Lewenspore

Moenie terughou
Wanneer dit by My kom nie
Kinders Ek vra gereeld
Want Ek wil soveel meer vir julle gee

Julle hoef nooit ooit bang te wees
Kinders
Om nader aan My te beweeg
Daddy-God is so baie lief vir julle

Kom nader kinders
Kom nader
Dis iets wat Ek julle
So gereeld vra om te doen

Kinders
Wees sag in julle harte
Asseblief
Altyd sag in julle harte teenoor My

Ek het die mooiste drome kinders
Vir julle gedroom
Daddy wil net kom vra
Sal julle elke dag meer in hulle kom loop

Kinders Ek vra julle oorgawe
Sê Daddy-God
Altyd meer My liefste kinders
Altyd meer

Het julle geweet
Dat Ek in julle glo
Ja liefste kinders
Soveel

Daar is so baie kinders
Wat ons saam
Op hierdie aarde kan bereik
So baie

Kinders asseblief
Altyd-altyd
Kom net nader aan My
Die ewige God

Al wat Ek vra is dit
My liefste kinders
Begin asseblief om elke dag
Meer in My spore vir jou lewe te loop

Daar is min
Kinders van My
Sê Daddy-God
Wat dit eintlik doen

Kinders julle bemin My
Redelik min
As julle dit
Nie kan regkry

Kinders dit is
Sê Daddy-God
Die pad wat julle na die Kruis moet loop
Die een wat elke dag meer aan My oorgee

Julle lewensplanne is groot sê Daddy-God
Ek kan sien My kinders
Ek kan sien
Daddy wil vra dat hulle elke dag meer sal oplyn met Myne

Ja liefste kinders
Sê Daddy-God
Die tyd om dit te doen
Is nou

Kinders sê Daddy-God
Kan Ek vra
Dieper en meer van My
Sal dit asseblief gereeld julle gebed wees

Kinders dis al hoe julle
Uitkom by die drome
Wat Ek gedroom het vir julle
As julle vra daarna

Kinders asseblief
Vra Daddy
Kom doen dit meer gereeld
Ek kan nie wag daarvoor

Ek sien uit My kinders
Rerig-erig
Om julle te bring
By die plekke voorberei vir julle

Moenie skaam wees
My kind
Om te vra daarna
Weet dit jy is goed genoeg

Meer as My kind
Meer as
Dis wat Ek jou vra om te weet
Altyd

Weet dat My oog op jou sal wees
Altyd is hy
Nooit sal jy
‘n Enkele treë alleen hoef te loop

Altyd-altyd
Is Ek naby My kinders
Sê Daddy-God
Om hulle nooit te verlaat

Kinders dis letterlik
My leuse in die lewe
Getrouheid vanself
Wat jy op geen ander plek sal vind

Sal jy jou vertroue
Asseblief in My kom sit
Elke dag ‘n bietjie meer kind
Dit is wat Ek vra

Soveel potensiaal
Wat wag om oopgesluit te word
My kind
Met die vra

Altyd-altyd
Is Ek naby jou
Nooit ooit
Hoef jy dit te betwyfel nie

Kind dit wat Ek begin
Maak Ek altyd klaar
Solank die persoon met wie Ek die pad loop
Net nie half-pad kop uittrek

Bly committed
Liefste kinders
Asseblief altyd
Dit is Pappa se vra

Partykeer gebeur dit
Dat kinders in My bootjie klim
Maar net vir ‘n rukkie
Totdat dinge nie meer vir hulle lekker is

Kinders julle moet leer
Deurdruk saam met My
Wanneer dinge moeiliker raak
En jy nie alles kry wat jy wil hê

Ek is te vertrou My kind
Seun, dogter van My hart
Daddy wil dit
Net graag vir julle sê

Hou julle oë op My
Kinders altyd-deur vra Pappa
Altyd-deur
Nooit ophou

So sal jy bly vind kind
Ek is en bly getrou
Selfs in die grootste storm
Wat hierdie wêreld kan stuur

Net altyd
My kind
Net altyd moed-hou saam met Pappa-God
Omdat Ek soveel groter is

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment