Etiket: God+is+getrou

  • Sterk-staan!

    So hier in Suid-Afrika staan ons op die drumpel van ‘n nasionale afsluiting … iets wat ons in my lewensjare op aarde nog nie ondervind het nie. Mense wêreldwyd lê ook maar laag tans. Verstaanbaar so. Die risiko wil ons verlaag.

    Tog wonder ek … sien mense die wonderlike potensiaal opgesluit in die tyd tussen ons huis en erf se mure?

    Julle Abba wil ons vandag bemoedig … Hou My hoog bo alles in hierdie storm en julle sal My vrede, hoop en vreugde steeds ken. Bo alles – ook die Corona Virus Covid 19 – troon Abba nogsteeds as Heer.

    As jy sukkel om positief te bly of om die goed in dit wat soos een groot gemors voel te vind gaan klop liewe vriend en vriendin by Abba aan en vra Hom om jou te wys Sy goud in hierdie pad.

    Hierdie is ‘n gulde geleentheid om God beter te leer ken. Trek nader, altyd nader aan Hom.

    Pappa wil nie hê ons moet verslaan deur hierdie ding ons koppe laat hang nie. Nee Hy is die God wat steeds prag uit as kan voortbring. Die konsekwensies gaan ons dalk ervaar maar net so veel Sy getrouheid steeds. Soos deur al die jare voor dit.

    Ons HOOP is Jesus Christus se koms na die aarde & Sy rotsvaste teenwoordigheid by ons in die dale en valleie van die lewe.

    Mag jou geankerde geloof skyn in die tyd! Mag dit ongereddes lok na die redding van God! Die saadjies van LIG, LIEFDE en WAARHEID wat jy met jou woorde en dade saai in die tyd is heel moontlik die einste dit wat Abba wil, kan en sal gebruik om dit reg te kry.

    Bybelverse wat by my opkom soos ek hier tik.
    > Jesaja 43:2
    > 1 Johannes 5:5
    > Romeine 8:31
    > Johannes 3:16

    Gaan lees, onderstreep en oordink hulle bietjie. Laat toe dat die vrede wat hulle besit jou hart stywe drukkies gee.

    Liefde boetie en sussie. Saam met Jesus gaan ons hierdeur, weet dit!

    Letitia

    #BlyPositief #BlyBely #GodIsGetrou #GodisGoed #GodIsMetOns #GodIsVirOns #GeloofInAksie #DieBybelSeBeloftesIsSoveelMeerAsSoetsappigeSuiker #StaanVas #GodIsGroter #TydOmTeSkyn #DonkerDaeNooiOnsUitOmGodSeMooiHartMeerTeOntdek
    #HoeDonkerderDieNagHoeHelderderSkynGodSeLigInOns
    #JesusRotsVanDieEeeue #BouJouHuisOpDieROTS

  • Swaar word soet

    Swaar word soet

    Dis so swaar
    Om aardse laste te dra
    Dis dikwels so moeilik
    Net om kop bo water te hou

    Tog hoor ek so so gereeld
    Die woorde van ons Abba-Vader
    Wat sê
    Kind vertrou My

    Oe kind van Pappa
    Ek weet
    Ek weet dis dikwels so swaar
    As dit voel asof jy dit net nie regkry

    Oe kind van God
    Ek weet, Ek weet
    Dis swaar om na My te bly kyk
    As daar soveel disruptions is wat jou aandag aftrek

    Oe kinders sê Daddy-God
    Julle moet na My bly kyk
    Deur die sukkel en swaar
    Deur die moeilik regkry

    Ek wil vandag net vir julle sê
    Kind van Abba-God
    Julle moet aanhou na Bo kyk
    Julle moet vertrou dat Ek van beter weet

    Daddy se kinders
    Kinders van My hart
    Asseblief kom luister vir My
    Daar is iets gouds wat Ek met julle wil deel

    Kinders sê Daddy
    Asseblief
    Julle moet My bly vertrou
    Selfs as dit baie donker om jou is

