Jullle maak My so trots
Sê Abba
Almal van julle wat altyd so bereid is
Om julle agendas neer te lê vir Myne
Kinders vra Daddy
Asseblief julle moet begin verder kyk
Julle wat die ewigheid
Nooit eintlik in oog hou
Kinders asseblief
Vra Daddy
Julle moet begin verder kyk
Julle moet begin om vir meer te leef
Die lewe liefste kinders
Is soveel meer as wat julle dit dikwels maak
Soveel meer
Dis hoekom Ek bly vra
Glo My asseblief liefste kinders
Glo dat Ek die allerbeste vir julle instoor hou
Kinders asseblief vra Daddy
Dis rerig tyd dat julle My hartklop kom hoor vir julle lewens
Kom hoor sê Daddy
Asseblief
Kom gee om oor hoe dinge vir My lyk
En nie net vir jou voel
Ja liefste kinders
Sê Abba-God
Partykeer gebeur dit dat julle emosies weghardloop met ‘n ding
Tye wat julle so depressief raak en net nie meer wil glo
Kinders asseblief sê Daddy
Julle moet versigtig wees
So so versigtig
Met die gedagtes wat julle in julle koppe en harte toelaat
Begin soos Ek dink kind asseblief
Begin dink aan wat vir My belangrik is
Begin dink aan die feit
Dat alles wat Ek van jou vra eintlik die heelbeste vir jou is
Ja sê ons liefste Pappa-God in die hemel
Partymaal is dit so moeilik vir julle om te glo dat Ek van beter weet
Kinders julle sukkel so daarmee
Om My meer te vertrou as wat julle julself vertrou
Oe kinders sê Daddy-God
Ek wil net vir julle sê
Dit werp altyd-altyd meer vrugte af om My te vertrou
As wat dit doen om jouself te vertrou
Ja liefste kind
Sê Daddy-God
Ek weet dat van julle
So swaarkry om dit te glo
Baie mense op aarde
Het nie veel vertroue in My
Ja-nee hulle bou hulle huisies maar op die sand
Nie die ewige Rots wat altyd hou
Party mense
Het wel al geleer
Sê Daddy-God
Dat Ek getrou bly deur elke eeu heen
So getrou is Ek
Sê Daddy-God
So getrou
Daar is nie ‘n kind van My wat Ek ooit in die steek sal laat
Vir die wat op My vertrou
Sê Daddy-God
Is daar altyd hoop
Hoop dat dinge vir beter kan draai
Dis maar wie Ek is
Sê Daddy-God
So getrou in al My weë
Dit is hoe julle My sal vind
Partykeer gebeur dit
Sê Daddy-God
Dat mense baie vinnig op My opgee
En nie meer wil glo
Ja-nee sê Daddy
Die aanvalle van die lewe is dikwels fel
So fel dat dit dikwels moeilik raak
Om kop bo water te hou
Ek weet sê Daddy-God
Kinders dat dit dikwels vir julle voel
Asof julle verdrink
Met die aanslae wat hierdie wêreld bied
Oe kinders
Sê Daddy-God
My kinders kan Ek julle vandag kom bemoedig
Ek is die stewige Anker wat julle veilig geanker hou
Kinders sê Daddy
Die aanslae kan maar kom
Hulle kan maar vir julle kom vertel dat hulle die oorhand het
Met My sal dit nooit so wees
Hulle kan maar hulle allerbeste probeer
Hulle sal bly verloor
Dit is wie Ek is
Die Krag wat geen ander een kan onttroon
Oe hoeveel hoop
Moet hierdie woorde julle gee
Kinders sê Daddy-God
Ek is altyd soveel groter as wat hierdie wêreld vir julle gee
Ek wil vra sê Daddy-God
Dat julle dit rerig sal glo
Sodoende sal julle nooit
Hoop verloor
Ja liefste kinders sê Daddy-God
Omdat Ek altyd groter is
Kan julle weet
Dat daar altyd hoop sal wees
Die genade van ons Abba-God
Bly vir my so mooi
Sy liefde vir die mensdom
Sy hart wat nie ooit sal opgee
Dankie liefste Abba
Vir genade en omgee so baie groot
Dat U altyd naby is
