    Ek kan daai stukkend-wees
    In elkeen van julle
    So baie mooi genees

    Oe liefstes sê Abba
    Oe liefstes
    Kyk asseblief vir My
    Begin glo, dinge kan vir jou veel beter lyk

    Ja sê Daddy, ja
    Soveel-soveel beter
    As wat dit dikwels vir jou voel
    Jy moet net begin glo

    Jy moet begin glo kind
    Dat Ek kan
    Dat Ek so graag wil
    Dat Ek naby is

    Oe kinders
    Sê Pappa
    Baie, baie van julle
    Het nog nie die wonderkrag van geloof-in-God ontdek

    Oe kinders sê Abba
    Oe kinders
    Dis so groot
    Pappa wil dit net graag vir julle sê

    Julle glo nie genoeg nie
    Julle het baie kere alreeds sê Daddy
    Dit uitgewerk in jou kop
    En bepaal nee daar sal nie ‘n kans daarvoor wees

    Kinders sê Pappa-God
    Julle is besig om die vlerke van geloof
    Kort te knip
    Sy kan nêrens heen vlieg

    Dis baie kere sê Daddy-God
    Wat gebeur
    As Ek My kinders vra
    Om My te glo

    Ja liefste kinders sê Abba
    Ja
    Dit gebeur partykeer
    Dat julle My nie genoeg glo

    Ek weet nie
    Sê Abba
    Dalk wil julle nie hopes op-kry
    Net om weer teleurgestel te word

    Kinders Ek wil net sê though
    As julle sal aanhou glo
    En nooit ophou glo
    Sal julle saam met My die onmoontlike beleef

    Ja-nee kinders
    Dis ‘n waarborg sê Abba-God
    Die wat My glo
    Nooit sal hulle beskaamd staan nie

    Julle moet asseblief nooit sê Pappa-God
    Net glo tot daar waar dit vir julle moontlik is nie
    Oe nee My liefste kinders sê Abba
    Dis maar eers daar waar Ek begin

    Die einde van julle glo sê Abba
    Is maar slegs die begin van Myne
    Daarom sê Abba
    Hou aan glo

    Hou aan glo kinders
    Hou aan glo
    Wonderwerke kan slegs gebeur
    As julle glo

    Ja vertel vir My sê Abba
    Daddy ek weet nie hoe
    Ek kan nie sien hoe dit kan gebeur
    Maar ek sal na U bly kyk

    Ja Daddy
    God van die onmoontlike is U beslis
    U kan alles doen
    Daddy ek glo

    Ek weet sê Abba-God
    Dikwels My liefste kinders
    Dat julle struggle met glo
    Julle weet nie aldag hoe dit lekker werk

    Julle glo
    Maar julle glo ook nie
    Julle wil vertrou
    Maar julle weet nie lekker hoe

    Kinders sê Daddy
    Ek wil net hê dat julle altyd sal weet
    Dat My hart en karakter
    Vêr bo verdenking is

    Ja partykeer sê Daddy-God
    Dikwels gebeur dit
    Dat julle net glo
    Tot waar julle kan sien

    Julle moet begin verder kyk
    Geliefdes
    Julle moet begin sien
    Dat alles by My moontlik is

    Geloof sê Daddy
    Glo
    Dat alles by My moontlik is
    Dat GEEN plan vir My onuitvoerbaar is nie

    Geloof sê dis moontlik
    Geloof sê dit kan
    Geloof is vertroue
    In My goue hart

    Dat Ek vir jou is
    Dat Ek nie sommer net gaan opgee
    Dat Ek altyd daar is
    Dat Ek alles weet

    Ja sê Daddy
    Geloof sê basies
    Vertrou God
    En dat by Hom alles moontlik is

    Sien sê Daddy
    Hierdie tipe vertroue se vlerke is nie geknip nie
    Hierdie tipe vertroue kan vir die hoogste wolke gaan kuier
    Ja sê Daddy selfs die wat julle nie kan sien

    My hart is bemoediging
    Sê Abba
    Dis hoekom Ek altyd vra
    Hou aan opkyk, vertrou My hart

    Liefstes sê Abba
    Ek’s altyd en altyd vir julle
    Ek wil net so graag hê
    Julle moet dit glo

    As julle sal bly glo kinders
    Sal julle altyd sien
    Ek is by julle
    Ek kan julle nie in die steek laat

    Laat julle geloofspiere
    Toe om te groei
    Asseblief My liefste kinders
    Die klem is op groei

    Asseblief kinders
    Asseblief
    Die stretch van geloof is nie altyd lekker
    Maar jong is dit nodig

    Ja liefste kind sê Pappa
    Dink aan geloof as ‘n stel trappies
    Elke trappie ‘n stepping stone
    Na die volgende een

    Oe kinders
    Sê Daddy
    Elke trappie is so nodig vir julle geloofspad vorentoe
    Julle sal nog sien

    Hou aan vertrou
    Liefste kinders
    Asseblief
    Hou net aan om My te vertrou

    Julle gaan nog sien
    Sê Abba
    Elke trappie gaan julle net meer en meer leer
    Ek is te vertrou

    Hou julle harte sag
    Asseblief liefste kinders
    Vir My
    Vir wat Ek julle wil wys

    Alle dinge is moontlik met My
    Liefste kinders
    Alles
    Van die grootste tot die kleinste, niks is buite My bereik

    Hou aan glo
    Asseblief kinders
    Die tye wat twyfel kom klop
    Jaag hom net weg en sê nee!

    Geen plek het jy hier
    Nie in my hart
    Of op geen ander plek
    Want ek sal God glo

    Kyk op kinders
    Altyd-altyd na Bo
    Julle God is groot
    En vir Hom is julle elkeen baie spesiaal

    Hou aan glo
    God weet altyd wat Hy doen
    Altyd en altyd
    Hou aan met vertrou

    So sal en kan Ek
    My drome vir julle lewens verwesenlik
    As julle na My bly kyk
    Oorgegee-de lewens leef

    Amen.

    Laat weet my gerus as die blog jou hart geseën het of as jy net ietsie in jou hart wil deel, dit sal vir my lekker wees om van jou te hoor! Groetnis, Letitia x

    Die liedjie waarna in die blog verwys word kan jy hier luister:
    https://www.youtube.com/watch?v=aCGJUcor30M 

  • Draadjie-van-Hoop

    Draadjie-van-Hoop

    Ken jy
    God se hartklop
    Het jy Sy stem
    Al vir jouself gehoor?

    Ons Pappa-God
    Wil so graag kinders hê
    Wat nie net aan tradisie
    Se rokspante vashou

    Ons Pappa wil so graag hê
    Ons moet na dieper en meer begin vra
    Alles wat Hy in die Gees
    Vir ons voorberei het

    Dikwels sê Daddy
    Is dit vir julle My kinders
    Moeilik om te verstaan
    Dis wat Ek so graag wil hê

    Hoekom vra Pappa
    Hoekom
    Verhinder so baie van julle
    Die Gees se werkinge in julle lewens

    Liefstes sê Daddy-God
    Dit gebeur so gou
    En so gereeld
    Ek kry dikwels nie kans om te doen wat Ek graag wou

    Julle verhinder My sê Daddy
    Om te beweeg in jou lewe
    Omdat jy nie vir My Gees se werkinge in jou lewe
    Ja sê

    Liefste sê Pappa
    Dit pla My so baie
    So geweldig
    Dis asof daar die heeltyd struikelblokke opgerig word tussen My en jou

    Liefste sê Pappa
    Liefste-liefste kind
    Pappa wil jou vra
    Sal jy My asseblief net bietjie meer vryheid in jou lewe gee

    Ek word so gereeld
    Sê Daddy-God
    Aan bande gelê
    Met wat Ek mag en wat Ek nie mag doen in My kinders se lewens nie

    Daddy U mag dit doen
    En dat
    Maar Daddy asseblief
    Dit mag nie so gebeur

    Oe ja-nee
    Baie kere
    Liefstes sê Daddy
    Word Ek vertel hoe ‘n ding mag of nie mag gebeur

    Ek word vertel
    Sê Pappa
    Ja regtig
    Baie kere

    Ek weet dis nou nie jy
    Sê Pappa
    Ja-nee Ek weet 😉
    Dis nie jy, dis al die ander

    Ja sê ons liefste Daddy
    Ek is goed
    Ek is mooi
    Ek weet wat Ek van julle vra

    Julle is so verkeerd
    My liefstes sê Daddy
    As julle My wil voorskryf
    Oor hoe iets moet gebeur

    Dis nie hoe dit moet wees
    Liefste kind van My hart
    Wag op My
    Doen wat Daddy jou vra

    Ja sê Daddy
    Daar is party kere
    Wat ‘n duidelike ja of nee van My nie nodig is
    Maar dan is daar ander kere wat dit noodsaaklik is

    Liefstes sê Daddy
    Ek wil net vra
    Vertrou, vertrou My
    Met alles wat jy het

    Ja sê Daddy, ja
    Jy kan altyd weet dat Ek van beter weet
    My liefste kind
    Dis beter so

    Daar’s te min mense sê Abba-God
    Wat verkeerd-glo hieroor
    Hulle dink of weet nie
    Hulle kan My raad vra oor enige iets

    Liefstes sê Abba
    Kom net nader
    Nader aan My
    Laat Ek jou wys hoe dit werk

    Ja sê Daddy
    Ja
    Daar is so baie
    Wat Ek julle op hierdie pad van Lig kan wys en leer

    Kinders
    Daddy vra net
    Kom en word wys
    Kom leer van My

    Julle hoef nie al die besluite van julle lewens
    Self te neem
    Rerig julle kan oorgee
    En My veel eerder vertrou

    Ek sal julle
    Die regte pad wys
    Die een wat lewe
    Die een van oorvloed

    Oe liefstes
    Sê Daddy
    Dis te min
    Dis te min dat julle My waarlik vertrou

    Laat My voorloop
    Liefstes
    Asseblief altyd
    Vra ons Pappa-God

    Julle vra te min
    Daddy loop voor
    Wys my die pad
    Waarheen, waarheen nie

    Daar is hoogstes liefstes
    In My
    Wat julle net sal bereik
    As julle vra daarna

    Ja liefstes
    Sê Daddy
    Daar is soveel meer
    Maar dit gaan vat dat julle saam met My op water loop

    Ja liefstes
    Sê Daddy
    Dit gaan partykeer geweldig diep lyk
    Maar julle gaan My moet vertrou

    Ek hou vir julle net die beste instoor
    Net die mooiste
    Ek het kinders nodig
    Wat dit saam met My sal glo

    Ja sê Daddy
    Liefstes
    Dis wat julle moet doen
    Wanneer die moeilike donker twyfel-dae kom

    Vertrou My diep
    Dieper
    Diepste
    Dis wat Ek vir My kinders wil sê

    Julle moet vertrou
    Julle moet glo
    Julle moenie opgee
    Wanneer Ek voorloop

    Sien kind sê Daddy
    Dis altyd die gedagtes
    Wat Satan kom plant
    Gedagtes wat twyfel bring

    Moenie ooit toelaat
    Sê Daddy
    Dat Satan julle vertroue in My
    Verhinder om te groei

    Ja hy gaan altyd probeer
    Sê Abba
    Maar wees bewus
    Kyk die kat goed uit die boom

    Dis sy hart sê Pappa
    Dat Ek en jy
    Nooit nader aan mekaar groei
    Dis wat hy altyd probeer verhoed

    Kom ons knielhalter
    Bietjie sy planne
    Sê Abba
    Kom ons ry dit net ‘n bietjie in die wiele

    Ja deur jy liefste kind
    Wat jou vertroue in My plaas
    En ja sê
    As Ek jou in ‘n sekere rigting wil lei

    Moenie net altyd wil vasskop
    Liefstes van My hart
    Abba s’n
    As Ek jou vra om in ‘n sekere rigting te beweeg

    Ja sê Daddy, ja
    Jy het die stappe dalk nie so geantisipeer
    Maar kind sê Abba
    Ek is nogsteeds in beheer

    Raak rustig sê Abba
    Ja rustig in julle hart
    Vertrou My altyd-deur
    Laat toe dat Ek voorloop

    My genade is altyd genoeg
    Sê ons liefste Pappa
    En wanneer Ek julle iets vra
    Weet dat Ek julle die vermoë sal gee om dit reg te kry

    Ja julle hoef nie altyd
    Sê Daddy
    In ‘n frenzie te gaan
    Te sê dinge moenie so gebeur

    Ja sê Daddy
    Ja
    Dit gaan dalk ‘n klein bietjie anders gebeur
    Maar Ek weet hoekom Ek vra

    Vertrou My net altyd veel eerder
    Sê Pappa
    Vertrou My
    Doen wat Ek vra

    Wanneer Ek in ‘n rigting lei sê Abba
    Wat jy nie rerig verstaan
    Moet jy weet dis nie altyd nodig om eers te verstaan
    Voor jy doen wat Ek vra

    Geloof is glo
    Sê Abba
    Geloof is om te doen
    Wat Ek vra

    Ja liefste sê Abba
    Wanneer Ek vra
    Doen asseblief
    Dis hoe Ek weet dat julle glo

    Moenie net doen
    Tot daar waar dit vir julle gemaklik is
    Nee kind
    Doen dit asseblief end-uit

    Ja alles wat Ek vra
    Loop asseblief die pad
    Van volle gehoorsaamheid
    Tot die einde toe

    Julle liefde is mooi
    Sê Abba
    Ek wil net vra
    Kan julle My help deur meer te groei?

    Meer te groei in julle liefde
    Sodat julle My
    Alhoemeer kan vertrou
    Dis hoe dit makliker raak

    Ja dit is so liefstes
    Hoe meer julle My ken
    Hoe makliker sal dit wees
    Om My waarlik te vertrou

    Ek wil nie net hê
    Liefstes
    Sê Daddy
    Dat dit wat tussen ons is leë hol woorde bly

    Moet asseblief nie sê
    Sê Abba-Vader
    Dat julle My vertrou
    As julle nie bereid is om ‘n tree te gee as Ek vra

    Nee liefstes
    Asseblief
    Pappa vra veel eerder
    Vertrou My asseblief, rerig

    Ja diep en uit julle hart
    Leer My ken
    Rerig-rerig erig
    Leer My ken

    Diep
    En uit My hart
    Wil Ek jou ook vra
    Sal jy My dieper vertrou

    Sal jy leer uitsien
    Na dit wat Ek verborge hou
    Selfs al kan jy dit nog nie lekker sien
    Sal jy asseblief, groot asseblief

    Ja sê Daddy
    Ek weet
    Kinders vra ook so as hulle iets graag wil hê
    Mamma, pappa groot asseblief kan ek dit kry?

    Liefste sê Daddy
    Dit is Pappa se vra vandag
    Groot asseblief
    Sal jy My liewer kry?

    Daar is ‘n liedjie
    Sê Abba
    Diep en mooi is hy
    Dalk het julle hom al gehoor

    Oceans
    Oceans is sy naam en hy sê
    Take me deeper than my feet could ever wander
    And my faith will be made stronger in the presence of My Savior

    Dit is hoe dit is
    My liefste kinders
    Pappa wil julle na veel verder plekke vat
    As wat julle ooit alleen sal kan bereik

    Ek wil julle op My skouers tel en sê
    Kinders kom nou
    Kom ons gaan verken
    Kom Ek wys julle wat is moontlik by My

    Julle geloof is maar dikwels klein
    Sê Abba
    Dikwels so klein
    Wanneer dit by My en vertrou My kom

    Oe liefste sê Abba
    Oe liefstes
    Kom net nader
    Kom sien daar is soveel wat ons saam kan bereik

    My liefde vir julle
    Is so groot en so mooi
    So grênd
    Sou kinders ook sê

    Kinders kom sê Pappa
    Kom asseblief
    Ek wil julle wys en leer
    Ek is God van die onmoontlike

    Ek wil julle aantrek
    Sê Pappa-God
    So graag
    Met die potensiaal van die hemele

    Ek wil julle aantrek
    Met groter vermoë
    Groter doelgerigtheid
    Om julle drome te bereik

    Oe liefstes
    Sê Abba
    Kom, kom laat Ek julle wys
    Daar is drome wat hierdie wêreld nog nie bereik het nie

    Ja-nee kyk kinders
    Sê Abba
    By My is groter en dieper en mooier
    Altyd nog ‘n opsie

    Asseblief kinders
    Asseblief
    Kom glo Pappa
    Die horisonne in My hart is breed

    So onbereikbaar groot
    Is die visie in My hart
    Ek hou van groot-droom sê Abba
    Ek is baie lief daarvoor

    Ek weet sê Daddy
    Dat Ek baie kere, baie van My kinders se harte
    In hulle kele laat klop
    Met die goed wat Ek vra

    Ek weet dit sê Pappa
    Ek weet
    Dit laat hulle bene bewe
    Dit laat hulle baie bewerig voel

    Oe liefstes sê Daddy
    Ek weet
    Ek weet dis baie groot
    Om baie kere die gewig van hemelse drome te dra

    Dis te groot
    Dis te groot sê My kinders dan
    Ek kan nie, ek kan nie
    Dis te veel vir my

    Dis net, kind
    Seun en dogter sê Pappa
    Ek wat jou vra om saam met My
    ‘n Hemelse droom waar te maak

    Liefstes sê Daddy-God
    Dit moet ‘n droom wees
    Te groot vir jou
    Anders is dit mos nie ‘n hemelse droom 🙂

    Drome groter as hierdie wêreld s’n
    Dit is die tipe drome
    Wat Ek love om waar te maak
    Deur My kinders op aarde wat saam met My werk

    Liefstes sê Daddy
    Sien
    Sien dis net hemelse drome
    Wat op aarde ‘n weg moet kry om te gebeur

    Dis hoekom Ek altyd-altyd vra
    Kinders asseblief
    Vertrou Pappa veel eerder
    Met dinge wat Ek vra

    Ja dis nie altyd maklik
    Maar dit is altyd moontlik
    As julle My net altyd sal toelaat
    Om die voor-loop te doen

    Ja sê Daddy-God
    Ja dit is so My kinders
    My hemelse drome kan baie kere
    Net gestalte deur mense kry

    Ja mense wat sê
    Okay
    Goed Pappa, goed
    Kom ons wys hierdie wêreld ‘n ding of twee

    ‘n Ding
    Wat hulle nog nie beleef of ervaar het nie
    Kind
    ‘n Ding baie groot

    Sien, sien sê Pappa
    Ek hou van duplikate ook
    Ek hou van dinge doen wat Ek lankal terug reeds al gedoen het
    Ek hou daarvan as dit mense nogsteeds in stom-verwondering laat

    Tog hou Ek net so baie daarvan
    As Ek hierdie wêreld
    Iets kraakvars en splinternuut kan bied
    Iets nog nooit gesien of ervaar

    Dis hoekom Ek partymaal sê Daddy
    Verspotte goeters van julle vra
    En mense dan sê
    Ag jy is mal

    Mal sê Daddy
    Net soos wat mense vir Noag gesê het
    Toe hy vir jare en jare
    Gehoorsaam aan die ark bou

    Hoeveel jare lank
    Sê Abba
    Het mense met hom die spot gedryf
    Voordat die dag van reënval finaal aanbreek

    Oe kinders sê Daddy
    Ek wil hê julle moet verstaan
    Mense gaan dikwels en baie kere
    Die hemelse drome in julle harte afkraak

    Ja hulle gaan ook sê
    Hy of sy het nou finaal
    Al hulle varkies verloor
    Maar kind dis net omdat hulle nog nie kan sien

    Hulle kan nog nie sien
    Sê Abba
    Die reën wat alreeds in jou gees geval het
    En besig is om nat te maak

    Oe liefstes sê Pappa
    Asseblief onthou net
    Ek is vir julle
    Altyd-deur

    Ja, ja
    Dit gaan nie altyd maklik wees
    Die lewe is moelik
    Maar hemelse drome is moontlik saam met My

    Sal julle asseblief saam met My werk
    Kinders asseblief
    Julle wat met hemelse drome sit
    Julle wat weet dit gaan net met God se hulp gebeur

    Ja sê Daddy, ja
    Julle weet
    Julle sit al jare met hierdie swaar gewig op julle skouers
    Hoe, wat, waar, wanneer?

    Oe kinders sê Pappa
    Ek sal julle help
    Elke tree
    Hoe om hierdie hemelse plan tot uitvoer te bring

    Ja sê Daddy, ja
    Vertrou net My hart
    Weet
    Dat Ek besig is

    Julle vra so gereeld
    Here wys my
    Waarnatoe
    Wanneer

    Kind Ek sal
    Ek sal
    Ek belowe
    Hou jy jou ore net wawyd oop

    Sodat wanneer Ek spreek
    Jy dadelik sal hoor
    Net soos Samuel sal jy dan antwoord
    Spreek Here, U dienskneg luister

    Oe
    Ore ingestel op die Koning
    Vir verdere instruksies en leiding
    Hoe baie mooi is dit vir My

    Julle
    Julle geliefdes van My hart
    Sê Abba
    Ek is altyd vir julle

    Hou net daaraan vas
    Sê Abba
    Die dae wanneer die lewe moeilik is
    En mense nie altyd verstaan

    Ja sê Pappa, ja
    Mense gaan nie altyd jou journey verstaan nie
    En jy nie ‘n ander s’n
    Want julle is op verskillende plekke van julle journey

    Oe My kinders, liefstes sê Daddy
    Altyd sal Ek poog, altyd
    Om mense in jou lewe te bring wat jou journey verstaan
    Wat die pad saam met jou kan loop

    Ja vriende en familie
    Sê Daddy
    Naastes
    Is dikwels nodig vir jou om jou pad te loop

    Ek is die Een sê Daddy
    Wat dikwels verbintenisse skep
    Mense jou pad laat kruis
    Met wie jy ‘n padjie gaan loop

    Ja dis Ek sê Pappa
    Dikwels Ek
    Wat maak dat julle nuwe en vreemde mense ontmoet
    Wees op die uitkyk daarvoor

    Dis omdat Ek net weet liefstes
    Die een is nodig vir die volgende seisoen
    Waarin My kind beweeg
    Ek sal onderskraging stuur

    Oe My kind
    Dis maar hoe Ek werk
    Altyd op die uitkyk
    Vir jou My kosbare kind

    Daarom sê Daddy
    Volgende keer as julle paaie met iemand nuuts kruis
    Weet dit is heel moontlik
    Iets wat Ek in die mou voer 😉

    Oe ag kind
    Ek terg jou net
    Ek wil net hê jy moet weet
    Ek is maar altyd besig met goed wat jy nie aldag kan sien

    Ja kind, ja sê Pappa
    Altyd besig met ietsie in die lewens van My kinders
    Dis vir My so mooi
    So mooi as julle My net vertrou

    Kom vra maar altyd
    Sê Abba
    Net ‘n stukkie nuwe wysheid
    ‘n Stukkie van waarmee Ek in jou lewe besig is

    Ek sal jou altyd wys kind
    Ek sal jou altyd lei
    Pappa is vir jou
    En altyd besig agter die skerms

    Ja sê Abba
    Ja dit is so
    Julle sien dit baie dikwels
    Eers vele-vele jare later

    Oe dit is hoekom dinge so uitgewerk het
    Dit is hoekom dinge so moes gebeur
    Nou verstaan ek
    Vir die eerste keer

    Oe ja-nee sê Abba
    Oe ja-nee
    Dis maar hoe Ek baie kere
    My hemelse planne laat uitwerk

    Julle dink partykeer
    Dinge is maar niksvermoedend so
    Oe nee kinders, oe nee
    Pappa is altyd besig met ‘n plan

    Altyd maar altyd
    Het Ek ‘n plan waarvolgens Ek werk
    Ek sal nou nie sê
    Ek kry als reg wat Ek graag wil hê moet gebeur maar Ek probeer

    Ja Ek probeer altyd
    Om dinge beter te maak
    Om dinge te laat uitwerk
    Vir My kinders

    Ja, ja
    Partykeer is daar stampe en stote
    Ja partykeer is daar hobbels waaroor ons moet oor
    Maar dis asof hulle die reis net alte mooi maak

    Ja dis nie altyd lekker
    Maar kinders
    Ek het die vermoë
    Om selfs die slegste sleg mooi te maak

    Ja dis maar net wie Ek is
    Dis maar net wat Ek kan doen
    Ek twyfel
    Sal mens ooit beter kry?

    Ek is die beste-beste God
    Waarvoor hierdie wêreld ooit kon vra
    Party mense betwyfel dit nogsteeds baie sterk
    Maar dit is so

    Liefliker as lieflik
    Mooier as mooi
    Liefstes sê Daddy
    Dit is Ek die ewige God

    Ek is God
    Die ander is gode
    Ek wil net graag vir julle sê
    Ek is die enigste god wat met ‘n hoofletter-g geskryf kan word

    Ja-nee sê Pappa-God
    Ja-nee
    Die ander is spring-chickens teenoor My
    Ek is die real deal

    Die realest truest deal
    Wat enige iemand ooit kan kry
    Dit is Ek
    Die ewige God

    Kom nader wêreld
    Kom leer My ken
    Toe-nou kom
    Toe-nou kom

    Ek paai en mooi-praat
    Van julle nou al vir jare
    Tog nogsteeds
    Tog wil julle harte hard hou

    Ag Ek verstaan nie
    Sê Abba
    Ek verstaan nie hoekom
    Jy jouself so hardkoppig wil hou

    Wat het dit jou in die sak gebring
    Sê Abba
    Wat het dit jou al ooit in die sak gebring
    Behalwe ‘n hengse hoofpyn?

    Ja Ek weet sê Abba
    Ek weet
    Julle kry hulle gereeld
    Migraines dis mos wat julle hulle noem

    Migraines sê Abba
    Het al half-pad van die mensdom opgeeët
    Met al sy migraine fixes
    Sal apteke nooit uit besigheid gaan

    Oe nee sê Abba
    Oe nee
    Dis een van hulle beste verkopers
    Julle het seker al gesien

    Liefstes sê Abba
    Die van die wêreld ook
    Ek wil net sê hierdie briefie skryf Ek
    Sodat ook daardie hoofpyn ligter teen jou slape sal begin klop

    Ja sê Pappa-God, ja
    Ek verstaan
    Die fisiologie van die mensdom
    Ek het julle aanmekaar gesit

    Ja sê Pappa
    Daar in die tuin van Eden
    Toe Ek die asem van lewe
    In jou longe inblaas

    Soos ‘n wafferse dokter of homeopaat
    Kan Ek ook My vinger
    Op die presiese probleem-area sit
    Ek weet waar die probleem lê

    Oe kind sê Daddy
    Oe kind
    Ek kan net sê
    Heelwat van die oorsaak is jy wat nie jou vertroue in My belê

    Ja mense van die wêreld
    Dokters en so
    Hulle sal nie baie maklik
    Dit as rede vir jou uitwys

    Oe nee sê Pappa
    Oe nee
    Dit is mos maar nou so
    Baie van hulle probeer julle mos oortuig dat Ek nie rerig is

    Ja ‘n fabrikasie van mense se gedagte-wêreld
    Goeie en sterk verbeelding
    Ek kry daai een nogals dikwels 😉
    Of is dit hulle kort ‘n kruk om deur die lewe te gaan

    Ek weet nie
    Of julle al gesien het
    Maar My kinders se “kruk”
    Werk nogals baie heerlik 😉

    Oe ja
    Die lekkerste wandelpadjies het ons al saam beloop
    Die wonderlikstes
    Die waarvan die hemel droom

    Wil julle nie bietjie saam met ons kom sit
    Julle verlorenes van hart
    En saam met ons
    Hemelse drome begin te droom?

    Oe hulle is te lieflik
    Of te grys
    Soos die ouer mense soms sê
    Ek wonder weet die jonges van dae wat daai woord beteken?