    Sien sê Daddy-God
    Veral dan
    Veral dan liefste kinders
    Veral dan

    Moet nooit opgee nie
    Sê Daddy-God
    Op die moedeloses onder julle
    Nee liefste kinders, moenie

    Hulle het nog nie geleer liefste kinders
    Dit wat Ek vir julle kon leer
    Daarom moet julle altyd bly sê
    Daar is hoop

    Ja liefste kinders
    Sê Abba-God
    Laat toe dat Ek julle wys en leer
    Daar is altyd hoop

    Die wat moedeloos is van hart
    Kinders
    Kyk op
    Asseblief kyk op

    Ek weet dis dikwels swaar
    Kinders Ek weet
    Julle wil dikwels nie eers julle kop oplig
    Maar kinders probeer

    Ja liefste kinders
    Daddy is groter
    Dis hoe julle dit regkry
    As julle dit glo

    Julle moet asseblief
    Nooit opgee op My
    Nee kinders asseblief
    Dit hoort nie so

    Solank as wat Ek
    Julle hoop is in die lewe
    Kinders sal daar
    Altyd hoop wees vir julle

    Julle sal nooit kinders
    Hoop-verlore wees
    As julle vir My bly kyk
    As julle bly glo dat Ek in beheer is

    Hou julle oë op die regte plekke
    Liefste kinders
    Hou dit op die regte plek
    Ek en Ek wat deurkom vir julle

    Ek weet en Ek besef
    Sê Daddy-God
    Dis dikwels vir julle moeilik om te bly doen
    Maar dis wat julle moet doen

    My liefde en genade kind
    Dit is wat jou
    Deur die moeilikste omstandighede van jou lewe
    Sal bly dra

    Kyk net altyd op
    Liefste kinders
    Na My
    En kyk hoe daardie hoop nuwe lewe kry

    Kinders sê Daddy-God
    Saam met My
    Sal geen-geen situasie ooit
    Sonder hoop kan wees

    Nee liefste kinders
    Dis omdat Ek saam met My altyd hoop saambring
    Altyd, altyd sê Daddy-God
    Dis net wie Ek is

    Party mense sal sê
    Ek is van hoop aanmekaargesit
    Kinders dit is nogals so
    Sê Daddy-God met ‘n glimlag

    Oe kinders sê Daddy-God
    Oe kinders
    Ek wens julle kon sien
    Wat Ek alles kan vermag

    Oe kinders
    Sê Daddy-God
    Die grootste wonderlikste goed
    Ek wens julle wou glo

    Kinders dis wanneer
    Sê Daddy
    Daai hoop in julle harte begin groei
    Dat julle My waarlik vir groot goeters begin vertrou

    O ja kinders
    Sê Daddy-God
    Ek wens julle kon sien
    Wat Ek met julle wildste verwagtinge kan doen

    Kinders
    Sê Daddy-God
    Ek kan julle wildste verwagtinge oortref
    By vêr

    Oe ja kinders
    Sê Pappa-God
    Ek love dit om groot te droom
    Dis van die goeters wat Ek die heelbeste doen

    Ja-nee kinders
    Ek hou baie daarvan
    Om dinge in die oortreffende trap te doen
    Veral wanneer dit kom by vertroue in My

    Oe kinders
    Sê Daddy-God
    Ek’s in baie van die kosbare klein oomblikkies op aarde
    Maar ook in daardie oomblikke wat julle asems totaal wegslaan

    Ja liefste kinders
    Daai tye wat julle te oorstelp is om iets te sê
    En net een ding kan uitkry
    Wat, wat, w-a-t?

