Hoop onvervangbaar groot
Hoop wat nie opgee nie
Genade wat bly soek
Dit is ons God se Naam
Wonderlik-groot
So wonderlik-groot is Hy
Niemand kan ooit met Hom vergelyk word
Ek is so bly dat ek aan Hom behoort
Nooit het Hy opgegee op my
Vandag nog soek Hy na meer
Meer van my oorgee
Meer van Sy geliefde aan Sy sy
Hy’s wonderlik-goed
Hierdie God van my
Ek wens meer mense wou Hom leer ken
Ook hulle harte aan Hom gee
Dit is die heel-beste-besluit
Wil ek oor-en-oor aan hulle sê
Hoekom julle harte teëhou
Hoekom nie ook oorgee?
Julle, dis die heel-heel-beste besluit
Hoor julle my?
Seblief begin mense se opinies oorweeg
Veral van die wat Hom waarlik ken
Julle sal fonteine van hoop
Voel oopbreek in julle hart
Fonteine van Hoop
Ek weet nie wat anders om hulle te noem
Ja groottes, kleintjies
Van oral-oor sal hulle begin opspring
Daai krake van die verlede
Hulle sal dit begin oorstroom en deurstroom
Liefste kinders van Pappa-God se hart
Myne
Kleintjies
Julle wat aan My behoort
Julle bring soveel vrede
En vreugde na My hart
Julle wat vertrou
Julle wat My wil bly ken
Julle moet nooit opgee
My kinders, seblief
Die steiltes is partymaal hoog
Maar saam met My kan julle, sal julle triomfeer
Julle is gemaak om saam met My te triomfeer
Kinders oor die steiltes en hoogtes van hierdie lewe
Net soos Rocky hande-in-die-lug
Nadat hy daai stel trappe kon baas-raak
Ja liefstes net soos hy
Sal julle ook hande omhoog
Na My kan kyk en skree
“Halleluja, ek het dit gemaak!”
Oe die genot wat ook Ek put
Sê ons Abba
Uit die steiltes van die lewe
Wat ons saam kon baas raak
Ja dit verskaf My net soveel vreugde
My liefste kinders
As Ek kan terugkyk saam met julle en sien
Sjoe ons het die amper onmoontlike baas geraak
Ja sien sê Abba
Daar’s baie kere hoë stelle trappe
In hierdie lewe
Wat mens laat moed verloor
Wat mens laat dink
“Hoe op dees aarde gaan ek dit maak?
Hierdie berg gaan ek hande-viervoet moet klim”
Ja kinders
Soos wafferse staptog-bendes (hikers)
Gaan julle moet in-hak en sê
“Nou is dit vorentoe
Daar is ‘n prag-uitsig wat wag”
Ja geen terug-draai
Net vorentoe
My kinders Ek sien altyd elke stukkie voortbeur
Daai gedagtes van “Ek kan, ek kan, ek moet net nie opgee”
Ja hierdie wêreld is vol klowe
Donker gate, donker hoeke
Met staptog-roetes
Wat weer opkrul vanuit die klowe
Liewe kinders
Dis nie altyd maklik
Hierdie staptog van die lewe
Om hom baas te raak vat aanhouers-wat-wen
Ja dis die wat nie uitsak nie
Maar volhard tot die einde
Dis aan hulle sê Abba
Wat Ek die kroon van die Lewe beloof
Het julle al gelees sê Abba
In die Bybel praat Ek van die baie beproewinge
Waardeur My kinders sal moet gaan
Voordat hulle by die Hemel arriveer
Ek weet julle verstaan dikwels nie
Al die storms wat julle moet trotseer
My kinders Ek weet daar is heelwat van hulle
Wat julle uitmekaar wil skeur
Dis soos leeus sê Abba
Wat hulle prooi verorber
Dis dikwels hoe julle dit ervaar
God se genade is genoeg
Het julle dit al My kinders
In julle Bybels raakgelees?
Daai kere in die Bybel wat Ek aan julle beloof
Julle sal die leeukuile van die lewe nooit alleen hoef te betree
Ja My kinders
Ek is ‘n getroue God
Soos Ek die leeus van Daniël se monde gesluit het
So sal Ek dieselfde met joune doen
Ja hulle kan maar brom en grom
Maar nie ‘n stukkie van julle vleis
Sal hulle die genoegdoening kry
Om van te vreet
Dis dikwels al genot wat hulle vind …
Om te sien hoe die vrees wat hulle inboesem werk
Die vrees wat mense laat wonder
“Het my laaste dag dalk aangebreek?”
Ek is soveel groter kind
As enige leeu wat vir jou kom brul
As enige leeu wat jou kom bang praat
Ja julle weet daai vrese wat hulle inboesem …
“Dit gaan gebeur
En dan dit, en dan dit
Jy staan geen kans
Jy kan sommer maar net hier-en-nou opgee”
Nee liefste kinders
Nee
Julle moet deur die dikwels-moeilike-omstandighede in julle lewe
Nie altyd soek na ‘n uitweg om dit te ontduik
Ja Ek weet
Dit is uitdagend
Dit toets julle uithouvermoë op heelwat vlakke
Maar kinders dis enorm, die groei potensiaal wat dit geestelik vir jou inhou
Dieper en meer
Meer van God
Dieper saam Hom
Dit kan julle in sulke tye bid
Wys my meer en meer Abba
Asseblief
Die vermoë wat U het
Om My deur die donker dae van hierdie lewe te help
Ja dis wat Ek doen
Dis wat Ek graag doen
Die Heilige Gees is gestuur om julle in tawwe tye by te staan
Altyd by julle te wees
Het julle geweet
Julle kan in donker dae vra
Heilige Gees
Help my asseblief hierdeur?
Help my om te weerstaan en neer te lê
Die hopeloosheid wat my omring
Die gefluister wat sê
“Gee op, dit help nie eers jy probeer”
Het julle geweet
Kinders van Abba
Negatiewe praat, negatiewe wonder
Dit is nie van Hom?
Ja dit is dikwels wat ons sink
Daai negatiewe saam-praat
Met Satan en al sy bose maats
Ons moet slimmer as hy raak
Ja die swaar sal nie bly
Hy sal nie bly wen
As ons nie meer bely
“Hy gaan wen”
Ja hy gaan nie
Want God is groter
Sal jy dit eerder begin sê
Kind dit waarlik glo?
Ek werk met julle geloof
Kinders dis baie dikwels wat Ek nodig het
Kinders wat glo
Ek wil, Ek kan
Julle samewerking word benodig
Julle oorgawe
Julle vertroue
Julle aanhou vashou
Julle positiewe praat
Dit maak ‘n verskil
Dit gee My iets om mee te werk
Dit sluit julle nie toe in tronke van ongeloof
Hou aan kinders, asseblief
Om oë op My te hou
Om te weet Ek is vir julle
En saam gaan ons dit maak
Ek verwyder nie My kinders
Aldag die probleme
Want Ek wil hê jy moet groei
Saam met My spiere bou
Ja kinders pap spiere werk nie
Hulle gaan net solank die pas kan volhou
Dan gaan hulle ingee
Sê die inspanning raak te veel
Ek wil hê julle hande
Moet bietjie langer begin bo-bly
Kinders net soos Moses s’n
Toe hulle die geveg moes wen
Ja hy is hulp gestuur
Om sy arms bo te hou
Dis hoekom Ek daar is sê Heilige Gees
Ek en die Woord sal Aäron en Hur vir jou wees
Hou jou hande hoog kind
Hoog in die storm
En sien hoe Ek hierdie geveg vir jou veg
Sien hoe Ek hom wen
Ja My kinders, ja
Sterker spiere moet ons bou
Net soos Rocky
Oefen daai spiere, elke dag bietjie meer
Slaan, boks, staan vroeër op in die oggende
Begin opgee wat jou terughou
Drink daai proteïen-drankie
Fiks in gees, dit is waarnatoe ons werk
Fiks in gees
Fiks in gees
Dis waar Ek so graag
My elke kind wil hê
Fiksheid in vlees
Dit het ‘n nut
Maar veel beter is hy wat hom beywer in die gees
Het julle dit al in die Bybel raak gelees?
Kinders van Abba
Ek wil hê julle moet weet
Julle is sterker as wat julle dink
Veel, veel sterker in My as in julleself
Begin wapens optel
Wapens van Lig
Glo soos Ek glo
Doen soos Ek doen
Dit dra veel meer waarde
Kinders
As wat julle dink
Julle kan op My manier veel meer vermag
Veel, veel meer
Begin op My manier baklei
Weer die gewonder met My Woord af en weet altyd
Ek, Ek is vir jou
Dis omdat Ek weet sê Abba
Wat Ek met jou donker dae kan doen
Dis hoekom Ek hulle partymaal toelaat om te gebeur
Dis omdat Ek weet ‘n reus van geloof kan Ek in jou laat opstaan
Ek praat nie van al die verkeerd en seer
In hierdie wêreld nie kinders
Ek praat van die tye wat Ek rerig kan gebruik
Om soveel goud in julle gees te ontgin
Julle mis hulle partymaal
Baie kere
Omdat julle nie dink of besef
God kan dit draai vir goed
Ja My kinders
Ek kan selfs die seerste seer
Iets maak waarna jy
Kan terugkyk met waardering
Dis My vermoë
Dis wie Ek is
Vir jou
Vir elkeen
Amen.