    Gaan vra julle oumas en oupas
    Sê Abba
    Hulle sal vir julle vertel
    Dis wanneer iets baie oulik is

    Oe liefstes sê Daddy
    Oe liefstes van My hart
    Hoor asseblief
    Ek gee om

    Ek gee om vir julle
    So so baie
    Ek wil julle vertel
    Verlorenes, julle ook

    Julle dink genoeg kere
    Ek gee nie om
    Sê gereeld
    God, Hy sal nie belangstel in ons

    Oe kinders van die wêreld
    Kan julle hemelse Vader net vir julle sê
    Julle is so verkeerd
    Ashoop, dis waar Ek meeste van My kinders gaan haal

    Daai plek waar hulle so skuldig is
    Daai plek waar hulle so skuldig voel
    Dis dan wat Ek steeds kom en sê
    Kind Ek is goed en Ek wil jou hê

    Mense verstaan nie My goedheid nie
    Sê Abba
    As Ek julle kon sê op ‘n skaal wat julle verstaan sou Ek sê
    200% net goed

    Daar kan nie ooit meer goed as Ek
    In hierdie wêreld of enige ander plek bestaan
    Ek is die ware betekenis
    Van alles wat goed en mooi is

    Dis so moeilik sê Abba
    So moeilik
    Om dikwels vir julle te verduidelik
    Want julle dink dat dit net woorde is

    Ek is nie net mooi woorde nie
    Sê Abba
    Nie, nie, nie
    Nooit nie

    Julle liefde vir My is so flou
    Sê Abba-Vader
    Want julle ken My nie
    Nie voorwaar nie

    Daar’s te veel voorwaardes
    Sê Pappa-God
    Baie kere
    Gekoppel aan wie Ek is en wat Ek kan doen

    God is goed
    As Hy vir my deurkom
    God kan ek vertrou
    As Hy doen wat ek vir Hom sê

    Liewe ouers kinders
    Liewe ouers
    Ek dink dat dit verskriklik narrow-minded is
    Ek dink dat julle beslis nie die groter prentjie sien

    As julle My net vertrou en liefhet
    As Ek volgens julle pype dans
    Liefste kinders
    Is julle liefde vir My voorwaar baie vlak

    Ek wil julle by die plek uitbring
    Sê Jesus Christus, die Seun
    Waar julle liefde vir My
    Voorwaar so diep en eg is

    Was die Kruis van Golgota
    Nie genoeg sê Hy
    Nie genoeg om te bewys hoe diep kosbaar en spesiaal jy vir My is
    Was My prys nie duur genoeg?

    Kinders sê Abba
    Dis tyd dat julle na die Kruis begin kyk
    Dis tyd dat julle begin onthou
    Hoekom is dit nie genoeg vir jou om te weet Ek is net goed

    Ek weet nie sê Abba-Vader
    Van enige ander koning
    Wat sy seun vrywillig sou opgee
    Om die sondige afvallige mense van sy koninkryk te red

    Mense doen nie sulke goeters nie kinders
    Ek weet nie
    Het julle al gesien?
    Dalk, dalk net vir iemand vir wie hulle baie lief is

    Ja dan sal mense
    Hulle lewens opgee
    Dan sal hulle sê
    Dit is die moeite werd

    Oe geliefde sê Abba
    Die hele wêreld
    Julle was vir My genoeg
    Dis hoekom Ek My-Seun-het-gestuur

    Ja Ek het dit gedoen
    Sê Abba
    Om julle te bevry van sonde
    Sodat julle nooit ooit weer haar slaaf hoef te wees

    Party mense kies dit vandag nog
    Steeds vrywillig
    Ek weet nie
    Seker omdat hulle nog nie die dodelike effek daarvaan gesmaak het

    Ja
    Sonde lei net na een plek
    Eers donkerte in jou siel
    En dan die donkerte wat die ewigheid inhou

    Ons noem dit die tweede dood
    Of is dit ewige hel
    Daarnatoe sal gaan almal wat hulle rûe op God
    En Sy verlossingsplan gedraai het

    Ja mens kan dit so sê
    Sê Abba
    Of mens kan sê
    Hulle wat nie My offer van liefde en genade wou aanneem

    Sien daar was ‘n prys
    Aan die Kruis van Golgota betaal
    ‘n Prys om jou siel vry te koop
    Omdat jy vir sonde gesê het ja

    Jy moes met jou lewe daarvoor boet
    Elke liewe mens wat sonde gepleeg het
    Toe sê Ek nee wag
    Ek sal My Seun in hulle plek stuur

    Wie wil hulle hê het Satan gesê
    Geskel hulle het jou verlaat
    Hulle sal weer
    Moet hulle nie ‘n kans gee!

    Ek hoop nie sê Daddy
    Ek het My kanse verspeel
    Ek hoop nie so maar toe sê Ek ja
    Ja! Ek sal hulle nog ‘n kans gee

    Ek kon net nie sê Abba
    Op julle My kosbare skepping opgee
    Ek het net nie geweet hoe
    Toe gee Ek maar Myself as offer vir jou sonde

    Ja Ek kon nie, Ek kan nie
    Nou-nog nie
    Ek weet nie hoe om van daai draadjie-van-hoop tussen ons te laat gaan
    Hoe sny Ek hom vir altyd flenters

    As julle My net kon wys hoe
    Sou Ek dit dalk doen
    Dis partymaal so moeilik
    So seer om aan daai stukkie hoop vas te hou

    Ek hou vas
    Maar al wat Ek kry is skoppe, vuishoue en slae
    Van almal wat in hierdie wêreld glo
    Dat Ek die grootste vark is wat op twee bene loop

    Mense verafsku My
    Hulle vloek My
    Hulle jou My uit
    En al wat Ek doen is, Ek kan nie op HOOP opgee

    Hoekom, hoekom nie
    Hoekom kan Ek nie laat gaan
    Daddy hulle maak so seer
    Kan U nie sien?!!

    Dis die Heilige Gees se stem
    Dis Sy wat so gereeld vir My sê
    Hulle wil nie
    Hulle wil nie terugkeer

    Hulle wil nie glo
    Dat jy ewig mooi is nie
    Hulle wil die Waarheid nie leer ken
    Hulle wil blind bly

    Oe magtie
    As Ek net kon opgee
    As Ek net nie meer kon glo
    Daar is nog hoop

    Dit is so verdomp moeilik
    So moeilik om te bly glo
    Als gaan nog uitwerk
    Als gaan draai vir goed

    Dis so moeilik
    Want alles sê nee
    Alles sê
    Gee maar op!

    Dis so so moeilik
    Ek wens net Ek kon laat gaan
    Ek wens dit was nie ‘n issue
    Ek wens Ek kon die wêreld los om verlore te gaan

    Ja-nee sê Daddy
    Ja-nee
    Dit sou soveel van My probleme
    Eensklaps oplos

    Dis mos wat die wêreld wil hê
    Woeps-waps
    Als verby
    Nou kan hulle maar in die hel brand, wat gee Ek tog om

    Dit lyk My sê Abba
    Dis My omgee wat die groot probleem is
    Help My om te laat gaan
    En Ek doen dit met graagte

    Sien sê Abba, sien
    Ek het ook hulp nodig
    Ek wil so graag hê julle moet sien
    Ek sukkel so baie om op te gee op julle

    Hierdie verlore-gaande wêreld
    Het nogsteeds
    Net so ‘n spesiale plekkie in My hart
    Hoe kan dit wees?

    Ek dink sê Abba
    Dis omdat Ek weet
    As mense net die Waarheid kon begin sien
    Sou hulle opreg-opreg dankbaar wees Ek het nie opgegee

    Soos soveel ander
    Alreeds ontdek het
    Dit is so
    Dit is baie waar

    Oe geliefdes
    Geliefdes van My hart
    Wanneer gaan julle sien
    Ek is net goed

    Net-net goed
    Geen sleg kan in My woon
    Dit is net nie moontlik nie
    Nie ooit

    Amen.

  • Golgota se oë

    Golgota se oë

    U is liefde sag
    Pappa so baie dankie daarvoor
    Dat U nie ooit veroordeel nie
    Dat U bly nader nooi

    U gee nooit op nie
    Dit gee my soveel krag
    Vir aangaan
    Vir nie-moed-verloor

    Abba so-so dankbaar is ek
    Dat U my altyd naby hou
    Dat U liefde sag is
    Dat U my nooit sal verlaat

    Daddy dit beteken so baie vir my
    Dis alles-alles
    Wat ek nodig het
    Rerig net dat U nooit op my sal opgee

    Hoe kry U dit reg Abba
    Hoe doen U dit
    Weet U rerig
    Dis my anker

    Dis wat my bly dra
    Deur die wêreld se seer
    Dis wat my elke keer help opstaan
    U wat nie opgee

    Wow Pappa, wow
    Wow wow wow
    Hoe sê mens dit genoeg
    Kan mens genoeg dankie sê

    Ek dink nie ons verstaan Pappa
    Nie voldoende nie
    Wat dit beteken as U sê
    U is lief vir ons

    Dit het my krag geword Abba
    My alles-alles
    My alles
    My rede vir aangaan

    Omdat U in my glo
    Kan ek in myself glo
    Dis my rede
    As ek deur U oë na myself kyk

    Hoe het U sulke mooi oë Abba
    Hoe doen U dit
    Die bril van die Kruis
    Wow dit is so mooi

    Dis oë wat sê
    Daar is geen veroordeling nie
    In Christus
    Kan jy net bly groei

    Sjoe Pappa
    Dit is die mooiste oë
    Wow, wow, wow
    Om deur U oë na onsself en mense te kyk

    Dis oë van genade
    Abba
    Dis rerig oë van genade
    Dit is hoe U kyk

    Dis die mooiste oë Abba
    En ek wil net dankie sê
    Baie baie dankie daarvoor
    Die lig van genade in U oë

    By God
    Is daar geen onreg
    Geen sleg of lelik
    Kan in Sy aangesig oorleef

    Dit is hoekom
    Ek deur Jesus gaan
    Voor Abba se troon gaan staan ek net
    As ek Jesus se bloed aanhet

    Ja-nee kyk
    Net niks anders
    Sal ooit God se Seun
    Se plek kan vat

    Nee-wat dit werk nie so
    In geen niks iets anders
    Is daar soveel hoop te vind
    As in die Seun

    Deur Hom kan ek
    Deur Hom kan ek
    Met volle vertroue en waardigheid
    Abba se troon nader

    Wag op My
    Sê Hy altyd
    Wag op My
    Ek wil jou meer leer

    Meer van My goedheid
    Meer van My genade
    Ek wil hê jy moet deur My oë
    Na mense om jou begin kyk

    Ja dit is so waar
    Sê Abba se Seun
    Sonder My kan julle nie
    Kan julle nie voor Vader se troon kom nie

    Dis Ek wat julle wit-was
    Al julle sonde weg-was
    Ek’s die Enigste Een wat ‘n nuwe lewe en begin gee
    Ek die Enigste Een

    Dankie, dankie
    Kinders van God
    Dat julle altyd kom hoor
    Altyd by My kom stilsit

    Dankie dankie dankie
    Vir die tyd saam met My
    Julle harte vertel vir My
    Die mooiste stories van dankbaarheid

    Dankie-dankie
    Liefstes van My hart
    Sê Abba
    Dankie vir als wat julle vir My beteken

    Julle harte is so oop
    As julle alles met My deel
    Alles My kinders
    Alles moet oop

    Dis julle hartoop
    Ek kan sien
    Niks wil julle vir My wegsteek
    Oe dit is so mooi

    Dankie liefste kind
    Dankie daarvoor
    Die mooiste oop gesprek
    Kan ons dan met mekaar voer

    Dis vir My so lekker
    So lekker as jy niks wegsteek
    As jy kom
    En net alles met My deel

    Dis vir My so mooi
    Ek is baie-baie lief daarvoor
    Baie-baie lief
    Daarvoor

    U liefde sag
    Abba dit gee soveel-soveel hoop
    Elke dag in my hart
    Ek wil net dankie sê

    Amen.