Dat U die Een is wat waarlik vergeef
Ja partykeer gebeur dit
Liewe vriende
Dat ons die wonder van God begin miskyk
En dan nie meer besef hoe waarlik wonderlik Hy is
Ja liewe vriende
Ons begin Hom as vanselfsprekend aanvaar
Ons begin Sy goedheid in twyfel trek
Ons glo nie meer die woorde wat Hy vir ons sê
Oe kinders
Vra Daddy-God
Kan Ek julle vra
Om dit asseblief nie meer te doen
My grootheid
Wie Ek is
Is soveel meer as wat julle glo
Of ooit kan ken
Kind dit is so
Dis hoekom Ek altyd vra
Laat toe dat jou bewondering en agting vir My groei
Want kind Ek is so mooi
Ek weet
Partykeer wonder julle daaroor
Partykeer wonder julle
Is God waarlik goed as slegte goed dan gebeur
Kinders dit is so
Sê Pappa-God
Dat slegte goed gebeur
Maar ook dat Ek nie die oorsaak daarvan is
Kinders sê Daddy-God
Liefste, liefste kinders
Daddy wil julle vra om te onthou
Dis ‘n gevalle wêreld waarin julle woon
Oe kinders
Sê Daddy-God
Kan Ek julle vertel
Die oorsaak is die sondeval
Ja liefste kinders
Toe die mensdom by My was
Alles skoon en rein, goed en mooi
Met net een boom van wie se vrugte julle nie mag eet
Oe kinders sê Daddy-God
Toe gebeur dit
Toe gebeur die slang wat julle kom verlei
En julle wat vir hom ja sê
Sien en dis daar sê Daddy
Waar die oorsaak lê
Van die stukkende wêreld waarin julle woon
Die een wat Ek daagliks probeer om weer met My liefde en omgee op te bou
Ja liefste kinders dit is so
Daddy wil julle vra
Om My te begin raaksien in als wat goed en mooi is in hierdie wêreld
Want dit is wie Ek is
Ek wil julle vertel sê Daddy-God
Ek wil hê dat julle sal weet
Ek is altyd goed My kinders
Maak nie saak wat die wêreld vertel
Ja liefste kinders
Sê Daddy-God
Dit gebeur dat Ek julle teleurstel
Selfs al het Ek niks daarmee te doen gehad
Kinders sê Daddy
Asseblief
Moenie dat die wêreld julle met valshede oor My verlei
Ek is baie kere nie wie sy vir julle sê
Dit gebeur te gereeld
Sê Daddy-God
En dit maak seer
Dat julle My woorde nie bo-oor hare vat
Kinders sê Daddy
Ek wil julle vra om net een ding te onthou
Ek die Koning en Skepper van die heelal
Kan nie jok, selfs al is dit dat Ek My beste probeer
Ja liefste kinders
Sê Daddy-God
Nie eers die kleinste stukkie onsuiwerheid
Sal binne My oorleef
Kinders dis nie wie Ek is nie
Ek kan nie bedrieg nie
Selfs al wou Ek probeer
Sal Ek dit net nooit ooit reg kon kry
Oe kinders
Sê Daddy-God
Oe kinders
Sien julle dit is wie Ek is
Ek verhinder julle nie om waarheid te glo nie
Kinders dis nie My hart, inteendeel
Ek wil die skanse tussen ons oorbrug
Sodat julle waarlik reg kan glo
Oe kinders
Sê Daddy-God
Daar is soveel-soveel verkeerde glo oor My
Wat hierdie wêreld vollê
Kinders sê Daddy
Julle wat reg glo
Julle wat My waarlik ken
Sal julle My help om die wêreld in te lig
Oe ja sê Daddy
Want sy
Sy sit die pot so gereeld mis
Julle sal dit skaars glo
Oe kinders
Sê Daddy-God
Kinders van die wêreld
Kom asseblief nader aan My, kom glo reg
Ek weet dis dikwels moeilik
Moeilik om reg te begin glo
Want julle is al vir soveel jare
Verkeerd oor My
Oe kinders sê Daddy
Oe kinders
Ek vra julle om die verkeerd-wees-oor-My
Te begin neerlê
Oe kinders
Sê Daddy
Asseblief
Dit is tyd
Waar het hierdie verkeerd-glo oor My
Julle gebring
Rerig?