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Ek is in die groot goeters ook
    Daardie goeters wat dikwels aan julle lewensdeure kom klop

    Kom ons sê maar net
    Sê Daddy-God
    Ek is die God van wonderwerke
    Die kleintjies en grotes ook

    Oe kinders
    Sê Pappa-God
    Dis dikwels wat My verrassings
    Mense totaal verstom

    Ja hulle sien dit nie altyd kom
    My mensekinders hier op aarde
    Hulle sien nie altyd kom
    Hoe baie lief Ek hulle het

    Want ja sê Daddy-God
    Dis dikwels
    Hoe Ek My kinders verras
    Met liefde-geskenkies wat aan hulle deur kom klop

    Pappa se kinders
    Asseblief luister vir My
    Ek is by julle
    Nie om julle ooit te verlaat

    Julle liefde vir My was diep sê Daddy
    Deur die jare het julle dit so bewys
    Die kere wat Ek gevra het, het julle gedoen
    Die kere wat Ek gesê het wag, gewag

    Oe Pappa-God se kinders
    My liefste-liefste kinders
    Die beloning is groot
    Wat op julle wag

    Moenie moed-verloor
    Seun, dogter van Pappa-God
    Ek is by julle
    Julle sterk Rots

    Bly op My staan
    Kind van God
    Moenie dat iets jou laat wegbeweeg
    Wag op My

    My tyd sê Daddy
    Is perfek
    Kinders Ek wil hê julle moet dit glo
    My waarlik vertrou

    Oe kinders sê Pappa-God
    Nog net ‘n entjie
    Sterk-wees
    Amper is ons daar

    Kinders
    Sê Daddy-God
    My geskenk aan julle gaan julle verstom
    Julle kan maar nou alreeds dankie sê

    Oe Pappa-God se kinders
    My kinders
    Hou net vas
    Vaster aan My

    Ek’s besig kinders
    Ek’s so besig
    Vertrou My net
    Wag op My

    My liefde is genoeg
    Liefste kinders
    Julle kan op My bly staatmaak
    Ek sal julle nie in die steek laat

    Dis omdat Ek altyd getrou is
    Kinders
    Dat julle kan aanhou
    Om My te vertrou

    Kinders sê Pappa
    Kyk net op
    Kyk net op
    En hou aan … dankie sê

    Die oorwinning is oppad
    Dis so te sê hier
    Kinders moenie opgee op My
    Asseblief … Daddy vra mooi

    Vertrou My
    Dis Daddy se vra
    Nog net ‘n klein entjie kinders
    Amper-amper is ons daar

    Amen.

  • Tyd van perfeksie

    Tyd van perfeksie

    Kind van Abba-God
    Moet nooit opgee
    Dit is goue raad
    Nie altyd maklik om reg te kry

    Ja kind van God
    Sê Abba se kind
    Ek weet hoe dit is
    As swaar aan jou deur kom klop

    Ek weet sê Pappa-God se kind
    Hoe dit is en hoe dit voel
    Om met ‘n belofte van God
    In jou hart rond te loop

    ‘n Hartsbelofte
    Waarvan die vleeslike realiteit sê
    Nee wat gee maar op
    Dit gaan nooit gebeur

    Ek weet hoe dit is
    Liefste kind van Abba-God
    Om te voel
    Asof jy net in ongeloof vas kyk

    Ek weet kinders van Abba-God
    Hoe dit is sê Abba se kind
    As moed-verloor so naby lê
    As jy rerig begin voel dalk moet ek dit oorweeg

    Tog weet ek ook
    Liefste kind van Abba
    Boetie en sussie van my
    Hoe dit voel as God self die stuurman van Sy belofte in jou hart is

    Ek weet kind van Abba-God
    Hoe dit voel
    As die Here sê
    Nee liefste kind jy kan, jy moenie opgee

    Jy weet liefste kind van Abba
    Daai fluisterstem
    Wat vir jou sê
    Kom ons probeer net weer

    Liefste kind van Abba-God
    Sê Daddy se kind
    Ek weet hoe dit voel
    As God self Sy belofte in jou hart bewaar

    Ja liefste kinders van Abba
    Sê God se kind
    Ek weet hoe dit is
    Want ek ervaar dit al vir soveel jare

    Die kere wat ek sê
    Nee nie meer
    Die kere wat ek uiter
    Daddy hoeveel meer?

    Ek ken die swaar
    Ek ken die seer
    Van uitstel
    Daai wonder van gaan dit ooit gebeur?

    Ek wonder maar net
    Sê Abba se kind
    Ken jy dit dalk ook?
    Het jy raad daarvoor?