  • Donkies & Wortels

    Donkies & Wortels

    Saggies
    So saggies
    Nooi U my nader
    Kom kind daar is soveel meer

    Soveel meer stories
    Wat wag om geskryf te word
    Soveel meer stories
    Om te vertel

    Kinders daar is meer
    Soveel meer as waarvoor julle baie dikwels ja sê
    Kom kinders
    Kom spring in!

    Die diep kant
    Sê Pappa-God
    Van My genade, liefde en vrede
    Is nog nie gevind

    Kinders daar is soveel meer!
    Soveel meer My liefste kinders
    Wag om met julle gedeel te word
    Soveel meer, soveel meer!

    Kom spring in
    Kom swem sê Abba-Vader
    In die strome van My seën
    En mooiste alwysheid

    Baie mense bly blind
    Sê Pappa-Vader
    Baie blind en horende doof
    Vir wat Ek vir hulle wil wys

    Kinders sê Pappa
    Julle maak dit vir My ongelooflik moeilik
    Om julle by die mooiste mooi
    Wat hierdie wêreld kan bied uit te bring

    Kinders sê Daddy-God
    Julle is soos volbloed steeksdonkies
    Wat verwoed bly vasskop
    As Ek julle met ‘n wortel dieper My goedheid wil in lei

    Oe kinders sê Pappa-God
    Julle moet asseblief nie so verwoed tee baklei
    Nee liefste kinders sê Daddy-God
    Nou-nou steek iets onnodiglik vas

    Ja kinders
    Sê Pappa-God
    Soos ‘n pyn in jou been
    Van al die gestyf trek

    Nee sê Pappa-God
    My kinders kom asseblief veel eerder
    Nader aan My
    Kom sien wat Ek vir julle instoor hou

    Hierdie gerondskoppery
    En vassteek-ery
    Oe kinders sê Pappa-God
    Asseblief dis tyd dat julle dit stopsit

    Julle verwoede baklei
    Sê Pappa
    Bring julle net nêrens
    Dit laat julle veel eerder verloor

    Ja kinders
    Sê Pappa-God
    Dis dalk ‘n goeie idee
    As julle net ‘n bietjie laat los

    Ja-nee sê Pappa
    Ja-nee
    Net ‘n bietjie laat los van die leuens oor My
    Waaraan jy so vashou

    Oe Pappa se kinders
    My liefste kinders
    Sal julle asseblief veel eerder luister
    Na My hart se opregte deel?

    Ek’s lief vir julle
    Wêreld
    So baie lief
    En dis net nie vir My reg dat julle so verlore is

    Van die Begin
    Sê Abba-God
    Het Ek ‘n plan gehad
    Om julle terug te bring

    Kinders dit was so volledig
    Al wat julle moet doen
    Is ja sê
    My offer van liefde en genade-vergifnis aanneem

    Daddy se kinders
    Kinders van die wêreld
    Kan julle nie sien
    Dit is soos die beste aanbod wat enige iemand julle ooit kan bied

    Ja sê Pappa-Vader
    Dis soos die beste kontrak ooit
    Al wat jy moet doen
    Is jou kant teken

    Ja liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Jou deel van die kontrak sê basies
    Dat jy beloof om My liewer te kry, elke dag net ‘n bietjie meer

    Ja My liefste kind
    Kind van die wêreld
    Dit sê ook Ek het nie jou sonde verdien
    Maar tog het Ek dit op My geneem

    Ja sê Pappa-God se Seun
    Om die wêreld en jou te bevry
    Van die sonde se seer
    Het Ek dit kom doen

    Ja-nee sê Pappa se Groot Seun
    Vir My was dit verskriklik
    Ek kon nie toelaat dat julle vir altyd in sonde se kettings vassit
    Toe kies Ek gehoorsaamheid aan Abba se plan

    Ja dit was nie aldag maklik
    Sê Pappa se Seun
    Om in hierdie wêreld en sy probleme vas te loop
    Is nie altyd vet pret nie

    Ja-nee van julle weet so goed
    Waarvan Ek hier en nou praat
    Julle weet hoe dit is om swaar te kry
    Selfs as julle dit nie verdien

    Ja-nee sê Pappa-God se Seun
    So verstaan julle dalk ‘n bietjie meer
    Oor wat Ek
    Hier op aarde moes deurmaak

    Partykeer
    Sê Daddy-God se Seun
    Het dit vir My gevoel Ek verdien die dood
    Want mense wou My net die heeltyd veroordeel

    Ek het net nie meer tred gehou
    Sê Abba se Seun
    Ek kon nie
    Met als wat hulle gesê Ek het verkeerd gedoen

    Oe dit was nie maklik nie
    Sê Abba se Seun
    Net soos wat Ek seker is
    Dis nie altyd vir julle maklik nie

    Maar dis so die moeite werd
    Sê Abba se Seun
    Om deur te druk
    Om sterk te wees

    Ja sê Daddy-God
    Dis dikwels wat julle val
    Dis dikwels dat daar kere is
    Wat julle net niks verstaan

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Sal julle verstaan
    Dat ook Jesus deur swaar tye en lyding moes gaan

    Jesus was dit nie gespaar nie kinders
    Nee die wêreld se mense
    Het Hom ook hard met hulle woorde geslaan
    Oor en oor het hulle bedoel om seer te maak

    Kinders julle verstaan dit so
    Ek kan sien
    Daar is baie kere mense in julle eie lewens, mense na aan julle
    Wat julle met hulle woorde slaan

    Kinders
    Ek verstaan sê Daddy-God
    Dit voel baie dikwels vir julle
    Soos die sweep-houe wat Jesus moes verduur

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Ek weet dat dikwels
    Mense se woorde julle baie seermaak

    Ja kinders, ja Pappa weet
    Baie mense gebruik hulle ligtelik
    Daar is baie mense wat net te gereeld
    Te vinnig praat

    Oe kinders sê Pappa-God
    Oe kinders
    Kan Ek julle vertel
    Ek weet hoe dit is

    Ek weet hoe dit voel om afgejak te word
    Ek weet hoe dit voel
    As My en My opinie afgemaak word tot niks
    Kinders Ek weet hoe dit voel

    Ek weet hoe dit voel
    Sê Daddy
    Want dis iets wat so baie gereeld
    Elke dag met My gebeur

    Dis nie maklik nie
    Né kinders
    Om My in oog te hou
    En te sê als is okay

    Dis moeilik My kinders
    Dis moeilik
    Ek weet
    Ek verstaan

    Ek wil julle tog leer
    My liefste kinders
    Om julle opinies
    Rondom Myne te bou

    Ja My liefste kinders
    Al wat naderhand vir julle belangrik moet wees
    Is Ek
    En hoe Ek oor ‘n ding voel

    Ja My liefste kinders
    Dis belangrik vir julle om te begin besef
    Daar is net een opinie
    Wat waarlik tel

    Ja My liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Ek dink dis makliker om andere se opinies minder te laat tel
    As julle weet wat Myne is

    Ja sê Pappa
    Ja Ek weet
    Mense het altyd opinies
    Maar dis Myne wat waarlik tel

    Ek wil julle ook net leer
    My liefste kinders
    Ek wil hê julle moet weet
    Dat My opinie baie meer as andere s’n tel

    Ja sê Daddy
    Ja kinders Ek verstaan
    Mense gaan nie altyd van julle hou
    Maar dis okay

    Ja kinders
    Ja sê Daddy
    Ek verstaan
    Maar tog moet ons aanhou om vir Lig te staan

    Ons kan nie aanhou kinders
    Om weg te trek
    En stil te bly
    Wanneer verkeerd aan jou deur kom klop

    Nee My liefste kinders
    Nee
    Stilbly is nie altyd die antwoord
    Vra My wanneer jy iets moet sê en wanneer nie

    Ek weet kinders
    Ek weet sê Daddy-God
    Die waarheid gaan altyd vir mense ontstel
    Maar tog het hulle nodig om dit te weet

    Ja My liefste kinders
    Ja
    Julle het seker al gesien
    Baie mense hou nie van die waarheid nie

    Kinders sê Pappa
    Hulle sê dit maak seer
    Kinders sê Pappa dis partymaal nodig
    Sodat Ek julle by vryheid kan uitbring

    My waarheid val nie altyd sag op die oor nie
    Sê Pappa
    Baie kere nie
    Kinders dit is so

    Mense hou maar oor die algemeen
    Meer van die donker goed in hulle lewens verdoesel
    Hulle wil nie hê die Lig van God moet daarop val
    Hulle wil met dit bly wegkruip

    Ek wens so mense wou besef sê Pappa
    Dat Ek die LEWE is
    En die Lig
    En dat net alles wat goed en mooi is van My af kom

    Julle is so verkeerd
    Sê Daddy-God
    Julle wat so verkeerd glo
    Hoekom wil julle nie na die Lig kom

    My hart is baie kere seer
    Baie kere as Ek sien
    Mense vat die wêreld se opinie
    Altyd baie meer as Myne

    Dis vir My verskriklik
    Sê Daddy
    Tog kan Ek nie keer
    Dit waarvoor die mense hulle eie wil gebruik

    Oe kinders van die wêreld
    Sê Pappa
    Julle het altyd ‘n keuse
    Altyd meer as wat julle besef

    Julle besef dikwels nie
    Sê Pappa-God
    Die waarde van julle woorde
    Die krag van julle besluite

    Ek wil julle eintlik ook maar net vra
    Kinders begin wys word
    Met die woorde wat julle sê
    Vra julleself is dit nodig, is dit nuttig

    Ek weet sê Abba-God
    Ek weet daar kom kere
    Wat julle begin twyfel
    Is Ek net goed?