Niks anders as net groot skeiding tussen ons
Ja-nee My liefste kinders
Daddy soek dit nie so
Ek wil dit baie graag anders hê
Ek wil hê julle moet die waarheid oor My ken
Dis hoekom Ek aanhou
Sê Daddy-God
So so gereeld
Om briefies vir julle te skryf
Ek hoop dat julle oë
Sal begin oopgaan
Soos julle hulle lees
Die woorde wat Ek stuur
Ek het baie skrywers op aarde
Sê Daddy-God
Kinders wat by My kom hoor
En dit dan aan julle oordra
Kinders
Sê Daddy-God
Daai tye is nie verby
Selfs al wil party mense so glo
Daddy se kinders
Myne
Die van julle vir wie dit so vreemd is
Kom asseblief en begin om self van My te hoor
Want ja sê Daddy-God
Ek praat gereeld
Kinders gereeld
Dis maar net My stem wat hulle hoor
Ek wil julle leer
Sê Daddy-God
My kinders
Om dieselfde stem as hulle te begin hoor
Moenie wegdeins daarvan af nie
My kinders
Want dis waarlik so mooi
Dis Ek en jy in heerlike geselskap, amen
Kinders
Sê Daddy
Toe-nou
Julle wat nie glo dat dit waarlik is
Asseblief sê Daddy
Asseblief
Julle mis soveel van die mooi wat Ek hierdie wêreld gee
Wanneer julle vir My skrywers nee dankie sê
Kinders asseblief sê Daddy
Ek wil julle vra
Hou julle harte oop en skoon voor My
Asseblief wees bereid om te sê ek was verkeerd
Daar is baie maniere
Waarop Ek op die aarde werk
Party ken julle
Party is baie vreemd
Ek wil julle net vra
Daddy se kinders
Om nader aan My te beweeg
Moenie skaam wees daarvoor
Kinders sê Daddy-God
Die voorhangsel is geskeur
En o die wonderlike vooruitsig
Wat dit vir elkeen inhou!
Oe kinders
Sê Daddy-God
Oe kinders
Die voorreg van julle elkeen kan self by My kom hoor!
Dis maar al wat gebeur
Sê Daddy-God
Met die woorde wat Ek vandag nog na planeet aarde stuur
Ek is besig om met julle te kommunikeer
Ja sê Daddy-God
Ja
Dis vreemd vir party
Maar soveel het al geleer dit is waarlik mooi!
Moenie nee sê vir My volheid nie
Kind
Moenie nee sê
Vir dit wat Ek nog vandag op aarde doen
Nee My liefste kind
Hoor wat Pappa vir jou sê
Jy is verkeerd
As jy dink dat Ek nie ook nog vandag deur mense praat
Oe kinders
Sê Daddy-God
Oe kinders
Ek gebruik altyd die wat bereidwillig is
Begin julle harte
Dieper oopmaak kinders
Begin My toelaat
Om ook self met jou te praat
Oe kinders sê Daddy
Oe kinders
Dis so moontlik sê Hy
Jy moet net glo
Moenie bang wees kind
Om self van Pappa te hoor
Ek praat op baie maniere
Daddy wil jou graag meer leer
Liefste kind
Seun, dogter
Sê Pappa
Daar is soveel maniere waarop Ek praat
Ek weet wat julle elkeen nodig het
Ek weet sê Pappa
En daarom wil Ek dankie sê
Dat jy nader beweeg
Julle is My kinders
Sê Daddy-God
Julle is Myne
En om My stem te ken een van julle voorregte
Ja liefste kinders
Sê Daddy-God
Ek praat gereeld
Gereeld met elkeen van My kinders
Party van julle glo dit nie
Want julle ken dit nog nie
Kinders Ek wil julle net aanmoedig om te weet
Dit beteken nie dat dit nie bestaan
En ja My liefste kinders
Ja
My woorde bly mooi
Of dit nou in die Bybel is of nie
Sien sê Daddy-God, sien
Die Bybel is so ‘n mooi rigting-aanwyser na dieper van My
As julle hom sou aanhou lees
Sou julle sien en ervaar die potensiaal wat in hom lê
Kind hy kan julle soveel mooi dinge leer
Soveel mooi dinge laat sien
Dis een van die maniere waardeur Ek met My kinders praat
Wel nie die enigste een
Daar is soveel-soveel mooi maniere
Waarop Ek My liefde aan My kinders betoon
Is dit nou deur ‘n liedjie wat ‘n voëltjie sing
Of deur ‘n versie wat diep met jou hart praat
Kind dis vir My so mooi
Sê Daddy
So, so mooi
Die liefde wat Ek en jy saam kan ervaar
Dis vir My so mooi
En Ek wil waarlik sê
Dat Ek dit so baie geniet
Om by jou te wees
Kind om My hart met jou te deel
Om te sien hoe jy luister
Omgee om te hoor
Dankie daarvoor
Liefste kinders sê Daddy-God
Moet asseblief nooit bang wees om te erken dat jy nie alles weet
Dis mos maar meer as moontlik
Want jy dien en het lief die ondeurgrondelike God
Baie dinge van hierdie wêreld
Het My al in ‘n boksie probeer plaas
Party van dit het My vandag nog in ‘n veilige boksie
Een waar Ek in hulle raamwerk bly pas
Kinders die ding met dit
Is net dit
Julle mis soveel meer van die volheid
Wat ons saam op aarde kan hê
Kind vandag wil Ek jou boksie kom challenge
Ek wil vir jou kom sê
Kind is jy seker
Is jy seker jy wil hê dat jou God in jou boksie pas?