    ‘n Goddelike geduld
    Het in my hart begin groei
    ‘n Geduld wat begin sê het
    Kind wag net op God se tyd

    Sy tyd is so perfek
    So perfek vir elkeen van Sy kinders
    Sy hart en karakter so suiwer
    Ons kan Hom waarlik vertrou

    Sien sê Daddy se kind
    Ek weet nie van jou
    Maar vir my was dit nie
    Die maklikste om te leer

    Oe nee, oe nee
    In die begin het ek so geskop en gestoei
    Daddy ek wil dit nie so hê
    Hoekom moes dit so wees?

    Oe deur die baie jare van wag
    Vir my belofte om waar te raak
    Het ek dit al soveel kere gevra
    Het ek rerig al baie daaroor gewonder

    Maar kind van God sê Daddy se kind
    Ek wil net vir jou sê
    Skop en boks help niks
    Nie as jy bo alles in God se wil wil bly

    Want sien sê Pappa se kind
    So deur die jare
    Het ‘n diep aanvaarding
    In my hart begin wortel skiet

    God weet wat Hy doen
    Ek moet net vertrou
    Sien Daddy-God se kinders
    Vandag wag ek steeds vir Daddy-God se volle plan om te ontvou

    So deur die jare sê Pappa se kind
    Het ek al flitse ontvang
    ‘n Ietsie hier en ‘n ietsie daar
    Oor wat die toekoms inhou

    Ek dink Pappa-God het dit gedoen
    Om my te help nie moed-opgee
    Ek dink Hy het daarmee
    Hoop in my hart kom inbou

    Vir baie jare sê Daddy-God se kind
    Wag ek al
    Vir my belofte van God
    Om sy vervulling te ontvang

    Wanneer vra ek baie
    Wanneer Pappa
    Wanneer?
    Dis nou as ek nie vir Abba-God bly kyk

    Soveel kere het ek al fokus verloor
    God se kind gebeur dit dalk ook met jou?
    Dat die belofte groter raak as jou God
    En dan al is wat jy raaksien

    Oe ja ek weet sê Abba-God se kind
    Hoe dit is
    Hoe dit voel
    Ek was al baie daar

    Die kere wat ons so ‘n hoop en verwagting bou
    Op ons belofte wat moet waar raak
    Dat ons vergeet
    Om ons oë op God te hou

    En sien Daddy se kinders
    Dit kon ek al vind
    Dit is waar ons moed-verloor met ons belofte
    Dis waar ons begin dink aan opgee

    Pappa se kinders
    Ons moet dit nie meer doen
    Ons moet versigtig wees
    Dat ons nie vir twyfel en vrees so ‘n deur oopmaak

    Oe Pappa se kinders
    Ek wou maar net vir julle sê
    Kom ons wees en bly sterk in God
    Veral in daai tyd van wag vir dit om te gebeur

    God se beloftes
    Kan nooit ooit groter wees vir ons
    As God self
    Nee Hy is die mooiste een

    So kind van Abba-God
    Kan ek jou net vandag bemoedig
    Vat dit van ‘n sussie in Jesus
    God is vir ons

    Ja veral in die tye
    Wat dit so moeilik is om te glo
    Veral in die kere
    Wat die realiteit van ons situasie iets anders van ons vra

    Kinders van Abba-God
    Dit is wat geloof behaag
    Ja kinders van Abba-God
    Wat Sy Woord glo

    Oe dit bly
    Die mooiste mooi vir geloof
    As ons glo
    Dit wat ons nie met die oog kan sien

    Tog bly dit die swaarste swaar
    Vir geloof
    As ons nie glo
    Dit wat ons nog nie kan sien

    Sien Abba-God se kinders
    Daddy vra een ding van ons
    Bly vertrou My Woord is waar
    Selfs as soveel ander iets anders van jou vra

    Deur die jare
    Kinders van Abba
    Moes ek dit op die harde manier leer
    Die manier wat maak dat mens dit nie kan vergeet

    Ek wil jou dus maar net aanmoedig
    Liefste boetie en sussie
    Bly vertrou
    God weet wat Hy doen

