Moenie terughou
Wanneer dit by My kom nie
Kinders Ek vra gereeld
Want Ek wil soveel meer vir julle gee
Kategorie: Byt vas
-

Lewenspore
-
Biefstuk bo!
Hoekom kinders
Vra Daddy-God
Gee julle altyd so gou op op My
Dit hoort nie so -

Mooiste Mosaïek
Soos gebreekte glas
By ‘n mens se voete
Op die vloer bly lê
So lyk baie mense se toekomsdrome vir hulleJa hulle het net geen lus
Om mee met die lewe aan te gaan
Als lê aan skerwe
Dit is hoe hulle dinkPappa wil vandag aan julle
Gebroke kinders van die wêreld
Hoop kom gee
Hoop dat daar ‘n God is wat baie omgeeDit gebeur te gereeld
Sê Daddy-God
My kinders dat julle opgee
Sonder dat julle My kom probeerDaddy se kinders
Hoekom, hoekom bly julle wegloop
Hoe hou julle aan om toe te laat
Dat die wêreld julle so seermaakKinders sê Daddy
Asseblief
Ek weet daar’s seer in julle harte
Maar kinders asseblief julle moet begin wys raakJulle moet asseblief begin
Om wys te raak met julle besluite
Julle moet begin om My in elkeen te ken
Sodat Ek julle paaie gelyk kan begin maakKinders sê Daddy
Asseblief
Begin om My wysheid te leer
Begin om by My te kom stilsitKinders daar is soveel wonderlike dinge
Wat Ek vir julle instoor hou
Wonderlike dinge
Sal julle glo?Dit gebeur te gereeld
Kinders van die wêreld
Kinders van My
Dat julle opgeeKinders dis nie nodig sê Daddy
Dat julle tussen daardie versplinterde stukkies van julle lewe bly sit
Nee kinders sê Daddy
Julle moet begin om daardie stukkies saam met My op te telKinders sê Daddy
Ek kan die mooiste mosaïek-werk
Met daardie stukkende stukkies van jou lewe maak
Ek kan, as jy dit als vir My sou geeJa sê Daddy-God
Die stukkies sal nie eers mee gebreek vertoon
Want al wat sou wys
Is die volmaakte eenheid wat hulle vorm!Oe kinders
Sê Daddy-God
Dit is My hart vir elkeen van julle
Om te herstel, om heel te maakElke mens op aarde
Sit maar met ‘n ietsie seer
Dis onmoontlik om op aarde te wees
Sonder dat jy al ooit ‘n ietsie seer ervaar hetKinders maar vandag wil Ek net sê
Daddy gee om
Ek sien julle seer
En Ek wil graag geneesEk wil hê vra Daddy
Kinders dat julle My sal toelaat
Om daardie gebroke stukkies van julle lewe saam met julle op te tel
En dat julle My sal toelaat om daarmee te werkKinders Ek weet sê Daddy
Hoe lyk die geheel
Ek weet waar elke stukkie die beste sal werk
Sal jy My asseblief daarmee vertrouKinders Ek weet sê Daddy
Julle sit tussen hierdie stukkende
Glasskerwe van julle lewe en dink
Hoe op dees aarde gaan ek nou maak?Die duiwel probeer julle oortuig
Hy bly sê
Dit is nuttelose gemors
Jy kan maar jou lewe weggooiKinders dis nie so sê Daddy
Dis nie so
Dis nie net ‘n nuttelose gemors
Dit het die potensiaal om die mooiste toekoms te bouKinders asseblief
Sê Daddy
Moenie opgee, moenie bang-wees
Ek sal altyd by julle weesEk gee altyd so baie om
Sê Daddy
So baie
Dis hoekom Ek vra vertrou MyKinders asseblief
Laat gaan van die hopeloosheid in julle harte
Kom gee dit vir My
Kom kyk wat Ek daarmee kan maakKinders het julle al gesien
Sê Daddy-God
Die gebreekte stukkies glas van ‘n mosaïek-werk
Dit lyk asof als presies pas, asof dit is hoe dit moet weesKinders
Dis presies wat Ek doen
Dis presies hoe dit kan wees
As jy dit als vir My bringJa kom sê net
Sê Daddy-God vir Sy kind
Daddy ek het hulp nodig
Ek kan dit nie meer alleen doenAsseblief kind kom vra net
Kom sê net
Daddy help my asseblief bou