Nee liefste kind
Sê Daddy-God
Nee asseblief
Ek wil jou vra vergroot die boksie waarin jy My pas
Kinders sê Daddy
Asseblief Ek wil jou vra
Laat ruimte vir die onmoontlike
Dit wat jy dink nie kan wees
Daar sal altyd areas wees
Waar Ek My kinders challenge
Om groter te dink, dieper te vertrou
Kinders dit is so
Julle moenie bang wees daarvoor
Kinders julle weet mos nou al
Niemand kan My grootheid meet
Is dit nie wat julle in die Bybel lees
Kinders julle oorgawe diep
Is al wat Ek nodig het
Oorgawe wat bly sê
Daddy dis reg U manier kan bly wen
Dis altyd My hart sê Daddy
Altyd-altyd
Om julle die beste te gee
Ek sal nooit uithou
Ja liefste kinders sê Pappa
Ja
Ek sal julle partykeer challenge
Want Ek wil julle by meer van My uitbring
Moenie bang wees kind
Moenie bang wees
Halsoorkop hoef jy nie in te spring
Maar Ek wil jou vra om dit wel te begin oorweeg
Net dalkies-dalkies
Is daar meer
Net dalkies-dalkies
Is ek besig om uit te mis daarop
Oe kinders sê Daddy
Oe kinders
Ek hou die heelbeste nog instoor
Kom vra asseblief daarna
My liefde vir julle is
So diep, so mooi
Vir elkeen van julle
Ek wil dit net graag vir julle sê
Julle liefde diep
Wat My ook so baie liefhet
Kinders
Hoe kosbaar is dit vir My
Ek eer julle liefste kinders
Julle wat My bly liefhet
Deur die donkerste waters
Wat julle altyd probeer verswelg
Kinders Ek is groter
Ek is groter
Daddy sal julle deurswem
Ek belowe
Hoe kosbaar vir My
Hoe diep waardeer Ek elkeen
Wat deur die storms van die lewe
My hand bly vashou
Kinders die van julle
Wat altyd bly deurdruk saam met My
So, so baie dankie daarvoor
Daddy seën julle elkeen, diep
Die waarde
O die groot waarde wat elkeen van My kinders
In My hart dra
Ek wil dit graag vir julle sê
My kinders
My liefste, liefste kinders
Daddy se hart glimlag oor julle elkeen
Ek kan, kan, kan julle nie liewer kry
Ek kan nie
Tot oorlopens toe vol
Is My hart vir elkeen van julle
Julle wat My liewer kry, julle wat nie doen
Oe liefste kinders
Sê Daddy
Oe liefste kinders
Kom asseblief nog nader aan My
Daar’s soveel skatte in My hart
Wat nog wag
Vir iemand om hulle te kom oopmaak
Sal dit jy wees?
Jy wees wat sê
Ja-nee
God het nou met my hart gepraat
Ek besef daar is meer
Daar’s altyd meer
Liefste seun, dogter van God
Altyd meer van My
Wat Ek oor julle wil uitstort
Julle beteken soveel vir My
Dankie daarvoor
Kinders wat na My bly soek
Maak My hart altyd so bly
Dankie liefste kind
Dankie
Daddy seën jou
Ek weet, jy gaan vind
Amen.