    Sy tyd is gewoonlik nie ons s’n nie
    Maar dit is die beste tyd
    Dis een van die dinge wat ek moes leer
    Dat Daddy ALTYD van beter weet

    So deur die jare
    Het die besef ook al gegroei
    God is by my en Hy gee altyd om
    Maak nie saak of die wêreld se dinge ook so sê

    So dankbaar is ek tog
    Sê Abba-God se kind
    Vir elke goue les
    Wat ek al saam met Daddy kon leer

    Al was dit beslis nie maklik
    Weet Ek nou
    God is by my
    Om My nooit ooit te verlaat

    Sy liefde is so groot
    En deur die jare
    Het ek dit beslis
    Op dieper en mooier maniere gesmaak

    En sien kind van Abba-God
    Dit maak die wag die moeite werd
    Nie omdat ek noodwendig daarvan hou of dit verkies
    Maar omdat ek al kon sien waarvoor God dit draai

    Die mooiste lesse
    Sê Abba-God se kind
    Is in die wag-periodes van die lewe te leer
    Dit het ek al gevind

    Dis hoekom baie kere
    As ek voel ek wil begin boks en skop vra
    Daddy help my asseblief hierdeur
    Help my om op U tyd te wag

    Want sien Abba se tyd is altyd
    ‘n Tyd van perfeksie
    ‘n Tyd waar jy niks
    Hoef by te voeg of weg te laat

    En sien
    Dis vir daai tyd wat ek wag
    Ek wou jou maar net aanmoedig
    Kom wag saam met my

    Daar’s baie kinders van Abba-God
    Met beloftes van Bo in hulle harte
    Moenie opgee op hulle nie kinders van Abba
    Hou vas aan hulle elkeen

    Dis hoe hulle gebeur
    Dis hoe hulle vervulling ontvang
    Ons wat aanhou glo
    Ons wat nie een keer op hulle opgee

    Kinders van Abba
    Sê Daddy se kind
    Ek vra julle dus
    Glo julle dis die moeite werd?

    Hou dan aan boetie, sussies
    Om vir jou belofte
    Te bly intree
    Ja baklei vir hom met die wapens wat Jesus gee

    Staan op hom kind van God
    Bely dit is waar, dit is so en dit gaan gebeur
    Spreek lewe en nie dood
    En voor jy weet het jou perfekte tyd aangebreek

    Nooit ooit sal ek sê sê Abba-God se kind
    Dat dit maklik is
    Tog glo ek met elke stukkie in my
    Dit is die moeite werd

    Oor en oor en oor en oor
    Dit is wat ek glo
    Ek gaan sê
    Die dag wanneer God se dag van vervulling vir my aanbreek

    Tot dan
    Kinders van Abba
    Kom ons hou aan
    Kom ons hou aan om te glo

    Geloof eer God altyd
    En ons gaan so die vrugte smaak wat glo-God inhou
    Ja so selfs al kom die werklikheid se leuens
    Sal ek steeds in geloof vashou

    Want ek weet en ek glo
    Met alles in my
    Van dag een af
    Het God aan my belofte gebou

    Ja van dag een af
    Toe ek nog nie lekker geweet het
    Is dit God
    Of verbeel ek my?

    Nee Daddy se kinders
    Nee jy sal weet
    ‘n Belofte wat God plant
    Hy sit baie diep

    Geen mens kan hom daaruit help
    Geen mens kan hom wegvat
    Nee net ons wat ons rug
    Op God en Sy wil vir ons draai

    Moet dit dan asseblief nie doen nie
    Kinders van Abba
    Dis die moeite werd
    Om op ‘n belofte van God te wag

    My hart gaan dit nog proe
    My lewe gaan dit nog smaak
    Ek profeteer en spreek dit oor my lewe
    Die dag as God se tyd-van-belofte vir my aanbreek

    Tot dan
    Liefste kinders van Abba
    Moet ons aanhou om die pad van geloof
    Saam met God te loop

    Ons moenie ophou vertrou
    Ons moet aanhou glo
    Die kere wat dit moeilik raak
    Bly bid en kyk na Bo