Help my bou die mooiste stuk mosaïek-werkKind dit is wat Ek vir jou wil gee
Dit is wat Ek vir jou wil doen
Sal jy My toelaat om vir die gebreekte stukkies van jou lewe
Weer hoop te geeKind dis maar al sê Daddy-God
Waarvan ‘n stuk mosaïek-werk getuig
Dat selfs die mees nuttelose stukke glas
Die vermoë het om mooi te vertoonKinders dis hoekom Ek vra
Gee als vir My
Als wat jy dink
Kan net nooit weer mooi lykKind dit kan sê Daddy-God
Kind dit gaan
Asseblief laat My toe
Om met daai stukkies te werkEk gee so baie om kind
En Ek wil jou vra
Rerig om te weet
Ek sal nie ooit opgee op jouKind
Ek glo nog in jou
Ek glo in die toekoms wat ons saam kan hê
Dit is hoekom Ek vraBegin asseblief vandag
Om My meer te vertrou
Kind dis al wat Ek nodig het
Om jou by die mooiste mooi’s uit te bringKind sê Daddy
Dit is so
Dit gebeur gereeld dat mense
Tussen daai gebreekte stukke glas moed opgeeJa sê Daddy
Hulle glo net nie
Dinge kan vir my beter lyk
Nee al wat hulle hoor is, dit help nie eens jy probeerKind sê Daddy
As julle net kon sien
As julle net in oog kon hou
Hoe baie groot Ek is!Kinders sê Daddy
My grootheid is baie groter as wat julle dink
Daar is niks-niks
Wat Ek nie kan doenKind asseblief
Voordat jy toelaat dat Satan
Jou te diep in daardie gat van vergetelheid laat insak
Kyk na MyKyk na My sê Daddy
Kind begin om My in oog te kry
Asseblief
En hou My daarMoet My nie uit oog laat gaan kind
Dis hoe julle hoop verloor
Dis hoe Satan sy voet in die deur kry
Deur julle wat nie meer gloNee liefste kind
Sê Daddy
Jy kan dit doen saam met My
Ons kan dit saam doenOe kinders
Sê Daddy-God
My genade is so groot
Daar is niemand wat dit nie sal gaan haalBegin net glo kind
Begin glo daar is hoop vir daardie stukkende stukkies rondom jou
Kind as Ek dit saam met jou sou begin optel
Jy sou dit skaars kon glo!Kinders, kinders
Sê Daddy
Die wonderlike dinge wat Ek vir julle kan wys
As julle als vir My sou geeAsseblief kind
Laat My toe om die mooiste toekoms
Uit jou stukkende verlede te bou
Dis wat Ek kan doen kind, as jy sou gloEk glo so baie in julle kinders
Ek glo so baie in julle
Ek weet ons kan dit doen
Jy moet net sê jaJy moet net sê ja Daddy
U kan my maar kom help
Om met hierdie stukkende stukkies van my lewe
Weer sin te maakKind nooit hoef jy te weet
Hoe Ek dit regkry
Nooit hoef jy te verstaan
Al wat Ek vra is glo en bring als vir MyDaar’s baie gebroke stukkies lewe
Wat op hierdie aarde rondlê
Party mense het My al toegelaat om aan hulle s’n te bou
En oe die stories wat hulle vertelKind Ek wil ook van jou lewe
‘n Storie van hoop maak
Waarmee ander mense hoop sal vind
Om My ook te vertrouSal jy asseblief naderkom
Kind sal jy kom hoor
Ek gee om vir jou
En dat Ek so mooi plan vir jou lewe hetKind dis hoekom Ek God genoem word
Want Ek kan alles doen
Niks is te groot of klein vir My
En Ek gee waarlik omJa selfs vir jou sê Daddy
Selfs en veral vir jou
Die een met die stukkendste verlede
Die een wat dink daar is nie ‘n kat se kansKind daar is sê Daddy
As jy sou glo
Sou jy sien
Die onmoontlike kan Ek in jou lewe vermagAl wat Ek altyd nodig het
Sê Daddy
Is geloof
Geloof wat glo God kanKind Ek kan
Glo My
My Seun se Kruis
Het dit in Golgota bewysDaar is niks-niks sê Daddy
Wat Ek nie kan doen
Verlore dooie situasies is My spesialiteit
Net soos die storie van Lasarus vertelJy sit hier en jy dink
Kind Ek kan sien!