    Daar is party kere
    Wat julle rerig daaroor wonder
    Wat julle wil begin opgee
    Omdat julle nie reg glo

    Kinders dit is partykeer moeilik
    Dis moeilik om te verstaan hoe Ek te werk gaan
    Maar sal julle asseblief weet
    Ek weet wat Ek doen

    Dis baie kere
    Dat julle vergeet
    Ek groter is
    En dan probeer julle My met julle klein verstaan kleinkry

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Dit kan nie gebeur
    Ek wil dit graag-graag vir julle sê

    Wanneer julle iets nie lekker verstaan
    Kinders kom vra vir Pappa
    Leiding, Goddelike verstaan
    En geduld

    Oe Pappa se kinders
    Myne
    Party kere gaan goeters vir julle grieks bly
    Tot veel later

    Ja party kere sê Pappa-God
    Sal ‘n jaar of twee verbygaan
    Voordat My Woord in vervulling gaan
    Oor iets wat Ek gespreek het

    Kinders sê Pappa-God
    Dikwels gaan julle ‘n jaar of wat wag
    Voordat gebeur
    Wat Ek belowe het

    Ja liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Baie kere het My beloftes ‘n wag-tydperk
    Net soos wat Abraham vir Sy beloofde seun Isak moes wag

    Ja sê Pappa-God
    Ja
    Party gebeur dit dat mense hulle eie planne begin maak
    Wanneer die wag-tydperk nie meer ‘n plesier is

    Ja-nee sê Pappa-God
    Dit gebeur gereeld, baie kere
    Dat mense My beloftes aan hulle
    Vroeër wil ryp hê

    Ja sê Pappa
    Dis dan wat eie planne gebeur
    Eie planne wat maak
    Dat hulle dinge in eie hande neem

    Dis nie ‘n plek
    Sê Pappa
    Waar Ek My kinders wil hê
    Nee dit kan gevaarlik raak

    Ja kinders
    Sê Pappa-God
    Net soos Sara se slim plan
    Om vir haar en Abraham ‘n seun te verseker

    Ja sê Pappa-God
    Sien
    Dit gebeur baie kere dat mense dink
    Ek benodig ‘n bietjie hulp

    Ja sê Pappa
    Baie kere is mense baie gretig
    Om My planne vir hulle lewens aan te help
    Ja kinders net soos Sara met haar slavin se seun

    Oe kinders sê Pappa-God
    Ek wil julle so graag geduld en vertroue in My leer
    Geduld wat sê God se tyd is die beste
    Vertroue wat sê God se hart is mooi

    Geduld en vertroue soos dié
    Is maar min te vind sê Abba
    Op hierdie aardbol
    Baie min

    Mense is te gretig
    Sê Abba-God
    Hulle soek net altyd
    Hulle wil en baie gou

    Mense sê Daddy
    Kan baie kere baie dinge laat gebeur
    Tog kom daar kere in elkeen se lewens wat hulle weet
    Net God, net God kan nou iets doen

    Oe Pappa se kinders
    Ek wil julle vra om te leer
    God is getrou
    En Sy tydsberekening is goud

    Ja My liefste kinders
    Ja
    Pappa sal julle partymaal toelaat om ‘n detour te gaan loop
    Voordat Ek julle bring by die plek voorberei

    Dis vir My kinders
    Om te besluit
    Ja sê Pappa-God
    Ja dit is so

    Partykeer gebeur dit
    Sê Pappa
    Dat mense vasskop net soos ‘n steeksdonkie
    Tog is daar enkeles wat My toelaat om voor te loop

    Oe en is dit nie vir My mooi
    Daai mense wat sê
    Ons het gekies, Here loop voor
    Waar U lei sal ons gewillig volg

    Kinders Ek weet sê Pappa
    Ek weet
    Dis nie aldag maklik
    Maar dis moontlik saam met My

    Dis net omdat Ek julle wil uitbring
    Kinders
    By die beste bes en mooiste mooi
    Voorberei vir julle

    So Ek wil dankie sê
    Sê ons groot Koning
    Vir julle wat altyd glo
    God is goed

    Ek weet dis baie dikwels kinders
    Moeilik om te glo
    Moeilik om My te vertrou
    As dinge om jou donker lyk

    Tog is dit kind
    Wanneer jou geloof die nodigste is
    Wanneer dit die meeste beteken
    Wanneer dit moeilik is

    Ek wil julle aanmoedig liefste kinders
    Kom nader aan My
    Kom sien
    Wat is voorberei vir julle

    Genoeg wortels sê Daddy-God
    Het Ek nou voor jou
    Met die steeksdonkie-houding gehou
    Nou is dit tyd dat jy volg

    Ja kom nou My kind
    Verlore kind, in-die-huis-kind
    Kom volg My
    Kom drink van die waters wat ewige rus beloof

    Oe dié waters is so soet kind
    So verfrissend
    Julle sal dit so geniet
    As julle net van die steeksheid wou laat gaaan

    Kom nader My liefste kinders
    Nader en dieper aan My
    Kom swem in die waters diep
    Kom geniet jouself

    Ek het al gesê My kinders
    Dis tyd dat julle saam met My
    In die waters van hemelse geluk
    Kom baljaar

    Kom kinders
    Kom nou
    Kom gou
    Soveel pret kan ons saam hê

    My liefde is genoeg kind
    Meer as genoeg
    Om elke droë en dors stukkie in jou
    Te les en te vul

    Oe My kinders
    Kom
    Kom geniet saam met My die voorreg
    Van Jesus in jou lewe hê

    Kind sê Pappa-God se Seun
    Geliefde kind van God
    Dit is waarvoor Ek die prys vir jou en die wêreld se sonde betaal het
    Sodat julle die vryheid in My kon vind

    Lig en fladderend
    Soos ‘n voëltjie
    Kinders dis Ek
    In elke hart wat My gevind het

    Kinders sê Pa, die Hemelse Koning
    Ek is nie swaar en vol straf
    Oe nee sê Abba
    Ek is vol LEWE en Lig

    Kom geniet die wêreld
    My kinders
    Deur My oë
    Saam met My

    Daar is soveel
    Soveel mooiheid in hierdie wêreld te vind
    Kinders julle moet net begin om saam met My
    Hand-aan-hand deur die lewe te stap

    Dis Ek
    Wat die lewe die moeite werd maak
    Dis Ek
    Wat soveel mooi in hom sit

    Die lewe is ‘n lied
    Oe kinders sê Pappa
    Saam met My
    Die mooiste lied ooit

    Kom sing kinders, asseblief
    Saam met My die hemelse akkoorde
    Wat julle saai en doellose lewens
    Optower in iets so vrolik

    Die mooiste deuntjie
    My kinders
    Kan ons met julle lewens neurie
    As julle My net wou toelaat

    Kom nou kinders, kom nou
    Van old school rock tot boere-orkes
    Kinders sê Pappa
    Ek weet van musiek-maak

    Ja sê Pappa, ja
    Ek weet baie van julle ken My nie so
    Maar kinders asseblief kom vind uit
    Dat Ek sit agter alles wat mooi is

    Ek is die Skepper en Uitvinder daarvan
    Hoe dan anders kind
    Dit was eers by My
    En toe kom dit deur jou

    Ja kinders sê Pappa-God
    Dit is hoe baie hemelse geskenke
    Op aarde gearriveer het
    Deur mense

    Ja My liefste kinders
    Ek is ook die Een wat sit agter elke ontdekking, uitvindsel
    Wat hierdie wêreld al ooit gemaak het
    Dis Ek wat die begeerte in mense sit om te ontdek, om te ontwerp

    Oe dit is wel vir My so mooi
    So mooi sê Abba
    Daardie deursettingsvermoë
    Waarmee die uitvinders te werk gaan

    Oe ja sê Pappa-God, oe ja
    Het julle al gesien
    Oor en oor kere het hulle gefaal
    Tog het hulle bly sê ek gaan nog een keer probeer

    Oe kinders sê Pappa
    Dit is wat die uitvinders op aarde
    Laat verskil van vele ander mense
    Daai van ek-gaan-nie-opgee

    Dit, dit is vir My so mooi
    Ja-nee Ek kan dit maar sê
    Kyk net waar het dit hulle gebring
    Baie van daai uitvinders se name pryk op die lys van Nobelprys-wenners

    Oe dis mooi sê Abba
    So mooi
    Wat deursettingsvermoë kan regkry
    Dit is hoekom My kinders Ek dit in julle ingebou het

    Ja-nee sê Abba
    Ja-nee
    Alle mense besit dit
    Net nie almal gebruik dit ewe gretig nie

    Dis nog ‘n begeerte in My hart sê Pappa-God
    Ek wil so graag hê
    So graag hê mense moet besef
    Die waarde waarmee hulle gemaak en aarde toe gestuur is

    Ja dis vir My belangrik
    Sê Abba
    So so belangrik dat mense sal besef, elkeen
    Hulle is hier met ‘n rede