    Dis hoe ons deurtrek
    Kinders van Abba-God
    Dis hoe ons sterk word in geloof
    Dis hoe geloof die mooiste vrugte in ons lewens voortbring

    Hou aan glo
    Kind van God
    Hou net aan glo
    Die donker dae kom, maar die mooies ook weer

    Elke seisoen is nodig
    Kind van God
    Om die mooiste eienskappe in ons lewens in te bou
    Kom ons sê nie nee dankie daarvoor

    As ons kon sien
    As ons net wou begin glo
    God kan selfs die verkeerd gebruik
    Om mooi in ons lewens te bou

    Dis hoekom kinders van Abba
    Daar altyd vir die uitgeworpenes
    Verkeerdes en die sonder hoop
    Hoop sal wees

    Ja-nee
    Niemand is te vêr van God
    Niemand, niemand
    Nooit nie

    Altyd-altyd is daar hoop
    Vir ‘n nuwe begin
    Vir nuwe glo
    Vir die wat nie opgee

    Kinders van Abba-God
    Kom
    Kom glo asseblief
    Dat God vir jou is

    Deur die donkerste nagte
    Sal hierdie woorde hoop aan jou hart gee
    Veral as jy dit glo
    Veral as jy vashou aan hulle

    Kom kind van Abba
    Kom
    Jy wat vashou aan ‘n belofte van God
    Kom ons druk deur

    Deur saam met God
    Tot ons die oorwinning smaak
    Is dit nou ‘n belofte van God uit Sy Woord
    Of een wat Hy kom bêre het in die dieptes van jou hart

    Hou aan glo
    Hou aan glo
    Moenie kind van God
    Asseblief, ooit op een opgee

    Amen.

  • Oorwinnaarskroon

    Oorwinnaarskroon

    My hartsgeheimpies
    Is veilig by U
    Pappa ek wil dankie sê
    Dat ek U daarmee kan vertrou

    Pappa
    Daar’s te veel mense wat wonder
    Wonder of U goed is
    Of waarlik-mooi

    Pappa se kinders
    Die van julle wat wil hoor
    Ek gee so baie om
    Dit beteken soveel vir My

    Ek wonder sê Pappa
    Partykeer oor die seer
    Die seer in julle harte
    Wat vir My bly wegkruip

    Kinders van Pappa
    Ek wil julle maar net vra
    Kom gee als vir My
    Ook die seer wat binne wil bly

    Daar’s soveel vryheid
    Liefste kinders
    In deel-met-My
    Ek wens julle wou dit glo, kom probeer

    Oe Pappa se kinders
    Ek wonder
    Ek wonder of julle weet
    Ek gee daaroor om

    Dis te gereeld liefste kinders
    Sê Pappa-God
    Dat julle daaroor wonder of nie weet
    Maar ALS kan julle waarlik met My deel

    Oe Pappa se kinders
    Wonder sê Daddy-God
    Doen julle te veel
    Ek wil hê julle moet waarlik begin weet

    My liefde dogter, seun
    Is so genoeg
    Om julle deur die donkerste
    Valleie op aarde te help

    Dogter, seun
    Sê Daddy-God
    Julle moet net nie opgee
    Julle moet My bly vertrou

    Deur die donkerste waters
    Kind
    Seun, dogter van God
    Sal Ek self by julle wees

    Is dit nie liefste kinders
    Wat My Woord aan julle beloof
    Wees asseblief bly seun, dogter in My
    Wanneer moeilike dae julle pad kruis

    Julle moet altyd toelaat
    Liefste kinders
    Dat julle hart God bly soek
    In die donker dae wat Ek in julle lewens toelaat

    Pappa se kinders
    Asseblief
    Dogter, seun
    Julle moet net sterk wees in My

    Dogter, seun
    Julle sal so sien
    Die toekoms is blink
    Blink vir die wat nie opgee

    Bly in My
    Sê Daddy-God
    Soos wat Ek liefste kinders
    Deur My Seun in julle bly

    Julle moet net aanhou
    Liefste kinders
    Asseblief
    Om die pad saam met Pappa-God te loop

    Julle moenie opgee nie liefste kinders
    Selfs nie eers in die donkerste dae
    Nee asseblief Pappa se kinders
    Hou net stywer vas Pappa se hand

    Moet nooit dink aan laat los nie
    Pappa se kinders
    Moet asseblief nooit
    Dink aan opgee

    Pappa se kinders
    Sê Daddy-God
    Ek weet julle wonder gereeld
    Hoe gaan ek hierdeur kom, hoe gaan die uiteinde lyk?