Hy’s vier dae laat
My situasie stink al!Kind sê Daddy
As Ek net geloof kon kry
Sou Ek jou wys
Vier dae laat is niks vir MyIs dit nou veertig of vier dae laat
Kind Ek gee rerig nie om
Dooie situasies kan maar gaan slaap
As Ek naby isWie Ek is, is om lewe te bring
Om dooies op te wek
Om gevangenes vry te laat
Sal Ek die geloof vind?Dit gebeur te gereeld sê Daddy-God
Daar’s te veel situasies op aarde
Waar mense nie die hoop in My vind
Voordat hulle opgeeKinders asseblief sê Daddy
Aan almal wat seer het, stukkend is
Aan almal wat selfmoord oorweeg
Asseblief moet dit nie doenKinders dis nie die antwoord nie
Sê Daddy
Dis nie die antwoord nie
Glo MyKinders dis net die stukkende
Stukkies van jou lewe
Wat op die vloer lê en sê
Gee op, op my!Nee kind, nee
Dis nie die oplossing nie
Daddy wil jou vra
Sit jou geloof in MySit jou geloof in dit wat Ek
In en deur jou lewe hier op aarde kan doen
Kinders dis groot, dis mooi
Begin om daai stukkies saam met My op te tel!Ek sal nooit opgee op jou
Sê die Here
Kind al wat Ek vra
Is doen jy asseblief ook dieselfdeDaar’s ‘n mooi toekoms wat wag
Kind Ek wens jy kon sien
Dis soos die mooiste mosaïek-werk
Waarop die son skynKinders dis soos My liefde
Dit maak als warm en mooi
Dis blink kind
Die toekoms wat op jou wag!Moet net nie opgee kind
Moet net nie opgee op jouself
Dis wat Ek nodig het
Dit en jou geloof om jou daar uit te bringAmen.
“All the broken pieces of your life are nothing more than a beautiful mosaic of your future” ~ Retah McPherson
-
Oorlog van die lewe
Liefste kinders
Van Pappa-God se hart
Sien julle hoe Hy aanhou om julle nader te nooi
Sien julle hoe baie Hy omgee -
Raad vir reuse
Pappa-sag
Dit is U Naam
Dis omdat U elke dag
So sag met ons harte omgaan -
Beloofde land
Liefste mooiste Pappa
Dankie vir U wonderlikste liefde
Wat nooit, nie eers vir ‘n oomblik
Sal opgee op my -

Prag-wysheid
Die mooiste lesse
Hou ons God in Sy hart
Die mooiste lesse van wysheid
Wil jy dalk meer weet? -

Skipbreuk
Genade so sag
Is my Pappa se hart
Ek is so bly Hy woon in my
Ek is so bly ek kan sê jaJa vir Hom
Om dieper van my te kry
Ja vir my elke stukkie
Om waarlik aan Hom te behoortMy hart word so sag
Wanneer ek in my Pappa se teenwoordigheid inbeweeg
Want Hy is so sag
Hy is so mooiAs My kinders
Net wou leer
As hulle net wou weet
Dis so mooi om vir My te wagDaar is soveel mooi dinge sê Pappa
Groot wonderlike goeie dinge
Wat Ek in julle harte kan deponeer
As julle dit net wou doenPappa se kinders
My kinders
Kan Ek julle aanmoedig
Om gereeld te kom hoorKinders julle moenie bang wees
Om te kom hoor of uit te vind
Dat Ek altyd vir julle is
Al lyk dit nie altyd soGereeld sê Pappa-God
Gebeur daar goeters op aarde
Wat julle geloof in My
Laat skipbreuk leiPappa se kinders
My kinders
Ek wil julle altyd aanmoedig
Hou aan gloHou aan glo
In donker diep waters
Hou aan glo
In die tye wat julle glad nie antwoorde kryKinders julle moet bly raak
Wanneer tawwe tye kom
Ja dis rerig so sê Pappa