    Oe kinders sê Pappa-God
    Oe kinders
    Daar is soveel potensiaal in julle opgesluit
    Voor die televisie-lê en laat-slaap wil net nie hê julle moet dit weet

    Kinders sê Pappa-God
    Kan Ek julle net vra
    Begin committed raak
    Al is dit net met een ding

    Begin ‘n stokperdjie bou
    Kinders ietsie wat julle kan geniet in stede van leeglê
    En sien hoe vêr
    Deursettingsvermoë in daardie area jou sal bring

    Kinders Ek vra net tydjies
    Tydjies om daardie potensiaal en goud in jou te ontgin
    Ek wil so graag hê kinders
    Die talente wat Ek in julle gesit het moet wakker word

    Ja kinders, ja sê Pappa
    Soos daai vlindersag soen
    Wat die prins op die prinses se lippe laat in ‘n sprokiesverhaal
    En sy dan ontwaak

    Ja liefste kinders sê Pappa-God
    Party van julle se talente sluimer al jare
    Julle dink hulle bestaan nie
    Al wat moet gebeur is dat julle hulle vind

    Ja kinders, ja
    Sê Pappa-God
    Elkeen van julle het talente
    Kyk net na dit wat julle verskriklik baie geniet om te doen

    Is dit nou teken of swem
    Is dit nou verf of hardloop
    Kinders sê Daddy
    Elkeen van julle het ‘n talent

    Daar is soveel begaafde mense op aarde
    Kinders sê Daddy die duiwel sê vir julle hulle is die enigstes met talent
    Kinders sê Daddy dis nie so
    Hulle het net al ontdek wat hulle talent is en daarmee begin woeker

    Kinders sê Pappa
    Ek sê weer
    Doelgerigtheid en deursettingsvermoë verrig wondere
    Probeer dit so keer of wat

    Ja kinders, ja
    Soveel kan julle op aarde regkry
    Glo My
    Julle is nie net gemaak om te bestaan

    Soveel meer wag vir julle om ontdek te word
    Soveel meer
    Kom kinders begin hulle oopmaak
    Die wonders van die lewe leef!

    Oe ja die lewe het Ek gemaak
    Sodat julle dit voluit kon leef
    Sodat julle dit voluit kon geniet
    Sodat julle nie vir ‘n inch minder hoef te settle

    Ja sê Daddy, ja
    Dit is dikwels dat dit gebeur
    Dat mense settle
    Sonder om waarlik ooit te leef

    Kinders daar is wonderlike goeters
    Wat julle op aarde kan ervaar
    Wonderlike lieflike goeters
    Wat die hart waarlik bly-maak

    Hemel-geskenke
    Noem Ek hulle sê Pappa
    Of dit nou is uit-die-maag-lag
    Of ‘n hemelse sonsondergang aanskou

    Ek wou julle aandag maar net op dié goedjies begin vestig
    Die goeters wat so opreg beeldskoon is
    Die ware eg in die lewe
    Nie die plastiek of namaaksel daarvan

    Soveel opregte pret
    My kinders
    Kan julle uit hierdie wêreld put
    Soveel, soveel opregte pret

    As julle sukkel om dit raak te sien
    Kinders vra My net
    Vra My net
    Ek wil julle so graag help

    Om die ware mooi in hierdie lewe
    Te begin raaksien
    Oe hoe mooi is dit
    Wonderlik-mooi voorwaar!

    Die mooiste geskenk ooit
    Is aan hierdie wêreld gegee
    Die dag toe Jesus sê ja
    Hy sal kom en herstel!

    Oe so dankbaar is ek
    So so baie dankbaar
    Ons God is groot
    Hy is waarlik wonderbaar!

    Sy blink plan het gewerk
    Vandag nogsteeds
    Oor en oor
    ‘n Foolproof plan voorwaar!

    Oe kinders van Abba
    Kinders van die wêreld
    Sal julle saam met my dankie sê
    Sal julle saam met my bly vertrou?

    Ja Abba-God weet beter
    Baie beter as ons
    En Sy hart sal ons bly vertrou
    Totdat die einde van aardse tyd aanbreek

    Ja Sy hemelse aangesig
    Sal ons dan vir alle tyd daarna geniet
    Sy hemelse aangesig
    Wat skyn soos die son!

    Amen.

  • Gebroke drome

    Gebroke drome

    Hoor jy hoe Pappa
    Aan jou hart se deur klop
    Oor en oor vra Hy
    Kind asseblief sal jy My na binne nooi

    Oe Ek verlang
    Sê Daddy-God
    Ek verlang na diepe hartsgemeenskap
    Met elkeen van My liefste kinders

    Partykeer wonder julle
    So gereeld
    Hoe kan dit wees
    Hoe kan God ons mis?

    Liefstes dis rerig so
    Sê Pappa
    Nes ‘n bruidegom sy bruid mis en andersom
    So ook met My

    Dis omdat julle My liefde besit
    Dis omdat My hart reeds aan julle behoort
    Dis hoekom dit so swaar is
    Vir My om julle net te vergeet

    Aan die kruis alreeds sê Pappa
    Het Ek dit vir julle kom sê
    Ek het daai dag kom sê…
    Hier is My hart

    Oe hier is My hart kinders
    Asseblief moet dit nie vertrap
    Ek het dit toe gesê
    En Ek sê dit steeds vandag

    Party mense sê Pappa
    Hulle weet net nie hoe
    Om mooi na ‘n ander se hart te kyk
    Dis ‘n diep teleurstelling vir My

    Ja Ek het daai jare terug
    So hard gehoop
    Mense sou My ook lief kry
    Waarlik ‘n pad met My begin loop

    Oe maar soos dit maar partymaal gebeur
    Moes ook My hoop verydel word
    Moes ook Ek op daai plek kom van besef
    Dit gaan nie so gebeur

    Ja-nee sê Pappa
    Ja-nee
    Julle besef
    Julle besef wat Ek hier sê

    Baie van julle sê Pappa
    Het ook al hoë hoop in julle harte gebou
    As my kind net die Here wou dien
    As my man of vrou tog net my hart wou hoor

    Oe kinders sê Pappa
    Julle ken dit tog so goed
    Daai verlore gevoel
    Wanneer jy vir ‘n droom moet baai sê

    Ja sê Pappa-God, ja
    Baie van julle ken dit
    Baie van julle wou nog toekomsdrome saam met ‘n geliefde bou
    En toe is hulle net nie meer daar

    Oe geliefdes sê Daddy
    My liefste-liefste kinders
    Julle Pappa in die hemel
    Hy ken daai gevoel so goed

    As julle net geweet het
    Sê Pappa
    Op hoeveel van die drome vir My kinders
    Ek nog vandag moet opgee

    Oe Abba-God se kinders
    Dit gebeur net so gereeld
    Dat Ek nie My sin kry nie
    Maar Satan syne

    Oe Ek weet hoe dit voel
    Sê`Pappa-God
    Ek ken dit so goed
    Van oe moet Ek even probeer

    Wat help dit
    Wat help dit Ek kry My hoop op
    Wat help dit
    As dit dalk nooit gebeur

    Liefstes sê Daddy
    Ek wil net vir julle sê
    Ons kan nie dat dalk en miskien ons probeer steel
    Ons moet aanhou probeer

    Ja liefstes
    Ja geliefdes van Pappa se hart
    Ons moet aanhou probeer
    Glo dat daar nog soveel mooi in hierdie wêreld oor is

    Ja geliefdes sê Pappa
    Ek weet
    Ek weet sy steel baie kere
    Die probeer wat Ek wil hê ons moet in ons harte hê

    Kinders sê Daddy-God
    Ons kan nie vir die hoer van hierdie wêreld haar sin gee
    Nee ons moet altyd glo
    Dinge kan weer beter raak

    Daar’s te veel mense
    Sê Pappa-God
    Te veel mense wat opgee
    Omdat hulle nie meer wil glo

    Oe kinders
    Sê Daddy-God
    Ons moet altyd glo
    Ons moet altyd weer-probeer

    Selfs sê Daddy-God
    Selfs al loop dinge nie altyd soos ons wil hê
    Kan Ek julle sê
    Dit het steeds potensiaal

    Ja kinders, ja
    Sê Pappa-God
    Ek het die vermoë om stukkende stukkies op te raap
    En met HOOP daaraan te bou

    Sien dit is wat tot en met vandag nogsteeds gebeur
    Ja jare terug reeds het mense hulle gesigte van My weggedraai
    Met die kruis van Jesus
    Tog gee Ek nog tot en met vandag vir almal ‘n kans

    Ja My liefste dogter
    Ja My liefste seun
    Pappa wil net vandag kom sê
    Moenie ophou aan jou drome bou selfs al wil ‘n paar nie gebeur

    Oe ja nee liefste kinders
    Oe ja nee
    Dis net nie die moeite werd om op te gee
    Op die lewe en die mooi wat sy nog vir jou kan beteken

    Ja-nee liefstes
    Sê Pappa
    Ja-nee
    Ek wil so graag hê julle moet dit weet

    Ja-nee sê Pappa
    Ja-nee
    Net soos Ek
    Na die dood van My Seun aan die kruis

    Ek kon verlore bly voel
    Of Ek kon kyk na die Kruis
    En die mooi wat dit tog toe vir baie gebring het
    Al was dit nou nie almal

    Ja-nee sê Pappa-God
    Ek kon nie My sin kry met almal
    Maar dit het My nie gekeer om te kyk
    Na die mooi wat toe steeds vir My oorgebly het

    Ja geliefdes sê Pappa
    Ja geliefdes van My hart
    Daddy wil hê julle moet altyd bly glo
    In die mooi wat nog kan wees

    Gebroke drome liefstes sê Pappa
    Hoef nie die rigting van julle lewens te bepaal
    Nee kinders sê Daddy
    Daar sal altyd, steeds soveel hoop wees