    Pappa se kinders
    Ek vra julle asseblief
    Hou net aan asseblief
    Om die pad saam met My te loop

    Partykeer raak julle harte seer sê Daddy-God
    Dit gebeur gereeld
    Kinders Ek sal deur My liefde
    Als bly genees

    Bly net naby My sê Daddy-God
    Bly net naby My
    Kinders sê Daddy-God
    Net nie opgee

    Partykeer sê Daddy
    Voel die pad so swaar
    En dan dink julle
    Hoe lank nog, hoe lank nog?

    Oe Pappa se kinders
    Ek wonder
    Sal julle My glo as Ek sê
    Amper is ons daar

    Amper, amper
    Sê Daddy-God
    Die pad is veel korter vorentoe kinders
    As wat alreeds agter lê

    Fokus net op vandag
    Liefste kinders
    Asseblief
    ‘n Tree op ‘n slag

    My liefde vir julle is so groot
    So groot sê Daddy-God
    Dit is hoekom liefste kinders
    Julle My kan bly vertrou

    Bly vertrou liefste kinders
    Sê Daddy-God
    Bly vertrou
    Dat Ek by en vir julle is

    Julle moenie opgee nie
    Asseblief liefste kinders
    Hou net aan
    Asseblief om die pad van geloof, saam met My te loop

    Oe weet julle sê Pappa
    Besef julle waarlik
    My kinders
    Die groot geluk wat op julle wag

    Julle besef en weet nie aldag
    Sê Pappa-God
    Dat die oorwinnaarskroon wag
    Vir die wat nie opgee

    Liefste kinders
    Vra Pappa-God
    Asseblief hou aan
    Om julle oë op My te hou

    As die pad lank en swaar voel
    As jy begin wonder maar wanneer?
    Kinders dan vra Ek julle
    Kyk op!

    Kyk op
    Kyk op na My julle getroue Hemel-Vader
    En weet
    Ek sal deurkom vir jou

    Liefste kinders
    Sê Daddy-God
    Dit kan nooit-ooit anders wees
    Ek is die getroue God

    Hou julle oë net op My
    Asseblief liefste kinders
    Daai dae wat julle vreugde steel
    Kyk op!

    Hou julle oë net op My
    Kinders
    Sê Daddy
    Dit is genoeg

    Die kere wat julle voel
    Rerig?
    Kinders sê Pappa
    Kyk op!

    Ek’s veel groter
    Kinders
    Veel groter
    As dit wat nou teen julle kom

    Julle vreugde moet in My lê
    Sê Daddy-God
    In My, altyd
    Dis hoe julle dit bly maak

    Ek is veel groter kinders
    As dit wat julle vreugde wil steel
    Daarom moet julle altyd
    My in oog bly hou

    Dinge van hierdie wêreld
    Sê Abba
    Sal altyd probeer
    Om teen julle te kom

    Oe Pappa se kinders
    Vra My asseblief
    Gereeld
    Daddy hoe om te oorwin?