Want dan kan julle geloof sterker groeiMy kinders, Pappa se kinders
Sal julle asseblief luister vir My
Sal julle luister en omgee
Om van My te hoorPappa se kinders
Ek weet van die tye
Sê Hy
Wat dit rerig broekskeur gaanEk weet van al die kere
Wat jy bly moed verloor
En dit net nie vir jou lyk
Asof jy ooit die storm gaan wenPappa se kinders
Ek weet
My kinders Ek weet
Altyd alles daarvanJa sê Pappa-God
Dis nie dat Ek lekkerkry
Die kere wat jy swaarkry
Maar Ek kan jou soveel mooi lesse leer daardeurKinders van My hart
Glo My asseblief
Die kere wat jy nie verstaan
Hou aan glo seun, dogter van My hartSeun, dogter
Ek weet dis moeilik sê Pappa
Om dan julle oë op My te hou
Maar kinders dan veralKinders Ek het veral dan
Julle geloof in My nodig
Om julle deur die donker nag te trek
Om hoop by julle uit te kryPappa se kinders
Asseblief
Moenie moed verloor
Die dae wat julle dink ek kan nie meerGod se kinders
Julle moet weet
Pappa is groter
En Hy sal julle altyd deurvatJa deur die storms van die lewe kind
Deur die vure wat julle
Tot as wil verbrand
Ek sal altyd by julle weesDie strome sal julle nie vir goed meesleur
Nee liefste kinders
Pappa sal altyd daar wees
Om julle veilig by die kant van die oewer uit te bringPappa se kinders
Asseblief luister vir My
Is julle gereed
Om My meer te vertrouKinders sê Pappa
Ek weet
Ek weet dis swaar
Maar saam gaan ons hierdeurSaam met My liefste kinders
Sal geen storm julle ooit
Vir goed onderkry
Dit moet julle verseker weetPappa se kinders
Ek gee om
En omdat Ek altyd omgee
Sal Ek julle bly deurdraJa liefste kinders
Dit is My belofte aan julle
Julle wat bly opkyk
Wanneer storms aan julle lewensdeur kom klopPappa se kinders
My kinders
Wees sterk
Net soos Ek vir Joshua gesê het moet julle ook weesPappa se kinders
Glo My
Asseblief
Die nuwe dag is besig om vir julle aan te breekPappa se kinders
Julle moet julle oë net op My bly hou
Altyd-deur
Ek moet julle anker weesKinders dis omdat Ek so baie omgee
Dat julle altyd in ‘n storm kan weet
Dat julle so veilig is
Omdat Ek My hand oor julle bly houJa sê Pappa, ja
Kinders dis die beste versekering wat julle ooit sal kan hê
My liefde en omgee vir julle sê Pappa
Wat so gereeld in julle lewens bly wenKinders sê Pappa
Hou julle harte asseblief sag
Die kere wat julle nie verstaan
Die kere wat julle nie weet waarheenPappa se kinders
Wees sag in julle binneste
Asseblief laat My altyd toe
Om meer en meer vir julle te leerKinders sê Pappa
Julle hoef nie altyd so swaar te trek
Julle hoef eerder net vir My te luister
En My raad te volgJulle moet weet kinders
Dis omdat Ek omgee
So baie omgee
Dat Ek julle bly leerJulle moet weet sê Pappa-God
Dat Ek nie soos baie mense op aarde is
Wat altyd sê
Jy moet eers jou kop so paar keer stamp voor jy leerNee My liefste kinders
My wysheid is altyd daar
Sê Pappa-God
Vir julle om die slaggate te vermyJa-nee sê Pappa
Dis nie dat Ek eers wil hê jy moet seerkry
En dat Ek dan sê
Dis nou tyd om jou te leerNee liefste kinders
Pappa se pragdogter en seun