    Ek het dit so gemaak
    Sê Pappa
    Ek het gemaak dat verlore drome
    Nie die einde van julle lewens hoef te wees

    Nee liefstes sê Pappa
    Altyd het Ek julle die vermoë gegee
    Om nuwe drome te droom
    Om weer op te staan

    Oe liefstes sê Pappa
    Oe liefstes kan Ek julle vertel
    Selfs in en met seer
    Is daar altyd mooi wat steeds kan wees

    Ja liefstes sê Pappa-God
    Kyk altyd na die mooi in hierdie lewe
    Kyk na dit wat nog goed is
    Dit is wat julle die vermoë sal gee om aan te hou probeer

    Oe liefstes sê Pappa
    Selfs al was My hart daai tyd seer
    Selfs al is hy nou nog seer
    Weet Ek dat daar steeds soveel mooi in hierdie lewe is

    Ja sê Pappa
    Ja
    Ek het dankbaarheid geleer
    En hoe om steeds die mooi raak te sien

    Pappa se kinders
    Myne
    Ek wil julle so graag aanmoedig
    Daar’s altyd nog ‘n rede vir aangaan

    Kyk na die mooi kinders in julle lewe
    Kyk na dit wat steeds so mooi vertoon
    Is dit nou jou familie
    Of die passie waarmee jy leef

    Kind sê Daddy-God
    Daar’s altyd-altyd rede vir aangaan
    Selfs al is dit net Ek en My drome vir jou
    Wat Ek wil hê moet nog gebeur

    Oe geliefdes sê Pappa
    Oe geliefdes asseblief
    Ek vra julle
    Moet nie dat verlore drome maak dat julle nie weer wil opstaan

    Genade-groot dogter, seun
    Is My Naam
    Pappa kan uit die gebroke stukkies van jou drome
    Steeds nuwe drome laat opstaan

    Ek moes dit so maak My liefstes
    Anders
    Hoekom sou ‘n mens nog wou aangaan
    Daar sou net nie rede wees

    Maar dis omdat sê Pappa
    Ek selfs beter drome
    Uit jou gebreektes kan waar-maak
    Dat Ek hierdie woorde vir julle kan sê

    Ek is God van soveel hoop geliefdes
    Soveel, soveel hoop
    Gebreekte drome
    Staan nie ‘n kans in My teenwoordigheid

    Oe nee Ek kan hulle ‘n nuwe baadjie aantrek
    Selfs al gaan hulle anders lyk
    Sal hulle steeds die vermoë hê
    Om soveel vreugde en mooi te bring

    Ja sien sê Pappa
    Ek het dalk nog nie die hele mensdom aan My kant
    Maar selfs met dit gesê
    Het Ek miljoene wat My wel wil ken

    Ja kinders
    Selfs al het Ek nog nie die hele mensdom
    Het Ek alreeds en nogsteeds
    Soveel mooi aan My kant

    Ek wil hê julle moet daai deel liefstes
    In julle lewens begin raaksien
    Daai dele wat vir julle so mooi is
    Daar is nog ‘n rede, daar is nog ‘n doel

    Bly asseblief gefokus liefstes
    Moenie dat Satan jou in ‘n gat van moedeloosheid kry
    En dan daar hou
    Nee kyk, kyk wat is daar wat waarlik nog so goed en mooi is in jou lewe

    Ek weet, Ek weet sê Pappa
    Van julle twyfel so sterk
    Sê oor en oor
    Julle ken nie my lewe nie

    Pappa se kinders
    Wêreld se kinders
    Luister asseblief vir My
    Pappa kan die mooiste mooi bring uit die seerste seer

    Ja Ek het daardie vermoë
    Sê Abba-God
    Ek wil net hê julle moet weet
    Julle gaan moet glo

    Dit is hoe Ek dit dan weer regkry
    Om julle te laat sien
    Daar is nog soveel mooi
    In hierdie lewe

    Ja liefste sê Daddy
    Selfs in seer kan Ek jou wys
    Daar is steeds mooi
    Ek kan als draai, nuwe lewe gee

    Begin nie opgee kinders
    Ja-nee rerig
    Begin glo daar is nog ‘n rede
    Ek sal weer opstaan

    Dis net omdat My kinders
    Ek omgee en nie wil hê
    Julle moet ooit permanent opgee
    Dat Ek hierdie briefie van hoop vir julle stuur

    Ja-nee nou weet julle sê Pappa-God
    Dit is My hart
    Ek is HOOP
    Gebroke drome kan weer opstaan

    Ja dalk nie in dieselfde vorm nie
    Maar op ‘n splinternuwe manier
    Kan hulle steeds vir julle
    Soveel mooi geluk inhou

    Moenie opgee nie kinders
    Moenie ooit opgee
    Wanneer ‘n verlore droom opdaag
    En sê dit is nou dit

    Oe nee dit is nie so
    Oe nee dit is nie waar
    Dit is wat daai verlore droom wil hê jy moet glo
    Maar sê vir hom jy sal hom nie sy sin gee

    Die lewe gebeur nie aldag kinders
    Soos wat ons wil hê
    Ja daar is baie kere seer
    Seer wat sê ag hoekom probeer jy nog

    Nee liefstes, nee nee nee
    Verlore drome hoef nie die einde van jou lewe te beteken
    Dit kan veel eerder kinders
    Die geboorte-plek wees van veel mooier drome

    Ja daai geliefde seun of dogter
    Word dalk nie nou gered
    Maar dit kan nie keer
    Dat generasies na hom of haar die Lig gaan liefhê

    Jou man of vrou
    Sien dinge dalk nie nou soos wat jy wil hê
    Maar daai hart word sag en eendag gaan hulle sê
    My man of vrou jy was reg

    Jou geliefde het dalk totsiens vir die lewe gesê
    Dit was onverwags en so bitter seer
    Tog het dit vandag gemaak dat julle
    Deur sy omgee wat julle lewens aangeraak vir ander bly omgee

    Kinders
    Daddy wil hê julle moet sien
    Dinge, die lewe gebeur nie aldag soos ons wil hê
    Maar dit kan steeds-steeds so mooi wees

    Ja kinders, ja
    Mooi-wees soos in mooi
    Mooi soos in steeds die moeite werd
    Mooi soos in dit is beter

    Dis God se manier liefstes
    God se manier wat dit moontlik maak
    Daarom bly droom
    Bly droom tot dat jy jou ou-dag bereik

    Kinders sê Daddy
    En ken My
    Ken My in al jou weë
    En Ek sal jou pad gelyk maak

    Als sal altyd uitwerk
    Kinders aan die einde sal alles steeds uitwerk
    Bly dit bely, bly dit glo
    Weet dit Abba is altyd daar

    Om saam met jou liefste kind
    Vaarwel te sê aan verlore drome
    En hallo te sê aan
    Ek gaan God bly glo

    Ja
    Hy kan dinge beter maak
    Hy kan seer sag maak
    Hy kan nuwe drome geboorte gee

    Wys ons Pappa
    Wys ons asseblief altyd
    Hoe om nie op te hou glo
    Maar om altyd aan te hou probeer

    Alles sal weer mooi word
    Alles kan nog mooi word
    Terwyl ons kyk en sien
    Daar is steeds soveel mooi om ons!

    Leer ons dankbaarheid Pappa
    Selfs in die plek van verlore drome
    Help ons afskeid neem
    Help ons die nuwe môre welkom heet

    Ja Pappa
    Dat ons dit sal omhels en lief kry
    Dat ons hom sal waardeer
    Dat ons sal sien
    In hom is daar ‘n reënboog van beloftes wat U kan waar-maak

    Ja Pappa, ja
    U is ons God-Groot
    Die Almagtige, die Ewige
    Die Een wat ou drome nuwe lewe kan gee in U Seun

    Daarom liefstes
    Moet nooit opgee
    Die einde van een iets
    Is dikwels die begin van ‘n nuwe mooi

    Hou op terugkyk
    Liefstes
    Asseblief vra My vir aan-beweeg
    Vra My Daddy asseblief help my

    Treur en rou
    Is ‘n wonderlike ding
    My kind dis nodig
    Maar dikwels hou dit te lank aan

    Rou en treur My liefste kinders
    Was vir julle gegee
    Om oor ‘n ding te kom
    Om genesing te ontvang

    Kind, liefste kind
    Treur en rou
    Is nie ‘n wonderlike ding
    Nie as jy vir hom ‘n huisie bou

    ‘n Geliefde se dood
    My liefste kind
    Kan vir jou nie die einde beteken
    Nie as jy My in jou lewe het

    Ek verstaan geliefde
    Ek verstaan jou seer
    Pappa-God is die enigste een wat dit rerig kan sê
    En Ek genees

    Ja liefste, ja
    Ek kan
    Ek kan seer so gesond maak
    Dat jy nie eers meer ‘n letsel sal kan sien

    Die ding is net
    Baie mense wil nie afskeid neem nie
    Hulle wil bly sit in die oue
    Hulle wil nie die nuwe môre tegemoet loop

    Oe liefstes sê Pappa
    Oe liefstes
    Kyk asseblief saam met My op
    Sien, sien daar is ‘n nuwe môre wat jou warm welkom heet

    Kom nader kind, kom nader
    Kom sien hoe kan God
    Hierdie seer deur-die-wêreld aangedoen
    ‘n Nuwe baadjie aantrek

    Ja-nee, ja-nee
    ‘n Nuwe Begin
    Dis wat Ek kan dan doen
    As kinders net van die gisters wou laat gaan

    Ek sê nie vergeet nie kinders
    En dink nooit weer daaraan
    Ek sê waardeer
    En laat-toe dat ons aanbeweeg

    Dis beste kom nog liefstes
    Die beste kom nog
    Weet dit gerus, weet dit beslis
    Watter mooi belofte om aan vas te hou!

    Amen.