    Ek sal julle leer kinders
    Ek sal julle sterk maak
    Teen die wêreld
    En haar maatjies se aanslae

    Ek sal julle wys
    Ek sal julle altyd bly leer
    Hoe om sterk te bly in My
    Hoe om nie in te gee

    Die vreugde van hierdie wêreld
    Kinders dit is nie konstant
    Dit is hoekom Ek altyd veel eerder vra
    Kom probeer Myne

    Kom liefste kinders
    Kom asseblief
    Kom vind gerus
    Julle vreugde in My

    Dis mooi kinders
    Dis waarlik-waarlik mooi
    Hou net altyd
    Aan daarmee

    Ek’s by julle liefste kinders
    Tot en met die voleinding van die wêreld
    Kinders sê Daddy
    Ek het beloof

    Ek sal altyd by julle wees
    Tot en met die einde
    Hou net aan glo liefste kinders
    Hou net aan glo

    Nooit sê Pappa
    Nooit aan Sy kinders
    Sal Ek julle ooit
    In die steek kan laat

    Kinders sê Abba
    Dis wyse ware woorde
    Waarop julle kan staatmaak
    Nou en ook altyd

    Ek sal julle nooit verlaat nie
    Kinders
    Ek kan nie
    Dit is wie Ek is

    So kinders asseblief
    Asseblief
    Volgende keer as jy begin twyfel
    Dink net weer daaraan

    Dink daaraan kinders
    Sê Pappa
    Dat Ek trou is in al My weë
    Rein en mooi altyd

    Die vreugde sê Daddy
    Die ongelooflike groot vreugde
    Wat julle My besorg
    Wanneer julle aanhou om te glo

    Dit bly vir My die mooiste geskenk sê Abba
    Die mooiste-mooiste geskenk
    Kinders wat aanhou glo
    Maak nie saak wat hulle omstandighede sê

    Daai vertroue sê Abba
    Kinders!
    Wat julle in My bly wys
    Dit bly vir My die mooiste geskenk

    Kinders sê Pappa
    Kinders
    Dis hoekom Ek wil bly sê
    Dankie daarvoor

    Dankie dat julle julle diepste hartsgeheime
    Met My bly deel
    Dankie dat julle die waarde daarvan ontdek het
    Dankie dat julle aanhou daarmee

    Dit beteken vir My waarlik soveel
    Dat julle My nie meer uitsluit
    Maar deel maak
    Van elke tree wat julle op aarde loop

    Dis al wat Ek nog altyd wou hê
    Sê Daddy-God
    Ek en jy
    Een in alles

    Dankie Pappa se kinders
    Dankie daarvoor
    Dit beteken vir My meer
    Meer as wat jy ooit sal kan glo

    Hou daarmee aan kind
    Asseblief
    Altyd en altyd
    Moet nooit ooit ophou daarmee

    Deur die diepste waters
    Sal Ek julle veilig lei
    Kinders totdat julle saam met My
    Op die oewer van oorwinning staan

    Hou net aan liefste kinders
    Hou net aan
    Saam met My julle God
    Kan julle, kan julle altyd-deur

    Amen.

  • Skrywers van God

    Skrywers van God

    Jullle maak My so trots
    Sê Abba
    Almal van julle wat altyd so bereid is
    Om julle agendas neer te lê vir Myne

    (meer…)

  • As vertroue wankel

    So min mense
    Wat My vertrou
    In donker tye
    Hoekom is dit so?

    (meer…)

  • Lewenspore

    Lewenspore

    Moenie terughou
    Wanneer dit by My kom nie
    Kinders Ek vra gereeld
    Want Ek wil soveel meer vir julle gee

    (meer…)

  • Kantlyne

    Vir my bly dit net
    Die grootste, wonderlikste
    Mooiste geskenk uit die hemel
    Om ‘n kind van God genoem te word

    (meer…)

  • Raad vir reuse

    Pappa-sag
    Dit is U Naam
    Dis omdat U elke dag
    So sag met ons harte omgaan

    (meer…)

  • Een groot avontuur!

    Die mooiste lesse
    Kon ek al leer
    Dat Jesus getrou is
    Selfs al is Sy tyd nie myne

    (meer…)

  • Wanneer vashou so moeilik is

    Die lewe is ‘n lied
    ‘n Ware plesier
    Wanneer ‘n mens
    Jesus in jou lewe het

    (meer…)

  • Geloof se mooi

    Geloof so baie groot
    Het ons God in my hart kom aansteek
    Nooit het ek geweet
    Ek kan Hom so baie vertrou

    (meer…)