Dis My hart om julle te leer
Voor julle ondergangJa-nee kinders
Pappa kan nie net toekyk
Soos party ouers dikwels doen
Nee jong, Pappa is betrokke, sê altyd leer van MyPappa se kinders
Pappa se kinders
Julle betaling is dikwels duur
Wanneer julle sonde ‘n mooi groot oop plek in julle lewens geeOe weet julle dit nie sê Abba
Oe van julle het dit al so geproe
Van julle kan goed daarvan getuig
Ons het op die harde manier geleer sonde proe so slegJa liefste kinders
Ja sê Pappa
Ek is die Een wat aan julle hartsdeur bly klop
Ek is die Een wat bly sê kom asseblief hierKinders hoekom kom julle nie
Hoekom kom julle nooit nader aan My
Hoekom kom leer julle nie
Dit wat Ek julle so graag wil leerPappa se kinders
Pappa se kinders
Asseblief kom sien
Asseblief kom leerEk gee om vir hierdie wêreld
So baie
Dis My liefde vir julle sê Pappa
Wat julle bly terugroep van die afgrond waaroor julle wil tuimelJa sê Pappa-God
Kinders julle sien dit nie
Maar julle moet vertrou
Dat Ek van beter weetEk weet in watter rigting
Ek julle lewensbootjie moet laat vaar
Daarom kinders wil Ek vra
Leer asseblief om My meer te vertrouJa Pappa se kinders
Meer en meer
Elke dag ‘n bietjie meer
Dit is wat moet gebeurEk gee so baie om
Ek wens julle kon sien
Tot dan moet julle asseblief
Na die Kruis bly kykJa sê Pappa-God
Kinders kyk na die Kruis
Kinders kyk na die vrugte wat dit kan voortbring
In jou en ander se lewensEk het My Seun gegee
Sodat hierdie wêreld weer hulle vryheid kon hê
Vryheid wat sou sê
Kom ons kies hierdie keer regJa liefste kinders
Vryheid is ‘n keuse
Ook hoe julle kies om dit te gebruik
Vir goed of vir die verkeerdEk raak nogals moeg vir mense
Sê Pappa
Die kere wat hulle hulself wil oortuig hulle is so vry soos ‘n voëltjie
Terwyl hulle eintlik opgesluit sit in ‘n koutjieOe kinders van Pappa se hart
My kinders
Julle weet nie wat ware vryheid beteken nie
Julle weet net hoe dit is om opgesluit te sitJa sê Pappa vir Sy kinders
Baie min van julle weet wat dit is
Om vry te wees in My
Want julle sit opgesluit in kettings van die vyandKinders julle moet asseblief ophou
Ophou om julleself te oortuig
Dat julle vry is
As julle eintlik vasgekoek sitNee My kinders, nee
Asseblief julle moet begin vry raak
Van wat die Satan voor julle bring
Al die goed waarmee hy verleiKinders julle weet nie
Julle besef nie
Maar dit het ‘n direkte invloed
Op hoe vry jy in My kan weesIn My vryheid
Sê Pappa-God
Het jy nie nodig om enige iets te hê
Behalwe of My lief te hêJa kinders
Dis al wat julle nodig het
Om waarlik vry te wees
Liefde vir MyKinders Ek wil hê julle moet sien
Ek wil hê julle moet begin ervaar
Dat Ek rerig genoeg is
Dat Ek rerig goed isAi kinders
Ai Pappa se hart
Daar is soveel-soveel kere wat Ek vra
Daar is so min kere wat mense hoorSal julle dit asseblief nie meer doen
Mense van die wêreld, mense van My hart
Sal julle begin doen wat Ek vra
Kom net asseblief nader aan My hartDie mooiste lesse wil Ek julle leer
Julle wat sal oorgee
Julle wat sal omgee
Ja, amen.

